Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nadat God sy eie taak as Skepper uitgevoer het, het Hy ook die rusdag geskep. Ons is veronderstel om heeltemal van ons werke te rus, nie net liggaamlik nie maar ook geestelik, sodat God ín ons kan werk.
JOPIE FOURIE
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
" In die vorige oorlog het ek teen die Engelse geveg totdat ek swaargewond in die hospitaal beland het. Onderwyl ek daar as gewonde gevangene gelê het, het 'n Engelse offisier my met die kolf van sy rewolwer geslaan en my verwond. Dit het my afkeer in die Engelse nasie versterk, maar ek het my bedwing omdat ek gehoop het dat die Engelse met ons sou saamwerk om weer 'n voorspoedige Suid-Afrika ná die oorlog te help opbou... Eers het ek 'n baie hoë dunk gehad van generaal Louis Botha en akkoord gegaan met sy siening dat samewerking tussen ons Afrikaners en die Engelse noodsaaklik is vir die heropbou van ons land... My teleurstelling in generaal Botha het egter gegroei... dit het nou met 'n skok vir my duidelik geword dat hy nie meer die Afrikaner van ouds was wat ek geken het nie... Toe het ek geweet dat hy en generaal Smuts hul Afrikanerharte vir Engelse harte verruil het...
DIRKIE UYS
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Een van die mees ontroerende verhale uit die Voortrekkertyd is die geskiedenis van die jong Dirkie Uys se heldedood. Dit was Woensdag,11 April 1838, toe hy sy lewe vir sy vader opgeoffer het, om só onsterflik in die nagedagtenis van sy mense voort te leef.
‘n Seun jaag met drie burgers deur die veld, teen die skuinste van die koppie langs, met die rietspruit agter en dongas en ongelyktes voor. Dis Dirkie Uys, vyftien jaar oud, seun van kommandant Piet Uys. En sy vader het daar op die wal van die rietspruit agtergebly.
Hoe het dit dan tog gekom? Vanoggend, gister, eergister was alles so anders. Saterdag het die twee kommando’s uitgetrek, driehonderd-vier-en-sewentig ruiters, met nog pakperde vir bykomende ammunisie en voorrade, en kommandante Uys en Hendrik Potgieter vooraan.
JAKKALS EN WOLF STEEL SKAPE
BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Die swaar tyd van die runderpes was gelukkig verby, maar wild was nog baie skaars, sodat Jakkals en Wolf albei aan ‘n knaende vleishonger gely het. Jakkals het amper dag en nag geloop en dink hoe hy vleis in die hande kon kry. So af en toe was hy gelukkig genoeg om ‘n hasie te verras wat nie vinnig genoeg kon wegkom nie en selfs muise het naderhand lekker gesmaak.
Daar was ‘n boer, nie baie ver daarvandaan nie, wat ‘n klompie lekker vet skape gehad het. Dit sou vir Jakkals maklik wees om die kraal in die nag te besoek en hom trommelvol aan skaapvleis te eet, maar ou Vossie weet goed dat die boer dan die volgende dag, wanneer hy die skade wat aan sy kudde berokken is, ontdek, sy honde sal neem om die skelm te gaan soek. Hy sal dan onkapabel wees om weg te hardloop, want hy sal só vol vleis wees dat hulle hom maklik sal vang.
KERKE VERLOOR HUL PROFETIESE VISIE
VOLKSSTUDIE (3/4)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
"Terwyl volksvyandiges die Boerevolk se erfenis soos sprinkane begin verteer het, het kerklike saboteurs duisende volksgenote tot oorgawe oorreed... Die volksvyand se einddoel was om die ANC in Suid-Afrika aan bewind te plaas. Swartes is uiteraard makliker stukke op die kommuniste se skaakbord as blankes. ‘n Swart regering moes die Boerevolk met ‘n ketting wat in Rusland gesmee is, verwurg!... Nou vra ek: Hoe kon kerke hierdie gevaar nie voorsien het nie? "
4.1 Wagters op die mure
Die Christelike kerk is geroepe om soos ‘n wag van ouds op ‘n stadsmuur diens te doen. Daarvoor het God die kerk ‘n besondere gawe gegee - ’n profetiese visie. Wanneer die gevaar dreig, moet die kerk, soos die wag, betyds alarm maak en die inwoners teen die aankomende gevaar waarsku. Hierdie gawe is geen bykomstigheid nie, maar eerder onontbeerlike standaardtoerusting. Daarsonder is die kerk soos ‘n horlosie sonder wysers. Sy raak aan die vyand gedienstig en verloor haar roeping!
DIE VOËLS HET GEEN KONING
BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Elke jaar wanneer die somer verby is, vlieg daar duisende voëls na ander lande en bly daar tot die winter hier verby is voordat hulle weer terugkeer. Die voëls wat nie saamgaan nie noem hierdie trekvoëls die “Uitlanders.” Hulle is baie ontevrede omdat hierdie voëls elke somer die room van die land kom wegvreet en wanneer die winter aankom, hulle vleuels in die wind slaan en maak dat hulle wegkom.
Daarom het die Afrikaanse voëls besluit om ‘n koning te kies, sodat hy die uitlanders kan beveel om met hulle speletjie op te hou en hier te bly of anders heeltemal weg te bly.
GOEIENAG... OF VAARWEL?
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
‘n Sakeman, ‘n toegewyde Christen, is deur ‘n motor omgery en na die hospitaal geneem. Die medici het aan hom meegedeel dat hy nog sowat twee uur gehad het om te lewe. Hy het hom heeltemal tevrede daarvolgens geskik, want hy het ‘n blinde geloof in die goedheid van God en die toekomstige lewe gehad. Die dood is mos slegs ‘n poort wat toegang verleen tot ‘n hoër lewe. Hy het sy huisgesin laat kom en hulle een vir een as volg toegespreek:
“My vrou, vir my was jy die edelste vrou in die wêreld. Deur sonskyn en skaduwee het ons ver saamgeloop. Jy was my besieling in alles wat ek onderneem het, veral wat my geestelike lewe betref.
DANIE THERON
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
Die verhaal van die Boere se baasverkenner gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.
In dieselfde jaar wat die Kaapkolonie uiteindelik 'n mate van selfregering gekry het en die Britse druk op sy inwoners redelik verlig is, is ek, Daniël Johannes Stephanus Theron op 9 Mei 1872 in Tulbach gebore. Hier in die Kolonie moes ek my maar later egter tevrede stel om by gevestigde Engelse inrigtings opgelei te word.
Ons was 'n groot gesin. My pa en ma het albei uit vorige huwelike saam sewe halfbroers en -susters by ons eie gesin se agt kinders gevoeg. Ek het van my tiende jaar af pal by my halfbroer Johannes Pretorius gebly.
HANSIE SMAL
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Hansie Smal was een van ons minder bekende maar merkwaardigste kinderhelde – avontuurlustig, doodsveragtend voor gevaar, maar ook moedig in die lewe van elke dag, en trou tot die dood toe. Hier is 'n beskrywing van een van sy talle heldedade:
DIE LUIPERD
Om die hoek van die doringtakkraal kom ‘n seuntjie. Hy het ‘n leerbroek aan met driekwartpype en ‘n leerbaadjie, en ‘n slapranthoed flapper om sy ore.
NASPERS SE DAE IS GETEL!
Op die webwerf van die Afrikaner Volksparty verskyn daar in 'n uitstekendbewoorde artikel, sterk reaksie op die smeerveldtog wat sopas weer teen die Afrikanervolk geloods is in 'n artikel in Rapport van 7 Augustus. Tereg noem die skrywer die besoedelde nasionale media die "Rioolpers" wie seker nie laer kan daal as in hierdie aanklag dat ons Voortrekkerhelde nou skielik kindermolesteerders en verkragters was nie. As hierdie joernaliste wat hulself as instrumente laat inspan in die diens van Satan - hierdie aanslag kom van nêrens anders - op 'n dag soos mis voor die son deur ons hemelse Vader van die aarde gevee word, moet niemand verbaas staan daaroor nie: lees daarom gerus Gawie se artikel hier:
DIE RIOOLPERS SE AANSLAG OP ONS VOLK
Deur Gawie
In Rapport van 7 Augustus 2011 word nog ‘n aanslag op die Afrikanervolk geloods. Hierdie keer op een van sy helde van weleer, naamlik die Voortrekkerheld, Andries Pretorius. Pretorius, die held van Bloedrivier, word nou as ‘n kindermolesteerder en verkragter uitgebeeld volgens “navorsing” van ‘n sekere dr JC van der Walt. En Rapport aanvaar uiteraard sonder meer die weergawe van Van der Walt.
HERVORMDE KERK, GENOEG IS GENOEG!
Hierdie briefie is aan ons gestuur en ons plaas dit tot kennisname in die lig van die omstrede pad wat die Nederduits Hervormde Kerk die afgelope tyd gestap het:
Aan die redakteur,
Die artikel "Ramadan in Augustus" deur dr Jaco Beyers (Hervormer, Augustus 2011) verwys.
Ek moet my op die sterkste moontlike wyse uitspreek teen bovermelde artikel. Die artikel, wat handel oor 'n heidense geloofstydperk van die Muslim geloof (Ramadan) waartydens daar op groot skaal diere as offergawes vir dié geloof se gode geslag word, hoort geensins op die blaaie van 'n Christelike publikasie van die NHK nie.
NAASTELIEFDE- WIE IS WERKLIK ONS NAASTE?
VOLKSSTUDIE (3/3)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
3.1 ‘n Skadelike mite
Ons volk word al vir baie jare as’t ware onder die mite van: Jy moet alle mense liefhê, toegeploeg. Waar kom mense daaraan? Baie mense glo dat die Woord van God gelowiges oproep om alle mense deur die bank, lief te hê. Uit ons studie oor heilige haat is dit duidelik nie die geval nie. God se vyande durf ek, uit eerbied vir Hom, nie liefhê nie.
3.2 Wie is my naaste?
Dit bring my by die vraag oor naasteliefde. Wie is my naaste? Laat ek begin deur te sê dat naaste nie ‘n statiese begrip is nie, maar van geval tot geval verskil. Jy kan selfs in ‘n situasie kom dat ‘n wildvreemde jou naaste word soos in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. Dis egter nie die reël nie.
Die vraag na wie jou naaste is, is eintlik nie ‘n moeilike vraag nie.
DIE KOEI SE PENS – 'N GISKUIP
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (14)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Soos ons gesien het, kom die mikrobes by die mens en die nieherkouende diere eers na die twaalfvingerige derm in aksie. Tot hier vind die vertering eintlik net plaas deur die ensieme wat deur die weefselselle van die verteringsorgane afgeskei word.
By die herkouers – soos die bees en die skaap – staan die saak 'n bietjie anders. In hul voormage, of liewer, in hul grootpens (rumen) is 'n ongelooflike getal mikrobes onafgebroke besig om die voedsel op te deel en ook om ander stowwe op te bou.
VERTERING VAN VESELAGTIGE STOWWE
Die herkouer se kos bestaan vir 'n groot deel uit veselagtige voer, soos hooi. 'n Nie-herkouende dier en natuurlik ook die mens, kan met sulke veselagtige kos nie veel uitrig nie omdat hul verteringsorgane nie ensieme afskei wat die sellulose vesel, kan verteer nie.
JAKKALS EN KLEIN BÔGOM
BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Van daardie dag af toe Jakkals vir ou Bôgom, die bobbejaan, so die skrik op die lyf gejaag het met sy byl, was hy bang dat ou Bôgom sou wraak neem. Daarom het hy ‘n paar dae later maar baie versigtig teen ‘n rantjie uitgedraf om te sien of hy nie ‘n vleiskossie kon vang vir hom en sy vrou en vir Antjie nie.
Toe hy niks kry nie, gaan lê hy onder ‘n groot moepelboom om ‘n bietjie te rus. Meteens tref ‘n klip hom bo uit die boom teen sy ribbes en toe hy verskrik opspring om weg te hardloop, kry hy nog een skrams teen sy kop. Hy laat nael ‘n entjie weg van die boom af, maar toe word hy baie nuuskierig om te weet hoe daar klippe uit ‘n moepelboom kan uitval.
DIE WEDERGEBORE TRONKVOËL
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
Hy was ‘n prisonier in die staatsgevangenis waar hy sy straf moes uitdien vir ‘n misdaad wat hy gepleeg het. Daar het hy onder die prediking van ‘n besoekende leraar tot bekering gekom. Nadat hy sy straf uitgedien het, het hy hom geroepe gevoel om self die wonderlike evangelie van sieleredding te gaan verkondig. So was hy een aand besig om ‘n diens te lei in sy klein Evangeliesending, ‘n inrigting wat hy met sy eie geld en op sy eie verantwoordelikheid begin het, sowat ‘n jaar na sy ontslag.
Skielik is hy in die middel van sy preek in die rede geval deur ‘n man met ‘n bose gesig, wat halfpad na agter in die gehoor opgespring het:
DIE HELDIN VAN GRAHAMSTAD
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Daar is soveel ware heldeverhale in ons volksgeskiedenis wat ons kan inspireer om self heldedade te verrig in dié tyd waarin ons leef dat ons gerus ‘n paar daarvan kan gaan opdiep. Sommige soos Die Heldin van Grahamstad mag minder bekend wees as dié van Dirkie Uys of Racheltjie de Beer (waarby ons mettertyd kom), dalk omdat hierdie gebeure in Britse geledere alhoewel op ons eie bodem afspeel:
Elizabeth Salt wat in die geskiedenis as die Heldin van Grahamstad bekend staan, was ‘n Franse nooi Covare van geboorte, en sy het later met sersant Salt, ‘n Britse soldaat, in die huwelik getree. Sy was ongeveer vier en dertig jaar oud toe sy haar kordaatstuk op 22 April 1819 tydens die Slag van Grahamstad verrig het.
GENERAAL KOOS DE LA REY
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
Ek is op 22 Oktober 1847 op die plaas Doornfontein in die distrik Winburg gebore. Toe ek ongeveer 'n jaar oud was, het my ouers na die plaas Welverdiend in die distrik Wolmaransstad verhuis. Formele skoolonderrig was in daardie dae maar skaars, maar my goeie ouers het gesorg dat ek en ons ander kinders 'n goeie opvoeding ontvang.
In 1876 het ek, Jacobus Herculas de la Rey in die huwelik getree met Jacoba Elizabeth Greeff. Sy was by almal bekend as "Nonnie".
Sy was 'n liewe en baie deugsame vrou, wat my deur my hele lewe heen, deur dik en dun, dwarsdeur die gevaarlike tye van die Engelse oorlog en daarna, bygestaan en onderskraag het.
DIE KINKEL IN BOBBEJAAN SE STERT
BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Ou Wolf was baie bly dat hy daardie dag by koning Leeu met sy lewe daarvan afgekom het, maar vir Jakkals het hy nie meer ‘n goeie woord gehad nie. Hy het gedurig loop en dink hoe hy ou Jakkals kon terug betaal vir al die moeilikheid waarin die ou skelm hom al laat beland het.
Op ‘n goeie dag hoor hy dat koning Leeu se klou nou weer gesond is en hy dink dat sy eie vel en sy lewe nou weer veilig is en dat hy ou Jakkals nou maar kan gaan soek om hom die les van sy lewe te leer met ‘n pak slae wat hy nooit sal vergeet nie.
Hy loop en dink en kry toe die plan om vir ou Bôgom, die bobbejaan, te gaan besoek en hom te vra om hom te help om ou Jakkals te straf. Hy loop hom in die rantjies raak, waar hy besig was om skerpioene onder die klippe te soek.
“Môre neef,” sê hy.
“Môre oom”, sê Bôgom.
NASIONALISEER- PRAATJIES
TLU SA-MEDIAVERKLARING
Die onthulling van Cosatu by die debat oor nasionalisering dat hy die ANC-Jeugliga aangemoedig het om die saak van nasionalisering stewig op die tafel te plaas, en dat ’n taakspan wat die ANC skynbaar reeds aangestel het om na die uitvoering van nasionalisering te kyk, is skokkend.
TLU SA se president, mnr. Ben Marais sê dat dit duidelik is dat die Jeugliga se eise nie net praatjies van ’n klomp jong heethoofde is nie en dat dit in werklikheid ondersteun word deur beide die ANC en Cosatu, waarskynlik op grond van die SAKP se kommunistiese agenda. “Die ANC het dus blatant gelieg oor sogenaamde versekerings dat nasionalisering nie op die tafel is nie. Cosatu het nou openlik erken dat die ANC-taakspan reeds aanvaar het dat nasionalisering sal plaasvind maar dat daar nog net besin moet word hoe dit prakties uitgevoer moet word.”
HEILIGE HAAT
God gee aan gelowiges duidelike opdragte in sy Woord. Sommige daarvan is relatief maklik terwyl ander weer baie moeilik is. Sy opdrag om jou vyand lief te hê, is seker een van die allermoeilikstes. In Matt.5:44 hoor ons Jesus sê: “Julle moet julle vyande liefhê; seën die wat hulle vervloek, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir hulle wat julle beledig en julle vervolg”.
Die vraag is of ons alle vyande ongekwalifiseerd moet liefhê?
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (19) (SLOT)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
DIE WARE DOOP MET DIE HEILIGE GEES
“Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne, en ons is almal van een Gees deurdronge” (1 Kor.12:13).
Die charismate se Geestesdoop is vreemd aan die Bybel. Nêrens is daar ‘n opdrag om met die Heilige Gees gedoop te word nie. Die Bybel sê dat gelowiges met die bekering in die liggaam van Christus gedoop word (teks). “julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van God nie het nie, diè behoort nie aan Hom nie” (Rom.8:9).
Die NT verwys sewe keer na die doop met die Heilige Gees en al sewe keer in Grieks in die indikatief. Nooit as ‘n opdrag nie. Die Bybel is vol ander opdragte, veral Paulus se briewe. “Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul” (Efes.5:18). Ons moet alle oormaat vermy omdat dit ons bande met Christus kan losmaak. Vanaf vers 19 vertel Paulus hoe die vervulling met die Heilige Gees lyk sonder om eenmaal na verruklike godsdienstige ervarings en/of tale sprekery melding te maak soos wat die charismate leer!