Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dis jammer dat die Handves van Menseregte so ’n aanklank onder volksgenote vind. Dis die gevolg van politici en kerklui wat met verandering ter wille van verandering besiel geraak en mense mislei het. Ná die prysgawe van politieke mag in April 1994 is kerk, politiek en kultuur deur ’n veranderingsmanie beetgepak; kerk, politiek en kultuur moes verander ter wille van verandering.
BREKERS HET NIE GOM NIE
Kriewelkop
Daar is ‘n bekende uitdrukking wat sê dat as jy enigiets op aarde gebreek wil hê, dan weet jy vir wie om dit te gee... of so iets.
Daar is nou maar ten enemale sekere groeperinge wat regte brekers is, en hulle is nie net in Afrika nie. Hulle lyk ook gewoonlik heel anders as nie-brekers. Ek meen nou maar, nie-brekers of te wel gommers, is sulke vaal, bleek siele terwyl brekers altyd ‘n sterk voorkoms het. Of is dit die kleur? Nietemin, brekers is oral tussen ons en gewoonlik in die meerderheid. En as hulle ‘n slag sonder toesig gelos word om te doen wat hulle wil, is die uiteinde altyd dieselfde: iets wat meer stukkend was as voor hy dit in die hande gekry het, en moenie dink hy ken die woord ‘gom’ nie. Kyk nou maar net na Obama se Amerika.
DIE LEWE IS TE KORT ... (2)
... OM GEBED EN BYBELSTUDIE TE VERWAARLOOS
Margaret Foth
Lees reeks by Die lewe is te kort...
Iemand het eenmaal 'n prent geteken van 'n man wat versigtig op 'n dun hoë draad begin loop/ In die een hand hou hy 'n huis en meubels, in die ander hand twee motors, 'n seiljag en 'n woonwa. Onderaan die prentjie was net die woord: spanning.
As jy nou 'n prentjie van jóú spanning moet teken, wat probeer jy in jou twee hande balanseer? In die eenhand het jy 'n huis om voor te sorg, kinders wat gevoed en na al hul aktiwiteite vervoer moet word; in die ander hand het jy 'n deeltydse werk en 'n kategeseklas. Of dalk is jou hande belaai met die versorging van jou bejaarde ouers benewens jou tienerkinders. En dit alles moet balanseer met 'n salaris wat as gevolg van inflasie al hoe minder werd is.
D A N I Ë L (2)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
Die Here het toe die oplossing van die droom se geheim in die nag aan my gegee. Die volgende môre het ek die Koning van die hemel geloof en gesê:
Loof die Naam van God
vir altyd, ja, altyd;
Aan Hom behoort wysheid
en krag;
Hy bepaal tye en geleenthede;
Hy sit konings af
en stel konings aan;
Hy gee wysheid
vir dié wat wys is
en kennis vir dié wat insig het;
Hy maak dinge oop
wat diep en weggesteek is;
VOORDELIG OM GESKORS TE WEES!
Nie alleen is die ANC-polisie amptelik die grootste misdaadorganisasie in ons land nie, maar is hulle ook heel voor in die ry van betaalde amptenare wat nie by die werk is nie hulle terwyl betaal word – 'n hele 869 van hulle. Die polisie se 869 amptenare het R8-miljoen gekry gedurende die tydperk wat hulle nie by hulle eerste werk was nie. En ons glo nie hulle sit by die huis nie, daarvoor ontvang hulle myle te veel geld wat hulle in die strate uitstrooi.
Amptelike syfers deur die Staatsdienskommissie is beskikbaar gestel wat aandui dat ons belastingbetalers R52 miljoen vir altesaam 1 559 ANC-amptenare betaal wat nie aktief in diens by hul eerste werk is nie.
EX AFRIKA SEMPER ALIQUID NOVI ...
...Uit Afrika kom daar altyd iets nuut!
Dié berig is reeds ou nuus en het die wêreld per internet deurkruis maar telkens bring dit weer 'n glimlag - en kan ons nie doen met humor in hierdie land nie!
'n Medewerker van die ANC-regime se departement van tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Nomsa Dube, het 'n beroep op die nasionale departement van wetenskap en tegnologie gedoen om ondersoek in te stel na die oorsake van erge weerlig, (dalk was dit blimsemstrale...) waarin sewe swartes dood is. Dít is egter nie wat so snaaks is nie want talle mense sterf gereeld in erge weerlig, wel enige kleur en ras maar juis veral dié wat vir kwaadgeld buite rondloop tydens swaar weer...
"GODSDIENSTIGE" MERKE OP VOEDSEL
GELOFTEVOLK KOÖRDINERINGSKOMITEE
U sal opmerk wanneer u voedselware aankoop, dat die meeste handelsmerke gepaardgaan met een of meer 'godsdienstekens'. Indien u ‘n vleisprodusent is, sal u by nadere ondersoek vind dat daar weinig slagplase is waar alle diere nie tydens slagting vir Moslemgelowiges se gebruik voorberei word nie.
Die sogenaamde godsdienstekens word voorgehou as slegs ‘n sertifisering dat die produk voldoen aan bepaalde reinigings- en higiëniese standaarde wat deur die geloofsgroepe vereis word. Die ware toedrag van sake is egter dat die voorbereidingsproses slegs kan plaasvind onder toesig van ‘n betrokke geloofsgroep se geloofsverteenwoordiger en dat die voorbereiding gepaardgaan met ‘n godsdienstige wydingsproses.
REKENAAR IN DIE KIES (2)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
BOMB = BOM
As jou rekenaar bom is jy in jou kanon! Jou rekenaar 'kresj' darem nie in stukke nie maar weier om verder te werk.
BLOATWARE = POTJIEROLPROGRAMME
Dit is programme wat al groter raak en meer van jou rekenaar se kosbare geheue verslind met die gevolg dat die werkverrigting al stadiger word. Groot rekenaarmaatskappye is meestal die oorsaak hiervan deurdat hulle voortdurend kamtig verbeterde 'lyf' aanstuur.
BIT = BIS
Defnitief 'n bus van 'n ander soort – dit is die kleinste brokkie inligting waarmee 'n rekenaar werk. Daar is agt bisse in een greep (byte).
BPS = BISSE PER SEKONDE
Jou kans om meer as een bus per sekonde in spitstyd in enige straat te sien verbyry is maar skraal maar in rekenaars is dit moontlik: Dit is die eenheid waarmee die spoed van dataversending gemeet word. Kopertelefoonlyne kan data teen 'n maksimum snelheid van 33.6000 bps (33.6 kilobisse) hanteer. Dié beperking is met nuwe tegnologie omseil met die modemspoed van 57 kbps.
Vervolg...
REKENAAR IN DIE KIES (1)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Ons kyk in hierdie reeks na van ons rekenaarterme wat gewoonlik in 'n volksvreemde taal bekend gemaak word. Die idee is nie dat ons 'n woordeboek skep om rekenaarterme in Afrikaans te vertaal nie, eerder om so bietjie met 'n tong in die kies te leer en te onthou wat die term beteken.
ATTACHMENT = AANHANGSEL
Dit is nou nie jou skoonma nie – dit is fotos, programme, dokumente, musiek of grafiese voorstellings ea wat saam met jou e-pos gestuur word.
AVATAR = AVATAR
Nie 'n Star Wars-karakter nie, maar 'n grafiese voorstelling van 'n persoon, veral gebruik in sommige netklets-programme waar jy vir jouself 'n 'avatar' kies om aan die gesels deel te neem.
BACKUP = RUGSTEUN
Sonder 'n 'backup' gaan jy maar bra bekaf wees as die noodlot toeslaan... dit beteken om 'n kopie van jou werk te maak.
BIT MAP = BISKAART
Dit is ongelukkig nie geskik vir 'n gratis rit op enige bus nie; dit is 'n voorstelling van 'n grafiese beeld met behulp van dotjies wat in rye en kolomme gerangskik is.
Vervolg...
D A N I Ë L (1)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
VOORWOORD
Ek is Daniël, ‘n profeet van die Here. Hy het my gebruik om sy Woord te verkondig en te verklaar aan die heidense konings wat Hy toegelaat het om Jerusalem te verower en in te neem.
Ek wil graag hierdie veelbewoë stukkie geskiedenis self aan jou vertel, sodat die wonderlike betekenis daarvan nie verlore gaan nie.
AAN DIE HOF VAN KONING NEBUKADNESAR
Ek was ‘n jong man in 597 vC toe Nebukadnesar Jerusalem ingeneem het. Daarna is die heilige stad sistematies geplunder en beroof van al sy kosbaarhede. Die Galdese koning het van die voorwerpe wat hy uit God se tempel geplunder het, saamgeneem na Babel en dit in die voorraadkamers van sy gode se tempel gaan sit.
Nebukadnesar het sy hoofpaleisamptenaar gevra om al die geletterde, aantreklike, intelligente en gesonde jongmanne in Jerusalem bymekaar te maak en na Babel saam te neem. Hulle moes veral uit koninklike families en vooraanstaandes van die gevange Israeliete wees.
REËNBOOGLAND (12 – SLOT)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
WIT
(In hierdie slothoofstuk wil ons noem dat dr Botha as historikus oor 'n besondere kennis van wêreld- en antieke geskiedenis, en veral die geskiedenis van sy geliefde Afrikanervolk beskik. Die feite in al sy geskiedkundige werke asook in hierdie slothoofstuk is getrou geneem uit ons volk se veelbewoë bestaan. Ons bedank hom ook van harte vir die realistiese eietydse gebeure – webmeester)
"Die Afrikanervolk se magtige vyande is nog nie tevrede met ons algehele oorgawe aan ‘n Swart, heidense Kommunistiese diktatuur nie. Ons moet heeltemal vernietig word, want ons staan nog steeds in die pad van die verwesenliking van hulle Eenwêreldregering en die verwagte koms van hulle messias. As hy kom, sal hy moontlik die antichris wees."
Jan Burger en die Afrikaners
Na aanleiding van die geskree oor die totstandkoming van ‘n sogenaamde “reënboognasie”, wil ek net graag aan die begin van my relaas oor die Afrikaners aantoon dat ten opsigte van al die verskillende groepe inwoners van die land, net ons Afrikaners en ‘n paar stamme van die Swart volke enigsins die nasionale reg besit om Suid-Afrika ons vaderland te noem.
VAN VRYBURGER, KOLONIS EN VOORTREKKER TOT BOER EN AFRIKANER
WIE IS HIERDIE BLANKE VOLK AAN DIE SUID-PUNT VAN AFRIKA?
In die eerste jare nadat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, was ons eers vryburgers wat stukkies grond ontvang het om daarop te probeer boer. Daarna was ons koloniste by ons voorposte. Ons het die grense van ons veeplase al verder verskuif op ons oos-waartse trek, totdat die Swartes daar perk en paal aan gestel het. Daarna was ons Voortrekkers, wat die Engelse juk afgeskud het. Ons het die wawiele noordwaarts laat rol na die vryheidslig wat altyd voor in die wapad brand. Daarna was ons die Boere van die Vrystaat en Transvaal, wat tot die dood toe moes veg teen die grypsug van die Britse wêreldmag. Maar uiteindelik het ons as gelouterde Afrikaners ons land ontvang, ten spyte van die weerstand van al ons vyande wat wou verhoed dat ons daarin sou slaag om die Christelike beskawing in hierdie suidelike deel van Afrika in te dra.
OOK SPANJE NOU IN RESESSIE
WÊRELDNUUS
Tekens van eskalerende ekonomiese insinking dwarsdeur Europa word al meer en ernstiger. So ook die publiek se protes daarteen. Hierdie faktore het weer eens hierdie naweek bygedra tot 'n verder verswakte euro. Die Europese Sentrale Bank vergader Donderdag wanneer hulle die aanhoudende verswakking in die ekonomiese toestand sal bespreek.
Spanje, tot sover die land met die vierde grootste euro-ekonomie, beskou homself nou na die afgelope naweek ook as in 'n ekonomiese resessie saam met lande soos Italië, Portugal, Ierland, Griekeland, België en Holland. Sondag het duisende woedende Spanjaarde aan protesoptogte deelgeneem nadat die regering se nuutste ekonomiese besnoeiings die werkloosheidssyfer tot 25 persent opgestoot het.
Inligting vandag vanuit die Europese Sentrale Bank bevestig dat persoonlike lenings asook aan firmas in die euro-gebied verder afgeskaal sal moet word.
Duitsland weer het bevestig dat kleinhandelverkope vir Maart soveel laer is as verwag dat dit daarop dui dat Europa se huishoudings oppad is na die grootste ekonomiese insinking ooit.
Europese leiers sal binnekort nie meer weet hoe om die toenemende massa-protesoptogte die nek in te slaan nie. Volgens Reuters is die ekonomiese ineenstorting in Europa 'n wesenlike bedreiging vir wêreldvrede.
TATOEËER OF NIE?
Ds Andrè vd Berg
Tatoeëring is geen moderne gier nie. Heidene het in Assirië, Egipte en Babilon ink onder die vel van slawe ingewerk om eienaarskap aan te dui. Soos ‘n brandmerk. Afgodedienaars het hul graag laat tatoeëer om daarmee aan te dui dat hulle aan ‘n sekere afgod behoort het. Slawe van die Satan! So het elke afgod sy eie merktekens gehad.
Israel het tatoeëermerke as toewydingstekens aan afgode verafsku. Dit het wel in tye van afvalligheid aan God voorgekom. Openb.13 meld dat afvallige mense die merk van die dier sal ontvang - slawe van die laaste afgod.
Duisende mense, veral sportlui, laat hulle deesdae tatoeëer. Ook jongmeisies. Wat sê die Bybel daarvan?
DIE LEWE IS TE KORT ... (1)
... OM VERKEERD TE KIES
Margaret Foth
Lees reeks by Die lewe is te kort...
Om op een en veertigjarige ouderdom terug te gaan universiteit toe verg moed. Stel jou voor: 'n middeljarige, gesette huisvrou tussen die slanke jeugdiges met hul tanghare en blou klinknaelbroeke. Vyftien jaar lank was ek 'n huisvrou en moeder, en ek het maar alte goed besef: die afstand tussen my en die universiteit was nie in kilometers te meet nie. My "studies" het die afgelope jare dinge ingesluit soos: hoe om etes voor te berei terwyl honger en moeë kinders om my ore neul, hoe om 'n stukkende lampkap met gom reg te maak tien minute voor die gaste opdaag, waar om skoene te kry vir kinders met smal voete ... En nou terug kampus toe?
Maar ek wou 'n graad verwerf sodat ek Engels-onderwyseres kon word. Daar was dus geen ander genade nie: ek moes terug universiteit toe.
REËNBOOGLAND (11)
Dr JP Botha
Lees reeks by REËNBOOGLAND
Blink
Ben Kopelowitz aan die woord
Ek is ‘n Jood. Ek en my broer Abe het ná die Tweede Vryheidsoorlog donkiejare lank ‘n winkel op Swartruggens gehad. Jy kan maar sê, ons het ons lewens op hierdie Wes-Transvaalse dorpie geslyt. Ek maak daarop aanspraak om ‘n “Boere-Jood” genoem te word, want na feitlik ‘n leeftyd se verblyf onder die Afrikanergemeenskap waarin ek hulle leer ken het as pliggetroue, eerlike en hardwerkende mense, het ek naderhand so verweef geraak in hul lewensomstandighede dat ek my later met hulle vereenselwig het en met hul lief en leed meegeleef het.
Ek en my broer Abe se winkel het ‘n baie groot gebied van die twee distrikte Marico en Rustenburg bedien.
KERN - TEKEN VAN ONS TYD
Israel wat in angs en bewing staan oor hierdie nuus, het by Amerika gaan huil en natuurlik kon Obama nie wag om Iran te probeer boikot nie. Daarom het hy 'n wêreldverbod vir talle lande met die uitsondering van 11, gehef op die uitvoer van olie uit Iran. Ook Suid-Afrika moet glo vanaf 1 Julie sy 26% olie wat hy van Iran invoer staak.
Nuus ter aansluiting daarby is Pakistan wat nou 'n intermediêre ballistiese kernmissiel Woensdag suksesvol getoets het en dit minder as 'n week na Indië 'n langafstandmissiel afgevuur het. Magsvertoon?
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (7)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
'N HUIS VIR DIE HERE
Dawid was nie net 'n soldaat nie maar ook 'n gelowige, 'n aanbidder van die Here God. As ons hom ontmoet is hy 'n jong man met 'n slingervel wat musiek vir die Here maak – en wanneer ons van hom afskeid neem is hy 'n magtige koning met 'n leër en 'n volledige bouplan vir 'n pragtige tempel vir die Here.
Hy wou sy lewe lank graag vir die Here 'n tempel bou maar dit was nie deel van God se plan vir sy lewe nie; daarom lees ons in 1 Kronieke 22 "...jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het. Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word; hy sal 'n man van rus wees... Hy sal vir my Naam 'n huis bou." Dawid se lewenslange ideaal om 'n tempel te bou sou nog moes wag en hy sou nie uiteindelik die een wees om dit te doen nie.
TEL WEER!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Koos en sy buurman gesels politiek. Koos sê: “Weet jy buurman, die ANC het so wragtig my sensusvorm teruggestuur!”
Buurman, ewe verbaas, vra: “Hoe dan so Koos? Alles op ‘n sensusvorm is mos in elkgeval ‘n spul leuens, waaroor sal hulle nou joune uitsonder?”
Koos antwoord: “Buurman, hulle weier om my antwoord oor my getal afhanklikes te aanvaar. Ek moet glo weer tel en oor invul.”
Buurman: “Ag nee Koos, wat het jy dan geskryf?”
Koos beduie: “Man, ek het net die waarheid gepraat maar hulle hou nie van die waarheid nie. Ek het onder afhanklikes ingevul ek het 2.1 miljoen onwettige immigrante, 4.5 miljoen werkloses, 901,000 in die tronk, en vyf miljoen VIGS-pasiënte.”
“O, natuurlik Koos, nou verstaan ek, jou antwoord is onvolledig! Jy het vergeet om die 565 idote in die parlement vir wie jy ook sorg by te tel.”POLITIEKE OORSIG
In 'n goeie politieke oorsig skryf mnr Meinhard Peters in Die Afrikaner dat die ANC baie maklik uitmekaar kan spat al dink sommiges dat die eens magtige kommunistiese party vir ewig sal leef. Dalk moet ons onthou hoe magtig die ou Nasionale Party destyds was...
So is die Verenigde Party van die verloopte Jan Smuts in 1948 deur Afrikaners in 'n verkiesing verslaan, dit ten spyte daarvan dat die hele Britse Ryk hom ondersteun het nadat hy sy volk verlaat en Brittanje terwille was - soos gewoonlik vir eie gewin.
Die oorsaak van die Nasionale Party se val was hoofsaaklik sy inkruipery by die swart kommuniste en FW se gekruipery by die internasionale geldmag - weer eens tot sy persoonlike voordeel van miljoene rande, eer en 'n sogenaamde vredesprys. Sy pogings om saam met die kommunistiese magte te probeer regeer het egter het klaaglik misluk. In 1996 het FW de Klerk bedank uit die ANC-regering en slegs enkele jare later het die party heeltemal verdwyn - soos beplan natuurlik.
Dit is ‘n noodwendige uitvloeisel in politiek dat ’n party wat sy beginsels versaak, wat sy ondersteuners in die steek laat en wie se leiers hul mag misbruik om te oorleef of vir eie gewin 'n verskuilde agenda volg, uiteindelik die prys daarvoor moet betaal. Die ANC is lankal op dié glybaan en hy kan homself nie meer daaruit red nie.
NOG 3 SUIDWES-AFRIKA BOERE VERMOOR EN AANGEVAL
Alani Janeke
Die landbousektor in Namibië is geskok nadat drie boere in dieselfde week slagoffers van geweldsmisdade was, sê die Namibiese Landbou-unie (NLU).
Luidens ’n nuusbrief sê die organisasie hy is geskok deur die moorde van mnre. Louis Vorster en Piet van Helsdingen.
Vorster, ’n boer van die distrik Gobabis, is by ’n vulstasie in Johannesburg deur drie gewapende (mans) doodgeskiet. Van Helsdingen is verlede week deur ’n tydelike swart werker op sy plaas vermoor.
Die organisasie sê die presiese gebeure rondom sy dood is nog nie bekend nie, maar die polisie ondersoek die saak. “Die NLU wil graag sy diepste simpatie met die familie en vriende van mnre. Vorster en Van Helsdingen betuig.”
Roof
Intussen is mnr. Piet Berg, ’n lid van die Leonardville-boerevereniging, Vrydag (20 April 2012) in Windhoek deur vier gewapende (mans) aangeval.