Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons moet heilig wees want God wil dit so hê. Maar ons dink heiligwees is 'n valse vookoms van sedelikheid waarvoor mense ons sal spot. Verkeerd! Heiligwees beteken slegs om uitdrukking te gee aan die lewe van Christus soos ons dit as sy kinders ervaar. As jy vir Hom lief is, sal jy graag hieraan uitdrukking gee.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (17)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Van alle lewende wesens op aarde, is die mens sekerlik die mees aanpasbare. Daar is geen klimaat op aarde, waar hy nie kan aanpas nie en waar dit té ekstreem raak, soos byvoorbeeld Antarktika, waar hy selfs tydelik kan oorleef. Daar is mense wat heel goed in tropiese oerwoude, soos die Amasone, leef en doelgerigte, gedetermineerde mense maak soms van woestyne lushowe, soos wat die Israeli’s met die Negeb doen. Vir eeue is daar Boeremense wat in die Kalahari en die Karoo hulle tuiste maak, ten spyte van die dorre klimaat. Net so sal mense in Mauritius en Mosambiek na siklone en gepaardgaande vloede herbou, sonder om handdoek in te gooi.
Soms is die moeilikste aanpassing vanuit die platteland of plaas juis na stede, soos die gedig van Toon van den Heever uitbeeld. Dis vreemd hoedat die oorgrote meerderheid mense smag na ‘n stukkie grond van hulle eie; ‘n standplaas in die stad of dorp, ‘n plot (of tewel kleinhoewe as jy ‘n bietjie meer geld het en ‘n landgoed as jy ryk is) of ‘n plaas. Miskien is dit omdat een van die oudste nerings juis dié van landbouer is en ‘n mens daarheen wil terugkeer.
Die moeilikste aanpassing is vanaf ‘n vredesituasie na geweld of oorlog en andersom. Menige soldaat sal moeilik aanpas in siviele omstandighede en smag na die ou kamerade (hierdie woord is nie altyd polities gelaai nie), of makkers, soos hulle ou vriende beskryf.
Wannneer ‘n land in chaos, anargie of mettertyd in oorlog gewikkeld raak, is die besef traumaties, al sou dit in sekere gevalle geleidelik plaasvind. Wanneer stelsels begin ineenstort, is daar altyd hoop dat dit beperk (die Engelse praat van “contain”) kan word, dat iemand sal ingryp, of ten minste ‘n plan het, dat dit spoedig oor sal wees en dat dit homself op een of ander manier sal uitwoed, voordat jy self ‘n slagoffer word. So het burgerlikes in Bosnië en Herzogovina, Kroasië gehoop dat die strydende partye betyds hulle geskille kon bylê, in Oekraïne het baie gevlug na buurlande en gewag vir Rusland om te onttrek. In Burundi het bykans ‘n miljoen gesterf voordat iemand tot sy sinne geruk is. Dieselfde in Zimbabwe met die vergrype van die gevreesde Vyfde Brigade.
Wanneer geweld en geweldadige dood rondom jou is en deel van jou alledaagse bestaan word, is die vlug-of-veg instink intens. Daar is nie net die vrees vir jou eie lewe nie, maar ook vir jou kinders, jou gade en ander familie.
Paranoia is deel van jou denke en mettertyd is slegs diegene die naaste aan jou jou vertrouelinge. Mense wat nog gister en eergister kennisse en selfs vriende was, word nou potensiële vyande. Nie net wat betref dat hulle jou lewe met geweld kan bedreig nie, maar word mededingers wat oorlewingsmiddele aangaan. Kos en water word, namate tyd verloop, oorlewingsmiddele wat jy met jou lewe beskerm.
Hoop word al skaarser, hoe langer die situasie uitrek. Aanvanklik hoop ‘n mens dit gaan gou verby, met die minimum lewensverlies en skade, maar mettertyd word hoop iets wat jou net van uur na uur en dag na dag dra. Hoopgewers is nie meer mense met mooi beloftes, Bybelversies en optimisme nie, maar iemand wat vir jou en jou mense ‘n ete verskaf, skuilplek, hitte, en die skaarsste van alles – veiligheid.
Sterk mense ontdek hulle krag en swakkelinge hulle tekortkominge. Banges word voortdurend gedryf deur vrees en dapperes leer om dit te oorwin. Sommige sal agter geslote deure en hekke wag, terwyl ander die geweer of handwapen sal vat, buitentoe waag en gaan kos soek. Party van hulle kom nooit weer terug nie.
*
Teen laatmiddag ry Bella ‘n plaashek binne, verby die opstal en skure, tot sy ‘n smal, maar modderige stroompie kry. Sy klim uit, rol haar broekspype op en loop die water versigtig binne. Sy is nog nie heeltemal seker van haar enkel nie en kan nie waag om dit weer te verstuit nie. Die modder is nie baie diep nie, maar slykerig genoeg dat sy eers huiwer oor wat sy wil doen.
Vasberade keer sy na die Chev terug, draai die vryloopnawe na “Lock”, sit die ding in vierwiel laag en hoop die bande gaan die voertuig deurtrek. Sy ry die waterstroom binne en na ‘n paar meter sak die voertuig in die modder vas. Sy druk die ratkas flink in tru-rat en na ‘n paar benoude sekondes trap die bande vas en kan sy agteruit ry.
Die meeste mense sou hier besluit om duskant te bly, maar sy vat ‘n effense aanloop, koppel tweede rat en jaag deur. Die groot diesel skreeu, en alhoewel die modder na die bande met mening gryp, kom sy anderkant deur, maak ‘n lang U-draai en hou tussen twee bome stil. So sit sy vir ‘n paar minute, onseker om wat volgende te doen.
Sy maak die paneelkissie (of “mossienes” soos haar oupa daarvan gepraat het) oop, haal die pistool uit en kyk krities daarna. Op die kant van die sluitstuk staan gegrafeer: “Astra Unceta Guernica Spain”. Langsaan dit: “Model A 100”.
Sy sukkel ‘n halfminuut lank om die magasyn uit te haal, want die knoppie langs die sneller druk nie maklik in nie, maar as sy die magasyn dieper indruk, is die drukking verlig en kan die knoppie ingaan. Sy haal al die rondtes uit die magasyn. Sewentien altesaam en een in die loop. Daar is ook twee spaarmagasyne en drie onoopgemaakte pakkies nege millimeters.
*
“Ons moet besluit of ons al padlangs wil ry, en of ons dalk per veerboot ‘n ent langs die kus af moet gaan.”
“En die koste?”
“Ek sal daarvoor instaan.” sê Bill
“Bill can I speak to you privately?”
“Sure.”
Sodra Kris en Bill buite hoorafstand van die res staan, vra hy:
“Bill, I know you have al lot of money and we really appreciate what you are doing, but why have we been targeted? Yes, I know our vehicles are worth a lot to the right person or group, but that is not the whole truth, is it?”
Bill sug, dink diep terwyl hy eers oor Kris se skouer in die verte kyk en dan na ‘n klip skop, as hy afkyk. Die besluit kom weldra.
“Well, I’ve told you that I’m a rich man. Now, let me go and show you. Brian knew about this and that is why he betrayed us. I think I can trust you.”
Terwyl die ander manne in ‘n kringetjie eenkant sit, ‘n ent weg van die Brabus af, wink Bill vir Kris om langs hom te kom staan. Hy slaan ‘n klappie by ‘n afstandbeheer oop, druk ‘n kode op die skermpie en dan die blou knoppie aan die onderkant.
Die hele agterste buffer, met die agterligte tesame, van die Brabus skuif op laers agteruit, amper die hele lengte van die laaibak. Binne in ‘n relatiewe diep laai, lê die versteekte wapens en ‘n metaalkas, ongeveer driehonderd millimeter by vier honderd en ‘n honderd en vyftig diep. Met ‘n sleutel, wat aan ‘n kettingkie om sy nek hang, sluit hy die kas oop. Aan die binnekant is ‘n dik pak papiere. Wanneer Bill begin praat, is dit sonder die aangeleerde Australiaanse aksent en meer Afrikaans.
“I know it’s out of fashion, but it is still honoured by some overseas banks. Bearer bonds, just a whisk over one billion.”
“One billion rand!?”
“No, one billion American dollars. I think the South African rand has tanked at this stage, that is, it is worth virtually nothing.”
Hy plaas die dokument versigtig terug en haal ‘n ander een uit ‘n dun laai onder die kassie se deksel.
“These are the numbers and codes for accounts and security boxes in a Swiss bank – not the one that went magulas a while ago. Maybe another two billion.”
Kris dink lank en diep. Uitendelik praat hy:
“’Magulas’? I haven’t heard that word in a, how do the Americans put it: ‘a ‘coon’s age.’”