Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons moet daarteen waak om altyd vir die "regte oomblik" te wil wag voordat ons iets aanpak – meesal kom daardie oomblik nooit. Maar jy kan daardie "oomblik" skep deur te doen wat jy moet doen, of te sê wat jy moet sê, wanneer jy weet dit is die regte ding om te doen – so maak jy wel 'n verskil aan die wêreld.
DIE DERDE TEMPEL (10)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE ROOMSE GEVAAR
1. Die beheer van Jerusalem
Die Jode se eis om Jerusalem as hoofstad van Israel erken te kry, word, ironies genoeg, deur mense teengestaan wat nog nooit in hul geskiedenis ʼn hoofstad gehad het nie! Die buitelandse steun wat hulle geniet, maak dat die wêreld haar rug op Israel keer.
Die Roomse Kerk is egter Israel se grootste bedreiging. Die Vatikaan bekook al jare lank bose planne om Jerusalem in te palm. En waar is ʼn beter plek om te begin as die Tempelberg? Die Vatikaan versterk gedurig haar posisie deur met Joodse volksverraaiers te knoei. Die laaste pous gaan Jerusalem sonder slag of stoot onder die dekmantel van wêreldvrede aan die Vatikaan onderwerp!
Die profeet Daniël het ʼn hele paar toekomsgesigte gehad. In die een sien hy ʼn wêreldorganisasie (die EU) ontstaan wat tot die herlewing van die Heilige Romeinse Ryk (HRR) lei en uit 10 volksverbindings bestaan. Dis ʼn nuwe Europa wat deur Duitsland en die Vatikaan oorheers word.
Die apostel Johannes maak in Openbaring ook hiervan melding as hy sien hoe die tien leiers hulle aan een groot leier onderwerp wat die septer in Europa swaai. Paulus skryf aan die Tessalonisense dat hierdie persoon wêreldmag gaan hê en mense sal dwing om hom te aanbid.
2. Niks is nuut nie
2.1 Karel die Grote
Rome se belang by Jerusalem strek oor ʼn tydperk van meer as 1200 jaar. Dit het by Karel die Grote begin toe hy na sy kroning in 800 nC die droom van ʼn HRR in die hart en siel van Europa gelê het. In 962 nC het Otto die Grote Duitsland op die lees van Karel die Grote se droom geskoei.
Karel die Grote het sy hoofstad in Aachen (Duitsland) gehad waar hy ʼn groot katedraal laat bou het. In 1910 het Duitse bouers ʼn kleiner weergawe daarvan op die Tempelberg opgerig. Dit staan as die Kerk van die Slapende bekend (Dormition Abbey).
2.2 Wilhelm II
Keiser Wilhelm II het in 1898 na Jerusalem gereis om twee kerke op die Tempelberg op te rig. Palestina was toe al vir etlike eeue onder Turkse bewind. Die Turke was bondgenote van Duitsland. Keiser Wilhelm II het ʼn baie eenvoudige Lutherse kerkie laat bou om sy Protestantse ondersteuners tevrede te stel. Daarna het hy ʼn groter kerk (Kerk van die Slapende) laat oprig nadat die Roomse Kerk die Turkse sultan omgekoop het. Van toe af het Rome haar stempel op die Tempelberg as begin afdruk.
Theodor Herzl, vader van die moderne Sionistiese beweging, het die Roomse Kerk van meet af aan nie vertrou nie. Rome wou Jerusalem hê. Daarom het hy by twee geleenthede met keiser Wilhelm II oor ʼn eie Joodse vaderland gaan praat. Die keiser was egter nie vir die vestiging van ʼn Joodse vaderland in Palestina te vinde nie.
Duitsland wou al te duidelik die HRR laat herleef en het gejuig toe die keiser Jerusalem in 1898 binnery. Die gesagslyne was toe alreeds skerp getrek; die pous was die geestelike- en die keiser die staatkundige leier. Jerusalem het dus al ʼn voorsmaak van die HRR gehad.
2.3 Niks het verander nie
Behalwe dat die huidige pous ʼn toegewyde Duitser is, het niks intussen verander nie. Duitsland was altyd die middelpunt van die droom van ʼn herlewing van die HRR. Duitse vorste het hulle altyd as die beskermers van Europa beskou. Let op die huidige situasie - Benediktus XVI het meer belang by Jerusalem as enigeen van sy voorgangers. Die Vatikaan wil die Tempelberg ten alle koste hê. En daarvoor moet die Jode uit Jerusalem verdryf word!
3. ‘n Bose besluit
VN-Besluit 181 wat tydens ʼn sitting van die VVO in 1947 geneem is, was die bloudruk vir die regering van die Antichris. Dit het oor die lot van Jerusalem gegaan wat tydens hierdie sitting tot ʼn internasionale stad verklaar is. Hierdie besluit het die deure vir vyandelike besitname oopgemaak met die Vatikaan as die dryfkrag agter die skerms.
Pous Johannes Paulus II was later een van die vurigste voorstanders vir die verdeling van Israel wat op die vernietiging van die Joodse vaderland sou neerkom. By geleentheid het hy selfs vir Yasser Arafat op die Tempelberg ontmoet. Hy was soos die dier waarvan Openb.13:11 melding maak wat soos ʼn lam lyk, maar soos ʼn draak praat!
Europa word toenemend aangemoedig om haar heil onder die Roomse kruis te vind. Islam is enersyds te gevaarlik en sekularisme andersyds te veel van ʼn doodloopstraat. Dis natuurlik alles deel van Rome se meesterplan (Grand Design) vir die finale gestaltegewing van die HRR.
Daarvolgens moet Jerusalem nooit vry wees nie, maar vol vreemdelinge en beperkings. Die inwoners moet nòg Jode nòg Arabiere wees sodat dit aan ʼn wêreldmaghebber onderdanig kan wees (Openb.13:8; 17:12). Daarom is Benediktus XVI hard besig om die Duits oorheerste EU te beweeg om die hart uit Israel te ruk en aan die Vatikaan te oorhandig.
Die Roomse Kerk droom van die finale HRR met Jerusalem as kroon en die Derde Tempel as kroonjuweel. Die Palestyne se opstandigheid teen die Jode laat die haar lus vir ʼn laaste kruistog baie sterk ontbrand!
Namate VN-Besluit 181 in die naam van wêreldvrede deurgevoer word, trek die strop al stywer om die nek van Israel. Jode word as’t ware soos skape na die slagpale gelei, bedwelm deur die leuen dat vrede slegs langs internasionale weë gevind kan word.
4. Skokkende onthullings
4.1 Joel Bainerman
Die waarheid is dikwels vreemder as verdigsel. Ongelukkig sien die meeste mense die kultiese trekkragte, Sataniese dryfvere en bose sleutelspelers wat van Jerusalem besit wil neem nie raak nie.
Joel Bainerman is ʼn Joodse verslaggewer wat Rome se sameswering om Israel aan die Vatikaan te onderwerp, gereeld aan die kaak stel. Hy skryf dat die Oslo-verdrag (1993) doelbewus ontwerp is om Israel te vernietig. Die Jode sien dit net nie raak nie.
Bainerman skryf dat die internasionale vredesprosesse niks anders as ʼn Vatikaanse rookskerm is om Israel vir die Roomse Kerk te bekom nie. Hy wys op die Roomse Kerk se Babiloniese herkoms en die ongelooflike misleidingskrag wat sy in die naam van verborgenheid voer. Sy doen haarself as Christelik voor, maar is in werklikheid boos!
4.2 Barry Chamish
In sy boek Traitors and Carpetbaggers in the Promised Land lê Barry Chamish, ʼn gesaghebbende Joodse navorsingskrywer, baie klem op die Vatikaan se plan om die Tempelberg te bekom. Hy waarsku mense dat dit Rome se laaste kruistog is en dat miljoene mense deur haar charisma mislei word.
Hy skryf dat Yitzhak Rabin vermoor is toe hy die internasionale komplot teen Israel ontdek het. Hy beskuldig Shimon Peres daarvan dat hy met Europese magte teen Rabin saamgespan het om hul bose agenda te bevorder. Waarom is Rabin se sluipmoordenaars nooit aangekeer of Chamish vir naamskending gedagvaar nie? Dan moet dit mos waar wees!
5. Padkaart na die dood
Die Islamiete se ontwrigting van wêreldvrede neem tans soveel mense se aandag in beslag, dat die grootste bedreiging van alle tye nie bemerk word nie nl. die opkoms van ʼn Duits-georkestreerde Europese Unie (EU). Die prysgawe van Jerusalem is ʼn uitgemaakte saak. Israel het met die ondertekening van die Oslo-verdrag (1993) self daartoe ingestem. Dis ʼn padkaart na die dood!
Hierdie verdrag het die aandag van die wêreld opnuut op Jerusalem gevestig. Twee magte is tans besig om vir haar siel mee te ding. Op die ou einde gaan Jerusalem met behulp van vredesmakers sonder slag of stoot in die hande van ʼn derde mag beland.
In internasionale kringe draai alles vandag om die as van vrede. Die mensdom is sat vir oorlog en geweld en sal enigiets steun wat vrede kan bring. Daarom gaan die EU soos die spreekwoordelike ridder op die wit perd tot Israel se redding kom. Die Jode gaan al haar leuens van vrede en veiligheid glo!
Die EU se vredesbemiddelaars gaan vir Israel geen vrede bring nie, maar haar aan die Vatikaan vasketting. In die verwarring wat daarna onstaan, sal die Jode soos klei in die hande van die Vatikaan wees. Daarna sal Rome met al haar teenstanders begin afreken. Die oorlogsverhoog word alreeds voorberei!
Die Vatikaan is hard besig om hul Imperial Restoration te bevorder. Hierdie bedenklike orde wil miljoene mense laat glo dat die Roomse Kerk die enigste liggaam is wat blywende wêreldvrede kan bring. Pous Benediktus XVI het nie om dowe neute gesê dat hy die hele Europa van die Atlantiese See tot by die Oeralberge wil verenig nie.
Die Vatikaan se besitname van die Tempelberg gaan ʼn nagmerrie wees. Die pous gaan sy onskuldige voorkoms gebruik om die Satansryk in die naam van die Pax Romana (vrede van Rome) te laat herleef. Rome sal nie terugdeins om hierdie mag te bekom nie al moet sy oor die lyke van miljoene teenstanders loop!
6. Die onlangse besoek
Duisende Jode was uiters besorg oor Benediktus XVI se besoek in Mei 2009 aan Israel; veral oor die toegewings wat die Israeli regering aan die Vatikaan gemaak het. Die Vatikaan is al te duidelik besig om ʼn polities-godsdienstige houvas op Israel te verkry.
Pas na die pous se besoek aan Israel het die Sanhedrin ʼn dringende waarskuwing aan die regering gerig. Indien hulle enige nasionale, geskiedkundige of godsdienstige Joodse bates aan die Roomse Kerk gaan oordra, sal die Sanhedrin dit ongeldig laat verklaar!
Die ware tempel... vervolg