Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As die wolke van neerslagtigheid op jou toesak, moet jy drie dinge doen. Jy moet eerstens ‘n lys van al jou seëninge maak. Tweedens moet jy God vir elkeen van hulle dank; en derdens vir Hom ‘n loflied sing.
MIDSOMERNAG- DROOM (1)
Bernard Miles
Lees reeks by Shakespeare in Afrikaans
Lank, lank gelede het daar in 'n klein dorpie in die hartjie van Warwickshire twee goeie vriende gewoon. Hulle was Peter Quince, 'n skrynwerker, en Nicholas Bottom, 'n wewer. Peter was die beste skrynwerker in die hele land en sy werk was wyd en syd bekend. Hy kon veral mooi huise bou met 'n raamwerk van eikehout wat volgens die gebruik van daardie tyd kunstig met pleister en messelwerk opgevul en te pragtig met patrone versier is. Peter moes sy gereedskap altyd vlymskerp hou want dit was nie maklik om met die harde eikehout te werk nie, en veral die laste in die raamwerk moes met groot sorg gemaak word. Maar Peter kon enige soort houtwerk doen, en hy het die laste so mooi gemaak dat dit gelyk het asof die hout sommer van die begin af so aanmekaar gegroei het.
Waar Peter 'n baie goeie skrynwerker was, was Bottom, op sy beurt, weer 'n uitstekende wewer. In daardie dae is alle kleedstof by die huis geweef en nie in groot fabrieke soos vandag gedoen word nie. En die dorp se wewer was net so 'n belangrike man soos die dorp se skrynwerker. Peter en Bottom was dus twee vername manne in die dorp na wie almal opgesien het.
DIE SLIM MANNE
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (5)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Het jy al een aand laat genoeg wakker gebly om die sterre te sien? Dit is dan baie donker buite maar die sterre skitter helder en blink.
Lank, lank gelede, in 'n land ver hiervandaan, was daar 'n paar baie slim manne. Die Bybel vertel nie vir ons hoeveel hulle was nie alhoewel die mense dink daar was drie. Hulle het daarvan gehou om na die sterre te kyk. Hulle het die name van al die groot sterre geken. Hulle presies geweet waar om te kyk om hierdie sterre te sien. Baie keer het hulle saam na die sterre gekyk.
Een aand, toe die slim manne so na die sterre kyk, sê die een man: "Kyk! Daar is 'n nuwe ster!"
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (9)
Ds.Andrè van den Berg
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
GEBED
Here, ek leef in ‘n wêreld van mense wat so behep met hulself is, dat hulle niks en niemand ontsien ten einde hul eie behoeftes te bevredig en ideale te verwesentlik nie. Ek moet bely dat ek maar self geneig is om te veel net aan myself, my omstandighede en persoonlike behoeftes te dink. Daarom bid ek soos Johannes die Doper van ouds dat U meer en ek minder sal word.
Maak my nederig sonder dat ek myself as u Skepping, te gering skat, ja, laat ek nooit anders van myself dink as wat U van my dink nie.
OM DANKIE TE SÊ
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (4)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Toe jy 'n klein ou babatjie was het jou ma en pa vir jou 'n naam gegee. Hulle het aan baie name gedink, en toe die een gekies waarvan hulle die meeste hou. En daardie naam het hulle vir jou gegee.
Maria en Josef het nie nodig gehad om 'n naam te soek toe húlle Baba gebore is nie. God het alreeds vir Hom 'n naam gekies. Hy het vir Josef en Maria gesê om die Baba 'Jesus' te noem. Hulle het dit ook gedoen. Hulle was baie lief vir Jesus en het dikwels vir God dankie gesê vir Hom.
Toe Jesus omtrent ses weke oud was, sê Josef vir Maria: "Ons moet nou na God se huis gaan sodat ons weer vir Hom kan dankie sê vir Jesus."
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (8)
Ds.Andrè van den Berg
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
GEBED VAN ‘n PASBEKEERDE
Hemelse Vader, U word verheerlik deur sondaars te red. Dankie dat U ook in my verheerlik is toe U my siel in een oomblik van die hekke van die hel na die poorte van die hemel verplaas het.
As U my nie vasgehou het toe ek weens my liefde vir die sonde van U wou wegkom nie, was ek verlore. Maar noudat ek en my sonde twee geword het, is ek met U een.
Voor my bekering het ek ook ergerlike sondes verafsku soos wat ‘n moordenaar die galg verafsku. Ek het sonde slegs gehaat omdat dit straf op my gebring het. Nou, na my bekering, haat ek sonde omdat dit in die eerste plek ‘n vergryp teen U is.
PETRUS BEZUIDENTHOUT
Lees reeks by Heldedade in ons geskiedenis
HELDEDADE IN ONS GESKIEDENIS
Op 6 Februarie 1838 is Retief en sy sowat sewentig geselskaplede deur Dingaan naby sy stat om die lewe gebring. Tien dae later het die Zoeloes die ander Voortrekkers ook kom aanval. Die Voortrekkers was toe al so seker daarvan dat hulle in Natal sou kon woon dat hulle oor 'n groot gebied versprei was en orals langs die Bloukrans- en Boesmanriviere, takke van die Tugela, met hulle waens en vee in klein groepies gestaan het. Slegs hier en daar was die mense nog versigting en het hulle in taamlik groot getalle bymekaar gestaan, behoortlik laer getrek en snags wagte uitgesit om hulle te waarsku.
Een van die groepies mense wat aangeval is. was die Bezuidenhouts wat aan Moordspruit, 'n tak van die Bloukransrivier, gestaan het.
DIE SKAAPWAGTERS
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (3)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Eenmaal was daar 'n skaapwagter. Hoe sy naam was weet ons nie, maar ons noem hom sommer Benjamin. Benjamin en sy maats het saam skape opgepas.
Een nag is hulle op 'n heuwel net buite die dorpie Betlehem. Dit is baie koud en Benjamin trek sy mantel aan om hom warm te hou. Hulle maak 'n groot vuur. Die leeus en bere wat so graag die lammertjies opvreet, is bang vir die vuur. Die vuur hou ook die skaapwagters warm. Benjamin gaan lê naby die vuur om te slaap. Hy kan die sterretjies in die lug sien skitter. Hy hoor ook hoe die skape saggies blêr.
Van die ander skaapwagters lê ook naby die vuur en slaap.
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (7)
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
Ds.Andrè van den Berg
DANKGEBED VIR VERGIFNIS
Here, as dit nie vir U wonder van sondevergifnis was nie, sou ek beslis die hel beërwe het. Ek het meer as genoeg in my lewe gesondig om ‘n ewige dood as straf te ontvang! Desnieteenstaande vergewe U eerder as om te straf en wil U sondaars eerder in die hemel as in die hel sien.
U vergifnis is so soet vir my siel dat dit heuning smaakloos sal laat. Laat dit vir my nog soeter wees om mense te vergewe wat verkeerd teenoor my optree soos wat U my in u Woord leer bid. Dankie dat vergifnis die wortel van u liefde is en vergifnis die blom daarvan.
Ek is so dankbaar dat u vergifnis groter as my sonde is en dat U van my, wat ‘n slaaf van die sonde was, u kind gemaak het.
GEBORE IN 'N STAL
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (2)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Eendag kom daar 'n boodskapper na die dorpie waar Maria en Josef woon. Hy het belangrike nuus van die koning. Almal luister goed na wat hy te sê het. Hy sê: "Die koning wil weet hoeveel mense daar in sy land is. Almal moet teruggaan na die dorpe waar hulle families eers gewoon het. Daar sal hulle dan getel word."
Josef en Maria se familie het in Betlehem gewoon. Toe hulle hoor wat die boodskapper sê, weet hulle dat hulle na Betlehem sal moet gaan. Hulle kon nie met 'n bus of 'n trein ry nie want daar was geen busse of treine soos vandag nie. Die ryk mense het op perde of kamele gery. Die arm mense moes op donkies ry, of loop. Josef en Maria is te arm om 'n kameel of 'n perd te besit. Hulle het net 'n donkie.
DIE DERDE TEMPEL (9)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE GOG-MAGOG OORLOG
1. ʼn Beslissende slag
Esegiël het 2600 jaar gelede die herlewing van Israel voorspel (Eseg.36-37). So ook die profeet Sagaria. Hy het gesien dat die Jode na ʼn baie lang tyd van verstrooiing weer in Jerusalem deur hul eie mense regeer word (Sag.12-14). Esegiël het voorspel dat ʼn konfederasie van vyandige volke Israel in ʼn bloedige oorlog gaan probeer vernietig. God gaan egter ingryp en Israel laat wen (Eseg.38-39). Dit word die Gog-Magog oorlog genoem.
Die Christendom, Judaïsme en Islam se leer van die eindtyd (eskatologie) beskryf hierdie oorlog as ʼn beslissende wêreldgebeure. Met hierdie laaste oorlog op aarde, gaan ʼn deel van Rusland haar met Islamitiese volke verbind om Israel te probeer vernietig.
DIE AARDE HET GEBEWE! (5)
THELMA CILLIE
Die verhaal van Suid-Afrika se grootste aardbewing ooit, in 1969 in die Ceresgebied
Lees reeks by Die aarde het gebewe!
(Lees ook meer oor aardbewings by Aardbewings - teken van ons tyd)
Tulbach, 'n klein skilderagtige ou dorpie in hierdie kontrei van ons sal seker nooit weer dieselfde wees nie. In 'n vlietende oomblik het die skudding die ou historiese opstalle só verinneweer dat die meeste seker gesloop sou moet word. 'n Mens kan nie anders as hartseer wees as jy die ontsettende verwoesting gadeslaan nie. Van Tulbagh se kant af kan die littekens wat die geweldige skudding op die lieflike ou Witzenberge gelaat het, ook waargeneem word. Geweldige skeure is uit die berge geruk toe duisende tonne rotse die berghange afgestort het.
Daar sal wel van die waardevolste historiese geboue op die dorp behoue bly maar dit sal 'n aardige bedraggie aan restourasiewerk kos. Eienaardig genoeg, het die kerk op Tulbagh bly staan – net die agterkant is beskadig. Die ou pastorie wat die trots van die dorp is, het ook bly staan, maar is geweldig beskadig.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (10) SLOT
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
"Ons het almal die idee van evolusie gegryp omdat die idee van God met ons seksuele voorkeure ingemeng het." Om te glo dat daar wel 'n God is wat alles geskep het bring ook mee dat ek aan hierdie God verantwoordelik is en dat Hy van my rekenskap gaan vra! Die enigste 'uitweg' uit die dilemma is om God 'uit die pad te redeneer.
Waarom glo mense dan in evolusie?
In die lig van al die bogenoemde feite is dit onverstaanbaar waarom mense nog die teorie van evolusie probeer verdedig. Wat moet ons hieroor sê? Sou dit dalk wees dat hierdie mense nie wil hê dat daar 'n persoonlike Skepper-God moet wees wat ook rekenskap van hulle gaan vra nie? Trouens, dit wil voorkom of evolusie vir één doel ontwerp is, en dit is om van God ontslae te raak!
'n Dame het by geleentheid vir die baie bekende evolusionis, Sir Julian Huxley, gevra waarom hy dink dat evolusie so vinnig veld gewen het in die wêreld.
DIE DERDE TEMPEL (8)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
TEENSTAND
1. Godsdiensverskille
1.1 Onderlinge verskille
Volgens Israel se Sentrale Statistiekdiens is Israel tans die grootste enkele Joodse gemeenskap ter wêreld met ʼn bevolking van 5,4 miljoen Jode (2007). Amerika is tweede met 5,2 miljoen. Desondanks is Israel geen hemel op aarde nie, maar ʼn sekulêre staat wat net so Judaïsties as is wat Amerika Christelik is!
Jerusalem is die hart en kroon van die land en die Tempelberg die kroonjuweel. Al wat ontbreek, is ʼn sterk leier wat dié ruwe diamant tot die skoonheid wat dit verdien, te slyp. Ortodokse Jode kla egter dat Israel se politici en baie van die geestelikes nie verstaan wat God van die Jode verwag nie.
Daarom verskil Jode skerp van mekaar oor die wenslikheid van ʼn derde tempel.
JOSEF (7) SLOT
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
JOSEF SE REGERING TYDENS DIE HONGERSNOOD
Intussen het die sewe jaar van hongersnood wat op die volop tyd gevolg het, die wêreld kwaai geknou. Die gesaaides het keer op keer in Egipte en Kanaän misluk. Ek het baie geld ingesamel met die verkoop van graan in Egipte. Farao se skatkamers het vol geword. Maar toe die mense se geld op was, het hulle by my kom pleit vir kos. Ek sê toe hulle kan dan vee gee in ruil vir kos. Hulle het toe hulle perde, kleinvee, grootvee en donkies gegee in ruil vir genoeg kos vir daardie jaar.
Die volgende jaar kom hulle weer en sê: "Ons geld is op en ons diere behoort nou aan u. Ons het nog net onsself en ons landerye, in ruil vir kos. Gee asseblief vir ons saad dat ons nie van honger doodgaan nie."
Op hierdie manier het ek die hele Egipte vir Farao gekoop. Al die Egiptenaars het hulle landerye verkoop vir geld om kos te koop. Dit het Farao se eiendom geword. Hy het toe al die inwoners na die stede toe verskuif.
BOODSKAP VIR MARIA
BYBELVERHALE VIR JONG KINDERS (1)
Lees almal Bybelverhale vir jong kinders
Jacqueline Sibley
Het jy 'n bababoetie of 'n babasussie? Of het jou tante dalk 'n baba? Miskien het die tannie wat langs julle woon ook 'n baba. Almal is bly as hulle hoor dat daar 'n nuwe baba aan die kom is, nie waar nie? Dit voel tog so lank om te wag. Maar die mammie het baie dinge om te doen voor die baba kom. Sy moet alles regkry. Sy moet na die winkel gaan om babagoedjies te koop. Sy moet doeke , 'n bababad en babaseep koop. Sy moet ook kleertjies koop vir die baba. Kan jy aan nog ander dinge dink wat sy moet koop? Soms brei die mammie truitjies en kousies. Sy maak rokkies en slaapklere en wil alles klaar hê voor die baba kom.
Lank gelede in 'n land ver hiervandaan was daar 'n vrou. God het haar gekies om die mammie van 'n baie spesiale Baba te word. Haar naam was Maria. Sy het in 'n klein ou huisie gewoon. Haar huis het glad nie soos jou huis gelyk nie. Haar huis was vierkantig met 'n plat dak en baie klein.
EVOLUSIE... WAT IS DIT EN KAN EK DIT GLO? (9)
Hanan Viljoen
Lees reeks by Evolusie - wat is dit en kan ek dit glo?
DNS (Engels DNA) en Evolusie
DNS is die afkorting vir die naam deoksiribonukleïensuur. Die Engelse afkorting "DNA" is miskien meer bekend. Hierdie DNS van die manlike en die vroulike ouers bevat die 'instruksies' vir die ontstaan, die ontwikkeling en die soort van die nageslag van alle lewende organismes. Dit geld dus vir plante, diere en mense. Hierdie 'instruksies' word ook genoem 'inligting' of 'kodes'. DNS bepaal dus wat alle eienskappe van die nageslag sal wees – ook die voorkoms, die geaardheid en die vermoëns. 'n Ander naam waaronder DNS bekendstaan, is 'argitek- of bloudrukplan vir die lewe'. Die DNS-ontstaaninstruksies word bewaar in twee spiraalgedraaide bandjies wat toegevou is en wat binne-in die kern van elke sel van die liggaam opgekrul lê. Die DNS van elke soort kan net die eienskappe van daardie bepaalde soort dier in die ontstaanproses voorsien, niks anders nie.
DIE DERDE TEMPEL (7)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DINGE GEBEUR
1. Die Sanhedrin
1.1 ʼn Woestynraad
Die Sanhedrin (Grieks vir vergadering) is 3,500 jaar gelede tydens Israel se woestyntog in die lewe geroep. God het Moses 70 oudstes laat kies om hom by te staan (Num.11:16-17). Hierdie raad het alle godsdienstige en wetlike magte vertolk totdat Jerusalem in 586 vC verwoes is. Ná die ballingskap het Esra die Sanhedrin laat herleef om hom met die herbou van die tempel te help.
Die Sanhedrin was eeue lank die hoogste hof in Israel en het namens die volk oor godsdienstige sake beslis. Hulle het onder andere die reëls vir die tempeldiens bepaal en toegesien dat dit uitgevoer word. Die laaste aangetekende vergadering van die Sanhedrin was in 453 nC by Tiberias.
JOSEF (6)
Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red
Dr JP Botha
Lees reeks by JOSEF
EK MAAK MYSELF BEKEND
Toe ek so staan en luister na Juda se hartroerende pleitredes om vergiffenis vir alles wat hulle jare gelede teenoor my misdryf het, het ek hulle almal meteens baie jammer gekry en gedink dat as die Here hulle al die sondes van destyds sal vergewe, waarom sal ek dan nie ook alles wat hulle aan my gedoen het, vergewe nie? Toe skiet my gemoed my heeltemal vol en omdat ek nie graag voor die Egiptenaars in trane wou uitbars nie, het ek hulle gevra om die vertrek te verlaat en deur my trane heen na my elf broers voor my gekyk en gesnik: "Ek is Josef. Leef Pa nog?"
Hulle het my stom aangekyk en was baie bang.
NUWEJAARS- WENSE
Ons span hier by Gelofteland wens elkeen van ons lesers 'n baie veilige, Godsbeskermde en vreugdevolle 2012 toe. Ons boodskap aan u is dat u God se verbond nie moet vergeet in hierdie jaar nie, dan sal Hy ons nie onbeskermd laat in 'n land waar daar tans baie woelinge en misdaad is nie. Ons vyande is besig om die Afrikaner in hierdie land te probeer vernietig en die aanslae sal in 2012 verskerp. Onsself is nie in staat om hierteen die hoof te bied nie maar ons Skepper en Redder sal op sy eie tyd 'n wonderwerk verrig om hierdie saak te verander. Ons mag nie mismoedig word oor al hierdie onregte teen ons nie maar moet ons oë omhoog rig in fokus met Hom. As daar een ding is wat vasstaan, is dit dat die God van Israel, en ook van die Afrikanervolk, geen behae daarin het om ons te sien ly nie.
DIE DERDE TEMPEL (6)
Ds Andrè van den Berg
Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL
DIE ANTICHRIS
1. ‘n Werklike persoon
In 2 Thess.2:3,4 skryf Paulus dat daar aan die einde van die tyd weer ʼn tempel (in Jerusalem) sal wees: “Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van die sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat homself verhoog bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is”.
Oud-Israel het nie met dekades gewerk nie, maar met heptades - periodes van sewe jaar. Tydens die bou van die Derde Tempel sal die Antichris ʼn verdrag van sewe jaar met die Jode sluit. Dit sal heelwaarskynlik met die befondsing daarvan te doen hê. Na 42 maande sal hy die verdrag verbreek en die tempel ontheilig.