Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Volgelinge van Jesus sit hulself neer maar tel ook iets op - ’n kruis. “….As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” Eers neersit, dan optel.
BID ASB VIR ONS BOERE
Die afgelope week se erge koue in die Oos-Kaap het sowat 5000 Angorabokke geëis, met die skade wat op sowat R3,5 miljoen staan.
Mnr. Barries Snijman, die voorsitter van die Rietbron-sybokhaarkwekersvereniging, sê 12 boere in die distrik het diere verloor, en by drie boere het 1000 of meer bokke gevrek.
Baie van die bokke is twee weke gelede geskeer. Snijman sê boere het hulle bes probeer om hulle bokke by skuilings te hou, maar as ‘n bok vir meer as 24 uur in die reën staan en ‘n koue wind waai, gaan die dier verkluim.
Nie boere se fout
KRUISTOGTE (3)
Dr JP Botha
Lees reeks by Kruistogte
DIE EERSTE KRUISVAARDERSTATE EN VEROWERING VAN JERUSALEM
Ten spyte van die kruisvaarders se swaarkry en probleme, was hulle baie dapper mense. Toe die Christene van die stad Edessa hulp vra teen die Mohammedane het Baldwin het sy leër dadelik gereageer.
In ‘n japtrap het Baldwin Edessa bevry. Die mense van die stad was verheug. Maar die slegte Baldwin wou hoof word van Edessa. Hy vermoor vir prins Thoros en verklaar homself hoof van Edessa. Op hierdie oneerlike manier het Edessa toe die eerste kruisvaarderstaat geword.
DIE TROMSLANER
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
'n Amerikaanse dokter vertel dat hy tydens die Amerikaanse Burgeroorlog ‘n chirurg in die leër was:
Op ‘n keer was daar na ‘n bloedige slag honderde gewonde soldate in die hospitaal. Onder hulle was daar ‘n seun wat slegs drie maande tevore as tromslaner by die magte aangesluit het. Hy was swaar gewond en my assistent wou hom ‘n verdowingsmiddel toedien, maar hy wou dit nie neem nie.
“Maar die dokter het gesê jy moet dit neem.”
“Stuur asseblief die dokter na my toe,” was sy antwoord.
ANDRIES PRETORIUS
ONS EIE HELDE (3)
Dr JP Botha
Lees reeks by Ons eie helde
Andries Pretorius vertel self:
Die berig van die Zoeloe-verraad teen Piet Retief en sy manne, toe Dingaan hulle op 6 Februarie 1838 laat vermoor het, en die tyding van die gruwelike moorde daarna op die weerlose Trekkers by Bloukrans en Boesmansrivier, het ons inwoners aan die Oosgrens van die kolonie diep geskok. Dit het veral my hart besonder geraak want ek het saam met hulle al die onreg deurgemaak wat die Kaapse regering voortdurend teen ons gepleeg het. Ek het in 1838 nog op my mooi plaas Letskraal, naby Graaff-Reinet gewoon, nadat ek in 1837 die Voortrekkerlaers in die binneland besoek het. Ek het dus hulle behoeftes geken en geweet hoe volkome weerloos hulle was toe die straftog teen die Zoeloes misluk en Maritz later in die jaar ook te sterwe kom.
WEE HOM WAT DIE OPBOU VAN ONS VOLK VERSTOOR!
"As ek tog maar my volk bymekaar kon bring!" – genl CR de Wet
BOER EN AFRIKANER: VINKEL EN KOLJANDER
Kriewelkop
Noudat die Afrikanervolk in sy grootste krisis ooit verkeer en dit van lewensbelang is dat dié wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort om die Afrikanervolk se voortbestaan te verseker, word gepoog om ‘n wig tussen behoudende Afrikanernasionaliste in te slaan, met argumente dat hier te lande twee blanke volke ontspring het. Daar word waaragtig sovêr gegaan om te probeer bewys dat daar genetiese verskille tussen Boer en Afrikaner is. Daar is egter al boeke vol geskryf waarom dit so is dat 'n Afrikanernasionalis ook trots Boer is maar nou kom ons volksvyande en probeer nog hiermee 'n verdere wig in ons geledere indryf.
Hoe sal ‘n Afrikanernasionalis dan nie ook trots Boer kan wees nie? Die beproewings en lyding wat hulle as “Boers” moes deurgaan vir oorlewing as gevolg van Engeland se barbaarse optrede teen hulle kan mos nie vergeet word nie!
DIE VIERDE VINGERTJIE
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
In hierdie gebeure was daar 'n predikant in Kanada wat in die noorde van die land onder die mense gewerk het. Dit was ‘n bitter koue tyd in hierdie landstreek. Die sneeu het soms weke aaneen op die grond gelê en daar was min mense wat dit kon uitstaan.
Nadat die predikant al maande lank daar was, hoor hy dat daar ver agter die Sneeuberge ook mense woon wat al amper wild geword het omdat hulle byna nooit ander mense sien nie. Hy besluit toe om hulle darem ook te gaan besoek en saal sy ryperd op en ry met die voetpad wat die mense hom beduie het. Dit was berg op en berg af tot hy weer op ‘n hoë bult uitkom en daar onder in die kloof ‘n huisie sien waar daar ‘n rokie trek. ‘n Entjie verder kry hy ‘n seuntjie wat skape oppas en wat verwonderd na hom kyk.
Hy klim toe af en sê: “Môre my kind, wat maak jy?”
“Oom ek pas skape op,” antwoord die kind.
“En wie pas vir jou op?”
“Ek weet nie, oom,” antwoord hy. “Ek is mos nie ‘n skaap nie.”
KRUISTOGTE (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by Kruistogte
DIE RIDDERS SE KRUISTOG
Die prinse en ridders van Europa het met leërs ook na Palestina begin trek. Langs die pad het al hoe meer mense by hulle aangesluit. Hierdie ridders en hulle volgelinge word die kruisvaarders genoem.
Die kruisvaarders het in Mei 1097 in Konstantinopel begin aankom. Konstantinopel was vir hulle die mooiste stad wat hulle nog ooit gesien het.
Maar keiser Alexius was nie so bly oor die aankoms van die kruisvaarders nie, want hy het onthou hoe die arbeiders alles verniel en besteel het. Alexius was bang dat hierdie kruisvaarders dieselfde sou doen. Hy het nie daarvoor kans gesien nie, want sommige van hierdie kruisvaarders was boonop ook nog vyande van die ryk van Bisantium.
ANDRIES HENDRIK POTGIETER
ONS EIE HELDE (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by Ons eie helde
Van Hendrik Potgieter, die leier van die tweede trek, wat die Kaapkolonie vroeg in 1836 verlaat het, is meermale gesê dat hy maar altyd na die noorde gehunker het omdat hy in Natal nooit enige heil gesien het nie, aangesien hy hierdie gebied as nog te na aan die Engelse beskou het. Maar dit is bo alle twyfel waar dat hy dié pionier is wat die republikeinse gebied wes van die Drakensberge vir die Voortrekkers gewen het. Hy het die gebied tussen die Vet- en die Vaalrivier van die naturellekaptein Makwana vir die Voortrekkers geruil, die Oorvaalse streek van die naturellegevaar gesuiwer en vir die Voortrekkers bewoonbaar gemaak.
Ek stel Potgieter verder self aan die woord:
JAPAN NEEM WRAAK
Dr Pieter van der Dussen
Japan se Wraak oor Hirosjima en Nagasaki
Vroeg in Augustus 1945 het die Amerikaanse lugmag een van die afskuwelikste misdade gepleeg deur atoombomme op die Japansa stede Hirosjima en Nagasaki neer te werp. Honderde duisende mense, hoofsaaklik burgerlikes, het in die aanvalle omgekom of is vermink en deur die gevolge van kernkragbesmetting aangetas. Die Japanse generaals wat nie harakiri gepleeg het nie, het onmiddellik aan die Amerikaners oorgegee.
Die gebeurtenis is nooit vergeet nie. Vanjaar is dit soos elke jaar tevore uitvoerig in Japan herdenk. Dit was egterr of daar 'n gesindheid van afkeer ingetree het. Japan het voorheen, veral na 1970, begin terugslaan. Hy het Amerika begin aanvat waar dit hom die seerste kon maak: Die ekonomie.
DIE TRAKTAATJIE
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
“Jy hoef nie jou traktaatjies hier te laat bly nie,” sê die driftige man vir die welmenende kolporteur wat hom ‘n paar eenvoudige traktaatjies aangebied het. “ Neem hulle weg, want ek sê jou vooraf dat ek hulle gaan verbrand as jy hulle hier los!”
Die kolporteur het egter die traktaatjies neergesit en weggestap. Toe skree die man agter hom aan: “Kom terug! Kom vat jou goed! Wat jy hier los, verbrand ek!”
‘n Jaar daarna het die kolporteur hom weer op dieselfde plek bevind. Hy het onthou hoe die kwaai kêrel gedreig het om die traktaatjies wat hy daar gelaat het, te verbrand en soek hom toe weer op. Hy was baie verbaas toe die man hom baie vriendelik ontvang en nog meer verbaas toe dié hom ‘n Bybel vra.
DIE EERBIEDIGING VAN ONS VYANDE
CJ LANGENHOVEN
Lees reeks by Honderd Prekies - Langenhoven
As jy jou vyand respekteer voordat julle twee aanmekaar spring, sal daar miskien rede wees om hom te minag as julle klaar het met mekaar.
Hierdie raad is nie oorbodig nie. Behalwe wanneer 'n man uit wanhoop of wraaksug of ook wel pligsbesef stry, het jy gewoonlik die vaste hoop dat jy sal wen. Jy sou nie 'n proses aan die gang sit of verdedig, of 'n verkiesing bestry, of aan 'n geveg deelneem, as jou vooruitsig was om te verloor nie. Dan sou jy skik of terugtrek of hardloop. En juis die vertroue op die oorwinning is al vanself 'n minagting van jou vyand, want dit beteken dat jy sy kant as die swakste beskou.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (15)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
GODDELIKE GENESING
"Geloofsgenesing was ‘n wonderteken wat vir spesiale geleenthede gebruik moes word. Dit was nooit bedoel om gelowiges permanent in perfekte gesondheid te hou nie... God het nie hierdie gawe gegee het om gelowiges gesond te hou nie, maar as ‘n teken om ongelowiges van die goddelike waarheid van die Evangelie te oortuig".
Genees God vandag nog siekes? Ja, maar slegs in antwoord op gebed. Dramatiese wondergenesings is egter baie skaars en is nooit die gevolg van iemand wat kwansuis ‘n gawe van genesing het nie. Laat ek dit baie duidelik stel: EK GLO NIE AAN GELOOFSGENESING NIE, MAAR WEL AAN GEBEDSVERHORING “...Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jak.5:16).
Charismatiese geloofsgenesings laat die kalklig op die mens en nie op God val nie, al ontken hulle dit heftig. Gebedsverhoring daarenteen laat die lig enkel en alleen op God val. Sy wil geskied ook by wyse van antwoord op gebed. Desondanks moet ons altyd soos Jesus in die tuin van Getsemane bid: “...Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied" (Luk 22:42). Gebede wat dit nie bevat nie, kan nie verhoor word nie.
VOORTREKKER – PIONIERS (28) (Slot)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Lydenburg skei af (3)
Lydenburg het Van der Hoff nou as Pretorius se predikant begin beskou en was vasberade om hom teë te werk. Die Lydenburgse kommissieraad het die gemeente se voornemens om ‘n eie predikant te beroep, ondersteun. Daarop het die Lydenburgse kerkraad die kommissieraad gevra om hulle behulpsaam te wees om by die Kaapse sinode aan te sluit omdat Van der Hoff om zyn wanstaltig levensgedrag, zyn ampt onder ons, zich heeft onwaardig gemaakt. Die kommissieraad het sy goedkeuring aan hierdie kerklike afskeiding geheg en beloof om so ver moontlik daarmee behulpsaam te wees.
Kommissieraadsbesluite moes egter deur die volksraad goedgekeur word. Wat die Lydenburgse gemeente se belange betref om ‘n predikant te beroep, het die volksraad in Junie 1855 te Rustenburg dit dan ook goedgekeur en bekragtig.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (14)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
GELOOFSGENESING
"Siekte tas elke mens op aarde aan en lei uiteindelik tot die dood. Niemand, nie eens diegene wat die werklike gawe van genesing gehad het, is die dood gespaar nie. Net Henog en Elia het nooit die dood gesmaak nie."
“En die hele volk het gesien hoe hy daar loop en God prys” (Hand.3:9)
Charismate lê baie sterk klem op geloofsgenesing. In Amerika ontmoedig The Faith Assembly selfs mense om van die mediese wetenskap gebruik te maak. Dis glo ‘n voortsetting van heksery en swart magie! Om ‘n dokter te besoek, stel jy jouself aan demoniese invloede bloot. Alhoewel charismate nie almal hierdie siening huldig nie, is baie van hulle skepties oor mediese wetenskap en vertrou eerder sg. geloofgenesers.
Baie charismate is al oorlede omdat hulle mediese sorg geweier het.
ONS VOLK EN SY DRIE-ENIGE AFGOD:
... GELD, MAG EN SEKS
Jeanette Koekemoer
"Soos elke ras, klas, kultuur en geslag sy eie stel afgode het wat hom verslaaf, het ons volk sý stel afgode wat hom in hierdie moeras gedompel het. Daar is geen manier waarop ons die slawe van 'n Swart kommunistiese regime sou word as ons geen afgode gelyk aan God gehad het nie."
Timothy Keller het 'n publikasie die lig laat sien wat weer vir my lig gewerp het op van die grootste oorsake vir die vervalle toestand waarin ons volk verkeer. Die boek, 'Counterfeit Gods: The Empty Promises of Money, Sex and Power, and the Only Hope that Matters', ontbloot die dwaling waar ons die goeie dinge in ons lewe neem en dit die heel belangrikste dinge in ons lewe maak. As individue stap die meeste van ons op hierdie dwaalpad; saam ís ons die volk wat hierdie pad stap; en as volk is die uiteinde wat daaruit spruit presies dít wat ons in 1994 gekry het – die straf op ons afgodediens. En ons kan maar voortgaan om die Swartes en die Kommuniste te skel – meeste daarvan verdien hulle – maar dit gaan geen snars verander aan ons situasie voordat ons die werklike oorsake van ons knegskap herken, en dit met oortuiging beveg nie.
Waarom sukkel die Afrikanervolk so om na die kern van die waarheid in die Woord van God terug te keer? Natuurlik is herkenning en erkenning van die dwaalpaaie waarop ons stap, en die terugkeer na gehoorsaamheid en nederigheid nie maklik nie.
KRUISTOGTE (1)
Dr JP Botha
Lees reeks by Kruistogte
HOE DIT BEGIN HET
'n Bietjie meer as negehonderd jaar gelede het Pous Urbanus II die Christene in Europa gevra om die Christene in die Heilige land van Palestina te gaan help veg teen die Mohammedane. In daardie dae was die enigste kerk in Europa die Rooms-Katolieke Kerk. Almal, selfs die konings, was gehoorsaam aan die Pous. Daarom het duisende mense hulle tuistes verlaat en na Palestina gegaan om teen die Mohammedane te veg. Dit word die Kruistogte genoem.
Daar was nie net een kruistog nie, maar sewe verskillende togte wat oor tweehonderd jaar plaasgevind het. Die eerste kruistog was ‘n groot sukses, maar met die ander het dit nie so goed gegaan nie.
PIET RETIEF
ONS EIE HELDE (1)
Dr JP Botha
Lees reeks by Ons eie helde
Toe Piet Retief vroeg in 1837 met die derde trek van die Voortrekkers vanaf die Winterberge in hul tentwaens noordwaarts vertrek, het daar 300 mense alreeds ‘n geruime tyd op die grens vir hulle gewag. Teen die helfte van Maart is Retief met sy trek deur die Grootrivier en het in April die ander Trekkers onder Gerrit Maritz en Hendrik Potgieter tussen Tabansjoe en Vetrivier bereik.
Die Trekkers het by Winburg ‘n volksvergadering gehou, waar hulle vir Retief as Goewerneur gekies het. Retief het daar besluit om met die Trekkers na Natal te verhuis, terwyl Potgieter verkies het om met sy mense die hooglande van Transvaal te bewoon. Maritz en Piet Uys het hulle by Retief geskaar en saam na Natal getrek.
ADINA SE BRIEWE (13)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
Was alles tevergeefs?
Net 'n dag nadat Adina haar vorige brief aan Rabbi Efraim geskryf het oor die kruisiging van die Here Jesus, het sy weer 'n volgende een aan hom geskryf. Sy het nog nie geleentheid gehad om die vorige twee briewe, wat sy so kort na mekaar opgestel het, met 'n trekkaravaan na Alexandrië te pos nie. Rabbi Efraim kon dus nog nie op sy dogter se vorige twee briewe antwoord nie. Adina het, nadat die sabbat op die Saterdagaand verby was, weer aan hom geskryf:
Aan my hooggeagte Vader
Noudat die liewe en wonderlike Jesus se haatlike vyande hul sin gekry het en hul doel bereik het om Hom te vermoor, sal ek nooit weer enige agting koester of respek betoon of eerbied voel vir hierdie klomp priesterhoofde, skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem se Sanhedrin nie. Ek sluit al die ou ongelowige Sadduseërs ook in.
VOLKSSTUDIES (2/8) SLOT
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
WIE WAS DIE WERLIKE SLAWEVANGERS?
" Ironies genoeg stam die Afrika-swartes wat die onreg van slawehandel so graag ophaal, nie van die slawe, maar eerder van die slawevangers af! Hulle was die jagters en middelman wat hul eie rasgenote aan buitelandse slawehandelaars vir drank en vuurwapens verruil het."
8.1 Vergoeding geeïs
Op die 35ste herdenking van die Afrika-bevrydingsdag het die destydse PAC vise-president, Motsoko Pheko, daarop aangedring dat Afrika vergoeding vir slawerny, kolonialisme en apartheid moet begin eis. Hy het beweer dat dit wat die Weste aan Afrika skuld, baie meer is as wat Afrika aan hulle skuld.
In die VSA gaan daar toenemend stemme ten gunste van vergoeding aan Afrika op vir sg.onregte wat hulle in die verlede aangedoen is. Hierdie selfverklaarde veronregtes is sonder uitsondering almal swart terwyl blankes die skobbejakke is. Blankes word as die selfsugtige, ryk bevolkingsgroep voorgehou wat swartes doelbewus onder-druk en van voorregte ontneem het. Dis 'n growwe belediging vir blanke gewetes!
ADINA SE BRIEWE (12)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
Dis naakte haat
Adina het 'n dag later weer aan haar pa geskryf:
Aan liewe vader Efraim
Daar het 'n verskriklike ding gebeur! Hulle het Jesus vermoor! Hulle het Hom gevang en gemartel en aan 'n kruis gespyker en Hy het gesterf! O Pappa, dis vreeslik. Ek wil vir u vertel wat verlede nag plaasgevind het en wat op hierdie droewige Vrydag gebeur het, sodat u self kan oordeel hoeveel haat en nyd in die harte van priesterhoofde, skrifgeleerdes, Fariseërs en baie van ons volksgenote skuil.
Jesus het gisteraand hier van oom Simon se huis af met elf dissipels na die Olyfberg gegaan. Ek het laat vanmiddag by die goeie dissipel Johannes gehoor dat Judas Iskariot 'n paar dae gelede al na die priesterhoofde toe gegaan het en vir hulle gevra het wat hulle hom sou betaal as hy vir Jesus in hulle hande sou besorg. Hy het dertig silwerstukke van hulle ontvang.