Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy hom straf wanneer dit nodig is – Spreuke 13:24
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (10)
)
Vyf dae nadat hy by die Kamp weg is, kom Nicolaas op die spoor af van ‘n vierwieldryf voertuig. Nadat hy afgeklim, die spore vir ‘n ent te voet gevolg het waar dit deur ‘n driffie gaan en deur ‘n half meter modder gery het, is hy seker dis die spore van ‘n ligte voertuig met BF Goodrich Mud-Terrain bande op. Hy kan natuurlik nie seker wees dis die enigste voertuig met sulke bande op nie, maar hoop beskaam nie en hy hoop dis Lori se Jeep.
“Waar gaan julle, en wat is julle plan?” dink hy.
Hy maak ingedagte ‘n onsinnige fout. Hoe hoër hy teen die heuwel opry, hoe koeler word die hewige hitte van die somersdag. Daar steek ‘n effense windjie op en hy geniet elke oomblik daarvan.
1896: 1e AFRIKAANSE TAALKONGRES
KULTUURDAGBOEK 16 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 14 Augustus 1895 is op die twintigste Jaarfees van die Genootskap van Regte Afrikaners besluit om 'n eerste Afrikaanse taalkongres te reël wat op 15 en 16 Januarie 1896 in die Paarlse stadhuis gehou is om saam te val met die twintigste verjaardag van Die Patriot. Ongeveer 100 verteenwoordigers uit alle dele van die land het vergader onder voorsitterskap van ds SJ du Toit. Prof Cachet het as eerste spreker die beginsel van 'Ons skryf soos ons praat' onderskryf, en voorgestel dat 'n tydskrif uitgegee word om die beweging te bevorder.
Talle sprekers spreek hulle op hierdie kongres uit ten gunste van Afrikaans as spreek- en skryftaal en uit hulle getuienis kan die vreugde van 'n eie taal gelees word, soos mnr P Scholtz dit saamvat: In Hollands voel hy hom nes in 'n pak klere wat te groot is; in Afrikaans voel hy tuis.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND. (9)
)
“Lori, ek dink jy moet stilhou. Hier is fout.”
Hulle ry nie vinnig nie en Lori stop die Jeep.
“Wat?”
Retha kyk na die agterkant van die voertuig, sonder om verder te praat. Die man hou sy vrou vas, waar hulle vir die twee ou mense gemaklik gemaak het tussen die tente en beddegoed. Die spasie is maar klein en beknop en Retha het aangebied dat een van hulle voor op haar plek kan sit, maar hulle het verkies om langs mekaar agterop te bly. Nou hou hy haar vas en wieg stadig heen en weer, terwyl hy saggies neurie.
“Wat is fout Oom?
“Dit was haar hart, kind. Ek dink die afgelope tyd was net te erg vir haar.”
“Maar…”
1876: 1e KOERANT WAT AFRIKANERS LEER SKRYF
KULTUURDAGBOEK 15 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Met die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 in die Paarl is 'n tydvak van georganiseerde stryd om die Afrikaanse taal ingelui.
In Artikel IX van die Genootskap se bepalings word beoog om 'n Afrikaanse maandblad uit te gee. Op hierdie dag in 1876 verskyn die eerste uitgawe van die maandblad Die Afrikaanse Patriot, wat die orgaan van die GRA sou wees. CP Hoogenhout was die eerste redakteur onder die skuilnaam Oom Lokomotief, wat deur redakteurs ná hom oorgeneem is.
In Die Afrikaanse Patriot, later net genoem Die Patriot, dek die GRA die terreine van hul doelstelling naamlik dié van land, volk en taal. Daarin is leiding gegee ten opsigte van landsake, die Afrikaanse taal, geskiedenis en belangrike nuus. 'n Rubriek van vrae en antwoorde is ontwerp om weetgierigheid op te wek en te bevredig. Afrikaners is aangemoedig om bydraes te stuur sodat hulle kon leer om hulle taal ook te skryf.
HY WIL ONS OORTREDINGE WEGNEEM
Hannes Ollewagen
Miga 7:1-20
“Wie is ‘n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid. Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.” (:18&19).
Inderdaad kan ons saam met die profeet Miga vra – “Wie is ’n God soos U?”. ’n God wat vir niks van enigiemand afhanklik is nie, maar Hom tog tot die mensekind wend en hom opsoek. Hy wat só verhewe is in sy grootheid en krag dat ons verstand die omvang daarvan nie kan verwerk of begryp nie, maar tog ag Hy die mens nie as ’n nietigheid nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND. (9)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Fritz Jordaan het besluit om te bly. Hy het lank gewerk en hard betaal vir hierdie huis, en hy bly net hier.
Dis ‘n ouerige huis wat hy gedurende naweke en vakansies opgeknap het. Hy kan nie onthou wanneer laas was hulle iewers heen nie, want al hulle geld en bonusse is in die huis belê. Dis ‘n aangename, warm, vriendelike huis, op ‘n burger-erf. Onder die motorafdak staan ‘n tienjaar-oue Ford Ranger vier-by-vier en ‘n veertig jaar oue Mercedes 280 E. Hy onderhou dit self, want daar is niks met sy hande verkeerd nie.
Vanoggend het hy vroeg opgestaan en net as die son sy kop bokant die huise se dakke uitsteek, is die gedreun van sy grassnyer hoorbaar. Op, af, omdraai, volgende driekwart meter gras gesny. Hy hou van die gevoel van grassny, dis ontspannend, sy gedagtes kan loop neem en hy hou van die reuk van die varsgesnyde gras. Aan die einde van die ry skakel hy die masjien af en vat die vol bak om dit in die komposgat te gaan gooi.
1952: HENDRIK HANEKOM, TONEELSPELER
KULTUURDAGBOEK 14 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hendrik Andries Hanekom, en sy eggenote van Mathilde, is allerweë beskou as van die belangrikste baanbrekers op die gebied van die Afrikaanse beroepstoneel. Hy is op 17 Junie 1896 op Beaufort-Wes gebore en op hierdie dag in Januarie 1952 oorlede. Hy was een van die eerste Afrikaners wat 'n heeltydse toneelspeler geword het.
In 1924 het Hendrik sy werk as stadsklerk op Lydenburg laat vaar en het hy en Mathilde 'n toneelgroep gestig. Hulle eerste opvoering het op 16 September 1925 plaasgevind: 'Oom Gawerjal se dogters en die stemregkoors.' Daarna het hulle die lang pad aangedurf en meer as 25 jaar lank alle uithoeke van ons land besoek met toneelstukke soos Oorskotjie, Die Uur van vergelding, Die Silwerkoning. Onskuldig veroordeel, Oom Paul, Generaal De Wet, Hans die Skopper, Ds Snuffelaar, en Die Stille Haard.
EK HET GESTERF ! (8)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
“Jesus het met hartseer oë na my gekyk: “Jy dink dat jou tattoeëermerke ʼn getuienis vir My is, maar jy dra merktekens van die koninkryk van die duisternis” (Lev. 19:28).
Ek het nooit gedink dat ʼn tattoeëermerk tot so iets aanleiding kon gee nie, maar ek het ook nooit, aan die anderkant, gedink dat ek op die ouderdom van 34 jaar, kan sterf nie. Ek weet dit is nie bloedjonk nie, maar beslis ook nie oud nie. Ek is ʼn Christen vir die grootste deel van my lewe en ek was nog altyd lief vir Jesus. Ek het my Bybel gelees, kerk toe gegaan en was in ʼn bediening betrokke.
Ek het tattoeëermerke op my liggaam laat aanbring – om presies te wees, vyf daarvan. Elkeen van hulle het ʼn betekenis gehad. Die duif op my voorarm, was vir vrede. Die kroon op my skouer moes my herinner aan my identiteit in Christus. Oor my ribbekas is ʼn Hebreeuse woord geskryf wat God se verbondsliefde beteken. Nie een van my tattoeëermerke is demonies of betekenisloos nie. Dit was my persoonlike getuienis in ink uitgebeeld, of dit is wat ek dit genoem het. Ek het selfs Skrifgedeeltes wat dit kan bevestig.
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND. (8*)
)
Die vier het die skote van ver af gehoor. Dit klink dof en onwerklik, amper soos springmielies in ‘n pot. Maans het dit ‘n fraksie van ‘n sekonde voor die ander gehoor en hy staan stil en luister. Die wind draai in hulle rigting en die skote is nou meer hoorbaar.
“Luister!”
“Wat is dit?” vra Riëtte.
“Geweerskote, baie en vinnig op mekaar. Semi- en voloutomatiese geweervuur.”
“Van waar af?”
Sonder om te antwoord, loop Maans vinniger. Die ander hou by en na enkele minute is die geluide duideliker en harder.
“As ek sou moes raai, sou ek sê dit kom van Hanglip, of daar naby af.”
“Waar is Hanglip?”
1653: EERSTE KORING IN SA GEDORS
KULTUURDAGBOEK 13 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan van Riebeeck teken in sy dagregister aan: "Op dato hebben onsen afgesneden ende hier aen de Caep aldereerstgewassen taru beginen te dorssen, sijnde redelijk vet ende groff van corl, ende nae alle apparentien hiernae ('t land wat gemest sijnde) beter te succederen. 't Is jammer dat de Z. Oostewinden hier soo hard vallen, souden anders alle soorte van graen ende vruchten hier genoech cunnen aengeplanten worde..."
Hier vind ons die belofte van 'n ryke landboutradisie wat vir Suid-Afrika sou volg. Die Afrikaner sou 'n volk van boere word en in sy ekonomie het koring veral later 'n groot rol gespeel. Die bewerking van die grond het die bewoners van die land aan hierdie aarde verbind. Jan van Riebeeck het met sy proefnemings die vrugbaarheid en bewoonbaarheid van ons land bewys en hiermee die grondslag vir die ekonomiese selfstandigwording van die Afrikaner gelê.
1942: REPUBLIEK VIR SA DEUR DF MALAN VOORGESTEL
KULTUURDAGBOEK 13 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog, waarteen die Herenigde Nasionale Party of volksparty onder leiding van dr DF Malan gekant was, het die republikeinse ideaal van die Afrikaner opnuut aangewakker.
Op hierdie datum dien dr Malan 'n mosie by die Volksraad in wat onder meer gelui het dat, met die oog op die ernstige krisis waarin Suid-Afrika weens sy deelname aan die oorlog betrokke geraak het, die Raad verklaar "dat ons hoogste volksbelange alleen gedien kan word deur die omskepping van Suid-Afrika in 'n republiek, afgeskei van die Britse Kroon en Ryk en vry en onafhanklik van enige buitelandse mag".
Die Republiek moet geskoei wees op die tradisies en beginsels van die twee gewese Suid-Afrikaanse republieke. Dit moet Christelik-nasionaal wees en moet die gelyke taal- en kultuurregte van albei seksies van die blanke bevolking in ag neem.
Die mosie is met die meerderheidstem van die Verenigde Party in die Raad verwerp.
EK HET GESTERF ! (7)
Hierdie ware naby-dood ervaring van pastoor Mario Granados is vanuit Spaans in Engels vertaal. Daarna is dit in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
“Toe ek voor Jesus staan, het Hy vir my ges : ‘Kom, Ek wil vir jou, jou lewe wys.’ Ek het toe voor die regterstoel van Christus verskyn. “(2 Kor. 5:10)
In 1991 was ek die pastoor van ʼn gemeente met 580 lidmate. In daardie stadium van my lewe het ek met trots en selfregverdiging gesukkel. Ek het geglo dat daar geen ander prediker soos ek in die hele distrik was nie en ek het vir myself gesê: “As die ander predikers ook net waarlik die Here soek, vas en vroeg opstaan om te bid soos wat ek doen, dan sal hulle net so geseënd wees soos wat ek is.”
BROKKIES UIT DIE BOEK – OUMANSLAND (7)
)
Dis koud hier bo in die berg, met ‘n klam winderigheid wat gekom het om vir dae te bly.
Dis nog ‘n hele ent na die dorp toe en teen hulle sin maak hulle kampplek tussen ‘n groot rots en die bergwand. Niemand in sy volle verstand sal hier ronddwaal nie en hulle soek tussen die skeure en onder klippe en rotse vir droë hout. Die baadjies het hulle bolywe droog gehou, maar soos hulle geloop het, het die nat gras bokant hulle skoene en stewels hulle langbroeke deurweek met vars reën.
“Ek is darem nou lus vir ‘n warm bord boerekos!” sê Riëtte.
“Rys, vleis en aartappels?”
“Ja. Met sous en boontjies en blomkool met witsous.”
“Hoe lyk dit met ‘n stukkie tarentaal en ‘n halwe beskuit?”
1865: JAN F.E. CELLIERS
KULTUURDAGBOEK 12 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Francois Elias Celliers was 'n bekende Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg. Hy is op hierdie dag in 1865 gebore.
Hy lê sy Landmetereksamen in Nederland af maar word later 'n amptenaar in die onderwysdepartement van die ZAR en in 1894 staatsbibliotekaris in Pretoria.
Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog sluit hy hom by die kommando's aan, en in 1902 vertrek hy na Europa waar hy sy beroemde gedig Die Vlakte skryf.
PASOP...
... dat jy nie geestelik veragter nie!
Ds A.E. van den Berg
“Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie” (Open. 2:4,5).
Openbaring is teen ongeveer 95NC deur Johannes op die eiland Patmos geskryf. Hy was ongeveer 90 jaar oud en 'n banneling. Hy het sewe briewe aan 'n skeepskaptein gegee om Klein-Asië (Turkye) toe te neem, onbewus van die kosbaarheid daarvan. Dit was sewe briewe van Jesus aan die kerk van destyds. Hierdie briewe verskil van alle ander Bybelbriewe wat die naam van die sender duidelik vermeld. Die Sender van hierdie briewe is Jesus Christus en vir die kerk van destyds in die geheel bedoel.
1875: DR CR LOUW: STIGTERLID SANTAM EN SANLAM
KULTUURDAGBOEK 11 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Charles Robert Louw is op hierdie dag op Murraysburg gebore as die jongste van sewe seuns van wyle ds AA Louw van Noorder-Paarl. Sy moeder was 'n nooi Murray, suster van dokter Andrew Murray.
Na voltooiing van sy studie aan die Paarlse Gimnasium en op Stellenbosch, is hy na Transvaal waar hy sy klerkskap as ingeskrewe prokureursklerk in Pretoria voltooi het. Nadat hy hom op Ermelo gevestig het verhuis hy in 1916 met sy gesin na Kaapstad. Hier het CR Louw hom vir die uitbou van verskeie Afrikaanse sake-ondernemings beywer.
WAAROM VENEZUELA-WEERMAG NIE TERUGGEVEG HET
Miguel Santos García
Die Amerikaanse president Donald Trump het tydens 'n perskonferensie gesê dat die VSA Venezuela nou sal regeer, wat dit laat lyk asof die nuwe president van Venezuela, Delcy Rodriguez, aan die VSA gehoorsaam sal moet wees. Maar, net ure na Trump se perskonferensie, het Delcy Rodriguez 'n televisie-toespraak aan die Suid-Amerikaanse nasie gelewer waarin sy dit duidelik gemaak het dat sy die Verenigde State as 'n onwettige indringer beskou wat afgeweer moet word. Haar verset teen Trump het dit duidelik gemaak dat Trump se planne om Venezuela as 'n Amerikaanse prys binne te val en te regeer, baie meer struikelblokke sal teëkom as wat hy in sy perskonferensie voorgestel het oor die oorwinning wat hy oor Venezuela behaal het.
Dit gesê, Delcy Rodríguez se uitdagende televisietoespraak, waarin sy die VSA as 'n onwettige indringer veroordeel, kan 'n performatiewe daad wees wat streng in ooreenstemming is met haar kant van 'n klandestiene ooreenkoms. Haar openbare woede en beloftes van weerstand, bied noodsaaklike politieke dekking, wat haar in staat stel om geloofwaardigheid en gesag by die Bolivariese basis en weermag te handhaaf terwyl sy in die geheim die voorwaardes nakom wat Maduro se verwydering toegelaat het.
1806: 2e OORGAWE VAN KAAP AAN ENGELAND
KULTUURDAGBOEK 10 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ná die nederlaag van genl JW Janssens by Blouberg op 8 Januarie 1806, het die Britse troepemag onder genl D Baird ook Kaapstad binngetrek en is die voorwaardes van oorgawe op 10 Januarie 1806 op Papendorp (Woodstock) onderteken en op 19 Januarie 1806 bekragtig. Daarvolgens sou die Kaap vir die tweede keer in die hande van Brittanje oorgaan om nooit weer onder Nederland se gesag te staan nie.
1818: PROF D POSTMA
KULTUURDAGBOEK 10 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dirk Postma is op hierdie dag in Dokkum, Friesland, gebore uit die huwelik van Pieter Pieters Postma en Lolkje Arjens Boekhout. Die gesin het die Gereformeerde geloof van harte liefgehad en vreemd gestaan teen die opkomende liberalisme en modernisme ná die Franse Revolusie.
Hy kon weining skoolgaan en moes reeds op 15-jarige ouderdom as loodgieterskneg sy weduwee-moeder help onderhou.
In dieselfde jaar verskyn die geskrif Verdediging van de ware Gereformeerde leer... van ds Hendrik de Kock in Ulrum, wat lei tot die kerklike Afskeiding van 1834 en die stigting van die Christelike Gereformeerde Kerk van Nederland.
EK HET GESTERF! (6)
Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur
Anita Joubert
Toe ek voor Jesus staan, het Hy vir my gesê: “Jy het vrede gesoek op plekke waar daar geen vrede is nie – in jogaklasse en meditasie. Hierdie gebruike is nie neutraal nie. Dit is openinge vir die koninkryk van die duisternis, en miljoene mense word daardeur mislei.”
My naam is Rachel Monroe, en as jy my ʼn jaar gelede ontmoet het, sou jy gedink het dat ek ʼn toonbeeld van balans is – geestelik sowel as liggaamlik. Ek was toe 41 jaar oud, ʼn eggenote, ʼn moeder van twee tienermeisies en ʼn gekwalifiseerde fiksheidsinstruktrise wat ʼn florerende aanlynbesigheid opgebou het deur vroue te leer hoe om hulle geloof, fiksheid en verstandelike skerpheid te kombineer. Ek was lief vir Jesus, of so het ek gedink. Ek het gedink dat ek ander mense help om nader aan Hom te kom deur vir hulle heilige, holistiese lewenswyses te leer. Alles het so reg gelyk en geklink. Ek het duisende volgelinge op sosiale media gehad, ʼn kerk wat my bediening ondersteun het en ʼn huwelik, alhoewel nie perfek nie, maar wat stabiel genoeg was. Mense het my om raad kom vra oor die hantering van spanning en selfs ʼn dieper geestelike verhouding met die Here. Vrouens het my beny omdat dit gelyk het of ek alles onder beheer het.