Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ons dan verleë staan met dié gebed: 'vergeef ons soos ons vergeef', hou dan met blydskap vas aan die vredevolle versekering: "Ek, Ek is dít wat jou oortredinge uitdelg, om my ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie" – Jes 43:25. God vergeef en vergeet...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
Gee tog gou die geld
Die dominee preek baie lank. “Ma, as ons hom nou die geld gee, sal hy ons maar laat loop?” vra die seuntjie ernstig.
M O S E S... (5)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
DIE TIEN PLAE
Die Here het vir Moses gesê: “Let nou op wat Ek met die ongehoorsame farao gaan maak. Hy sal gretig wees om hulle te laat gaan. Hy sal selfs by hulle aandring om pad te gee uit sy land.”
Om die Israeliete en Moses se twyfel verder hok te slaan, het die Here aan Moses gesê: “Onthou Moses, Ek is die Here. Ek het my aan Abraham, Isak en Jakob voorgestel as God die Almagtige. Hulle het My nie geken as ‘die Here’ nie. Ek het met hulle ‘n ooreenkoms gemaak om die land Kanaän, waar hulle vir ‘n tydjie oorgebly het, vir hulle te gee. Jy kan verseker weet dat ek gehoor het hoe die mense kla omdat hulle soos slawe vir die Egiptenaars werk. Ek het onthou van my ooreenkoms met hulle. Daarom moet jy vir die Israeliete gaan sê: Ek is die Here. Ek sal julle verlos van die slawewerk in Egipte. Ek sal julle bevry met krag en met sterk vergeldingsdade. Ek maak julle my eie volk. Ek sal julle God wees. Julle sal weet dat dit Ek, die Here julle God is wat julle van die slawewerk in Egipte bevry het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
Bid maar net soos ma...
’n Ma nooi mense vir ete en vra haar sesjarige dogtertjie om die tafelgebed te doen. “Ma, ek weet nie wat om te bid nie!” sê die kind benoud. “Sê maar net wat ek altyd vir die Here sê” moedig sy haar aan. “Liewe Vader, waarom het ek so baie mense genooi!” volg die gebed...
BOSE GEESTE 'N WERKLIKHEID?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg
Bestaan daar werklik iets soos bose geeste (demone)?
Ja, daar is, miljoene van hulle! Hul oorsprong is ’n interessante dog hartseer verhaal wat by die val van Satan begin. Alhoewel die Bybel nie ’n volledige verslag van dié gebeure gee nie, vind ons dit broksgewys om soos ’n legkaart aanmekaargesit te word.
Satan was ’n baie gewilde leier wat byna koninklike waardigheid geniet het. Desondanks was Christus, God se geliefde Seun wat voor die skepping van engele alreeds daar was, meer voortreflik; iets waarop die Satan mettertyd baie jaloers geraak het.
VOLKSVERRAAD (7)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE VERRADELIKE PIK-FAKTOR
R.F. (Pik) Botha (sedert 1969 lid van die Afrikaner Broederbond — hy was reeds toe 'n Vrymesselaar) maak sy politieke debuut in die algemene verkiesing van April 1970 as 'n NP-kandidaat vir Wonderboom. Hy was suksesvol en word Lid van die Volksraad. As tema vir sy nooienstoespraak in die Volksraad het Botha Eleannor Roosevelt se Deklarasie van Menseregte gekies en gepleit dat die regering van Vorster hom daarmee moet vereenselwig. Hilgard Muller, die Minister van Buitelandse Sake en Rhodes-Beurs-houer, het hom met die toespraak gelukgewens. Daarvandaan is Botha in 1971 na die Wêreldhof in Den Haag, en in 'n onderhoud met die Nederlandse TV verklaar hy dat SA gevorder het van 'n tydperk van oorheersing tot 'n tyd van ontwikkeling in sy binnelandse rasse-verhoudinge en in sy beleid teenoor sy buurstate. "My regering, " het hy gesê, "glo dat sy beleid gelykheid sal meebring, want my Regering glo in gelykheid en menslikheid. " Pik is toe in Februarie 1972 in die VSA deur die CIA as agent gewerf.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Hibiskus
(Fam. Malvaceae)
Sou Hibiscus syriacus die "roos van Saron" in Hooglied wees? Die bekende enkel rooi blom groei wild in Brasilië en blom in die laat somer. Sowat 300 spesies van hibiskus in kruie, struike en bome is bekend en van hulle blom kwistig met groot klokvormige blomme in die trope. 'n Paar soorte lewer selfs voedsel en waardevolle vesel soos kenaf {Hibiscus cannabinus) wat in Oos-Indië gebruik word om seildoek en tou te vervaardig.
In Suid-Afrika kom sowat dertig inheemse spesies van die hibiskus, die grootste van die malvafamilie, voor.
VOLKSVERRAAD (6)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
STAATSVEILIGHEIDSRAAD
Ooreenkomstig die Rockefeller-ClA-konneksie se voorskrifte aan Vorster moes hy onder meer toesien dat die politieke magstrukture en nasionale veiligheidstrukture verseker word. Gebaseer op die Amerikaanse National Security Act het die Vorster-regering inderdaad die Wet op Veiligheidsinligting in 1972 bekragtig wat voorsiening maak vir die totstandkoming van die Staatsveiligheidsraad (SVR). Die Staatsveiligheidsraad kan ingevolge die wet lede in die Veiligheidsgemeenskap magtig om ander funksies en pligte deur te voer wat in verband staan met staatsveiligheid. Ons sal sien dat die stigting van die politieke bewegings en partye soos die Afrikaner Weerstandsbeweging, Inkatha en die Konserwatiewe Party enkele voorbeelde van hulle opdragte was. Daar is in die wet ook bepaal dat enige inligting wat met veiligheidsake te doen het, onverwyld en onverwerk na die Buro vir Staatsveiligheid deurgestuur moes word. Tyd sou ons leer dat die Staatsveiligheidsraad 'n koverte front vir die Afrikaner Broederbond (en later vir die Vrymesselary) sou word en dat die Staatsveiligheidsraad inderdaad 'n magtige instrument in die hande van die Illuminati en die Rockefeller-CIA-konneksie sou word om politieke verandering in Suid-Afrika teweeg te bring.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Poinsettia
(Euphorbia pulcherrima)
'n Amerikaanse staatsman wat bekend was vir sy diplomasie in Latyns-Amerika, het tydens sy ministerskap in Meksiko in 1828 'n plant na die VSA gebring. Hierdie man was Joël Roberts Poinsett (1779-1851) van Charleston. Met vele intellektuele belangstellings soos die kunste, asook landbou en plantkunde, was hy een van die veelsydigste Amerikaners van sy tyd.
Die tropiese struik wat hy na die VSA geneem het, sou na hom vernoem word: poinsettia, oftewel Euphorbia pulcherrima. Pulcherrima beteken "die mooiste" en laat reg geskied aan die interessante blom wat die tradisionele Kersfeesblom van die Noorde word. Die werklike blom is 'n onopvallende geel trossie tussen die vlamrooi, wit of pienk skutblare wat eintlik die aantrekkingskrag is.
M O S E S... (4)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
MOSES KEER TERUG NA EGIPTE
Ná hierdie lang betoog van die almagtige Here, het Moses nog verder teëgestribbel: “Hulle sal my nooit glo nie! Hulle sal nooit doen wat ek vir hulle sê nie! Hulle sal vir my sê dat ek nie regtig die Here ontmoet het nie.”
Toe vra die Here vir hom: “Wat het jy daar in jou hand?“
"’n Herderstok. "
"Gooi dit op die grond neer."
Toe hy dit doen, word dit ‘n slang. Om te keer dat Moses nie weghardloop nie, sê die Here: “Gryp hom aan die stert.”
Moses doen dit en die “slang” verander weer in sy kierie. Die Here sê: “Dit sal hulle oortuig dat jy die Here, die God van hulle voorouers ontmoet het.” Verder sê Hy: “Sit jou hand onder jou klere in.” Moses doen dit en toe hy weer sy hand uithaal, was dit spierwit melaats.
VOLKSVERRAAD (5)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE INLIGTINGSKANDAAL (vervolg)
Die inligtingskandaal was inderwaarheid 'n skepping van die CIA, wat dit ontwerp het om ontslae te raak van gematigheid in die Suid-Afrikaanse politiek. Hulle het toe reeds die Muldergate beplan om hulle nuwe georkestreerde politieke hoofstroom te beveilig, wat ons sal vind in 1973 geloods sou word.
Die sleutelpersoon rondom die inligtingskandaal was Eschel Rhoodie. Laat ons kortliks Rhoodie se agtergrond betreffende sy loopbaan in die Buro van lnligting in oënskou neem. Hy het in die laat 1950's diens in Sydney, Australia gedoen in die Suid-Afrikaanse Buro van lnligting onder Ambassadeur Anthony Hamilton, wat uiters konserwatief was. Hamilton het aangedring op tradisionele metodes om inligting te verskaf.
In New York het Rhoodie hom gedurende die 1960's bevind in die spioenasiewêreld van die CIA waar die CIA hom oor 'n verloop van tyd sou intrek en hy gretig hulle onkonvensionele metodes gebruik het om vriende op hoë vlakke te maak en mense met frontorganisasies te beïnvloed (manipuleer).
M O S E S... (3)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
MOSES BY DIE BRANDENDE BOS
Onderwyl Moses sy skoonpa se skape opgepas het, het hy al dieper in die woestyn in beweeg en by Horeb uitgekom, die berg van God. Daar het die engel van God skielik aan hom verskyn in ‘n vlam wat in ‘n bos brand. Dit het Moses verbaas. Hy het die vlam dopgehou. Die bos het aanhou brand en glad nie uitgebrand nie. Moses het gedink daar moet ‘n rede voor wees en begin naderstap om ondersoek in te stel. Toe die Here sien Moses kom nader, roep Hy uit die bos na hom: “Moses, Moses!”
VREDE?
JESUS SE VREDE DIE ENIGSTE VREDE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
Daar is hoegenaamd geen eenheid tussen diegene wat aan Bybelse waarhede vashou en diegene wat dit verag, moontlik nie; Christene durf na geen eenheid streef met mense wat dit nie glo nie!:
“Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?” (2 Kor.6:14). "
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontstel word en bang wees nie” (Joh.14:27)
Waar die Satan heers, is daar geen vrede nie. Dis waarom die wêreld lyk soos wat dit lyk. Satan voer heerskappy op aarde. Johannes skryf in sy eerste Sendbrief dat “die hele wêreld in die mag van die Bose lê” (1 Joh.5:19). Mense sloof hulle al eeue lank vir vrede af omdat hulle glo dat vrede van die wêreld ’n beter plek sal maak.
Desondanks ontbreek dit die mensdom, na eeue se moeite, nog steeds aan vrede. Dinge word eerder al erger! Waarom?
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Papawer
(Papaveraceae)
'n Legende vertel van 'n hooghartige jong prinses, Papawa, en haar lieftallige en nederige kamermeisie, Cornelia. Op 'n dag wandel hulle deur die koning se koringlande. Papawa eis hooghartig dat die koringsnyers vir haar van hulle kosbare gerwe 'n skuiling teen die reën bou, hoewel daar slegs een klein, wit wolkie teen die blou koepel sweef. Eindelik swig hulle voor haar dreigemente dat hulle hul werk sal verloor. Hulle bou die skuiling vir die meisies. Skaars is die twee binne, of uit die blou hemel tref 'n weerligstraal die hut. Die vlamme verteer dit voordat iemand die meisies kan red.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (11)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
'N BOER KYK NA DIE WêRELD
"Nadat hy nou ook deur Duitsland gereis het, beskou hy Duitsland "as ongetwyfeld die mooiste, beste en ook die skoonste land, waar ek tot dusver was. Daar is geen werklose nie. Hulle het geen agterbuurtes nie Jy sal nie eers 'n papiertjie in die strate sien nie; tot selfs die kinders sal 'n hele blok ver loop om 'n tremkaartjie nie op straat te gooi nie."
Op sy stoeireis oorsee leer ons Johannes nie alleen as kampioenstoeier in die kryt ken nie, maar ook as 'n Boer wat wil kennis opdoen van die wêreld, vir wie die reis 'n geleentheid bied om die wye wêreld te sien. Inderdaad skyn dit uit die briewe wat hy gereeld aan sy familie geskryf het, asof hy meer belangstel in die tonele wat hy om hom heen aanskou as in die stoei — of die stoei nie hoofsaak is nie, want van die stoei self vertel hy maar min terwyl hy graag uitwei oor die plekke wat hy besoek.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (10)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
Wêreldkampioen in die Kryt
Londos het op 5 Oktober 1936 in Kaapstad geland om hier 'n stoeireis te onderneem as deel van 'n wêreldreis. Verskillende wedstryde is vir hom gereël. Op 12 Oktober het hy vir Ali Bey — "die kaalvoet Turk" — in Durban platgeloop, op 17 Oktober vir Harry Mamos in Johannesburg, op 22 Oktober nog 'n keer vir Ali Bey, hierdie keer in Kaapstad. Op 31 Oktober sou hy met Johannes van der Walt in Durban kragte meet. Voor sy vertrek uit Kaapstad om teen Johannes op te tree, het Londos in 'n onderhoud verklaar:
"Ek beken sommer rondborstig dat ek allesbehalwe gretig is om teen Van der Walt te stoei. Jy moet begryp, elke stoeier in die land is daarop uit om 'n sport in die leer te styg oor my liggaam, want, al sê ek dit self, dit is 'n prestasie om vir Londos te klop en dit word van belang gereken in die stoeiwêreld.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Magnolia
(Magnoliaceae)
Die magnolia is een van die mees primitiewe lewende plante. Die magnoliagroep is antiek. Meer as tagtig fossielspesies is al beskryf en steeds kan blomliefhebbers hulle in die wonderlike verskeidenheid blomme verbly. Geen wilde hibriedes van die magnolia is gevind nie, maar heelwat tuinhibriedes is bekend: vyftig in die ou wêreld van Japan tot in die oostelike Himalayas en suidwaarts tot by Java. In die nuwe wêreld - Suid-Ontario, die oostelike VSA, Meksiko en Venezuela - is ongeveer 25 spesies bekend.M O S E S... (2)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
MOSES VLUG NA MIDIAN
Kort nadat my broer Moses 40 jaar oud geword het, het hy op een van sy besoeke aan sy verslaafde Israelitiese landgenote, gesien hoe ‘n Egiptiese slawedrywer ‘n arme Israelitiese werker wreed aanrand. Dit was net te veel vir Moses om te aanskou. Sy vinnige humeur het buite perke opgevlam. Hy het die Egiptenaar stormgeloop en hom met ‘n paar kragtige vuishoue morsdood geslaan. Toe het hy bekommerd rondgekyk maar niemand gewaar nie.Die volgende dag stap hy weer tussen die werkers rond en gewaar twee Israelitiese slawewerkers wat besig is om handgemeen te raak. Moses vind dit toe baie jammer dat twee volksgenote besig is om mekaar toe te takel. Hy stap toe nader en sê vir die een wat verkeerd was: “Waarom rand jy iemand van jou eie volk so venynig aan?”
VOLKSVERRAAD (4)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
STIGTING VAN DIE BURO VIR STAATSVEILIGHEID
Vorster het genl. van den Bergh op 23 Augustus 1968 versoek om 'n intelligensie-organisasie te stig. Van der Bergh word na die VSA (5-13 Julie 1969) toe gestuur om deur die CIA ingelig en opgelei te word en gehelp te word om 'n derglike organisasie vir die Republiek voor te berei. Sodoende is die Buro vir Staatsveiligheid op 1 Mei 1969 tot stand gebring om alle sake wat staatsveiligheid raak te ondersoek.
Met die totstandkoming van die Buro vir Staatsveiligheid was lede van die Republikeinse Inligtingsdiens in die Buro opgeneem en het die Republikeinse Inligtingsdiens opgehou funksioneer. Met die totstandkoming van die Buro vir Staatsveiligheid het Suid-Afrika nie net 'n uitgebreide spioenasiediens gekry nie, maar in werklikheid 'n regering binne 'n regering wat in die geheim en met ontsettende magte die gang van sake in Suid-Afrika onherkenbaar sou verander.
M O S E S... (1)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
DIE BABA IN DIE MANDJIE
Dit is die jaar 1526 vC. Die son se laaste strale skitter oor die fyn kabbeltjies van die breë Nylrivier en werp ‘n goue skynsel oor die welige palmiet en fluitjiesriet langs die oewer. Langs die waterkant dwaal ‘n paar diensmeisies van die goeie prinses, Hetsjepsoet, wat ‘n veiligheidsogie moet hou oor hierdie goeie dogter van die farao, onderwyl sy op haar gewone beskutte plekkie ‘n bad neem in die verkwikkende lou water van die rivier.
Meteens hoor prinses Hetsjepsoet ‘n dringende roep van een van haar meisies. Sy stap nader en kom met verbasing tussen die riete in die vlakwater op ‘n diggemaakte mandjie af, waarin daar ‘n baba van ongeveer drie maande oud lê.
Toe sy opkyk, staan daar ‘n jongmeisie langs haar.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE TULP
Die tulp is eie aan Holland, die land van dyke, gragte, windmeulens en draaiorrels. By die wêreldberoernde Keukenhof-tuine wat in die vyftiger-jare aangelê is, kan 'n mens skaars glo wat jou oë aan tulpweelde en kleure waarneem. Dit is die grootste bolletuin in die wêreld. Later droom jy in kleur, reuse vlakke kleur en van die roem en glorie van die tulp.
Ogier de Busbecq, 'n ambassadeur van die Romeinse Ferdinand I aan die hof van sultan Suleiman I, het tulpe in 'n tuin naby Konstantinopel gesien waarheen hulle van Persië gebring is. De Busbecq neem in 1554 van die saad na Wene.
Die eerste beskrywing en illustrasie van 'n tulp verskyn in 1561 in Gesner se De Mortis Germaniae. 'n Vlaamse plantkundige, Clusius, stel die tulp in 1601 in die Nederlande bekend.