Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die meeste mense verkeer in angs as hulle dink dat hulle hul geliefdes aan die dood moet afgee. Natuurlik laat die dood van 'n naasbestaande 'n groot leemte; maar het jy al só daaroor gedink: om my seun of dogter of eggenote aan die dood af te gee - God het alreeds ter wille van mý daardie pyn en angs verduur – ons hoef dit nie só te ervaar nie! Hy het sy eie Seun aan 'n kruisdood afgegee, 'n veel aakliger dood as meeste van ons. En dan wag nog die blye weersiens in die hiernamaals waar ons weer ons geliefdes sal sien.
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (6)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
VERGIFNIS!
Die verhaal is nog nie klaar nie. Dawid laat Batseba kom en het met haar gemeenskap. Dan gaan sy terug na haar huis toe, en keer hy weer terug na sy daaglikse lewe en roetine. Dit is presies wat gebeur, nie waar nie? Een of ander tyd moet die lewe weer aangaan. Maar daar is Iets anders wat 'n mens nie buite rekening mag Iaat nie, en dit is dat die lewe nooit weer kan wees soos dit voor daardie sonde was nie. As 'n mens eers toegegee het aan wellus, sit jy met gevolge wat nooit weer ongedaan gemaak kan word nie.
Dawid was die magtigste man in die land en het natuurlik gedink dat geen haan ooit weer na die voorval sou kraai nadat hy Batseba huis toe gestuur het nie. Ons sien vandag nog hoeveel mense hierdie houding inneem en ek het onlangs die volgende woorde in 'n brief van 'n jong vrou in een of ander publikasie gelees: "Dis of almal net jou liggaam wil hê, maar niemand stel in jou belang nie ... hulle wil jou net gebruik en dan weer eenkant neergooi ..."
DIE AARDE HET GEBEWE! (18)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
“Aardskokke is dus geen vreemde verskynsel in Suid-Afrika nie, selfs hewiges. Skuddings van katastrofiese aard ken ons egter nie. Die patroon van voorkoms in Suid-Afrika is ook rond en bont. As iemand dus vanweë 'n aardbewing van een deel van die land na 'n ander verhuis, vergroot hy net sy kanse om dit weer in sy leeftyd te ondervind. Al uitweg is gevolglik om dit te aanvaar as 'n natuurramp nes ander natuurrampe, en om vrees daarvoor te temper met verkryging van kennis daaromtrent...”
BAIE bergbrande het weer ontstaan. Sommige van die brande het 'n week lank aangehou voordat hulle uitgewoed was, en die dynserige rookmantel wat oor die gebied gehang het, het ons van vooraf aan weer treurig gestem.
BUITELANDSE BELEGGERS WIL ALMAL WEG
KORTNUUS
Dit is algemene kennis dat buitelandse beleggers besig is om hulle beleggings in Suid-Afrika op te sê en waar moontlik hul aandele teen 'n tempo soos nooit te vore te probeer verkoop. In die eerste twee maande in 2012 beloop die aantal verkoopte aandele reeds R7,9 miljard. Hierdie toestand kan grootliks bydrae tot die reeds ineentuimelende ekonomie van Suid-Afrika. Die enigste enkele rede vir die verkoop van aandele deur buitelandse beleggers word voor die ANC se deur gelê as gevolg van hulle nasionaliserings- en "alles-gryp"- planne vir 2013 soos deur Zuma in sy parlementsrede aangekondig. Suid-Afrika sal 'n veel groter ineenstorting gepaard met erge geweld en anargie as Zimbabwe beleef wanneer hierdie planne in werking tree.
VERVOLGING DALK ONWETTIG AS MOTORISTE NIE TOL BETAAL
Hiermee bevestig ons weer eens dat Gelofteland tot geen politieke party verbind is nie maar dat alle waardige en belangrike inligting van verskillende partye gebruik word om aan ons lesers oor te dra.
MEDIAVERKLARING
Gauteng-tolfooie en Sanral intimidasie: Vervolging van motoriste is onuitvoerbaar en moontlik onwettig
VF Plus-parlementêre woordvoerder: Adv. Anton Alberts: Vervoer
Die Vryheidsfront Plus vind die intimidasie-taktiek wat deur SANRAL en die regering gevolg word om motoriste te dwing om e-skyfies te koop en te betaal vir die tolstelsel as onsmaaklik en kontraproduktief deur onder andere te dreig dat voertuiglisensies teruggehou sal word totdat skuld betaal is. Die hele stelsel is alreeds gehul in kontroversie en die tipe antagonisme sal die publiek bloot verder aanvuur om publieke ongehoorsaamheid as instrument in te span. Voorts is die dreigemente van SANRAL en die regering leeg aangesien dit blyk dat die vervolging van motoriste wat weier om tolgelde te betaal waarskynlik onuitvoerbaar en onwettig sal wees. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor vervoer, bestaan die volgende probleme met die wetgewing:
'STUPID'-KOORS NOG ALTYD IN AFRIKA
UIT DIE PERD SE BEK!
Justice Malala, 'n swart rubriekskrywer van 'n Engelse Johannesburgse dagblad, skryf in sy rubriek onder die opskrif “Stupid-koors tref Afrika” dat die geelkoors-beheerstelsel in Afrika lankal in duie gestort het. Die kern van die verhaal is dat 125 Nigeriërs op die Johannesburgse lughawe aangekom het en weggewys is omdat hulle verdagte sertifikate gehad het om aan te dui dat hulle teen geelkoors ingeênt is.
Hy begin sy rubriek met die stelling dat Afrika se grootste probleem ten alle tye die gebrek aan leierskap was. Ray Wagner, redakteur van Die Afrikaner, het 'n uittreksel uit Malala se rubriek in Afrikaans vertaal:
“Ons is in die moeilikheid.
INLIGTINGSWET ONWETTIG
Nuwe wet is in stryd met grondwet
Ray Wagner
Die omstrede liberale advokaat, George Bizos, het skynbaar sy politieke bril verwyder sodat hy ook die lig kan sien. Hy het sopas namens ’n menseregteliggaam met die veelseggende naam, Oppas, opgetree en bevind dat die ANC se wetsontwerp rakende die beskerming van inligting nie in elke opsig grondwetlik is nie.
Hy het dit skriftelik soos volg uitgedruk: “Die huidige konsep van die wetsontwerp is strydig met en inderdaad ’n bedreiging vir baie van die fundamentele waardes en beginsels wat in die grondwet verskans word”.
JAPIE GREYLING
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Dit was in April 1901 toe die jonge Japie Greyling op sy vader se plaas Smaldeel in die Vrystaatse distrik Hoopstad teen die Britse kaptein Jack Seeley te staan gekom het. Op daardie dag het Japie vir hom onsterflike roem as kinderheld verwerf.
Dat die kind dit nou moes gedoen het, die klein Japie – en hy nog nie elf jaar oud nie! Om 'n vuurpeloton te daag, sit nie in elkeen se murg nie. Dis die oorlog wat seuns al manne maak as hulle nog albaster moes gespeel het. Pa Greyling en sy twee oudstes is saam met die Vrystaatse magte op kommando. Nou is Japie en sy tweelingbroertjie, afgesien van die meisiekinders, hul ma se stut en steun op die plaas.
SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (5)
Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven
DIE SKADUWEE (SLOT)
"Ja, ek ken Oom Andries Drieske. En my naam is Susanna. Wanneer iemand ons eendag formeel aan mekaar voorstel — sê nou maar ons sou mekaar onder sulke omstandighede raakloop — kan hy jou my ván meedeel, en dan sal jy so goed wees soos om die Susanna maar weer te vergeet. Hier in die onbeskaafde en onbederfde oerwoud waar ons mekaar aangetref het soos oorblyfsels uit die voorwêreld, lyk seremonies bietjie onvanpas, nie waar nie?" -
"Vergeet my ván, juffrou — nee, Susanna. En vergewe my die onbedagsaamheid dat ek hom gemeld het."
"Ja, Paul, dit sal ons albei se plig wees om die hele episode te vergeet. Maar terwyl hy nou nog voortduur — vertel my van jou geheim wat jy aan die wêreld wil bekendmaak en hier in die donker dieptes van die eensame bos in 'n vreemde taal uitgee."
Paul lag. "Ja, Susanna. Maar ek sal eers nog sinsnede in die vreemde taal aanhaal. (Die boodskap kom oorspronklik van 'n naamgenoot van my wat ook nie 'n van had nie.) Ek sal voorsê en dan sê jy dit agterna —
DIE LEEU VAN WES-TRANSVAAL (2)
Leopold Scholtz
KRYGSMANNE VAN FAAM
Lees reeks by Krygsmanne van faam
Weliswaar was die uitslag nie ‘n beslissende Britse oorwinning nie maar met sy oormag aan artillerie en infanterie het Methuen daarin geslaag om die Boere uit hul goeie stellings te verdryf. Soos Cronjé later by Paardeberg, het De la Rey hom verkeerdelik laat lei deur die oortuiging dat die Britte by die spoorweg sou wou bly, sodat hy die oostelike flank verste van die spoorlyn afgeskeep het. Dit was juis op hierdie flank dat die Britse infanteriestormloop sukses vir Methuen ingebring het.
Drie dae later raak De la Rey en Methuen weer slaags in die slag van Modderrivier, oftewel Tweerivier (so genoem omdat die Modder- en Rietrivier daar inmekaar vloei.) Uit sy kort ondervinding het De la Rey nou geleer dat heuwels glad nie sulke goeie stellings was as wat altyd gereken is nie. Die goeie uitsig het nie vergoed vir die akkurate kanonvuur wat die burgers op die heuwels moes verduur nie.
RACHELTJIE DE BEER
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
Die verhaal van Racheltjie de Beer is een van die merkwaardigste verhale van dapper kinders in ons geskiedenis. En tog het, sover bekend, nie 'n enkele persoon wat eerstehandse kennis omtrent haar besit het, die gebeurtenis waarvan hier vertel word, op skrif gestel nie. Die verhaal is net van mens tot mens oorvertel, maar diegene wat dit vertel het, was so seker dat dit wel gebeur het dat 'n mens moeilik aan die waarheid daarvan kan twyfel.
Dit was, volgens oorlewering, om en by die helfte van die 1840’s toe dié geskiedenis hom op ‘n plaas aan die Transvaalse kant van die Drankensberge afgespeel het. Die gesin De Beer het hier by ‘n vriendelike boer oorgestaan terwyl die vader nog besig was om ‘n geskikte lap grond te soek waar hulle self kon gaan huis opsit. Dié deel is een van die koudste streke in die hele bewoonde Suid-Afrika.
Dis gure winternag met stormwind en reën, en tussendeur vlok die vlae sneeu. G’n mens of dier sal onbeskut bly leef nie, en almal skuil so diep en warm weg as hulle kan teen die ysige geweld. Maar onder teen die spruitwal is daar tog ‘n late wandelaar, ‘n meisie van skaars twaalf.
En sy is nie alleen nie. In haar arms dra sy ‘n seuntjie van ‘n jaar of ses. Sy moes verdwaal het want sy strompel blindelings. Die seuntjie bly kerm.
WAT BEHELS WET OP TOEGANG TOT INLIGTING?
Daar word deur baie instansies en mense gevra wat die wet met betrekking tot inligting behels waaraan besighede, boerderye en werkgewers nou weer moet voldoen. Hulle wil weet wat die doel daarmee is en wat hulle verantwoordelikheid daarteenoor is.
Ons weet dat die ANC-regime hierdie wette instel met baie verskillende agendas en ons moet vir baie meer versigtig wees as net die blote nakom van wetgewing, maar eerstens moet ons verstaan wat in 'n wet van ons verwag word alvorens ons sal weet hoe om daarmee te handel.
Butch van Blerk, direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad, werp lig op meeste van die vrae wat gevra word:
Die Wet op Toegang tot Inligting (Promotion of Access to Information Act, of “PAIA”), is goedgekeur in 2000 en verleen die reg aan aanvraers om inligting van publieke en private entiteite/besighede aan te vra.
SES/NUL VIR RED BULL- BOIKOT!
Kriewelkop
Kyk hoe ver het die satan reeds gevorder om die Here te probeer verneder en Hom aan mense te probeer gelykstel. Hy het seker eendag gesit en dink: "Ek slaag nie daarin om God en sy Seun uit die pad te kry nie; ek slaag ook nie daarin om mense te laat glo dat daar nié 'n Drie-enige God bestaan nie, selfs nie eers met my lekker bogstorie oor die sogenaamde ewolusieleer nie; ek slaag ook nie met al die godslasterlike films wat ek die mense laat maak en sy Naam daarin onophoudelik te laat misbruik, om van Hom ontslae te raak nie want elke keer as 'n persoon sy Naam so lekker los en vas uiter klink dit al meer na 'n erkenning van God se bestaan. Nou gaan ek my daarop toespits om Hom só gelyk aan die mensdom te stel dat Hy niks meer spesiaal in hulle oë sal wees nie – hoe sal mense nog vir Hom respek hê as Hy net so gewoon soos hulle is!" En só het die duiwel begin om allerhande plannetjies uit te voer om Jesus Christus só aards en menslik as moontlik voor te stel. Een van hierdie vuil planne van hom was 'n televisie-advertensie wat in Suid-Afrika gewys het hoe Jesus op water loop omdat Hy kwansuis verfris word en weet waar om te trap om op versteekte rotse te loop deur 'n wonderbaarlike energiedrankie, dis nou die bekende Red Bull, daai kafeïn-oorlaaide gemors.
DIE LEEU VAN WES-TRANSVAAL (1)
Leopold Scholtz
KRYGSMANNE VAN FAAM
Lees reeks by Krygsmanne van faam
“Koos de la Rey, een van die Tweede Vryheidsoorlog se grootste leiers, bly tot aan die einde van die stryd onoorwonne, maar word twaalf jaar later doodgeskiet toe die verraderlike Jan Smuts se polisie kwansuis sy motor vir dié van 'n berugte rampokker aansien”.
KOOS DE LA REY het hom tot pres. Paul Kruger gewend: "Ek sal my plig doen soos die Volksraad verlang, en u sal my nog in die veld aantref lank nadat u en die spul wat met hulle monde oorlog voer, die land uitgevlughet." Hierdie snydende en tragiese ware woorde aan Kruger het De la Rey volgens getuienis gerig op 'n geheime sitting van die Volksraad in die spanningsvolle weke kort voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog. Wie was hierdie man wat die alom geëerde en patriargale Staatspresident van die Zuid-Arikaansche Republiek op so 'n vreeslose wyse durf aanspreek het?
VERSEKER 'N FRATSONGELUK!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Tipies man, sit hy hom en verkyk aan die mooi verpleegster in die bus op die sitplek skuins voor hom. Sy kon dit naderhand nie meer hou nie en skuif na 'n oop sitplek aan die oorkant van die paadjie waar sy hom nie meer uit die hoek van haar oog kan sien nie. Maar so maklik laat bring hy hom nie van stryk bring nie. Hy staan toe op, stap ongeêrg na haar en fluister in haar oor:
"Ek wens die bus maak 'n ongeluk sodat jy my kan verpleeg".
Sy kyk hom meewarig reg in die oë en antwoord:
"Meneer, dit sal waarlik 'n massiewe ongeluk moet wees want ek is 'n kraamsuster".
HOU OP OM VIR POLISIE TE WAG VIR OPLOSSINGS!
Kriewelkop
Nathi Mthethwa, die swart kommunistiese ANC se Minister van Polisie, word uitgenooi om 'n vergadering oor veiligheid by te woon die afgelope Dinsdag maar daag net nie op nie. Natuurlik het hy ook geweet dat die vergadering sou gaan oor plaasaanvalle en dit verklaar waarom hy nie daar was nie – dit is een ding om jou stem publiek dik te maak met allerhande mooi stories en beloftes maar dis 'n ander ding om die betrokkenes van aangesig tot aangesig te moet antwoord.
Luidens ‘n berig op News24.com sê mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van die TLU SA, dat Mthethwa geskeduleer was om die vergadering by te woon maar toe kom sy woordvoerder, Zweli Mnisi, en sê hulle het nie bywoning van die vergadering bevestig nie, want hulle is nie genooi nie- is dit nou nie pragtig suiwer Afrika op sy beste nie!
KLOMP DONKIES IN PARLEMENT?
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
PARLEMENTÊRE SALARISSE
In November 1931 skryf Langenhoven hierdie bespreking oor parlementslede se salarisse wat laat blyk dat die onderwerp van parlementslede se salarisse deur al die jare heen maar 'n netelige sakie is:
Parlementslede is die enigste klas werknemers in die hele samelewing wat die reg en die mag het om die bedrag van hulle eie loon vas te stel na willekeur; as hulle dit seweduisend pond wou maak in plaas van sewehonderd was daar niks om hulle te belet nie. Daarom is dit raadsaam om met hierdie bespreking by die bron te begin. Persoonlik wil ek graag vooraf my spyt te kenne gee dat die parlement nie in die jongste sitting die salarisse van sy eie lede met so tien persent verminder het nie. Dan kon hulle die beleid om nie ander staatsdienaars se salarisse te verminder nie, verdedig het sonder om hulle aan die verdenking van eiebelang bloot te stel. Soos dit nou is, met my onaangeraakte sewe honderd pond vind ek my in 'n skaam posisie wanneer ek die algemene vraagstuk van loonstandaarde op die platform moet bespreek – of in die pers soos nou hier.
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (5)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
GOD SE UITVERKORENE STRUIKEL
Die geskiedenis van Dawid en Goliat is waarskynlik een van die opwindendste verhale in die hele Bybel en juis daarom is die verhaal van Dawid en Batseba des te tragieser. Dit maak 'n mens eintlik seer om te sien hoe die man van God struikel en val. Dawid se owerspel is natuurlik nie iets ongewoons in die geskiedenis van die wêreld nie. 'n Mens hoef maar net enige koerant vandag oop te slaan om te sien dat dit elke dag oral in die wêreld gebeur. Ons sou byna kon sê dat die hedendaagse samelewing 'n obsessie het oor seks en die slagspreuk: "As dit goed voel, dan is dit goed!" - is alombekend.
DIE AARDE HET GEBEWE! (17)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit - 1969 in die Ceresgebied.
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
DIE DOOD van Matheus Steenkamp en sy twee seuns tydens 'n vakansie, het ons gemeenskap diep geskok. Hierdie man wat die nag van 29 September sy lewe saam met drie ander gewaag het om Ceres se watervoorraad te red, en gespaar gebly het, moes nou op hierdie tragiese wyse saam met sy twee seuns en 'n kleurlingarbeider verdrink. Nee, ons sal nooit die weë van die Here verstaan nie.
Ek glo dat die beproewinge tydens en na die aardbewing later as een van die hoogtepunte in ons lewenservaring sal uitstaan — ek glo dat ons eendag, as ons so lank gespaar mag bly, sal terugkyk na hierdie fase van ons lewe as die mees verrykende.
DIE BELHAR- BELYDENIS (6) (SLOT)
Ds. André van den Berg
Lees reeks by DIE BELHARBELYDENIS
WAT GAAN DIE NG KERK IN DIE TOEKOMS DOEN?
7.1 In stryd met die Skrif
Na alles wat ons nou weet, gaan dit ‘n mens se verstand te bowe dat die NG Kerk kan sê dat die Belhar-belydenis nie met ander Gereformeerde belydenisse in stryd is nie. Die Afrikaanse Protestantse Kerk wil skerp van die NG Kerk verskil. Wie hierdie belydenis indringend bestudeer, kan tot geen ander gevolgtrekking kom as dat dit, ten spyte van al die mooiklinkende teksverse, nie die Woord van God as fondament het nie. Dit het eerder ‘n Marxistiese onderbou wat ‘n valse wêreldvrede en ‘n Babelse eenheid najaag!
Die Belhar-belydenis is nie alleen met alle ander Gereformeerde belydenisse in stryd nie, maar ook met die Skrif. Alle ware Gereformeerde belydenisse staan baie stewig op Skrifwaarhede; die Belhar-belydenis allermins!
ANC- GRONDWET NOU OPENLIK OOR UITMOOR VAN BLANKES
Kriewelkop
Die ANC se besprekingsdokument in verband met sy Grondwet het uiteindelik meer lig op die werklike agenda daaragter gewerp – nie dat ons nie geweet het wat daar agter sit nie maar dat die ANC nou nie meer omgee om dit openlik aan die groot klok te hang nie. Die veranderings wat hulle aan die Grondwet wil aanbring is om die kommunistiese revolusie in ‘n vinniger rat te plaas. Selfs liberale onnadenkendes soos Freek Robinson word nou dringender as te vore ingespan om hierdie stap te help bevorder deur die reeks advertensies oor die Grondwet wat hy aanhoudend op KykNet en watter ander TV-kanaal dalk ook, sit en opdis – die grootste spul snert wat mens nog gehoor het oor hoe goeie Grondwet dit is en hoe ons dit moet ondersteun; Freek Robinson is maar een van die wesens wat ingespan word met flagrante politieke bedrog en misleiding – natuurlik nie sonder genoegsame vergoeding nie.