Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy jou bure wil kwaad maak, vertel tog maar net die waarheid oor hulle...
BEGRAFNIS? OF PARTYTJIE...
Belastingbetalers betaal ANC-raadslid se begrafnis
Opposisiepartye in Bloemfontein is hewig ontsteld omdat die ANC R80 000 van die belastingbetalers se geld gevat het om ‘n begrafnis vir ‘n ANC-raadslid te betaal.
Die ANC in Bloemfontein se stadraad het goedkeuring gegee dat die geld gebruik word, ondanks die teenkanting van drie opposisiepartye in die raad. Volgens dié partye is dit onregverdig om die geld van die reeds swaar belaste belastingbetalers vir die begrafnis te vat, aangesien R20 000 van die raadslid se pensioengeld vir dié doel voorsiening maak.
GOD SE ONVRUGBARE WINGERD
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
KRAANVOËLBLOM
(Strelitzia reginae)
As daar nou in die wêreld 'n gepaste naam vir 'n blom is, dan is dit dié van ons eie kraanvoëlblom. Hierdie besondere inheemse blomsoort het sy botaniese naam op 'n interessante wyse ontvang.
In 1773 het sir Joseph Banks die strelitzia in die droërdele van Oos-Kaapland versamel en na die Kew Botaniese Tuin in Londen gestuur. Eers in 1779 word die plant beskryf en genoem na koningin Sophia Charlotte, vrou van koning George III van Engeland, wat voor haar troue 'n prinses van Mecklenburg-Strelitz was. Vandaar die naam Strelitzia reginae.
Fier en koninklik in elke lyn vertoon die blom die oranje en blou van ons landsvlag, loer guitig bo-oor deftige tuinmure en staan alleen by 'n kraan in 'n nederige blokkie tuin.
PROBEER JY!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (63)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Isak Neethling, lid van 'n klein dorpie se rugbyklub in die vyftigerjare, was een van daardie baie toegewyde, ywerige spelers wat geen oefening misgeloop het nie. Hy het net een probleem gehad- hy het geen talent gehad nie. Maak nie saak hoe hard hy probeer het nie, hy kon maar net die spel ordentlik onder die knie kry nie.
Maar hy het darem 'n meisie gekry op wie hy dol was en dis nie lank nie of hy staan voor die kansel. Op die bruilof moet die bestuur van Isak se klub die heildronk instel.
"Sannie," sê hy, "ons het Isak nou al in 15 verskillende posisies uitprobeer. Ons hoop jy het meer sukses later vanaand."
BLY WEG UIT WOOLWORTHS!
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Dis nie net Woolworths nie
Die oorweldigende reaksie vanuit die blanke gemeenskap op die advertensie van Woolworths dat slegs nieblanke persone kan aansoek doen om as werknemers by Woolworths aangestel te word, verdien verdere kommentaar:
- Dit was ook Woolworths wat nie te lank gelede nie alle Christelike lektuur op hulle rakke verbied het. Dié aanslag op die Christendom is toe afgeweer. Nou volg die aanslag op die Witman, wat weer eens ’n aanslag is op die bestaansreg en die kultuur van die Afrikaner as volk in hierdie land.
- Die eise dat die inhoud van die advertensie verander moet word, het geen betekenis nie. Sou blankes wel toegelaat word om aansoek te doen, sal die aansoek sonder oorweging in die snippermandjie beland.
HOE PAUL KRUGER SY DUIM VERLOOR HET
Lees reeks by Jeughelde
PAUL EN DIE GEWONDE RENOSTER
"... in dieselfde jaar neem die dertienjarige Paul ook deel aan die strafekspedisie teen Silkaats by Silkaatsnek."
"Neem alleen die beste uit die
verlede, en bou die toekoms
daarmee ..."
Een van die kleurrykste figure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis was Paul Kruger. Van sy vroegste kinderjare af het die jong Paul hom onderskei as 'n uitmuntende skut, kranige naelloper, ruiter en sterk swemmer. Daarbenewens het die seun se durf en moed blykbaar geen einde geken nie. Paul Kruger was inderdaad 'n man uit een stuk — iemand wat nie sy gelyke geken het nie. Van sy geboorte af het die lewe van die man hand aan hand met uitdagings, prestasies en ware staatsmanskap geloop.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
VERBLEIKBLOMMETJIE
(Brunfelsia)
Daar is die blomme waar 'n kleurverandering bydra tot 'n skouspel wat wekelank wisselend skakeer. Die floribunda-roos, Masquerade, is een daarvan. Hy verander van dag tot dag namate die blomme oopgaan sodat die kleure aan die struik wissel van roomkleur tot die diepste karmosyn. Elke dag dra die roos 'n ander masker.
Maar die koelste en soetste wisseling van kleur en geur lê in die verbleikblommetjie, beter bekend as Yesterday-Today-and-Tomorrow. In die lente sorg hierdie verkleurmannetjie onder die blomme vir ongelooflike skoonheid en geur. Eers gaan die verkreukelde blommetjies dieppers oop kompleet nes babas met oumensgesiggies.
KLEUR VAN OLIMPIESE SWEMMERS...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
By die Olimpiese Spele in Londen het een van Amerika se sterk swemmers glo aan Chad le Clos, Suid-Afrika se nuwe Olimpiese held in die swemafdeling, gevra hoe op aarde kan Le Clos dan van Suid-Afrika wees want hy is nie swart nie!
Hierop het Le Clos geantwoord: " Wel, ek het ook 'n vraag: hoe kan jy van Amerika wees want jy is dan nie vet nie?"
So van Olimpiese Spele gepraat: voordat die deelnemers teruggekom het na Suid-Afrika is daar bespiegel dat minstens twee goue medaljes binne die bereik is van 'n groepie Suid-Afrikaners - die bagasiehanteerders op die Johannesburg-lughawe...
GESLAGS- VERANDERING - JOU EIE KEUSE?
Ds AE van den Berg
Rom.1:18-25; 1 Kor.11:2-16; Efes.4:17-23
Homoseksuele persone is biologies normaal, maar nie sielkundig nie. Hulle glo dat hulle lede van die teenoorgestelde geslag is en in ’n verkeerde liggaam gebore is. Die meeste van hulle bly lewenslank so. Sommige ondergaan op een of ander stadium van hul lewe ’n geslagsveranderingsoperasie. Is dit sonde? Wat sê die Bybel?
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (7)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
B Schoeman
Die skeuring van 1969
"Daar is net een verklaring: Vorster het daarin geslaag om die Broederbond volledig in te palm as "stutorganisasie" vir sy Party en hy het in die UR 'n gewillige instrument gevind om die grondwetlike en reglementêre bepalings van die Broederbond oorboord te gooi."
Die jaar 1969 het begin, swanger van onheil vir die Afrikaner. Op die kultuurfront het die vlamme oral uitgeslaan, maar dit was veral op gebeure in die Nasionale Party wat alle oë gerig was. 'n Skeuring is immers elke dag verwag. Dat politici pogings sou aanwend om dit te verhoed, was vanselfsprekend en telkens is die kwade dag vorentoe geskuif nadat nuwe beloftes gemaak is dat daar nie van tradisionele beleid afgewyk sou word nie. Binne die AB het dit al duideliker geword dat die UR in hierdie proses na twee kante probeer speel het, maar baie harder na die een kant toe. Hy wou graag 'n skeuring in die AB self voorkom, maar hy wou ook tot elke prys Vorster ter wille wees.
NUWE AMERIKA LAAAANK VÓÓR NSA
5 DAE DOOD MAAR NIE ‘GEROB’…
Kriewelkop
As hierdie voorval plaaslik moes gebeur sou die man seker nie meer alles wat syne is aan hom gehad het toe hulle hom eindelik ‘ontdek’ nie... maar dit bly ‘n tragedie om te weet hoe min mense wêreldwyd vir mekaar omgee en hierdie gebeure herinner weer aan die los skroef in alle regerings.
‘n 51jarige man van New York wat reeds 30 jaar lank vir dieselfde firma werk, se kantoortafel was deel van ‘n groot oopplankantoor waarin 23 ander personeel werk. George Turklebaum was ‘n proefleser by ‘n uitgewersorganisasie. Hy het op 'n Maandag aan ‘n hartaanval by sy lessenaar beswyk terwyl hy besig was om mediese geskrifte te proeflees. Nie een van die 23 personeel in dieselfde kantoor het dit agtergekom nie. Eers vyf dae later het ‘n skoonmaker besef die man sit/lê dood by sy lessenaar.
VERANDER VAN HAAR MAAR NIE VAN KLEUR...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Koos en Jan loop mekaar na baie jare weer raak en begin gesels oor die wrywing onder Afrikaners oor politiek en hul kerksake.
Piet wat jare gelede weggetrek het van die dorp is baie nuuskierig en wil alles weet wat intussen verander het.
Koos wat nog steeds op dieselfde dorp woon antwoord gretig op Piet se vrae en verduidelik oa aan hom dat die Afrikaners op die dorp so paar jaar gelede in een kerk saamgesmelt het.
Piet is baie bly oor hierdie nuus en vra: "Koos, met ander woorde, daar is nou net één kerk in hierdie dorp?"
Koos antwoord:"Nee Piet, daar is nou víér kerke in die dorp; daar is die NG's, die Hervormers, die Doppers én die Verenigde Kerk"...
DIE BEDREIGING VAN ISLAM
Ds AE van den Berg
"Europa is na aan haar einde. Sy is soos ’n afgesnyde roos waarvan die skoonheid net ’n rukkie hou... Veiligheidskenners bereken dat 5% van die 18 miljoen Moslems wat in Europa woon Islamitiese terroriste ondersteun of met hulle medelye het. Dit beteken dat daar minstens 75,000 potensiële terroriste binne Europese grense woon."
Rigt. 2:6-12
Die Westerse wêreld staan voor een van sy grootste bedreiging – radikale Islam. Ons hoor elke dag nuusberigte van geweld en doodslag aan die hand van radikale Islamiete. Dink maar aan 11 September 2001 toe Islamiete twee wolkekrabbers in Amerika in puin gelê en 3000 mense die lewe gelaat het. In Pakistan, Irak en Sirië is duisende mense al deur radikale Islamiete gedood. So ook in Afrika waar Christenkerke toenemend deur Moslems aangeval word.
Die wêreld het ’n nood aan ’n Bybelse herlewing en geestelike vernuwing. Want net die Christendom kan radikale Islam vernietig. En met Christendom word ware Bybelse Christendom bedoel en nie die karikature wat charismate en ander dwaalgeeste opdis nie.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
BALSEMINIE
(Balsaminaceae)
Balseminie klink so Afrikaans soos ouma se kombuis. En net so gesellig val die Engelse volksnaam, Busy Lizzie, op die oor. Daar is talle soorte en nuwe varieteite word steeds gekweek.
Die bekende tuinblom, Impatiens balsamina, is inheems in Indië en China. In Zanzibar is Impatiens sultani met die rooi blomme in die winter volop in die kweekhuise en in die somer in die tuine. In Suid-Afrika is Impatiens walleriana al lank 'n geliefde in skaduweetuine.
Daar is die dubbele soort in rooi en ligroos en wynrooi waarvan die blomme soos volmaakte klein rosies lyk. Daar is een met skraal gekartelde blare en leeubekkieagtige blomme. Daar is die dwergsoorte wat oorvloedig blom. En in die jongste jare is daar die Nieu-Guinee bastersoorte met die bont loof en yslike groot juweelkleur-blomme wat kleur in die vaalste dag kan bring. Hierdie bontblaar-soorte groei beter wanneer hulle meer son kry as hulle outydse susters.
DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (8)
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
> >>
VOLHARDING
> >>
Geloofsvolharding is ‘n sprekende getuie van ‘n vaste vertroue op Christus. Daar is ‘n Japannese spreekwoord wat lui: Val sewe keer, maar staan agt keer op. Ja, dis nie hoeveel keer die ou lewe jou platslaan nie, maar hoeveel keer jy opstaan. Moet nooit sê dat iets bokant jou vuurmaakplek is nie. Maak eerder jou vuurmaakplek hoër!
‘n Gebrek aan volharding veroorsaak meer mislukkings as ‘n gebrek aan intelligensie of bekwaamheid. Volharding en vertroue gaan hand aan hand. Vertrou op Jesus en jy is verlos. Vertrou op jouself en jy is verlore!
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (6)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
B Schoeman
Predikante in knegskap
"As predikante oor 'n saak wat die kerk so ernstig raak, swyg, dan kry 'n mens 'n vae idee van hoe sterk die Broederbond se invloed in ons kerke is"
Die breuk tussen die Uitvoerende Raad en die Herstigte Nasionale Party (HNP) in 1970 het die drie Afrikaanse kerke voor hulle ernstigste toets in 'n baie lang tyd geplaas. Predikante van die NG Kerk, die NH Kerk en die Gereformeerde Kerk sou moes kies tussen 'n sekere deel van hulle lidmate of lidmaatskap van die Broederbond en dienstigheid aan die voorskrifte van die leiers van hierdie organisasie. Op enkele uitsonderings na het die predikantelede van die Broederbond lidmaatskap van die AB bo die geestelike belange van hulle lidmate gestel. Dit is seker een van die mees tragiese gebeurtenisse in die bestaan van die Afrikaanse kerke dat 'n groot persentasie van hulle predikante hierdie toestand nie net gelate aanvaar het nie, maar ook daaraan meegedoen het. Dit is omtrent iets soortgelyks as toe die Afrikaanse kerk van die Kaap met die Groot Trek in die vorige eeu die Trekkers afgesweer en geweier het om die Sakramente aan die Afrikaners anderkant die Oranjerivier te gaan bedien.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
HEIDE
(Ericaceae)
Dis mos name wat Afrikaans laat sing.
Klokkiesheide en Kapokkies
Taaiheide en Trilheide
Reenboogheide en Rooihartjies
Veerheide en Vier Susters
Rooiklossieheide en Kommetjiepieringheide
Bessieheide en Bruidsheide
Onderrokheide en Kolheide
Koue Bokkeveldheide en Mielieheide
WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (5)
Lees reeks by Wie is die Afrikaner-Broederbond?
B Schoeman
COTTESLOE-KERKEBERAAD
Die Cottesloe-kerkeberaad is van 7 tot 14 Desember 1960 in Johannesburg gehou. Ondanks alle verklarings tot die teendeel was dit 'n berekende poging om vanuit liberale kerklike kringe 'n aanslag op die politieke orde in Suid-Afrika te maak deur die owerheid aan georganiseerde druk van sowel die Afrikaanse as die Engelse kerke te onderwerp om ingrypende politieke beleidsveranderings af te dwing. Terselfdertyd moes dit buite Suid-Afrika se grense die regte atmosfeer skep vir toenemende druk op die Verwoerd-regering om voor die sogenaamde wêreldmening te swig.
Vanaf die kerklike vlak moes hierdie druk tot verandering en aanpassing sy verlenging na die politiek vind en hiertoe is die hulp van liberale Afrikaanse akademici, redakteurs en ook sekere politici ingeroep. Dit moet in gedagte gehou word dat die Cottesloe-beraad belê is in dieselfde jaar as die ernstige Swart onluste by Sharpville en Langa. Klaarblyklik is in die linkse kringe in Suid-Afrika geoordeel dat die klimaat reg was om van kerklike kant 'n aanslag op Verwoerd en apartheid te waag.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE ARONSKELK
(Zantedeschia)
“Die aronskelkvrou doen dinge korrek en stiptelik. Sy is 'n geordende mens wat op die regte tyd reg optree en haar woorde tel. Sy weet watter klere om wanneer aan te trek en grimeer so dat jy haar raaksien en nie die grimering nie. En eenvoud is haar wagwoord: in die huis, die ruin, die klerekas, die spyskaart. Sy skarrel nooit doelloos en gespanne rond nie en hink nie op twee gedagtes nie want sy glo: ‘He who hesitates is lost.’ ”
Hoe is dit moontlik dat die aronskelk, simbool van reinheid, ooit die bynaam van varkoor of varklelie gekry het? Dit rym mos nie! 'n Vark hou van nature daarvan om in die modder te rol, terwyl die lelie reinwit en hoog bo die modder van die moeras uitstoot. Die volksnaam kom uit die Wes-Kaapland waar die reuse wit lelies wild groei. Die varke wei in die vleie tussen die lelies omdat hulle graag die wortelstok daarvan vreet. Vandaar blykbaar die naam.
'n Profeet is nie altyd in sy eie land geëer nie, so ook die aronskelk. Tog kon die blom voor staan in die ry van die "lelies van die veld" waarvan Jesus gesê het dat Salomo in al sy rykdom nie so gekleed gegaan het nie. In die geskiedenis van die mensheid is daar ook talle vroue wat nooit vermeld is nie, wat nie groot rykdomme verwerf het nie, maar wat meer liefdesdiens verrig het as baie konings.
HOE LANK NOG?
HOE LANK NOG SAL ONS VOLK VAN SY GOD AFVALLIG BLY?
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Dat ons volk van God afvallig geword het, is nie te betwyfel nie. God stel dit vir ons onomwonde in sy Woord (Jesaja 1:4) dat dit ons as volk is wat Hom die rug toegekeer en van Hom weggedraai het agter ander gode aan; en dat dit nie Hy is wat ons verlaat het nie. Maar nog is ons so verwaand dat ons die Heilige God wil blameer omdat dit met ons sleg gaan - dit is mos God se skuld dat ons volk in hierdie land tans in hierdie haglike toestand verkeer...
Ons het deur die humanistiese propaganda van die moderne eeu ons in ons eie oë só verhef, dat ons onsself begin wys maak het dat ons God nie in elke faset van ons lewens nodig het nie. Ons (oftewel die moderne media) het onsself laat glo dat ons heel goed sonder Hom kan klaarkom.