Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
By ons Drie-enige God is alles moontlik, daarom is niks hopeloos nie. Om 'n situasie as hopeloos te bestempel en moed op te gee omdat dit lyk of dit nie kan verander nie, is 'n klap in God se gesig want Hy bly in beheer en kan enige iets verander al lyk dit hoe onmoontlik vir ons.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (33)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
In 1859 het ene Austin 24 mak Europese hase (konyne) ingevoer Australië toe as ‘n geskenk vir ‘n familielid. Dit was aanvanklik gesien as skadelose, lieftallige diertjies, wat geen negatiewe gevolge vir die reuse land sou inhou nie. Binne ‘n jaar het hierdie klompie hasies aangeteel tot meer as ‘n duisend, waarvan baie vrygelaat is, of ontsnap het.
Na ‘n paar jaar was daar honderde duisende hase, wat meer as gefloreer het op die wydgestrekte Australiese vlaktes. Sonder natuurlike vyande, wat hulle getalle in toom sou hou, soos in hulle tuistreek in Engeland en Europa, waar daar ‘n natuurlike biologiese ewewig deur die eeue ontwikkel het, het hierdie klein soogdiertjies ongebreideld aangeteel, totdat die duisende miljoene tans onbeskryflike skade nie net aan die natuurlike habitat van die wildlewe aanrig nie, maar ook aan aangeplante gewasse.
Natuurlik het die owerhede deur die jare probeer om hierdie knaagdiertjies se getalle te verminder en selfs om hulle uit te roei, maar nie een van die pogings het geslaag nie.
Wat as oulike, onskuldige en wollerige troeteldiertjies ingevoer is, het mettertyd ‘n plaag geword, wat dreig om die hele biologiese balans omver te werp.
Vanaf 1994 het die ANC regering begin om die grense na Suid-Afrika oop te gooi, om sodoende hulle magsbasis te versterk uit buitelandse immigrate wat, met die dreigement dat hulle uitgegooi kan word, indien die ANC nie meer aan bewind bly nie, hulle stemme gewaarborg het.
Waar die regering bloot ‘n paar honderd duisend stemme probeer werf het, het die ekonomiese verval van Afrika noord van die Limpopo, veral in Zimbabwe, meegebring dat miljoene van hulle ingestroom het, begin werk het vir ver onder die bestaande minimum lone, maar maandeliks miljarde rande oorgrens gestuur het en so die fiskus begin ondermyn.
Elke swanger vrou wat dit kon waag en vir wie dit moontlik was, het oorgekom en gekraam in Suid-Afrika en nie net sodoende burgerskap vir hulle baba verkry nie, maar dit ook vir die ma en in baie gevalle die pa. Hierdie “burgers” is geregtig op Maatskaplike Versekeringstoelae (SASSA), nie net vir die kinders nie, maar ook vir die ouers in meeste gevalle.
Wat as ‘n paar persentasies stemme vir die regering moes wees, het uiteindelik die plaaslike bevolking uit werksplekke begin stoot, buitelanders soos veral Somaliërs, het besigheidsblokke gevorm en sodoende inheemse mense uitgestoot. Hulle dra in totaliteit daarby mee dat die ekonomie in duie stort, saam met ander faktore soos transformasie, kaderontplooïng, korrupsie, diefstal en uiteindelik blote wanprestasie van regeringskant.
Met die plaaslike bevolking wat nie meer gelukkig is met die buitelanders wat nie net hulle gebied, werk en SASSA kom deel het nie, maar ook op ekonomiese vlak, het ongelukkigheid begin toeneem, nie net teen hierdie mense nie, maar ook teenoor die ANC-regering wat hulle ingelaat het.
Net soos twee dosyn hase onmeetbare skade in Australië sou aanrig, so is dit ook die geval met die ANC se immigrasiebeleid.
*
Max is in dieselfde dilemma as soveel ander manne en vroue voor hom – hy het aanvanklik hierdie tog begin om weg te kom van Bella en haar gewaande verhouding met Werner, om manne en vroue in krisissituasies by te staan en hulle saam te neem na ‘n plek van veiligheid.
Dit het mettertyd begin hande uitruk en waar hy gemeen het om bloot ‘n klein groepie te kry, sit hy nou met sewe en sestig grootmense, mans en vroue, en sewe en dertig kinders. Dit beteken dat hy nie net verantwoordelik is vir een honderd en vyftien mense (hyself ingesluit) se veiligheid nie, maar hy moet ook sorg vir kos, slaapplek, beskerming teen die elemente en sielkundige versorging, waar nodig.
Daar is genoeg ryplek vir elkeen, maar sommige moet styf teen mekaar sit en selfs onbeskermd agterop bakkies en die een groterige trokkie. Kos word gerantsoeneer, met die kinders en vroue wat voorkeur geniet. Dit beteken dat van die mans, hy ingesluit, soms honger moet gaan slaap. Die kos wat hulle saamgebring het, is lankal opgeëet, die bietjie mediese voorraad opgebruik en hy hoop net niemand kry ernstig seer nie of, hemel behoed dit, word raakgeskiet in ‘n geveg.
Tot dusver kon hulle die meeste konflik en konfrontasie vermy deur van die hoofweë af weg te bly, maar dit word algaande duidelik dat hulle die een of ander tyd die klein plaaspaadjies en tweespoortjies sal moet verlaat, nie net om hulle bestemming te bereik nie, maar ook om kosvoorraad aan te vul. Dit sluit ook petrol en diesel in.
Die dilemma is dat hy nie sy onsekerheid en onrustigheid met iemand kan deel nie. Hy is totaal en al uit sy diepte uit, om die rolle van verdediger, polisieman (waar onenigheid uitbreek) raadgewer, sielkundige, voorsiener van kos en drinkgoed, en selfs pa vir die paar wesies moet vervul. Hy is skielik baie spyt dat hy ooit so impulsief opgetree het, en dit oor ‘n mooi vrou. Hy wonder hoeveel mense in die verlede ook hierdie gevoel gekry het.
Max het uitgeklim uit sy Isuzu en hy kyk oor die konvooi voertuie wat slingerend aankruie teen die kronkels van die tweespoorpad teen die berg op. Die klein Suzuki SJ 410 met sy oorpronklike 1000cc enjintjie en smal Mariekoekie wieltjies het tot dusver almal verbaas.
Daar is vierwieldryf bakkies, sportnutse en selfs ‘n groot ou tweewieldryf Ford F250, wat net hier en daar gehelp moet word. Sy bestuurder en passasier is twee half-wilde, geharde ou manne oorspronklik van Bezuidenhoudtsvallei, wat vakansie kom hou het in die berge toe die Groot Moeilikheid begin het. Hulle het tussen hulle ‘n ou Harrington&Richardson enkelloop haelgeweer en ‘n Martini Henri .45/577. Max het geen idee waarvoor hulle vir die ou geweer ammunisie gekry het nie, maar hulle vra nie vir enigiets nuwer, beter of betroubaarder nie.
Die Toyota Dyna moet meer gereeld as nie deur en oor moeilike plekke gesleep word, maar dis tot dusver die moeite werd. Die twee Volkswagens, ‘n gehawende Beach-buggy 1600 en ‘n Kewer met ‘n waterverkoelde 1900 Kombi-enjin, klim feitlik oral uit. Die duinebesie se drywer is Herbert Cummins, ‘n afsydige, maar baie handige middeljarige man met ‘n hangsnor.
Die twee jongmense in die Kewer lyk asof hulle pas van Woodstock af gekom het; Niels en Lina. Saans sal Niels sy kitaar naderbring en hulle twee sing ou liedjies uit die laat 60’s en 70’s. Waar hulle woorde opraak, sal hulle op die ingewing van die oomblik, nuwe lirieke uitdink.
*
Die konvooi voertuie is groot, fris en indrukwekkend, bestaande uit meestal Europese militêre vier en seswieldrywe. Sonder uitsondering is die bande groot en die grondvryhoogte groot genoeg dat dit baie diep water, sand of modder sal kos om hulle te laat wegsink.
Die man wat nader kom is regop, van net ‘n bietjie meer as middelmatige lengte, skoongeskeer, behalwe vir ‘n netjiese snor.
“We come in peace, wish to join your group and want to travel with you.”
“But why?” vra Kris.
“You will understand as we go along, but trust me, it will be to your advantage. Not only will we guarantee more security to your group, but also help in getting across the borders of Zimbabwe and South Africa.”
“You still haven’t answered my question – why don’t you go it alone? Why do you need us?”
“As you have mentioned, mister Mentz, we do not really need you, but eventualy, we may be advantegeous to each other.”
“You know my name?”
“Yes. And all the names of all the people in your group.”