Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus moes as volkome mens hier op aarde leef. Nie net is Hy as 'n mensebaba gebore nie, maar het Hy ook die emosies van 'n mens gehad. Johannes 11 beskryf vir ons hoe geweldig bewoë en in sy Gees ontsteld Jesus was toe Hy sien hoe hartseer die mense oor Lasarus se dood was; Hy het selfs saam met hulle gehuil voordat Hy Lasarus uit die dood opgewek het. Hoe goed begryp Hy nie ook jou pyn en hartseer vandag nie!
MOORDE IN UHURU-STYL OP BLANKES STYG SKERP
Anita Morkel
Die volksuitmoording van blankes het die afgelope tyd weer ’n skerp styging getoon te midde van die ANC en sy jeugliga se vaste voorneme om te appelleer teen die hofuitspraak dat “skiet die Boere” haatspraak is. Die hof het ook die sing daarvan verbied.
Die dagbladpers word toemend deur die publiek daarvan beskuldig dat hulle nie korrek berig oor hierdie volksuitmoording nie, dit afwater en ook onder die mat probeer invee. Enersyds is daar woede aan die opbou oor die media se versuim en andersyds oor die feit dat daar hoegenaamd niks oor die volksuitmoording gedoen word nie, óók en veral vanuit regeringskant nie.
Die media het wél berig oor die volgende mense wat vermoor is en ‘n ouerige dame wat ‘n wreedaardige aanval oorleef het. Die feite wat vervolgens gebruik is, is egter in verskeie bronne nagegaan:
TATOEËER OF NIE?
Ds Andrè vd Berg
Tatoeëring is geen moderne gier nie. Heidene het in Assirië, Egipte en Babilon ink onder die vel van slawe ingewerk om eienaarskap aan te dui. Soos ‘n brandmerk. Afgodedienaars het hul graag laat tatoeëer om daarmee aan te dui dat hulle aan ‘n sekere afgod behoort het. Slawe van die Satan! So het elke afgod sy eie merktekens gehad.
Israel het tatoeëermerke as toewydingstekens aan afgode verafsku. Dit het wel in tye van afvalligheid aan God voorgekom. Openb.13 meld dat afvallige mense die merk van die dier sal ontvang - slawe van die laaste afgod.
Duisende mense, veral sportlui, laat hulle deesdae tatoeëer. Selfs jongmeisies. Wat sê die Bybel daarvan? “ Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here”. (Lev.19:28). Die antwoord is baie duidelik - jy mag nie!
DIE STRYD OM DIE TROON (11)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
JUDA SE SWANESANG
Die Galdeërs verower en verwoes Jerusalem
Nadat Salmaneser en Sargon die inwoners van Samaria en omstreke na Ninevé weggevoer het, het die tyd van Juda se grootste nood ook weldra aangebreek. Gedurende hierdie dae het die Here vir my, Jesaja gebruik om sy boodskap aan die volk te bring en die goeie koning Hiskia te bemoedig om sterk te staan teen die aanslae van die Assiriese vyand.
Ons het geweet Sanherib is op pad Jerusalem toe, nadat hy met die Fenisiese kus langs getrek het en die koning van Tirus onttroon, Askelon en Ekron tot oorgawe gedwing en sy hoofkwartier by Lakis ingerig het.
SONDAG OF SABBAT?
Ds. Andrè van den Berg
"Die doel van ‘n nuwe wet is immers om iets beter in die plek van ‘n ou wet te stel. Daarom durf geen Christen die Joodse sabbat onderhou nie. Dit skreeu teen die genade!... Daar is hoegenaamd geen aanduiding van ‘n pous wat die sabbat na die Sondag verander het nie. Nog minder dat die hou van eredienste op Sondae ‘n Roomse bevel was. Gelowiges het lank voor die ontstaan van die RK reeds op Sondae byeengekom."
Inleiding
Lidmate wat deur die leer van die Sewendedagadventiste (hierna Adventiste genoem) beïnvloed word, bevraagteken al hoe meer die heiliging van die Sondag as Christelike rusdag. Die Adventiste dring op ‘n herstel van die Ou Testamentiese sabbat aan en glo dat Christus nie na die aarde sal terugkeer alvorens dit herstel is nie. Hulle beskou die huldiging van die Sondag as ‘n heidense verering van die son wat by keiser Konstantyn, ‘n sonaanbidder, begin het. Hulle stigter, Ellen G White, dig die instelling van die Sondag as heilige rusdag in die kerk aan ‘n Roomse pous toe.
ONDER DIE OU KAMEELDORING
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Ligvoets trippel die steenbokkie in die dowwe voetpaadjie langs tussen die wag-'n-bietjiebome deur na die braklaagte daaronder. Die son is nog maar pas uit en die geur van lentedou op die soetdoringblomme ruik soet en fris in die koel môre. Tog het sy dit reeds raadsaam geag om nie langer daar oorkant tussen die jong, sappige mielies te vertoef nie. Daardie lekkernye is bedoel vir die stil ure van die nag.
Sy begin rustig wei aan die soetgrassies tussen die biesiepolle langs die kuil in die laagte.
VAL AGTER IN DIE RY, REF!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (44)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die Engelse skeidsregter Cyril Gadney moes daar in die 1930's die fluitjie hanteer in 'n toets tussen Wallis en Ierland in Cardiff, en aangesien daar baie op die spel vir beide spanne was het die mense uit alle rigtings na die veld gestroom.
Gadney daag toe by die hek op en identifiseer homself as die skeidsregter vir die wedstryd maar die hekbeampte het net sy kop geskud: "You must be the hundredth person today who has tried to get in pretending he's the ref. No way, sir!"
Die tyd het aangestap en bekommerde Walliese rugbybeamptes het uiteindelik vir Gadney gevind waar hy toestaan om 'n kaartjie te koop om in te kom!
DIE BYBEL (42)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
Josef, die man in die bres
Die laaste deel van die Genesis-boek is ‘n novelle oor die lewe en invloed van een van Jakob se seuns, Josef. Sy lewensgeskiedenis is bepalend vir wat later met Israel gebeur het.
Disintegrasie van Jakob se gesin
Die spanning tussen Josef en sy broers het ‘n aanloop. Josef is die seun waarvoor Jakob lank gewag het by sy gunstelingvrou, Ragel, en daarom trek hy vir Josef voor. Dit maak Josef verwaand. Hy skinder by sy pa en dra ‘n koninklike kleed as teken van die begunstiging wat van sy pa kom.
WOLPRYSE NOG LAER AS IN AUGUSTUS
Wolmark daal skerp
Wolpryse het weer skerp op vandeesweek se veiling gedaal te midde van die voortgesette onsekerheid op wêreldmarkte en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 5,5% teruggesak tot R86,61/kg (skoonwol).
Dit is bykans 6% laer as tydens die openingsveiling van die seisoen in middel Augustus vanjaar. Die Australiese mark het ook teruggesak en die aanwyser het in dieselfde tyd met 9% gedaal.
Die rand, wat met 3,3% teenoor die Amerikaanse dollar verswak het vergeleke met verlede week se gemiddelde wisselkoers, het verhoed dat pryse verder daal.
WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (6 - SLOT)
Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
Die nageslag van Sem en Jafet
Noag se woorde in Gen.9:25-27 raak die ganse mensegeskiedenis. Dis as’t ware ‘n beknopte samevatting van die wêreldgeskiedenis. Uit Sem het die Semiete gestam waarvan die Israeliete die bekendste volk was. Hulle was bevoorreg om God se Woord te ontvang en deur hulle sou die nasies na God kom.
Jafet beteken wyd uitbrei. Uit sy nageslag sou die groot koloniste van die wêreld stam wat Europa, Persië en Indië bevolk het. Jafet se nageslag het in twee rigtings versprei. Een groep is Europa toe terwyl die ander na Persië en Indië is.
Gam se nageslag het die koninkryke van Babel en Egipte opgerig. Beide was vir lank wêreldheerser totdat God, op sy bestemde tyd, hulle heerskappy tot niet gemaak het. Na Sem se terugkeer uit die twee ballingskappe is Babilon onderwerp. Daarna was die Perse die wêrelheersers en na hulle die Grieke en toe die Romeine, almal uit die nageslag van Jafet.
DIE STRYD OM DIE TROON (10)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
GESKROEI TUSSEN TWEE VURE
Die 10 stamme word deur die Assiriërs weggevoer
Ek is Jesaja, die profeet van die Here, wat saam met my volk Israel en sy konings die aanslae van die Assiriërs en hul vorste deurgemaak het. Israel - en ook Juda – was nog besig om te herstel van al die verraderlike aanvalle wat die Arameërs of Siriërs onder hulle leier Hasael gemaak het, toe die Assiriërs as nuwe vyand verskyn.
Hulle was wreedaards, wat met hulle bloedige veldslae, brandstigting en wegvoering van buit, hele volke gedeporteer het. Die Here het hulle as instrument gebruik om Israel vir sy ongehoorsaamheid te tugtig. Maar daarna het Hy hierdie wrede, oorlogsugtige heidense volk van die aarde af weggevee deur gebruik te maak van die haat van die volke wat deur hulle onderdruk is.
GETROUHEID
Anton Bosch
"Om getrou te wees beteken dat iemand anders se belange swaarder weeg as ons eie."
Die verhaal van Dawid en Jonatan se vriendskap is van die mees aangrypende gedeeltes in die Bybel. Hierdie twee mans was ware vriende en een van die kenmerke van daardie verhouding was hulle wedersydse getrouheid en lojaliteit.
Jonatan was veronderstel om die troonopvolger in Israel te wees aangesien hy Saul se seun was. Tog het hy geweet dat die Here vir Dawid gekies het om sy plek op die troon in te neem (dit was nie as gevolg van ‘n fout aan Jonatan se kant nie maar die gevolg van sy vader se sondes). Desnieteenstaande die feit dat Jonatan al die redes in die wêreld gehad het om Dawid te haat, het hy aan Dawid getrou gebly en selfs teen sy eie vader vir Dawid kant gekies ten einde Dawid te beskerm en te ondersteun.
LANGS DIE TOELANIERIVIER
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Versigtig kom die twee voorste rooibokramme oor die lang sandbedding aangestap. Enkele treë na agtertoe, waar die hoë apiesdorings teen die skuinste van Toelanie se skurwe walle wortel, staan die res van die trop onrustig en rondtrap, voordat hulle aarselend die twee ramme volg. Maar steeds bly elke sintuig gespanne, bedag op die geringste teken van gevaar.
Dit is winter. Al wat nog van die rivier oor is, is enkele vlak kuile wat deesdae die drukbesoekte suipings van die wild uitmaak.
WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (5)
Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
DIE LAND KUS
Die land Kus was aanvanklik suid van Egipte en nie waar die huidige Ethiopië vandag is nie. Die Egiptenare het dit Nubië genoem en die meeste van hul slawe daarvandaan gekry. Die eerste land wat Kus genoem is, het skynbaar aan Arabiese gebied gegrens. In 2 Kron.21:16 lees ons:“….en van die Arabiere wat langsaan die Kusiete is”.
Waar was hierdie land presies? Teen 2000 vC was Kus as die gebied tussen die tweede en derde Nylwatervalle bekend. Die dorp Siëne (vandag se Aswan) was destyds die noordelike grens daarvan. Die suidelike grens het heelwaarskynlik baie ver suid gestrek.
REG SO, OOM MOF
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (43)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Jong Koos Roodt was 'n student aan die Heidelbergse Onderwyskollege toe hy gekies is om vir Oos-Transvaal teen Noord-Transvaal te speel. Sy vreugde was natuurlik groot tot hy besef het hy moet teen die Blou Bulle se Mof Myburgh skrum.
Koos het die ergste verwag maar toe hy in die eerste skrum sak, voel hy ou Mof se skouer is nie naastenby so hard as wat hy hom voorgestel het nie. "Hier kan ek vandag vir my naam maak," dink hy by homself.
DIE STRYD OM DIE TROON (9)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
DIE ARAMESE AANSLAE
Oorloë, roof- en plundertogte van die Siriërs
Ek is die profeet Elisa. Ek het veel meer te doen gehad met die buitelandse aanslae van die heidennasies teen Israel, as Elia, my geëerde voorganger. In die regeringstyd van koning Jerobeam van die Noordryk, het die Siriërs aan die noordoostekant van Israel ‘n selfstandige nasie geword, met Damaskus as hul hoofstad. Gedurende Omri en Agab se regering het hierdie duisende Arameërs ‘n groot bedreiging vir die veiligheid van Israel geword.
REÏNKARNASIE, 'N PRIMITIEWE GELOOF
Chris J. Malan
Ons leef in 'n krimpende wêreld.
Dis nie net afstande tussen lande wat krimp nie — ook geestelike en godsdienstige afstande krimp geweldig. Suid-Afrika word gebombardeer met strominge en dwalings uit die Ooste waarvan ons ernstig rekenskap moet gee. Een van die growwe dwalings is die leer van reïnkarnasie of sielsverhuising.
WAT IS REÏNKARNASIE?
Die leer van die sielsverhuising of reïnkarnasie is 'n algemene gedagte onder primitiewe volke. Vanaf die vroegste tye het dit egter 'n belangrike plek in die godsdienstige lewe van Indië ingeneem. Tot vandag toe is dit in Indië feitlik die sleutel tot elke teologiese sisteem. As 'n mens doodgaan — so beweer die Indiërs — skop die siel die liggaam weg en gryp na 'n nuwe liggaam om daarin te woon.
WAAR KOM SWARTES VANDAAN? (4)
Ds.André van den Berg
Lees reeks by Waar kom swartes vandaan?
DIE TORING VAN BABEL
Nimrod het ‘n duidelike doel met hierdie magsonderwerping gehad. Hy wou die onderskeie mensegroepe op aarde in ‘n eenheid onder hom verenig. Na die sondvloed het Noag en sy mense ‘n nuwe lewe tegmoet gegaan. In Gen.9:1 lees ons: “En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde”. Ons aanvaar dat die mensdom onder die seënende hand van God aansienlik vermeerder het. Twee geslagte later begin ‘n vreemde ding onder mense kop uitsteek - in plaas van uit te beweeg in die landsgebiede wat God bepaal het, het Nimrod mense begin saamtrek ten einde sy mag en gesag te sentraliseer.
Na die vloed het mense hulle veral in die Mesopotamië gaan vestig omdat dit ‘n vrugbare landstreek was. Nie lank hierna nie het Nimrod op die toneel verskyn.
GROOTOOG, DIE DOODVOËL
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Dof sigbaar in die skemer, aan die kant van 'n groot opening tussen die bosse, sit 'n gespikkelde arenduil roerloos op 'n droë doringstomp en wag. 'n Goeie kwartier sit sy al so en tuur na die strooise hier voor haar op die kaalte. Daar om die strooise baljaar nog 'n paar klein klonkies luidrugtig rond. Grootoog, die arenduil, slaan hulle belangstellend gade, haar wydgerekte pieringoë vreemd-starend deur die skemer heen.
BID DAT DOMINEE HOM BEKEER!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (42)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die vader van die oud-Springbok George Daneel (1928 – 1932), oom Marthinus Smuts Daneel, was 'n predikant en sy eerste gemeente was op Calvinia. As student het hy vir Stellenbosch se eerste span gespeel, en met sy aankoms op Calvinia is hy gekies as kaptein van die dorpspan.
Die kerkraad was egter nie baie ingenome hiermee nie, veral nie toe hy een Sondagoggend met 'n blou oog van die vorige dag se wedstryd op die kansel verskyn nie.
Heelwat later het hy te hore gekom dat daar oral in sy gemeente gesamentlike gebede opgegaan het dat die Liewe Heer hulle dominee tog van "hierdie vreeslike soort spel moet bekeer".
DIE STRYD OM DIE TROON (8)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
OPPAD NA DIE AFGROND
Die volk word deur konings tot afgodediens verlei
Ek is Elia, die profeet van die Here. Hy het my geroep en gebruik om die volk van Israel ernstig te waarsku op ‘n tydstip in hul geskiedenis toe hulle konings met gruwelike afgodediens hulle verlei het om saam met hulle hiermee teen die Here te sondig.
Hierdie wegdwaal van God en sy gebod het sommer vroeg al in koning Salomo se tyd plaasgevind, toe hy vir sy uitlandse vroue aanbiddingsplekke opgerig het waar hulle hul afgode kon dien. Hulle het vir Salomo verlei om die Here naderhand nie meer met soveel toewyding te dien soos koning Dawid nie. Hy het begin om self die afgode te aanbid. Daarom het die Here die koningskap van hom afgeskeur en vir Jerobeam koning oor tien van die twaalf stamme gemaak.