Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vergifnis is nie maar net om te vergeet of jou gedrag te verskoon nie. Vergifnis is 'n klein wonderwerk, 'n nuwe begin, 'n geleentheid om voor te begin. As jy dit nie kan regkry om iemand te vergewe nie, sal jyself die slegste daaraan afkom.
GOD SELF SAL ONS VOLK HERSTEL!
Ryno van As
Ek verneem met frustrasie en ontsteltenis (wat ek moes verwag het van hierdie koerant)van 'n rubriekskrywer van die liberale koerant Beeld, Charl-Pierre Naudé, hoe sleg die beleid van apartheid was. In sy rubriek trek hy te velde teen die beleid en verwys hy na n regsprofessor verbonde aan die Universiteit van Weskaapland, wat bog praat en sê dat apartheid dieselfde is as die Jode se volksmoord wat deur die Nazi’s gepleeg was.
Ek is 'n jong Afrikaner - ek is in 1990 gebore, ek is oorspoel en oorweldig met liberale twak en verdraaiing van feite. Ek het self navorsing gaan doen en opgelees oor ons geskiedenis en die beleid van een van ons grootste Afrikanerleiers, wyle dr. Hendik Verwoerd, en hoe hy op dieselfde beleid van sy voorgangers, genl. J.B.M Hertzog, dr. D.F. Malan en adv. J.G. Strijdom, gebou het. Ons voorvaders het in dit wat God van ons in sy Woord gevra het naamlik om nie met ander nasies te meng nie omdat Hyself die grense gestel het, volhard vir meer as driehonderd- en-vyftig jaar. Soos ons as Afrikanernasionaliste weet het God se Woord ons hele lewens-en wêreldbeskouing gevorm. Ons wou 'n volk wees vir Hom, nes Israel 'n volk vir Hom was. En daar is tans 'n klein getal van ons wat wel nog 'n volk vir God wil wees.
Om net weer terug te kom by die punt, breek dié Afrikaner,oftewel Afrikaanse, of beter nog, wit Afrikaanssprekende (soos hulle hulself graag noem),ons lewensbeskouing so afdat hy dit graag met die misdade wat die kommuniste in Oos-Europa gepleeg het,vergelyk. Hy sê die volgende oor apartheid: "Maar dit was in effek ’n ontologiese en strukturele misdadigheid teen 'die ander' op groot en georganiseerde skaal, en Apartheid was strukturele geweld, sistematiese uitwissing van kulturele identiteit, uitmergeling, grootskaalse sentralistiese beplanning sonder inspraak, onderdrukking van vrye spraak, en staatsgedwonge emigrasie.”
Dit is ongelooflik dat mense sulke goed kan kwytraak! Integrasie is die sistematies uitwissing van kulturele identiteit, kyk maar net na die jong Swartes (wat nie behoorlik hul eie taal kan praat nie en eerder Engels verkies). Maar kyk spesifiek hoe drasties ons volk van ons identiteit beroof word en hoe ons letterlike uitwissing in die gesig staar. Ook hoe ons jongmense nie behoorlik ons taal kan praat of kan skryf nie, en allerlei Engelse woorde gebruik. Alles verengels! Jong Afrikaners weet nie wie hulle is nie, hulle word deur almal aangesê om die terroris en kommunis, Nelson Mandela, te aanbid en hom te verheerlik. As hulle nog hoegenaamd van Jan van Riebeeck, genl. Koos de la Rey, genl. Christiaan de Wet, pres. Paul Kruger, Andries Pretorius, Piet Retief, Gerrit Maritz, Andries Potgieter, dr. D.F. Malan, adv. J.G. Strijdom, genl. J.B.M. Hertzog, pres. M.T. Steyn en dr. H.F. Verwoerd, ensovoorts, hoor is die media en die skoolleerplan se boodskap dat hierdie manne boos was en dat jy nie trots op hulle of enige van jou heldedom mag wees nie. Jy mag nie "Die Stem van Suid-Afrika” of “De la Rey” sing nie want dit is sogenaamd rassisties. Dit is onstellend! Die waarheid word verswyg.
Ek is 'n trotste Afrikaner, trots op my Boeregeskiedenis en heldedom, my taal, Afrikaans, wat ontwikkel het uit verskeie tale, kultuur,tradisies en oor alles wat ons as Afrikanervolk bereik het en opgebou het,met die hulp van God. Al die eer en roem kom Hom alleenlik toe.
Ons as Afrikanervolk, sal weer soos telkemale tevore, opstaan teen ons vyande en ons land terug verower! Ons moet net weer terugdraai na God toe en Hom alleenlik aanbid, Hom omhulp vra en op Hom vertrou.