Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Winston Churchill het gesê: Ons maak ‘n bestaan uit wat ons ontvang, maar ons skep ‘n lewe deur wat ons gee.
BUSH EN CLINTON RY TREIN
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Bill Clinton, George Bush, 'n pragtige blondine en 'n minder aantreklike groot vrou is almal in een treinkompartement toe hulle deur 'n baie lang stikdonker tonnel ry.
Skielik is daar die onmiskenbare klank van 'n geweldige harde klap van iemand se hand. Toe die trein deur die tonnel is en dit weer lig genoeg is om goed te sien, merk almal die opgehewe rooi klapmerk op Clinton se wang.
Die blondine se eerste gedagte is dat Clinton aan haar wou vat maar per ongeluk sy hand op die onaantreklike vrou se been gesit het waarna dié hom geklap het dat hy wip.
DAAR'S 'N RITME IN DIE SKEPPING
Nog gedigte by Gedigte
H A Fagan se mooi gedig verskyn in Die Huisgenoot van 29 Augustus 1947:
Daar’s ‘n ritme in die skepping, soos die soete melodie
van ‘n statige en Godgewyde psalm,
wat met wiss’lende akkoorde in volmaakte harmonie
deur die sale van die ewigheid weergalm,
JG STRIJDOM, MAN VAN SY VOLK
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
Ek, Johannes Gerhardus Strydom, het die eerste lewenslig aanskou op die plaas Klipfontein in die distrik Willowmore, waar ek op 14 Julie 1893 gebore is. Toe ek nog baie klein was, het my ouers na Sandvlakte in dieselfde distrik verhuis waar ek my jeugjare deurgebring het. Ek is op 24 September gedoop en later ook op Willowmore aangeneem en voorgestel. My eerste formele onderwys het ek van 'n goewernante ontvang, maar na standerd 5 is ek kosskool toe op Willowmore, 96 kilometer van Sandvlakte af.
Dis maar nie lekker vir 'n arme jong kind om gedurende die kwartaal so ver van sy ouerhuis af te wees nie. Ek het hier standerd 6 en 7 in een jaar afgelê, waarna my pa my na die hoërskool op Franschhoek gestuur het en waar ek op 16-jarige ouderdom matriek geslaag het.
SY WOORD IS WET
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
Ds GJ van Rensburg vertel dat op ‘n plek waar hy dienste gehou het, het ‘n bejaarde dame getuig dat sy so oud geword het omdat sy God altyd doelbewus geëer het en so ook haar ouers. Sy het hierdie vermaning geglo en gevrees en gehoorsaam. God het sy Woord gestand gedoen.
Maar toe laat sy daar iets vreesliks op volg. Sy het tien kinders gehad wat haar nie altyd geëer het soos dit moes nie en sy het aan hulle gesê dat sy hulle nog almal sou begrawe, al was sy nou al so oud.
Sy het nie uit ‘n hart van haat en oordeel gepraat nie, maar uit ‘n kinderlike eerbied en geloof in wat God sê. Sy het vir hulle gesê dat hulle volgens die Skrif nie lank kan lewe nie, omdat hulle hul ouers nie gehoorsaam het nie, en dus sou sy hulle almal begrawe.
Hy sê dit was vir hom treffend dat toe hy later weer ‘n reeks dienste daar gehou het, die ou dame hom gevra het om haar na Johannesburg te neem om haar seun te gaan begrawe. Verskeie van haar ander kinders was toe reeds op middelbare leeftyd oorlede. Haar een dogter het in die eerste reeks dienste wat hy daar gehou het, die Here gevind en sy het haar moeder eerbiedig en haar in haar hius opgeneem. Sy kon dus met vrymoedigheid na haar moeder se getuienis luister, wetende dat sy nie onder daardie veroordeling val nie.
God is geen bangmaker nie. Hy dreig nie met beweringe wat Hy nie uitvoer nie. Hy sê dit sal met jou teenspoedig gaan en baie rampe en ongelukke sal jou tref en jy sal nie lank lewe as jy nie jou ouers eer nie. Kan daar in ons bedorwe harte so min vrees vir die Here wees dat ons nie sy waarskuwings glo nie?
DANIE THERON SYPEL DEUR NA CRONJÉ
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
"Dit was 'n waagstuk wat ek hom voorgestel het om te doen soos wat nie oortref sou word in ons ganse bloedige stryd nie," het generaal De Wet later omtrent die stuk verkennerswerk van Danie Theron gesê wat hy tussen 24 en 26 Februarie 1900 by Paardeberg onderneem het – net 'n week na kolonel Hannay se dood op 18 Februarie.
Generaal Christiaan de Wet, die vurige Vrystaatse aanvoerder, is bekommerd. Aanvanklik het die Boere die vyand swaar verliese toegedien en veral een "Swart Week" lank die magtige Britse leër laat steier.
Maar nou, na vyf maande in die veld, is die Engelse besig om met hulle getalle-oorwig alle teenstand voor hulle weg te vee. Oral stoot die groot seekat sy voelers uit en wurg die Boere aan die keel.
WOLF BOU HUIS
BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Ou Jakkals se streke het veroorsaak dat hy en ou Wolf nooit opregte vriende kon word nie. Ou Wolf was tog só bedaard en was altyd besig om iets nuttigs te doen. Maar ou Jakkals was altyd tog so slu. Hy was gedurig sonder werk en het hom nooit daaroor bekommer nie. Die enigste tyd wanneer hy iets gedoen het, is wanneer hy kliphard besig was om werk wat hy moes doen, te ontduik. Ou Wolf het gereeld gaan jag om kos in die hande te kry, terwyl ou Jakkals luilekker in die sonnetjie gesit en bak het en skelmpies planne beraam het hoe om gratis etes te bekom. Dit het altyd botsings tussen die twee veroorsaak, soos daardie keer toe ou Wolf ‘n huis gebou het.
Hy was daardie tyd so vurig soos gemmer om met mejuffrou Wolfina te trou. Maar hy kon nie met haar in die huwelik tree voordat hy nie vir haar ‘n huis gebou het waarheen hy haar kon bring nie.
WAAR IS DIE CHRISTENE NOU? (SLOT)
VOLKSSTUDIE (3/6)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
6.1 ‘n Valse verwagting
Kort voor die noodlottige magsprysgawe in April 1994 het sekere blanke politici beweer dat nagenoeg 80% van die Suid-Afrikaanse bevolking Christene is en 'n remmende invloed op die verwagte morele verval sou uitoefen. Daar is selfs geglo dat dié Christene weens die ANC se openlike verbintenis met die plaaslike Kommunistiese Party nie vir die ANC sou stem nie. Die Christene en nie die ANC nie, sou die gang van toekomssake aan die suidpunt van Afrika bepaal.
Dit was ‘n drogrede en wensdenkery. Die werklikheid was 'n perd van 'n ander kleur. Ten spyte van die kommunistiese bokkloue wat duidelik onder die ANC se rok uitgesteek het, het miljoene swartes daarvoor gestem en vir geen ander rede as dat dit anti-blank was nie. Selfs vooraanstaande nie-blanke kerklui het vir die ANC gestem. Die Christelike geloof was helaas geen faktor nie. Anti-blank was belangriker as anti-God!
DIE BEELD VAN OOM PAUL
Nog gedigte by Gedigte
JRL van Bruggen
En droewig rys die gryse beeld as in
'n Half-vergete droom weer by my op -
Daar lê 'n waas van weemoed om die kop,
Want as 'n vader het hy ons bemin.
Ver na die noorde staar sy trekkersblik,
Net of hy nou nog vryheidstemme hoor,
Net of sy oë deur donker skadu's boor.
En tog berustend sê: "Laat God beskik!"
GENL C DE WET
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
" Toe die oorlog in 1914 tussen Engeland en Duitsland uitbreek kon ons ons verlore onafhanklikheid teruggekry het - hoe maklik sou ons nie daarin geslaag het nie, maar min het ons geweet dat ons toe nie meer bondgenote gehad het in die persone van ons Eerste Minister en sy Minister van Verdediging nie. Generaals Louis Botha en Jan Smuts het hulle Boereharte vir Engelse harte verruil en Suid-Afrika as bondgenoot van Engeland in die stryd laat toetree. Die rebellie was feitlik uit die staanspoor tot mislukking gedoem. Ek moes uiteindelik, met nog net ses man by my, aan Botha se troepe oorgee. Gedurende die ses maande wat ek as gevangene aangehou is, het ek dikwels daaraan gedink hoe anders die verloop van ons vryheidstrewe sou gewees het indien daar in alle lae van ons Afrikanervolk nie die menigvuldige dade van verraad in eie geledere ons in ons stryd teen die vyand lam gelê het en verhinder het om ons einddoel te bereik nie. "
In die boek 'My Vaderland Suid-Afrika' sê die skrywer onder andere van genl Christiaan de Wet: "Op 7 Oktober 1854 is die grootste krygsman van Suid-Afrika, Christiaan Rudolph de Wet, in 'n eenvoudige hartbeeshuisie op die plaas Leeukop in die distrik Smithfield, Oranje-Vrystaat gebore." Die onderskeiding om die grootste krygsman van Suid-Afrika te wees, het hy waarskynlik gedurende die Anglo-Boereoorlog verwerf.
SANNIE GREEF
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Weg van die slagveld met sy gedonder van kanonne en kleingeweervuur het ook ander verhale van 'n stiller soort moed, maar nie minder aangrypend nie, hulle tydens die Tweede Vryheidsoorlog afgespeel. Daar is byvoorbeeld die geval van die jong meisie waarvan generaal Hertzog in sy oorlognotas melding maak. Sy word net as "mejuffrou Greef" aangedui maar ons sal haar Sannie noem.
Dis Februarie 1902. Die oorlog draal nou al in sy derde jaar, maar die Boere wil nog nie kopgee teen die oormag nie. O, die dood en verwoesting, en niemand is één dag sy lewe seker nie.
Hulle is eintlik gelukkig, die groepie daar bo naby Parys aan die Vaalrivier, dat hulle nog nie in die hande van die Engelse geval het en na die een of ander kamp weggevoer is nie. Maar dis 'n harde bestaan, veral vir die meisie wat vir almal moet sorg, want die drie vroue en die drie mans het te oud geword om hulself te help, en die vier kinders is nog te klein om iets te doen.
DIE VERMISTE DAG
UIT ONS FONTEINTJIE
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
In die sestigerjare van die vorige eeu, toe die beamptes en ruimtewetenskaplikes van NASA opdrag van die Amerikaanse President ontvang het om 'n man op die maan te plaas, is die program vir die uitvoering daarvan by die Goddard-ruimtevaartsentrum by Greenbelt, Maryland, van stapel gestuur.
Harold Hill, hoof van ‘n groot ingenieursfirma, wat sekere projekte vir NASA uitgevoer het, vertel die merkwaardige verhaal van ‘n paar insidente wat tydens die ondersoek plaasgevind het.
Statistiese vooruitberekenings moes gedoen word. Die ruimtewetenskaplikes het die posisie van die son, maan en die planete ver in die ruimte nagegaan en bereken wat hulle stand na een honderd jaar en ook na een duisend jaar van nouaf sou wees. Hulle moes ook die vaartbane van bekende asteroïdes en meteore naspoor sodat ruimtevaarders en satelliete nie teen iets sou bots nie. Die wentelbane van satelliete moes bepaal word in oorleg met die bane waarlangs hemelliggame sou beweeg om die gevaar van kop-teen -kop-botsings uit te skakel.
Die flikkerpyle op die rekenaarskerm het vorentoe en agtertoe oor die eeue heen en weer geswaai en toe skielik halt geroep. Daar was óf iets verkeerd met die inligting wat ingevoer is, óf dan met die eindresultate.
PASOP WAT ONS VERKONDIG
Jeanette Koekemoer
KIES U BRONNE VERSIGTIG
Die internet is 'n kragtige instrument in mense se hande en ons het hier 'n groot verantwoordelikheid in die aanwending daarvan. Inligting vlieg soos weerlig heen en weer en baie daarvan strek ons tot voordeel maar nie alles is tot ons heil en leringe nie. So het ek weer pas die volgende wyd-gestuurde e-pos ontvang:
"Geagte Leser,
Hiermee word u in kennis gestel oor die komende gebeure van 11/11/2011, waarop daar ‘n globale krisis sal plaasvind, geskep deur die mens. Berei uself geestelik en finansieël voor vir die ineenstorting wat daarop sal volg. Lees asseblief 1 Thes 5v3, Eseg 3v18-19 en Jes 50v5-10.
Stuur asseblief hierdie aan u geliefdes.
Groete."
Suid-Afrika:
Ons gaan volgens die tekens van die tyd defnitief ‘n baie ingrypende tydperk in Suid-Afrika tegemoet met swart militante optrede teen die blanke - daar is ook rede om te glo dat die kommunistiese ANC Malema mildelik vergoed om die finale fase van rewolusie tot op ‘n hoogtepunt te dryf.
JAKKALS WORD LUIPERD- WAGTER
BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Nadat Jakkals vir ou Wolf met die biltong en by sy pratende huis weer so uitoorlê het, het ou Wolf amper geen rus of duurte gehad nie. Hy droom snags hoe hy nog vir Jakkals gaan terugbetaal vir al die kere wat hy al onder hom deurgeloop het, maar hy kan nie ‘n plan uitdink hoe om dit te doen nie. Toe val dit hom by dat baie diere altyd vir Wituil gaan raad vra, as hulle nie weet wat om te doen nie, want Wituil is baie slim.
Toe ou Wolf klaar sy storie vertel het, sê ou Uil: “Wel, ou Jakkals is baie slim, maar onthou jy dat toe die diere ‘n koning gekies het, was Tinktinkie slimmer as hy.
"Ek is bietjie groter as Tinktinkie en ek dink ek kan ou Jakkals beter uitoorlê as wat hy met jou gedoen het. Jy weet waar ou Luiperd in die kloof woon, anderkant daardie berg. Sy het vier kleintjies en sy kry swaar om voor te bly om hulle kos te gee. Môre-oggend stap jy by ou Jakkals se huis verby, asof jy van die kloof af kom.
GRAF VAN 'N ONBEKENDE BOERSEUN IN VLAANDERE
Nog gedigte by Gedigte
JRL van Bruggen
Êrens in Vlaanderland het jy die stof
van ou Europa met jou bloed verjong;
maar by jou wrede heengaan kon g'n tong
jou vroom toeprewel: "Stof is jy, tot stof..."
Met ragtime-deuntjies in jou kop het jy
uiteindelik jou Golgota gevind -
O, opdraand was jou skofte, trekkerskind –
jy kón nie in jou tuiste vatplek kry!
SKULD- GEVOELENS
VOLKSSTUDIE (3/5)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
"Volksvyandiges wou die Boerevolk eers verlam en daarna neutraliseer sodat hy hom nie teen swart oorheersing sou verset nie. Die maklikste was om hulle met valse skuldgevoelens te belas."
5.1 ‘n Nuwe sondebegrip
Met die ontsporing in die teologie en verwording in ons land se Afrikaanse kerke, het 'n nuwe sondebegrip in ons land posgevat nl. die sonde teen die mens. Die Bybel sê dat sonde 'n vergryp teen God is. Die Humanisme sê dat dit ‘n vergryp teen die mens is.
5.2 Ontspoorde kerklui
GEBEDE VAN 'N STERWENDE SOLDAAT
Nog gedigte by Gedigte
S.Ign.Mocke
Die Skuldiges?
Of sal ek in my toorn skreeu
dat God sy oordeel nou moet vel
oor hulle, wie se haat en nyd
my ingelok het in dié hel?
waar al hul skoon beloftes nou
onthul staan as bedrog en lis,
en selfs die woorde wat hul bid
brak-bitter op my lippe is?
JOPIE FOURIE
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
" In die vorige oorlog het ek teen die Engelse geveg totdat ek swaargewond in die hospitaal beland het. Onderwyl ek daar as gewonde gevangene gelê het, het 'n Engelse offisier my met die kolf van sy rewolwer geslaan en my verwond. Dit het my afkeer in die Engelse nasie versterk, maar ek het my bedwing omdat ek gehoop het dat die Engelse met ons sou saamwerk om weer 'n voorspoedige Suid-Afrika ná die oorlog te help opbou... Eers het ek 'n baie hoë dunk gehad van generaal Louis Botha en akkoord gegaan met sy siening dat samewerking tussen ons Afrikaners en die Engelse noodsaaklik is vir die heropbou van ons land... My teleurstelling in generaal Botha het egter gegroei... dit het nou met 'n skok vir my duidelik geword dat hy nie meer die Afrikaner van ouds was wat ek geken het nie... Toe het ek geweet dat hy en generaal Smuts hul Afrikanerharte vir Engelse harte verruil het...
DIRKIE UYS
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Een van die mees ontroerende verhale uit die Voortrekkertyd is die geskiedenis van die jong Dirkie Uys se heldedood. Dit was Woensdag,11 April 1838, toe hy sy lewe vir sy vader opgeoffer het, om só onsterflik in die nagedagtenis van sy mense voort te leef.
‘n Seun jaag met drie burgers deur die veld, teen die skuinste van die koppie langs, met die rietspruit agter en dongas en ongelyktes voor. Dis Dirkie Uys, vyftien jaar oud, seun van kommandant Piet Uys. En sy vader het daar op die wal van die rietspruit agtergebly.
Hoe het dit dan tog gekom? Vanoggend, gister, eergister was alles so anders. Saterdag het die twee kommando’s uitgetrek, driehonderd-vier-en-sewentig ruiters, met nog pakperde vir bykomende ammunisie en voorrade, en kommandante Uys en Hendrik Potgieter vooraan.
JAKKALS EN WOLF STEEL SKAPE
BOEKRAK VIR AFRIKANERJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Die swaar tyd van die runderpes was gelukkig verby, maar wild was nog baie skaars, sodat Jakkals en Wolf albei aan ‘n knaende vleishonger gely het. Jakkals het amper dag en nag geloop en dink hoe hy vleis in die hande kon kry. So af en toe was hy gelukkig genoeg om ‘n hasie te verras wat nie vinnig genoeg kon wegkom nie en selfs muise het naderhand lekker gesmaak.
Daar was ‘n boer, nie baie ver daarvandaan nie, wat ‘n klompie lekker vet skape gehad het. Dit sou vir Jakkals maklik wees om die kraal in die nag te besoek en hom trommelvol aan skaapvleis te eet, maar ou Vossie weet goed dat die boer dan die volgende dag, wanneer hy die skade wat aan sy kudde berokken is, ontdek, sy honde sal neem om die skelm te gaan soek. Hy sal dan onkapabel wees om weg te hardloop, want hy sal só vol vleis wees dat hulle hom maklik sal vang.
KERKE VERLOOR HUL PROFETIESE VISIE
VOLKSSTUDIE (3/4)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
"Terwyl volksvyandiges die Boerevolk se erfenis soos sprinkane begin verteer het, het kerklike saboteurs duisende volksgenote tot oorgawe oorreed... Die volksvyand se einddoel was om die ANC in Suid-Afrika aan bewind te plaas. Swartes is uiteraard makliker stukke op die kommuniste se skaakbord as blankes. ‘n Swart regering moes die Boerevolk met ‘n ketting wat in Rusland gesmee is, verwurg!... Nou vra ek: Hoe kon kerke hierdie gevaar nie voorsien het nie? "
4.1 Wagters op die mure
Die Christelike kerk is geroepe om soos ‘n wag van ouds op ‘n stadsmuur diens te doen. Daarvoor het God die kerk ‘n besondere gawe gegee - ’n profetiese visie. Wanneer die gevaar dreig, moet die kerk, soos die wag, betyds alarm maak en die inwoners teen die aankomende gevaar waarsku. Hierdie gawe is geen bykomstigheid nie, maar eerder onontbeerlike standaardtoerusting. Daarsonder is die kerk soos ‘n horlosie sonder wysers. Sy raak aan die vyand gedienstig en verloor haar roeping!