Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ongelowiges is nie goeie politici nie, veral nie as hulle belang by heidense rituele het nie. Daarom is Afrika agterlik. Sy leiers verskil slegs in grade van boosheid van mekaar! Politici wat egter voor die Koning van alle konings buig en sy Woord liefhet, is 'n volk se juwele.
PRODUSENT MÓÉT DALK AANKOPER DIREK NADER...
Sterf varsproduktemark uit?
Alani Janeke
Daar is kommer oor die voortbestaan van varsproduktemarkte en die instandhouding daarvan binne die bedryf.
Verenigings vir agente van varsproduktemarke, asook vir die markte self, het hul kommer laat blyk tydens die 2033 'All-Fresh Konferensie'.
Mnr. André Young, voorsitter van die Suid-Afrikaanse vereniging vir voedselmarkte, sê die bedryf het twee keuses om die situasie te hanteer.
DIS VERBY, BOYS!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (50)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een dag in die vroeë 1980's was die kookwaterspan van die Wes-Transvaal in 'n Boeing op 'n buitelandse vlug van Johannsburg na Frankfurt – die Mielieboere sou in Windhoek afklim vir 'n promosie-/relegasie-wedstryd teen Suidwes-Afrika.
Sowat 45 minute nadat die span van Johannesburg opgestyg het begin die vliegtuig kajuitdrukprobleme ondervind. Die vlieënier moet dringend 'n nooddaling doen, dus heelwat laer vlieg, en hy begin om die vliegtuig skerp te laat val, en in die spanning van die oomblik verspreek hy hom so effens en kondig aan dat hy 'n 'noodlanding' gaan doen.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (4)
Ds André vd Berg
Die einde van Christus se verlossingsplan
God bestem ook ‘n heerlike einde aan sy verlossingsplan wanneer Christus aan die einde van alle tye na die aarde gaan terugkeer. In die gelykenis van die tien maagde (Matt.25) vergelyk Christus dit met ‘n huweliksfees. Interessant genoeg, is hier weer van ‘n deur sprake - een wat op ‘n gegewe tyd gesluit en nie weer oopgemaak word nie. Baie mense sal, soos die vyf dwase maagde wat te laat by die fees aangekom het, so naby aan die hemel kom, en nogtans mis.
Absolute sekerheid
Die meeste mense glo dat geen mens alreeds hier op aarde van ‘n plek in die hemel seker
DERDEPOORT (3)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die Engelse en die Swartes
Die plasing van burgermagte op strategiese plekke langs die wes- en noordwesgrens van die Republiek, was nie net soos reeds aangetoon is, om enige oprukkende vyandelike leër die hoof te bied nie, maar ook om ‘n oog te hou oor die swart stamme wat daartoe kon oorgaan om aanvalle op die burgers of op hul agtergeblewe gesinne te waag, omdat hulle deur die Engelse daartoe opgestook was. Van hierdie geleentheid het die Engelse lank voor die Oorlog reeds gebruik gemaak om die Swartes van die Betsjoeanalandse Protektoraat teen die Boere op te rui, sodat hulle in die Oorlog teen die Republieke op die aktiewe steun van hierdie groot nie-blanke bevolking van die Protektoraat kon reken.
Die Engelse werf swart bondgenote
Die Britse bemoeiinge en invloed het veroorsaak dat Khama se Bamangwato’s by Palapye, Bathoen se Bangwaketses by Kanya, Sebele se stam by Gaberones en Linchwe se Bagatlas by Mochudi vroeg in die oorlog ‘n vyandelike houding teenoor die Boere ingeneem het.
ONS GESKIEDENIS IN ROLPRENT
Ons sal net weet waarheen ons oppad is indien ons weet waar ons vandaan kom
“Geskiedenis wat andersins deur jongmense as vervelig beskou word, word nou op ‘n aanskoulike en interessante wyse vir hulle aangebied. Dit kan hulle op ‘n ontdekkingstog na hulle identiteit neem.”
Alles hieroor by Dvd's
Die vaslegging van geskiedkundige feite kry eers werklik waarde wanneer dit voortleef in die geheue van mense wat dit verstaan en waardeer. Hierdie gedagte het Frikkie Strauss van Piketberg aangespoor om die moderne tegnologie aan te wend om sy breë versameling geskiedkundige en dokumentêre Afrikaanse video-opnames op DVD vas te lê en te aan die publiek beskikbaar te stel.
SWART RASSISTE AL MEER GEWELDDADIG
Gewelddadige aanval op blankes blatant rassisties
Anita Morkel
“Julle Boere gaan ***!” het ‘n swarte twee blanke mans toegesnou, terwyl hy hulle voertuig op die pad tussen Rustenburg en Marikana verwoes het.
Die rassistiese antwoord is gegee deur die swarte, wat in ‘n T-hemp van die vakbond Numsa geklee was, nadat een van die mans, mnr. Ugie Coetzer hom in Xhosa gevra het waarom hy hulle vloek. Die swarte het sy kop in ‘n blou hemp toegedraai sodat net sy oë uitsteek. Terwyl hy hulle met los klippe bestook het, het hy geskreeu: “Dit is nou vir julle Boere”.
Hy het aanvanklik in Engels aan mnre. Ugie Coetzer en Tallie Gouws gesê:
“We are Malema’s people”, waarna hy na Afrikaans oorgeslaan het. Tydens die aanval op die twee blanke mans was verskeie voertuie van Numsa-lede langs die pad geparkeer. Die twee geskokte mans kon daarin slaag om te ontvlug. Mnr. Coetzer het verskeie snywonde aan sy rug opgedoen.
ONS GESKIEDENIS IN KLANK EN BEELD
BENUT MODERNE TEGNOLOGIE OM ONS GESKIEDENIS EN WARE IDENTITEIT TE ONTDEK
Ons kon video-opnames van films oor volkshelde, volksleiers en belangrike gebeurtenisse in ons geskiedenis bekom. Daarvan het ons DVD’s gemaak en dit word nou aan ons volk beskikbaar gestel. Die projek is veral gerig op die oordrag van historiese kennis aan ons kinders. ‘n Kind sal baie eerder na ‘n DVD kyk as om ‘n geskiedenisboek te lees.
Die heel nuutste toevoeging vir 2012 is te kry by hierdie skakel: 2012
Kry verdere inligting by hierdie skakel: Dvd's
Navrae kan gerig word deur te e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of te bel na 082 – 493 3785 / 022 – 913 2391
(Suidland Media en die Suidlanders is twee verskillende organisasies wat elkeen op sy eie terrein van die volkslewe opereer)
METALE IN DIE PLATINUMGROEP – SILWER (2)
Lees reeks by Metale in die platinumgroep
Die vernaamste gebruike van silwer is in juweliersware, egte en geëlektroplateerde silwerware, munte, fotografiese materiaal en op verskeie gebiede in die nywerheid, soos elektriese toestelle, die elektronika, medisyne, lugversorging en verkoeling, die lugvaart, ens., waar aansienlike en toenemende hoeveelhede gebruik word. Die produksie van silwer is in die afgelope dekades oortref deur die groeiende vraag en dit het daartoe gelei dat steeds klener hoeveelhede vir munte gebruik word en meer navorsing gedoen is vir plaasvervangers soos silwerlose elektrofotografiese prosesse en die gebruik van tantaal in plaas van silwer in die snykunde.
Die silwer wat in Suid-Afrika gewin word, is meestal dié wat vervat is in die ongemunte goud wat deur die goudmyne in Transvaal en die Vrystaat geproduseer word. Die verhouding van silwer tot goud wissel aansienlik in verskillende dele van die Witwatersrandse goudveld, in hierdie goudveld se verlengings en in dieselfde myn, maar is gemiddeld ongeveer 1:10. Afgesien van elektrum kom silwer op plekke ook in sy gedeë vorm voor.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (2)
Ds André vd Berg
"... daar is net een geldige paspoort wat ons tot die hemel sal toelaat en dis die bekering tot Christus. Daarsonder sal niemand tot die hemel toegelaat word nie. Desondanks probeer baie mense met ongeldige reisdokumente die hemel binnekom. Een daarvan is ‘n mooi lewe..."
Geen vreemde begrip
Die verlossing uit sonde was vir die ou Jode geen vreemde begrip nie, maar aan die alledaagse lewe ontleen. As jy vandag in ‘n geldelike verknorsing beland waaruit jy nie
Die Wet van Moses het hierdie tydperk egter tot ‘n maksimum van 7 jaar beperk. Indien ‘n ander persoon gedurende daardie tyd die verskuldigde bedrag aan die skuldeiser betaal het, was jy onmiddellik vry om te gaan. Hy kon jou nie langer in diens hou nie. Die persoon wat ‘n ander een loskoop, is ‘n losser genoem. Hy het jou skuld kom afkoop en jou van slawediens onthef.
Dis presies wat die verlossing van sonde is. Sonde het ons slawe van Satan gemaak.Christus het vir ons kom instaan en ons met sy Bloed losgekoop. Hy is ons Losser en die Satan moes ons laat gaan. Die prys is betaal.
METALE IN DIE PLATINUMGROEP – GESKIEDENIS (1)
Lees reeks by Metale in die platinumgroep
Geskiedenis
Hoewel die ontdekking van klein afsettings platinum in Suid-Afrika in die verlede aangemeld is, is die eerste ekonomiese afsetting eers in 1924 ontdek.
Klein hoeveelhede platinumgroep metale, hoofsaaklik osmiumridiumlegerings, is in 1892 deur William Bettel gevind in die gravitikasiekonsentrate afkomstig van die Witwatersrandse goudbevattende konglomerate. Die eerste kommersiële produksie, 715g konsentraat uit die Nuwe Modderfonteingoudmyn, is egter eers in 1920 verskeep. Vanaf 1923, toe plaatamalgamasie in die reduksiewerke van die goudmyne deur ferweelkonsentrasie vervang is, het produksie op aansienlike skaal plaasgevind en ongeveer 190kg is jaarliks gewin.
'n Ondersoek van die chromietlae van die Stollingskompleks Bosveld is deur amptenare van Geologiese Opname 'Hall en Humphrey' en onafhanklik deur 'Merensky en Dessauer' uitgevoer. Hierdie ondersoeke, waarvan die resultate in 1908 gepubliseer is, was teleurstellend. Hoewel daar platinum was, is geen ekonomiese afsetting gevind nie.
MACBETH IN 'N NEUTEDOP(1)
Bernard Miles
Lees reeks by Shakespeare in Afrikaans
Lank, lank gelede het daar drie hekse in 'n eensame moerasland in die hooglande van Skotland gewoon. Miskien is hulle nog daar, ek weet nie. As julle ooit daarheen gaan moet julle maar versigtig wees, veral as die weer donker en onstuimig is.
Hierdie hekse het dag en nag bose gedagtes in 'n hekspot bekook terwyl hulle hand aan hand om die pot gedans het en gewag het vir mense wat hul kon verlei, vir lewens om te verwoes. Hulle kon nie goeie mense verlei nie, net mense met bose gedagtes.
Die hekse het sterk toormiddels gehad. Hulle kon mense se gedagtes lees, en iemand wat net 'n bietjie boos was kon hulle so boos soos die duiwel self maak. Hulle het in 'n spelonk gewoon en toormiddels gemaak deur paddas en slange, en salamanders en akkedisse in hul hekspot te kook, of sommer enige nare goed waaraan 'n mens kan dink. Hul kon deur die lug vlieg na enige plek waarheen hulle wou, al skreeuend in die wind en met hul towervuur gereed, terwyl hulle 'n lelike liedjie sing:
POLISIE STEEDS GROOTSTE MISDAAD- ORGANISASIE IN SA
Chaos in die polisie
Probleme in die polisiediens slaan nou oral kop uit. Nie slegs weier die staatshoof, Jacob Zuma, om teen die polisiehoof, Cele, op te tree nie, maar ander ernstige sake wat die polisie in ’n swak lig stel, het intussen aan die lig gekom.
Polisiekantore wat reeds in 2004 teen ’n geraamde koste van R28,3 miljoen gebou moes word, kos die belastingbetalers nou sewe jaar later R75,3 miljoen. Dit is bykans drie keer die aanvanklike koste.
Onreëlmatige uitgawes in die 2010/11 boekjaar het met 3 000% gestyg tot R97,5 miljoen. Die bedrag hou hoofsaaklik verband met die nasionale polisiedagvieringe. Daar is nie vooraf vir die goedere of dienste getender soos die wet vereis nie.
’n Verdere skokkende feit is dat slegs 52% van misdade wat by die polisie aangemeld word, opgelos word.
MAAR ONS STEM NOG REG...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (49)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dok Craven het vertel van 'n Vrystaatse ondersteuner wat die wedstryd tussen die baie goeie Britse Leeuspan van 1955 en die Vrystaat op Kroonstad bygewoon het, maar waarin die Blikore 'n groot nederlaag van 3-31 op die lyf geloop het.
Die kêrel langs die veld het al 'n hele paar happe ingehad en sit toe so kop onderstebo en biltong kerf terwyl hy laat hoor: "Hierdie Engelse is goed, vrek goed, maar ons stem maar nog Nasionaal!"
DERDEPOORT (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die Engelse offensief uit die noorde
Toe generaal Grobler wat die noordelike kommando’s moes aanvoer, op 12 Oktober 1899 van die Staatsekretaris die kennisgewing ontvang dat die Oorlog uitgebreek het, was die kommando’s van Waterberg en Soutpansberg nog nie naastenby op hulle aangewese poste nie. Hulle was dus nie in staat om die opdrag wat vroeër aan hulle uitgereik is, onmiddellik uit te voer nie. Hulle sou die grens vanaf hulle onderskeie plekke oorsteek, tot teen die Kaapstad-Bulawayo-spoorlyn deurdruk en noordwaarts in die rigting van
BELHAR 'N KOMMUNISTIESE POLITIEKE DOKUMENT
Die Afrikaner
• Veroordeel die God-gewilde verskeidenheid van volke.
• Plaas die Afrikaner in die beskuldigdebank oor sy verlede.
• Verklaar apartheid tot kettery, ‘n ideologie en ‘n dwaalleer.
• Verwerp alle vorme van rasseskeiding.
• Is net nog ‘n stap om die Afrikaner op geestelike gebied van sy verlede te vervreem.
• Roep mense op om te getuig teen Afrikanernasionalisme.
• Maak die SAKP-revolusie deel van die NG Kerk se agenda.
• Maak die NG Kerk 'n politieke gevegsterrein van die SAKP/ANC.
• Bevorder die revolusie van die SAKP/ANC.
• Is ‘n klagstaat teen die Afrikaner.
• Is ‘n haatskrif teen die Afrikaner.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (1)
Ds André vd Berg
Lees reeks by Hoe kom ek in die hemel?
Inleiding
Mense vra graag vrae. Sommige daarvan is belangrik, ander nie. Die belangrikste vraag wat iemand jou
Die woord redding het altyd ‘n gunstige betekenis. Dit getuig van groot dankbaarheid weens die verlossing uit ‘n noodsituasie. Dink jou vir ‘n oomblik in die lewe van ‘n opvarende wat besef dat die skip waarop hy vaar, besig is om te sink. Wat gaan nie alles deur sy gemoed nie? Dit
Dieselfde geval met ‘n persoon wat in ‘n brandende gebou vasgekeer en ter nouer nood deur ‘n brandweerman gered word. Hoe oneindig dankbaar is hy nie! In beide gevalle was die dood ‘n feitlik uitgemaakte saak. God het egter anders besluit en aan hulle die lewe teruggegee.
OUERS VIR CHRISTUS (8) (SLOT)
Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Watter rol speel godsdiens in die lewe van kinders en hoe
Godsdiens
Vandag se kinders weet miskien hoe om by die maan uit te kom, maar so min van hulle weet hoe om in die hemel te kom. Daarom moet ouers wat hulle kinders werklik liefhet en oor hulle ewige eindbestemming besorg is, by hulle ‘n opregte geloof in Christus kweek. Dis die kosbaarste geskenk wat ouers hul kinders
Godsdiens is nie ‘n stel reëls wat ouers aan hulle kinders moet opdring nie. Dis eerder ‘n Persoon - dis Jesus Christus, wat ouers saam met hul kinders moet uitleef. Daarom is dit elke ouer se primêre taak om hulle kinders aan Jesus voor te stel. Sonder Hom het ons kinders geen
Kinderopvoeding moet verbondsopvoeding wees.
BIELIE VAN 'N MAN...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (48)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die fris Suid-Afrikaanse speler Nick du Toit wat by Wigan gaan rugbyliga speel het en daar 'n groot held geword het, word eendag deur een van die 'groupies' by die klub aangestaar. Sy kyk sy volle 6 voet 3 duim van bo tot onder deur voor sy skaamteloos vra:
"Tell me, big boy, are you built in proportion all over?"
Hy was onmiddellik reg met 'n antwoord in sy snaakse Afrikaanse aksent en sê:
"Listen, Lady, if I was built in proportion, I'd be 12 feet 10!"
18 OKTOBER 1961: EERSTE VERKIESING IN RSA
KULTUURDAGBOEK 18 OKTOBER
Op 5 Oktober 1960 het die volkstemming oor republiekwording plaasgevind. Die persentasie stemme uitgebring was 90,5.
Op 31 Mei 1961 het Suid-Afrika 'n Republiek geword – buite die Statebond. In Junie 1961 het die eerste Republikeinse Parlement geopen maar die lede is reeds in April 1958 onder premier Strijdom verkies. Die eed van trou deur Parlementslede uitgespreek is nietemin voortaan teenoor die RSA en sy Staatspresident uitgespreek.
In politieke kringe het verdere afskeidings en hergroeperings en grondwetlike voorstelle bekend geword. Die Senaat is in 1960 drasties verklein. Die gevolg was dat dr Verwoerd as premier die nuwe politieke gesteldheid wou toets.
DERDEPOORT (1)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Boerekommando’s op die wesgrens
Inleiding
Die moorde wat gedurende die vroeë oggendure van Saterdag, 25 November 1899 op die Boerelaertjie en polisiebeamptes te Derdepoort, aan die Maricorivier deur Swartes onder aanvoering van Engelse offisiere gepleeg is, is in die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog nie algemeen bekend nie. In die monumentale werk van dr JH Breytenbach oor die Oorlog, is dit wel geboekstaaf, maar hierdie lywige bundels, deur die staatsdrukker gedruk en ver-prei, is nie by die algemene publiek bekend nie.
Wat daardie nag by Derdepoort plaasgevind het, is egter van soveel betekenis in die geskiedenis van die Oorlog, dat daar tevore twee lywige tesisse oor geskryf is. Die eerste daarvan is van E Broos: “Die noordelike hooflaer in die distrikte Zoutpansberg, Waterberg en Rustenburg,
aan die begin van die Tweede Vryheidsoorlog tot die besetting van