Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus het deur middel van gelykenisse vir die mense verduidelik waaroor die koninkryk van God – waaroor Hy so dikwels gepraat het – eintlik gaan. Maar almal wat Hom gehoor het, kon Hom nie verstaan nie. Jesus verduidelik dan ook die gelykenisse aan sy dissipels sodat húlle werklik beter kan verstaan wat Hy bedoel. Jesus se navolgers is dus bevoorreg om hul kennis en insig oor die koninkryk van God eerstehands te kan vermeerder – diegene wat reeds begrip het, sal nog meer kry.
BLAAS DAAI FLUITJIE MAN!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (46)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Daardie gehate spesie in rugby, die skeidsregters, moes dit ook baie keer ontgeld as oubaas Mark naby was. Hy kon sy 'weersin' in skeidsregters gewoonlik moeilik verbloem.
Een Saterdag was 'n klubwedstryd aan die gang toe die oubaas met kiere en al op die veld gaan en vir die skeidsregter gaan vra: 'Sê my, wat doen jy as 'n speler onkant gaan?"
Heel verbaas antwoord die blaser: "Ek blaas die fluitjie."
Hierop skop oubaas Mark die arme man onder die sitvlak en skel: "Nou waarom doen jy dit nie!?"
OUERS VIR CHRISTUS (3)
Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Die voorbeeld wat gestel word
Ons het al gesien hoe belangrik liefde asook die regte voorbeeld in die ouerhuis is.
Na-apers
As ons ‘n eerlike voorbeeld stel, sal ons kinders eerlik wees. As ons hulle met liefde omvou, sal hulle liefdevol wees. As ons geduldig met hulle is, sal hulle ook met ander mense geduldig wees. As ons die lewe met ‘n lag tegemoetgaan, sal hulle ook ‘n sin vir humor hê. Entoesiastiese ouers kweek entoesiastiese kinders.
Kinders luister miskien nie altyd so goed na hulle ouers nie. Maar weet jy wat doen hulle baie goed? Hulle boots hulle baie goed na! Kinders is gebore na-apers.
TUSSEN DIE BLOUHAAK
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Dis winter. Dit sien mens ook aan die veld hier tussen die blouhaakbome, want die fyngras wat tussen die doringagtige stamme opgeskiet het, is vaal verkleur en leweloos. Tog is die omgewing ruig en só bly dit deur die jaar heen, want die geniepsigheid van die blouhaakdorings verhoed dat die veld deur die vee kaal gewei word. Moontlik is dit die rede waarom Rooibel, die kranige fisantmannetjie, 'n geruime tyd reeds die blouhaakveld as verblyfplek vir hom en sy gevolg gekies het. Dit bied die beste skuilplek aan.
Die son is pas op. Trots op sy status as leier van sy trop, troon Rooibel bo-op 'n miershoop aan die kant van die blouhaakbos.
NOG 'N DEPARTEMENT VOU ONDER ANC
Strukturele probleme in die Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP, 'n instelling van die Departement van Landbou, Visserye en Bosbou)) kon tot die agteruitgang van sy geldstate gelei het, word daar deur die kantoor van die OG vertel. Ons wonder wat is daardie strukturele probleme se name en adresse...
Daar is sowat R1,9 miljoen se inventaris wat nog nie voltooi is nie en die ouditeure kon nie die geskikte toetsing toepas om te bepaal of die syfer reg is nie. Die OBP hou ook nie voldoende rekord of toesig oor sy eiendom en toerusting nie.
WAAR'S DAAI BAL!!?
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (45)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een aand gedurende 'n spanpraatjie van dr Danie Craven in Durban tydens die Toyota-klubkampioenskappe het Rob Louw die ongehoorde ding oorgekom om aan die slaap te raak terwyl Dok iets verduidelik het. Rob, wat langs dok Craven gesit het, was slegs reserwe vir die volgende dag se wedstryd en nie juis gemotiveerd nie. Dit was warm en bedompig en hy het gedroom oor sy ander voorliefde, branderplankry.
Rob het reeds ingesluimer toe Dok na aanleiding van 'n sekere punt aan een van die Matiespelers, Henry Muller, vra: "Waar is die bal?"
OP DIE STINKGRAS- BULTJIE
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
"Ta-waaak! Ta-waaak!" klink sy harde geroep oor die vlakte deur die môrestilte. Die enkele groot brosdorings steek nog swart en donker af teen die stadig verhelderende grasveld. "Ta-waaak! Krak, krak!" Die ou korhaan is besig om die slapende graslewe uit die môreskemer se rustige sluimering te wek. Hoog bo-op 'n rooi miershoop troon hy met uitgestrekte nek en stuur sy welbekende geroep oor die graspolle heen. Kort-kort roer die swart, plat koppie heen en weer soos hy luister hoe die vlakte- en boskinders een vir een vir 'n nuwe dag ontwaak. Bosduiwe begin oral 'n lokkende geroep aanhef. 'n Paar tinktinkies en wipstertjies vind ook skielik uit dat hulle vanmôre te laat is om die rooidag te sien breek en stuur 'n skreeuende lawaai die lug in vanuit 'n nabystaande wag-'n-bietjie-bos.
OUERS VIR CHRISTUS (2)
Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
"Die dinge wat egte geluk bring, is juis dinge wat nie met geld gekoop kan word nie. Ons kan nie almal ryk wees nie, maar, dank die Here, ons kan almal gelukkig wees. Waaruit bestaan ware geluk dan? Uit regte verhoudings."
Vandag se kinders word dikwels daarvan beskuldig dat hulle swak menseverhoudings het. Is dit waar?
Dis dikwels waar! Maar hoe
Daar is ongelukkig by baie ouers ‘n wanbegrip oor wat ouerskap beteken. Baie meen dat ouerskap beteken om kinders te hê. Nee, dis net so onsinnig as om te glo dat jy ‘n pianis is indien jy ‘n klavier besit.
DIE STRYD OM DIE TROON (13 - SLOT)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
DIE LAASTE KONING VAN DIE JODE
Maar hulle het Hom gekruisig en verwerp
Dit is die jaar 7 vC. Die jongmeisie by die put buk om haar gevulde waterkruik op haar skouers te lig. Toe sy opkyk, skyn daar meteens ‘n sagte lig om haar en sy sien met skrik die engel wat voor haar staan, maar toe hy met haar praat, was daar gerusstelling in sy stem: “Moenie bang wees nie, Maria. Ek kom om vir jou te sê dat God jou begenadig en bevoorreg het bo alle vroue op aarde. Jy gaan swanger word en ‘n seun in die wêreld bring. Jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal aan Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. Hy sal as Koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”
Maria het vol verwondering en biddend die vervulling van die profesie beleef en toe Jesus in die Dawidstad Betlehem gebore is, het sy Hom teer versorg en in die krip neergelê.
OUERS VIR CHRISTUS (1)
Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
"'Ek pleit dat julle so sal leef dat as julle miskien eendag by die graf van een van julle kinders moet staan, daar nie ‘n stem uit die graf sal kom wat sal sê: Pa, jou nalatigheid was my ondergang of: Ma, jou biddeloosheid was die rede vir my verdoemenis nie’ "
Inleiding
Ons leef in ‘n wêreld met baie probleme. Die meeste daarvan is verhoudingsprobleme. Verhoudingsprobleme ontstaan wanneer mense verkeerd teenoor mekaar optree. Die grootste verhoudingsprobleem waarmee ons vandag te kampe het, is ons verbrokkelende gesinslewe. Ons volk se gesinslewe is besig om uitmekaar te val! Ek praat nie van familietwiste en egskeidings nie, maar van die verwaarlosing van ons kinderopvoeding. As ‘n volk se gesinslewe agteruitgaan, gee sy ruggraat in.
DIE STRYD OM DIE TROON (12)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
EK SAL JULLE LAND WEER GENEES
Die terugkeer uit die Babiloniese ballingskap
My naam is Serubbabel. Ek is ‘n nakomeling van koning Dawid. My oupa was koning Jojagin van Juda, wat in 597 vC deur Nebukadnesar onttroon en na Babel weggevoer is. Ek is daar in die vreemde gebore en getoë en het dit beleef om te sien hoe Babel in 539 vC tot ‘n val kom en deur die Persiese koning Kores, of Cyrus, verower word.
Hierdie goeie vors was ons Judese ballinge in die omgewing van Babel en ander dele van sy ryk, goedgesind. Hy het ‘n dikreet uitgevaardig wat aan elke Judeër in sy groot ryk toestemmng verleen het om na Jerusalem en Juda terug te keer, met die opdrag om ons verwoeste land en hoofstad weer te gaan opbou. Sy spesiale opdrag aan die terugkerendes was om in Jerusalem ‘n tempel vir die Here te gaan bou.
MAN VAN TWAALF AMBAGTE EN DERTIEN GEURE
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Abraham H de Vries
Hulle is versprei oor ons land. Daar is die grotes en daar is die kleintjies, daar is dié waar die man alleen agter die toonbank staan en daar is dié waar hy en sy vrou Saterdagagtermiddae meel en suiker en mieliegrys en gebreekte ertjies uitweeg. Hulle is versprei oor ons land, en hulle verskil van plek tot plek. Bind my oë toe en hou 'n laventellappie voor my neus en ry met my ses dagreise ver – as jy my aflaai en ek voel oor die negosie met my kantoorhandjies, en jy vat net die laventellappie weg dat ek die lampolie en die stukkende botteljie hêrmesdrip kan ruik, dan sal ek jou vertel waar ek staan; en as jy my verder aan die hakskene kielie, gaan ek jou ook nog sê by wie se plaaswinkel in die wye Karoo ek staan!
Want boetie stadsjapie, jy wat jou naweek se eetgoed by die Supermark loop koop, met jou oë teen die naaste geboue, jy moet nog iets leer; jy moet nog aan jou neusgate leer besluit wat jy wil koop.
OORTJIES
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
'n Triestige motreëntjie sif sag oor die bome heen en laat die haak-en-steekboompies dof en vaal in die ligte druppelgordyn vertoon. Dis reeds laat in die môre, maar die wolke bedek die son en die wind sny koud oor die veld.
Tussen die haak-en-steek, onder 'n groot stinkgraspol, sit Oortjies die hasie en lek besorg die druppeltjies van haar vaal-grys pootjies af. So 'n dag verdra sy nie.
Dis nie eens meer winter nie en voel tog hoe koud waai die wind deur die gleufies teen haar aan. Kort-kort skud sy 'n paar druppels van haar af, wat bo in die haak-en-steek aan die blaarpunte soos veelkleurige diamantjies gehang het. Dit laat haar kouerig inmekaar krimp en besorg deur die opening van die bome heen loer.
WAT MAAK JY IN MY KLAS!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dis warm, die kinders is traag, en hul onderwyser raak ongeduldig. Hy wys na een van die figure wat agter in die klaskamer woel en sê: "Jy daar, wanneer het die beleg van Mafikeng begin?" 'n Onseker stem antwoord terug: "Die gelag van wat?"
Dit maak die onderwyser goed kwaad. "En wat het jy nou eintlik gister gedoen?" Die stem antwoord weer: "Televisie gekyk." Dis die finale strooi vir die onderwyser. "En wat maak jy dan nou in my klaskamer?" Na 'n lang stilte antwoord die stem weer skrikkerig: "Ek gaan die bedrading na, ek werk vir Eskom."
7 OKTOBER 1854: GENL CR DE WET
KULTUURDAGBOEK 7 OKTOBER
Gebore op hierdie dag in dieselfde jaar as die totstandkoming van die Vrystaatse Republiek op die plaas Leeuwkop, distrik Smithfield, sou Christiaan Rudolf de Wet as sesde van veertien kinders heel weining skoolonderrig ontvang. Toe sy moeder hom op 14jarige leeftyd ontval, moes hy vir sy vader op die plaas Nieuwjaarsfontein, digby Dewetsdorp, gaan help boer.
Op 19jarige ouderdom is hy met Cornelia Kruger, 'n karaktervaste dogter, getroud en uit hierdie huwelik is sestien kinders gebore van wie Kotie, Izak, Piet en Danie die bekendstes was.
'n Tyd lank lê Christiaan hom toe op transportry in Griekwaland-Wes, en hy vestig hom uiteindelik in Transvaal, in die distrik Heidelberg.
DIE AARDE HET GEBEWE! (4)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit in 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
Toe die aardbewing ons gebied getref het, het die vallende rotsblokke ons waterpype, uit die dam in die berg, op verskillende plekke gebreek. As die sluise nie gou toegedraai sou word nie sou die dorp se watervoorraad alles uitloop. Vier mans met moed van staal het gelukkig besluit om hierdie moeilike tog aan te pak en te midde van gevaarlike, rollende rotse, het hulle tot by die dam geklim en ons watervoorraad gered. Hulle was mnre M Steenkamp, I Bothma, C Theron en 'n besoeker van elders, mnr Piet van der Walt.
Een van die mans het daarna vertel dat hy in sy ganse lewe nog nooit so gebid het nie. Hy het vertel dat die vallende rotse soos vuurpyle getrek het, met 'n vlammestreep agterna. Die mense van Ceres sal hierdie helde altyd onthou en dankbeer wees teenoor hulle. Dit is wonderlik om sulke manne van durf en daad in ons gemeenskap te kon hê – manne wat ten spyte van lewensgevaar vir niks sal stuit om te red wat kosbaar en onontbeerlik vir die voortbestaan van hul medemense is nie. Dis naastediens in sy hoogste vorm.
RATTE SKOTVRY, ANC-POLISIE ONWETTIG
STAAT LAAT VAAR STILLETJIES SAAK TEEN RATTE
Sarie Pieterse
Soos destyds duidelik was, het die ANC-regime se polisie vir Willem Ratte en 'n paar ander blanke manne sonder getuienis van die beweerde klagtes gearresteer. Hulle is op 1 Oktober 2010 deur die polisie in Balmoral oor die besit van onwettige wapens en 'n hele paar ander ongegronde bewerings in hegtenis geneem, aantygings wat nou glad nie bewys kan word nie. Die magsvertoon van die oordadige taakmag van twintig swaar gewapende polisielede wat die ongewapende Ratte in hegtenis gaan neem het was reeds genoegsame bewys van hulle verskuilde agenda om blankes se sogenaamde misdaad aan die groot klok te hang en sodoende hulle eie misdade te probeer verberg - toe het elke Naspersmedium 'n bohaai daarvan gemaak.
Noudat daar geen getuienis teen Ratte ingebring kan word nie is die staat verplig om die saak teen hom te laat vaar, maar is die saak so deursigtig dat hulle dit nie in die media durf aankondig nie - en die media werk lekker saam deur in al die tale te swyg.
MOORDE IN UHURU-STYL OP BLANKES STYG SKERP
Anita Morkel
Die volksuitmoording van blankes het die afgelope tyd weer ’n skerp styging getoon te midde van die ANC en sy jeugliga se vaste voorneme om te appelleer teen die hofuitspraak dat “skiet die Boere” haatspraak is. Die hof het ook die sing daarvan verbied.
Die dagbladpers word toemend deur die publiek daarvan beskuldig dat hulle nie korrek berig oor hierdie volksuitmoording nie, dit afwater en ook onder die mat probeer invee. Enersyds is daar woede aan die opbou oor die media se versuim en andersyds oor die feit dat daar hoegenaamd niks oor die volksuitmoording gedoen word nie, óók en veral vanuit regeringskant nie.
Die media het wél berig oor die volgende mense wat vermoor is en ‘n ouerige dame wat ‘n wreedaardige aanval oorleef het. Die feite wat vervolgens gebruik is, is egter in verskeie bronne nagegaan:
TATOEËER OF NIE?
Ds Andrè vd Berg
Tatoeëring is geen moderne gier nie. Heidene het in Assirië, Egipte en Babilon ink onder die vel van slawe ingewerk om eienaarskap aan te dui. Soos ‘n brandmerk. Afgodedienaars het hul graag laat tatoeëer om daarmee aan te dui dat hulle aan ‘n sekere afgod behoort het. Slawe van die Satan! So het elke afgod sy eie merktekens gehad.
Israel het tatoeëermerke as toewydingstekens aan afgode verafsku. Dit het wel in tye van afvalligheid aan God voorgekom. Openb.13 meld dat afvallige mense die merk van die dier sal ontvang - slawe van die laaste afgod.
Duisende mense, veral sportlui, laat hulle deesdae tatoeëer. Selfs jongmeisies. Wat sê die Bybel daarvan? “ Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here”. (Lev.19:28). Die antwoord is baie duidelik - jy mag nie!
DIE STRYD OM DIE TROON (11)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Stryd om die Troon
JUDA SE SWANESANG
Die Galdeërs verower en verwoes Jerusalem
Nadat Salmaneser en Sargon die inwoners van Samaria en omstreke na Ninevé weggevoer het, het die tyd van Juda se grootste nood ook weldra aangebreek. Gedurende hierdie dae het die Here vir my, Jesaja gebruik om sy boodskap aan die volk te bring en die goeie koning Hiskia te bemoedig om sterk te staan teen die aanslae van die Assiriese vyand.
Ons het geweet Sanherib is op pad Jerusalem toe, nadat hy met die Fenisiese kus langs getrek het en die koning van Tirus onttroon, Askelon en Ekron tot oorgawe gedwing en sy hoofkwartier by Lakis ingerig het.
SONDAG OF SABBAT?
Ds. Andrè van den Berg
"Die doel van ‘n nuwe wet is immers om iets beter in die plek van ‘n ou wet te stel. Daarom durf geen Christen die Joodse sabbat onderhou nie. Dit skreeu teen die genade!... Daar is hoegenaamd geen aanduiding van ‘n pous wat die sabbat na die Sondag verander het nie. Nog minder dat die hou van eredienste op Sondae ‘n Roomse bevel was. Gelowiges het lank voor die ontstaan van die RK reeds op Sondae byeengekom."
Inleiding
Lidmate wat deur die leer van die Sewendedagadventiste (hierna Adventiste genoem) beïnvloed word, bevraagteken al hoe meer die heiliging van die Sondag as Christelike rusdag. Die Adventiste dring op ‘n herstel van die Ou Testamentiese sabbat aan en glo dat Christus nie na die aarde sal terugkeer alvorens dit herstel is nie. Hulle beskou die huldiging van die Sondag as ‘n heidense verering van die son wat by keiser Konstantyn, ‘n sonaanbidder, begin het. Hulle stigter, Ellen G White, dig die instelling van die Sondag as heilige rusdag in die kerk aan ‘n Roomse pous toe.