Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons hoef nie die hele wêreld op ons skouers te dra nie. Jesus sê sy juk is sag en sy las is lig: Jesus se 'juk' is die redding van die mensdom; sy 'las' is om mense te oortuig van sy Liefde en Genade, en Hy nooi ons uit om dit saam met Hom te dra; los jou eie sware las en neem Jesus se uitnoding aan.
NASIONALE VROUEDAG: ONS WERKLIKE VROUEHELDE
"Laat ons hier die hande ineenslaan om gesamentlik ons kragte in te span om daardie deel van die Volk wat aan die sink is, van verval te red. Dit baat ons nie om monumente vir die dooies op te rig as ons die lewendes laat verlore gaan nie. Dit baat ons nie om die deugde van die dooies te verkondig as ons toelaat dat die lewendes in sonde en ellende versink nie. Het ons nie in die afgelope tyd verskynsels gesien wat ons waarsku dat die vinger reeds aan die muur is om die "Mene, Mene", oor ons volk neer te skryf nie? Mag dit genadiglik verhoed word!"
Daar word vandag landswyd groot ophef gemaak van die vrou in die Nuwe Suid-Afrika. Hierdie ANC-dag nie gaan om die verering van die vroue in ons Afrikanervolk nie maar om die oorwinning in die ANC se jarelange sataniese "struggle" van bomme, landmyne en moorde op die burgers van Suid-Afrika, en die uitfasering van elke Afrikanergedenkdag waarop al hul Nuwe Suid-Afrika-vakansiedae geskoei is. Die stryd teen die witman is nog nie op 'n einde nie want die blanke is nog sigbaar hier aan die suidpunt van Afrika. Daarom sal die moderne vrou eersdaags nog 'n keer soos in die Tweede Vryheidsoorlog getoets word om te sien of haar staal sterk genoeg is om ons volksvoortbestaan te help verseker. En daarom is dit gepas om op hierdie dag aandag te gee aan die werklike vrouehelde van ons volk en daaruit te leer en te put wat ons kan.
DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (6)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
HOOP
Die gemiddelde mens kan sowat 40 dae sonder kos, drie dae sonder water, agt minute sonder suurstof, maar nie een sekonde sonder hoop bly nie. Maar voordat ons op iets kan hoop, moet ons eers daaraan glo. Daarom is saligmakende geloof in Christus ‘n voorvereiste vir alle hoop. Met Jesus het ons ‘n eindelose hoop; sonder Hom ‘n hopelose einde!
Die wyse kerkvader Augustinus het gesê: “As ek U aangesig nie meer kan sien nie, skuil onder U vleuels”. Ja, gelowiges kan nie sonder hoop leef nie. Daarsonder hou ons op om te leef. Soos suurstof vir ons longe, is hoop vir ons siel.
Sien beproewing as ‘n leermeester en nie as ‘n begrafnisondernemer nie. Soms moet daar eers ’n storm in ons lewe kom alvorens ons ontdek waarop ons hoop werklik gevestig is. Hoop is soos ‘n spier wat met oefening al hoe sterker word. Gee dit gereeld oefening totdat dit ‘n gewoonte word en ‘n permanente, gelukkige gees ontwikkel.
DIE ANTICHRIS EN DIE SKRIF (3)
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by Die antichris en die Skrif
Die antichris en die wederkoms
'n Bybelnavorser wat beweer dat hy die Bybel duisende ure bestudeer het, Finis Dake, het in die veertigerjare geskryf oor verskeie voorspellings wat gemaak is. Sy gevolgtrekking was dat Babilon, die stad wat in die antieke tyd oor die gebied gestrek het waar die huidige Irak is, in die laaste dae die middelpunt van handels,- godsdienstige en politiese bedrywighede in die Ooste sal wees. Dake was oortuig dat die stad herbou en die hoofstad van die antichris sal word. Hy was selfs so spesifiek dat hy beweer het die antichris sal uit Sirië kom (wat Babilon insluit want die Siriese deel van die ou Griekse Ryk het die lande Sirië en Irak ingesluit.)
In die tyd toe Dake sy navorsing gedoen het was die grootste deel van Palestina moerasagtig of dorre woestyn. Dit is teen hierdie agtergrond dat Dake die volgende oor die twee-duisend-vyfhonderd jaar oue voorspelling in Jesaja 35 geskryf het oor die tyd wanneer Israel se droë woestyn sal blom soos 'n roos en die wêreld vol vrugte sal wees:
TREK UIT JOU SKOENE!
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
Die verhaal van Moses is een van die aangrypendste in die ganse Skrif, veral as in gedagte gehou word dat hy alreeds 80 jaar oud was toe God hom geroep het om sy volk uit slawerny te lei. Daarbenewens was hy ’n voortvlugtige wat uit Egipte gevlug het nadat hy ’n Egiptenaar wat ’n volksgenoot mishandel het, doodgeslaan het.
Die roeping van Moses begin aan die voet van Horeb, waar hy ook later die 10 gebooie ontvang het. Op daardie stadium het Moses die vee van sy skoonvader opgepas toe God uit ’n brandende bos na hom geroep en vir hom gesê het: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond”. Wat het dié grond heilig gemaak?
HERDOOP TOT BOEREJOOD
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (60)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Oud-Springbok Lucas Strachan was een van die Noorde se groot karakters wat onder meer 479 wedstryde vir Polisie se eerste span gespeel het. Hy was ook afrigter van Tukkies, en een dag voor 'n wedstryd teen Ikeys in die ou Ted Sceales-kompetisie het hy ernstig spanpraatjie gehou.
Om die manne aan te hits teen die Engelssprekende Ikeys het hy by die Anglo-Boere-oorlog begin. Hy was lekker aan die opwarm, het die gemoedere goed laat opvlam, en hy begin sommer om nog 'n volk, die Jode, aan te vat, toe sy oog Alan Miller, die Tukkie-vleuel, tussen sy spelers vang.
"Toemaar Alan, jy's mos 'n Boerejood man!" het hy gou die situasie gered.
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (1)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
"Die Broederbond het 'n vreemde organisasie geword. Die woord 'spioene' is al hoe meer gehoor toe lede oor hulle skouers begin loer het om te sien wie hulle beluister."
INLEIDING
Die doel van hierdie reeks is nie nog onthullings van Broederbondgeheime nie — daarvoor was daar genoeg die afgelope jare. Wat hier beoog word is om te illustreer watter rol die Broederbond in die Afrikanerpolitiek gespeel het. Waar dan van sekere Broederbonddokumente gebruik gemaak word, word dit in die eerste plek nie gedoen om geheime te onthul nie maar om aan die hand van sy eie dokumente aan te toon dat die Broederbond, in stryd met sy grondwet en reglement, destyds 'n instrument in die hande van 'n bepaalde politieke party en die leiers van daardie party geword het.
Die Broederbond kon later nie meer daarop aanspraak maak dat hy getrou gebly het aan sy stigtingstaak, naamlik om Afrikaners, ongeag hulle partypolitieke verbintenisse, saam te snoer en ware Afrikanereenheid te bevorder nie.
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (6)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
III. Hierdie houding van Vrymesselary getuig dan ook van die uiterste verwaandheid en vleeslike selfverheffing en selfvoldaanheid ... vervolg
Let op die woorde van die redakteur van The Masonic Journal – "die verligte Vrymesselaar"10 met sy "verligte beginsels"11 (kursivering van my, FNvN) - en uit die woorde van sy slotbeskouinge, naamlik:
"Ons as Vrymesselaars glo dat ons verligte beginsels eendag sal seevier, ten spyte van die pogings wat al soveel jare lank aangewend word om ons te ondermyn. Ons glo dat dit die wil van God is dat die hele mensdom eendag sy Vaderskap sal erken, en, as logiese gevolg daarvan, dat die mensdom die beginsel van die broederskap van die mens nie alleen met die lippe sal bely nie, maar dit ook sal uitleef. Ons glo dat God self in sy wyse beraad besluit het wanneer daardie dag vir die wêreld sal aanbreek, en in ons harte bid ons: O God, mag daardie dag gou kom! "
Uit hierdie woorde spreek 'n gesindheid van selfverheffing wat nie paslik is nie.
REGSTELLENDE AKSIE: BYBELS OF DUIWELS?
Andrè van den Berg
Lees meer van hierdie skrywer by Andrè van den Berg
"Wat sit werklik agter regstellende aksie? Vrees. Swartes se vrees om met hardwerkende, gedissiplineerde blankes met ’n Calvinistiese, Europees geskoeide arbeids-etiek te moet meeding."
Jes.5:20-24
Eerlose mense skuil dikwels agter eerbare maskers en gebruik mooi woorde om lelike dinge te verberg. Een hiervan is regstellende aksie; die grootste onreg wat Suid-Afrika ooit aangedoen is! Dit word as ’n regstelling van sg. onregte van die verlede voorgehou, maar skep in werklikheid onreg in die hede.
Regstellende aksie stel niks reg nie, maar verwoes alles. Daarom het bykans ’n miljoen blankes sedert dit van stapel gestuur is, hul in die buiteland gevestig. By diegene wat die land nie kan verlaat nie, heers daar origens ’n gevoel van moedeloosheid. Groot ondernemings word genoodsaak om regstellende aksie toe te pas uit vrees vir reuse boetes, dwangmaatreëls of om op die kantlyn te beland en van die handels-toneel te verdwyn.
Suid-Afrika het deur die toedoen van verraderlike politici en ontspoorde kerke ’n heidenland geword.
KORRUPSIE, BEDROG, ANC...
’n Spesiale ondersoekeenheid het bevind dat daar besliste redes bestaan waarom die belastingbetalers gebuk gaan onder die swaar belastings en swak dienslewering onder die ANC.
Hier is die belangrikste redes:
• 65 beamptes het sakebelange in 66 maatskappye met wie die raad tans sake ter waarde van R185 miljoen doen. Tugstappe is teen nege beamptes gedoen wie se maatskappye betalings van meer as R1 miljoen van die raad ontvang het;
• Agt beamptes het meer as een identiteitsnommer;
DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (5)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
MOET JOU NIE BEKOMMER NIE
Christus sê in Matt.5:26 dat ons nie oor die dag van môre bekommerd moet wees nie. Dieselfde genade wat Hy vandag oor ons uitstort, sal ook môre daar wees. Al wat ons moet doen, is om in geloof en vertroue daarvoor te vra. Een ding moet ons nooit vergeet nie: God is altyd daar vir sy kinders, of die son in hul lewe skyn en of dit donker word, Hy verdwyn nie. As die son agter wolke wegraak, beteken dit mos nie dat die son ophou bestaan nie. Ons sien dit tydelik net nie raak nie. As beproewing God se aangesig vir ons versluier, is Hy nie weg nie.
Ons sien Hom tydelik net nie raak nie.
TOE KLIM HY AF...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die pragtige blondine het 'n splinternuwe rooi sportmotor by haar skatryk pa gekry. Sy wil die motortjie vir die eerste maal uittoets en jaag toe teen 160 kilometer per uur op die snelweg. 'n Konstabel sien haar, spring op sy motorfiets en sit haar agterna. Toe hy haar inhaal, sien sy hom hier langs haar en sy trap die lepel met mening weg. In haar truspieël sien sy hoe hy van sy motorfiets afval.
Die volgende dag lees sy die konstabel se verduideliking in die koerant: hy vertel hy het die blonde meisie ingehaal, en toe hy by haar kom trek sy so vinnig weg dat hy seker was hy het pas stilgehou, toe klim hy van sy fiets af om vir haar 'n kaartjie te skryf...
HY'S BETYDS!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Koos kom elke oggend laat by die werk. Die baas is naderhand op die punt om Koos af te dank maar besluit om hom nog een kans te gee. Hy praat met Koos en vra vir hom of hy goed slaap.
"Noudat meneer daarvan praat, ek slaap baie sleg. Daar is 'n lig in die woonstelblok wat deur my slaapkamervenster skyn."
Die baas sê vir Koos hy moet sy venster swart verf.
Koos het toe sy venster swart gaan verf. Hy slaap vreeslik goed daardie nag, word helder wakker op die regte tyd, en hy is goed betyds vir werk. Fluit-fluit kom hy by die kantoordeur ingestap.
"Meneer, ek het dit gemaak!", juig hy. "Baie dankie vir die wonderlike raad!"
"Goed en wel", sê sy baas, "maar waar was jy gister!?"
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (5)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
II. Die houding van die Vrymesselary berus op 'n misverstand... vervolg
As die redakteur van die Vrymesselaarstydskrif dan beweer (saam met Lessing en andere): "Die groot verskil tussen ons en die georganiseerde, eksklusiewe, en, volgens hulself, alleen-saligmakende kerkgenootskappe van die wêreld is dit . . .", wil ons nie hard wees in ons oordeel nie, omdat ons miskien self verantwoordelik is vir soveel onkunde en mistasting by die betrokke kerklidmaat. Of miskien het hy nog nooit die boodskap van sy kerk verstaan nie - die boodskap van die Skriftuurlike Christendom. Sy aangehaalde stelling berus in elke geval op 'n ernstige misverstand.
DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (4)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
MOENIE BANG WEES NIE
"Vrees is onkunde – onkunde oor wat God in ‘n mens se lewe
> >>
Skrif: Ps.91
Teks: “Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand – na jou sal dit nie aankom nie”(:7).
Hou jou gees gesond
Alhoewel ons almal ‘n lewe sonder beproewing begeer, weet ons dat dit in hierdie sondebestel net nie moontlik is nie. Daar sal maar altyd sorge en lyding wees. Dis egter belangrik dat ons gees in sulke tye gesond sal bly. Dis uiteraard nie die storms van die lewe wat ons lewe beïnvloed nie, maar hoe ons op hierdie storms reageer wat tel. Oorwinning lê in die instandhouding van ons gees.
Ons lewens is wat ons gedagtes daarvan maak. Die dinge waaraan ons dink, bepaal ons persoonlikheid. Dit maak dat ons lewe die kleur van ons gedagtes aanneem.
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (4)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
IS VRYMESSELARY 'N GODSDIENS?
Hier is dit eerstens nodig om af te reken met die Vrymesselary se neutraliteitspostulaat (sy voorwendsel dat hy neutraal teenoor alle godsdienste staan); tweedens om na te gaan wat Vrymesselaarskrywers self daarvan sê; en derdens om ondersoek in te stel of die Vrymesselary 'n eenheid vorm van gedagte en selfs van organisasie. Dit is nodig om tot helderheid oor hierdie sake te kom want dit is van die uiterste belang om die Vrymesselary te beoordeel.
A. VRYMESSELARY IS NIE NEUTRAAL TEENOOR DIE GODSDIENS NIE
Die Vrymesselary beweer dat hy neutraal staan teenoor alle godsdienste - hy is glo nie daarvoor nie, ook nie daarteen nie. Dit is bo godsdiensverskille verhewe. Godsdiensverskille word teweeggebring deur dogmas. Vrymesselary is bo dogmas verhewe. Dit verbied die bespreking van dogmatiese godsdiens in sy losies want dit bring net verdeeldheid.
VOLKSMOORD OP AFRIKANER OOK IN GRIEKELAND BEKEND
Daar is 'n Griekse webblad wat moeite doen om die haglike toestand van die blanke in Suid-Afrika aan Griekse lesers oor te dra. Daar is talle fotos van plekke en gebeure wat die volksmoord op die Afrikaner en die plaasmoorde aandui. Vir interessantheid kan u dit gaan besigtig by
http://stop-boer-genocide.blogspot.gr/
NOG GOUD IN PELGRIMSRUST
Mediaverklaring: Herstigte Nasionale Party
Regter ontdek tog nog ’n stukkie goud in Pelgrimsrus
Die uitspraak van die hooggeregshof dat die status quo in Pelgrimsrus gehandhaaf moet word en dat die huidige huurders mag voortgaan om in dié geskiedkundige dorpie besigheid te doen, word verwelkom.
Die uitspraak van die regter dat daar geen bewyse is dat die respondente aan wie die tenders nou toegeken is, die bevoegdheid het om sake-ondernemings te kan bestuur nie, is insiggewend. Daarby is bevind dat die nuwe huurders aan wie die tenders toegestaan is, nie in staat sou wees om drank- of brandstoflisensies betyds in plek te hê nie. Die toestaan van die nuwe tenders sou dus huidige wetgewing verontagsaam.
HUWELIKE VAN DIESELFDE GESLAG
IS DIT GRONDIG OF SONDIG?
Ds Andrè vd Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“ 'Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (Lev.18:22). En as ’n man met ’n manspersoon gemeenskap het….het hulle al twee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word…” (Lev.20:13).' In 1 Kor.6:9-10 sê Paulus dat mense wat hulle aan hierdie gruwel skuldig maak, nie in die hemel kom nie. "
Gen.2:18-15; Mt 19:1-12
In 2000 is die Pienk Loerie fees vir die eerste keer gehou – dit was die eerste homoseksuele fees op Afrika-bodem. Hierdie jaar het dit van 26 April - 1 Mei in Knysna plaasgevind en is deur meer as 20,000 skandemakers bygewoon. Beeldmateriaal wat vertoon is, het ook baie kinders gewys. Homoseksualisme neem wêreldwyd oorhand toe. So ook VIGS!
’n Onlangse opname oor die aanvaarding van homoseksualiteit het skokkende statistiek aan die lig gebring. In Spanje was 91% van die ondervraagdes ten gunste van die aanvaarding van homoseksualisme , in Duitsland 87%, in Frankryk 86%, in Brittanje 81% en in die VSA 60%!
Wat van homoseksuele huwelike?
AGRI SA WERK STEEDS SAAM MET ANC
Mediaverklaring
HNP se reaksie op Agri SA:
Boere moet vasstaan in belang van die landbou
en herwinning van ons vaderland
Die uitspraak van mnr Theo de Jager van Agri SA dat hy nie boere kan aanraai om in hulle plase te belê nie, is ’n uitspraak wat dui op finale oorgawe.
As boere daardie houding inneem, is die toekoms van die landbou en van voedselproduksie in Suid-Afrika oor die afgrond. Dan sal landbou totaal ineenstort.
Agri SA was bereid om saam met die ANC te werk om die sogenaamde nuwe Suid-Afrika te maak werk. As die gevolgtrekking nou is dat die boer nie verder in sy plaas moet belê nie, dan is dit die bewys hoe ver die oorgawe reeds gevorder het.
KOOS SE GLIPS
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (59)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die alombekende Koos Meyer het vertel dat hy jare gelede op 'n ondersteunerstoer in Frankryk saam met sy pêlle goed gekuier het, en later was hulle so dapper dat hy een van die plaaslike polisiemanne se pet gaps. Maar met die wegspringslag hol hy in een van die ander polisiemanne vas.
Gelukkig herken die geregsdienaars die Springbokembleem en een van hulle wil weet watter Sprinkbok Koos dan nou is. Hy vertel onomwonde vir hulle hy is Jaap Bekker, wat toe jare lank al nie meer rugby gespeel het. Maar die polisiemanne glo Koos en na 'n lekker gesels is hulle weer op pad.
Toe Koos daarna vir Jaap die storie vertel was Jaap nie baie in sy skik nie. "Ag nee man Koos," sê Jaap, "nou gaan die mense in Frankryk my onthou as 'n maergat wat ruik na brandewyn!"