Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." - Pred. 5:17
MALEMA, EK WIL 'N PLAAS HÊ
Malema ek wil 'n plaas hê
Watse plaas my Comorad
Wil jy dalk 'n Melkplaas hê
Nee Juju nee
'n Melkery die wil ek nie
Want vroeg opstaan die gaan ek nie
Wat my sal plesier
Is 'n plaas vol koringbier!
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (10 - SLOT)
Ds André vd Berg
Moenie uitstel nie!
Moenie jou
Shannon Lucid was ‘n vroueruimtevaarder wat in 1996 vir ‘n volle 6 maande in die Russiese ruimtestasie MIR deurgebring het. Dit was die langste tydperk vir 'n persoon in die ruimte ooit. Soos wat die tyd verbygegaan het, het sy net een begeerte gehad – om na haar huis terug te keer.
DERDEPOORT (8 - SLOT)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die swart vloedgolf oor Transvaal
Die Engelse het deur die plasing van Plumer se troepemag aan die noordwesgrens van die Republiek en deur die besetting van Mafeking uitmuntend daarin geslaag om die bewondering en lojaliteit van die swart stamme in dié gebied vir hulle te verseker, waardeur hulle in staat gestel is om dié stamme tot vyandigheid teen die Boere te beïnvloed en vir hulle op hierdie wyse goeie bondgenote in die stryd te verseker.
Plumer se suksesvolle aksies op die grens en die Boere se neerlaag te Mafeking het die respek wat die inboorlinge in dié streke vir die Boere gehad het, afgetakel sodat hulle nie gehuiwer het om gemene saak met die Engelse te maak en Transvaal binne te val nie. Dit het feitlik gelyktydig met die inmars van die Britse leërs in Transvaal plaasgevind, sodat al vroeg in Junie 1900 die Engelse joernalis, CJ Weir, beweer het dat native looters seem to have overrun the Transvaal.
Die Engelse het nie weer probeer om soos by Derdepoort hierdie feit te verdoesel deur te beweer dat die Swartes alleen maar die rol van gidse, ossedrywers en perdeoppassers vervul het nie. Hulle is gebruik om die Boere se vee bymekaar te gaan maak en na die Engelse kommando’s te bring.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (9)
Ds André vd Berg
‘n Diep kloof
Sonde vorm ‘n diep en onoorbrugbare kloof tussen God en mens. In die Gelykenis van die ryk man en Laserus sê Vader Abraham vir die ryke:“En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie
Mense wat beweer dat elkeen op sy eie geloof gered sal word, lieg! Die Islamiet wat tot Allah bid, sal nooit in die hemel kom nie, so ook nie die Hindoe wat voor sy afgode kruip of die Roomse Katoliek wat sy beelde vereer nie!
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (8)
Ds André vd Berg
Verskonings
Mense opper graag allerlei verskonings waarom hulle nie gered
Al is jy die grootste sondaar wat nog ooit geleef het,
DERDEPOORT (7)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die tragedie by Kaya-se-put
Die Bagatlas bly steeds ‘n bedreiging
Die suksesvolle straftog wat die Boere in die middel van Desember 1899 teen Linchwe se Bagatlas onderneem het, sodat hulle “een vreeslijken afschrik” vir die wraak van die Boere gekry het, het hulle net tydelik gedemoraliseer. Na mate hulle Engelse bondgenoot uit Rhodesië, met sy pantsertreine en sy krygsmag al verder suidwaarts in die rigting van Mafeking gevorder het en ‘n doring in die vlees van die Boerekommando’s op die grens geword het, het die Swartes weer moed geskep om met nuwe vyandigheid teen die Boere, hulle Engelse makkers te ondersteun.
Plumer bedreig die Boere by Krokodilpoel
Kolonel Plumer het op 27 Desember 1899 met 400 manskappe en twee kanonne vanaf Tuli sy opmars suidwaarts begin, nadat hy met verligting ontdek het dat die Boere dié gebied verlaat het.
HAATSPRAAK : KONSTITU- SIONELE HOFUITSPRAAK VERWELKOM
TLU SA - MEDIAVERKLARING
“Die uitspraak van die Konstitusionele Hof op 2 November 2011 waarin die aansoek van Julius Malema en die ANC van die hand gewys word, stuur ’n sterk boodskap uit na diegene wat nie kan onderskei tussen haatspraak en die voorskrifte van die wet nie”, aldus
In sy aanhoor van die aansoeke tot appèl, het regter Lamont reeds verlof toegestaan dat die saak na die Appèlhof verwys mag word.
BUITELAND GLO AFRIKANER KAN TOTAAL UITGEMOOR WORD
Wye reaksie op Afrikanervolksmoord in buiteland
Anita Morkel
‘n Vloedgolf van reaksie is tot dusver ontlok deur die oproep dat die Tweede Kamer van die Nederlandse parlement ‘n debat moet voer oor die volksmoord op Afrikaners deur swartes in Suid-Afrika. Dié debat sal waarskynlik op 23 en 24 November plaasvind.
In koerantberigte en op die sosiale media soos Twitter gons dit behoorlik oor ‘n oproep vroeër deur ‘n Nederlander, mnr. Dick van der Klooster, dat e-posse aan Nederlandse parlementariërs gerig moet word om die volksuitmoording onder hul aandag te bring.
Hewige reaksie is ontlok deur die Nederlandse parlementariër, Martin Bosma, se waarskuwing in die Amsterdamse koerant, Die Parool, dat die Afrikanervolk en hul taal waarskynlik uitgeroei sal word. Hy het ook die Nederlandse linkse vleuel daarvoor verantwoordelik gehou dat die ANC aan bewind gekom het.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (7)
Ds André vd Berg
Wat bind ons aan die hemel?
Agt bande bind die gelowige aan die hemel.
(i) Ons hemelse Vader is daar. Daarom leer Jesus ons bid: “Onse Vader wat in die hemel is” (Matt.6:9). Ons wil mos graag daar wees waar ons Vader is. Paulus skryf aan die Korinthiërs: ”Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word…” (2 Kor.5:2).
(ii) Christus, ons Verlosser is daar. “Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn” (Hebr.9:24). Wat ‘n voorreg het die dissipels nie gehad om Christus vir ‘n tyd lank by hulle te kon hê nie. Ons gaan Hom vir ewig by ons hê!
DERDEPOORT (6)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die Boere se straftog
Plumer beweeg suidwaarts
Nadat kolonel Plumer ontdek het dat die Boere uit Noord-Transvaal gewyk het, het hy besluit om met sowat 400 van sy manskappe, met ‘n 2½ duim kanon en ‘n maxim na Palapye te marsjeer. Sy doel was om Mochudi te bereik, sodat hy hiervandaan steun kon verleen aan Holdsworth, Nicholson en Llewellyn, in hul pogings om die spoor suidwaarts te herstel vir die gebruik van die gepantserde treine in hul operasies teen die burgers van kommandante Swart en Du Plessis. Plumer het reeds op Oujaarsdag 1899 Palapye bereik.
MACBETH (2) (SLOT)
Bernard Miles
Lees reeds by Shakespeare in Afrikaans
Die harde klop aan die kasteel se deur het nie juis baie mense wakker gemaak nie; ook die deurwag het saam met sy vriende feesgevier en is self nog aan die slaap. Voor die deur moes die twee manne lank staan en klop – dit is twee van Duncan se getrouste edelliede, Macduff en Lennox. Hulle wil die koning kom groet en het die hele nag deur gery om vanoggend by hom te wees.
Toe Macbeth die klop hoor word hy eens so bang en gaan gou die kasteel binne om die bloed van sy hande af te was.
Uiteindelik grendel die deurwag die deur oop sodat Macduff en Lennox kan inkom. Macbeth kom self ook deur toe. Hy het die bloed van sy hande afgewas, 'n mantel oor sy skouers gegooi en gemaak asof niks gebeur het nie. Macduff sê hy wil graag die koning besoek maar toe Macbeth aanbied om hom na Duncan se kamer te neem wys hy dit van die hand.
SA MIELIE-TEKORT?
Marleen Smith
In die aanloop tot die nuwe planttyd begin die bulle al hoe meer stem dik maak op die Safex-mieliemark. Alle aanduidings is dat Suid-Afrika op ’n knap voorraadsituasie, indien nie ’n tekort nie, afstuur.
Sterk uitvoer, ook na nie-tradisionele markte, duur voort. Teen middel verlede week was meer as 1 miljoen ton van die verwagte nasionale oes van 10,6 miljoen ton nog nie gelewer nie. Intussen het die uitslag van Oesskattingskomitee se opname oor hoeveel mielies boere beoog om te plant, talle markdeelnemers onkant gevang.
Meer aanplantings
Die beoogde 2,6 miljoen mieliehektare wat boere teen middel Oktober aangedui het, is amper 10% meer as die afgelope seisoen se aanplantings.
SA-BOERE KAN BEGIN RYS VOORSIEN
Charl van Rooyen
Die beoogde verbouing van rys in Suid-Afrika het nuwe stukrag gekry danksy die toetrede van ’n sakeman en ’n boer om die projek ’n werklikheid te maak.
Kommersiële proefaanplantings is verlede jaar in verskeie plekke van die land gedoen, onder meer deur mnr. Alfonso Visser van Vaalharts, wat heel in sy skik met die opbrengs was. Mnr. Hennie Kruger, ’n sakeman van Delmas, sê hy neem nou die leiding om rysverbouing ’n werklikheid te maak.
“Groot hoeveelhede rys word elke jaar ingevoer wat waardevolle valuta opslurp. Ons behoort self ’n groot deel van ons rys te verbou. Dit kan selfs op vier na die grootste graanproduk word,” sê hy.
VARS WATER WORD SKAARS
VANDAG, 21 OKTOBER 2011, WÊRELDBEVOLKING AMPTELIK 7 MILJARD
Die feit dat die wêreldbevolking vandag op Maandag, 31 Oktober 2011, na verwagting die vlak van 7 miljard mense gaan bereik, gaan een van die grootste dryfvere agter verhoogde watergebruik wees. Water kan, soos olie, een van dié kommoditeite wees waarom die 21ste eeu gaan draai.
Waterverbruik in ontwikkelende lande gaan tot en met 2025 met 50% styg, aldus wetenskaplikes.
Luidens ’n berig op Reuters sê Kirsty Jenkinson, verteenwoordiger van die World Resources Insititute in Washington, Amerika, waterverbruik in ontwikkelende lande gaan weens verstedeliking drasties styg.
Reuse-uitdaging
Jenkinson meen dat ’n reuse-uitdaging die wêreld in die gesig staar as gevolg van die impak van erge oorstromings, droogtes en veranderende weerpatrone weens klimaatsverandering.
DERDEPOORT (5)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die wêreld se reaksie
"... Hierdie bewerings is egter van allewaarheid ontbloot. Die blaam vir die ongelukkige voorval te Derdepoort rus op die skouers van die Engelse en in besonder op dié van Nicholson en Holdsworth. Ten spyte van waarskuwings uit eie geledere, het hulle met voorbedagte rade die Bagatla-impi in ‘n krygsoperasie teen die Boere aangevoer..."
Skok en afkeur
Suid-Afrika is deur hierdie treurige voorval wat te Derdepoort plaasgevind het, diep geskok. Waarnemende kommandant Kirsten wat saam met die oorlewendes die gruweldade in al hul afgryslikheid aanskou het, het die ooggetuies se gevoel beskryf met die volgende woorde:
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (6)
Ds André vd Berg
Die vooruitsig van die hemel
Gelowiges het ‘n wonderlike, ja, asemrowende vooruitsig en behoort baie meer oor die hemel te praat. Ons leef so naby daaraan. Ons hemelse tuiste is in werklikheid maar net ‘n hartklop ver. Een laaste hartklop en ons is daar!
Kinders van God is volgens die Bybel mede-erfgename van Jesus Christus en
DUISENDE GEBEDE LAAT ANCJL IN DIE STEEK...

Ongeveer 3 000 van die 5 000 lede van die ANC Jeugliga wat gister nog in Johannesburg deelgeneem het aan die optog, het vanoggend by die Caledonian Stadium in Pretoria in die vroeë ure gewag dat die gesamentlike opmars na die Uniegebou kan begin waar hulle 'n memorandum aan die Presidensie vanoggend om 10:00 wou oorhandig. Daar word vertel dat hulle wel van Sandton in Johannesburg vanaf die Aandelebeurs tot hier gestap het op die R101 op die Ou Pretoriapad en dat dit slegs agt ure geduur het. Malema wat glo heel voor in die optog gestap het, het klaarblyklik darem gereeld 'n paar kilometers op 'n oop vragmotor gedurende dié 50 km afstand gery.
Die grootste deel van die latere oggendure by die Uniegebou het die protesoptoggangers hulle tyd gewy aan: van slaap en wat daarmee gepaard gaan, op elke stukkie gras en sypaadjie in die omgewing, tot 'n geskroppery en skoon aantrekkery net daar waar hulle was. Dit natuurlik alles te midde van 'n duiwelse lawaai vanaf 'n tydelike verhoog waar selferkende kunstenaars tevergeefs probeer het om die swart slapende massa wakker te hou.
Malema kon toe uiteindelik maar net afsluit met 'n bedanking aan die optoggangers omdat hulle hulself so "goed" gedra het – hoe anders? Sou hy waag sê dat hy bitterlik teleurgesteld is oor die swak opkoms en oor daar geen dramatiese voorvalle was nie?
Maar na alles is dit nie net hy en sy gevolg wat deur middel van voorafdansers die seëninge van hulle voorvaders oor hulle optog gesmeek het nie – duisende Christene het ook die Lewende God gesmeek om hierdie opswepingspoging van kwaadwillige militante swartes in hulle opmars te stuit; kom ons dank Hom daarvoor!
POLITIEK HET NOG NOOIT VERANDER...
DR DF MALAN EN DIE DUITSE DOKUMENTE
Jeanette Koekemoer
Toe die Tweede Wêreldoorlog as gevolg van die val van Berlyn geëindig het, is daar beslag gelê op belangrike dokumente rakende die geskiedkundige verloop van sake in ons eie land. Die dokumente wat bekend gestaan het as "Die Duitse Dokumente" is eers aan generaal Smuts oorhandig wat op daardie tydstip Eerste Minister was, en daarna is dit aan dr DF Malan gegee wat dit aan die staatsargief in Pretoria oorhandig het. Soos die algemene reël was, is dit eers na 'n sekere aantal jare vir die publiek toeganklik gestel.
Van die inhoud wat dr Malan met groot diskresie sonder name bekend gemaak het nog voordat dit vir die publiek bekombaar gemaak is, was dat 'n "vooraanstaande" Ossewa-Brandwag-lid in Kaapstad gereeld tydens die oorlog langs gewone O.B.-kanale inligting oor die aanwesigheid en bewegings van skepe in Tafelbaai-omgewing, oor die grens na Lourenco Marques gestuur het.
DERDEPOORT (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die moorde
" Die Bagatlas het die vroue en kinders soos diere aangejaag tot by ‘n klein statjie aan die oorkant van die rivier, waar nog twee gevangenes bygekom het, Lizzie de Villiers, Kleurlinghuishoudster van die winkelier Angers, en Marthinus, die seuntjie van Zacharias Pretorius... Hulle het Lizzie de Villiers egter op ‘n wa laat ry en toe hulle bemerk dat mevrou Cornelia Potgieter hul gang vertraag weens die wond bokant haar linkerknie, het hulle haar ook toegelaat om op die wa te ry. Die ander is egter nie toegelaat om te ry nie en moes vanaf sononder die Saterdagaand tot Sondagmôre bly loop, met uitsondering van kort tussenposes snags wat hulle toegelaat is om te slaap, sonder bedekking en op die kaal grond! "
Plumer se treine kruip nader
Die Boere wat te Derdepoort gelaer was, het niks vermoed van die nuwe vyandskap van die Bagatlakaptein nie. Die enigste vyandelike mag vir wie hulle op hul hoede was, was Nicholson se troepe. Vir onmiddellike aanvalle uit die noorde was hulle ook nie bang nie, aangesien die gepantserde treine voorlopig nie verder suid as tot by ‘n punt, twee en ‘n half uur te perd noord van Mochudi kon vorder nie. Riekert en sy patrollie het tydens sy besoek aan Linchwe op 4 November die treinbrug aldaar met dinamiet in die lug laat vlieg. Drie dae later is egter berig ontvang dat die troepe al weer besig was om die vernielde brug te herstel, waarop kommandant Riekert met ‘n klein patrollie in dié rigting uitgery het.
HOE KOM EK IN DIE HEMEL? (5)
Ds André vd Berg
"In die hemel sal ons ook die volkome gemeenskap van alle gelowiges beleef. Ons sal mekaar herken en met mekaar praat. O, hoe sien ek nie daarna uit om byvoorbeeld met Moses oor sy wedervarings tydens die uittog uit Egipte te gesels nie of met koning Dawid oor sy psalms! Hoe wonderlik sal dit nie wees om met Petrus, Johannes en Paulus te
Waar is die hemel?
Ons praat dikwels van die hemel asof dit sommer baie ver weg is, ver anderkant die sterre en die planete. In werklikheid is die hemel binne hoorafstand van elkeen wat daar hoort. Daarom bid ons tot God wat in die hemel woon: “Onse Vader wat in die hemel is”
Bekering is soos ‘n toegangskaartjie.