Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Toe ek jonger was het ek vir God vir alle dinge gevra sodat ek die lewe kon geniet. Noudat ek ouer geword het, sien ek dat God my die lewe gegee het sodat ek alle dinge kan geniet. Leef voluit in die groot wonderwerk van die LEWE!
OUERS VIR CHRISTUS (7)
Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Ouers het nie meer tyd vir hulle kinders nie!
Baie mense sê dat hulle hul kinders liefhet, maar lieg! Gemeet aan die tyd wat hulle aan hulle kinders bestee, het hulle hul werk, sosiale lewe of sport baie liewer as hulle kinders. Hoe spel jy liefde vir jou kinders? Met drie letters: T-Y-D. Jou tyd is die beste ding wat jy op jou kinders
Die grootste rede waarom ons so min tyd en aandag aan ons kinders gee, is nie ‘n gebrek aan tyd soos ons wil voorgee nie. Dis baie eerder ‘n wanbesteding van ons tyd.
SANNIESHOF CVO IN GROOT NOOD!
Ons het 'n skrywe ontvang namens die ouers van die CVO-skool in Sannieshof en het hulle toestemming verkry om hierdie briefie te plaas in die geloofsvertroue dat die HERE in mense in wie se vermoë dit is om 'n bydrae te gee, se harte sal werk sodat ons ons blanke kinders wat reeds die waagmoed aan die dag gelê het om die staatsskole vaarwel toe te roep, kan help om hulle skoolopleiding te voltooi. Daar is reeds twee geslagte verlore nadat die kommunistiese ANC beheer geneem het en dit is van groot belang dat ons, ons CVO-skole aan die gang moet hou sodat ons kinders suiwer Christelike Volksonderwys gebied kan word.
Lees asb hierdie oproep tot hulp en oorlewing van ons nageslag:
NOG 'N ONVEREFFENDE REKENING...
Bitumen-tekort kan padwerk stop
Antoinette Slabbert - Sake24
Pretoria. - Die bou en herstel van paaie in Suid-Afrika kan tot stilstand gedwing word weens die tekort aan bitumen, want alternatiewe is onprakties en duur.
Die Wes-Kaap word reeds só erg getref dat bitumen van Durban af Kaap toe aangery word.
Dié vervoerkoste het die koste vir die bou van N1/N2-Wynlandtolpad – waarvoor die tender na verwagting teen die einde van die jaar toegeken sal word – met sowat R50 miljoen verhoog, sê mnr. Rudolf Fourie, uitvoerende hoof van die genoteerde padbouspesialisgroep Raubex.
Verteenwoordigers van die nasionale pad-agentskap (Sanral), die Suid-Afrikaanse federasie van siviele ingenieurskontrakteurs (Safcec) en Raubex het op 12 Januarie met die departement van energie vergader om die implikasies van die bitumen-tekort by die departement tuis te bring.
APOKRIEWE BOEKE (7)
Jeanette Koekemoer
1 MAKKABEËRS HOOFSTUK SES VERVOLG:
Lees reeks by Apokriewe Boeke
DIE NUWE KONING WIL SY STEMPEL GAAN AFDRUK
Die koning was genoodsaak om sy offisiere en perderuiters asook klomp huursoldate bymekaar te kry sodat dit 'n indrukwekkende weermag uitgemaak het – ongeveer 100 000 soldate, 20 000 perderuiters en 32 olifante wat vir oorlog opgelei was.
Die weermag het toe deur Idumea tot by Bet-Sur getrek waar hulle eers oorgebly het terwyl hulle die stad aanhoudend aangeval het met spesiale oorlogstoerusting wat hulle vir hierdie doel gebou het. Die Jode in Bet-Sur het egter uit die stad geglip, die oorlogstoerusting verbrand en dapper teruggeveg.
Judas beweeg toe in Jerusalem af weg van die stad en gaan slaan kamp op in Bet-Segaria, reg oorkant die kamp van die koning. Vroeg die volgende oggend is die koning aan die gang en trek vinnig met sy weermag in die rigting van Bet-Segaria, reg vir die geveg.
DOK CRAVEN SE 1e LES OOR MOEDER AARDE...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (48)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In Danie Craven se onder-16-dae opskool in die Vrystaatse dorpie Lindley was sy rugbyafriger die skool se Engelse onderwyser, ene mnr Coetzer. Op 'n dag moes die spannetjie op Petrus Steyn gaan speel, en Craven het 'n geleentheid gekry om saam met mnr Coetzer agterop sy motorfiets tot daar te ry.
Iewers in Petrus Steyn wou die onderwyser vir die jong Craven tussen die gebrul van die motorfiets deur, iets oor die spel vertel maar toe hy geen reaksie kry nie en oor sy skouer loer, was sy passasier skoonveld!
OUERS VIR CHRISTUS (6)
Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Ons het verlede keer op die gevaar van oorbeskerming gelet. Vandag meer oor die regte ouerbegeleiding
Begeleiding
Die regte manier
Met die regte begeleiding
Dissiplineer jou kind met liefde. Hy het jou aanmoediging meer as enigiets anders nodig ten einde volwasse te word. Moenie hom onnodig kritiseer of met ander kinders vergelyk nie. Moenie onnodig negatief wees nie.
Laat jou arms sterk genoeg wees om jou kind in sy nood op te tel, jou skoot sag genoeg dat hy jou sal vertrou, jou oog verskonend genoeg om geringe oortredings oor te sien en jou oor oop genoeg dat hy jou met groot vrymoedigheid van al sy wedervarings en toekomsdrome
VOLSTRUISBOERE IN ERGE KRISIS
Sarie Pieterse
Dit lyk of ons outjies wat so graag 'n stukkie volstuisbiltong verorber maar ons lus 'n bietjie sal moet knyp - slegs 'n week nadat die vorige verbod op die uitvoer van volstruisvleis opgehef is, is dit weer ingestel as gevolg van 'n nuwe positiewe uitslag van 'n H5-virus-toets. Hierdie keer is dit die uitslag van 'n toets wat gedoen is in die omgewing van Mosselbaai. Nou is die gevaar klaarblyklik realisties in 'n omtrek van 10 km van die plaas en word daar verdere toetse in daardie hele radius gedoen.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (7)
Lees reeks by Die Keeromstraat-kliek
POLITIEKE DUBBELBED
Dr At van Wyk
Die Burger se bekendmaking van die onderhandelinge tussen genls Hertzog en Smuts, en sy verwerping van die koalisie-gedagte, het uiteenlopende gewaarwordinge by sy lesers gewek. Sommige het geglo dat die bittere "rassestryd" op 'n einde gekom het; ander wou weet of die Afrikaner en die Engelsman se worsteling van die vorige geslagte dan net 'n gejaag na wind was. Terwyl Geyer en sy blad téén 'n politieke koalisie van watter aard ookal gekant was, was hulle in die minderheid wat Jan Alleman betref.
Die Burger het inderdaad teen die hoofstroom geswem, want die vooruitsig van politieke rus en vrede wat 'n samewerking tussen Hertzog en Smuts ingehou het, het wye steun onder Afrikaners en Engelse oor die hele land geniet. Die kennelikste teken hiervan was dat geen Suid-Afrikaanse regering ooit groter perssteun as dié van genl Hertzog van 1933 tot 1939 geniet het nie. Baie, veral Afrikaners, het gehoop dat koalisie vir hulle uitkoms sou bring, uit die ekonomiese rampspoed van die wêrelddepressie wat deur die groot droogte van 1933 vererger is. Vas daaraan gekoppel maar uit 'n heeltemal ander gesigs- en leefkring, was Hoggenheimer se geloof wat nie beskaam sou word nie, dat vir hom groot voordele uit koalisie te haal was.
DEUR DIEPE WATERS...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (47)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In die vyftigerjare moes Piketberg een Saterdag op Wellington gaan speel. Die aand na die wedstryd is vier van die Piketbergspelers, Manus Bester, Cas Mouton en Matthys Laubscher (bekend as Lang Loupie), asook die vlagman, Celliers van Rensburg, in 'n motor oppad terug Piketberg toe.
Of die manne kwaai gekuier het word liewer nie gesê nie. Ook nie of hulle te vinnig gery het nie. Maar naby Paarl, op 'n plek langs die Bergrivier, loop die motor van die pad af, slaan om en beland op sy dak in die vlak water van die rivier, maar dis pikdonker en die manne weet nie dit is vlak nie. Met die watertjies wat in die donker teen die motorruite klots is hulle vreesbevange en seker hulle laaste nag het aangebreek.
OUERS VIR CHRISTUS (5)
Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Ons het reeds gesien dat ouerlike gesag onontbeerlik vir die regte kinderopvoeding is. Waarvoor moet ouers versigtig wees?
Oorbeskerming
Pasop vir oorbeskerming. Dis een van die duurste foute wat ouers
Iemand het eenkeer gesê: “Die sekerste manier om jou kinders te verloor is om hulle vir altyd te wil behou”. Ja, wees baie versigtig! As jy jou kinders wil behou, moet jy hulle
VEERPOOT SE VLUG
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
In die skadu van die bloekombome op die werf van die ou plaaswoning op Outhomasseloop, staan 'n jong seun, Henkie Basson, met die een hand beskermend oor sy oë terwyl hy met gespanne aandag drie bewegende stippeltjies in die blou lug volg. Soms glimlag hy senuweeagtig wanneer die dynserige afstand dreig om die drie duiwe daarbo voor sy turende oë te laat vervaag.
Agter hom teen die lang muur van sy pa se waenhuis en stoor, waarvandaan die aanhoudende pronkgeluide van die res van sy duiwegemeenskap weerklink, het hy sy goed ingerigte duiwehok gebou. Maar op die oomblik gun Henkie sy duiwehok geen stukkie aandag nie. Die drie duiwe wat so swierig daarbo in die blou ruimte sirkel, is vir hom soos die appel van sy oog; dis sy pronkpaar daardie, die enigste posduifpaar wat hy besit en die derde is 'n jong mannetjie wat deur sy trotse ouers op een van sy proefvlugte vergesel word.
GROOT DONKER EN DROOGTE NABY?
Skrik wakker: daar’s nie krag én water nie
Anita Morkel
Die samestelling van eindverbruikersforums sal waarskynlik die enigste oplossing wees vir die kragonderbrekings waarmee dorpe regoor die land al hoe meer te doen kry.
Sulke forums sal op eie houtjie elektrisiteitsverspreiding kan doen ingevolge Artikel 6 van die Elektrisiteitswet 4/2006. Die nasionale energiereguleerder (Nersa) het egter tot dusver nie juis sy samewerking in hierdie verband vir belastingbetalersunies of die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU) gegee nie.
Nersa is die organisasie wat lisensies aan munisipaliteite moet verskaf om elektrisiteit te versprei indien daar aan die lisensievoorwaardes voldoen word.
SENSUS 2011, NOG 'N BORDEEL...
Vanaf 10 Oktober tot die einde van die maand word die sensus opgeneem in die land, en na slegs enkele dae was dit al duidelik dat hier weer eens ‘n monumentale gemors besig is om te ontvou.
Die eerste berig van ’n roof is bekendgemaak skaars nadat die sensusopnames begin het.
In Kensington is mnr. Godwin Symons beroof van R5 000 kontant en ’n vuurwapen. Hy het goedgelowig twee mans in sy huis toegelaat wat hulleself as sensusopnemers voorgestel het en hom toe aangehou en beroof het.
Vorige sensusopnames het veral die blankes van die land op hulle agtervoete gekry oor wat daar agter sit. Ook hierdie jaar is daar weer vrae op die sensusvorm wat mense se nekhare laat rys en wonder waarom sekere vrae gevra word. Waarom wil die sensus weet of daar ‘n televisie of ‘n wasmasjien in die huis is, of wat die inkomste is? Waar die regerende party van die land allerhande geluide laat hoor van herverdeling van rykdom, nasionalisering, uitwissing van sogenaamde ekonomiese ongelykhede, en selfs praat van ‘n ekonomiese revolusie (Julius Malema se woorde), is dit heeltemal verstaanbaar dat mense dan nie bereid is om enige inligting wat daarmee te doen het, wil verskaf nie.
GRAAN SA BEKOMMERD OOR DROOGTE
Alani Janeke
Droogtetoestande het gelei tot geweldige skade aan die jong koring-aanplantings in veral die Swartland, sê Graan SA.
Mnr. Andries Theron, voorsitter van die koringwerkgroep, sê ‘n groot deel van die jonger koring wat in die Swartland geplant is, het doodgeskroei.
September was ‘n droë maand in dié streek met geen noemenswaardige reën wat geval het nie. “Dit is tans een van die belangrikste tydperke vir aarvorming, maar basies geen vog is beskikbaar nie. En die dagtemperature het vinnig hoë vlakke bereik,” verduidelik Theron.
WAARSKUWING! ANC-JL 'NATIONAL DAYS OF MASS ACTION' KAN BLOEDBAD WORD
27 EN 28 OKTOBER 2011
"Malema se afsluitingswoorde in die video:
'Now or never victory is setting!'
Die betekenis agter hierdie woorde is nie verskuil nie – die swart massas gaan 'n magsvertoning lewer waartydens niks en niemand ontsien sal word nie."
Daar is rede om te glo dat die meeste "normale" burgers in hierdie land nog nie besef wat op hulle wag op 27 en 28 Oktober hierdie maand nie. Gaan kyk asseblief na Malema se bekendstellingsvideo op YouTube by hierdie skakel, http://youtu.be/_bODoftJRG8 en vergewis uself van die motiewe agter hierdie massa-aksies, genoem NATIONAL DAYS OF MASS ACTION.
Ons wil ernstig waarsku dat die moontlikheid groot is dat dit nie 'n 'gewone' opmars sal wees nie – daarvoor is daar baie redes aan te voor maar u hoef net die video te besigtig om te weet dat dit 'n bloedbad kan afgee.
Die video begin met 'n klomp skote van 'n handwapen en word gevolg deur outomatiese geweervuur, beide met 'n spesifieke boodskap so gekies sodat daar kennis geneem kan word van die aard en omvang van hierdie massa-betoging.
27 En 28 Oktober 2011 kan bloedbad word
"Malema se afsluitingswoorde in die video:
'Now or never victory is setting!'
Die betekenis agter hierdie woorde is nie verskuil nie – die swart massas gaan 'n magsvertoning lewer waartydens niks en niemand ontsien sal word nie."
Daar is rede om te glo dat die meeste "normale" burgers in hierdie land nog nie besef wat moontlik op hulle kan wag op 27 en 28 Oktober hierdie maand nie. Gaan kyk asseblief na Malema se bekendstellingsvideo op YouTube by hierdie skakel, http://youtu.be/_bODoftJRG8 en vergewis uself van die motiewe agter hierdie massa-aksies, genoem NATIONAL DAYS OF MASS ACTION.
OUERS VIR CHRISTUS (4)
Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Hoe lyk ‘n gelukkige huisgesin?
Wat is ‘n gelukkige huisgesin?
‘n Mens is so groot soos sy liefde vir God en sy huisgesin. Dit
Die vreugde van ‘n gelukkig gesin is een van die wonderlikste ervarings in die lewe. Gelukkige gesinne woon nie in huise nie, maar in tuistes. ‘n Tuiste is ‘n plek met liefde, warmte en onderlinge aanvaarding. Dit
VAALJAS VAN DIE BERGKRANS
Dr JP Botha
(Uit skrywer se boek oor diereverhale: Langs die Toelanie)
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog stories by Boekrak vir Afrikanertjies
Hoog teen die regaf rotse, op 'n deurlopende, uitstaande kliplysie, sit Vaaljas die dasmannetjie, met sy swart voorpootjies netjies onder hom ingevou. Die lysie is so breed hier dat hy sy agterbene lekker gemaklik kan dwarsgooi, soos 'n hond gewoonlik doen.
Die son het so pas oor die plaat bome en bosse op die kruin van die oorkantste bergrug sy verskyning gemaak. Toe het Vaaljas eers versigtig uit sy donker holte bo-op die krans geloer en met 'n paar ratse hardloopspronge in sy bekende paadjie afgewip tot hier waar hy gewoonlik brandwag sit.
MAAK REG VIR ARMAGEDDON!
“Most frightening of everything in this FSB report, however, is the reply Putin gave to Russia’s top generals yesterday when asked what preparations should be made and he answered…. “Prepare for Armageddon.”
Ons het in die vorige berig beloof om te vertel wat Obama met al die geld wat hy so leen beoog – hy wil oorlog maak!
Eerste Minister Putin en China se leier Hu Jintao, beplan om vroeg volgende week in Beijing te vergader oor hoe om die VSA te keer in sy plan om beide die Midde-Ooste en Sentraal-Asië binne te val. Rusland sowel as China het reeds hulle militêre magte in plek met opdragte van hoogste prioriteit om hierdie inval genoem "Total Global War" teen te staan.
Die planne vir Amerika se "Total Global War" is aan China se Departement Veiligheid verklap deur Bryan Underwood, 'n spioen wat tans in die VSA aangehou word vir sy aktiwiteite. China het hierop Rusland gewaarsku oor Amerika beplande aanval. Binne ure nadat Putin die waarskuwing ontvang het, het hy in 'n artikel in 'n dagblad aangekondig dat hy 'n noodsaaklike reis na China gaan onderneem om Hu vir samesprekings te ontmoet.
Ons plaas hier 'n onveranderde gedeelte van die berig van die EU Times:
OOK AMERIKA BY REVOLUSIE
As ons dink slegs die ANC is roekeloos oppas na 'n militêre revolusie, moet ons Obama bekyk! Sy administrasie het hierdie week 'n mylpaal in Amerika se geskiedenis bereik – die nasionale skuld van Amerika het hy nou tot die hoogste ooit opgestoot: sedert September het hy dit sommer gou met $44.8 biljoen opgejaag en staan die totaal nou $14,837,099,271,196.71 – 'n sommetjie wat vir die meeste van ons so effe onuitspreekbaar is...
Dit beteken dat in die minder as drie jaar wat Obama president is, die VSA se skuldlas met $4,212 triljoen gestyg het – meer as die totale nasionale skuld van ongeveer $4.1672 triljoen veroorsaak deur al die VSA-presidente vanaf George Washington tot George Bush. Met Obama sover ongeveer 986 dae in die presidentstoel, bring dit die styging in skuld op sowat ongeveer $4.27 biljoen per dag.