Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wonder ons waarom ons volk tans so verkneg en vermoor word? In Jesaja 65 waarsku die HERE dat Hy die opstandige volk wat eintlik knegte van Hom is maar hul nie so gedra nie, sal straf: "Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja, Ek sal dit vergelde in hulle boesem, hulle ongeregtighede ... "
1509: JOHANNES CALVYN
KULTUURDAGBOEK 10 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jean Cauvin, of dan Johannes Calvyn, is op hierdie dag in Noyon in Frankryk gebore. Hy studeer vanaf 1525 teologie in Parys, maar word in 1528 regstudent in Orleans en later in Bourges waar hy onder invloed van die Protestantisme en Franse Humanisme kom.
In 1533 word hy Protestants merendeels deur die lees van Luther se werk. Hy sien hierna sy roeping om die kerk te hervorm na die suiwer Bybelse model.
Deur godsdiensvervolging vlug hy in 1535 na Basel. Daar verskyn in 1536 die eerste uitgawe van sy groot leerboek wat vandag nog as handboek in Dogmatiek in Suid-Afrika gebruik word, sy 'Institusie'.
In dieselfde jaar word Calvyn se voorneme om sy lewe in stilte aan studie te wy egter verbreek toe Farel hom oorhaal om vanuit Genève die Kerkhervorming te organiseer. Toe ander stede soos Bern nie sy streng reëlings wil aanvaar nie word Calvyn-hulle uit Genève verband.
Hy word toe predikant van die Franse gemeente in Straatsburg. Gedurende hierdie verblyf sluit hy die belangrikste vriendskappe met manne soos Bucer en die groot Lutherse kerkhervormer, Melanchton; ook verskyn die tweede uitgawe van sy 'Institusie', sy kommentaar oor die 'Brief aan Rome' en sy beroemde en belangrike brief aan Sadoleto.
In 1541 keer hy terug na Genève waar hy op bekwame maar streng wyse 'n teokrasie begin, dit wil sê waar hy probeer om die hele persoonlike en openbare lewe te vorm om gehoorsaam te wees aan Gods Woord. Die regering van die kerk is in die hande van die volgende ampsdraers: die herders, die hoogleraars, die ouderlinge en die diakens wat deur 'n 'konsistorie' van ampsdraers en lidmate bygestaan word, veral wat die bewaking van sedes betref.
Intussen gee Calvyn ook leiding in verband met die vestiging, leer en organisasie van die Kerkhervorming in Engeland, Skotland delde van Duitsland, Pole, Hongarye ene Nederland, waarvandaan sy invloed ook na Suid-Afrika toe oorkom Gedurende hierdie tyd tot met sy dood op 27 Mei 1564 in Genève, skryf Calvyn ook sy beroemde kommentare oor byna al die Bybelboeke. Vanaf 1555 is Calvyn die onbetwiste leier in Genève, en in 1559 verskyn die laaste uitgawe van sy 'Institusie' en stig hy die beroemde Akademie van Genève, waarin 'n hele aantal teoloë en kerkleiers hulle opleiding ontvang. Hierdeur, maar ook deur sy publikasies en talle briewe aan leiers in talle lande, oefen hierdie groot teoloog, kerkleier en opvoedkundige wêreldwyd invloed uit. Sy invloed as teoloog (ook deur sy leerlinge) op die drie Afrikaanse Susterskerke se drie Belydenisskrifte (soos dit was voordat ons volksvyande met die Belharklagskrif die NG Kerklidmate begin breinspoel het - die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls) op hulle stelsel van kerkregering, op die manier waarop hulle erediens inrig, op die patroon en melodieë van hulle kerksang, op die vorm en inhoud van hulle preke, op hulle gebede en formuliere gee aan al hierdie fasette van ons kerklike lewe in Suid-Afrika 'n onmmisbare Calvinistiese stempel.
In byna elke kerklike handeling, soos ons erediens, huisbesoek, huisgodsdiens, kerkraadsvergadering, ensovoorts, sit daar iets van Calvyn wat weer eens God se Woord ontdek het as die enigste norm vir ons geloof en lewe, en wat van hierdie lewensuitinge wou inrig tot eer van die soewereine God. Hierdeur het Calvyn ook die Afrikaner se denke beïnvloed en sy kultuur gestempel.