Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons wil almal tog so graag 'n goeie selfbeeld hê sodat ons goeie verhoudinge kan handhaaf en sommer oor die algemeen meer selfvertroue kan hê om meer produktief te wees. Maar min mense weet egter hoe om by daardie punt in sy lewe te kom. Die enigste antwoord is om realistiese selfkennis op Godskennis te bou. En dít kan ons wel regkry wanneer ons ons oë op Christus gevestig hou. Daar is geen ander standhoudende fondament nie.
HEILIGE HAAT
" Ons mag hulle wat teenoor ons as mens oortree, nie haat nie, maar vergewe. Maar, indien hulle God haat, moet ons hulle, soos ‘n koning Dawid van ouds, met ‘n heilige haat haat. Wanneer die godslasterlike Filistynse reus Goliat Israel en sy God uitdaag, gaan Dawid hom in die eerste plek as die vyand van God tegemoet. Hy probeer nie met die heiden mooipraat of vir vrede onderhandel nie. ‘n Mens doen dit nie met God se vyand nie! Wanneer die klippie uit Dawid se slingervel die heiden tref, onthoof Dawid hom dadelik. God se vyand is geheel en al vernietig. Dis heilige haat en niks daarmee verkeerd nie! Dit red eerder gelowiges van die bose."
2.1 Weerspreek die Bybel homself?God gee aan gelowiges duidelike opdragte in sy Woord. Sommige daarvan is relatief maklik terwyl ander weer baie moeilik is. Sy opdrag om jou vyand lief te hê, is seker een van die allermoeilikstes. In Matt.5:44 hoor ons Jesus sê: “Julle moet julle vyande liefhê; seën die wat hulle vervloek, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir hulle wat julle beledig en julle vervolg”.
Die vraag is of ons alle vyande ongekwalifiseerd moet liefhê? Indien wel, weerspreek die Bybel hom! In Ps.139:21,22 lees ons die volgende woorde: “Here, sou ek nie diè haat wat U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my”. Die vraag is of die Bybel homself weerspreek? Op die oog af lyk dit so. Gelukkig is dit nie die geval nie. Die Bybel is God se Woord en derhalwe foutloos. Dit glo ek met my hele hart, siel en verstand. Die Bybel moet net reg verstaan word.
2.2 Jou vyande
In Matt.5:44 val die klem op die woorde julle vyande. Wat bedoel Christus hiermee? Mense wat as gevolg van jou geloof in Christus vyandig teenoor jou optree deur jou bv.te beledig, te haat en skade aan te doen. Wanneer iemand dit aan jou doen, is ons normale reaksie om terug te slaan. Jou opponent verwag dit. As dit nie gebeur nie, vat jy die wind uit sy seile en hy besef dat jy anders is. Dit gee jou die gulde geleentheid om van jou geloof in Christus teenoor hom te getuig.
Paulus skryf aan die gelowiges in Korinthe dat as iemand in Christus is, d.w.s die bekering gesmaak het, hy ‘n nuwe mens is. Gelowiges tree anders as sondaars op. Hulle meet met nuwe maatstawwe – geestelike maatstawwe. Daarom het hulle selfs diegene wat teenoor hulle oortree lief. Daarom leer Christus ons in die Onse Vader bid: “Vergeef ons ons skulde net soos ons ons skuldenaars vergewe”.
2.3 God se vyande
Daar is egter een vyand wat ons nooit mag liefhê nie nl.God se vyand. Dis die vyand waarvan koning Dawid in Ps.139 skryf. Ons is verplig om hulle te haat! Maar nou is dit uiters belangrik dat ons hierdie haat omskryf. Wat is haat? Dis ‘n gevoel van hewige afkeur. Daar is net een toelaatbare haat en dis die haat vir God se vyande. Ons kan maar van heilige haat praat omdat hierdie vyand ons nie in die eerste plek benadeel nie, maar ons God. Ons mag hulle wat teenoor ons as mens oortree, nie haat nie, maar vergewe. Indien hulle God haat, moet ons hulle, soos ‘n koning Dawid van ouds, met ‘n heilige haat haat.
Waarom praat ons van ‘n heilige haat? Heilig beteken afsonder of opsysit. Die gedagte is om anders te wees - anders as die normale. Heilige haat is ‘n anderse haat; anders as diè van mense. Dis God se sterk afkeur en dis net logies dat Hy van sy kinders verwag om dieselfde afkeur te hê en toe te pas. Kortom: Jy moet diegene wat jou te nakom liefhê, maar diegene wat God te nakom met ‘n heilige haat, nie met ‘n menslike een nie, haat.
Diegene wat God se vyand liefhet, het God by implikasie nie lief nie. Koning Agab is ‘n voorbeeld hiervan. In 1 Kon.20 lees ons hoedat hierdie goddelose koning van Israel ‘n opdrag van God verontagsaam en hom die oordeel van die Here op die hals gehaal het. Die Here gee hom opdrag om sy vyand met die banvloek te tref d.w.s in sy geheel – mens en dier- uit te wis. Agab doen net mooi die teenoorgestelde. God eis van ‘n koning liefde vir sy godvresende onderdane en die dood vir vyande. Agab laat Benhadad, die vyandkoning, leef en maak die godvresende onderdaan Nabot dood.
Dit gebeur ongeveer 700vC toe Agab in oorlog met Benhadad, koning van die Aramiërs was. Op daardie stadium was hierdie heidenkoning so magtig dat hy alreeds 32 konings onderwerp het. Wanneer hy teen Israel optrek, gee God aan hom die oorwinning en opdrag om Benhadad en sy land met die banvloek te tref. Waarom? Omdat hulle eerstens God se vyand was. Agab behaal die oorwinning en in 1 Kon.20:32 kom pleit die dienaars van Benhadad by hom om sy lewe te spaar waarop Agab as volg antwoord: “Lewe hy dan nog? Hy is my broer!”
Dis lynreg teen God se bevel in! Agab nooi selfs vir Benhadad om by hom op die wa te kom sit. God se vyand het Agab se broer geword! Dit kon nie ongestraf bly nie. God stuur ‘n profeet na Agab met die woorde van vers 42: ”So spreek die Here: Omdat jy die man wat deur my banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees”. Agab is baie kwaad vir die profeet terug huis-toe. Hierdie oordeel is drie jaar later voltrek toe dieselfde man wat by Agab op die wa gery het weer teen Israel opgetrek en dit verslaan het. As jy God se vyand nie verslaan nie, verslaan hy jou!
2.4 Die geskiedenis herhaal homself
Waarom het Suid-Afrika in die spoelsloot van die lewe beland? Omdat die Agabs van ons volk nie na die Woord van God geluister en die vyand verslaan het nie. Hierdie vyand was kommunisties georkestreer en derhalwe anti-christelik. Hulle was eerstens God se vyand. Hoe kon die Agabs van ons volk dit selfs oorweeg het om die vyand, wat geen geheim van hulle bose bedoelinge met die Boerevolk gemaak het nie, saam met hulle op die wa van staatkundige beplanning laat sit en van hulle broers gemaak het? Vandag heers die moderne Benhadad oor die Boerevolk! Nee, God se vyand verdien geen liefde nie, maar eerder algehele uitwissing!
2.5 ‘n Goeie voorbeeld
Hier was die jonge Dawid reg. Wanneer die godslasterlike Filistynse reus Israel en sy God uitdaag, gaan Dawid hom in die eerste plek as die vyand van God tegemoet. Hy probeer nie met die heiden mooipraat of vir vrede onderhandel nie. ‘n Mens doen dit nie met God se vyand nie! Wanneer die klippie uit Dawid se slingervel die heiden tref, onthoof Dawid hom dadelik. God se vyand is geheel en al vernietig. Dis heilige haat en niks daarmee verkeerd nie! Dit red eerder gelowiges van die bose.
Slotopmerking
Dink vir een oomblik waar Suid-Afrika nie vandag sou gewees het indien die Agabs van ons land die Benhadads betyds verdelg het nie! Maar deur hulle lewe te spaar en saam op die staatkundige wa te laat sit, het ons die Here baie kwaad gemaak en het ons ‘n skrikbewind as straf uit sy hand ontvang. As jy die vyand van God nie verslaan nie, verslaan hy jou!