NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons is reeds in daardie tyd waarteen Paulus vir Timótheüs waarsku dat daar 'n tyd sal aanbreed dat die volk hul oor sal afkeer van die waarheid en hul sal wend tot fabels. En dit geld nie net vir Godsdiens nie; ook het die volk hulle ore vir politieke misleiers uitgeleen en al die fabels oor 'n 'wonderlike Nuwe Suid-Afrika' geglo. Hiervoor sal dieselfde verantwoording gedoen moet word.

DIE DERDE TEMPEL (8)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL

TEENSTAND

1.    Godsdiensverskille

1.1 Onderlinge verskille

Volgens Israel se Sentrale Statistiekdiens is Israel tans die grootste enkele Joodse gemeenskap ter wêreld met ʼn bevolking van 5,4 miljoen Jode (2007).  Amerika is tweede met 5,2 miljoen.  Desondanks is Israel geen hemel op aarde nie, maar ʼn sekulêre staat wat net so Judaïsties as is wat Amerika Christelik is!

Jerusalem is die hart en kroon van die land en die Tempelberg die kroonjuweel.  Al wat ontbreek, is ʼn sterk leier wat dié ruwe diamant tot die skoonheid wat dit verdien, te slyp.   Ortodokse Jode kla egter dat Israel se politici en baie van die geestelikes nie verstaan wat God van die Jode verwag nie.

Daarom verskil Jode skerp van mekaar oor die wenslikheid van ʼn derde tempel.  Sommige meen dat dit eers na die koms van die Joodse Messias opgerig moet word terwyl ander reken dat dit letterlik vanuit die hemel op die Tempelberg sal neerdaal.   Dit herinner aan die verbeeldingsvlug van sekere Joodse ballinge wat in Babel op ʼn groot arend gewag het om hulle te kom opraap en na Jerusalem terug te neem.

Sommige geestelikes raai Jode weer af om die Tempelberg te betree omdat die afgodstempels daarop die gebied onrein maak.   Dit veroorsaak ongelukkigheid onder baie Jode wat glo dat God hulle gebede verhoor en na Israel laat terugkeer het.  Noudat hulle die geleentheid het om die tempel te bou, wil ander hul verhoed!

1.2   Die TGB siening

Die TGB glo dat die Messias juis talm omdat die Derde Tempel nie gebou is nie.   Die heidene moet eers van die Tempelberg verdryf word, alvorens die tempel gebou kan word.   Eintlik plaas diegene wat talm hulself in ballingskap.

Die TGB stel vier vereistes vir vrede in Israel.  (i) Nasies moet besin en ophou druk op Israel uitoefen  (ii)  Die Tempelberg moet deeglik gereinig word sodat die Derde Tempel gebou kan word (iii)  Jerusalem moet internasionaal as die hoofstad van Israel erken word (iv)  Alle vyande moet uit Israel verdryf word.  God het die land net aan die Jode gegee.

Gershon Salomon (geb.1937) is een van die TGB se leiers en ʼn afgetrede Israeli leëroffisier.   Sy minagting vir die regering se betredingsverbod op die Tempelberg haal hom gereeld kritiek op die hals.  Hy het al talle  doodsdreigemente ontvang!   Desondanks bly hy glo dat God hom bestem het om die tempelbouery aan die gang te kry.

In 1990 het die TGB ʼn aankondiging gemaak dat hulle die hoeksteen van die Derde Tempel op die Tempelberg gaan lê.  Dit het die Palestyne baie opstandig gemaak waarna Jode by die Klaagmuur met klippe bestook is.  Tydens die daaropvolgende polisie-optrede is 17 Palestyne dood waarna ʼn paar Jode kort daarna in vergeldingsaanvalle omgekom het.    

Toe die TGB later weer die hoeksteen wou lê, is hulle deur 12 Ortodokse geestelikes teengestaan.   Die regering was nie met die TGB se optrede gelukkig nie en het geglo dat die bou van ʼn tempel op die Tempelberg katastrofiese gevolge vir vrede sou hê!    

Tydens die Paasfees van 2001 het die TGB ʼn skaalmodel van die Eerste Tempel na die Tempelberg gedra om as voorbeeld vir die toekomstige tempel te dien.   Dit het die Palestyne so opstandig gemaak, dat die polisie die hekke na die Tempelberg moes sluit.   Daarna het honderde strydlustige Palestyne teen die Joodse optog betoog.      

Die TGB verwerp alle plaaslike en internasionale vredesonderhandelings met die Palestyne.   Hulle skroom ook nie om hulle afgodsdienaars te noem nie.  Die TGB verag derhalwe Maimonides se goue middeweg. Hierdie Middeleeuse Joodse geleerde het gesê dat daar altyd ʼn middeweg tussen twee uiteenlopende standpunte bestaan.

1.3   Die Hervormde siening

Die Hervormde Jode is ook baie sterk teen die bou van ʼn Derde Tempel gekant.   Hulle beskou die ou tempeldiens en diere-offerandes as uitgediend.  Die sinagoge is die moderne tempel.   Hierdie sienswyse het in die 19de eeu onder Duitse Jode posgevat toe hulle Berlyn as die nuwe Jerusalem en sinagoges as die tempel aanvaar het.

Hierdie geesdriftige vereenselwiging met Duitsland het egter spoedig na die Joodse menseslagting van die Tweede Wêreldoorlog verdwyn.   So ook die teenkanting teen ʼn eie staat.   Hulle het egter die bou van ʼn nuwe tempel teengestaan omdat hulle sinagoges as bedehuise verkies het.

1.4 ʼn New Age siening

Sommige Jode glo weer dat ʼn nuwe tempel vrede tussen Jode, Islam en Christene sal bring.  Elkeen sal ʼn eie heiligdom op die Tempelberg hê.  Onder hulle is die Tussengeloofsontmoetingsvereniging (I.E.A) wat o.l.v. Ohr Margalit, ʼn dosent aan die Bar-Ilan Universiteit in Israel staan.

In 2007 het Yoar Frankel, ʼn uitvoerende lid van die I.E.A, voorgestel dat die Derde Tempel langs die Rotskoepel op die Tempelberg opgerig moet word.  Daarna moet ʼn profeet (sterk godsdiensleier) dit in ʼn universele aanbiddingsplek omskep om alle konflik op die Tempelberg te ontlont.

Die I.E.A glo dat hierdie tempel God se mandaat aan die Joodse volk is om aan die wêreld te toon dat daar te midde van al die geloofsverskille in werklikheid net een God is.   Die bou van die Derde Tempel sal maak dat mense na die tempel sal stroom en Sagaria se voorspelling vervul word: “En die Here sal Koning wees oor die hele aarde; in diédag sal die HERE een wees, en sy naam een” (Sag.14:9). Talle rabbis en sjeiks het al positief hierop geantwoord!

Die groot probleem is hoe so ʼn profeet aansien gaan verkry?   Jode aanvaar nie charismatiese persoonlikhede nie.  Hulle word eerder as sektaries beskou en verwerp.  Daarbenewens sal so ʼn leier die nodige wêrelderkenning moet geniet.  Westerlinge sal ook nie by so ʼn godsdiens aanklank vind nie.  Die herinstelling van die Joodse tempeldiens en diere wat vir godsdiensdoeleindes doodgemaak word, sal hulle eerder afskrik.

Die I.E.A glo egter dat so ʼn tempel in ʼn wêreldbehoefte sal voorsien en vrede kan bring.   Daarvoor haal hulle Jesaja 2:3 aan: “En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel.  Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem” .

Hulle glo dat so ʼn tempel uitgebrei moet word om alle gelowe in te sluit ten einde ʼn geestelike wêreldgemeenskap te vorm.  Soos wat God vir Abraham vanuit die heidendom tot die saligmakende geloof gebring het om ʼn nuwe volk te vorm om Hom te dien, sal ʼn nuwe geloofsvolk met ʼn eie tempel op die Tempelberg ontstaan.

2.   Politieke verdeeldheid

2.1 ‘n Ghetto lewenshouding

Israeli-politici word herhaaldelik daarvan beskuldig dat hulle ʼn ghetto lewenshouding inneem deur die wêreld vir Israel se bestaan en politiek om verskoning te vra.  Hulle is meer oor die wêreldmening as hulle eie volk begaan.   Daarom skik hulle eerder as om ʼn ongewilde standpunt in te neem.

2.2 Toegewings

Ehud Barak het die swaarste onder kritici deurgeloop.  Geen Israeli premier was meer bereid om aan internasionale eise toe te gee as hy nie.  En het die Palestyne sy swakheid nie uitgebuit nie!   Baie ortodokse Jode het Barak openlik as God se teenstander veroordeel.  Het God Israel dan nie van meet af aan gewaarsku om geen deel van die land weg te gee nie?

Toe Barak die WAQF tydens sy premierstermyn die groenlig gegee het om hul aanbiddingsruimte op die Tempelberg te vergroot, was die gort gaar!  Ontnugterde Jode het heftig beswaar teen sy toegewing aangeteken.  Waarom moes hulle gedurig terugstaan, en dit in hulle eie land?  Hierdie toegewings is as kliniese haat teen godsdienstige Jode veroordeel.

Ehud Olmert het die Joodse gemoedere verder opgejaag toe hy ‘n paar jaar gelede toegelaat het dat ʼn vyfde minaret op die Tempelberg opgerig word.   Die Haram ash-Sharif waar dit staan, is van weinig belang vir die Islam.  Tydens die Turkse, Britse en Jordaniese bewind het weinig dit besoek.   Die Palestynse belang hierby was duidelik polities van aard.  Hulle wou sien of Israel sou toegee.

Hierdie toegewing was vir die Jode ʼn bitter pil om te sluk.  Waar ander lande hul grondgebied teen vyandige inmenging beskerm het, het Israel selfs aanbouings toegelaat!  Toe sekere Ortodokse Jode hierna aansoek gedoen het om ʼn sinagoge op die Tempelberg op te rig, is dit afgekeur!

Baie Jode glo dat God hul gebede verhoor en Ehud Barak in Februarie 2001 verwyder het.   Hy is deur Ariel Sharon vervang wie se onverwagte besoek daarna aan die Tempelberg nie bloot toevallig was nie.   Dis as ʼn bestiering van God gesien om wankoersige politici tereg te wys!

3.   ʼn Bose plan

Die Palestyne wil die hele Tempelberg in ʼn Islamitiese aanbidingsgebied omskep.   Toe ʼn Israeli feitesending ondersoek na hulle planne wou instel, het WAQF selfs ʼn stokkie daarvoor gesteek.   Daarna het die regering geen vinger verroer toe groot hoeveelhede grond in een van die rykste argeologiese plekke ter wêreld weggery is nie.   Diegene wat daarteen kapsie gemaak het, is as alarmmakers afgeskiet.

WAQF het willens en wetens wette oortree wat verandering aan ʼn geskiedkundige plek in Israel, hetsy Islamities, Joods of Christelik, streng verbied.   Die Palestyne steur hulle al te duidelik nie aan ʼn lamsakkige regering nie!   Ten einde wal te gooi, is die Komitee vir die Voorkoming van Tempelbergbeskadiging in die lewe geroep.

4.   ʼn Vyandige Amerika

Amerika het met 184 lande diplomatieke bande, maar nie met Israel nie.  Sy erken Jerusalem nie as die hoofstad van Israel nie en het slegs ʼn konsulaat in Oos-Jerusalem wat met Palestyne oorleg pleeg en direk aan Washington verslag doen.

Die Amerikaanse Kongres het al telkens ten gunste van die erkenning van Jerusalem as die regmatige hoofstad van Israel gestem, maar is telkens deur die Withuis geveto omdat die president die finale sê oor buitelandse beleid het.   Amerikaanse presidente weier om Jerusalem as die regmatige hoofstad van Israel te erken.

Oud president Bill Clinton wou van Israel ʼn Palestynse staat met drie provinsies te maak - Judea, Samaria en Gasa.   Jerusalem sou die hoofstad wees en Al Quds genoem word.   Sy gedienstigheid aan die Arabiere het die Jode hewig ontstel.  Die Arabiere het vir 1300 jaar die geleentheid gehad om Jerusalem hul hoofstad te maak, maar dit nie gedoen nie!  Die eertydse burgemeester van Jerusalem, Ehud Olmert, het Clinton laat weet dat God sy pogings sou verydel!      

5.  God se hand?

Baie Jode beskou die kroniese mislukking van buitelandse bemiddeling tussen Israel en die Palestyne as ‘n bestiering van God.   Geen verdrag met die vyand sal slaag nie.   Gevolglik probeer die Palestyne tevergeefs om Jerusalem te de-Judaïseer met die hoop dat die Jode sal padgee.   Die Derde Tempel sal gebou word, ongeag menslike teenstand.  Wie teen God veg, veg tevergeefs (Ps.2). 

Sommige Jode beskou selfs die Tweede Wêreldoorlogmenseslagting van Jode as ‘n straf van God.   Hy het die Jode wat in Duitsland was en nie na Israel wou terugkeer om die Derde Tempel te bou nie, gestraf!   Hoe durf hulle weer sit en wag?   Die bou van die tempel het niks met Palestyne of buitelanders te doen nie, maar met gehoorsaamheid aan God.

Daarom moet die Tempelberg van Islam bevry en die tempel onverwyld gebou word.   Die Jode het geen ander verantwoordelikheid as teenoor God nie.   Solank as wat die Tempelberg in heidenhande is, word sy Naam onteer.  Gevolglik hou God die Joodse volk verantwooordelik vir die gebrek aan daadwerklike optrede.  Hulle doen nie wat Hy vra nie!

6.    Palestynse bedrog

Omdat die Palestyne buitelandse steun en wye nuusmediadekking geniet, huiwer hulle nie om die Jode te benadeel nie.  Hulle het meesterlik daarin geslaag om baie mense te oortuig dat hulle die slagoffers van onreg en die Jode die skurke is.   In Suid-Afrika het ʼn soortgelyke ding gebeur!

Gevolglik beskou talle wankoersige Westerse regerings die sporadiese opwagting van Jode op die Tempelberg as ʼn uittarting en ernstige bedreiging vir vredesonderhandelings.  Het die Jode dan geen reg op hul eie grondgebied nie?   Het hulle nie die kaart en transport van hul land van God ontvang nie? (Gen.12:7; 13:15; 15:18; 17:8; 26:3; 28:13; 35:12).  Hierdie grondgebied is nooit aan enige ander volk beloof nie.  Daarom het niemand anders enige regmatige aanspraak daarop nie.

Oor een ding stem alle Jode saam – dat Jerusalem internasionaal as die hoofstad van Israel erken word.  Dit was deur die eeue heen nog altyd die hoofstad van Israel.   ʼn Voorstel dat die Palestyne ʼn eie hoofstad in Abu Dis, ‘n Wesbankvoorstad van Jerusalem, moes aanlê, het tot groot verontwaardiging in die Islamitiese wêreld gelei.

Die hoë profiel wat die Palestyne op die Tempelberg handhaaf, is ʼn groot probleem.  Toe die Rotskoepel in 1920 met goud beslaan is, was dit alreeds duidelik dat die Islamiete nie van die Tempelberg sou afsien nie.  Daarbenewens het wyle Yasser Arafat by geleentheid gesweer dat die Palestyne nie sou rus alvorens Jerusalem die hoofstad van die Palestynse staat is nie.   Die Palestynse TV-netwerk beeldsaai sedert Desember 2007 landkaarte van die hele gebied sonder om die woord Israel te gebruik.

Die besit van die Tempelberg gaan ongetwyfeld tot ʼn baie groot oorlog lei. “Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot ʼn beker van bedwelming… En in dié dag maak Ek Jerusalem tot ʼn baie swaar klip vir al die volke; elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader” (Sag.12:2,3).

Die Gog-Magog Oorlog... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 11469 gaste aanlyn