Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nêrens word ons verbied om te lag of versadig te wees of nuwe besittings by die ou besittings van ons voorvaders te voeg of om wyn te drink nie. Dit is weliswaar so; maar waar daar 'n oorvloed is waarin jy jou aan plesier oorgee en waarin jy kan verswelg, waarin jy jou verstand en hart met die genietinge van hierdie wêreld beskonke kan maak en altyd na nuwes kan hyg – sulke dinge is ver van die regmatige gebruik van die gawes van God.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (19)
“Dis iets soos ‘n kombinasie van Ebola, Marburg en Slenkdalkoors, gemeng met Miltsiekte - Antraks. En dis geneties gemanipuleerd om net sekere rasse te teiken.”
*
Deur die eeue het tallose manne en vroue so gelê, gestaan of gesit en wag.
Onwillekeurig het die meeste van hulle – dié wat nugterdenkend en helder van verstand is – min of meer dieselfde gedagtes gekoeser. Is hierdie die laaste geveg, of is dit een van nog baie wat gaan volg? Gaan ek en my makkers, familie, vriende ongeskonde hieruit kom? Hoe groot is die vyand werklik, is die noodlot aan hulle kant, of ons s’n? Was daar nie ‘n manier om hierdie te voorkom nie? Kan ons nie dit keer nie?
Nicodemus druk die R1 se veiligheidsknip versigtig oor na “R” met sy regterduim. Hoeveel maal het hy dit nie presies so gedoen hierdie afgelope jare nie? Hy maak homself weereens so gemaklik moontlik agter die ou geweer, in ag genome die ongelyktheid van die veld, die klippe en graspolle; elmboë stewig in ‘n driehoek onder die wapen, bene wyd, effens na links, tone kante toe, om ‘n sterk fondasie te skep.
Hy skuif sy wang effens vorentoe, op die regte plek, sodat hy die volle, onverdunde teikenprent in die teleskoop het. Hy het die fokus vooraf presies reg gestel, die kruishare duidelik, alhoewel fyn in die duur teleskoop. Die visier is op een honderd meter ingestel, en hy weet presies hoeveel klieks die “turret” moet draai om gezero te wees op ses honderd meter, die afstand na die plek vanwaar die aanvallers gesien sal word. Die windjie stoot sag van links na regs en hy stel die turret horisontaal twee klieks.
“Fokus, fokus, fokus!” loop die refrein deur sy gedagtes. “Hou op om aan die ander goed en mense te dink, ander, soos Tamar langs hom, Ben, Nicolaas, Retha, Nico…”
Dis asof sy sintuie verskerp; elke geluid, reuk, sig. Hy voel die ongelykheid onder hom, die veld, die bome en gras naby hom. Hy is intens bewus van Tamar aan sy regterkant en is weereens verstom oor haar krag en kalmte, die vertroue wat sy in hom het.
Die son is nou op en dit gaan ‘n helder, maar onaangename dag wees. ‘n Effense beweging trek sy aandag. Dis klein en ‘n bietjie na sy regterkant, maar nie so ver dat hy van posisie hoef te versit nie.
Ja, daar is dit weer, daar, langs die moepelboom en by die skewe rots skuins voor die droë mopanie. Hy haal diep asem en met die derde een laat hy dit stadig en egalig uit, krul sy vinger om die sneller en as hy seker is van sy teiken, maak hy sy hand om die greep toe.
Die geweer knal hard en duidelik, al het hy ‘n oorpluisies in sy linkeroor, die een wat die knal die meeste sal tref. Hy is bewus van die wapen se terugskop, die gevoel wat net ‘n ervare skut het as die sluitstuk ‘n nuwe rondte uit die magasyn sleep, die reuk, so eie aan die R1…
Die skoot het skaars geknal of dit lyk asof die veld daar ver voor begin lewe soos die manne aanstorm. Langs hom knal die ander gewere, die diep, swaar bulder van die swaar kalibers en die venynige, vinnige klap van die ligter gewere.
Die beweging aan die voorkant is skielik weg soos die aanvallers platval en die koeëls klap rondom, oor en langs hom as hulle begin terugskiet. Een skreeu kermend weg as dit die klip langs hom tref.
“Tamar!”
“Nee, ek is okay”
Hy wens so sy wil vir ‘n verandering luister en afskuif, todat sy buite gevaar is, maar hy weet sy sal nie en probeer haar nie oortuig nie.
Na vyf minute se frenetiese skote ruil, val die aanvallers gebukkend terug. Nicodemus en Tamar, die ander manne en vroue vul hulle magasyne tot bo en wag.
“Iemand getref?”
“Net Kleinjaap - opskramkoeël, maar dis nie te erg nie!”
Drie, vier keer kom die manne weer aan en elke keer is die skote vinnig en akkuraat, van manne en vroue wat al baie maal deur hierdie ervaring is. Na die laaste stormloop is dit stil.
‘n Senutergende halfuur gaan verby. ‘n Uur, twee en geen teken van die vyand nie. Die manne en vroue drink water en eet van die kos wat die kostannies vir hulle ingepak het. Dis so anders as die rantsoenpakke van die SAW destyds, daar in die lokasies van die Oos-Rand en die Grens.
Dit is nou naby eenuur namiddag en Nicodemus hoop nie die vyand wag tot donker nie, waar hulle getalle-oormag moeilik gestuit sal word en die gevegafstand baie korter sal wees. Inniglik wens hy vir die soveelste keer dat hulle nog mortiere en snotneuse gehad het. Of ‘n masjiengeweer soos ‘n MAG of selfs ‘n RPD…
Wag is ‘n baie moeilike ding!
Die donker kom met al sy gevare en al is die maan groot en helder, is daar soveel skaduwees dat hulle die vyand moeilik sal sien, behalwe as hulle nader as sowat ‘n honderd en vyftig meter kom.
Hy moes ingesluimer het, want die koue en die hardheid van die R1 se kolf teen sy wang en kakebeen maak hom wakker. Hy kyk op sy horlosie: net na drie-uur. Vat nog ‘n slukkie water om die droogheid uit sy mond te was. Waar is die aanvallers!
Net na seweuur is daar ‘n beweging, hierdie keer na sy linkerkant, by die N1-hoofroete. Hy volg die voorwerp met sy teleskoop en na ‘n halfminuut besef hy dis ‘n voertuig wat aangery kom, eers stadig en dan, skielik, versnel dit.
“Wag, dis van ons mense!” roep iemand uit en ja, nou kan hy sien dis ‘n man en vrou binne die voertuig, wat hy kan uitken as ‘n rooi Mitsubishi Pajero. Hy staan regop sodat die insittendes hom kan sien, al is hy daarvan bewus dat hy van homself ‘n oop teiken maak. Die Pajero draai van die teer af en ry stadig deur die veld tot dit so ‘n honderd meter van hom af tot stilstand kom.
‘n Ouerige man en vrou klim voor uit en ‘n jonger man by die agterkant.
“Whôô!” roep die ou man. “Ons is nie die vyand nie!”
“Nou los die kar net daar en kom nader, met julle hande waar ek dit kan sien!”
Die drie loop nader en as hulle naby Nicodemus kom, en die ander mense sien wat agter die bultjie lê, is hulle sigbaar verlig.
“Hoeveel van julle is daar?”
“Dis net ons drie. Ek, my vrou, Bessie en hierdie jongman, wat nie weet waar hy vandaan kom en wat sy naam is nie.”
“Hoe bedoel jy hy weet nie?”
“Hy het ‘n skoot teen die kop gekry. Geheueverlies, of so iets, skat ek.”
“Julle moet dekking kom vat, die aanvallers sal enige oomblik hier wees.”
“Nee, daar is niemand nie.”
“Hoe bedoel jy?”
“Dis net ons. Daar is nie ander nie.”
“Hoe bedoel jy, Ouboet?”
“Ek bedoel almal van hulle is dood.”
“Kan nie wees nie. Ons het hulle gesien hardloop en daar was nie skote in die nag nie.”
“Glo my, so ver as wat ons gery het, was daar dooies. Nie net hier naby nie, maar al die pad van Kranskop af. Ek weet nie wat hulle oorgekom het nie, maar dis net bloed oral. By hulle monde, ore, neuse, net waar daar ‘n opening is.”
“Almal? Is dit soos ‘n ontploffing, ‘n bom, of so-iets?”
“Nee, nie ‘n bom of skote of niks so iets nie. En die vreemde is…”
“Wat?”
“Dis asof die ding net erg gepigmenteerdes doodmaak.”