Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vandag het jy nog 'n dag vol genade beleef. Die vraag is of jy dit raakgesien het. Of het jy jou blind gestaar teen die swaarkry, pyn of dalk ander ongerief wat jy moes verduur? Onthou dat ons binne hierdie gebroke wêreld al hierdie dinge sal beleef, maar dat ons met God se genade binne hierdie belewenis beskerm en gedra word, suiwer deur Genade!
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (32)
Mnr Ramaphosa sê ryk lande het ‘n plig om grootskaalse hulp aan arm lande soos Suid-Afrika te gee. Die probleem is egter nie dat SA te min geld het nie, maar dat die Kaders té veel steel en wanbestuur.
Ontwikkelingshulp het in die praktyk grootliks ontaard. Daar word van arm mense in ryk lande gevat, en vir ryk politici in arm lande gegee.
Die pad na voorspoed is nie om te bedel of om ryk lande emosioneel te probeer afpers nie. Lande word nie ryk deur ontwikkelingshulp nie.
Die enigste pad boontoe is deur ekonomiese groei, ‘n regering wat nie in die sakewêreld inmeng, ondernemerskap, goeie en skoon regering, werkende infrastruktuur, wet en orde, ‘n doeltreffende strafregstelsel, sinvolle regeringsbeleid, en ‘n goed opgeleide, produktiewe en goed betaalde werksmag.
Die ANC moet eerder die oorsake van voorspoed navolg, as om ander vir die oorsake van armoede te blameer.
*
“Nicodemus, kan ek ‘n bietjie met jou gedagtes deel?”
“Wat is dit, Ben?”
“Sê nou net hierdie hele affêre was nie maar die spontane uitvloeisel van ‘n swak en korrupte regering se onvermoë nie?”
“Gaan aan.”
“Sê nou net ons is besig om hulle speletjie te speel. Die ANC het bloot nie die mag of die verstandelike vermoë besit om dit wat hulle aan die gang gesit het, tot stilstand te bring, teë te hou òf deur te voer nie. Ons het almal ‘n ineenstorting van die staat al vanaf die einde van die negentien-negentigs verwag. Met die wapenskandaal, die val van die rand, die toename in rasgebaseerde wette en natuurlik later in die Zuma-jare, het ons verwag dat dit enige oomblik kon gebeur.”
“En wat het gekeer?”
“Ek kom daarby. Vanaf Zuma het dinge geëskaleer. Ons het beurtkrag begin ervaar, en dag na dag is ons blootgestel aan staatskaping, korrupsie, mafia-bendes in elke staatsdepartement, wat uiteindelik die Zondo-kommissie tot gevolg gehad het, alhoewel dit uiteindelik ‘n tandlose hond was, Eskom se gehawende opwekkers, cholera in die drinkwater, die waterstelsel wat as gevolg van ‘n reeks redes inmekaar gestort het, werkloosheid, armoede, hongersnood – elkeen van hierdie goed was op hulle eie eintlik genoeg rede vir die staat om boedel oor te gee, maar tog is dit terugggehou.”
“Ek luister.”
“Die groot vraag is nie net hoe en hoekom nie, maar wie. Hoe het die ANC mag behou, selfs nadat die opnames getoon het hulle het nie meer die steun van die gemiddelde swartmens nie en feitlik niks van die ander rasse nie. Hoekom het hulle so lank uitgehou? Ja, ons kan sê om net nòg geld te steel, al het dit verdere verval meegebring, maar is daar nie ‘n ander rede ook nie? Dit bring ons by ‘wie’. Wie skryf hulle nog al die jare voor en help hulle om aan bewind te bly? Die maklike antwoord natuurlik is die Wêreldbank en die Wêreldgesondheidsorganisasie en hulle toutjietrekkers, soos Soros, die Rothchilds en so aan. En as ons hoog genoeg gaan soek – of is dit eerder laag genoeg – sal ons die manne kry. Ek hoor van die Illuminati, die Drie Honderd, die Geldmag ensovoorts.
“Dit bring ons by ‘n ander ‘hoekom’. Waarom is Suid-Afrika so belangrik? Die seeroete? Miskien. Grondstowwe? Ook. Maar kon hulle nie dit ewe maklik gedoen het sonder om die blankes te probeer uitwis nie? Dan sou wie-ookal mos met ons om ‘n tafel kom sit en ooreenkomste sluit.”
“Dis alles waar, Ben, maar waarom het ons uiteindelik hier gekom, waar ons midde in ‘n gepoogde etniese suiwering ons bes doen om te oorleef? Was dit die hele tyd in die kaarte, maar die tyd moes net reg word?”
“Nicodemus, dink maar aan wat dit direk vooraf gegaan het: die opstande in Europa. Dink jy werklik die dood van ‘n sewentienjarige gewoonte-oortreder kon soveel woede ontketen? Of die dood van George Floyd in Amerika? Nee, dit was bloot handige verskonings. Natuurlik ook die Russiese inval in Oekraïne.”
“Wat is jou punt?”
“My punt is dat ons nog die hele tyd gespeel is en word. Ek wonder maar oor twee dinge. Die eerste is, wie moet uitgesuiwer word, dié van Europese afkoms, of diegene uit die Derde Wêreld? Die tweede is, wie wag agter die gordyne om beheer oor ons land te neem?”
*
“Ons kan nie vir altyd hier bly nie.”
Die storm het bedaar, die sneeu, alhoewel nog dik op die grond, het opgehou val en die son dreig om te voorskyn te kom. Dis nog bitterlik koud, met die wind wat voel of hy deur jou waai, in plaas van om. Tog het die twee vroue die afgelope tyd ‘n gevoel van vrede en veiligheid ervaar, met geen beweging uit enige kant nie. Bella besef ook dat, met die weer wat besig is om op te klaar, ook diegene wat op soek is na kos en skuiling, weer aan die swerf sal raak en uiteraard hou dit gevaar vir hulle twee in.
“Hoeveel brandstof het ons?”
“Die naaldjie lê net so bokant half. Hoe akkuraat dit is, kan ek nie sê nie, maar ons sal wel een of ander tyd iewers moet kry.”
Die wete dat hulle moontlik iewers gestrand kan raak sonder diesel, en dus daar moet bly, waar ookal “daar” is, of verder moet loop, is nie ‘n lekker gevoel nie.
Bella, soos die grootste persentasie mense in Suid-Afrika, is nie gewoond om in sneeu te bestuur nie. Die ander groot uitdaging is die plekke waar die sneeu gesmelt het, die water weer in die nag ge-ys het en nuwe sneeu bedek hierdie uiters glibberige oppervlaktes.
‘n Paar maal gly die bakkie heeltemal van die sneeubedekte, tweespoor paadjie af en sy sukkel om die groot, swaar voertuig weer op die pad terug te bring. Na ‘n uur se gesukkel is hulle op ‘n plato, hoog en amper afgeslote in die berg. Die pad is nie meer omring of selfs aan die een kant ingehok deur kranse en rotse nie. Ver weg, na die voorkant, is ‘n plaashuis en buitegeboue sigbaar.
“Dink jy dis veilig?”
“Niks is deesdae meer veilig nie, Jana… maar ek dink ons kan nader gaan. As ons onrustig raak, of iets sien wat nie reg lyk nie, ry ons aan en verby. Maar ‘n bord warm kos sal darem lekker smaak!”
Wanneer hulle naby die hek na die werf kom, wat reeds lendelam oop lê, lyk dit asof ‘n miernes oopgeskop word, soos die mense, duidelik nie die oorspronklike plaasinwoners nie, uitgestorm kom, om hulle voor te keer.
Bella versnel en die voertuig tel al glyende spoed op. Die naaste man aan hulle, ‘n baie donker immigrant, lig ‘n knopkierie op en slaan na die bakkie se agterkant. Hulle is feitlik verby hom en die wapen slaan teen die agter en bokant van die laaibak. Jana draai haar kantruit af, hang by die venster uit en skiet drie skote na die man.
“Voel jy nou beter?”
“Nee, maar meer in beheer, dankie!”
“En nie so kwesbaar nie?”
“Nooit weer nie! Ek sal nooit weer toelaat dat iemand my boelie nie.”
*
Die skote begin klap, maar die knalle daarvan is verder weg as die manne op die oewer van die moeras. Skielik is daar ook skote van hierdie manne, maar dis gemik na waar die nuwe groep vandaan kom.
Kris gebruik die verwarring om van posisie te versit en skuins na waar hy vantevore gelê het, het hy nou beter defiliasie na die vyand.
Nadat hy ‘n halwe magasyn leeggeskiet het, is daar nou intense beweging – die manne klim terug in hulle voertuie en jaag na die kante toe, weg van die nuwe aankomlinge. Dis een ding om meer gewere, manne, ammunisie en dekking te hê as die ander, maar ‘n totale ander saak as die posisies omgeswaai word en skielik is jy in ‘n kruisvuur gevang. Is sò ‘n situasie is strategiese onttrekking die beste opsie en die manne laat nie op hulle wag nie.
Die nuwe aankomelinge kom nader en hulle wys met flitsende hoofligte, wit vlae wat heen en weer geswaai word en ‘n man wat in die voorste voertuig, ‘n oop Jeep Wrangler, sy arms hoog in die lug hou, dat hulle vriend en nie vyand is nie.
“Kris, let’s see what their intentions are. But keep your rifle ready –cocked, locked, and safety off.”