NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God beskik oor elke duimbreedte van ons bestaan – ook in al ons lewensverbande naamlik familie, volke en nasies. En in die uitvoering van sy Raadsplan gaan Hy nie misterieus te werk buite om hierdie lewensverbande nie, maar juis in en deur die indelings daarvan waarmee ons bekend is. Hiervan is Abraham se hele nageslag 'n voorbeeld. As trotse Afrikaners en patriotiese volk behoort ons hiervan kennis te dra.

SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (1)

Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven

DIE WANDELENDE GERAAMTE

Hierdie slag is 'n persoonlike voorwoordjie nodig.

Dis 'n kort verhaaltjie hierdie, en daarvoor sal die leser waarskynlik dankbaar wees. Met behulp van kunstige stoplappery kon hy gerek geword het — die verhaal bedoel ek — tot viermaal sy lengte. Maar die doel met hierdie reeks vertelsels is nie om kunstig te wees nie (al was dit ook binne die skrywer se vermoë) : Die doel wat ek hiermee het is om sonder opsmuk op droogsaaklike wyse uit my versameling van wat eintlik nie "spookstories" in die gewone sin genoem kan word nie, een en ander oor te vertel, sover as wat moontlik is soos ek hulle self gehoor het.

Maar aangesien dit nie my eie ondervindings is waarvan ek hier getuig nie — ekself het nog nooit ‘n ontliggaamde gees gewaar geword nie — ontvang die leser die getuienis as hoorsê, en daarom vind ek dit wenslik om die getuies, wat ek voor my gehad het en die leser nie, elke slag met 'n inleidende woordjie aan hom bekend te stel.

In hierdie geval — en dis daarom wat ek sê ek moet hier persoonlik wees — het dit baie min geskeel of die ou kêrel wat my die geskiedenis vertel het  - ek sal hom maar "Oom Dirk" noem en sy van verswyg (maar die Kouveldse mense sal almal baie goed weet wie ek bedoel) — ek sê die ou was so byna-byna my skoonvader. Maar op die ou end het Carolina my afgesê, soveel as daar dan was om af te sê. En daarin (soos Vroutjie sal instem) het Carolina wyselik gehandel want sy is met 'n beter man getroud as ek. So een, sal my bure sê, sal ook nie te skaars gewees het om te kry nie.

Maar hierdie mislukking van my pogings het nie geskeel aan te min aanhou van my kant af nie. Ek onthou nog vandag baie goed die pad deur Seweweekspoort van Ladismith (Kaap) se kant af, en die pad van Laingsburg vandaan, Buffelsrivier af, Rooi nek oor, en dan al onder die Swartberg langs. Daardie streek word genoem die Kouveld, en wetlikwaar hy het nie sonder verdienste aan sy naam gekom nie. Meer as eenmaal, te perd of te kar op pad na die nooi toe, het die wind my daar gesny dat dat my murg hardevet was in my bene en my gesig blou sou 'n kaaiman s'n.

Oom Dirk se plaas was 'n klein plasie, vasgeknyp in 'n kloof, nie 'n bergkloof nie maar 'n kloof deur die koppe wat tussen die Swartberg en die Groot Karoo 'n soort van onderberg vorm. Skaars 'n agt of tien morge bougrond, maar so vet en vrugbaar as wat daar op die aarde te kry is. Jy moes die lemoene en naartjies daar gesien het, en die rooiwang perskes, en die hanepoot en moskadel. En die koringkorrels -  ek had in daardie dae nog tande om handevol uit die sak te eet. Daar is nooit brood wat heerliker is nie. Om op die plaas te kom, moet mens wegdraai uit die grootpad wat van Laingsburg  af deur die poort gaan, na Calitzdorp en Ladismith. En dan raak jy weg uit die wêreld uit, op daardie plasie daar tussen die koppe.

Een namiddag terwyl ek en Carolina op 'n wandeling by 'n klompie graftes verbystap, sêsy: "Kerneels, ons moet laat Pa jou vanaand van sy ontmoeting vertel wat hy hier gehad het vanmelewe voor hy die plasie hier gekoop het, toe hy in die nag hierheen verdwaal het."

"Wat was dit dan, Carolina?"

"Nee, as ek jou stukkies daarvan vertel dan bederf ek die storie vir jou. Ek ken hom natuurlik goed, maar by my is dit maar oorvertel."

Die aand het ek dan die geskiedenis uit Oom Dirk se eie mond gehoor, naastenby soos dit hier volg.

Ek was nog jonk-getroud (begint Oom Dirk), en ek het juis hier na die Karoo toe gekom om 'n sitplekkie te soek. My oorlede vader se plaas in die Grasveld was genoeg gewees vir een maar glad te klein om onder ons klomp seuns te verdeel; ons sou mekaar doodgedruk het. Ons het dan maar die twee ouste broers die grond laat neem en ons ander uitbetaal. My deeltjie was skraal en ek het nie gereken om weer daarmee uit te voer as om 'n stuk grond te huur om mee te begint nie en 'n ietsie te hê om mee aan te gaan. En op die ou end was dit genoeg om hierdie plasie skoon te koop. Jy sal my skaars glo as ek jou sê, Neef Kerneels, dat hy my vyfhonderd riksdalers kos; nie 'n oulap meer nie. Maar ek moenie vooruithardloop nie.

Ek had dan die tante by haar ouers in die Grasveld gelaat en Oudtshoorn en Calitzdorp deurgery, en Ladismith tot waar nou Barrydale lê, en die streek onder Langberg aan die deeskant, en ek hoef nie verder op te noem nie. Daar was niks te doen nie. Dit was nog nie die dae van plase verhuur of voormanne aanhou nie; elke man het sy eie grond bewerk en almal sê maar vir my hulle het vir hulleself te min.

Eindelik kom ek dan met my kar Seweweekspoort deur. Ek wou Buffelsrivier opry. Hy was nog glad onbewerk. Dit was nog vroeg namiddag (maar die son gaan al in die lang dae vieruur onder daar oor die berge) toe ek die poort uitkora. Ek dog ek sal maar verder aanstoot. En hier bo in die veld tussen die een plaas en die ander, dit was toe sterk skemer, dwaal ek uit die grootpad uit (dit was ook geen danige grootpad daardie tyd nie, hy was in die helder daglig op plekke skaars rybaar), en ek vat 'n ou veepaadjie hierdie kloof af. Net toe ek meer en meer begint te besef ek is verkeerd, ek kan gerus omdraai, kom ek die wal deur daar bokant die wingerd, en klaps, daar lê ek, my kar se as af. Dit was toe al pikdonker sodat ek nie die gat kon gesien het nie. Ek het het maar uitgeklim en die perde uitgespan en hierheen gelei om op die gelykte te kom. Toe sien ek, vereers tot my blydskap, daar is 'n aanleg, heinings en lanings en vrugtebome. Maar nergens brand geen liggie of vuurtjie nie, en selfs in die donker kry ek die indruk van verwaarlosing en verlatenheid. Ek sien geen woning of gebou ook nie; selfs in die pikdonker moes ek tog dit kon erken het as daar een was. Maar miskien was die opstal verder in die kloof af, dog ek; of dit kon wees dat dit maar 'n buite-aanleggie hier was van een van die plase daar bo.

Ek sou verder soek; maar ek kon nie met die twee perde rondloop nie. Toe het ek hulle hier aan 'n heining vasgebind waar hulle effens beskut was teen die wind — Neef Kerneels, jy weet ook iets van die Kouveld se wind — en 'n paar gerwe voer vir hulle gaan haal by die kar; en toe stap ek verder die kloof af. En daar — dis net bokant waar my beeskraal nou daar is — het ek die woning in die gesig gekry. Maar dit was 'n bouval, byna 'n puinhoop. Drie van die mure het nog gestaan, en een skuinste van die rietdak was nog lap-lap op. Die vensters en deure was donker gate; een gewel was heeltemal uitgeval. Ek dog ek sou my kooigoed by die kar gaan haal en binne in die ou huis kom vuurmaak en daar slaap. Want ek was nou so koud dat ek kon sterwe. Daar skyn 'n dun sekeltjie van 'n maantjie wat oor 'n uur sou ondergaan. Die sterre blink soos hulle manier hier in die Karoo is, en hulle maak 'n tamelike lig.

Net soos ek wou omdraai om my goed by die kar te gaan haal, sien ek 'n ding wat my in my spore soos ek daar staan soos versteend hou. Uit die pikswart binneste van die huis, daar waar die gewel weg is, kom 'n spierwit geraamte, so helder dat ek elke beentjie kon tel, en hy stap nes 'n lewende mens. Eers draai hy half na my kant toe, maar hy draai weer weg en hy loop tussen die huis en 'n pereboor deur, en anderkant die boom om. Die boom se blare was dig tot op die grond, sodat die ding 'n oomblikkie wegraak. Maar aanstons kom hy anderkant uit. Hy stap maar aan, skuinsweg van my af, sy een arm voor hom uitgestrek asof hy iets wil gaan vat. En so het ek hom gestaan en kyk tot hy in die bosse verdwyn.

Wanneer 'n mens deur die nood op die proef gestel word, openbaar jy dikwels 'n krag  - of liewer, moet ek sê, word jou 'n krag geskenk — wat vir jou agterna onmoontlik,wonderbaar is. Ek het na die kar toe gegaan en my komberse gaan haal en 'n stukkie kos om te eet, en hout bymekaar gesoek en vuur gemaak 'n entjie van my perde af waar hulle daar vasgemaak staan — wat 'n onuitspreeklike troos was hulle teenwoordigheid tog nie vir my nie! En daar het ek gaan lê, en voor ek wis was ek aan die slaap. Ek moet van skone skrik en ontsteltenis tot die uiterste toe uitgeput gewees het.

Ek word wakker dat die perde aan hulle rieme ruk en snork en rondspring. My vuurtjie se kole gloei nog. Ek kyk op, hier staan die geraamte oor my; gebukkend, soos een wat buk om 'n ander wakker te maak. Toe staan hy orent en hy draai weg.

Ek bly maar lê. Hy kyk om, en toe by sien dat ek nie roer nie, kom hy weer nader en hy wenk, en hy loop weer 'n entjie en hy kyk weer om - nes 'n hond maak as hy vir jou iets wil gaan wys. Dit sou niks help om my teë te sit nie. Toe ek aankom, wag hy, en daarvandaan stap ons langes mekaar nes twee lewendes op 'n wandeling. Sy koers was weg van die kloof af, reguit die veld in, en die hoë rug uit hier agter die huis met die rooi kranse op sy rant. Hy stap vinnig, en ek ook, maar ek was jonk en fris, ek kon klim. Toe ons onder die kranse kom, swaai by eenkant-toe en deur 'n opening tot bo. Hy loop 'n entjie op die rant van die krans langes en hy kyk oor en wenk vir my om ook oor te kyk.  Dit was 'n goeie hoogte, regaf, 'n vyftien of twintig voet. Reg onder hom, halfpad af, swart in die grysdonker, is 'n klipskeur. Terwyl ek vooroor kyk, los die geraamte hier bo en hy rol die krans af en die klipskeur in, en hy verdwyn. Nou moes ek al eerder gesê het, al sy bewegings het doodstil gegaan asof hy 'n wit skaduwee was. Daar was geen geratel van bene of hoegenaamd 'n geluid nie. Nou met die afrol ook nie.

"Maar wat op aarde wil die ding van my hê?" dog ek. "Het hy my vir die gek hierheen gebring om nou maar weer hier om te draai?" En toe kry ek 'n ander gedagte en ek word lam. "Is dit sy plan dat ek agter hom moet aanrol daar in die klipskeur in?

Terwyl ek my asem ophou, kom hy weer te voorskyn. Hy klim die krans uit terug na boontoe tot hy weer by my staan. En toe draai hy weg en wenk vir my om saam te gaan. Saam-saam is ons weer die rug af soos ons gekom het, maar voor ons op die end van die veld kom, draai ons weg. Toe ek sien staan ons op 'n begraafplek, die wat daar bo tussen die ghwarries lê. Die geraamte loop tot by een van die graftes en hy wys daarin, en hy kyk na my toe, en dis of ek 'n skynsel sien in die swart oogkaste. En hy verdwyn in die graf in.

Die volgende oggend het ek nie later gewag nie as tot dagbreek, toe het ek 'n kombers oor een van my perde gegooi en tou-in-die-bek op my dwaalspoor teruggery en toe met die grootpad tot ek by die eerste plaas gekom het. Die eienaar was ene Piet Basson.  Ek vertel hom waar ek die nag deurgebring het, en van die ongeluk wat ek gehad het, en dat ek kom hulp soek om my kar se as aangesit te

"Het jy altemit 'n lopende geraamte daar teëgekom?" vra hy.

"Ja, Oom, maar ek sal liewer nie vandag verder daarvan praat nie."

"Nee, jy is nie die eerste wat hom gesien het nie en jy sal nie die laaste wees. Daarom lê die plasie daar weggegooi. Hy is onbewoonbaar. Ek kry nie eens my wegbelasting en rekonie daaruit nie."

"Oom, maar wat is dit dan? Was daar 'n moorgeskiedenis? Ek het al van baie spoke gehoor maar nog nooit van 'n geraamte wat spook nie.

"Neef, wat die doel van die geraarnte is, sal seker geen mens ooit weet nie. Maar ek sal jou sê wat die geskiedenis van die plaas was. Daar het tweeling-broers gewoon en saam daar oud geword. Hulle moet mekaar liefgehad het soos nooit 'n man en vrou mekaar liefhet nie. Eendag het die een weggeraak in die veld; en die ander het gesoek, en naderhand by die bure kom hulp vra om te soek, en toe by die polisie; maar geen spoor van die verloorde is ooit gekry nie. Die nablywende een het hom doodgetreur en hy is daar begrawe; en van toe af loop die geraamte daar. Op die vendusie was ek die koper van die plaas, tot my verdriet."

En toe was die hele geheim natuurlik vir my duidelik. Die broer wat daar in die spelonk ingeval en verongeluk het, kon nie rus kry solank as sy gebeente nie by sy broer s'n lê nie.

"Oom," sê ek, "en wat vra Oom vir die nadelige plaas?"

"Neef, hy kos my tweeduisend riksdalers. Soos grondpryse vandag loop, sou hy sonder die spook tienduisend werd wees. Betaal my vyfhonderd riksdalers sewen-en-dertig pond tien — en vat die plaas."

"Top, Oom. Ek sal die geld nou vir jou hier op die tafel aftel en jy gee my 'n koopbriefie."

Maar dit het my darem gehinder dat ek vir hom wegsteek en hy het vir my niks weggesteek nie. Net toe hy wou teken, sê ek: "Wag, Oom. Ek gee jou die geleentheid om uit te skei. Ek sien kans om van die spook ontslae te raak."

"Raak ontslae, my neef, en ek gun jou die ongestoorde besit."

W aarskynlik het hy my nie geglo nie, maar dit was nou sy saak. Ek kon met 'n skoon gewete die koop afsluit.

Sodra ek besit geneem het, het ek met mense gegaan en my met rieme laat afhys in die klipskeur in. Ek wis ek sou die bene daar kry en ek het hulle daar gekry. Langes die ander broer s'n daar op die kerkhoffie het ek hulle begrawe, en van toe of het niemand ooit weer onraad hier op die plaas gemerk nie. Die rustelose was tot rus gekom; die tweeling was weer bymekaar.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 8374 gaste aanlyn