Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Veral in ons liefde vir ons naaste word ons gehoorsaamheid aan God soms baie erg beproef. Wanneer dit in sulke tye so moeilik is om gehoorsaam te bly moet ons steeds onthou dat God se liefde die enigste uitkoms is en daaraan vashou deur bedaard en rustig voort te werk volgens sy Wil.
NASPERS SE DAE IS GETEL!
Op die webwerf van die Afrikaner Volksparty verskyn daar in 'n uitstekendbewoorde artikel, sterk reaksie op die smeerveldtog wat sopas weer teen die Afrikanervolk geloods is in 'n artikel in Rapport van 7 Augustus. Tereg noem die skrywer die besoedelde nasionale media die "Rioolpers" wie seker nie laer kan daal as in hierdie aanklag dat ons Voortrekkerhelde nou skielik kindermolesteerders en verkragters was nie. As hierdie joernaliste wat hulself as instrumente laat inspan in die diens van Satan - hierdie aanslag kom van nêrens anders - op 'n dag soos mis voor die son deur ons hemelse Vader van die aarde gevee word, moet niemand verbaas staan daaroor nie: lees daarom gerus Gawie se artikel hier:
DIE RIOOLPERS SE AANSLAG OP ONS VOLK
Deur Gawie
In Rapport van 7 Augustus 2011 word nog ‘n aanslag op die Afrikanervolk geloods. Hierdie keer op een van sy helde van weleer, naamlik die Voortrekkerheld, Andries Pretorius. Pretorius, die held van Bloedrivier, word nou as ‘n kindermolesteerder en verkragter uitgebeeld volgens “navorsing” van ‘n sekere dr JC van der Walt. En Rapport aanvaar uiteraard sonder meer die weergawe van Van der Walt.
Die feit dat Andries Pretorius onskuldig bevind is en dat Pretorius se biograaf, professor BJ Liebenberg reeds vroeër bevind het dat die aantygings teen Pretorius ongeloofwaardig en deel van ‘n komplot was, kon Van der Walt en Rapport nie skeel nie. Die doel van die artikel was immers om maar net nog ‘n smerige aanval op die Afrikaner se geskiedenis te maak. Die boodskap is duidelik: Ons het nie helde nie, ons geskiedenis is een groot onreg, wat aan ons oorgelewer is deur ons voorouers is bedrog - ons volk (as daar enigsins van ‘n volk gepraat kan word) is die uitwasse van die mensdom.
In dieselfde asem word die liberalis opgehemel asof dit ons volk se redding is, word elke vorm van verbastering lof toegeswaai en duur die aanval teen ons volk se sedes en moraal onverpoosd voort. Dat verraaiers soos FW de Klerk en sy broer en Pik Botha (om maar enkeles te noem), se tallose sedelose praktyke nie deur hierdie rioolkoerant geopenbaar word nie, spreek boekdele. Nee. Dit is elke keer die nasionalis - die regse Afrikaner - wat dit moet ontgeld. Op dieselfde wyse het Rapport die smeerstories wat oor Eugene Terre’blanche na sy marteldood versprei is, aangegryp as die waarheid. So asof die moordenaars in sulke omstandighede rede gehad het om te moor!
In die afgelope 17 jaar het baie min Afrikanerkinders gehoor van die heldedade van ons Voortrekkerleiers. Min van hulle weet van die leierskap, integriteit en onverskrokkenheid van Andries Pretorius. Hoe hy ‘n klein groepie manne saamgesnoer het tot ‘n hegte eenheid. Hoe hy geweet het dat durf en moed alleen nie genoeg was om die oorwinning te verseker nie en daarom ‘n Gelofte afgelê het. Van die ontberings, opofferings en teenspoed wat hierdie man moes verduur ter wille van sy volk. Sodat ook Rapport se verslaggewers vandag steeds
Hierdie vryheid wat Pretorius aan ons volk gegee het, kon die liberalis nog nooit na waarde skat nie. En terwyl die liberalis lustig afbreek aan dit wat ons heldedom daargestel het en so in vervoering raak oor die “onreg van die verlede”, is hulle hoegenaamd nie in staat om te sien dat dit wat daardie verlede vervang, afstuur op ‘n bloedbad nie.
Die nasionalis word gestaal deur berigte soos hierdie. Rapport se droomwêreld van skinder, losse sedes, prul vermaak en sport afgode is op sand gebou. Ons volk se geskiedenis is deur vuur gelouter. Karakters soos dié van Andries Pretorius is beproef en deur ons volk na waarde geskat. Niks wat Rapport vandag probeer doen,
Wanneer ons volk en veral sy kinders kennis gaan neem van die heldedade van Andries Pretorius, in teenstelling met die skinderstories wat nou versprei word, sal Rapport die golf van nasionalisme wat oor hierdie land gaan waai, nie kan keer nie. Nie eers met al die geld waaroor dit beskik nie. Want die geskiedenis wat Rapport so graag wil verander, is bewys van die onvernietigbaarheid van nasionalisme.