NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Here het dit so beskik dat ons sy Woord het, daardie Handboek waarin nie net alles opgeteken is wat ons nodig het vir ons saligheid nie, maar ook elke enkele reël wat ons nodig het om hier op aarde 'n 'suksesvolle' lewe te lei – of ons nou 'n sake-onderneming wil begin, of ons kinders reg wil opvoed, of enige ander saak, ALLE VOORSKRIFTE is in sy Woord beskikbaar.

DIE STRYD OM DIE TROON (12)

Dr JP Botha

Lees reeks by Die Stryd om die Troon

EK SAL JULLE LAND WEER GENEES

Die terugkeer uit die Babiloniese ballingskap

My naam is Serubbabel.  Ek is ‘n nakomeling van koning Dawid.  My oupa was koning Jojagin van Juda, wat in 597 vC deur Nebukadnesar onttroon en na Babel weggevoer is.  Ek is daar in die vreemde gebore en getoë en het dit beleef om te sien hoe Babel in 539 vC  tot ‘n val kom en deur die Persiese koning Kores, of Cyrus, verower word.

Hierdie goeie vors was ons Judese ballinge in die omgewing van Babel en ander dele van sy ryk, goedgesind.  Hy het ‘n dikreet uitgevaardig wat aan elke Judeër in sy groot ryk toestemmng verleen het om na Jerusalem en Juda terug te keer, met die opdrag om ons verwoeste land en hoofstad weer te gaan opbou. Sy spesiale opdrag aan die terugkerendes was om in Jerusalem ‘n tempel vir die Here te gaan bou.

Met hierdie maatreëls wou koning Kores rus, vrede en bestendigheid in sy groor ryk bewerkstellig.  Die Here het hom as instrument gebruik om die belofte uit te voer wat Hy deur Jeremia gemaak het, dat die ballingskap na 70 jaar beëindig sou word.

Koning Kores het ons wat graag wou gaan, ruim voorsien van die stoflike middele wat nodig was, soos goud en silwer, gebruiksgoedere, vee en ander kosbaarhede.  Die mense wat nie kans gesien het om te gaan nie en maar daar wou bly, het ook ruim bygedra.  Koning Kores het al die artikels wat Nebukadnesar in Jerusalem uit die tempel gevat het, laat haal en aan Sesbassar, wat die leier van ons groep was, oorhandig om saam te neem.  Ek, Serubbabel, is aangestel as goewerneur vir Jerusalem.

Uiteindelik was ons gereed om te gaan.  Daar was 42 360 mense, met 7 337 slawe.  Daar was ook 200 sangers.  Die mense het 736 perde, 245 muile, 435 kamele en 6 720 donkies gehad.

Met hierdie groot gemeente het ons die moeilike en stadige reis aangepak wat vier maande geduur het en uiteindelik in Jerusalem aangekom.  Een van die eerste dinge wat ons gedoen het, was om weer die gereelde offers te bring by die plek waar vroeër die tempel was.  Ons het weer die altaar vir die offers gebou en die byeenkomste gehou wat in die wet voorgeskryf is, want ons het met groot dankbaarheid besef dat die Here besig was om ons weer in ons land te vestig en dat ons Hom met toewyding moet dien.  Daarom was ons tweede taak om die fondament van die tempel weer reg te kry.  Toe die hoekstene weer op hulle plek en die fondament herstel was, het ons ‘n byeenkoms met gesange en gebede gehou, soos Dawid dit voorgeskryf het.  Die priesters en die hele volk was daar en daar het groot vreugde in almal se harte geheers.

Toe het ons onder my leiding begin om die tempel te bou.  Sesbassar en Jesua, die hoof van die priesters, het saam met my die volk aangemoedig om elkeen sy deel te doen.

Daar was mense wat noord van ons in die verowerde stad Samaria gewoon het, wat gehoor het dat ons besig was om die tempel te herbou.  Hulle het kom vra of hulle maar saam met ons kan bou, want hulle vereer die selfde God as ons.  Dit was onwaar en ons het hulle weggestuur.  Daarna het hiierdie Samaritane vyandiggesind teenoor ons geword en een na die ander poging aangewend om ons te verhinder om Jerusalem weer te herbou.

Hulle het in die naam van die Persiese goewerneur van die Wes-Eufraat en sy amptenare wat in Samaria gewoon het, aan die Persiese koning geskrywe dat ons besig was om ‘n rebelse stad op te bou, tot groot nadeel van die Persiese ryk, waarna hy ons bouery stopgesit het.  Ons het moedeloos die werk gestaak en die volk het magteloos elkeen sy gang gegaan en belangstelling verloor in die groot werk wat ons met soveel geesdrif aangepak het.

Maar die Here het op die tyd wat Hy bepaal het, weer die werk aan die oprigting van sy huis laat voortgaan.  Hy het in hierdie tyd twee profete, Haggai en Sagaria geroep om met die volk te praat en te besiel om die bouwerk weer te hervat, nadat dit sestien jaar lank stilgelê het.  Goewerneur Tattenai van die Wes-Eufraat wou van ons weet van wie ons opdrag ontvang het om die tempel te bou.  Ons het vir hom van koning Kores se dikreet vertel.  Nadat hy vasgestel het dat ons die waarheid praat, het koning Darius beveel dat Tattenai en sy ander ampsgenote van ons af moet wegbly en dat hulle ons met al die nodige hulpmiddele en geld moet voorsien om die werk te kan voltooi.

Vyf jaar later het ons die inwyding van die tempel met vreugde gevier.  Dit was in die jaar 516 vC.  ‘n Maand daarna het ons ook weer die  Paasfees gevier.  Daarmee het ons die Here gedank dat Hy ons uit die slawerny van ballingskap verlos het, soos wat Hy destyds ook ons volk uit hul Egiptiese slawerny gelei het.

oOo

Ek is Esra die skrifgeleerde.  My voorouers wat in die jaar  586 vC as ballinge na Babel weggevoer is, was uit die priesterlike geslag van Aäron.  Sommige van ons het nie in die jaar 538 vC saam met Sesbassar en Serubbabel na Jerusalem teruggekeer nie.  Ons het in die jare wat daarop gevolg het, in die groot Persiese ryk versprei geraak.

Ek het die wet van Moses, wat in ons dae alreeds geskryf was, bestudeer en geken.  Ek het ons mense hier in die vreemde aangemoedig om volgens die wet van God te leef.  Ek het dikwels gesprek gevoer met koning Artasasta oor die geskiedenis van my volk.  Hy het geweet dat sy voorvader, koning Cyrus of Kores II die Grote tagtig jaar vantevore aan duisende van my volksgenote amnestie verleen het om na Juda en Jerusalem terug te keer en dat hulle die tempel van die Here weer herbou het.

Kores was destyds ‘n instrument in die hand van die Here om ‘n deel van ons volk na ons land terug te bring en nou was Hy weer besig om vir Artasasta te gebruik.  Dit was vir die Persiese koninkryk belangrik dat ons Jode goed behandel moes word, sodat ons nie weer in Egiptiese hande beland nie.

Koning Artaxerxes en sy sewe raadslede het besluit om my na Juda en Jerusalem te stuur om te kyk hoe sake daar staan.  Hulle het aan my baie geld gegee om daar te gebruik.  Ek kon nog meer in die ryk kollekteer en uit die skatkis van Wes-Eufraat nog meer geld en ander voorrade soos koring, wyn, olie en sout verkry.  Aan my is opgedra om van die geld te gebruik om die offers by die tempel te organiseer.  Ek moes ondersoek instel na die onderhouding en uitvoering van die wet van God.  Ek moes ook die toepassing en nakoming van die wet in die gemeenskap reël.  Ek het selfs magtiging ontvang om regters aan te stel, om oortreders swaar te straf.

Ek het die Here gedank dat Hy die koning laat besluit het om die tempel in Jerusalem so goed toe te rus.  Artasasta het selfs bepaal dat die priesters, Leviete, tempelsangers, poortwagte, tempelslawe en almal wat in die tempel werk, vrygestel word van enige belasting aan die staat.

Ek het toe almal wat saam met my wou trek, by die rivier Ahawa laat bymekaar kom.  Daar was genoeg priesters onder hulle en ek het genoeg Leviete gewerf en aangestel, asook ‘n aantal tempelslawe om hulle in die tempel van diens te wees.

Daarna het ek ‘n vasdag uitgeroep om te bid dat die Here ons reis voorspoedig en veilig sou maak.  Met al die geld en gawes wat ons ontvang het, het ons toe vertrek.  Die Here het ons op die lang en moeilike reis bewaar, sodat ons na vier maande almal behoue in Jerusalem aangekom het.  Nadat ons gerus het, het ons ons dank teenoor die Here betuig deur vir Hom brandoffers te bring.

Na hierdie geleentheid het die leiers van die volk vir my kom sê dat die eerste teruggekeerde ballinge hulle nie afgesonder het van die nie-Joodse bevolking van die land nie, maar nog lustig meedoen aan hulle afskuwelike gebruike en dat baie van hulle met heidense vroue getroud is.  Ek was geskok en hartseer oor hierdie sonde teen die wet van die Here.  Ek het my voor die Here verootmoedig en begin rou oor hierdie ontrouheid van die volk.  In my smeekgebed om vergiffenis was ek te skaam om my kop op te tel.  Onderwyl ek gebid het, het ‘n groot aantal manne om my kom staan en hulle sonde bely.

Daarna het ek die hele volk bymekaar geroep en vir hulle gesê:  “Julle het met julle vreemde vroue die oortredings van Israel teen God nog meer gemaak.  Skei julle af van die heidennasies en die vreemde vrouens.”  Die volk het dit gedoen.  Ongeveer honderd mense was met vreemde vroue getroud, maar hulle het van die vroue geskei en hulle kinders saam weggestuur.

Daarna het ek by verskillende geleenthede die volk onderrig oor die inhoud van die wet van die Here, hoe om dit te onderhou en daarvolgens te lewe.

oOo

Ek is Nehemia.   Ek is in Persië gebore, maar ek is van Judese afkoms.  My voorouers het negentig jaar gelede in Babel geland, toe die Galdese koning Nebukadnesar hulle as ballinge daarheen weggevoer het.  Die Persiese konings wat vanaf 559 vC begin regeer het, was ons ballinge goedgesind.  Ek het as ‘n amptenaar van die Persiese ryk, aan die koninklike hof beland en ‘n vertrouensverhouding met koning Artasasta opgebou.

Hy, Artaxerxes I Longimanus, was ons Jode goedgesind.  Hy het in die sewende jaar van sy regering  -  dit was in 458 vC  -  vir Esra na Jerusalem gestuur om vir ons mense die wet van God te leer en die tempeldiens weer in te stel.  Maar die heilige stad was nog steeds oop en weerloos teen vyandelike aanvalle, want sy afgebreekte mure was nog nie weer herbou nie.  Ek het berig ontvang dat die ballinge wat teruggekeer het in groot ellende en smaad verkeer, want die muur lê om en die stadspoorte is verbrand.

Ek het gaan sit en treur en vas en bid totdat ek seker was wat ek moes doen.  Ek het opgestaan en na die koning gegaan.  Ek was sy skinker.  Toe ek sy wyn vir hom aangee, vra hy waarom ek so droewig en bedruk lyk.  Ek het hom vertel.  Toe vra ek dat hy my asseblief na Jerusalem moet stuur.  Ek wil so graag die stad weer gaan herbou.

Koning Artasasta het toege- stem en my van briewe voorsien aan die goewer-neurs van Wes-Eufraat, om my veilige deurtog te ver-seker.  Hy het my aangestel as goewerneur van Judea.  Toe ek gereed was om te vertrek, het die koning aan my militêre begeleiding verskaf om my reis te beveilig.  Ek het die Here gedank, want Hy het sy goeie hand oor my gehou en my planne laat slaag.

By my aankoms in Jerusalem het ek die briewe aan die amptenare van Wes-Eufraat oorhandig.  Hulle het nie daarvan gehou nie, want hulle was my vyandiggesind. Dit was Sanballat die Goroniet en Tobia die Ammonitiese amptenaar.  Hulle was leiers van die omringende groepe Samaritane, Ammoniete en Arabiere, wat hulle baasspelery oor ons Judeërs sou verloor indien Jerusalem herbou en versterk word.

Drie dae na my aankoms in Jerusalem, het ek die stukkende muur gaan ondersoek.  Ek het in die nag gegaan om ons vyande nie te laat agterkom waarmee ek besig was nie.  Daarna het ek ‘n volksvergadering gehou en vir hulle vertel hoe die Here sy hand oor my gehou en my planne geseën het deur die koning se toestemming aan my om die stad weer te kom herbou.  Die volk was vuur en vlam en ons het met die werk begin.

Toe Sanballat, Tobija en Gesim die Arabier sien wat ons doen, het hulle ons bespot.  Hulle het probeer om ons werk af te kraak deur dit “belaglik” te noem.  Hulle wou weet of ons teen die koning in opstand wou kom.  Ek het vir hulle gesê ons voer die koning se opdrag, wat God aan hom gegee het, uit.  Ons doen hierdie werk vir ons God in die hemel.  Hier’s nie plek in Jerusalem vir ongelowiges wat die werk van die Here wil dwarsboom nie.

Ek het die Here gedank vir die entoesiasme waarmee die volk die werk aangepak het en daarmee volgehou het.  Werkspanne het ingespring en by veertig plekke, nege poorte en vier torings begin bou.  Almal was aan die werk, ook die hoëpriester, Leviete en priesters, die smede en salfmengers, alle gesagsvoerders en selfs ook  die vroue.  Daar het ook uit Jerigo en ander buitedistrikte mense opgedaag wat kom help bou het aan die muur.

Die werk het pragtig gevorder, tot groot ergernis van Sanballat en sy medeamptenare.  Hulle het daar in Samaria die ander groepe teen ons opgerui en ons bespot en gesê ons muur word só vrot gebou dat dit sal omval as ‘n jakkals daarteen opspring.  Ek het die Here gebid om hierdie klomp heidene te straf oor die hartseer wat hulle ons en sy Naam aandoen.

Toe hulle gewaar dat hulle smalende verkleinering van ons werk ons nie verhinder om voort te gaan nie, het hulle met al die groepe rondom Jerusalem saamgesweer om ons binne die stad te kom aanval.  Ons mense van buite af het ons gewaarsku.  Daarna het ek die volk gewapen en in spanne opgedeel wat moes waghou en ander wat met die werk moes voortgaan.  Die geskal van die ramshoring sou vir ons aandui by watter punt die vyand ons wil aanval, sodat ons ons kragte daar kon konsentreer.

So het ons die werk onder ‘n oorlogstoestand voortgesit.  Die vyand het dit toe nie gewaag om ons aan te val nie.  Maar die harde werk was veeleisend en uitputtend, veral vir die heel armstes onder ons wat honger gely het.  Hulle is deur die rykes van die volk onbarmhartig verdruk en verkneg vir skuld wat hulle nie kon betaal nie.  Daar was selfs gevalle waar hulle kinders as slawe geneem is.  Ek het ‘n volksvergadering gehou waar ek hulle oorreed het om hul uitbuitery te staak en alles wat hulle van hulle skuldenaars afgeneem het, weer aan hulle terug te gee.

Die struikelblokke om die muur te voltooi het nie verminder nie, maar ons het nie moed verloor nie, want die Here was met ons.  Die vyand het sy taktiek verander toe hulle gewaar dat ons vir hulle slaggereed was.  Toe die muur feitlik voltooi en net die poortdeure nog gehang moes word, het Sanballat en Gesim verskeie pogings aangewend om my van die bouterrein weg te lok, met kwade bedoelings.  Ek het hulle elke keer laat weet dat ek met belangrike werk besig is en nie in hulle belangstel nie.

Ek kry toe van Sanballat ‘n brief waarin hy sê daar gaan ‘n gerug rond dat ek die muur bou omdat ek ‘n opstand beplan.  Ek wil glo koning oor die Judeërs word en ek het al profete aangestel om my in Jerusalem tot koning oor Juda uit te roep.  Die koning van Persië gaan daarvan te hore kom.  Ek moet kom dat ons kan praat.  Ek het vir hom laat weet hy suig hierdie spul leuens alles uit sy duim.

Toe hierdie taktiek nie werk nie, het Tobija en Sanballat nog vir laas probeer om my bang te maak deur ‘n Judeër om te koop om ‘n leuenprofesie te versprei dat ek daardie nag doodgemaak sou word en in die tempel moes gaan wegkruip.

Maar ons het volgehou en die muur binne twee en vyftig dae voltooi.  Dit was tot groot verdriet van ons vyande, want hulle het toe geweet dat ons die werk met behulp van ons God gedoen het.

Jerusalem was nou weer veilig met sy nuwe mure en poorte.  Dit het ook die tempel beskerm wat reeds tagtig jaar tevore weer herbou is.  Die Judeërs kon nou die Here aanbid.  Hulle het in die sewende maand spontaan in die stad saamgekom om fees te vier.  Esra het hulle onderrig in die wet van die Here.  Daarna het hulle die Huttefees gevier, opgevolg deur ‘n vasdag en verootmoediging teenoor die Here, met belydenis van hulle sondes en die oortredings van hulle voorvaders.

Daarna het ons die mure ingewy.  Ek het die Leviete van oral af na Jerusalem opgeroep.  Net soos die tempel destyds ingewy is, het ons ook die mure nou aan God toegewy.  Die tempelwerkers het van twee kante oor die mure marsjeer, terwyl kore sing en musikante musiek maak.

Ek het met dankbaarheid gedink dat die volk die Here nou weer in Jerusalem en verder in Juda kan dien.  Daar was nou weer verskillende mense wat by die tempel kon werk.  Daar was priesters, Leviete en poortwagters.  In die nedersettings buite Jerusalem, woon Judeërs wat na die boerdery kan omsien.

Maar die tyd het aangebreek dat ek weer na Persië moes teruggaan.  Ek was skaars weg of dit begin weer verkeerd loop.  My vyand, Tobija van Ammon, kry dit reg om in een van die kamers van die tempel te gaan bly. Toe ek terugkom, het ek hom daar uitgegooi, sodat dit weer vir die tempel gebruik kon word.

Die volk het ook nie vir die tempel gesorg soos hulle my belowe het nie.  Die Leviete en sangers by die tempel het niks gehad om van te lewe nie en het weggegaan en op hulle eie grond gaan boer.  Ek het hulle weer laat terugkom en het die volk opgeskerp om genoeg voorrade vir die tempel en sy werkers te gee.

Ek was geskok om te sien dat die volk op die Sabbat handel dryf en doodgewoon met hulle werk voortgaan.  Ek het opdrag gegee dat dit gestaak moes word en ek het die stad se poorte op die Sabbatdag laat sluit.  Ag, en ten spyte daarvan dat hulle my belowe het om dit nie te doen nie, het sommige Judeërs weer met vroue uit ander nasies getrou.  Ek het baie streng opgetree en hulle laat wegstuur en hulle ‘n eed laat aflê dat dit nie weer sal gebeur nie.  ‘n Kleinseun van die hoëpriester Eljasib was die skoonseun van Sanballat die Goroniet!  Ek het hom van my af weggejaag.  Ek het hulle gesuiwer van alles wat vreemd was, want hulle het die priesterskap en die plegtige onderneming van die priesters en die Leviete besoedel.

Toe het ek weer ernstig gebid dat hierdie volk oor wie die Here se Naam uitgeroep is, tog moet berou toon en bid en sy aangesig ernstig soek en hulle van hulle bose weë bekeer. Dan sal Hy dit in die hemel hoor, ons sonde vergewe en ons land weer genees.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10269 gaste aanlyn