Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die mens wie se gees in God geanker is, se lewensboot kan enige storm oorleef. En as jou lewenslaste te swaar word, stuur jy dit per gebedspos na Jesus. Hy verwelkom dit.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (2)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
CHARLES DARWIN EN EVOLUSIE
'n Man van Engeland, Charles Darwin, het sowat 150 jaar gelede eerste die teorie van evolusie breedvoerig beskryf. Sy boek "The Origin of Species..." se titel beteken 'Die Oorsprong van Soorte'. Dit is nogal 'n dik boek met 470 bladsye. En terloops, die woord "species" in die titel van Darwin se boek kan ook vertaal word met die Afrikaanse woord "spesies" maar omdat hierdie woord nie so goed bekend is nie gebruik ek die woord 'soorte'.
Kom ons kyk verder na die teorie van evolusie waardeur sommige mense probeer verklaar hoe alles ontstaan het.
DIE WEDERKOMS (6)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Wanneer kom die einde?
Wie is die Antichris?
Hoe gaan ons weet dat die einde van die wereld in sig is? Alhoewel ons nie die dag en datum van die wederkoms ken nie, laat God ons nie onkundig nie, maar gee vir ons sekere duidelike tekens, wat, as dit begin gebeur, ons sal weet dat die tyd baie naby is.
Een hiervan is die verskyning van die Antichris. Wie is dit? Is dit ‘n werklik aanduibare persoon soos die Pous soos wat Martin Luther gemeen het? Of is dit dalk ‘n bose ideologie soos Kommunisme? Die legio van spekulasie-antwoorde op hierdie vraag, is verstommend!
Wie is die Antichris? Kom ons volg die verantwoordelike pad terug na die Skrif! Paulus skryf aan die Thessalonicense en pleit by hulle om nie kop te verloor rakende die wederkoms nie. Daar moet immers ‘n paar dinge plaasvind alvorens die dag aanbreek. Een daarvan is die verskyning van die Antichris.
MELKBOERE BY GROOT KRISIS
Alani Janeke
Pryse wat tans aan melkprodusente betaal word, is nie volhoubaar nie en dit kan lei tot ‘n voorraadprobleem aanstaande jaar, sê die Melkprodusente-organisasie (MPO).
Die organisasie sê die pryse wat tans aan boere betaal word, verminder stelselmatig hul vermoë om volhoubaar te kan boer. Produsentepryse is vanjaar gemiddeld 10% laer as in 2009, en 5% laer as verlede jaar.
Daarenteen het produksiekoste die afgelope jaar skerp gestyg. Mielie- en sojapryse het onderskeidelik met 80% en 26% gestyg, en die melk-voerverhouding is op sy laagste vlak sedert die begin van verlede jaar.
Die pryse van kunsmis het sedert September verlede jaar met tussen 23% en 38% gestyg, terwyl diesel gemiddeld 26% duurder is. Boere betaal nou ook tot 73% meer vir elektrisiteit as in 2008.
DIESEL STYG ERG DESEMBER
Alani Janeke
Die Departement van Energie kondig Vrydag (2 Desember 2011) die brandstofpryse vir volgende maand aan.
Diesel kan tot 40c per liter duurder wees in Desember, terwyl die petrolprys met 25c per liter kan daal, voorspel mnr. Tony Twine, senior ekonoom van die Econometrix-groep.
Die styging kan grootliks aan die wintermaande in die Noordelike Halfrond en die gevolglike toename in die vraag na brandstowwe toegeskryf word.
Twine sê die internasionale olieprys het, ten spyte van die onluste wat in Egipte en Arabiese lande voorkom, die afgelope 10 dae aansienlik gedaal. “Ons is tans by sowat $106 per vat, en dit is sowat 4,5% laer as waar die prys begin November was.”
SWART BARBARE VERMOOR BLANKE SEUN
Die onderstaande briefie is aan Gelofteland gestuur om die onreg wat teen ons blanke skoolkinders gepleeg word in die ope te stel. Dit is 'n reaksie op die doelbewuste toesmeer van die berig in Beeld oor die hatige en wreedaardige aanranding van swartes op 'n blanke skoolkind. Die berig is ook onder aangeheg. Die seun is intussen oorlede en dit word tans 'n saak van manslag - wat seker weer onder die mat ingevee sal word soos al die duisende moorde deur swart op blank.
Wanneer 'n mens ingelig is en weet wat werklik gebeur het dan besef 'n mens as jy die vae beriggie deur Alet Rademeyer in die Beeld lees dat die waarheid gruwelik verdraai word en mense onder 'n diep valse indruk gebring word deur bloot net sekere feite nie te noem nie.
- 'n Mens sal nooit weet dat daar 'n rassistiese aanval deur 'n oormag van swart kinders op wit kinders (wat ver in die minderheid is in die skool) gepleeg is nie.
- Ook nie dat dit nie die eerste rassistiese aanval op wit kinders in die skool is nie. En dat drie wit seuns aangeval is en twee weggekom het terwyl die tingerige Kevin in die slag gebly het.
- Dat die seun alreeds voorheen so aangeval was by die koshuis dat sy ouers wat ver uit die dorp bly hom uitgehaal het en laat loseer het by mev Anderson wat die snoepie by die skool bestuur.
- Dat Noel Mabusa wat die voorbok was in die aanval beskryf word deur iemand as alreeds so groot soos 'n volwasse man.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (1)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
WAT IS EVOLUSIE?
Toe ek op 'n keer met leerlinge in 'n skool oor evolusie gepraat het, het ek agtergekom dat die meeste van hulle glad nie geweet het wat die woord beteken nie! Ek dink, dat jy wat nou hier lees, waarskynlik die woord ken en dat jy dalk 'n hele paar feite daaroor korrek sou kon neerskrywe. Een ding is seker: dit is in ons tyd baie belangrik om kennis te hê oor presies wat evolusie is. Ek hoop dat hierdie skrywes vir jou daarmee sal help.
Evolusie is in die eerste plek 'n manier waarop mense probeer verduidelik hoe alles ontstaan het. Dit gaan dus oor die oorsprong van alle dinge.
MOEILIK EN TOG MAKLIK
In 'n sekere sin is die vraag wáár alles vandaan kom, baie moeilik. Die rede? Geen mens was teenwoordig toe God alles geskep het nie. Niemand kan dus as ooggetuie vir ons daarvan vertel nie.
DIE WEDERKOMS (5)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Wat sê Jesus oor die wederkoms?
Ons het nou gehoor wat mense en dissipels oor die wederkoms van Christus sê, maar wat sê Hy self oor sy wederkoms? In Matt 24 vra die dissipels ‘n aanduiding oor hoe ver die wederkoms in die toekoms lê. Jesus noem geen datum nie, maar sê dat die tydperk net voor die wederkoms gekenmerk sal word deur onaangename gebeure wat ‘n geweldige impak op die mensdom gaan hê. Dis ook nie net tot een geslag beperk nie, maar sal herhaaldelik oor die hele wêreld voorkom totdat Hy kom. In hierdie tyd sal gelowiges weereens besef dat hulle slegs reisigers op die aarde is.
Jesus waarsku dat sekere mense na vore gaan kom wat daarop aanspraak sal maak dat hulle die beloofde Messias is en baie mense verlei om hulle te volg.
Verder sê Jesus dat sy koms so groot en omvangryk sal wees dat almal oor die wêreld heen dit oombliklik sal sien.
EK SIEN JOU!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (51)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die Transvaalse flank Martin Pelser was een van die gehardste manne wat nog ooit vir die Springbokke gespeel het- selfs die legendariese Colin Meads het nie kans gesien om hom in die lynstane "uit te sorteer" nie. Ten spyte van een blinde oog en net een oog wat kan sien, het Martin steeds die hoogste vlak bereik.
Op die Springboktoer van 1960/61 deur Brittanje en Frankryk het Pelser se reputasie as 'n yster met net een oog hom vooruitgeloop toe die manne op pad Frankryk toe was vir die laaste been van die toer. Een van die Franse stutte, Amadee Domenech, het besluit hy sal 'n plan met Pelser maak om hom in die wedstryd te "neutraliseer" deur hom op sy gesonde oog te slaan.
ELKE SHEIDT
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Die Duitse dogtertjie, Elke Sheidt, en haar gesin het ten tyde van die voorval toe sy haar broertjie gered het, op Otavi in die noorde van Suidwes-Afrika gewoon waar haar vader 'n skrynwerkerswinkel besit het.
Dit was Februarie 1953. Elke Scheidt was vyf jaar, en die oudste van drie kinders. Die tweede oudste, 'n seuntjie met die naam Dieter, was drie jaar oud, en die jongste, klein Rainer, 'n mannetjie van een jaar en vyf maande oud.
Son ongelooflik as wat dit mag klink het die vader en moeder dié betrokke aand iewers heen gegaan en die kinders alleen in die huis agter laat bly. Elke is aangesê om oor haar broertjies toesig hou.
DIE WEDERKOMS (4)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Die Bybel oor die eindtye
Ons is alreeds in die eindtyd
Geen mens weet presies wanneer Christus weer kom nie. 2 Petrus 3 vat vir ons alles wat ons oor die eindtyd moet weet in ‘n neutedop saam. Die eerste ding wat ons moet weet, is dat ons alreeds in die eindtyd is. Moet dus nie vra: Wanneer kom die eindtyd? Ons is alreeds daarin! Dit het met Jesus se eerste koms na die aarde begin. Ons moderne datumgewing bevestig dit wanneer dit die geskiedenis in ‘n vC en ‘n nC periode verdeel - voortyd en eindtyd. Christus is die snypunt van die geskiedenis.
REEDS 20% VAN COLESBERG AFGEBRAND
Agri Noord-Kaap
Sowat 107 000 ha of 20% van die distrik Colesberg se grond het weens brande in die slag gebly.
Mnr. Clem Olivier, voorsitter van die Colesberg-boerevereniging, sê ’n gemiddelde plaas in die omgewing is tussen 3 000 ha en 5 000 ha, en 33 plase is tydens verlede week se verwoestende brande afgebrand.
“Ek het onlangs langs die pad hier gery, en dit is vir kilometers ver swart. Dit het Dinsdag (8 November 2011) 11:00 begin brand, en teen 16:00 die middag het dit 60 kilometer verder reeds gebrand,” vertel Olivier.
Hulp
Olivier staan verstom oor die hulp wat medeboere aan geteisterde boere gebied het. “Dit het begin kort ná die brand uitgebreek het. Ons het sowat 40 bakkies met watertrokke gehad, en sowat ’n uur later het nóg 40 vanuit die streek by ons aangesluit.”
LAMSVLEIS UITGEPRYS UIT MARK
Johan Coetzee
Omdat lamsvleis vandag redelik duur is, koop verbruikers al hoe meer vark-, bees- en hoendervleis, sê mnr. Bruce Opperman van Spar Wes-Kaap.
Opperman het op ’n rooivleisinligtingsdag van die slagplaasgroep Tomi’s by Hermon in die Wes-Kaap gesê die totale omset van die Spar-kleinhandelgroep in Suid-Afrika is R50 miljard. Daarvan is rooivleis sowat 10%.
“Die duidelike groot verloorder is lamsvleis weens die pryse daarvan." Die rooivleisbedryf ondervind taamlike tekorte aan opgeleide mense, soos blokmanne.
Dit kos vandag sowat R300 000 om ’n klein slaghuis aan die gang te kry, maar omdat daar in die algemeen nie goed in die bedryf vir vaardighede betaal word nie, sukkel eienaars dikwels om goeie blokmanne te kry, sê hy.
MALEMA NOU IN NOG GUNSTIGER SITUASIE VIR PRESIDENTSKAP
Kriewelkop
Ons nader in die nuwe jaar 'n baie interessante maar 'besige' politieke speelvak met toonaangewers soos Malema, Zuma en hulle onderskeie ondersteuners. Julias Malema het sy oog op die presidentskap van die ANC en is stelselmatig besig om die ANC-ondersteuners aan sy kant te kry. En waar hy voorheen nog so effens subtiel te werk gegaan het wat sy verhouding met Zuma betref is hy nou ná die bevinding van 'n vyf jaar skorsingstydperk uit die ANC, openlik blatant en uitgesproke in sy stryd met Zuma se leierskap. So het hy nie geskroom om verlede Donderdag aan die pers uit te basuin dat daar nou sonder handskoene geveg gaan word nie. So ook maak hy reeds voorbrand vir die verwydering van Zuma as president van die ANC vroeg volgende jaar. En daar is rede om te glo dat Malema geen metode om Zuma te verwyder ongehoord sal ag nie, solank hy daarin slaag.
Sy uitspraak dat hy nie geskok is oor die skorsing nie verbaas geensins as daar na sy verlede gekyk word waar hy hom in alle geval nie gesteur het aan outoritêre besluite en reëls nie. Daarom kan ons verwag dat hy doodeenvoudig sal voortstoom op sy revolusionêre pad om sy vryheidsideaal van 'n Swart Republiek te verwesenlik. Na alles was die kern van sy agenda naamlik om president van die ANC en Suid-Afrika te word juis die rede vir sy aanvalle op die ANC en Zuma waarmee hy verdeeldheid wou skep en grotendeels daarin geslaag het, en waarvoor hy nou geskors is.
UUR VAN WAARHEID EN CHAOS IS NABY
Daar is sekerlik baie indirekte redes waarom die ANC nie veel langer die land sal ‘regeer’ nie, waarvan Malema ook een is, maar daar was nog altyd twee uitstaande redes waarom hierdie bestel met 'n harde slag tot 'n einde sal kom; 'n onomstootlikheid wat uit ons geskiedenis duidelik blyk:
Eerstens, ‘n eenheidstaat bestaande uit volke (gemeenskappe) wat etnies en andersins grootliks verskil, werk nie. Met verwysing na die Europese geskiedenis sê dr Verwoerd in 1961:
“Wanneer vreemde nasies … bymekaar saamgepers gebly het in een staat, was dit ‘n ewige kanker totdat die hele liggaam uitmekaar gespat het.”
RENIER BRUMMELKAMP
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Renier Brummelkamp, die oudste van drie seuns, was in Parktown, Pretoria, woonagtig toe daar amper 'n groot tragedie plaasgevind het.
Op 'n Sondagaand in September 1950 het Renier so ouers kerktoe gegaan en hulle drie seuntjies tuis laat bly. Renier, toe elf jaar oud, is aangesê om sy broertjies in die bed te sit en hulle goed op te pas. Hy was besig om die tweetjies se nagklere aan te trek toe daar buite 'n harde geraas plaasvind.
Gerhard, die jonger seuntjie, klim toe op die vensterbank om te sien wat buite aan die gang is maar raak per ongeluk aan die bedlig se skakelaar wat al oud en verweer was.
DIE WEDERKOMS (3)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by WEDERKOMS VAN CHRISTUS
God praat nie in enkele sinne nie
As ons wil verstaan wat God vir ons in die Bybel sê, moet ons eerstens weet dat Hy nie in enkel sinne met ‘n mens praat nie. Ons praat dan nie eens in enkel sinne met mekaar nie! God praat altyd in paragrawe, hoofstukke, boeke en selfs groter gehele soos die OT en NT. Hy praat ook nie kort nie, maar lank sodat ons maar goed moet luister na wat Hy sê - veral oor die eindtyd.
Die verkeerdste ding om te doen, is om ‘n teks uit sy verband aan te haal en ‘n sekere betekenis daaraan te koppel wat jou standpunt moet ondersteun. Neem Mark 16:16 as voorbeeld waar daar staan: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word”. Hierdie teks word deur die voorstanders van die grootdoop uit sy verband aangehaal om die kinderdoop as verkeerd te bewys. Indien dit egter in sy verband gelees word, sien ‘n mens wat dit werklik bedoel.
JOHANNA REYNEKE
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
In 1947 was Johanna Reyneke ongeveer twaalf jaar oud. Die voorval waarin sy haar kleinboetie Gertjie gered het, het op Paul Roux in die Vrystaat plaasgevind.
Klein Gertjie het by die bure se kinders gespeel. Hy was so twee jaar oud. Soos verwag moes word het die swart oppassertjie het nie juis aandag gegee aan sy opdrag om klein Gertjie op te pas nie en gemaklik weggestap om ander dinge te gaan doen. Gertjie het baie lekker by sy maatjies gespeel maar toe na 'n oop watersloot wat die huise se vuil water wegvoer, gegaan. Niemand kon seker wees presies hoe dit gebeur het nie maar klein Gertjie het in die sloot wat redelik diep en vol baie vuil water was, beland.
DIE WEDERKOMS (2)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Misleidende boeke
Die gedagte aan ‘n einde van ons wêreld het baie mense so aangegryp, gedagtes laat loop en drome laat droom dat daar deur die eeue talle boeke en artikels oor hierdie onderwerp geskryf is. As ons maar net al die boeke wat die afgelope twee eeue oor die wederkoms geskryf is bymekaar kon maak, sal dit ‘n hele biblioteek kon vul!
Wanneer ek enkele van hierdie boeke onder oë neem, staan ek verstom oor hoe vreemd en verkeerd mense die Bybel gebruik. Baie van die skrywers ontspoor geheel en al en leer dinge wat die Bybel beslis nie sê nie! In werklikheid gebruik hulle nie die Bybel nie, maar misbruik dit. Hulle laat die Bybel nie spreek nie, maar eerder buikspreek. Die Bybel word ‘n tipe van kapstok waaraan hulle hul eie fantasieë hang.
Neem maar net die Amerikaner Hal Lindsay wat met sy boek The late great planet Earth groot bekendheid verwerf het.
DIE WEDERKOMS (1)
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Die aarde sal nie vir ewig bestaan nie
In Gal.4:4 lees ons dat God sy Seun in die volheid van die tyd na die aarde gestuur het. Wat beteken dit? Dat die tyd toe reg was. Jesus kom op God se bepaalde tyd na die aarde om sondaars te red. Hier vertoef Hy 33 jaar waarna Hy na die hemel toe opvaar.
Die vraag is: Gaan ons Hom weer sien? Ja, ons gaan! God belowe in sy Woord dat Jesus nie net eenmaal na die aarde gekom het nie, maar vir ‘n tweede en finale keer gaan kom. Luister wat sê die twee engele vir die dissiples na afloop van die hemelvaart in Hand.1:11: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het”.
Wat ‘n wonderlike belofte en vooruitsig is dit nie vir ons nie! Jesus het nie net eenmaal na die aarde gekom nie, maar kom weer. Maar wanneer?
GEMENGDE GEVOELENS OOR MALEMA- SAAK
TLU SA MEDIAVERKLARING
TLU SA is enersyds verheug oor die uitkoms van die ANC se dissiplinêre aksie teen sy jeugleier Julius Malema. “Ons bly egter hoopvol om te sien of die ANC bereid sal wees om selfs verder te gaan en homself van ander omstrede Malema-uitlatings te distansieer,” sê TLU SA se president, mnr. Louis Meintjes. “Aan die ander kant is ons ontevrede oor die feit dat Malema onskuldig bevind is op klagtes van rassisme, terwyl nie minder nie as drie hofuitsprake in wese Malema van rassisme beskuldig het, en waar die Gelykheidshof selfs sy liedjie “Skiet die Boer” tot haatspraak verklaar het, wat die uiterste vorm van rassisme is.