Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek is 'n oumens wat baie bekommernisse geken het, maar die meeste van hulle het nooit gerealiseer nie. Nou besef ek dat bekommernis 'n vyand van die lewe is, 'n vorm van ateïsme, want dit veronderstel ongeloof in die bestuur van God in my lewe. En nou laai ek my bekommernisse by God af en weier om dit môre weer op te laai.
MALEMA KAN SELF AAN PICK N PAY VOORSIEN...
Kriewelkop
Onthou toe onse Julias gesê het die boere moet van hulle plase af want ons het hulle nie nodig nie, Pick n Pay is mos vol kos!? Dalk het hy intussen agtergekom dis die boere wat Pick n Pay voorsien. Maar wat, ons hoef nie te bekommer nie, Suid-Afrika se voedselprobleme is opgelos! Malema gaan boer! Ons weet nog nie met wat nie maar hy begin nou die plase een vir een self inpalm. Al wat ons weet is dat dit met MI6 se geldjie is...
‘n Plaas van 139 ha wat sowat R4 miljoen gekos het, is die nuutste toevoeging tot Julius Malema se eiendomsportefeulje.
DIE DERDE TEMPEL (4)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
TEMPELVOORWERPE
1. Die opdrag
Die heilige voorwerpe wat vir die Tabernakel gemaak is, is ook later in die Eerste Tempel gebruik. Dit was afbeeldings van hemelse dinge:
“Hulle wat ʼn afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ʼn goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jy op die berg getoon is” (Hebr.8:5).
2. Koemran
2.1 Die Koperrol
Wat na die verwoesting van die tempel van die heilige voorwerpe geword het, is nie seker nie. Tydens die Romeinse beleg van Jerusalem het lede van die Esseners en Selote, twee Joods-nasionale godsdiensgroepe, die tempel met mag en mening verdedig. Toe die skrif egter aan die muur kom, het hulle van die heilige voorwerpe uit die tempel verwyder en naby die Dooiesee begrawe om dit uit Romeinse hande te hou.
JOSEF (3)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
IN DIE TRONK
Toe haar man die aand huis toe kom, wys sy hom die kledingstuk en beweer dat "daardie Hebreeuse slaaf wat jy hier ingebring het, het probeer om van my 'n gek te maak." Toe Potifar al die valse beskuldings teen my hoor, was hy briesend. Hy het my met geweld laat gryp en in die tronk gegooi waar die koning se gevangenes aangehou word.
Teen hierdie tyd het ek al baie vas geglo en besef dat die Here my wispelturige lewe beheer en gewonder wat alles in die tronk met my gaan gebeur. Ek het begin om diensies aan die ander gevangenes te bewys en vir die bewaarder gehelp om hulle te versorg. Toe word die bewaarder my baie goedgesind en stel my oor die ander gevangenes aan en oor alles wat in die tronk moes gebeur.
DIE DERDE TEMPEL (3)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE TEMPELS
1. Die Eerste Tempel
1.1 Die tabernakel
Die Tabernakel was die eerste van Israel se drie heiligdomme. Dis tydens die woestyntog gemaak. Benewens die bepaalde struktuur, het God aan Moses duidelike aanduidings vir die ontwerp van ʼn verskeidenheid van goue, silwer en brons voorwerpe vir godsdienstige gebruik gegee. Toe Salomo die tempel laat bou het, het hy bykomstige gebruiksvoorwerpe laat maak omdat die tempel baie groter as die Tabernakel was.
1.2 Die bouplan
Die Bybel en Joodse geskiedskrywing gee ʼn duidelike beskrywing van die tempel; selfs die mate. Tanach is die naam wat die Rabbynse Judaïsme vir die Ou Testament gebruik.
JOSEF (2)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
EK WORD 'N SLAAF
Ons het in die vallei van Hebron gestaan toe my pa my die opdrag gegee het. Ek het nie omgegee om te gaan nie, alhoewel Sigem maar ver van Hebron af is. Toe ek daar aankom, het ek na hulle en die troppe vee begin soek. Naderhand ontmoet ek 'n man wat vir my sê hy het hulle hier in Sigem gesien, maar hulle het vir hom gesê hulle gaan na Dotan toe, want die weiding is daar baie beter. So het ek toe ook in die pad geval en hulle uiteindelik daar gekry.
Maar die ontmoeting was bitter onaangenaam. Toe ek nog 'n hele entjie van hulle af was, het ek al gehoor hulle skree: "Kyk, hier kom daardie dromer!" Ek maak toe uit van hulle deurmekaar-geskree toe ek naderkom, dat hulle van plan is om my in 'n diep put te gooi en dan vir my pa te gaan vertel dat 'n wilde dier my opgevreet het.
KOOS VAN DER MERWE
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Koos en sy ouers het in die Vereniging-distrik gewoon. Dit was die jaar 1953 en hy was vyftien jaar oud en in standerd agt.
Koos was op 'n dag in Augustus per fiets op die pad toe hy sien hoe 'n verwoestende veldbrand vyf beeste in 'n kamp vaskeer. Die hitte was so erg dat hulle benoud en amper histeries was. Koos het van sy fiets afgespring en dwarsdeur die vlamme na die beeste gehardloop met die idee dat hy hulle terug deur die vuur sou jaag, maar daarvoor was hulle nie te vinde nie. Toe begin Koos om een van die beeste se stert so styf op te wen dat die pyn te veel vir die arme dier was.
DIE DERDE TEMPEL (2)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE TEMPELBERG
1. Die ligging
Die Tempelberg is ʼn heuwel in Jerusalem waarvan die hoogste punt 740 meter bo seevlak is. Omdat dit vir Jode sowel as Islamiete belangrik is, is dit een van die mees betwiste stukke grond ter wêreld. Dis na bewering reeds so vroeg as 4000 vC bewoon en is in die Ou Testament die berg Moria genoem. Die Islamiete noem dit die Edele Heiligdom.
Volgens Joodse oorlewering was dit die begin van alles op aarde. God het glo die stof waarvan Adam gemaak is, daar gekry. Dis die plek waar God sy Naam sou laat geld. Daarom het gelowiges sy Teenwoordigheid in beide die tempels wat daarop gestaan het aangevoel.
In die Bybelse tyd was die Tempelberg die hoogste punt in Jerusalem. Daarna het die ligging verander en het die stad baie groter geword. Die oudste deel wat as die Stad van Dawid bekend was, was suid van die huidige Tempelberg en heelwat laer as die huidige Jerusalem geleë.
JOSEF (1)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
EK IS DIE KLIKBEK
Ek is Josef. Ek wil hê dat julle wat hierdie boek gaan lees waarin ek my lewensverhaal wil vertel, van die begin af moet weet met watter Josef julle hier gaan kennis maak, want toe ek as jong seun op my pa se plaas, daar in Hebron groot geword het, het my broers my aanhoudend uitgeskel vir 'n lae en gemene "Klikbek", as ek vir my pa Jakob vertel van die baie lelike dinge wat hulle agter sy rug aangevang het.
Hierdie broers van my – ons was twaalf in getal – was almal seuns van my liewe vader Jakob, maar ons was vier vroue se kinders: Die seuns van Lea was Ruben, Simeon, Levi, Juda, Issaskar en Sebulon. Die seuns van Ragel was ek (Josef) en Benjamin. Die seuns van Bilha (Ragel se slavin) was Dan en Naftali. Die seuns van Silpa (Lea se slavin) was Gad en Aser.
HULLE HET MY GEHAAT
Toe ek nog 'n jong seun in die huis van my vader Jakob was, het hy baie rondgetrek.
DIE DERDE TEMPEL (1)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
Inleiding
Om te weet waarheen die mensdom oppad is, moet ʼn mens verstaan hoe hulle daar gekom het. Die huidige wêreldsituasie is die gevolg van duisende jare se geskiedenis wat by Israel begin het en weer daar gaan eindig. Israel was van meet af aan deel van God se groot plan met die mensdom. Daarom is die einde van die wêreld onlosmaaklik met die lot van Israel verweef.
Israel is baie anders as enige ander volk op aarde. Haar geskiedenis is geskryf alvorens dit gebeur het. Min volke steur hulle vandag aan die lot van Israel. Sommige draai selfs die rug op haar. Dit bied aan vyandelikes die geleentheid om geweld in Israel te ontketen.
Met die totstandkoming van Israel as staat, het die horlosie van die wêreld die laaste minute van tyd op aarde begin aftik. Dit word aan ʼn reeks gebeure gekenmerk wat besig is om in vervulling te gaan. Die bou van die Derde Tempel op die Tempelberg in Jerusalem is een daarvan.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (7)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
Darwin se 'fossiele'
Daar was nog 'n ander probleem wat vir Darwin in sy teorie van 'spontane ontwikkeling' gesink het, naamlik sy fossiele-storie. Fossiele speel 'n baie belangrike rol in die hele saak van Evolusie. Ons met daarom eers daarby stilstaan.
Kom ons begin by die vraag oor wat 'n fossiel nou regtig is.
'n Fossiel is 'n versteende liggaam van byvoorbeel 'n dier, 'n insek of 'n vis wat skielik onder modder begrawe was. As gevolg van die modderomhulsel en die gevolgelike gebrek aan suurstof, ontbind en vergaan die liggaam nie soos gewoonlik binne 'n kort tydjie nie. Dit versteen of fossileer. Verstening vind dus plaas wanneer die modder waarmee die dier bedek is, hard word. Op hierdie manier bly die versteende liggaam van die dier dan bewaar en "gekis" in sy oorspronklike vorm. Juis hierdie versteende diere of fossiele waarvan daar talle voorbeelde oor die aarde gevind is, bewys vir ons dat diere sedert die vroegste tye nie "ge-evolueer" het nie. Hulle het steeds dieselfde diere gebly as wat hulle van die begin af was en vandag nog is.
MINDER MIELIES IN OOS-VRYSTAAT
Alani Janeke
Dele van die Oos-Vrystaat het vermoedelik die mielieplanttyd verpas met sowat 75% van aanplantings wat gerealiseer het, aldus Graan SA.
Mnr. Jannie de Villiers, hoof-uitvoerende beampte, sê talle boere kon nie hul mielie- en ook sojaboon-aanplantings binne die optimum planttyd in die streek in die grond kry nie.
Mnr. Chris Helm, ‘n lid van Graan SA en boer van Reitz, sê slegs tussen 75% en 80% van die beplande aanplantings is geplant. Die Oos-Vrystaat se optimum planttyd is tussen 15 Oktober en 15 November elke jaar. “Die droogte het groot probleme veroorsaak in ons planttyd. Die reën wat geval het, het net binne dié tydperk geval, maar vir sommige boere was dit reeds te laat.”
RUT (4) SLOT
Die mooi liefdesverhaal wat vir ons in die Bybel opgeteken is
Lees reeks by RUT
JP Botha
In die stadspoort
Boas het direk na die poort gegaan en daar gaan sit. Hier is gereeld ooreenkomste aangegaan en geskille besleg. Vandag is hier ook ‘n klompie nuuskieriges teenwoordig.
Boas sien die ander verlosser verbystap en roep na hom: “Kom hiernatoe, vriend, ek wil met jou praat.”
Toe hy by hulle gaan sit, roep Boas nog tien ander leiers uit die dorp en vra dat hulle as getuies moet optree. Hy sê vir die ander losser: “Naomi wat uit Moab teruggekom het, wil die landerye wat aan Elimeleg, ons bloedverwant behoort het, verkoop. As jy die landerye wil hê, moet jy jou hier as verlosser verklaar. As jy nie wil nie, moet ek dit nou weet, want ek is die volgende losser na jou.”
Die man sê: “Dis goed. Ek sal as losser optree.”
“Dan moet jy ook met die Moabitiese vrou, Rut, trou, sodat sy kinders kan hê en haar man se naam voortsit en die landerye in die fasmilie hou.”
RUT (3)
Die mooi liefdesverhaal wat vir ons in die Bybel opgeteken is
Lees reeks by RUT
Dr JP Botha
Naomi terug in Betlehem
Binne ‘n ommesientjie is die twee vroue omring deur verskeie ou bekendes wat almal deurmekaar praat: “Is dit jy, Naomi? Vrou, waar was jy al die jare? Waar is Elimeleg en jou seuns? Kom jy weer by ons bly? Welkom terug na al die jare!”
Toe Naomi effens tot verhaal kom na al die vroue se uitbundige verwelkoming en groetery, probeer sy deur haar trane heen om hulle te antwoord: “Baie dankie, liewe vriendinne! Ja, dis ek; maar julle moenie my meer Naomi noem nie. Noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen. Ek het vol hiervandaan weggetrek, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom sou julle my Naomi noem, terwyl die Here teen my getuig het en die Almagtige my kwaad aangedoen het?
Maar die vroue het hulle nie aan Naomi se klagtes gesteur nie.
RUT (2)
Die mooi liefdesverhaal wat vir ons in die Bybel opgeteken is
Lees reeks by RUT
JP Botha
Elimeleg verlaat Betlehem en gaan na Moab
Na Elimeleg se terugkeer uit Moab het daar vir die huisgesin ‘n baie bedrywige tyd aangebreek. Afgesien van die karige getal besies wat nog nie die versengende droogte en hongersnood ten prooi geval het nie, was daar duisend en een dinge waarna omgesien moes word, ingepak moes word, weggemaak moes word, en opgelaai moes word voordat hulle van hul bure en hul geboortegrond afskeid geneem het.
Elimeleg het vir Maglon en Giljon verantwoordelik gemaak vir die trek van sy uitgedunde ou veekuddetjie. Die twee entoesiastiese seuns het hulle baie goed van hul taak gekwyt, sodat hulle met hul aankoms te Aroër geen bees verloor het nie. Hulle het maar suidwaarts, al langs die strand van die Dooi See gehou en af en toe los klompies Ammoniete gewaar, wat hulle egter nie aan die trekgeselskap gesteur het nie. Die Here het verhoed dat hul argwaan opgewek is en so nuuskierig sou word dat hulle ondersoek sou kom instel.
RUT
Die mooi liefdesverhaal wat vir ons in die Bybel opgeteken is
Lees reeks by RUT
JP Botha
In die greep van hongersnood
Elimeleg vee die lastige sweet uit sy brandende oë, onderwyl hy staan en kyk hoe ‘n slingerende ou brandmaer kalfie agter sy ma aan strompel en saam met sy ander paar veetjies deur die hek van die ou klipkraal na binne verdwyn. Toe hy nader stap om toe te sien dat die hek deeglik gesluit kom, dink hy daaraan dat dit eintlik onnodig is, want so ver hy kan onthou het daar gedurende die afgelope twee jaar hier in die velde van Betlehem geen enkele bees weggeraak nie. Diewe steel nie sulke ellendige goed wat besig is om van maerte te vrek nie.
By die hek wag sy twee opgeskote seuns vir hom. Giljon is twaalf en Maglon is veertien jaar oud. Die swaar van die bitter langdurige droogte wat besig is om die eens groene velde van Betlehem en die hele Judea in ‘n woestyn te verskroei en die hongersnood wat mens en dier nie kan ontvlug nie, het reeds al sy droewige merk op hulle jeugdige gesigte gemaak.
MAAK DOOD DIE WITMAN! SÊ SWART POLISIE
PRETORIA. – “As die swart Messias (Nelson Mandela) doodgaan, sal ons die wittes ’n les leer. Ons sal volksmoord teen hulle pleeg: Ek haat wittes.” Dié woorde van ’n polisieman op Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, se Facebook-blad, het hom ’n interne ondersoek op die hals gehaal.
Kapt. Dennis Adriao, nasionale polisiewoordvoerder, het bevestig lt.genl. Khomotso Phahlane, hoof van die forensiese laboratoriumdienste en misdaadgeskiedenissentrum, het opdrag gegee dat ’n interne ondersoek teen Juda Dagane gedoen moet word.
Op sy Facebook-blad sê Dagane dat hy ’n forensiese analis en ondersoeker in die polisie is.
Volgens Adriao is Dagane ’n klerk in die polisie se forensiese departement in Gauteng.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (6)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
Die 'ou aarde'- en die 'jong aarde'-benadering
Teenoor die 'ou aarde'-benadering van die duisende miljoene jare van Evolusie, staan die 'jong aarde'-benadering van Bybelgelowiges. Daar is ook baie gelowige wetenskaplikes wat hierdie oortuiging deel. Hulle glo dat God die aarde ongeveer sesduisend jaar gelede in ses dae geskep het. Daar is ook baie sterk wetenskaplike feite wat daarop dui dat ons aarde redelik jonk is. Of anders gestel, dat ons aarde nie miljarde jare oud kan wees soos wat evolusioniste beweer nie. Ek noem 'n paar van hierdie wetenskaplike feite hier:
- Modder op die seebodem
As die aarde reeds ongeveer vyf miljard jaar oud was soos evolusioniste beweer, sou die see nou tot oorlopens toe vol modder gewees het. Elke jaar word ongeveer 20 tot 25 biljoen ton grond deur verspoeling en winderosie na die see geneem.
GOUE STRATE HET NIE STOF NIE (7 - SLOT)
Ds.Andrè van den Berg
Die regte perspektief
Dis belangrik dat ons die dood sal verstaan. Baie mense is so bang vir die dood dat hulle amper nie geleef kry nie. Die dood kan vir mense net een van twee dinge beteken. Dis of ‘n toestand van algehele onbewustheid of een waar daar mense in ‘n geheel nuwe wêreld ingestap word. Wie lg.glo, moet die dood as ‘n wins beskou. Dis ‘n ontmoeting waarna jy kan uitsien, maar ook ‘n afskeid wat jy nie mag verhaas nie.
Die dood is vir elke mens‘n pynlike verlies. Daarom is ons hartseer as ‘n geliefde sterf. Jesus het dan self oor die dood van ‘n vriend gehuil. Maar wanneer ons aan ‘n gelowige dink wat in sy nuwe woning tuisgekom het, kan daar selfs ‘n glimlag deur ons trane breek. Die dood is niks anders as ‘n oorgang na ‘n ander wêreld net soos vriende wat die see oorsteek in mekaar se gedagtes bly voortleef al is hulle ver.
SO WORD MOORD OP BLANKES TOEGESMEER
Vier swart senior polisie-amptenare het vlugtig in die hof verskyn vir korrupsie en manipulering van misdaadstatistiek in Tzaneen. Naledzani Julia Sivhula, 48, Matome Jonathan Matsapola, 51, Nelson Mulaudzi, 50, en Mahlodi William Ramokgobedi, 49, het in die Pietersburg magistraatshof verskyn.
Ondersoeke na die ware syfers vir misdaadstatistiek vir Tzaneen het begin toe die gegewe syfers alles 'n gekookte spul geblyk het.LAASTE 220 BLANKE BOERE UIT ZIM VERDRYF
Harare – Zimbabwe se Zanu PF-party is van plan om die oorblywende plase in blanke boere se besit ook oor te neem om sogenaamde grondlose Zimbabwiërs daarop te hervestig.
President Robert Mugabe van Zimbabwe sê egter onomwonde hulle het planne om die oorblywende wit boere van hul plase te verwyder! Die voorgestelde onteiening van nog 198 plase is in `n verslag bekend gemaak tydens die ZANU-PF partykongres.