Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Bekerings wat nie hou nie, was nooit bekerings nie, en is emosie en soos die saad van die saaier wat opgekom en gou verwelk het. Ware bekerings hou stand!
ANC- POLISIE STEEDS GROOTSTE MISDAAD- ORGANISASIE IN SA
Wetsbeskermers word wetsverkragters
Die Afrikaner
Kan die Suid-Afrikaanse publiek enigsins kwalik geneem word as hulle van oordeel is dat die polisie eerder ‘n samevoeging is van skurke wat polisielede geword het juis om daardeur te poog om uit die tronk te bly?
Die voorlaaste kommissaris is ‘n veroordeelde misdadiger. Sy opvolger is tans nog op spesiale verlof hangende ‘n ondersoek na onreëlmatighede wat hy gepleeg het wat moontlik met korrupsie verband hou. Die hoof van misdaadinligting, Mdluli, is geskors hangende strafregtelike ondersoeke wat selfs moord ingesluit het. Die sake teen hom is voorlopig teruggetrek, maar dit beteken nie dat hy onskuldig is nie. Toegegee, niemand is skuldig tot hy skuldig bewys is nie, maar die vrae rondom die beskuldigings is ook nie bevredigend beantwoord nie. Bowendien word sy naam genoem as moontlike opvolger vir Bheki Cele wat tans geskors is.
SO STEEL SA-OWERHEDE JOU GOUD
Krugerrand-skandaal ruk SA Munt
Die Afrikaner
Bykans ‘n jaar nadat dit plaasgevind het, het die SA Munt – ‘n filiaal van die Reserwebank – erken dat dit ondergewig proef- en versamelaarsmunte van Krugerrande gemaak het.
Sommige van die Krugerrande wat tussen April en Mei verlede jaar gemunt is, is na wat berig word, ondergewig en het te min goud bevat.
Die Krugerrand is die gewildste goudmunt ter wêreld en word teen sowat R14 000 verkoop.
Die aangeleentheid word allerweë as baie kommerwekkend beskou omdat SA Munt aan die Reserwebank behoort, wat ‘n baie belangrike staatsinstelling is. Die ekonoom, Dawie Roodt, het aan die media gesê dat die voorval kommer wek omdat die Reserwebank betrokke is en verhewe bo moontlike bedrog moet wees.
DOPPERS EN FILISTYNE (1)
BASTA POLITIEK
Lees reeks by Doppers en Filistyne - Langenhoven
"Ons Afrikaners haat mekaar mos maar met 'n wrewelige haat oor die politiek – en ons is maar goddank bly ook oor die oorsaak, anders moes ons 'n ander oorsaak soek."
Toe die drukkers- en uitgewerfirmas dwarsdeur die land te hore kom dat ek aan't boek skrywe is het hulle van alle kante oormekaar geval en my bestorm om die een voor die ander my manuskrip in die hande te kry om dit vir my te druk en uit te gee en profyt uit my te maak. Ek was nes 'n aantreklike nooi met baie vryers. (Met die oorvloedige geleentheid om uit te soek, soek sy egter dikwels juis swak uit.) Hoe ek op die ou einde uit al daardie vryers die Natpers gekies het sal ek, volgens verstandhouding, nie op die lappe bring nie. (Die leser moet verstaan – aan my kant is daar niks om weg te steek nie.)
"Maar julle is 'n spul Nattes," het ek aan Die Burger se mense gesê.
"Daardie verskilletjie kan maklik uit die weg geruim word." was hulle antwoord.
"Hoe so?" vra ek.
"Word oom Stoffel ook Nat."
REËNBOOGLAND (10)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Geel (2)
Whang Ling en die ander Asiate
Toe die eerste skeepsvragte met ons Chinese in Julie 1904 in die Durbanse hawe land, het ons besef dat ons in China gewerf is om in Suid-Afrika in die goudmyne te kom werk. Daarna het ons verneem dat die land ‘n groot tekort aan goedkoop, ongeskoolde, nie-blanke arbeid ondervind het en dat ons Chinese die behoefte daaraan in die goudmyne moes kom voorsien.
Die duisende Bantoes wat voor die Engelse-Boere-oorlog vir die mynbase ondergrond gewerk het, is gedurende die oorlog deur die Engelse só ruim vergoed dat hulle na die oorlog nog geen onmiddellike behoefte gehad het om weer te gaan werk nie. Hulle het, versadig van hul oorlogtydse geld, in ledigheid gesit en wag op die millennium wat die Engelse hulle beloof het.
By ons aankoms aan die Johannesburgse Rand was ons uitermate verbaas om die algehele verwoeste toestand van die land te aanskou. Die Engelse het met hulle oorlog teen die Boere feitlik alles vernietig.
REËNBOOGLAND (9)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Geel
Abram Salogee en die Indiërs
Ons het ook hierdie storie van ‘n sogenaamde “reënboogland” gehoor, waar alle rasse dan kwansuis moet saamsmelt om in Suid-Afrika één wonderlike nasie te vorm. Indien so iets ooit sou gebeur, sal die Indiërs van hierdie land beslis nie ‘n onderdeel daarvan wees nie. Die aard van ons verblyf in Suid-Afrika gedurende ‘n anderhalf eeu, getuig daarvan dat ons beslis nie met ander rasse meng nie.
In 1860 het ‘n skeepsvrag van ons Indiërs in Durban voet aan wal gesit om in Natal se suikerplantasies te gaan werk. Die Engelse, wat toe nog baas was in Natal, het ‘n arbeidstekort ondervind en dit met ons koms probeer oplos. Ons is onder kontrak aan werkgewers toegeken vir ‘n tydperk van 3 jaar. Hulle het die lone vasge-stel, maar na 5 jaar kon ons gaan waar ons wou. Ons kon weer na Indië teruggaan, of kroongrond ontvang vir die selfde bedrag. Teen 1865 het ons getal Indiërs in Natal reeds op 6 500 gestaan.
DIE GRONDSLAG VIR VOLKSEENHEID
ONS GEMEENSKAPLIKE HISTORIESE ERFENIS
In ons tyd is die versugting na volkseenheid ‘n intense verlange onder baie Afrikaners. Te midde van die meedoënlose aanslag op ons voortbestaan word die feit dat ons in soveel kampe verdeel is wyd betreur en dit veroorsaak wanhoop en ‘n insinking in ons moraal. Ons voortbestaansuitdaging vereis gesamentlike en eendragtige optrede. Daarvoor is ‘n saambindende krag nodig en dit
Ons gemeenskaplike geskiedenis bied die enigste ware grondslag vir blywende volkseenheid.
ROELF BOKGAL EN SY BENDE PROBEER SA TERUGSTEEL
Natuurlik kan die SA Weermag van die swart kommunistiese ANC Suid-Afrika nie beskerm nie, soos tans in die media berig word. Ons weet mos dat hulle nie in staat is om 'n Eerste Wêreldland in stand te hou nie soos ons gesien het vandat hulle ons land onwettig in 1994 op 'n skinkbord by die verraderlike FW de Klerk, Pik Botha en Roelf Meyer gekry het – ja, dieselfde Roelf Meyer wat destyds by swart hoofde in hul statte en krale die voorvadergeeste aanbid het met 'n sataniese ritueel waartydens bokgal oor sy kop uitgestort is.
Nou kom Roelfie en bring 'n sogenaamde oorsigkomitee tot stand, 'n man wat toe hy die land saam met sy twee verraaiervenote wegegee het, se pos as minister van verdediging daarmee heen is en hy tans minder as nul met die ANC uit te waai het. Dat Lindiwe Sisulu, die ANC se minister van onverdediging deur haar eie slimmigheid of selfs uit 'n werklike besef van die vervalle toestand van die weermag die komitee verlede jaar aangestel het vir ’n sogenaamde diepte-oorsig van die SANW, hoef nie eers met 'n knippie sout geneem te word nie. Net soos FW knaend sedert 1994 probeer om weer die politiek te betree ná sy verraad teenoor die blankes in Suid-Afrika, so probeer sy maatjie Roelf Bokgal om weer 'n voet in die politieke deur kry.
Die idee van die komitee kon net van hom en sy meelopers gekom het.
REËNBOOGLAND (8)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
GRYS
William Oliver, alias Willem Olivier en die Suid-Afrikaanses
Ek dink die groep mense in Suid-Afrika wat ék verteenwoordig, se oorsprong lê maar daar in die ou Kaap-kolonie. Ons het die koms van die Engelse in 1795 en weer in 1806 verwelkom en het daarna uitgesien om saam met hulle hier aan die suidpunt van Afrika vir ons almal ‘n lekker nuwe toekoms te bou. Die Engelse het ons eintlik nooit regtig aanvaar nie, maar ten spyte daarvan het ons mettertyd daarin geslaag om stadigaan te verengels, want ons het geen toekoms gesien vir die opstandige grensboere wat in 1836 die wildernis ingetrek het nie.
Ek, William Oliver, was eintlik Willem Olivier, maar my Engelse naam maak my meer aanvaarbaar vir die samelewing waarin ek en my ander vriende beweeg. Sommige van hulle het ook probeer om hulle name so ‘n bietjie te verander, of net anders uit te spreek.
'N JONG STUDENT WORD GERED
Abie van der Merwe
Ek het in 'n Christelike huis grootgeword en is van kleins af deur my moeder geleer omtrent die Here Jesus Christus, om my geloof en vertroue in Hom te stel.
Op negejarige ouderdom het ek 'n ernstige siekbed gehad. Toe ek eindelik kon opstaan was my niere en hart uiters swak. Waarskynlik deur die invloed van die onderrig van my moeder en 'n behoefte waarvan ek bewus was, het ek my toevlug tot die Here God geneem, en aan Hom 'n kinderlike – sowel as kinderagtige – belofte gemaak wat ek met verloop van tyd nie kon nakom nie. Die Here het egter in sy wonderlike genade en liefde, my aangesien en volkome herstel.
Op 13-jarige ouderom is ek na 'n skool in die Boland. Hier was die versoekinge groot, en gou het ek in sonde geval.
JONA EN DIE KOMKOMMER- PLANT
Ds Kobus van der Westhuizen
Die verhaal van Jona en die komkommerplant interesseer my reeds baie jare. Die boodskap wat dit vir Jona moes bring is beslis vir meer mense as net hy bedoel. Een aspek van die boodskap is dat 'n mens nie selfsugtig en besitlik moet raak ten opsigte van gawes wat die Here uit goedheid aan jou geskenk het nie.
Jona se wonderboom was eintlik 'n komkommerplant wat 'n onverwagte en kortstondige skaduwee oor hom gegooi het toe die hitte van die skroeiende son besig was om hom kapot te brand. Toe die komkommerplant net so vinnig verdroog as wat dit verskyn het, was Jona bitter ontvrede. Sonder dat hy dit verdien het, het hy sondermeer die boom vir hom toegeëien. Hoe kon die Here nou sy boom, wat so gerieflik was, wegneem?
REËNBOOGLAND (7)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
BRUIN
Karools Plaatjie en die Kleurlinge
Ek wil vir jou ‘n paar besonderhede oor die herkoms en lewe van ons Kleurlinge in Suid-Afrika meedeel en sal dit nie teen jou hou as jy by die lees hiervan so af en toe ‘n jammerhartige sug slaak nie en mompel: “Ag, die arme Kleurlinge van Suid-Afrika; hulle het nie gevra om daar te wees nie en nou word hulle so stiefmoederlik behandel....”
Ons herkoms dateer uit die jare van die tweede Britse besetting van die Kaap. Die Engelse het in 1828 met hulle Ordonnansie 50 die Hottentotte gelyk gestel met die Blankes. In daardie tyd het hulle ook die slawe vrygestel. Met hulle gesagsoorname van die Kaap in 1806 het hulle daar ‘n bevolking aangetref van 26 000 Blankes, 30 000 slawe en 20 000 Hottentotte. In Kaapstad self was 6 000 Blankes, 9 000 slawe en 450 Hottentotte.
SANRAL OF TE NIE, SA GAAN HOES!
Kriewelkop
Die ANC sal vorentoe nog hewig teenstand kry deur organisasies soos Cosatu en andere oor die SANRAL-tolstelsel maar tans is die finansiële implikasies daarvan in verskillende bedrywe van die land vir eers besig om deur te dring. Of die tolstelsel suksesvol in werking gestel word, en of dit weens erge teenstand deur massabetogings weerstaan word, betaal gaan die burgers van Suid-Afrika betaal, of een of ander manier. Dalk sal dit die pensioenarisse wees wat die gelag gaan betaal as die stelsel nie funksioneer nie aangesien 17 miljard rand van hulle geld onregmatig in SANRAL deur die ANC belê is – vandaar die stoomrollery om die tolstelsel in werking te kry. En as die stelsel wel in werking kom, sal dit elke landsburger wees wat hierdeur geraak word.
Intussen het die landboubedryf gaan kyk hoe hulle geraak gaan word indien die stelsel in werking kom:
SPOOKSTORIES: CJ LANGENHOVEN (6)
Reeks by Versamelde Werke van Langenhoven
DIE KIS
Dis nie 'n mooi geskiedenis hierdie nie en daaroor is ek jammer. Om misdade en gruweldade en welddade, en die sordide hartstogte wat daaruit vloei en weer dááruit vloei, te beskrywe, is natuutlik geensins die doel van hierdie versameling nie. Trouens ons het teenswoordig so 'n oorhoping daarvan dat hulle alledaags en vervelig begin te word het; en as daar darem nog lesers is wat in sulke verslae behae skep, kan hulle voldoende versadiging vir hulle sieklike sensasie-lus in die daelikse koerante kry. Maar waar sulke dinge die aanleiding is tot die buite-liggamelike ontmoetings wat dit die doel is om hier te boekstaaf, spreek dit vanself dat hulle vermeld moet word, anders bly ons met die indruk van verspotte, omsonse spokerye, sonder rym of rede vir niemendal, drif sonder dryfveer.
REËNBOOGLAND (6)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (4)
4. Tom Makobela en die Tswanas
Ons Tswanas, wat in die geskiedenis van Suid-Afrika ten opsigte van die ander Swart volke en die Blankes maar eintlik deurgaans ‘n onderhorige rol gespeel het, se lewensomstandighede en geleenthede het niks verander nadat die New South Africa tot stand gekom het nie. Ons - en ook al die ander Swart inwoners van die land - is in werklikheid nou baie slegter daaraan toe as gedurende die jare toe die Blankes in Suid-Afrika regeer het. Hierdie Kôsa-groepie wat deesdae deur middel van hulle ANC-komplot oor ons almal die septer probeer swaai, bestaan hoegenaamd nie uit die meerderheid van swart stemme in die land nie, maar ons word met elke verkiesing bedreig en stem dan maar uit vrees weer vir hulle.
GOEIE PLAN!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Toe Julius Malema, dis nou onse Julias wat die F in houtwerk op skool gekry het, nou die dag gal afgaan omdat hy glo keelvol is om soos 'n uitvaagsel behandel te word en daarop aandring dat hy net soos die ikoon van 'n Mandela behandel wil word, het iemand vinnig geantwoord: "Wonderlik! Kom ons begin by 27 jaar in die tronk!"
REËNBOOGLAND (5)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (3)
3. Jakob Matlala en die Basoeto’s
Ons het ook die storie gehoor dat daar mense is wat loop en rondvertel dat al die nasies wat in Suid-Afrika woon, gerus maar kan saamsmelt en één bruin, geel, swart, wit, rooi volk word. Vir ons Basoeto’s is dit die belaglikste ding wat iemand kon uitdink. Hulle weet seker niks van die geskiedenis van hierdie land nie. Daarom gaan ek nou vir jou vertel hoe ons Basoeto’s met die Zoeloes, die Matebeles, die Boere en met die Engelse gebots het, sodat ons tot vandag toe nog glad nie lief is vir mekaar nie, wat staan nog gewillig te wees om één nasie te word.
DIE LEEU VAN WES-TRANSVAAL (3)
Leopold Scholtz
KRYGSMANNE VAN FAAM
Lees reeks by Krygsmanne van faam
By Colesberg het die Britte in 'n halfsirkel gelê met hul geskut op Coleskop, wat vanuit die weste die ander koppies in die omtrek beheer. Dit was French se oogmerk om sy flanke uit te sprei ten einde die Boere te omvleuel en hul verbindingslinies af te sny. Met dieselfde bewegings het De la Rey nou sy burgers uitgesprei om die omvleueling te verhoed.
Tot einde Februarie 1900 het De la Rey aan die hoof van die Boeremagte rondom Colesberg gestaan. Tot French se vertrek einde Januarie en gedurende die operasies van sy opvolger, genl.-maj. R. A. P. Clements, het De la Rey verskeie suksesvolle gevegte gehad. Die Boere het die Britse troepemag uiteindelik van Colesberg na Arundel teruggedryf.
ANC SE ONLOGIESE AFRIKAANS
Die Afrikaner
Die swak standaard van departementele vraestelle en die feit dat dit dikwels laat by skole aankom, laat die gevaarligte vir diegene in die staatsonderwys flikker.
Dit het aan die lig gekom dat die uiters swak Afrikaanse taalgebruik in vraestelle vir lewensoriëntering laerskole in die Secunda en Bethal-omgewing noop om hul eie vraestelle op te stel. Soms daag die departementele vraestelle eers op wanneer die leerlinge al klaar eksamen geskryf het.
Dit wil voorkom asof die opstellers van die Afrikaanse vraestelle hoegenaamd nie die taal magtig is nie. Verder wemel die vraestelle ook van tikfoute. Enkele voorbeelde uit graad 5 en 6- vraestelle vir lewensoriëntering onder die afdeling waarop leerlinge waar of vals moet antwoord, word aangehaal: “’n Gebren aan konsentrasie kan veroorsaak word duer die misbruik van dwelmmiddels.” “Rommelstrooning is ‘n vorm van beoedigling”.
GODLOSE AFRIKA
"DIE FOUT WAS DAT HY GESTERF HET"
Neo Genocide
Vanwaar ek agter in die kapel van die tronk staan en die diens lei, tref die soet rookwalms van dagga my wat deur die oop vensters inwaai. Die ritmiese gedreunsang van die gevangenes wat op sulke kwart kussingkies slaan vir ritme terwyl hulle sing, is die tipiese ritmiese Afrika-dreunsang. Dan asof die gevangenes elektronies beheer word, sing hulle al sagter todat die sangery skielik stop. Nou gaan hulle bid.
Wat volg is skrikwekkend vreemd.
Daar bars 'n kakofonie van geskree uit elke gevangene se mond los, wat almal kliphard saam skree tot een of ander god om gehoor te word. Dis 'n waansinnige chaos. Elke gevangene se oë is bottoe, en almal raak bleek terwyl die sweet hulle gesigte aftap binne minute. Hulle is almal in een of ander koma of beswyming. Net soos die beswymingsdans by Boesmans, waar die dansers almal in een of ander beswyming verval.
PLAASMOORDE MOET SPESIALE KATEGORIE IN MISDAAD WEES
MEDIAVRYSTELLING:
Die veldtog teen plaasmoorde
Herstigte Nasionale Party
Dit is te verwelkom dat Solidariteit besluit het om die veldtog teen plaasmoorde wat reeds geruime tyd deur verskeie instansies gevoer word, nou verder te voer deur die skepping van die boekemonument wat hulle in die vooruitsig stel.
Die sterkste aksie teen dié moorde tot dusver was die volksmoordklag wat deur die Verkennersbeweging van Suid-Afrika by die internasionale strafhof in Den Haag teen die Regering en die ANC gelê is. Die HNP en verskeie ander volksorganisasies het as mede-aanklaers tot dié klag toegetree.
Daarbenewens voer Die HNP geruime tyd reeds deur middel van Die Afrikaner-koerant 'n inligtings- en bewusmakingsveldtog oor die moorde op ons mense, asook die ander aspekte wat gesamentlik onteenseglik op 'n berekende volksmoord op die Afrikanervolk dui.