Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Meer mense sterf sonder Christus as met Hom; mense wat nie met Hom reggemaak het toe hulle die tyd gehad het nie. Tyd; dis ‘n belangrike woord. Jy moet dit hê om te kan regmaak. Wie dit nie het nie, kan nie regmaak nie. Daarom word sondaars in Jes.55:6 dringend opgeroep: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is”.
WAARSKUWING TEEN VLOEDE
Marleen Smith
Daar is 'n kans dat vloede in dele van die land kan voorkom.
Suid-Afrikaners in die somerreëngebied kan nog minstens vier bogemiddeld nat maande verwag danksy die sterk La Niña-verskynsel wat nou al geruime tyd die klimaatfront oorheers.
Die kans vir vloede in dié tyd is goed in veral die Vrystaat, Noordwes, die Noord- en Oos-Kaap en selfs die suidelike deel van die Wes-Kaap, waarsku mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou.
Hy meen voorts die sterk reënval wat sedert middel Desember oor veral die oostelike dele en kol-kol in die sentrale streek geval het, behoort in die volgende twee tot drie maande na die droë westelike gebiede uit te brei.
CHAPMAN'S PEAK, KAAP, NOU HOOF- TOLKHEK VIR SA
Die ANC het toegestem dat 'n groot deel van Tafelberg Nasionale Park op die hoogte genoem Chapman's Peak Drive, uitgekap word om 'n uitstaande luukse twee-verdiepinggebou vir 'n sogenaamde private maatskappy toe te staan. Dit is dieselfde multimiljoen-maatskappy wat reeds vir baie jare, vanaf die ANC die land onwettig oorgeneem het, ons tolpaaie in ons land 'bestuur' omdat die ANC hul tolpadmaatskappy kort na oorname aan hulle verkoop het om só baie gulsig groot bedrae geld vinnig te bekom - wat hulle lank reeds teen die mure uitgeverf het.
Dit sal glo een van die mees eksklusiewe kantoorblokke in ons land binne 'n nasionale park wees met die pragtige uitsig oor Houtbaai en die Atlantiese see.
Entilini is die naam vir die ontwikkeling en het reeds R1.6 miljoen op die voormalige ontwerp van die geboue spandeer terwyl die finale ontwerpfooie glo ongeveer R5.7 miljoen sal beloop – maar soos ons in die Nuwe Suid-Afrika lank reeds weet minstens verdrie-dubbeld sal word.
AFRI-FORUM SE VIERKLEUR- VREES
Afri-Forum skrik vir Vierkleur
"Mnr. Chris Stapelberg van Brits is die middelpunt van die reaksie teen Afri-Forum. Mnr Stapelberg het in ’n e-pos sowel as ’n brief in die dagbladpers die gebeure beskryf..."
Die optrede van senior ampsdraers van die burgerregteorganisasie, Afri-Forum, tydens ’n kransleggingsplegtigheid in Pretoria, het by Afrikaners ’n wrang smaak in die mond gelaat. Afri-Forum het op 8 Januarie ’n geleentheid gereël dat kranse gelê word op die plek waar die Kerkstraatbom op 20 Mei 1983 ontplof het. Die bom was die werk van die ANC. Dit het voor die Poyntons-gebou in Pretoria, wat personeel van die destydse Gevangenisdiens en die Lugmag gehuisves het, ontplof. 19 Mense is in die ontploffing dood. Afri-Forum het die kranslegging gereël op dieselfde dag wat die ANC se 100- jarige feesvieringe in Bloemfontein plaasgevind het om Blankes te herinner aan die terreur wat die ANC teen Blankes en die Suid-Afrikaanse regering gepleeg het.
ERGE STORMS VOORSPEL
Luidens ’n verklaring word erge storms vir vandag Vrydag 13 Januarie 2012, en moontlik nog later, in die noordoostelike dele van die Oos-Kaap, in die verre oostelike dele van die Vrystaat asook in die westelike dele van KwaZulu-Natal voorspel. Die Nasionale Weerdiens het waarskuwings oor hierdie storms uitgereik. Volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye word veral boere gewaarsku om hiervoor op die uitkyk te wees en die nodige voorsorgmaatreëls te tref om hul eiendom en vee te probeer beskerm. Van die storms kan met hael gepaardgaan. In die algemeen word verwag dat die storms sowat ’n halfuur tot ’n uur kan woed.
SA WITMIELIE- TEKORT AGV UITVOERE
Die land se witmielievoorraad is besig om drasties agteruit te boer. Volgens Graan SA se hoofuitvoerende beampte, mnr Jannie de Villiers, is daar 'n tekort aan plaaslike mielies met baie groot chaos in die vooruitsig wat in die witmieliemark kan ontstaan.
Volgens Sagis se jongste verhandelingsverslag is sowat 2,085 miljoen ton wit en geel mielies reeds in die huidige verkoopseisoen uitgevoer. De Villiers sê volgens die jongste verwagting sal sowat 2,4 miljoen ton wit en geel mielies in dié verkoopseisoen uitgevoer word. “Die uitvoer van geel mielies het grootliks opgehou. Tot in April sal die oorblywende uitvoer na verwagting wit mielies wees.”
De Villiers sê aanvanklik is verwag dat die land se mielie-oes sowat 10,6 miljoen ton sou wees. Die oes was uiteindelik 10,3 miljoen ton, wat beteken die vraag was groter as die aanbod. Dít word as een van die redes vir die probleem aangetoon.
NOG 'N BLANKE BOER VERMOOR
’n Boer van Pretoria-omgewing is doodgeskiet terwyl hy en ’n vriend ’n pap band langs die pad omgeruil het. Luidens ’n berig in Beeld was die 50-jarige mnr. Hans Huyser, gesinslede en vriende op pad huis toe van Sun City af toe die voorval gebeur het.
Huyser, sy vrou, Cindy, sy kleindogter, Jessica, ’n susterskind, Deon Graaf, en mnr. Danie en mev. Chairmaine Niemand moes op die N4 naby Brits stilhou om pap bande te vervang. Die twee bande aan die regterkant van Niemand se voertuig is deur ’n slaggat beskadig. Slaggate in hierdie omgewing word al meer en al dieper en talle mense het reeds hul lewens in die Britsomgewing verloor in ongelukke veroorsaak deur slaggate.
DIE DERDE TEMPEL (10)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE ROOMSE GEVAAR
1. Die beheer van Jerusalem
Die Jode se eis om Jerusalem as hoofstad van Israel erken te kry, word, ironies genoeg, deur mense teengestaan wat nog nooit in hul geskiedenis ʼn hoofstad gehad het nie! Die buitelandse steun wat hulle geniet, maak dat die wêreld haar rug op Israel keer.
Die Roomse Kerk is egter Israel se grootste bedreiging. Die Vatikaan bekook al jare lank bose planne om Jerusalem in te palm. En waar is ʼn beter plek om te begin as die Tempelberg? Die Vatikaan versterk gedurig haar posisie deur met Joodse volksverraaiers te knoei. Die laaste pous gaan Jerusalem sonder slag of stoot onder die dekmantel van wêreldvrede aan die Vatikaan onderwerp!
Die profeet Daniël het ʼn hele paar toekomsgesigte gehad. In die een sien hy ʼn wêreldorganisasie (die EU) ontstaan wat tot die herlewing van die Heilige Romeinse Ryk (HRR) lei en uit 10 volksverbindings bestaan. Dis ʼn nuwe Europa wat deur Duitsland en die Vatikaan oorheers word.
HEUNING GAAN DUUR WORD
Vlieg veroorsaak dalk by-krisis
Die daling in bygetalle is kommerwekkend.
’n Vlieg wat parasiete in heuningbye se agterlyf inspuit, is glo verantwoordelik vir die daling in bygetalle, sê ’n wetenskaplike.
Luidens ’n berig op Health24.com is ’n artikel oor dié verskynsel onlangs in die Public Library of Science (PloS One) gepubliseer.
Die phorid-vlieg (Apocephalus borealis) besmet die by met larwes van die parasiet. Dit veroorsaak verwarring by die by. ’n By wat met die parasiete besmet is, verlaat dikwels in die nag die korf op soek na lig.
DIE REIS NA EGIPTE
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (6)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Wanneer 'n nuwe baba gebore word kyk sy ma mooi na hom, nie waar nie? Sy gee vir hom kos, was hom en versorg hom mooi.
Toe Jesus gebore is het Maria ook mooi na Hom gekyk. God het geweet dat baie mense bly was omdat Jesus gebore is. Maria en Josef was baie bly. Simeon en Anna was bly. Die slim manne was ook baie bly. Maar God het geweet dat daar een man was wat nie bly was nie. Koning Herodes was nie bly nie.
Koning Herodes was kwaad toe die slim manne vir hom vertel dat 'n nuwe Koning gebore is. Hy het gedink: 'Ek is die koning, ek wil nie 'n nuwe koning hê nie.' Hy was bang dat hy dan nie meer die koning sal wees nie.
DIE VLAKTE : JAN F.E. CELLIERS
Ons vier vandag die verjaardag van een van ons geliefde digters, Jan FE Celliers en plaas hiermee sy baie bekende gedig wat hy 1902 in ballingskap in Clarens geskryf het.
DIE VLAKTE
Ek slaap in die rus van die eeue gesus
ongesien, ongehoord,
en dof en loom in my sonnedroom,
ongewek, ongestoord
Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande
skuif my breedte uit,
wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur,
wat my swyend omsluit.
MINISTER MOET PRAAT OOR HIDROLIESE BREKING
Een van die bevindings van die Noord-Transvaalse Hooggeregshof nadat die 'Treasure the Karoo-aksiegroep' (TKAG) ’n hofaansoek in dié verband ingedien het, is dat die inligting oor die taakspan wat hidroliese breking in Suid-Afrika moet ondersoek, bekend gemaak moet word. Susan Shabangu, die ANC minister van Minerale, moet glo volgens die hofbevel teen 31 Januarie die name en besonderhede van die lede van die taakspan bekend maak. Die hof het ook ’n kostebevel teen die minister gegee. As sy nie dié inligting bekend maak nie, moet sy verklarings indien oor hoekom sy die inligting weerhou. Indien sy besluit om die inligting te weerhou, kan die saak in ’n hof eindig waar ’n regter die finale besluit sal neem.
STOF JOU KRAG- OPWEKKER AF
Kommer heers oor die druk wat tans op die land se kragnetwerk geplaas word en Eskom waarsku teen onderbrekings. Luidens ’n verklaring ervaar die kragvoorsiener veral dié week probleme tydens spitstyd tussen 17:00 en 21:00 in die aand.
Volgens ‘n berig in Beeld (10 Januarie 2012), werk Eskom tans met sowat 14%, of 5 000 megawatt, minder kragkapasiteit as gewoonlik. Dit word toegeskryf aan geskeduleerde instandhoudingswerk aan kragsentrales asook allerlei tegniese probleme wat ondervind word.
Hillary Joffe, woordvoerder, sê hulle moes Maandagmiddag (9 Januarie 2012) – voor spitstyd aangebreek het – van die noodreserwekrag begin gebruik. Van die aluminiumsmelterye is glo gevra om hul aanlegte tydelik af te skakel.
Eskom het reeds verlede jaar gewaarsku dat die kragvoorraad tydens die eerste paar maande van vanjaar knap gaan wees, sodat alle stelsels versien en nagegaan kan word. Die land gaan waarskynlik vir die volgende twee jaar nog ’n benarde kragsituasie te ondervind.
DIE AARDE HET GEBEWE! (6)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
Hierdie aardskokke is feitlik landswyd gevoel. By plekke so ver as Port Elizabeth, Durban en Kaapstad het mense paniekbevange uit hulle huise gehardloop – sommige was so ontstel dat hulle behandeling teen skok moes ontvang. Daar is selfs geringe skade in Kaapstad aangerig – byvoorbeeld gebarste mure van huise en geboue en ruite wat uitgeval het.
As plekke so ver van die rampgebied wat die middelpunt van die skok was, só getref is, kan daar seker begryp word deur watter helse angs die mense in die rampgebied sélf gegaan het. Dit is 'n ondervinding wat ons in der ewigheid nooit sal vergeet nie. Kinders wat 'n Voortrekkerkamp in Bainskloof bygewoon het, het vertel dat dit gevoel het asof die aarde reg onder hulle oopgeskeur. Die kinders wat in tente geslaap het, het gesê die grond onder hulle het meteens op en af begin beweeg en die tente het heen en weer gekantel.
HEILBRON SE 1e HELD (1)
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Die hoërskool op Heilbron in die Vystaat besit die onderskeiding dat dit een van die weinige skole in ons land is wat twee leerlinge opgelewer het wat toekennings vir dapperheid ontvang het. Die seuns was Jean Bosman en Jacobus Raubenheimer.
Jean is op 19 Januarie 1940 op Heilbron gebore. Sy vader was daar onderwyser en leier van die plaaslike Voortrekkerkommando. Jean was self ook lid van die kommando, en as 'n Voortrekker het hy geleer dat 'n mens hulpvaardig moet wees en gewillig moet wees om oral en altyd jou medemens te dien.
Tydens die somer van 1954 het daar een middag 'n wolkbreuk bokant die dorpsdam van Heilbron losgebars. Binne enkele minute het al die lopies en waterslote soos bruisende riviere afgekom.
MOONTLIKE VLOEDE VOORSPEL
Reën voorspel, vloede moontlik
Bogemiddelde reënval word vir die res van die seisoen verwag, met “kanse vir vloede wat nie uitgesluit is nie”, sê mnr. Johan van den Berg, ’n klimatoloog by Santam Landbou.
Van den Berg sê die hittegolf en die droë toestande wat die afgelope paar weke voorgekom het, het nie ernstige skade aan die grane wat tans op landerye is, veroorsaak nie.
Die droër toestande het wel daartoe gelei dat verskeie boere nie mielies kon plant soos wat hulle beoog het nie. Dit het ander boere egter gehelp om landerye droog te kry om of te kon plant of om hul oeste van landerye af te kry.
VOEDSEL- INFLASIE DREIG
Lae mielievoorraad jaag pryse op
Die huidige lae voorraad van mielies en koring, stapelvoedsel van menige in Suid-Afrika kan selfs ook internasionaal lei tot baie hoë voedselinflasie.
Volgens mnr. Jannie de Villiers, hoof van Graan SA, is daar druk op internasionale voedselvoorraad wat as gevolg van die vraag/aanbod-meganisme veroorsaak dat kopers meer moet betaal. Hoër oliepryse lei ook tot ‘n groter vraag na mielies vir die produksie van biobrandstof, berig Sake 24.
Die mielieprys het die afgelope ruk met meer as 50% gestyg, sê De Villiers. Die volle styging is egter nog nie aan die verbruiker deurgegee nie.
Mielie-voorraadvlakke is tans laag terwyl die volgende bemarkingseisoen eers in Mei begin. As gevolg van die vakansietyd behels huidige verhandeling tans klein volumes en sal die werklike stand van sake met voorraad teen volgende week duideliker wees.
MIDSOMERNAG- DROOM (1)
Bernard Miles
Lees reeks by Shakespeare in Afrikaans
Lank, lank gelede het daar in 'n klein dorpie in die hartjie van Warwickshire twee goeie vriende gewoon. Hulle was Peter Quince, 'n skrynwerker, en Nicholas Bottom, 'n wewer. Peter was die beste skrynwerker in die hele land en sy werk was wyd en syd bekend. Hy kon veral mooi huise bou met 'n raamwerk van eikehout wat volgens die gebruik van daardie tyd kunstig met pleister en messelwerk opgevul en te pragtig met patrone versier is. Peter moes sy gereedskap altyd vlymskerp hou want dit was nie maklik om met die harde eikehout te werk nie, en veral die laste in die raamwerk moes met groot sorg gemaak word. Maar Peter kon enige soort houtwerk doen, en hy het die laste so mooi gemaak dat dit gelyk het asof die hout sommer van die begin af so aanmekaar gegroei het.
Waar Peter 'n baie goeie skrynwerker was, was Bottom, op sy beurt, weer 'n uitstekende wewer. In daardie dae is alle kleedstof by die huis geweef en nie in groot fabrieke soos vandag gedoen word nie. En die dorp se wewer was net so 'n belangrike man soos die dorp se skrynwerker. Peter en Bottom was dus twee vername manne in die dorp na wie almal opgesien het.
DIE SLIM MANNE
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (5)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Het jy al een aand laat genoeg wakker gebly om die sterre te sien? Dit is dan baie donker buite maar die sterre skitter helder en blink.
Lank, lank gelede, in 'n land ver hiervandaan, was daar 'n paar baie slim manne. Die Bybel vertel nie vir ons hoeveel hulle was nie alhoewel die mense dink daar was drie. Hulle het daarvan gehou om na die sterre te kyk. Hulle het die name van al die groot sterre geken. Hulle presies geweet waar om te kyk om hierdie sterre te sien. Baie keer het hulle saam na die sterre gekyk.
Een aand, toe die slim manne so na die sterre kyk, sê die een man: "Kyk! Daar is 'n nuwe ster!"
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (9)
Ds.Andrè van den Berg
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
GEBED
Here, ek leef in ‘n wêreld van mense wat so behep met hulself is, dat hulle niks en niemand ontsien ten einde hul eie behoeftes te bevredig en ideale te verwesentlik nie. Ek moet bely dat ek maar self geneig is om te veel net aan myself, my omstandighede en persoonlike behoeftes te dink. Daarom bid ek soos Johannes die Doper van ouds dat U meer en ek minder sal word.
Maak my nederig sonder dat ek myself as u Skepping, te gering skat, ja, laat ek nooit anders van myself dink as wat U van my dink nie.
OM DANKIE TE SÊ
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (4)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Toe jy 'n klein ou babatjie was het jou ma en pa vir jou 'n naam gegee. Hulle het aan baie name gedink, en toe die een gekies waarvan hulle die meeste hou. En daardie naam het hulle vir jou gegee.
Maria en Josef het nie nodig gehad om 'n naam te soek toe húlle Baba gebore is nie. God het alreeds vir Hom 'n naam gekies. Hy het vir Josef en Maria gesê om die Baba 'Jesus' te noem. Hulle het dit ook gedoen. Hulle was baie lief vir Jesus en het dikwels vir God dankie gesê vir Hom.
Toe Jesus omtrent ses weke oud was, sê Josef vir Maria: "Ons moet nou na God se huis gaan sodat ons weer vir Hom kan dankie sê vir Jesus."