Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy baie swaar help dra, moet jy nie vir ‘n ligter las pleit nie, maar eerder vir ‘n sterker rug!
NUWE BOEKE- MONUMENT OOR PLAASAANVALLE
"Veldtog teen plaasaanvalle begin binnekort"
Hierdie poging kan nie juis as 'n verdedigingsveldtog gesien word nie maar om 'n boek met al die gegewens oor plaasaanvalle saam te stel het wel sy waardevolle plek in ons Afrikanervolk se geskiedenis. Ons moet egter bid dat daar werklike uitkoms sal kom anders sal daar geen nageslag wees om hierdie boek te lees nie.
Plaasmoorde in Suid-Afrika het nou ʼn krisispunt bereik en daadwerklike optrede is nou noodsaaklik om die probleem te pak en dit as ʼn prioriteitsmisdaad te laat klassifiseer, het die Solidariteit Beweging (spesifiek Solidariteit, AfriForum en Kraal Uitgewers) vandag gewaarsku. Dit volg in reaksie op die reeks plaasaanvalle wat reeds sedert die begin van die jaar die landbougemeenskap teister.
In die jongste aanval is die 36-jarige Christo Jansen van Rensburg van die Heilbron-omgewing Dinsdag deur aanvallers met ʼn petrolbom bestook en aan die brand gesteek.
REËNBOOGLAND (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (2)
2. Boela Komane en die Zoeloes
Net soos ander swart volke in Afrika, glo ons Zoeloes in die voortbestaan van die sterkste een, wat moet baas wees oor die ander. Daarom het Tsjaka, ons eerste groot koning wat die Zoeloenasie gestig het, sommer duisende laat doodmaak en koning Dingaan nog meer, sodat hulle seker kon wees dat niemand hulle gesag kon betwis nie. Die klein stammetjies in die omgewing moes ook uitgewis word, sodat ons Zoeloes oor almal kon koning kraai.
Ons sou seker die sterkste nasie in suidelike Afrika geword het as Moselekatse nie in 1824 weggebreek het en die Matebelenasie gestig het nie. Al het ons Zoeloes daarna, nes die Matebeles, al die ander klein stamme in Natal, die Vrystaat en sover as Transvaal geheel en al uitgeroei, het ons nooit weer so’n gedugte mag gevorm as wat ons onder die gevreeste Tsjaka was nie.
GOEIE RAAD!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hierdie stukkie uitstekende raad kom van 'n Amerikaanse weermagtroepie: "As jy sien 'n bomtegnikus hardloop, probeer om by hom verby te hardloop." Advies nie te versmaai nie...
MUGABE SE DOOD KAN OOK SA ONTWRIG
Kriewelkop
Nog interessante wêreldveranderinge staan in die deur.
Die versteurde robber, ou Robert Mugabe van Zimbabwe, lê klaarblyklik ernstig siek in 'n hospitaal in Singapor. Die 88-jarige president van Zimbabwe ly reeds sedert 2008 aan prostaatkanker en het die afgelope tyd verskeie kere behandeling in Asië ontvang. Hy was in 2011 glo agt keer in Singapor vir mediese behandeling maar dit lyk nie asof daar verbetering is nie; die kanker het reeds versprei toe dit ontdek is en hy is ongeveer vyf jaar gegee om te leef.
Sy toestand het nou so versleg dat hy selfs bereid is om sy magte aan sy minister van verdediging, Mnangagwa, te oorhandig – 'n eerste vir hierdie ou patriarg. Die 65-jarige Mnangagwa was een van Mugabe se handlangers wat in die 1970's gewelddadige opstande teen Brittanje help organiseer het. Mugabe is president sedert Zimbabwe se onafhanklikheid in 1980. Mnangagwa was voorheen ook hoof van Zimbabwe se intelligensiediens en verantwoordelik vir die geweld in 2008 tydens die presidensiële verkiesing teen Morgan Tsvangirai. Hy het ook 'n groot rol gespeel in die vernietiging van die opposisieparty Zapu in die 1980's waarin duisende burgers gesterf het. Daar kan dus geen verwagting vir meer stabiliteit in die land wees ná Mugabe se afsterwe nie.
SIENER SE "KARRE STAAN OP DIE BULTE"
...WANT DAAR SAL NIE MEER BRANDSTOF WEES NIE
Kriewelkop
Suid-Afrika word deur Amerika gedwing om vanaf 1 Julie afstand te doen van 26% van sy olie-invoer vanuit Iran. Al klink dit onmoontlik is dit 'n saak wat Obama goed deurdink het en uitvoerbaar is deurdat hy sanksies teen Iran se sentrale bank instel wat dit van internasionale finansiële stelsels afsluit. Suid-Afrika, soos China, Indië en talle ander lande behalwe 11 lande wat van hierdie strafmaatreël vrygestel is, sal dus nie meer vir olie kan betaal nie want dit is uitsluitlik aan hierdie bank wat lande se raffinaderye betalings aan Iran vir die olie doen.
Die VSA het selfs gedreig dat sankies direk teen Suid-Afrika ingestel word indien Zuma nie gehoor gee aan die afskaal van olie uit Iran nie. Zuma het hom tot dusver doof gehou vir hierdie situasie en maak asof dit nie bestaan nie.
Obama het in 2011 reeds alle voorbereidings vir hierdie plan getref en in Januarie 2012 is Amerika se wet op verdedigingsbemagtigting deurgevoer, 'n wet wat deur die VSA se sekerheidsbestel afgedwing móét word.
VRAE OOR DIE LEWE NÁ DIE DOOD (3)
Dr Jac J Müller
Lees reeks by VRAE OOR DIE LEWE NÁ DIE DOOD
DIE ONSTERFLIKHEID VAN DIE MENS
Deut. 12 : 23: “Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag nie die siel saam met die vleis eet nie."
IS DIE MENS TEGELYK STERFLIK EN ONSTERFLIK?
Die mens het twee bestanddele: stof en gees, en bestaan in twee nature, 'n stoflike en geestelike. Die stoflike deel van die mens - sy liggaam - is sterflik en verganklik, maar die geestelike deel — die gees of siel - is onsterflik en onverganklik.
Opmerking:
Hierdie tweeledigheid van die mens, as wese met liggaamlike en sterflike bestanddeel en 'n geestelike en onsterflike bestanddeel, word vir ons op baie plekke in die Bybel geteken.
SPORT EN POLITIEK - ‘N GLASHUIS TUIMEL
Gert Kotzé
Lees reeks by Sport en politiek
SPORT EN POLITIEK (4)
Die eerste aanslag deur 'n groepie Johannesburgse Afrikaners teen die anti-Afrikaanse bestuur van die Transvaalse Rugbybond het die grondslag gelê vir 'n soortgelyke aanslag 20 jaar later. Hierdie keer het die opstandelinge absoluut seker gemaak dat die tegniese haakplekke wat die eerste poging laat misluk het betyds uitgeskakel sou word.
In die twee dekades tussenin was daar heelwat verwikkelinge.
Voormanne van die Afrikaner-sportlui aan die Rand het hulle oënskynlik daarin berus dat die Engelse oorheersing in die bestuur van Transvaalse rugby so stewig verskans was dat geen pogings om dit te beëindig sou slaag nie.
So 'n standpunt was nie heeltemal verkeerd nie.
REËNBOOGLAND (3)
Lees reeks by REËNBOOGLAND
SWART (1)
1. Josef Kubeka en die Kôsas
My antwoord op die vraag of daar ‘n dag sal aanbreek wanneer al die inwoners van hierdie New South Africa harmonies sal saamleef en deur gewillige integrasie één ideale reënboognasie sal word, spreek baie duidelik as ‘n groot nee uit die geskiedenis van ons verskillende volke in Suid-Afrika. Dink maar net aan wat alles gebeur het nadat die Kôsas die eerste keer met die Blankes in aanraking gekom het:
Daar in 1778 rond het ons Kôsas se voorposte uit die noorde by die Visrivier aangekom. Ons was nog in ons natuurlike staat van ontwikkeling en het ons uitermate verstom oor die snaakse Blankes wat yl verspreid anderkant die Visrivier gewoon het. Dit was die eerste keer wat ons mense met wit velle gesien het, wat klere gedra het, wat op perde ry waar hulle wil wees en wat osse gebruik om waens te trek.
NEDERLAND PLEIT TEEN PTA STRAATNAAM- VERANDERINGS
Ou en nuwe straatname hier onder aangeheg
'n Nederlandse politieke party, die Party vir Vryheid (PVV) eis dat die Nederlandse Kabinet ter ondersteuning van die behouding van Suid-Afrika se straatname in Pretoria sal optree.
Die (PVV) het in 'n mediaverklaring gesê die Nederlandse Ambassade in Queen Wilheminalaan behoort te weier dat straatname in Pretoria vervang word met Nuwe Suid-Afrika-name.
Ook die Federasie van Afrikaanse Kultuurverening (FAK) het die Nederlandse minister Mark Rutte om hulp gevra om die straatname te help behou. Die federasie weier glo volstrek dat 25 Pretoriase straatname sommer net geskrap word terwyl dit ook na Nederland verwys. Dit is volgens hulle aanstootlik om strate te gaan vernoem na persone soos Steve Biko en meelopers van die kommunistiese swart bewussyn in Suid-Afrika.
SPORTREVOLUSIE EN DIE BEESBLAASBOND
Gert Kotzé
Lees reeks by Sport en politiek
SPORT EN POLITIEK (3)
(As hierdie weergawe totaal die waarheid is, dan is dit dalk tyd om weer so ‘n revolusie te reël...)
Die besluit van die Smuts-regering om op 4 September, 1939, oorlog teen Duitsland te verklaar het die skerp en bitter twiste in die Suid-Afrikaanse politiek tot gevolg gehad. Die twis sou mettertyd na die terrein van sport oorwaai.
Die nasionale sportheld, Johannes van der Walt, se politieke bedrywighede en sy dood wat deur die optredes van die Smuts-mense veroorsaak is, het die Afrikaner-gemoedere help opkook.
Afrikaners wat die oorlogsbeleid nie goedgesind was nie, het al gou bykomende rede gehad om in opstand te kom. Want verskeie sportbase, met 'n paar rugbybonde aan die voorpunt, het hul simpatie met die oorlogspoging nie weggesteek nie.
Twee van die bekendste rugbybonde, Transvaal en die Westelike Provinsie (ook die Oostelike Provinsie en Griekwaland-Wes het hulle later hierby aangesluit) en het besluit dat daar by sekere wedstryde fondse ten bate van die oorlog ingesamel moet word.
Dit het die Afrikaner-sportlui se bloed laat kook.
HULDE AAN EUGÈNE TERRE'BLANCHE
Eugene Ney Terre’Blanche
31 JAN 1944 ─ 3 APRIL 2010
Piet Rudolph
Twee jaar is al haas verby sedert die tragiese dood van hierdie Boerepatriot. So onverwags en so hartverskeurend. Inderdaad het sy son ondergegaan terwyl dit dag was. Daar is soveel wat hy vir die Boerevolk en die witman in hierdie land kon en wou doen maar dit was hom nie beskore nie. Sy dood kon ook nie op ‘n meer ongepaste tyd vir die Boerevryheidstryd gekom het nie. In ons gemoed en ons harte warrel die vrae steeds rond: Waarom op hierdie tydstip?
BEPLANDE MOORD
In my gemoed is daar egter geen twyfel nie. Sy moord was fyn beplan en bereken om ‘n massiewe ontwrigting in ons vryheidstryd te veroorsaak, veral op die tydstip wat enigeen wat politiek kan lees en skryf, kan sien dat in Suid-Afrika daar ‘n kentering besig is om onder die witman, vorm aan te neem.
SUID-AFRIKA BLY BO-BAAS!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die slim Japanners is gewoonlik die wêreld voor as dit by unieke uitvindings kom. Hierdie keer het hulle 'n masjien ontwerp wat die vermoë het om in 'n kort tydjie 'n hele spul skelms uit te wys sodat hulle aangekeer kan word. Maar natuurlik moes die masjien eers vir 'n deeglike proeflopie geneem word en hulle het land vir land geneem om te sien wat die verskillende resultate in verskillende lande sou wees.
Die VSA het eerste aan die beurt gekom en daar is binne 30 minute 20 misdadigers aangekeer.
In Brittanje het hulle binne 30 minute 500 misdadigers gevang.
In Spanje het hulle slegs 25 diewe binne 30 minute aangekeer.
In Ghana was dit heeltemal 'n ander storie en is daar in die eerste 10 minute reeds 6 000 misdadigers gevang.
Uganda was nog erger en in 7 minute is 20 000 misdadigers vas.
Kenya, die hoogste sover, is binne 8 minute 30 000 misdadigers vasgetrek.
Die sukses van hierdie uitvindsel kon nie meer betwis word nie maar om die finale kersie op die koek te plaas besluit die Japanners hulle moet dit nog een maal toets, en dit sal Suid-Afrika wees wat die finale deurslag sal gee.
So gemaak, met groot sorg is die masjien hiernatoe gebring en die proeflopie begin. En binne 5 minute is die masjien gesteel...
GERTJIE BEZUIDENHOUT
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
Ons weet almal dat daar in 1816 'n skokkende gebeurtenis naby Slagtersnek in die oostelike deel van die Kaapkolonie plaasgevind het. Dit was die teregstelling van vyf Oosgrensboere. In die loop van die gebeurtenisse wat daartoe aanleiding gegee het, het 'n seun van twaalf of veertien jaar oud hom op 'n besondere wyse onderskei. Sy naam was Gerrit Pieter Bezuidenhout, en hy was 'n seun van Johannes Bezuidenhout.
Om te begryp wat gebeur het, moet die agtergrond van die Slagtersnek-opstand kortliks beskryf word. Op die destydse oosgrens van die Kaapkolonie het 'n boer, genaamd Frederik Bezuidenhout, gewoon. 'n Hottentot, Booi, het by hom skape opgepas. Hy was onbetroubaar en het sy werkgewer baie las gegee. Hy het skape laat wegraak en van die boerderygereedskap verniel.
VRAE OOR DIE LEWE NÁ DIE DOOD (2)
Dr Jac J Müller
Lees reeks by VRAE OOR DIE LEWE NÁ DIE DOOD
WATTER VERSKILLENDE VORME VAN DOOD BESTAAN DAAR VOLGENS DIE SKRIF?
Omdat die mens nie net liggaam (stof) is nie, maar ook 'n lewende, onsterflike siel, moet ons drieërlei vorm van dood onderskei wat ingetree het as straf op die sonde.
(a) Die geestelike dood—die eerste skeiding of breuk wat onmiddellik na die sondeval ingetree het tussen die mens en God. Soos Adam en Eva direk na die sondeval, so is alle sondaars ook geestelik dood weens hulle sondes. Waar die mens se gemeenskap met God verbreek is en skeiding ingetree het, sterf hy onmiddellik en tree die geestelike dood in.
HISTORIESE MYLPALE IN ONS GESKIEDENIS
Hierdie opsomming van Suid-Afrikaanse gebeure vanaf 1485 dui baie duidelik die hoogtepunte sowel as die verraad, verval en chaos in ons land aan. Dit is ook ‘n handige verwysingsbron indien gebeure en/of datums vinnig nageslaan moet word.
1485 Diego Căo land by Kruiskaap noord van Walvisbaai.
1487 Bartolomeu Dias land op 8 Desember by Walvisbaai en kort daarna by Lüderitz.
1488 Bartolomeu Dias seil om die Kaap
1497 Vasco da Gama land by St Helenabaaiop 7 November. In die eerste skermutseling tussen Blankes en die Khoikhoin (Hottentotte) word Da Gama en drie van sy makkers gewond. Op 26 November gooi Da Gama anker by Mosselbaai, Doen by Pondoland aan en gee op Kersdag aan Natal sy naam.
1498 Op 6 Januarie land Da Gama by die mond van die Limpoporivier. Daar sien die Portugese vir die eerste keer Swartmense.
1503 Saldanha ontdek Tafelbaai en bestyg Tafelberg.
REËNBOOGLAND (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Rooi John Hunter en die Engelse (2)
Die boere in die buitedistrikte en op die grens, het ons hoofbrekens besorg. Hulle was gedurig oorhoops met die Swart stamme wat sporadies oor die grens gebars het en groot verwoesting aangerig het. Daar het verskeie oorloë plaasgevind, waar ons verplig was om teen die Swartes op te tree om hulle weer oor die grens te kry. Dit was alles te veel vir hierdie boere. Hulle het gesê hulle kon dit nou nie meer met ons en die Swartes uithou nie. Baie van hulle het hul waens gepak en noordwaarts begin trek. Naderhand was dit ‘n Groot Trek.
Ons het hulle probeer keer, want hulle wegtrekkery het die kolonie se noord- en oosgrens feitlik weerloos gelaat. Maar hulle was nie te keer nie. Die een trek het op die ander gevolg. Hulle het gesê hulle trek liewer die wildernis in as om nog langer onder ons Britse verdrukking te krepeer.
REGERINGS- HOOFDE IN DIE OU SA
Regeringshoofde sedert die ontstaan van die Republiek van Suid-Afrika
1961 Mnr C R Swart — eerste Staatspresident: Dr H F Verwoerd — Eerste Minister (sedert 1958)
1966 Mnr B J Vorster — Eerste Minister
1968 Mnr J J Fouche — tweede Staatspresident
1975 Dr N Diederichs — derde Staatspresident
1978 Mnr B J Vorster — vierde Staatspresident: Mnr P W Botha — Eerste Minister
1979 Mnr Marais Viljoen — vyfde Staatspresident
1984 Mnr P W Botha — eerste Uitvoerende Staatspresident
F W de Klerk wat in 1989 as tweede Uitvoerende Staatspresident opgetree het, het nie hierdie posisie op ‘n baie waardige wyse bekom nie. Die gekonkel om van PW ontslae te raak het aan ‘n staatsgreep gegrens, hiervan kon PW self getuig. En die rede waarom FW ten alle koste in hierdie posisie moes kom, was om sy beloftes teenoor sy wêreldgeldbase te kon nakom, naamlik om Suid-Afrika sonder enige mandaat van die burgers, vir ‘n Judasloon van R35,000,000 deur verdere bedrog, waarin hy reeds goed geskool was, op ‘n skinkbord aan die ANC persent te gee sonder dat daar ‘n verkiesing ná die referendum plaasgevind het. Daarom is die ANC onwettig aan ‘bewind’ in Suid-Afrika en behoort hulle geen erkenning te kry as regering nie.
REËNBOOGLAND (1)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Rooi John Hunter en die Engelse (1)
Ek verteenwoordig al die Engelse wat in 1795 die eerste keer in Tafelbaai voet aan wal gesit het en almal wat daarna deur die jare heen tot 2007 in Suid-Afrika kom woon het, of op een of ander wyse met die land kontak gehad het. Baie min van ons Engelse wat hier gewoon het of nog steeds ‘n vaste verblyfplek hier het, het die land ooit volkome met hart en siel ons vaderland gemaak. Selfs dié van ons wat hier gebore is en hulle hele lewe in Suid-Afrika deurgebring het, praat maar gedurig nog van Engeland as ons “home.”
So ‘n superieure en merkwaardige nasie soos ons, versaak nie sommer sy roemryke herkoms nie. Ons hou dit in ere en verruil dit nie vir die minderwaardige burgerskap van enige ander onderontwikkelde land nie, al woon ons ook lewenslank in Suid-Afrika.
DIE BUFFELJAG
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Die buffeljag het nie deur mense plaasgevind nie, maar deur Jakkals en oom Leeu. Jakkals was altyd oom Leeu se lyfwag as hulle gaan jag.
Eendag sê oom Leeu: “Kom Jakkals, die tante wil biltong maak. Ons moet vir haar ‘n buffel gaan skiet.”
“O, ja, oom,”sê Jakkals, “wag net tot ek gou my pyl en boog gaan haal. Oom kwes miskien ‘n buffel, en oom weet, dan is hy eers gevaarlik; dan storm hy ons en dan moet ek mos daar wees om hom die doodskoot te gee.”
“Nou ja, maak dan gou, jou klein bog.”
Een, twee, drie is Jakkals weer by en daar loop hulle.
MAG ONS DIE DOOIES OPROEP?
Dr JP Botha
Of ‘n mens met die dode in verbinding kan tree, is ‘n vraag wat dikwels opduik. Dan word daar verwys na die heks van Endor wat vir Samuel “laat opkom” het. Is wat ons daar in 1 Samuel 28 lees, geregverdig?
Die Skrif leer ons dat daar engele in die hemel bestaan wat God dien en verheerlik. Hulle is dienende geeste, tot hulp van die mense op aarde, soos toe God vir Gabriël na Maria gestuur het. Engele kan dus op bevel van God na mense gestuur word, maar ons lees nêrens van mense wat met engele in verbinding getree het nie.
Behalwe die goeie geeste of engele, is daar ook bose geeste of gevalle engele of duiwels, want in die hemel was daar ook ‘n sondeval.