Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om getrou jou daaglikse werk te doen en verantwoordelikhede na te kom bring gemoedsrus en vrede. Die nalaat van doelgerigte arbeid beroof 'n mens van sy vrede wat van hom 'n beskaafde mens maak.
GEBOORTE VAN DIE AFRIKAANSE GEDAGTE
DIE WONDER VAN AFRIKAANS (1)
Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans
PROF. DR. P. J. NIENABER
"Engels ! Engels ! Alles Engels !
Engels wat jy sien en hoor;
in ons skole, in ons kerke,
word ons moedertaal vermoor . . ."
Die Afrikaanse taalstryd is nie net 'n aksie vir die verwesenliking van 'n ideaal nie, dit is ook 'n reaksie teen die heersende toestande, 'n protesbeweging. Om die hervorming wat die Genootskappers beoog het, goed te verstaan, moet ons op die agtergrond let, dit is in hierdie geval, op die verengelsingspogings.
REKENAAR IN DIE KIES (8)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
DATABASE MANAGEMENT SYSTEM = Databankbeheerstelsel, bestaande uit programme wat saamwerk om jou te help om groot hoeveelhede inligting te bêre, te orden en te vind. Biblioteke wat gerekenariseer is, gebruik graag so 'n stelsel.
DATA RECOVERY = dataverwerking; iets wat die rekenaar baie goed kan doen... maar nie sonder jou hulp nie.
DATA TRANSFER RATE = data-oordragspoed, die spoed waarmee data van bv 'n hardeskyf na jou sentrale verwerker (CPU) vervoer word – ook bekend as throughput.
DATA WAREHOUSE = die databergplek is 'n vuurwarm konsep met toepassing in die sakewêreld. Eintlik 'n versameling van data uit verskillende databanke van 'n maatskappy. Data warehousing is databerging.
Vervolg...
HULLE KOM WEER
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (55)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een Saterdag in 1928 speel Moorreesburg teen Ikeys op Nuweland. Daardie jare het Ikeys oor Springbokke soos die beroemde Bennie Osler, sy ewe vernuftige broer Stanley en die blitsige vleuel Maurice Zimmerman beskik. Ikeys wen die wedstryd 23-6, maar dit kon baie erger gewees het want na agt minute se spel was die Kapenaars reeds 16-0 voor.
Daantjie van Schoor van die verloorspan het daardie eerste agt minute van hel só beskryf: "As ons links wal gooi, hardloop hulle aan die regterkant deur. Toe ons weer links gaan keer en die vleuel los 'n dwarsskop na regs, sê Swart Manus: 'Daantjie, gaan keer daar anderkant; ek wag sommer hier want hulle kom weer!"
MAAK REG VIR OORLOG, ANC SOEK NIE VREDE
Mediaverklaring: Herstigte Nasionale Party
Reaksie op ANC se oorlogpraatjies is die Afrikaners se reg
Op die voorblad van Beeld (22 Junie) is twee berigte. Die een dui op die woede na die moord op mnr Johan van Rensburg by Baltimore. Daaroor sê Beeld op ’n plakkaat dat mense van oorlog praat. Die ander gaan oor Delmas se mense wat verenig in gebed vir vrede. Natuurlik kan die krag van opregte gebed en verootmoediging nie onderskat word nie, maar die woede en vrees wat menige blanke beetpak, kan nie uit die oog verloor word nie.
Alle owerhede se eerste plig en verantwoordelikheid is om die lewe en besittings van al sy inwoners te beskerm. Dan is daar dalk ’n kans dat die bevolking in vrede kan saam lewe. Die ANC-regime wend geen poging aan om maatreëls in te stel wat ook die Blankes in die land kan beskerm teen die aanvalle, rooftogte en moorde deur Swartes nie.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (8)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
GESLAAGDE TEGNIEKE OM BEWIND TE BEMAGTIG
"Aangesien hierdie heerskappy op geweld gebaseer is, en aangesien geweld onvermydelik opstand veroorsaak, is 'n tweede voorsorg wat die Kommuniste tref, om die potensiële leiers van 'n teenrevolusie te vernietig voordat so 'n revolusie kan plaasvind... Die Kommuniste het in China aan die bewind gekom agter die verleidelike beloftes van grondbesit en afskaffing van skuld."
Die Kommunistiese poging om die bewind te bemagtig deur die beheer van die vakbonde het nog nie vir die Kommuniste in enige land volkome oorwinning besorg nie. In die lande waar hulle wel hul heerskappy gevestig het, was die middele wat hulle gebruik het, heeltemal verskillend. In Rusland, China en Tsjeggo-Slowakye het hulle die mag in die hande gekry deur gebruik te maak van bedrog, hulleself met geweld ingewerk, en hul diktatorskap gehandhaaf deur hulpelose mense geheel en al te verslaaf.
Veral in China was die verowering 'n klassieke manifestasie van die vyf stappe van Kommunistiese verowering:
- Die verowering van studentegemoed;
- Die organisasie van studente in die Kommunistiese Party;
- Die wetenskaplike uitbuiting van 'n groep se eiebelang om daardie party tot populariteit en mag te voer;
- Revolusionêre verowering van bewind;
- Kommunistiese diktatorskap en algemene slawerny.
GEDROP NÉ!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (54)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gerald Bosch sal altyd bekend bly as een van die grootste skepskoppers wat die spel nog gesien het. Een Saterdag speel Transvaal op Nuweland teen die WP, waar die vrees vir die man se skepskoppe hoog geloop het. Die Rooibontes kry egter slae, en boonop misluk Bosch met verskeie skepskoppe.
Toe die Transvalers ná die wedstryd in die spanbus klim, staan daar 'n Maleier op 'n gerieflike afstand en laat hoor: "Dja, Bosch het gedrop né... hy't gedrop. Hy't julle in die &*& gedrop!"
MOET BOERE REGMAAK VIR OORLOG?
JY KAN MET PYN SAAMLEEF ! (2)
JE de Vries
Lees reeks by Jy kán met pyn saamleef!
DIE STRYD OM PYN TE AANVAAR
'Hoe kan ek my geloof in God behou as Hy soveel pyn in my lewe toelaat?'
Dit is meer as net die kreet van iemand wat baie swaarkry. Dit is 'n belangrike vraag wat elke lydende moet beantwoord. Hierdie soort twyfel kom dikwels by die gelowige voor. Dit is so belangrik om te weet dat God werklik vertrou kan word. Maar daar is vandag so baie verskillende idees oor God. Voordat ons ons pyn kan aanvaar, moet ons die regte beeld – die Bybelse beeld – kry van die God wat die hartseer in ons lewe toegelaat het.
Ons is maar almal soos kinders. Hoe gesofistikeerd ons ook al mag voorkom, ons reageer dikwels soos kinders. As 'n pa 'n klein kindjie pak gegee het, sal die kind sy pa uit die hoek van sy oog dophou, 'n veilige afstand bewaar en na sy ma toe hardloop om getroos te word. Hoe dikwels maak ons nie net so met ons hemelse Vader nie!
DAAR WAS NIE REKENAARS...
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (53)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gedurende die Franse toer na Suid-Afrika in 1958 het een spesifieke Franse voorspeler baie moeilikheid in 'n toets veroorsaak. Hy het die Springbokvoorspelers erg frustreer met sy kwistige gebruik van elmboë, vuiste en stewels, en dit het tyd geword dat iemand 'n einde aan die probleem bring.
In daardie dae kon 'n skeidsregter egter nie sommer 'n speler in 'n groot wedstryd vir vuilspel afstuur nie want dit kon dalk net 'n internasionale insident veroorsaak. Die vurige Springbokflank Martin Pelser het egter genoeg gehad (selfs die grote Colin Meads was skrikkerig vir hom) en toe hy sy kans sien, vel hy die sondaar met 'n netjiese hou grondtoe. Terwyl die spelers rondom die bedwelmde Fransman saamdrom, kom staan die skeidsregter so ongemerk langs Pelser en laat hoor sagggies: "Dankie maat, jy moes hom lankal gemoer het!"
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (7)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
VEROWERING VAN GESAG
Die aanvaarding van gesag moet dan geskied deur gewelddadige revolusie wat uitloop op die vernietiging van die Staat en die vestiging van die diktatorskap van die proletariaat. Die Kommuniste het teoretiese prosesse uitgewerk waardeur hierdie verowering van die gesag bewerkstellig moet word. Vandag toon die geskiedenis ons die praktiese metodes waardeur hulle die gesag in talle lande gegryp het veral Rusland, China en die sogenaamde Volksregerings van Oos-Europa.
Die verowering van gesag kan op verskeie maniere plaasvind. Ons noem drie daarvan hier:
- Interne opstand deur die beheer oor die vakbonde
- Militêre verowering
- Stuksgewyse oorgawe aan militêre afdreiging
BID VIR CASPER
Casper de Vries skryf op Facebook:
"Daar is nie 'n God of Jesus of 'n Hel nie. Moenie my snert vertel soos elke knie gaan buig of elke hol gaan rol of elke piep gaan swiep nie. Vir wat kruip julle so gat voor iets wat nie bestaan nie. Ek soek ook nie julle skynheilige Christene by my shows nie."
'Vark-in-Hel' is 'n vertoning deur Casper de Vries wat handel oor Christene wat hom kritiseer oor sy godslasterlike uitlatings.
Andi Shaughnessy, vermaakbestuurder by Emperors Palace, het beswaar aangeteken omdat De Vries so vloek en veral godslasterlike woorde gebruik. Verskeie mense stap gereeld uit sy vertonings uit. Sedertdien die nuus oor Emperors se optrede teen De Vries bekend geword het, word hulle oorval met e–posse van die publiek wat hulle bedank vir hulle optrede teen hierdie gewetelose man.
U kan ook u stem van ondersteuning byvoeg en aan die Emperors Palace 'n e-pos stuur by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
CHRISTENE MOET HUL VAKANSIEDAE UIT GELOOF BEHOU
VERKLARING OOR CHRISTELIKE VAKANSIEDAE
Die debat rondom die moontlike wysigings van openbare vakansiedae met ʼn Christelike inhoud is weer onder bespreking. Dit is te verwagte dat dit met emosie belaai sal word en dat ander gelowe as die Christelike godsdiens seker sal aanspraak maak op openbare vakansiedae wat aan hulle geloof gebind is.
Dat daar ontsteltenis sal wees indien Goeie Vrydag en Kersfees nie meer vakansiedae gaan wees nie, is te verstane. Dit is immers net die twee dae wat op die oomblik in gedrang is aangesien Hemelvaart reeds nie meer ʼn vakansiedag is nie en die ander dae op Sondae val. Die dag wat eintlik die Christen se rusdag is.
IS DAAR UITKOMS VIR ONS VOLK?
Pieter Schoeman
Wat 'n wonderbaarlike God het ons nie! Dat Hy telkens weer sy volk Israel gered het na elke terugval in die gruwelikste sondes. Soos Ps 106:43 sê: "Hy het hulle baiekeer gered, maar hulle was wederstrewig in hulle voorneme". Ps 106 vertel ook vir ons die twee redes waarom Hy hulle telkens weer uitgered het: Eerstens het Hy hulle verlos om sy Naam ontwil, om sy mag bekend te maak; tweedens het Hy hulle jammer gekry, hulle smekinge aangehoor en berou gekry oor hulle swaarkry.
Wat het die volk Israel dan gesondig? Van die ergste wat in Ps 106 genoem word is dat hulle met die heidene vermeng het in so mate dat hulle dieselfde afgode as die heidene begin dien het en as gevolg daarvan talle sondes gepleeg het.
DIE HOOP BESKAAM ONGELUKKIG...
MEDIAVERKLARING VAN TLU SA
Nuwe Kommissaris uitgenooi tot gesprek oor plaasveiligheid
Die aanstelling van die nuwe nasionale polisiekommissaris was vir TLU SA ‘n verrassing.
Mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA se Adjunk-President en voorsitter van die Veiligheidskomitee, sê dit is nou die derde kommissaris wat aangestel is sonder enige polisie agtergrond. “Dit is goed en wel om te sê dat die polisie ’n bestuurder nodig het maar daar moet in ag geneem word dat die polisie nie daar is om papiere rond te skuif nie maar om misdaad aan bande te lê. Om dit te kan doen moet elke polisielid die nodige opleiding en ervaring hê om misdadigers te kan uitoorlê. Om iemand aan die hoof van so ’n operasie aan te stel wat nie daardie opleiding en ervaring het nie skep groter probleme as wat dit oplossings bied,” sê mnr. Geldenhuys.
WAAROM, O WAAROM!
Luister in kort wat Langenhoven, groot vegter vir Afrikaans, van ons taal gesê het:
"Afrikaans is die enigste Witmanstaal wat in Suid-Afrika gemaak is, en nie oor die seewater sommer so klaar hier aangekom het nie; wat die spore van lief en leed dra van alles wat ons en ons vadere hier deurleef en deurworstel en deurtriomfeer het; die één band wat ons as volk aan mekaar heg; die uitgedrukte siel van ons Afrikanervolk."
En is hierdie woorde vandag in 2012 nie juis van pas om weer te deursoek nie, dat ons deurlopend die lief en leed gedra het juis deur ons taal en ons hele kultuur met alles wat ons vadere voor ons en vír ons, hier deurworstel het; en dat dit een van die sterkste bande is wat die siel van ons volk aanmekaar heg. Nou waarom dan, o waarom, praat ons volkie vandag sulke geradbraakte 'Afrikaans'!
JY KAN MET PYN SAAMLEEF (1)
JE de Vries
Lees reeks by Jy kán met pyn saamleef!
INLEIDING
As daar van pyn gepraat word, dink 'n mens gewoonlik aan liggaamlike pyn. Maar daar is ook iets soos geestelike en emosionele pyn. En soms is liggaamlike pyn makliker om te verduur. Ek weet, want ons huisgesin het die afgelope paar maande geleer wat innerlike pyn beteken.
Ons vyfjarige seuntjie het leukemie. Dit het ons 'n lang stryd gekos voordat ons die vrede en krag kon vind om van dag tot dag met hierdie wete saam te leef. In hierdie aflewering wil ek graag ons ervaring deel met almal wat pyn ken.
Daar is al baie oor lyding geskryf. Sommige gee raad oor hoe 'n mens pyn behoort te hanteer. Ander wys op die geestelike seën wat 'n mens daaruit kan put. Party van die boeke is werklik waardevol, ander maak 'n mens net bedruk.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (6)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
TEGNIEKE OM DIE BEWIND TE BEMAGTIG
"Die vervanging van die bourgeoisie-staat deur die proletariese staat is onmoontlik sonder 'n gewelddadige revolusie... daar bestaan geen twyfel nie: die revolusionêre diktatorskap van die proletariaat is geweld teen die bourgeoisie... 'n Revolusie is bepaald die mees outoritêre ding wat daar is; dit is die daad waardeur een seksie van die bevolking sy wil op die ander seksie afdwing deur middel van gewere, bajonette en kanonne – want... . Die doel van die revolusie is nie om die beheer oor die Staat te bemagtig nie maar om die Staat te vernietig ".
FILOSOFIE VAN GEWELD
Die kommuniste het beide teoretiese en praktiese tegnieke uitgewerk vir die bereiking van hulle doel van wêreldverowering. Een van hulle fundamentele teoretiese handboeke is Lenin se boek, Die Staat en die Revolusie, wat vandag die wêreld se mees vertaalde boek geword het.
Lenin was besig om die boek te skryf toe hy Switserland in 1917 verlaat en na Rusland teruggekeer het om die Kommunistiese bemagtiging van die bewind te organiseer. Die revolusie wat die Russiese Tsaar in Februarie 1917 tot 'n val gebring het, was geen Kommunistiese revolusie nie maar 'n spontane massa-opstand deur die verskillende groepe mense gesteun.
WAT WEERSTAND KAN DOEN!
Na aanleiding van die herdenking van generaal JCG Kemp se verjaardag vandag, volg hier 'n interessante kort uittreksel uit sy boek DIE PAD VAN DIE VEROWERAAR, wat 'n vervolg was op sy boek VIR VRYHEID EN VIR REG.
Generaal Kemp het aktief aan die Rebellie van 1914 tot 1915 deelgeneem. Hy is egter ook gevang en is op een stadium in 'n Johannesburgse fort gestop. Die Botha-regering was nog steeds so bang vir hierdie briljante strateeg dat hulle twee rye tralies tussen hom en enige ander persoon geplaas het, waartussen 'n gewapende wag op en af patrolleer het.
Op 23 Julie 1915 word Kemp na 'n lang verhoor veroordeel tot 'n boete van 1000 pond en sewe jaar tronkstraf vir hoogverraad. Die boete is betaal uit die fonds wat gekollekteer was vir die boete van genl De Wet, waarvan 'n balans oorgebly het wat voldoende was vir Kemp se boete.
Generaals De Wet, Wessel Wessels, E A Conroy, Rocco de Villiers en Nicolaas Serfontein was die eerste wat gevonnis is.
KOM SAAM, BIED WEERSTAND!
HÍÉRDIE LAND IS ÓNS LAND!
POLITIEKE EENHEID
"Wie het hierdie land mak gemaak tot 'n tuiste van 'n gevestigde beskawing? Wie het die land se verborge bates ontbloot? Was dit nie die Afrikaner-boer wat die plase aangelê en ontwikkel en die wilde wêreld getem het nie?"
Ons staan aan die begin van 'n nuwe fase onder die ANC met betrekking tot die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR). Ons het die tydvak ingetree waar die ANC nie meer die front van sogenaamde vrede en eenheid in die land gaan voorhou nie. Dit was reeds vroeg in 2012 duidelik toe Zuma as president van die ANC in die media aangekondig het dat 2013 gekenmerk sal word as die jaar waarin 87% (menende 100%) van blanke grond en eiendom geneem gaan word en aan Swartes gegee sal word. Dat Zuma geen kommentaar wou lewer op die ANC-Jeugliga se uitlating eersgister dat blankes net sal lewe as hulle hul grond vrywillig en sonder vergoeding verlaat, is 'n verdere bewys dat die ANC aan leiding van die finale fase van revolusie staan. As die ANC-president self sê dat 2013 die jaar sal wees (van algehele chaos, anargie en moordende geweld), sal net 'n politieke idioot daarvan wil verskil.
DOPPERS EN FILISTYNE (3)
SY WEN (2)
Lees reeks by Doppers en Filistyne - Langenhoven
('n Kostelike sketsreeks met groot lewenswaarhede deur Langenhoven in die naam van sy sogenaamde neef Stoffel)
Dit wat ek verlede keer ook nie aan my leser kon vertel nie, het ek ook nie aan my vroutjie gesê nie want ons was te lank getroud. Om jou aan te gord om 'n redenasie met 'n vrou op te tel kos 'n baie groot tekortkoming aan ondervinding. Hoe slimmer jy ook al is by 'n woordewisseling – en vir daardie soort slimmigheid wed ek altyd op die ander perd – maar hoeveel slimmer jy ook al mag wees, hoe minder help dit jou want hoe minder verstaan sy wanneer sy doodgesit is. Sy hou maar aan asof al jou redenasies eerder nog haar standpunt ondersteun het. Nie dat stilbly jou uiteindelike nederlaag verhinder nie, o nie! Sy kry tog maar haar sin. Maar jy sal uitvind dis die goedkoopste.
My swyge hier het ook maar net soveel gehelp as wat my teëpraat sou gehelp het. Ek moes my ou plasie en al wat daarop was op vendusie sit.
"Kan ons nie maar die huisraad hou en saamneem dorptoe nie, Soetlief? Anders moet ons ons goedjies verniet weggee en ander duur gaan koop."
"Hierdie Noag-se-ark-meubels? Wat makeer jou, Stoffel?