Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God wil hê dat ons soos diamante in sy Koninkryk skitter. Daarvoor word die hitte van beproewing dikwels benodig. Daar sou geen diamante gewees het as daar nie hitte was nie. Sulke beproewing is ook die diamantstof waarmee God sy juwele poets.
ADINA SE BRIEWE (16) (SLOT)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
Epiloog
Met Adina se aankoms in Alexandrië het sy een van die grootste en gelukkigste verrassings van haar lewe beleef. Rabbi Efraim het in sy eensaamheid gedurende haar afwesigheid die skrifte van die profete weer grondig ondersoek. Sy bevindinge en die dringende pleitredes in sy dogter se briewe, het die lig vir hom uiteindelik laat deurbreek toe hy ontdek dat Jesus van Nasaret werklik die gestuurde Messias van God is. Nadat hy Hom as Verlosser en Saligmaker aanvaar het, kon hy sy dogter ontmoet met 'n blye glimlag wat van vrede en geluk gestraal het.
Adina se vreugde het nie perke geken nie. Sy het nagte lank in Jerusalem vir haar vader se bekering gebid en kon nie ophou om in haar hart te juig oor die verhoring van haar gebede nie. Sy het daarna uitgesien om met sy ondersteuning, gehoorsaam aan Jesus se opdrag te wees en haar getuienis in die groot stad uit te dra.
Sy het in die stad 'n jong man met die naam Apollos ontmoet.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (4)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
KOMMUNISTIESE FRONTE
Ten einde soveel mense moontlik te betrek, organiseer die Kommuniste groot getalle Front-organisasies, elk waarvan bestem is om die eiebelang van 'n gegewe groep uit te buit. Sommige hiervan is plaaslik en tydelik, eenvoudig in formasie en omtrek, en ontwerp om een of ander plaaslike situasie ten volle te eksploiteer. Ander is op 'n wêreldwye skaal met geweldige, permanente struktuur wat jaar na jaar oor die hele wêreld opereer. Groot of klein, die doel van hierdie Fronte is om welmenende mense te werf om onbewus die kommunistiese sameswering te dien.
SENTER
Die beginsels waarvolgens 'n kommunistiese Front georganiseer word kan die beste verstaan word in terme van 'n reeks konsentriese sirkels. In die senter is die land se Kommunistiese Party,
DIE CHRISTEN EN DIE OWERHEID
VOLKSSTUDIES (3/1)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
" Moet die Boerevolk bv.die ANC-regering sondermeer as komende van God aanvaar en blindelings gehoorsaam?... Staatsgesag het egter nie onbeperkte gesag nie. Indien ‘n staat onreg pleeg, oorskrei dit sy gesagsperk wat God vir hom gestel het... Hy eis m.a.w meer as waarop hy geregtig is. Dan durf gelowiges so ‘n staat nie gehoorsaam wees nie! In so ‘n geval word weerstand nie ‘n keuse nie, maar eerder gelowiges se Christelike plig!... In Mark.12:17 beveel Christus ons om aan die keiser te gee wat hom toekom. En as hy sy perk oorskrei? Dan moet jy hom teenstaan! Sulke teenstand staan in die teken van gehoorsaamheid aan God! ... ‘n Regering wat wetsgehoorsames benadeel en boosdoeners bevoordeel, het geen bestaansreg en verdien derhalwe ook geen agting nie."
1.1 Alle gesag kom van God
Behalwe dat ons individue en lidmate van bepaalde kerke is, is ons ook burgers van aardse state. As landsburgers eis God sekere gedrag van ons. Hy eis dat ons aan die staat gehoorsaam sal wees omdat dit in beginsel sy gesag van God verkry. Hoe weet ons dit? Omdat daar geen ander mag in die heelal behalwe dié van God is en derhalwe geen magsbeoefening buite God
ADINA SE BRIEWE (15)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
God met ons
Adina het hierdie keer nog langer as tevore tevergeefs gewag op 'n brief van haar pa. Sy het so daarna uitgesien om te weet wat sy reaksie is op haar hartstogtelike pleitrede oor die Here Jesus. Sy het ook bekommerd geraak dat daar miskien iets ernstig met hom kon gebeur het en hy verhinder is om aan haar te skryf. 'n Karavaandrywer op die roete tussen Alexandrië en Jerusalem, met wie sy by die uitspanning gaan praat het, het haar egter verseker dat hy die rabbi 'n week vantevore gesien het en dat alles met hom wel is. Daarna het sy besluit om weer te skryf:
Aan my swygsame Vader
Ek het so gehoop om 'n brief van u te ontvang, maar ek begryp dat sekere omstandighede u seker verhinder het om hieraan aandag te gee.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (18)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
GEESTELIKE VOLWASSENHEID
“Maar ek sê vir julle: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerte van die vlees volbring nie” (Gal.5:16).
Geestelike volwassenheid is ‘n groeiproses wat met tyd en worsteling verwerklik. “sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei” (Kol.1:10). Charismatiese kerke glo nie aan ‘n groeiproses nie en leer dat daar ‘n kortpad na geestelike volwassenheid is; sonder enige tydsverloop of sielsworsteling. Dit val saam met die doop met die Heilige Gees. As jy dit ervaar, is jy glo geestelik volwasse.
Dis ‘n leuen. Daar is geen kortpad na geestelike volwassenheid nie! Niks tref ‘n gelowige soos ‘n weerligstraal uit die hemel om sy geestelike turbo-aanjaer in werking te bring nie.
DIE GEWILLIGE SLAAF
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
'n Engelse handelaar was op reis in die Levant op ‘n Turkse skip en gedurende die reis het ‘n interessante slaaf, ‘n Moeselman, sy aandag getrek. Hy het ‘n gesprek met hom aangeknoop en gevind dat hy ‘n intelligente en gevatte man was wat onder beter omstandighede ook sterk kon liefhê. Toe het hy moeite gedoen om nog meer besonderhede oor die man se lewe te wete te kom. Hy het vasgestel dat hy ‘n vrygebore persoon was wat in die oorlog gevange geneem is. Die handelaar was vervul met medelye vir hierdie hulpelose gevangene. Hoe beter hy hom leer ken het, hoe meer het hy in sy welvaart belang gestel.
PRESIDENT PAUL KRUGER
ONS EIE HELDE (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by Ons eie helde
Die plaas Bulhoek waar ek, Stephanus Johannes Paulus Kruger op 10 Oktober 1825 gebore is, is in die distrik Steynsburg van die Kaapkolonie geleë. Daar was destyds 'n geleidelike noordwaartse beweging van ons veeboere aan die gang sodat my ouers, Casper en Elsie Kruger, in 1836 reeds noord van die Oranjerivier gewoon het toe die Groot Trek op dreef gekom het.
Ons het by die trek van Hendrik Potgieter aangesluit en ek het as elfjarige seun in die slag van Vegkop gehelp om gewere te laai. 'n Jaar later was ek saam met die kommando wat vir Silkaats in Mosega en Kapain gaan straf het.
Daarna het ons oor die Vaalrivier getrek en in die omgewing van die Magaliesberg gaan woon. Ek kon toe al vir my twee plase uitsoek, want ek was toe al 16 jaar oud. Ek het toe ook in die huwelik getree met Maria du Plessis, maar sy is kort daarna oorlede.
KRUISTOGTE (5)
Dr JP Botha
Lees reeks by Kruistogte
DIE DERDE KRUISTOG
Nadat die konings van Frankryk en Duitsland vir die Kruisvaarders gehelp het om die Tweede Kruistog te laat plaasvind, is die Mohammedane se militêre mag nie daardeur gebreek nie, want hulle het die Kruisvaarders verslaan.
Nuredin was die eerste leier van die verenigde Mohammedane en na sy dood het sy generaal, Saladin, hom opgevolg, wat met ‘n groot leër na Jerusalem opgetrek het. Hy het die stad op 2 Oktober 1187 aangeval en weer verower.
PAULTJIE VAT SY GEWEER
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Stephanus Johannes Paulus Kruger, die ou President van Transvaal, was ‘n vreeslose mens – selfs toe sy naam nog maar Paultjie was. Saam met sy ouers het hy die Groot Trek meegemaak, en die gebeurtenis wat hier beskryf word, het in die jaar 1839 in die Noord-Vrystaat plaasgevind. Ses man ry deur die veld – plus die seun, maar Paultjie Kruger word nog nie bygereken nie, al het hy ook sy geweer saamgebring. Hulle agtervolg ‘n leeu, ‘n uitgegroeide mannetjie volgens sy spore, wat besig is om snags onder die osse te plunder. Leeujag is ‘n mans se werk, en Paultjie is nog skaars veertien.
NASIONALE DEMOKRATIESE REWOLUSIE IN SIG
Kriewelkop
" In hierdie kommunistiese oorlog is die rol wat die weermag en die polisie speel uitsluitlik om die weg te baan vir die 'Vryheidsvegters', die sogenaamde onskuldige swart massas, sodat hulle die vernietigingswerk kan doen... Met Siener van Rensburg se visoen in die agterkop kan mens nie verhelp om te dink dat die twee uitsonderlike reënjare waarvan hy gepraat het, wanneer die Parlement dan weer in sitting gaan, en die emmer bloed in Suid-Afrika sal omval, reeds in vervulling gegaan het nie, en daardie emmer moontlik vroeg in 2012 kan 'omval'.
Die tekens van die tye word al duideliker. Dit leer ook die Bybel ons en daarom kan ons weet dat ons daarop behoort te let as ons wil weet hoe naby sekere gebeure is. Daar gebeur nou spesifieke dinge in Suid-Afrika wat van groot belang is vir die hele bevolking.
Vir 'n geruime tyd reeds is die ANC en sy jeugliga bedrywig met hulle reeds bekende haatspraakgesange waarin hulle die totale uitwissing van die blankes besing.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (17)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
DIE SPREEK IN TALE (2)
" Al haar pogings om vas te stel watter taal dit was, was tevergeefs totdat ‘n sendeling uit Nigerië haar besoek het. Toe hy die naam wat die inboorlinge vir die Satan gebruik, noem, het sy die papier met die vreemde taal vir hom gegee om te probeer lees. Dit was vreeslike godslastering in een van die Nigeriese dialekte! "
“Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en lering van duiwels sal aanhang” (1 Tim.4:1).
Waarom spreek sekere mense na byna 1,900 jaar vandag weer in tale? Daar is net twee moontlike verklarings hiervoor; dit het òf hervat òf dis Sataniese misleiding en derhalwe selfbedrog. Charismate verskil van mekaar hieroor. Een groep sê dat die gawes nooit geëindig het nie maar dat die kerk dit vir 1,900 jaar verwaarloos het. Gedagtig daaraan dat Jesus ten hemel gevaar het vanwaar Hy sy Kerk regeer, sê hierdie mense in effek dat Hy sy werk nie goed gedoen het nie!
ADINA SE BRIEWE (14)
Dr JP Botha
Lees reeks by Adina se briewe
Die groot wonder
Twee weke later het Adina eers weer so ver gekom om aan haar vader te skrywe:
Aan my liewe Pa
Jesus leef! Hy het uit die graf opgestaan! Die grootste van alle wonders wat kan plaasvind, het gebeur. Ek kon dit eers nie glo nie en sy dissipels ook nie. Maar laat ek vir Pappa vertel wat gebeur het, dan sal u dit glo.
Op die Sondagmôre, na die sabbat van die vorige dag, het Maria Magdalena en die ander vroue wat hier by ons bly, baie vroeg opgestaan om na Jesus se graf toe te gaan. Dit was Maria Magdalena en Johanna, wat haar altyd so getrou gehelp het om vir Jesus en die dissipels te versorg, en Maria, die vrou van Kleopas, ook genoem Alfeus. Sy is die moeder van die twee dissipels Johannes en Jakobus en sy is die suster van moeder Maria. Die twee liewe susters is albei Maria. Jesus se moeder het nie saamgegaan nie, maar ek en Salóme het die vroue vergesel. Ons het speserye saamgeneem om Jesus se liggaam mee te behandel.
WEER 'N GRU PLAASMOORD
TLU SA MEDIAVERKLARING
Dit is ‘n kwade dag as misdadigers nou al probeer om van hulle bewyse ontslae te raak.
Dit is die reaksie van TLU SA se President, mnr. Ben Marais, na die gru-moord van ‘n boer op sy plaas in die Reitz-omgewing. Die boer se liggaam is in ‘n vlak graf op die plaas gevind, en sy 85 jarige vrou in 'n rystoel is verkrag en is sodanig aangerand dat sy gehospitaliseer moet word.
“Die wreedheid van plaasmoorde is reeds alombekend en laat enige beskaafde en reggeaarde mens walg,” sê mnr. Marais. “Nou probeer die terroriste boonop om van hulle bewyse, in hierdie geval die liggaam van hulle slagoffer, ontslae raak.”
Mnr. Marais sê dat die aanvalle op plaasboere minstens gelykstaan teenoor die moorde op polisiemanne. “As ons in berekening bring dat hierdie jaar ongeveer 50 polisiemanne vermoor is uit ‘n polisiemag van 156 000 lede, en daar ongeveer 30 boere vermoor is uit ‘n bevolking van 36 000 (en dit is net dié waarvan daar kennis geneem is), is dit duidelik dat verhoudingsgewys die boeregemeenskap ‘n groter risiko is as selfs polisielede.
DIE CHARISMATIESE GEVAAR (16)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar
DIE SPREEK IN TALE (1)
“Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang” ( 1 Kor.14:5).
Charismate lê ontsettend baie klem op die spreek in tale omdat dit vir hulle ‘n bewys vir die doop met die Heilige Gees is. Hulle sien dit as die bonatuurlike vermoë om in ‘n verrukking van sinne ‘n nie-verstaanbare'taal' te praat wat die verstand te bowe gaan. Dit as sulks is bitter gevaarlik. Dis juis een van die primêre eienskappe van die heidense misterie-godsdienste! Feitlik al die leerstellings wat charismate van die Gereformeerde leer onderskei, is onverbloemde mistisisme en het duidelike raakpunte met die heidendom.
KAN U DALK HELP?
Maggi Mackay skryf uit Australië aan ons die volgende:
"Ek wonder of julle dalk kan help. Ek hoop om iets te kan uitvind oor ons familiestamlyn vanaf die Voortrekker Gerrit Maritz, tot by sy een nasaat, Johannes Marthinus Maritz, wat 'n grootoupa van my is: dit is my pa, Philip Maritz wat in Smithfield woon, se oupa. Johannes Marthinus Maritz, wie gebore is in 1875, is tydens die Tweede Vryheidsoorlog as gevangene na Ceylon gestuur. Hy is oorlede in 1907, en is later begrawe langs sy dogter Phillipa op die plaas Driehoek, in die Vrystaat.
"Ek sal dit hoog opprys stel indien daar enige iemand is wat inligting hieroor kan verskaf.
By voorbaat dankie
Maggi Mackay."
Indien daar van ons lesers is wat oor enige inligting in hierdie verband beskik kan hulle dit gerus stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
KAN EK ASB 'N VIERDE WENS KRY...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Nog 'n Grieselrige korsie waarvan u heelwat meer te lees kry by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
'n Man sit een aand alleen in sy kantoor toe 'n wensgees uit sy asbakkie sweef.
Wensgees: "Nou, wat sal jou derde wens wees?"
Die man kyk verbaas na die wensgees en sê: "Huh? Hoe nou? Hoe kan ek 'n derde wens kry as ek nog nie 'n eerste of tweede wens gehad het nie?"
"Jy het het reeds twee wense gehad,' sê die wensgees, "maar jou tweede wens aan my was om tog groot asseblief weer vir jou alles te laat wees soos dit was voor jy jou eerste wens gewens het. So, jy onthou niks, omdat alles is soos dit was voor jy enige wense gemaak het. Jy het een wens oor."
"Nou maar goed," sê die man, "Dit klink alles vir my maar na 'n twakstorie maar net vir grap: Ek wou nog altyd vroue verstaan. Ek wil weet wat gaan in hulle koppe aan."
"Snaaks," sê die wensgees, "Dit was jou eerste wens ook!"
DR JAN HENDRIK BRAND
ONS EIE HELDE (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by Ons eie helde
President dr Jan Hendrik Brand vertel sy verhaal:
Toe die Vrystaatse volksraad in 1864 die presidentskap van die republiek vir my aanbied en ek dit aanvaar, het ek nie mooi besef watter moeilike probleme daar in Bloemfontein vir my gewag het om op te los nie. Ek was op daardie tydstip parlementslid vir Clanwilliam in die Kaap.
Ek is in Kaapstad gebore en het dikwels gehoor mense sê dat ek op skool 'n regte onnut was wat die onderwysers opdraand gegee het. Toe ek sestien jaar oud was het die Suid-Afrikaanse Kollege ook nie met my raad geweet nie, maar my vader het my toe na die Instituut van dr Changuion in Strandstraat geneem.
Hier was ek baie gelukkig en het só hard gewerk dat ek binne twee jaar in staat was om die toelatingseksamen tot die Leidse Universiteit af te lê.
KRUISTOGTE (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by Kruistogte
HEILIGE OORLOG TEEN KRUISVAARDERS
Ons het met die eerste kruistog gesien die Mohammedane erg verdeeld was, daarom kon die kruisvaarders hulle verslaan. Maar dinge was nou besig om te verander.
Die Mohammedane was baie ontevrede omdat die kruisvaarders so 'n groot deel van hulle land verower het. Hulle wou die kruisvaarders uit Palestina uit verdryf.
Die Mohammedane het toe besluit om nie meer onder mekaar te stry en te verskil nie, maar om eerder saam te staan en die vyand uit hulle land te verdryf. Hierdie vereniging noem ons die "Jihad" of Heilige Oorlog.
OU JIEM SE BESOEKER
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
Dit word vertel dat ‘n armoedig geklede ou man elke dag om twaalfuur die kerk binnegegaan, ‘n paar minute daar vertoef het en dan weer verlaat het. Die opsigter was bekommerd oor die kosbare altaarversiersels. Hy het elke dag opgelet of daar niks verdwyn het nie. Elke dag, presies om twaalfuur het die armoedige ou figuur sy besoek gebring. Die opsigter het hom eendag gevra wat hy elke dag in die kerk kom maak.
“ Ek kom bid,” sê die ou man ewe hoflik.
“Ag nee, kom nou,” voel-voel die opsigter versigtig . “Jy bly glad nie lank genoeg hier in die kerk om te bid nie.”
“Dis reg,” sê die ou man. “Ek kan nie ‘n lang gebed bid nie, maar elke dag kom ek net in en sê: ‘Jesus, dis Jiem.’ Dan wag ek so ‘n bietjie en dan gaan ek weg. Ek glo Hy hoor my, al is dit maar ‘n klein gebedjie.”
MAAK REG VIR GROTER BRANDSTOF- STYGINGS
Die internasionale olieprys kan teen die einde van die jaar die $125-merk (sowat R842) per vat haal, voorspel ’n ekonoom.
Mnr. Dawie Roodt, ’n senior ekonoom van die Efficient-groep, sê die jongste styging in brandstofpryse gaan nie die laaste een vanjaar wees nie.
Die Departement van Energie het Vrydag (29 Julie 2011) aangekondig dat die prys van alle grade petrol Woensdag (3 Augustus 2011) met 17c per liter styg, terwyl grade diesel 15c per liter duurder sal wees.