Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom gaan sommiges verlore? Almal verdien om verlore te gaan maar ons pak verkeerdelik die skuld op God – Hy versoek niemand; dis mense se eie begeerlikhede wat hulle Satan se versoekings laat aangryp en tot die punt bring waar dit sonde baar. En as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die ewige dood voort. Maar God het voor die tyd geweet wie na Hom sou terugdraai.
DIE BELHAR- BELYDENIS (2)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
"Die Hollanders het uit die staanspoor besef dat hulle hoogstens naas die swartes kon bestaan, maar nie saam met hulle nie. Dis die basis van apartheid: Naasbestaan; nie saambestaan nie ".
2. DIE ONTSTAANSGESKIEDENIS
2.1 ‘n Verskuilde agenda
Die Belhar-belydenis het ontstaan as gevolg van ‘n verskuilde politieke agenda waarvan die Sendingkerk nie vooraf bewus was nie. Iemand wat kerklike vergaderings met behulp van ‘n verskuilde politieke agenda manipuleer, is soos ‘n pedofiel in ‘n kersvadermondering!
SA KOSPRYSE DUURDER AS BRITTANJE
Theuns Botha
Die prys van maalvleis en melk by twee supermarkte in Suid-Afrika was onderskeidelik 41% en 24% duurder as by soortgelyke supermarkte in Brittanje.
Dié inligting is deur dr. Pieter Prinsloo, voorsitter van die Oos-Kaapse Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), op ’n bestuursvergadering op Cradock verskaf. Hy het verwys na ’n opname wat mnr. Brendan Grundlingh, ’n navorser van SBG Securities, op ’n onlangse vakansie in Brittanje oor die prys van basiese kossoorte gedoen het.
DIE BELHAR- BELYDENIS (1)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
INLEIDING:
Op 26 September 1986 is ‘n jammerlike besluite geneem toe die eertydse NG Sendingkerk die Belharbelydenis tydens ‘n Sinodesitting as volwaardige belydenisskrif aanvaar het. Allan Boesak was nie net die moderator van daardie Sinode nie, maar ook die hoofopsteller van hierdie belydenis; ‘n man wat kort daarna in die tronk beland het weens die diefstal van buitelandse skenkings vir opheffingswerk onder die sogenaamde slagoffers van apartheid.
VERWOERD SE BOEKIE NOG NIE VOL?
VERWOERD HET WISKUNDE GLO BEMOEILIK OMDAT SWARTES ‘N BEDREIGING WAS – SÊ MUCHUNU
ANC HET WISKUNDE BELAGLIK VERGEMAKLIK OMDAT BLANKES ‘N BEDREIGING IS – SÊ ONS...
Kriewelkop
"Dit was Verwoerd wie hierdie twee vakke moedswillig so moeilik gemaak het in sy doelbewuste beplanning om die swart volke ‘n agterstand te gee, en dit net omdat hy deur hulle bedreig gevoel het.”
‘n Kort tydjie gelede was dit die rassistiese blankes se skuld dat daar so min swart mense hemel toe gaan, het ‘n ANC-woordvoerder in alle erns beweer. Daarom sou hulle voortaan sorg dat indien Angus Buchan weer samekomste reël, die eerste 70% van kaartjieverkope gedwonge aan swartes verkoop sou word. Ek het toe die vraag gevra: wie op aarde het vir die ANC gesê dat daar min swartes in die hemel kom? Of was dit juis nie ‘n aardse stelling nie... Nietemin, of dit ‘n mens was of ‘n ander wese wat hierdie nuus aan hulle oorgedra het, kon niemand tot nou toe my vraag beantwoord nie.
Nou is dit weer Verwoerd en sy afsonderlike ontwikkeling se skuld dat die Wiskunde en Wetenskap so moeilik was. En ek sê ‘wás’, want die ANC het reeds gesorg dat dit nie meer ís nie, en hulle gaan verder sorg dat dit die heel maklikste vakke op skool word.
ANC DRINK NOU ALLEEN
Jan Bezuidenhout
Die staat se inkomste uit aksyns en BTW was die afgelope jaar sowat R3,9 miljard, terwyl wynboere sowat R3,6 miljard verdien het, aldus mnr. Rico Basson, uitvoerende direkteur van Vinpro, in sy kommentaar oor die Begroting.
Hy sê Suid-Afrika se wyn- en brandewynprodusente sal nóg verder op hul knieë gedwing word deur die nuutste verhogings in aksynsbelasting wat deur die ANC se minister van Finansies aangekondig is – veral die buitensporige verhoging op brandewyn.
Die gekombineerde uitwerking van die verhogings sal vir talle ʼn finale nekslag wees, en ongetwyfeld met arbeidsverliese gepaard gaan, sê Basson.
LANDBOU TELEURGESTELD MET BEGROTING
MEDIAVERKLARING
TLU-SA
In ’n tyd dat daar internasionale kommer is oor voedselsekerheid en voedselpryse, word dit betreur dat landbou afgeskeep word in die begroting en dat boere eenvoudig in die groot ekonomiese massa verdwyn terwyl ’n ander speelveld ter sprake is vir die landbou.
TLU SA se President, mnr.
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (2)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
WIE IS HIERDIE FILISTYN?
Goliat het oorgenoeg rede gehad om to glo dat hulle die Israeliete maklik en vinnig sou verslaan, veral aangesien hulle alreeds' ‘n oorwinning oor die Moabiete behaal het. Maar daar was iets wat Gol iat nie geweet het nie en waarmee hy dus nie rekening gehou het nie. Die Israeliete was nie net 'n klein volkie nie — hulle was Gcod se verbondsvolk!
Perspektief is belangrik
Dawid het dit egter wel deeglik besef. Hy was een van God se verbondskinders en het self as kind die teken van die verbond, die besnydenis, ontvang.
Ek kan my voorstel hoe Goliat elke more gevoel het as hy homself die spieël sien. Hy was inderdaad 'n reus van 'n man - selfs sy wapens moes spesiaal vir hom aangepas word.
DIE AARDE HET GEBEWE! (15)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
EK HET vanoggend in die dorp gaan tee drink. Nie te lank nie of die gesprek gaan maar weer terug na die aardbewing. Dit kan eintlik nie anders nie, want ons ontwrigte leefwyse herinner ons voortdurend daaraan.
My gasvrou vertel my toe van Oom Jan en Tant Hanna. Toe die skudding van 5 November hulle oorval het, het oomJan met 'n glas water in die hand gestaan. Hy het sy vrou aangejaag met die aantrekkery, sodat hulle ook saam met vriende kon uitry na Bangbroeklaagte. Die oom is later moeg van die wag en ongeduldig skiet hy die glas water weg, net toe sy ou vrou uiteindelik aankom. Tant Hanna kon kwalik loop — kompleet of sy die een voet nie voor die ander kon plaas nie — maar uiteindelik sit hulle tog veilig in die motor, en daar trek hulle! Toe hulle nou by hulle bestemming aankom, begin die tannie ondersoek instel waarom sy dan tog so snaaks styf en stram beweeg. By nadere ondersoek vind sy tot haar ontstellende verleentheid dat sy altwee haar bene in die een pyp van haar belangrikste onderdingetjie het!
KÁN SWARTES TOT 2013 HOU VÓÓR UHURU?
Kriewelkop
Jacob Zuma, ANC-president, het in sy Partlementsrede gesê dat die jaar 2013 die kenmerk sal dra van die 'Natives Land Act of 1913' waarin 87 persent van die blankes se grond weggegryp sal word: "By African people Zuma was referring to black South Africans, not Coloureds or whites. The clear implication of his statement was that the entire land mass of South Africa had once belonged to black Africans and the Land Act had deprived this group of 87% of this area." – Joernalis James Myburgh se verduideliking.
Pieter Mulder het Zuma daarop gewys dat die hele Suid-Afrika nie in die verlede deur swart mense bewoon is nie, dat daar genoeg bewys is dat daar geen swartes in die Weskaap en Noordwes-Kaap was nie, wat minstens 40% van die land se oppervlakte uitmaak. Hy het Zuma daarvan beskuldig dat hy rassistiese kwotas gebaseer op nasionale demografie in die Weskaap wil uitoefen, en dat die ANC dit sonder meer ook in die res van die land sal doen.
SLEGS SOMMIGE VARKE SE PES ONDER BEHEER...
Varkpes in Transvaal byna onder beheer
Alani Janeke
Die uitbreking van varkpes in Transvaal en Oos-Transvaal Mpumalanga is glo byna iets van die verlede met sowat 250 varke wat reeds uitgeslag is, sê die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie.
Mnr. Simon Streicher, hoof-uitvoerende beampte, sê sowat 500 varke in totaal moet weens die siekte van kant gemaak en die eienaars moet vergoed word.
Die siekte is op ses plase in Transvaal en agt plase in Oos-Transvaal gediagnoseer. Streicher sê tans “lyk dinge goed” met geen nuwe gevalle wat nog gevind is nie. “Die veeartseny-beamptes het deeglik en ver gaan soek.”
LAND STORT SPORADIES INEEN
SUUR MYNWATER WORD KRISIS
Bron: Nuus24
Die besoedeling van Carolina se drinkwater deur suur mynwater is slegs die begin van ’n kettingreaksie waarteen lankal gewaarsku is.
“Dit is slegs die begin van ’n kettingreaksie. Ek wil nie sinies klink nie, maar dis nou te laat, die staat sal dit nie self kan stuit nie,” aldus mnr. Koot Claasen, landbouvoorsitter in Oos-Transvaal.
Claassen sê ná die voorval meen hy dat suur mynwater al hoe meer op verskillende plekke gaan begin uitsyfer. “Ons waarsku al baie jare lank dat die Regering iets moet doen, want rehabilitasie word nie reg gedoen nie, maar niemand slaan ag daarop nie. ’n Mens weet nie of die staat nou regtig iets gaan of kan doen nie.” (Eintlik weet mens baie goed...)
MIN VEE-ARTSE KOMMER- WEKKEND
Isabel Stoltz
Die Vleisbedryfsforum wag op terugvoer van die staat oor die nakoming van beloftes oor sy hantering van dieregesondheid voor die forum oor die verdere hantering van die kwessie sal besluit, sê mnr. Dave Ford, voorsitter.
Die tekort aan staatsveeartse was een van die belangrikste punte op die sakelys by ’n werksessie tussen die bedryf en die Departement van Landbou se direktoraat vir dieregesondheid.
Die kwessie is op die spits gedryf toe die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) daarop gewys het dat 37% van staatsvee-artsposte vakant is, asook 15% van die administratiewe poste in die veeartsenydiens en 26% van dié diens se grensbeheerposte.
NOG 'N BLANKE BOER VERMOOR
‘n BLANKE boer van Buffelshoek in Potchefstroom is vroeg Maandagoggend op 20 Februarie op sy plaas, Frischgewaagd vermoor.
Die 49-jarige boer en sy 45-jarige vrou was besig om die koeie te melk toe vyf vreemde gewapende swartes hulle oorval het.
Die melkstal is sowat 70m van die plaashuis geleë. Beide die boer en sy vrou is deur die moordenaars na die huis geneem, en op pad na die huis het ‘n struweling tussen die boer en die swart barbare ontstaan. Die boer is in die agterkop geskiet, en het tussen die huis en die stal gesterf.
LANDBOUWATER VIR MYNBOU?
Isabel Stoltz
Dit lyk asof die Regering al hoe meer neig om die mynbou te bevorder ten koste van die landbou – wat hy as die grootste waterverbruiker uitsonder.Uit ’n verslag van die Departement van Waterwese en Omgewingsake wat vir geïntegreerde waterhulpbronbeplanning opgestel is, blyk dit asof die staat landbouwater aan die mynbou wil toewys. Luidens die verslag kan die staat kos vanaf buurlande koop “omdat Suid-Afrika die ekonomiese krag het om baie kos te koop”.
WEES KONSEKWENT!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Julius Malema het op 2011-11-10 in sy dissiplinêre verhoor gesê: "Ek wil hê die mense van Suid-Afrika moet my behandel net soos hulle Nelson Mandela behandel het". Evita Bezuidenhout het toe dadelik gereageer: "Wat 'n fantastiese idee! Kom ons begin met 27 jaar in die tronk."
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (1)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
Dawid: 'n man na God se hart
"Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen."— Handelinge 13:22
Die geskiedenis van Dawid en Goliat is seker een van die opwindendste verhale in die hele Bybel. Selfs mense wat weinig of niks van die Christendom of van Christenskap af weet nie, ken die verhaal van die onverskrokke jong, lsraeliet wat die reus van Filistea verslaan het.
Dis'n drarnatiese verhaal. 'n Jong man verskyn onverwags, byna uit die niet, op die toneel waar 'n hele leer lamgelê word deur 'n enkele vyandelike soldaat. Met'n vreesloosheid wat aan dwase onverskilligheid grens, daag hy die vyand uit en stap hom dan met die primitiefste wapen van die tyd tegemoet. En so verslaan hy met daardie einste wapen die veteraan van die slagveld en verander sy volk se neerlaag in 'n klinkende oorwinning.
Dis 'n mooi storie, nie waar nie? Maar wat leer dit vir ons? Kom ons gaan kyk na die historiese agtergrond, sodat ons die gebeure beter kan verstaan.
OLIE KAN $130 PER VAT OORSTEEK
Alani Janeke
Die olieprys gaan die volgende twee jaar hoog bly en dit kan die prys van $130 per vat oorsteek, meen Barclay’s Capital.
Sudakshina Unnikrishnan, die vise-president van kommoditeitsnavorsing by dié bankgroep, sê dié verskynsel kan ‘n invloed op kommoditeitspryse hê, veral wat die etanolmark betref.
“Ons verwag die olieprys gaan in 2012 en 2013 hoog bly, wat tot ‘n groter fokus op etanol gaan lei, ten spyte van die ongunstige publisiteit wat dit die afgelope tyd kry,” aldus Unnikrishnan. Dié neiging kan veral ‘n invloed hê op die internasionale voorraad van suiker, mielies en sojabone.
SA EKONOMIESE INEENSTORTING IN VOLLE SWANG!
FILM OOR BLANKE RAS- UITWISSING EN AFRIKANER- VOLKSMOORD
ELKE VOLWASSE BLANKE BEHOORT NA HIERDIE UITTREKSEL TE KYK
http://youtu.be/onSPdJwJJh4
Die film by die skakel hierbo is 'n 10 minuut-lange uittreksel uit die dokumentêr deur regiseur Rian van der Walt, 'War of the Flea', wat in 2011 vervaardig is.
Dit bevat skokkende inligting oor die poging tot ras-uitwissing en volksmoord wat tans onder die ANC-regime op die blankes van Suid-Afrika en in die besonder die Afrikanervolk, (die mees gehate volk as gevolg van sy Christelike karakter en nasionalistiese herkoms) uitgevoer word.
Die blankes is 'n minderheidsgroep en die Afrikanervolk is nog minder, tans nie meer as twee miljoen in die land oor nie, waarvan sowat 38 000 blanke boere in die verlede die kern van voedselproduksie in die land was, maar waarvan, sedert die ANC die land (onwettig sonder enige verkiesing by die verraderlike Nasionale Party) op 'n skinkbord gekry het, reeds ver oor die 3 000 boere vermoor is.
WATERSKAARSTE IN NOORD-KAAP?
Alani Janeke
Kommer heers tans oor die watervoorraad in die Noord-Kaap en die impak van verhoogde mynbedrywighede daarop, sê Agri Noord-Kaap.
Mnr. Johan van Rensburg, hoof uitvoerende beampte, sê soos wat sake tans aangaan, kan watertekorte in sekere dele ontstaan.
“Ons is nie seker wat om nou te doen nie. Besluite moet geneem word om ’n strategie op te stel vir ’n duidelike pad vorentoe,” verduidelik Van Rensburg. Hy sê volgens inligting word die distrikte Kuruman, Postmasburg, Olifantshoek, Kathu en Hotazel veral deur mynbedrywighede geraak.