Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Genade is nooit ooit vanselfsprekend nie. Ons dink omdat ons die genade oor ander mense sien, dit kom ons ook toe. Pleit liewer om genade vir jou skuld, dan sal jy opregte dankbaarheid daarvoor hê.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR
BEKENDSTELLING VAN DIE BOEK "DIE CHARISMATIESE GEVAAR"
Hierdie boek beslaan 90 bladsye en kos net R60 juis sodat dit wyd versprei en gelees kan word in 'n tyd waarin veral ons jongmense so maklik mislei word in kerke waar hulle geleer word om verdraagsaam te wees met dwaalleringe.
Ds Andrè van den Berg is 'n geswore skrywer oor hierdie onderwerp en gee lig op talle kwelvrae oor dié onderwerp. Hieronder volg sy voorwoord en die inhoudsopgawe van die boek sodat u meer daaroor te wete kan kom.
U kan dit direk by hom bestel by: 012- 3310365 of 074 967 5187
Andersins kan u dit per e-pos bestel by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Oppervlakkigheid het die vloek van ons tyd geword en die drang na onmiddellike bevrediging byna onversadigbaar. Mense wat aan die vermaaklikheidsgod verslaaf raak, verlaat toenemend hul Protestantse erfenis om by gevoelsgodsdienste soos die charismatiese bewegings aan te sluit. Gevoel seëvier bo die waarheid.
Die kerk is geroepe om in die wêreld in te beweeg en lig in die sondeduister te bring. Ongelukkig het die wêreld in talle kerke inbeweeg en ‘n vreemde evangelie laat posvat. “Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle” (I Joh. 4:5). Sodra die Evangelie in ʼn wêreldse idioom verkondig word, word ‘n wêreldse evangelie kort voor lank in ‘n Christelike idioom verkondig.
Satan is ‘n teenstander. Oral waar die kerk van Christus verrys, rig hy sy eie kapel van misleiding op die fondament van die leuen op (Joh. 8:44). Gevolglik is gelowiges van meet af aan in ‘n stryd om die verdediging van die waarheid gewikkel. Calvyn het gesê dat ‘n hond minstens blaf as sy eienaar aangeval word. Gelowiges durf nie swyg as die Woord van hul hemelse Eienaar aangeval word nie.
Om die leuen sy gang te laat gaan uit vrees vir konfrontasie, is lafhartig.
Gelowiges moet dwaalleraars teenstaan: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (II Tim. 3:16). Paulus het nie gehuiwer om dwaalgeeste aan te spreek en van hulle selfs aan die Satan oor te gee nie (I Tim. 1:20)!
Gelowiges het ‘n verantwoordelikheid teenoor die waarheid. In Handelinge 17 word iets prysenswaardig van die gelowiges in Beréa gesê: “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (:11).
Wie God liefhet, het die waarheid lief. Wie dwaal, het God nie werklik lief nie. ‘n Liefde wat nie op die waarheid gegrond is nie, is huigelagtige oorgevoeligheid en die teelaarde vir dwaalleer. Die waarheid moet egter altyd liefdevol verkondig word: “maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus” (Ef. 4:15).
Gelowiges is vredemakers: “Jaag die vrede na met almal ...” (Heb. 12:14). Desondanks durf hulle nooit terugdeins as die waarheid aangerand word nie. Verdraagsaamheid teenoor dwaalleringe neem deesdae epidemiese afmetinge in talle Protestantse kerke aan.
Met hierdie boek wil ek gelowiges help om in die Babelse verwarring op kerklike gebied die waarheid van die leuen te onderskei. Daarbenewens wil ek op die charismate wat hierdie boek lees, ‘n ernstige beroep doen om dringend te besin en hulle van die leuen af te keer.
André van den Berg
November 2011
INHOUD
VOORWOORD 5
HOOFSTUK 1: DWAALLEER
- Strategie 7
- Niks is nuut nie 7
- Ervaring 8
- Die tweede seën 9
HOOFSTUK 2: ONGELDIGE WAARHEIDSTOETSE
- Die Bybel eerste 10
- Subjektief 10
- Absurd 11
- Mistisisme 11
- Klemverskuiwing 12
HOOFSTUK 3: SKRIF OF ERVARING?
Die voorbeeld van Petrus 13
- Frustrasie 13
- Die Bybel is genoegsaam 14
- Ervaringsteologie 15
HOOFSTUK 4: GEEN NUWE OPENBARING NIE
- Die modelbenadering 17
- Die asem van God 18
- Profete 19
- Die Bybel alleen 19
HOOFSTUK 5: PROFESIE
- Die enigste toets 21
- Die gawe van profesie 21
- Die Roomse tradisie 22
- ‘n God van orde 23
HOOFSTUK 6: BYBELVERKLARING
- Hermeneutiek 24
- Anti-teologie 25
- Die vyf basiese beginsels 26
HOOFSTUK 7: MISVERSTANDE
- Die sonde teen die Heilige Gees 28
- Die onveranderlikheid van Christus 29
- Die stryd teen die Satan 29
- Die kern van die probleem 30
- Luister na God alleen 31
HOOFSTUK 8: WONDERWERKE
- Die doel van wonderwerke 32
- Jesus waarsku 32
- Handelinge nie normatief nie 33
- Die drie eras 33
- Bybelse ankerplek 35
- Geen ooreenkoms nie 36
- Geen opdrag nie 36
- Geen moderne profete nie 37
- Geen verdere apostels nie 37
- Geen herhaling nie 38
HOOFSTUK 9: DIE WAARHEID IN DIE SPERVUUR
- Wanorde 40
- Bekeringsmiddels 40
- Afstomping 41
- Verwarring 41
- Onkunde en verval 42
HOOFSTUK 10: DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES
- ‘n Wanbegrip 44
- Handelinge 2 44
- Handelinge 8 45
- Handelinge 10 46
- Handelinge 19 47
- Geen vaste patroon nie 48
- ‘n Ander heilsorde 48
- Die Bybelse standpunt 49
- Geestesvervulling 50
- Die vrug van die Gees 50
HOOFSTUK 11: DIE GEESTESGAWES
- Oorgangsgeskiedenis 53
- Demoniese invloed 54
- Bou of breek? 55
- Heideninvloed 55
- Weggevoer 56
HOOFSTUK 12: GELOOFSGENESING
- Absurd 58
- Drie kategorieë 58
- Die doel van wonders 59
- Valse genesing 59
- Gebedsverhoring 61
- Die groot verskil 61
- Genesing in die vroeë kerk 62
- Die doel van siekte 64
HOOFSTUK 13: DIE SPREEK IN TALE
- Gevaarlik 66
- ‘n Jammerlike herhaling 66
- Verstaanbare tale 67
- Tale minderwaardig 67
- Tale gaan eindig 68
- Gebrekkige Skrifinsig 70
- Geestelik nie sterker nie 70
- Satanstaal 71
- Aangeleer 72
- Sielkundige beïnvloeding 72
- Geestelike honger 72
HOOFSTUK 14: GEESTELIKE VOLWASSENHEID
- ‘n Groeiproses 73
- Twee groepe 73
- Stryd 74
- Geen ontsnaproete nie 75
- Oppervlakkigheid 75
Slotopmerking 77
BYLAAG A
Die doop 78
BYLAAG B
Die wegraping 86