NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Hulle wat nie met hul daaglikse brood alleen tevrede is nie maar met 'n onbeteuelde hebsug na grenslose besittings jaag, en dan nietemin God met bede aanroep vir hul daaglikse brood, doen niks anders nie as om Hom te bespot. Want om te bid vir dinge wat hulle eintlik verfoei – die eenvoudige daaglikse brood – is huigelagtig.

DANIE THERON

ONS EIE HELDE

Lees reeks by Ons eie helde

Dr JP Botha

Die verhaal van die Boere se baasverkenner gedurende die Tweede Vryheidsoorlog.
In dieselfde jaar wat die Kaapkolonie uiteindelik 'n mate van selfregering gekry het en die Britse druk op sy inwoners redelik verlig is, is ek, Daniël Johannes Stephanus Theron op 9 Mei 1872 in Tulbach gebore.  Hier in die Kolonie moes ek my maar later egter tevrede stel om by gevestigde Engelse inrigtings opgelei te word.

Ons was 'n groot gesin.  My pa en ma het albei uit vorige huwelike saam sewe halfbroers en -susters by ons eie gesin se agt kinders gevoeg.  Ek het van my tiende jaar af pal by my halfbroer Johannes Pretorius gebly.  Hy was onderwyser en toe hy as skoolhoof na Bethlehem verhuis, is ek saam en toe weer in 1884 na Middelburg, Kaap en toe weer in 1887 toe hy Rouxville toe is.

Ek het in 1888 my School Higher Examination in die eerste klas geslaag en terselfdertyd 'n beurs verwerf om aan die Normaalkollege in Kaapstad vir onderwyser te gaan studeer, maar ek het ook gelyktydig by die Universiteit ingeskryf vir die matrikulasiekursus.  Ek het die volgende jaar die onderwysersertifikaat verwerf en in die matrikulasie-eksamen met lof geslaag.

Daarna was ek op die plaas Nooitgedacht in die distrik Kroonstad as Goewerments Rondgaande Onderwyser bedrywig, maar in 1891 het ek vir 'n pos in die staatsdiens van die Zuid-Afrikaansche Republiek aansoek gedoen.  Toe ek dit nie kry nie, waarskynlik omdat ek 'n vreemdeling vir Transvaal was, het ek 'n rukkie op 'n plaas in die distrik Zoutpansberg gaan boer.  Twee jaar daarna het ek ingeskryf as prokureursklerk by 'n firma op Pietersburg en kon toe, omdat ek reeds twee jaar in die ZAR woonagtig was, as burger naturaliseer, maar ek sou na twaalf jaar eers kon deelneem aan verkiesings vir die volksraad en president.

In 1894 het die Malaboch-oorlog uitgebreek.  Ek was een van tien ongetroude manne wat kommandant-generaal Joubert se lyfwag gevorm het.  Ons het hom na Blouberg vergesel en ook aan skermutselings deelgeneem.  Ek het ook as rapportganger vir hom opgetree.  Omdat ek dit alles suksesvol uitgevoer het, het die Generaal so 'n vaderlike liefde vir my ontwikkel dat ek later, toe ek na Pretoria verhuis het, 'n tyd lank by hom ingewoon het.

In plaas van om nog twaalf jaar vir volle burgerskap in Transvaal te wag, is dit nou aan my toegeken na my deelname aan die Malaboch-oorlog.  Ek het my hierna op Pelgrimsrus gaan vestig, waarheen my firma in 1895 verhuis het, maar die vakansietyd tussen Kersfees en Nuwejaar het ek op Pretoria gaan vier.

Hier het ons op 30 Desember gehoor dat Jameson met 'n gewapende troepemag die Republiek binnegeval het en op pad was na Johannesburg.  Generaal Joubert het onmiddellik die burgers opgekommandeer om Jameson te gaan stuit en toe die Britse Hoëkommissaris agterkom wat Jameson besig was om aan te vang, het hy deur sy verteenwoordiger in Pretoria 'n kwaai brief aan Jameson gerig en hom beveel om die Republiek onmiddellik weer te verlaat.  'n Sekere Daniël Bouer moes as persoonlike gesant van die Engelse die brief aan Jameson gaan aflewer en ek is aangewys as persoonlike gesant van die Kommandant-Generaal, wat vir Bouwer moes vergesel.  Ons het die meer as 100 kilometer deurgery sonder om te rus en 'n paar keer by plase aangery om vars perde te kommandeer, terwyl ek die burgers ook sommer opgeroep het.  Ons het die brief afgelewer en teruggekeer.

Dr Jameson het hom nie daaraan gesteur nie en is met sy oprukkende bende naby Krugersdorp in 'n skermutseling tot oorgawe gedwing.  Ek was nie daar nie, maar het later vir die regering gehelp om die invallers se wapens en krygstuig in ontvangs te neem.

Hierna het ek nie weer na Pelgrimsrus teruggekeer nie maar my opleiding as prokureur en notaris verder op Pretoria voortgesit.  Ek het in 1896 my regseksamens alles met lof geslaag en in 1897 'n prokureurspraktyk op Krugersdorp geopen.  Ek moes spoedig 'n prokureursklerk in diens neem en 'n rukkie later ook my halfbroer by wie ek as kind gebly het, en nog 'n bietjie later het Victor Kotzé as vennoot bygekom.

In hierdie tyd het ek 'n lieflike meisie ontmoet aan wie ek my nie lank daarna nie, verloof het.  Haar naam was Hannie Neethling.  Maar sy en haar suster Etta het kort daarna longontsteking opgedoen en is op 29 Augustus 1898 albei daaraan oorlede.  Haar omverwagte dood was vir my 'n baie swaar slag.

In my prokureurspraktyk het dit baie goed gegaan. Ek was druk besig, maar het darem nog tyd gevind om in die heersende politiek belang te stel.  Ek was 'n uitgesproke aanhanger van generaal Joubert se meer liberale beleid en was van mening dat president Kruger 'n beter verstandhouding met Groot-Brittanje kon bereik deur meer toegewend te wees ten opsigte van die eise van die uitlanders aan die Rand.  Maar ek is gaandeweg deur Brittanje se houding ontnugter en het besef dat geen toegewing van die ZAR die Engelse ooit tevrede sou stel nie, behalwe om beheer oor die land oor te neem.

Die Johannesburgse koerant, The Star, het gereeld saam met die uitlanders aan die Rand lawaai en die Republiek in 'n slegte lig gestel en die Boere beledig.  Op 22 April 1899 het daar weer 'n artikel in die koerant verskyn waarin beweer is dat die ZAR met reg sittingsreg op die Haagse Konferensie geweier is.  Ook dat hy die Londense Konvensie al verskeie kere geskend het, want hy besit geen reg om verdrae te sluit nie en dat president Steyn, wat sê dat sy uitsluiting 'n belediging vir die hele Afrikanerdom is, daardeur die liberale Afrikanerbevolking van Kaapland en Natal beledig, want hulle is nie so oningelig en bevooroordeeld soos die Transvaalse Boere nie.

Toe ek nog 'n tweede hoofartikel met dieselfde beledigende strekking lees, het my bloed gekook.  Ek was keelvol vir die beledigings wat ons Boere in hierdie tyd voortdurend van die uitlanderbevolking van Johannesburg moes opvreet.  Ek het die trein na Johannesburg gehaal.  Toe ek van die stasie af na die Star se kantore aanstap, ontmoet ek een van my vriende en nooi hom saam.  Hy het nie geweet wat ek wou gaan doen nie.  Uiteindelik het ek voor mnr Moneypenny, die redakteur wat nog maar twee maande in Suid-Afrika was, te staan gekom en aan hom sy gewraakte artikels voorgelees en geëis dat hy in sy koerant daarvoor moet apologie aanteken, wat hy toe geweier het om te doen.  Ek het hom gewaarsku dat ek hom gaan slaan en toe 'n hou op sy regteroog geplant dat jy net brilglasstukkies kon sien spat.  Meer mense het die kantoor binnegestorm, maar hulle het dit nie gewaag om aan my te vat nie.  Ek het vir Moneypenny buite toe genooi om hom verder te straf, maar hy het verkies om liewer die polisie te skakel.

In die hofsaak wat gevolg het, het ek my eie verdediging waargeneem.  Elke keer as ek Moneypenny in die hoek dryf oor sy koerant se vyandigheid  teenoor die regering, weier hy om te antwoord.  Maar ek het erken dat ek hom aangerand het en is met die bedrag van £20 beboet.  In die hof was 'n stuk of  veertig burgers aanwesig, wat dadelik toe die vonnis bekend word, 'n bedrag van vyf en twintig pond en ses sjielings (£25-06-00) bymekaar gemaak het om die boete te betaal.

Die Britse pers het natuurlik oor hierdie voorval erg gal gebraak. Die klomp uitlanders het op 10 Junie 1899 in Johannesburg 'n massavergadering gehou wat deur ongeveer 4 000 tot 5 000 bygewoon is en waar ek self teenwoordig was.  Dit was vir my weer meer as duidelik dat hul griewe nie om gebrek aan stemreg gegaan het nie, maar om besit van die land.  Daarna het ek en 'n paar vriende ook 'n vergadering belê wat eweneens deur ongeveer 5 000 Boereondersteuners bygewoon is.  By hierdie vergadering en die volgende een wat ons by Paardekraal gehou het, was die onafwendbaarheid van die oorlog vir almal duidelik en ek het begin dink hoe om my daarvoor na die beste van my vermoë voor te berei.

Ek het 'n rapportgangerskorps op fietse in gedagte gehad, om perde te spaar en omdat fietse minder onderhoud verg as perde.  Fietse word ook nie moeg, honger en dors soos perde nie.  Hulle vorm 'n kleiner teiken as 'n perd en kan so lank gery word as wat die fietsryer kan ry.  Om my idees en planne hiermee te propageer en in werking te stel, het ek 'n vriend van my, Koos Jooste, wat 'n kampioen-fietsryer was, nodig gehad.  Koos wou eers niks weet nie, maar ek het hom met 'n politieke lesing oor Engeland se hebsug en onregverdigheid oortuig en toe het ons twee aan die werk gespring.  Ons is die volgende dag na generaal Joubert om ons planne aan hom voor te lê.  Hy was eers maar baie skepties en het dit sterk betwyfel of 'n man op 'n fiets beter werk sou verrig as een op 'n perd.  Maar hy het ons uitgenooi om die volgende dag weer te kom en 'n ysterperd saam te bring sodat hy dit kon besigtig.  Toe ons weer daar opdaag, was ons verras om 'n hele paar lede van die krygsraad en president Kruger daar aan te tref.  Koos het onder andere vertel dat hy van Pretoria na Kaapstad met sy fiets in 8 dae, 22 uur en 49 minute gery het, waarop president Kruger gesê het dat 'n perd dit onmoontlik kan doen.

Die President en die krygsraadslede was tevrede, maar generaal Joubert het voorgestel dat ons die middag om 4 uur 'n perd en sy ruiter moes laat resies jaag  teen 'n fietsryer vanaf Kerkplein na Krokodilrivierbrug, 'n afstand van 3 uur te perd, en dan weer terug.  Op die brug sou iemand 'n rapport vir generaal Joubert oorhandig aan die persoon wat eerste daar aanland.  Toe ons op Kerkplein kom, was daar 'n skare om vir Koos op sy fiets en vir ene Martiens op sy skimmelperd toe te juig.  Eers was Martiens natuurlik voor, maar buite die stad het Koos vir 'n vale begin trap en gou die skimmel verby gery en die reis in 3 uur en 10 minute heen en weer voltooi.  So het ons toestemming gekry om met die wielryerskorps te begin.

Ons het goeie en duur toerusting aangeskaf, fietse wat rowwe behandeling kon verduur.  Toe kom daar 'n handelsreisiger by generaal Joubert wat fietse baie goedkoper aanbied.  Koos het toe weer 'n toetsrit gemaak op 'n baie slegte stuk pad, waar die goedkoop fiets gebreek het, maar ons duurder een niks oorgekom het nie.  Koos het ook gesorg dat ons fietsbande nie lekplekke opdoen deur dorings en spykers nie, deur die binnebande op die loopvlak met 'n harde strook rouleer te beskerm.

Ons het onverwyld voortgegaan om lede vir die korps te werf, sodat ons op 14 September 1899 reeds genoeg manskappe by 'n vergadering te Langlaagte byeen gehad het.  Daar het ek hulle feitlik opgelei en vir hulle taak afgerig om rapporte te vervoer, veral op plekke waar daar geen telegraafverbindings sou wees nie.  Twee dae later was ons korps reeds volledig georganiseer, met offisiere en manskappe in 6 seksies verdeel.

Ek wou graag voor die verwagte uitbreek van die oorlog genoeg inligting laat versamel oor Britse troepesametrekkings, geskikte staanplekke vir die kommando's en beskikbaarheid van waterbronne en weiding vir die diere.  Ek het met die eerste ses man met hierdie doel na Kimberley vertrek, maar dit was 'n mislukking want hulle wou ons nie toelaat om op Kimberley die trein te verlaat nie.  Na ons terugkeer is ek per fiets oor Lichtenburg na Mafeking.  Daar het ek waardevolle inligting bekom oor die Britse garnisoen, dorpsbewoners en ander sake.  Ek het my as Engelsman voorgedoen en niemand het my herken vir wie ek was nie.

Ek is daarna met my fiets op die trein na Bulawayo. Met my aankoms daar het ek agtergekom ek word van spioenasie verdink en val toe dadelik weer in die pad met my fiets.  Ek het die Limpopo redelik ongeskonde bereik en met 'n selfvervaardigde vlot oorgesteek, maar op pad Pietersburg toe het 'n uitstaande boomwortel my laat val en my goeie fiets erg beskadig.  Ek het hom met hout en draad gespalk en daarin geslaag om die trein op Pietersburg te haal en op 24 September weer by my huis op Krugersdorp te wees.

Ek was reg oor die onvermydelikheid van die oorlog en ek was ook reg om my korps nog voor die oorlogsverklaring uitgereik is, verkenningswerk te laat doen.  Generaal Botha het dit besef en later gesê:  "Danksy Theron se optrede was die regering goed ingelig oor vyandelike bewegings, voordat die eintlike stryd begin het."

Om my korps doeltreffend te laat funksioneer moes ek dikwels oor lang afstande van die een afdeling daarvan na die ander beweeg en kon dus moeilik ook nog self rapportganger wees, maar toe die krygsraad vir Koos Jooste as onderkaptein van die korps aanstel, het ek meer geleentheid gehad om met 'n afdeling van my manne die kommando's persoonlik van diens te wees en ook aan gevegte deel te neem.

Toe die oorlog uitbreek, is ons saam Natal toe.  Ons het deelgeneem aan die gevegte by Talana, Dundee en Ladysmith.  Volgens 'n verslag van Reuter se korrespondent het ek my in die skermutselings so onverskrokke gedra dat die regering my gerus daarvoor met 'n spesiale toekenning kan beloon en vereer.  Hy sê ek het my nooit aan enige gevaar gesteur wanneer ek meer as een gewaagde opdrag en sending vir generaal Joubert moes uitvoer en afhandel nie.

Van Ladysmith af het ek en my afdeling die kommando's na Estcourt vergesel en deelgeneem aan die geveg by Frere, waar Winston Churchill gevang is.  Toe daar sprake was dat hy weer losgelaat sou word omdat hy dan sogenaamd net 'n verslaggewer vir sy koerant in Engeland was, het ek na Pretoria getelegrafeer dat hulle dit tog nie moet doen nie.  Ek het gesien hoe die astrante kêreltjie aktief aan die geveg by Frere-stasie deelneem.  Hy het vrywilligers uitgeroep en hulle gelei toe die offisiere in die war was.  Hy gee nou voor dat hy nie aan die geveg deelgeneem het nie.  Dit is alles leuens.  Hy wou ook nie stilstaan toe veldkornet Oosthuizen hom gewaarsku het om oor te gee nie.  Eers toe Oosthuizen met sy geweer op hom aanlê, het hy hom oorgegee.  Ek het gesê Churchill is een van die gevaarlikste gevangenes wat in ons hande is.

Toe die groot Britse troepemagte in aantog was om Ladysmith te ontset, het generaal Piet Joubert my verskuif na die personeel van generaal Louis Botha, as hoof van die rapportgangers-afdeling.  Ek was aan die Tugela in die hewigste gevegte van die hele oorlog, in die slag van Colenso en by Spioenkop.  Generaal Botha het later in 'n verslag oor my en my korps se ondersteuning en diens aan hom en sy kommando's gesê dat ek gedurende al die tyd onder sy bevel gehoorsaam en getrou was en as offisier onverskrokke en bekwaam en as krygsman 'n held was.  "Nooit het ek iemand ontmoet wat meer deurtastend te werk gegaan het, wat opgewekter 'n moeilike taak volbring het, hetsy as leier, as spioen of as aanvoerder by 'n aanval nie.  Die woord 'nee' het Theron nooit geken nie.  Wat hom opgedra is, dit het hy gedoen.  Transvaal het geen dapperder man opgelewer nie."  Ek was dankbaar dat ek vir my land dit alles kon doen.

Die burgers het by die stigting van ons korps gemeen dat ons maar 'n lekker ou werkie sou hê en nie soos hulle sou veg nie, maar hulle het gou van mening verander.  Wanneer ons almal saam na 'n dag van harde gevegte uitgeput na 'n rustydjie verlang, het ons rapportgangers se werk steeds aangegaan.Verslae oor die geveg moes afgelewer word, dikwels op 'n roete tussen vyandelike troepe deur, en ook verdere verkenningswerk oor die vyand se bewegings en verslag daaroor moes gedoen word.  Ons kon dus nie soos die ander burgers 'n bietjie rus nie.

Ek het dikwels in plaas van my fiets ook van perde gebruik gemaak en het een dag op 'n baie belangrike sending heen en weer, drie boerponies onder my doodgery.  Een nag het ek laat by die kommando aangekom en my slapende manne aangekyk en gesê:  "Kêrels, ek het nog een rapport wat nog vannag afgelewer moet word.  Twee van julle moet saam met my gaan."  Daar was geen reaksie nie, maar toe ek sê: "Toemaar, ek sal alleen gaan", spring 'n hele paar op, skielik wawyd wakker!  Ek het maar altyd probeer om die gevaarlikste take self uit te voer en toe te sien dat my manne goed versorg word, maar ek het deurgaans streng dissipline in die korps toegepas.

Toe generaal Botha sien watter groot bydrae ons tot die kommando's se doeltreffende funksionering en veiligheid lewer, het hy my gevra om soortgelyke korpse vir Natal, die Vrystaat en die Kolonie op die been te gaan bring.  Ek het toe vir 'n ruk lank maar min kontak met my eie wielryerskorps gehad, maar hulle het intussen selfstandig onder onderkaptein Koos Jooste en die offisiere van die kommando's waarby hulle ingedeel was, voortgegaan.

Onderwyl ek met hierdie belangrike taak besig was, kom ek in die Vrystaat by generaal De Wet se kommando uit in die omgewing van Paardenberg, waar lord Roberts met 10 000 troepe die laer van generaal PA Cronjé en 4 000 burgers vasgekeer en beleër het.  Generaal De Wet het my laat roep en gevra of ek kans sien om 'n mondelinge boodskap aan generaal Cronjé te gaan aflewer.  Ek moes aan hom gaan sê dat generaal De Wet gereed staan om vir hom 'n pad oop te skiet op 'n sekere punt waar hy self ook die Engelse kordon moes aanval en waarlangs hy dan met sy ruitery moes ontsnap, met agterlating van sy groot en lomp walaer wat dan noodwendig maar in die hande van die Engelse sou val.

Ek was gewillig om dit te doen en het daardie aand na donker met my gevaarlike onderneming begin en te voet so na as moontlik aan die vure van die Engelse wagposte beweeg.  Ek kon die wagte duidelik sien.  Tussen elke wagpos het daar gedurig twee wagte na mekaar toe en weer weg van mekaar af beweeg.  Ek was genoodsaak om hande-viervoet honderde treë ver oor skerp klippe en dorings te kruip.  Ek het daarin geslaag om ongesiens die paadjie te bereik waarlangs die wag moes terugstap, nadat hy 'n regsomkeer by sy maat gemaak het.  Toe hy by my kom, staan ek skielik regop voor hom en fluister dringend:  "As jy roer, is jy 'n lyk!"  Ek hou my rewolwer op hom en sê:  "Laat my deurkom na Cronjé se laer en jy sal niks oorkom nie."  Toe hy aarsel, druk ek die tromp van my rewolwer in sy maag en sê:  "Marsjeer kalm na jou pos en jy sal niks oorkom nie.  Ek is haastig!"  Hy stap toe verder en ek verdwyn vinnig in die donker.

Vorentoe was die wagposte verder uitmekaar en ek is kruipende daar deur, om uiteindelik met bloeiende hande en stukkende knieë nog voor sonop generaal Cronjé se laer te bereik.  Dit was nie vir my lekker om die haglike toestand van die laer te sien nie.  Dit is toe al dae lank aanhoudend gebombardeer; waens lê stukkend geskiet, honderde perde lê dood in 'n gevorderde staat van ontbinding, die stank is iets vreesliks, die water is besmet en daar is geen voedsel meer nie.

Generaal Cronjé was gewillig om 'n poging aan te wend om generaal De Wet se plan deur te voer, maar sy krygsraad het daarteen besluit weens die feit dat hulle amper geen rydiere meer gehad het nie.  Ek het saam met die Generaal die burgers besoek en probeer motiveer maar kon geen entoesiasme by hulle wek nie.  Hulle fut was uit. Ek het daardie aand weer al kruipende na generaal De Wet se laer teruggekeer en hulle veilig bereik, al was daar nie meer 'n heel nerf aan my stukkende hande en knieë oor nie.  Die dag daarna, op 27 Februarie 1900, het generaal Cronjé aan die Engelse oorgegee.

Intussen het die gedagte by my posgevat om nie net ons wielryerskorps uit te brei nie maar om 'n volledige verkennerskorps vir ons twee republieke te stig.  Die twee regerings het daar hartlik akkoord mee gegaan en my reeds op 3 Maart al gemagtig om perde vir die korps aan te koop.  Ek het self die offisiere aangestel en president Kruger het aanbeveel dat ek die rang van veldkornet moet kry, sodat ek kon sitting hê op krygsrade.  In die Vrystaat het generaal De Wet my toegelaat om die beste 100 man uit die kommando's vir die korps te keur.

President Steyn het later oor hierdie korps van my gesê:  "Als er ooit een korps was dat door liefde aan zijn leider gebonden was, dan was het Therons Verkennings Korps.  Dit korps was onder zijn leiding een voorbeeld voor de andere kommandoes geworden en heeft getoond wat discipline kan doen.  Geen wonder dus dat dit korps, onder zijn aanvoering, zich met roem heeft overladen en dat later daaruit mannen zijn voortgekomen, die van onze bekwaamste en dapperste aanvoerders werden."

Toe ons korps op dreef kom, kon ek naderhand nie meer genoeg aandag aan ons wielryerskorps bestee nie en was ek verplig om die kapteinskap daarvan oor te dra aan Koos Jooste.  Toe kon ek ons verkennerskorps so organiseer dat hulle letterlik en figuurlik die oë en ore van die vegtende Boererepublieke geword het.  Net soos wat met ons manne op fietse die geval was, het die lede van ons verkennerskorps nie net alleen boodskappe en verslae vervoer en verkenningswerk gedoen nie, maar ook aktief aan gevegte deelgeneem, meesal selfstandig, sonder om die kommando's te vergesel.

Op 'n keer het ek en 50 man 'n Britse voorraadkolonne van 20 waens raakgeloop wat na Kimberley op pad was, begelei deur 400 perderuiters en kanonne.  Ons het hulle só die skrik op die lyf gejaag dat hulle net daar omgespring en na hulle hoofmag weggevlug het en 'n buit van 40 beeste en 147 perde in die hande van ons verkenners gelaat het.  By Tafelkop (Karee-stasie) het 17 van my manne in 'n heeldaglange, taai geveg ongeveer 400 Britse troepe teëgehou en buitendien nog 100 beeste herower wat die Kakies vroeër gebuit het.  Ons het telegraafdrade wat die Britte kon gebruik om boodskappe te stuur, vernietig en strategiese brugge opgeblaas en verraaiers, hensoppers en Britse meelopers gevange geneem.  Maar ons hooftaak was verkenningswerk.  Ons het inligting ingewin by simpatieke plaaslike persone, maar ook by gevangenes.  Ons het voortdurend naby die Engelse magte beweeg om hul getalsterkte en koers te bepaal en die inligting aan ons kommando's oorgedra.

Ek self was dikwels in Engelse kampe, in 'n Engelse uniform  in gesprek met Engelse offisiere.  Laubscher sê in  A Tribute to Commandant Danie Theron:  "During these excursions he went as Captain James.  His gaze was unwavering, and in a laughing way, with flawless English, he would dispel all suspicions, as he dined with the officers of the British as one of them."  By een geleentheid het die offisier met wie ek saamgeëet het, my gewaarsku teen die berugte Danie Theron wat dan in die omgewing sou wees.  Ek het
hom vir die waarskuwing bedank en later toe ek my perd opsaal, vir die staljong hierdie briefie gegee om aan die offisier te oorhandig.:  "Thanks for your hospitality and nice dinner.  You may be surprised to learn that you have tonight entertained Danie Theron." Ongelukkig kon ek nie bly om sy gesig te sien toe hy dit gelees het nie!

'n Ruk daarna het ons manne se perde 'n bietjie min geword.  Ek het toe in die uniform van 'n Britse offisier 'n klompie soldate wat op 'n dansparty was, se perde gaan opkommandeer en sodoende ons voorraad weer aangevul.  Eenkeer was ek, nadat ons 'n trein laat ontspoor het, só met Engelse soldate omring, dat ek moeilik kon ontsnap, maar ek was in 'n Britse uniform geklee en het toe maar vir die tommies ywerig na myself help soek.  Daar was lede van my korps wat dikwels Engelse kampe binnegedring het om sogenaamd groente te smous en soms het van hulle wat Skots, Wallies of Engels goed magtig was, in Britse drag gekleed en ten volle gewapen, in die kampe rondgestap en inligting versamel.

Ek het ons korps in kleiner afdelings verdeel en hulle oor 'n groot gebied versprei om verkenningswerk te doen.  Ek moes dus gedurig van die een groep na die ander beweeg om inligting te versamel en nuwe opdragte uit te reik  Daar was maar min geleentheid om te rus en te slaap.  Ek het gewoonlik maar sommer met klere en skoene en al 'n bietjie gaan lê, sodat ek altyd dadelik gereed was om te vertrek wanneer ek skielik geroep word.

Ek wou baie graag my korps uitbrei na 'n volledige gevegseenheid en toe generaal Botha my versoek toestaan, het ek hom vergroot na 300 man.  Onder hulle was heelwat bekwame en dapper uitlanders, Hollanders, Duitsers, Russe, 'n Ier, 'n Bulgaar, 'n Griek en selfs 'n Turk.  Ek het daarin geslaag om hierdie groot eenheid ook volkome te dissiplineer.

Nadat die Engelse ons hoofstede en die Witwatersrand ingeneem het, vertrek ek met 10 man in die rigting van Krugersdorp en Roodepoort, om die stasie te gaan inneem.  Die niksvermoedende Engelse soldate was besig met 'n onthaal in 'n sinkgebou naby die stasie, toe ons dinamietskote onder die spoorlyne en die stasiegebou begin ontplof en die geluid van hulle gesing Brittania rules the waves, totaal oordonder en uitdoof.  Ons verkenners het by die saal se uitgange gestaan en groot pret gehad om te sien hoe hulle by die deure in bondels op mekaar neertuimel in 'n poging om uit te kom.  Ons het sommige van hulle aan die hakskene uit die bondel uitgepluk, terug in die saal in, maar as jy hom laat los, peil hy maar weer bondel toe, kompleet soos 'n voetbalspeler in 'n los skrum.  Toe hulle tot verhaal kom, was ons al 'n hele end weg.

Op 26 Augustus 1900 het ons by Van Wyksrust, 16 kilometer suid van Johannesburg, 'n tronk waarin die Engelse 'n aantal Boere aangehou het, gaan oopbreek en 70 manne bevry.  Vier dae later was ek met 40 vrywilligers by Kliprivierstasie.  Ons het om 3 uur die nag 'n trein laat ontspoor en die bemanning gedwing om oor te gee.  Toe laat ek die Hollanders in die korps toe om net daar in die trein hul koninginnedag van 31 Augustus te vier, want op die trein was, benewens 'n groot besending klere, ook 'n groot voorraad sjampanje, sigarette, tabak en sigare.  Ek het die tommies toegelaat om saam in die buit te deel.  Dit was al te snaaks om te hoor hoe hulle luidkeels uitroep:  "God bless Wilhelmina!"  en   "Long live De Wet!" onderwyl hulle aan die drank weglê.  Daarna het ons met gloeiende kole uit die lokomotief die waens aan die brand gesteek.

Ek was pas terug by my laer op die plaas Elandsfontein in die Gatsrant, toe ek 'n boodskap van generaal Liebenberg kry dat hy hulp nodig het om 'n Engelse kolonne te help beveg wat van Johannesburg af op pad was na Potchefstroom.  Ons het afgespreek om in die vroeë oggendure van 5 September 1900 gelyktydig op die Engelse toe te slaan.  Maar toe ek volgens afspraak met my manne die rantjies beset waarvandaan ons die Engelse sou aanval sodra hulle onder skoot kom, ontdek ek dat generaal Liebenberg versuim het om hul aangewese stellings in die Gatsrant in te neem.  Toe die Kakies al naby was, besluit ek om saam met een van my verkenners te gaan ondersoek instel wat van die kommando geword het.  Ek het hom met ons perde aan die voet van die rant gelaat en te voet verder gegaan.  Ek het nooit verwag dat die Engelse hier spioene sou hê nie en toe ek op die drie man afkom, het ek hulle baie vinnig al drie neergeskiet en behoedsaam ondersoek ingestel of daar nie nog meer van die vyand was nie.

Die skote het die vyand se aandag getrek en die hele konvooi het in die vlakte tot stilstand gekom.  Toe hul kanonne in posisie reggetrek was, het hulle die rant waar ek was aanhoudend begin bombardeer.  Ek het begin om met my Mauser hul vuur te beantwoord, maar toe tref 'n bom 'n rots in my nabyheid en skerwe daarvan tref my in my skouer, my bors en my kakebeen.  In die volgende breuk van 'n sekonde toe ek val, het ek besef dat dit noodlottig was en toe het ek genadiglik niks meer geweet nie.

Die alomteenwoordige en voorsienende God, wat my toegelaat het om gedurende die eerste jaar van hierdie verwoestende oorlog met al my krag en vermoëns vir ons geteisterde Afrikanervolk te stry, het my huis toe geneem en verhoed dat ek die uiteindelike verwoesting en ellende wat later gevolg het sou aanskou.  Wat Hy doen, is wel gedaan.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10866 gaste aanlyn