Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is nie klein en groot sondes in die sin dat sommige minder sondig as die ander is nie. Alle sondes is ewe sondig. Sekere sondes het wel ernstiger gevolge en verdien daarom groter veroordeling. In die gelykenis van die waaksame dienskneg in Luk.12 sê Jesus: “En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word; maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word…” (:47,48).
'AIKÔNA' RUGBY- BESERING!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (25)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In die dae van Dok Craven was daar reeds pogings tot wat vandag bekend is as 'transformasie' en Dok en manne soos Ian Kirkpatrick en Dougie Dyers het baie moeite gedoen met rugbyklinieke regdeur die land. Hulle het nie net die spelers nie, maar almal wat op een of ander wyse by die spel betrokke 'moes' wees, betrokke gemaak.
Tydens 'n kliniek in die Noord-Vrystaat het hulle ook die noodhulpbeamptes betrek en na afloop van 'n noodhulpkursus oor rugbybeserings het die manne kans gekry om in 'n wedstryd hul nuutgevonde kennis te benut.
In een stadium het een van die spelers op die grond neergeval en die 'onvermydelike' noodhulpmanne draf nader. Hulle maak 'n kringetjie om die speler en voer 'n lang gesprek oor wat die kêrel se besering dan nou kan wees.
Een van hulle kyk toe op na die skeidsregter en sê: "Aikôna! No rugby injury; gemoer!"
DIE LAASTE POUS (7)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
DIE MISOFFER
"Wanneer Christus gelowiges versoek om die nagmaal gereeld te vier, is dit nie by wyse van ‘n offer nie, maar ‘n gedagtenismaaltyd... Tydens die misoffer van die Roomse Kerk is gemeentelede slegs toeskouers van ‘n godsdienstige drama... Die misoffer is ‘n belaglike ritueel en spot in der waarheid met dit wat heilig is... Dit
7.1 ‘n Onvanpaste drama
Die Roomse misoffer is nie bloot ‘n alternatiewe nagmaalsgebruik nie. Dis geen nagmaal nie! Nagmaal is ‘n gedagtenismaaltyd (Luk.22:19) waartydens gelowiges hulle die lyde en sterwe van Christus voor die gees roep. Die Roomse Kerk beskou dit uitsluitlik as ‘n offer soos wat die priesters van weleer gebring het. Vir Rome staan die offergedagte so sentraal, dat selfs die prediking daaraan ondergeskik is. Ook dit is heidens.
ONVERSKROKKE FLIPPIE NESER
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Die name van Flippie Neser en Petrus de Lange is onafskeidelik verbonde aan daardie moeilike jare van die Republiek Oranje-Vrystaat, hier teen die helfte van die negentiende eeu, toe daar telkens botsings tussen die Boere en hulle bure, die Basoeto's was. Die Basoeto's het gesê dat die Boere hulle grond kom beset het, terwyl die Boere weer daarop gewys het dat dit kaal, onbewoonde wêreld was toe hulle daar ingetrek het. Selfs 'n oorlog kon die geskil nie besleg nie, en die Basoeto's het voortgegaan om hul veetroppe op die Boere se plase in te stoot, dieselfde suipings te gebruik – en om te vat wat hulle in die hande kon kry. Dis toe dat die twee veertienjarige seuns hul heldedaad verrig het.
ANDRIES SLENTER
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (24)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die Stormers- en Springbokslot Andries Bekker is 'n lenige kêrel wat soos sy Springbokpa Hennie in die 1980's gedoen het, ook sy bene lekker kan dra en daarvan gehou het om met die bal te hardloop. Dit het ook dikwels gebeur dat Andries in die agterlyn tussen die agterspelers opgeduik het om die volgende aangee te vat en op loop te gaan.
BESTE JOOD SEDERT MOSES!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (23)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Daar was 'n gesegde dat 'n Springbokspan 'n Joodse gelukbringer moet hê en spelers soos Joel Stransky en Sid Nomis het nogal geluk gebring vir hulle spanne. Maar Sid het ook vir sy provinsiale span, Transvaal, by baie geleenthede geluk gebring.
Transvaal het op Ellispark teen die WP gespeel en in 'n baie gelykopstryd is die Rooibontes hier naby die einde met net twee punte voor. Maar met die WP het 'n mens nooit geweet nie.
DIE LAASTE POUS (6)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
PRIESTERS
"Die Bybel ken slegs die vrywillige weerhouding van die huwelik waar enkelinge soos Paulus hulle aan ‘n groot doel gewy het. Die gawe van weerhouding is wel ‘n seën, maar om die selibaat op kerklui af te dwing, is heidens en gee dikwels aanleiding tot seksuele vergrype... Die huwelik is ‘n vrou se natuurlike, Godgegewe voorreg. Haar hoogste doel op aarde is nie om ‘n non te wees nie, maar om ‘n goeie vrou vir haar man en goeie moeder vir haar kinders te wees..."
6.1 ‘n Uitgediende amp
As die hoof korrup is, moet die res van die liggaam ook korrup wees. Roomse ampdraers vertolk almal ‘n heidenrol - van die pous tot by die priesters. Gevolglik skiet hulle ver tekort by die Bybelse voorskrifte vir kerklike opsieners (1 Tim.3:1-7). Evangeliedienaars voed God se skape deur sy Woord (Mt.4:4). Allermins Roomse priesters! Hulle bedien ‘n uitgediende amp waarvan die geestelike voedsel geen kilojules bevat nie.
In die Ou Testament het die priester ‘n waardige amp bedien deur vir sondaars by God in te tree en met offergawes versoening vir hulle sondes te verkry.
NP-VERRAAD – ONS VOLK VANDAG (4)
Jeanette Koekemoer
Reeks by NP-Verraad - Ons volk vandag
ALMAL DUBBELE AGENDAS...
"Zille was destyds bereid om onder eed te verklaar dat "geeneen" (sou sy die brief gesteel het?) die brief aan haar gegee het nie maar haar woord beteken nie veel nadat ons haar later beter leer ken het nie."
Daar was geen vrede in die Transvaalse nasionale geledere nadat Treurnicht tot Transvaalse leier van die NP verkies is nie. Die skokke van die Inligtingskandaal het Transvaal geruk en die feit dat die vorige Transvaalse NP-leier volkome gediskrediteer is en moes bedank is nie goed hanteer onder leiding van die adjunk-minister wat skielik tot een van die magtigste posisies in die Suid-Afrikaanse politiek verhef is nie.
Treurnicht het voortgegaan om ideologiese paadjies te soek, spesifiek regs van die Regering maar nie oortuigend nie. Al het hy hom nie juis teen Partyleiding verset nie was die gevolge in alle geval botsings omdat dit soos regse houe vir hulle gevoel het – die skoen het goed gepas.
DIE LAASTE POUS (5)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
DIE POUS
" Johannes skryf in Openb.13:18 dat die Antichris die simboliese getal 666 het; ‘n getal wat mense al eeue lank aan die raai het... In Babilon het elke letter ‘n sekere getalswaarde gehad. S was 60, T= 400, U= 6 en R= 200. Gevolglik is die volle getal van STUR 666. Wie is Nimrod se hoëpriester en verteenwoordiger op aarde? Die pous! Gevolglik is die laaste pous die Antichris."
5.1 Aanstootlike benamings
Die woord pous kom van die Latynse papa wat vader beteken. Roomse priesters word lynreg in stryd met Christus se bevel ampshalwe vader genoem: “En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is” (Mt.23:9).
As magshebber word die pous ook pontifikaat genoem wat brugbouer beteken. Dis ‘n heidentitel waarmee Romeinse keisers, wat ampshalwe ook die hoëpriesters van afgodery was, as brugbouers tussen die aardse en hiernamaalse lewe beskou is. So ‘n keiser het as die Pontifex Maximus bekend gestaan. Siricius (384-399) was egter die eerste biskop van
JAAP MARAIS
ONS EIE HELDE (SLOT)
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
" Ons wou so graag aan julle 'n Christelike Blanke Suid-Afrika nalaat ... Ons het NEE gestem:
NEE vir magsdeling tussen Christendom en nie-Christendom.
NEE vir verloëning van Christus op staatkundige terrein.
NEE vir 'n regering wat nie meer spesifiek Christelik sal kan
regeer nie... As julle in die felheid van die stryd besieling soek, mag julle dan ook iets daarvan put uit die wete wat ons aan julle nalaat, naamlik dat ons op 2 November 1983 NEE gesê het."
Met hierdie laaste aflewering van van ONS EIE HELDE bring ons hulde aan die nagedagtenis van Bittereinderhelde wat gedurende die afgelope twee eeue elkeen op sy beurt die Afrikanervolk met oorgawe en toewyding gedien en gelei het. Die almagtige God wat oor die lotgevalle van nasies en individue beskik, het in sy alwysheid elke keer wanneer hierdie volk dit nodig gehad het, net soos vir Israel in die Rigtertyd, leiers voorsien het wat gelowig en roepingsbewus die volkstaak wat hulle ten deel geval het, volbring het.
JOHANNA WESSELS – GEBORE DE LA REY
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Hoewel heldedade gewoonlik met doodsgevaar gepaard gaan, bly ‘n tikke humor tog nie altyd uit nie. So was daar die geval van die kranige Johanna Wessels, gebore De la Rey – ‘n eie tante van die latere beroemde Boeregeneraal. Die gebeure waarvan hier vertel word, het in die laat dertigerjare van die negentiende eeu afgespeel toe die Voortrekkers pas die landstreke anderkant die Groot- en Vaalrivier ingetrek het.
Buskruit is lewe as jy elke dag jou vryheid teen wilde dier en mens moet verdedig. Maar buskruit kry jy net in die ou Kolonie, en die vryheid is oorkant die Grootrivier. Nou wil die Kaapse regering nie meer toelaat dat die kruit oor die rivier geneem word nie. So probeer hulle om hul wederstrewige onderdane van weleer, wat in ‘n Groot Trek uit die land verhuis het, weer terug te dwing.
Mattheus Wessels en sy vrou, Johanna, het ook getrek, en hulle woon nou op die plaas Tafelkop naby Winburg. Maar die kruit raak min.
DIE ROOILIGTE BRAND - TYD OM SAAM TE STAAN!!
Ons stel, soos elke keer wanneer ons 'n spesifieke instansie se bydrae plaas, dat Gelofteland hom aan geen party of organisasie verbind nie maar uitdruklik die ware toestand van ons volk en land sal plaas ongeag wie dit opgestel het – Webmeester.
Mandela, Tutu en Malema
Opgestel namens die ORDE BOEREVOLK deur Piet Rudolph
Die ondertone en ooreenstemmings van die swart rassiste Nelson Mandela, Desmond Tutu en Julius Malema is verstommend identies. Waaroor dit gaan, is hulle diepliggende haat vir dit wat wit is. Met hulle uitsprake word aan die Marxistiese aanslag in die Nuwe Demokratiese Rewolusie (NDR), momentum gegee. Die voltrekking van die aanslag teen alles wat wit is, lê voor die deur.
Die Mandela-psigose waaraan sekere witmense ly, is verstommend.
VREEMDE KOS... VREEMDE TAAL!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (22)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Op die 1960-toer deur die Britse Eilande het daar vir die Springbokke met hulle aankoms in Wallis 'n groot ontvangs gewag en moes hulle in die hotel in Porthcawl middagete saam met vooraanstaande Britse rugbylui geniet.
Toe die hoofgereg bedien word sien Frik du Preez die kelners skep sulke klein, groen balletjies in hulle borde. Dit het hy nie geken nie maar omdat sy Engels toe nie te waffers is nie por hy vir Fanie Kühn aan om te vra wat dit is.
Fanie vra toe een van die Engelse aan hulle tafel: "Excuse me sir, but what are these?"
"Oh, it's Brussels sprouts. Don't you get in in your country?"
"Oh yes,", antwoord Fanie, "but we sommer call it cabbage!"
ASPOESTERTJIE
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (21)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een ding het Francois Pienaar, Sprinkbokkaptein van 1993 tot 1996, darem reg gedoen – dis toe hy vertel het dat die skokloesing wat die Bokke in 1994 in die eerste toets teen die Engelse op Loftus gekry het ook sy reputasie kwaai geknou het. Hy het so 'n paar dae ná die verwoestende pak slae met 'n paar koerantmanne sit en gesels toe hy hulle vertel dat daar tog 'n verskil tussen hom en Aspoestertjie is. Toe hulle wou weet wat dit is, was sy drogerige antwoord: "Aspoestertjie hét darem by die bal aangekom!"
ONS BREEK KAROO, BASTA!
Letitia Winters
Susan Shabangu, ANC-minister van Minerale Sake, erken ruiterlik dat sy geen kennis van hidrouliese breking het, dit terwyl sy haar neus vierkantig hierin steek en nie 'n duit omgee wat die verreikende gevolge vir die Karoo en selfs verder kan inhou nie.
Hierdie erkenning het sy gister in haar onkunde kwytgeraak toe daar weer heerlik op die belastingbetaler se geld groot ontbyte in Kaapstad geëet is.
Sy het herhaaldelik gesê dat "fracking" 'n tegniese proses is wat sy nie kan bespreek voordat die taakspan wat die gevolge van die ontginningsproses navors, sy verslag aan haar voorlê nie.
Mnr. Jonathan Deal, voorsitter van die Treasure the Karoo Action Group (TKAG), is gefrustreerd omdat sy groep aansoek gedoen het dat die name van die taakspan aan die TKAG bekend gemaak word, maar dat hy geen antwoorde gekry het nie.
NIE-BLANKE 'BOERE' KOM OP SOOS BOSSIES!
Sarie Pieterse
'Werklose' vroueplaaswerkers van Ceres wil Saterdag glo 'ongebruikte' landbougrond in die omgewing ná ’n optog na die munisipale kantoor en boereverenigingkantoor op dié dorp beset. Fatima Shabodien, nogal direkteur van die organisasie 'Vroue op Plase', vertel dat vroue glo gyselaars van "die stelsel" is – dalk moet ons haar vertel dat die hele Suid-Afrika as gyselaar van die kommunistiese stelsel aangehou word want sy kan seker nie die apartheidstelsel wat al 17 jaar gelede verval het bedoel nie – maar intussen wou sy die kommunistiese 'Vrouedag' op hierdie manier vier.
Sy vertel Ceres is as een van die armste landelike munisipaliteite geïdentifiseer (sy moet dié in Transvaal kom sien waar die Swart burgemeesters en hulle maatjies letterlik alles gesteel het) maar baie min grond is glo nog deur grondhervorming op die dorp oorgedra. Veral vroueplaaswerkers is dan glo gyselaars van ’n 'diskriminerende arbeidstelsel' in die landbou.
ELKE STEM VAN ONS SUID-AFRIKA!
Daar is soms uitstekende lirieke in sommige van ons hedendaagse sangers se komposisies wat nie oor die hoof gesien behoort te word wanneer ons van liefde vir ons taal en volk getuig nie. Een daarvan is die pragtige komposisie en liriek van Rudi Claase wat saam met Corlea Botha as die sangpaar 'Ons Lieflinge' bekend gestaan het voordat hulle onlangs elkeen 'n nuwe sangmaat gekry het:
HOOR MY LIED!
Laat ons weer die woorde sê
wat goud in drome lê.
Laat ons weer die name ken
wat drome kom verleng en ewig aan sal leef.
Laat ons weer verlang na harte se gesang;
Nostalgie in ons stemme vasgevang.
Luister na die hart van Afrikaanse melodieë,
na jarelange vreugde sonder end.
Laat ons hul woorde weer laat lewe,
en oor kranse heen laat swewe.
Ewig aan in diep oranje en in blou sal ons onthou:
Elke stem van ons Suid-Afrika vir jou!
MET EISH!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (20)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In die dae toe die provinsiale spanne nog trein gery het, reis die Vrystaters eendag ná 'n wedstryd teen die WP so kuier-kuier van die Kaap af terug Bloemfontein toe. Die manne was goed dors en om hulle drankies lekker koud te hou is die kondukteur gevra of hy nie 'n plan met ys kon maak nie.
Dis geen probleem, laat hy hulle verstaan, en gou is hy terug met die ys. En elke keer as die ys opraak en die manne vra nog, is die konduktueur die gang af en bring maar net keer op keer nog klompies ysblokkies.
ALBERT HERTZOG
ONS EIE HELDE
Lees reeks by Ons eie helde
Dr JP Botha
" Toe hulle hul planne om dr Verwoerd om die lewe te bring gefinaliseer het, het hulle met 'n swartsmeer-veldtog teen my persoon begin, want hulle wou verhoed dat ek na sy dood as leier van die Nasionale Party verkies sou word en hom sou opvolg. Intussen het hulle die man wat hulle gekroon het, vir sy rol voorberei: John Vorster. "
Ek is in daardie veelbewoë tyd, pas voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog, op 4 Julie 1899 in Bloemfontein gebore. Toe die vyandelikhede begin en my vader dadelik as regsadviseur vir die Vrystaatse burgermagte aangestel is en na die front vertrek het, kon my moeder nog enige maande lank in ons huis ongemolesteer aanbly, maar nadat lord Roberts Bloemfontein op 13 Maart 1900 ingeneem het, het die Engelse onmiddellik onwelkome aandag bestee aan veral die huisgesinne van Boere-offisiere in die veld en was ek en moeder Mynie gladnie meer veilig nie.
VARS BOKKOMS GRATIS!
Lees reeks by Uit ons fonteintjie
Hierdie is ‘n ware verhaal wat ‘n predikant vir ons vertel het. Hy was ‘n leraar in ‘n gemeente in een van die buitewyke van Londen. Hy vertel: “Op ‘n koue, winderige dag met vallende sneeu, stap ek in ‘n kort, modderige straat na my huis toe nadat ek ‘n paar gemeentelede besoek het. Dit was al sterk donker toe ‘n man met ‘n mandjie op sy kop aan die oorkant van die straat verskyn en hard begin skreeu: “Bokkoms! Drie vir ‘n rand! Mooi bokkoms, vars en goedkoop; drie vir ‘n rand!” So stap hy die straat af, steek naderhand oor en kom terug tot by die hoek waar ek staan. Ek sien hy het lus om ‘n gesprek met my aan te knoop, toe hy sê: “Meneer, wat dink u van hierdie bokkoms?"
Hy hou drie in sy hand, terwyl hy die mandjie met die res vaardig op sy kop balanseer.
DIE LAASTE POUS (4)
Andrè van den Berg
Lees reeks by Die Laaste Pous
MARIA EN DIE HEILIGES
4.1 Die Bybel swygDie Christendom het nooit soveel probleme met Maria gehad totdat die Roomse Kerk Christus verdring, ‘n troon vir haar ingerig en haar as hemelse koningin gekroon het nie. Die Nuwe Testament sê baie min oor Maria. Haar laaste aangetekende woorde is reg aan die begin van Christus se amptelike bediening toe sy tydens ‘n bruilof te Kana vir die diensknegte gesê het: “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Joh.2:5).
Nêrens is daar enige Bybelse aanduiding dat sy tot dieselfde vlak as Christus verhef, aanbid of verheerlik moes word nie. Sy was slegs geseënd omdat sy die Christuskind gebaar het en niks meer nie. Daarom het die vroeë Christelike kerk geen Mariaverering geken nie.