Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is niks so teleurstellend soos iemand wat in ʼn verantwoordelike gesagsposisie verkeer en die gesag nie tot eer van God beoefen nie, maar kompromie met booshede aangaan.
1994: ONS VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (2)
Die houtperd van Meintjeskop
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
" Waaragtig, kan dit nie ook maar die verhaal van Suid-Afrika wees nie? Sal dit dalk die verdoemende verhaal van die Boerevolk word?"
Op ons reisplan staan dit duidelik dat ons ook Troje gaan besoek. Wie ken nou nie die verhaal van "Die Houtperd van Troje" nie. Maar min mense uit ons land het al ooit die geleentheid gehad om daardie stad te besoek en self die geskiedenis daar te herleef. Om in die verbeelding te sien hoe die verhaal afspeel. Om self in te klim in die reusagtige houtperd wat agterna vervaardig is en voor die ingang staan om toeriste te vermaak.
Die gids vertel ons weer die verhaal van die Houtperd van Troje. Hierdie stad, aan die Turkse kus, wat aan die Egeïese See lê, was 'n sterk vesting vir sy aanvallers van die hedendaagse Griekse eilande af, om in te neem. Toe maak die aanvallers 'n slim plan. Hulle bou 'n houtperd waarin hulle 'n klomp soldate veilig kan versteek. Hulle trek die perd tot voor die poort van Troje en vertrek. Intussen maak hulle egter net 'n draai en keer terug om weg te kruip en op die regte geleentheid te wag.
VOLKSVERRAAD (13)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
VORSTER EN DIE AFRIKANER BROEDERBOND HELP DIE ILLUMINATI OM RHODESIë TE ONDERGRAWE
"Maar die nekslag was toe Suid-Afrika en veral John Vorster teen ons gedraai het. Ons het gedink dat Suid-Afrika ons ware vriend is. Hulle wat in dieselfde beginsels as ons geglo het — die handhawing van 'n Christelike Westerse beskawing in Afrika. Ons kon nog die aanslae van die Britte en die res van die wêreld trotseer, maar ons sou nie sonder hulp van Suid-Afrika kon klaarkom nie."
Dit het onder die aandag gekom dat Vorster in Desember 1974 'n plan laat opstel het waarvolgens Rhodesië binne vyf jaar 'n Swart meerderheidsregering sou hê. Die plan is deur Hilgard Muller se Departement op aanbeveling van die Verligte Aksie-beweging opgestel. Na wat verneem is, was die Vorsterplan vir pres. Kaunda aanvaarbaar.
Die mense aan die stuur van die Broederbond het nie 'n stem verhef teen hierdie soort politiek nie, maar het later daaraan meegedoen. Hendrik van den Bergh het skielik in die geledere van die Broederbond die gesaghebbende geword om oor die Rhodesiese situasie te praat en byeenkoms na byeenkoms moes nie net van die Broederbond nie maar ook van die Rapportryers, hoor watter gevaar Rhodesië vir Suid-Afrika se veiligheidsituasie geword het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS DAREM...
NET NIE WEER NIE!
Die dominee preek baie lank en die dogtertjie raak kriewelrig. “As jy nie nou stilsit nie, gaan dominee sy plek verloor en sal hy van voor af moet begin” waarsku haar pa. Dit het gewerk!
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (9)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 9
ISAK, MORIA EN DIE DOOD VAN SARA
Gen 21-23
1. Isak word gebore
Sara se swangerskap het met ʼn digterlike juigkreet begin (21:1) omdat God sy beloftes nie verbreek het nie (Hebr.11:11; Gal.4:23). Abraham het die seun wat gebore is Isak genoem (Gen.17:19). Dit beteken om te lag en het met Sara se lag van vertwyfeling verband gehou. Die naam van haar seun sou haar altyd daaraan herinner. Met sy geboorte het Sara anders gelag; van vreugde! Abraham se vreugde was ook baie groter as toe Ismael gebore is.
Die heilsgeskiedenis sou voortaan deur Isak loop (Gen.22:2; Hebr.11:7). Nie almal wat van Israel is, is Israel nie (Rom.9:6). Die geestelike Israel sou eeue later ʼn baie groot werklikheid word (Gal.3:16,29). Christus was die eintlike saad van Abraham.
BLOMVROUE (SLOT)
Lees reeks by BLOMVROUE
Orgidee
(Fam. Orchidaceae)
Eintlik is dit onregverdig om die orgideevrou met enige ander vrou te laat paradeer, want sy beskik oor 'n ongelooflike diversiteit. Sy word gevind van die hoogste stand en styl tot by die nederigste, onopvallendste mensie. Sy kan skugter wegskram van die kalklig, of sy kan glinster op 'n troon ver bo die alledaagse. Sy kan eenvoudig en beskeie geklee wees of sy kan gloei in die koninklikste karmosyn, diep pers of in die suiwerste wit.
BEVEG DIE REUSE IN JOU LEWE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg
" Oorwinning vereis ook sterk optrede. Daar kom tye dat jy moet ophou praat en dinge begin doen... deur die geloof dit wat joune is, in die Naam van Jesus Christus en die krag van die Heilige Gees te vat. Dis die enigste wenresep.Jou oorlewing in hierdie ontwrigte land hang alles hiervan af! "
1 Sam.17:37
“Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan en mag die Here met jou wees!”
God was baie lief vir Dawid en het hom soms in moeilike situasies laat beland ten einde hom te leer om nie op mensekrag te vertrou nie maar net op God s’n. Dawid het die lesse geleer en geestelik geskitter. In 1 Sam.17 het Dawid voor ’n reuse probleem te staan gekom en die keuse wat hy moes maak, sou die dood of die lewe vir hom beteken het. Dawid het reg gekies en God vir die oorwinning vertrou, waarna ’n wonder in die dal van die terpentynboom gebeur het.
Die dag het vir Dawid soos al die ander dae begin; hy het skape opgepas. Dié dag sou egter baie anders as al die ander dae eindig!
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (8)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 8
DIE VERWOESTING VAN TWEE STEDE
Gen 18-20
1. Sara luister na God se woorde
Pas na die vierde verskyning het God vir ʼn vyfde keer verskyn sodat Sara ook die belofte kon hoor. Abraham het op daardie tydstip in Hebron gewoon. By geleentheid het drie manne eendag by hom opgedaag. Alhoewel al drie met hom gepraat het, word van een van die drie gesê: “Toe sê die Here…” Dus was God self daar! Daarna het Hy weggegaan waarna die oorblywende engele na Sodom is.
Abraham het die vreemdelinge hartlik ontvang waarna Sara hulle afgeluister het. Hulle boodskap was kort en kragtig: Sara sou oor ʼn jaar ʼn seun baar. Daarna het Sara gelag omdat sy aan die moontlikheid getwyfel het. Sy was heeltemal te oud! Toe sy oor haar optrede ingeroep is, het sy bang geword en ontken dat sy gelag het. God het egter die geloof in haar wakker gemaak waarna sy aan die belofte geglo het.
VOLKSVERRAAD (12)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
TINY ROWLAND VAN LONRHO-GROEP AS MIDDELMAN VIR DEPARTEMENT VAN BUITELANDSE SAKE
Vorster het intussen sy detente-beleid jeens Afrika ingelui. Hy het die eerste skuiwe gemaak in verband met die toenadering tot Zambië en president Kenneth Kaunda van Zambië. Vorster het groot lof ontvang vir die inisiatief. Hierdie verwikkeling het nog 'n verhaal agter hom. Tiny Rowland van die Lonrho-groep in Londen, Brittanje, wat belange dwarsdeur Afrika en in die Midde-Ooste het, het hierin 'n sleutelrol gespeel.
Die Tiny Rowland-faktor het ook sy uitwerking op die Suid-Afrikaanse Buitelandse beleid gehad. Die Britse sakeman, Roland Walter Fuhrhop, ook bekend as Tiny Rowland is op 27 November 1917 in Indië gebore. Tot en met 1961 is nie veel prominensie aan Rowland verleen nie, maar sedertdien het die prentjie ingrypend verander toe hy betrokke geraak het by London and Rhodesia Mining and Land Corporation Ltd. (Lonrho).
HOE LANK NOG, BLANKE VOLK?
WAAROM WOEL NASIES EN BEDINK VOLKE NIETIGE DINGE?
Kriewelkop
Dit is die vraag wat die Psalmdigter vra. Daar is 'n onrus en 'n onstuimigheid ook onder die nasies en die volkere van vandag. En hulle bedink allerhande dinge wat voor God as nietig gesien word, dinge wat verkeerd is en nie ewigheidswaarde hou nie. "Die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy gesalfde".
Sedert die Tweede Wêreldoorlog is die nasies van die wêreld weer baie woelig, veral teen Suid-Afrika. Soos wat hulle graag die Europese nasies uit Afrika wil dryf, so ook wil die swart volke ons vandag uit Suid-Afrika verdryf, al moet ons dan uitgemoor word. Die blankes is volgens hulle indringers en moet padgee uit Afrika sodat die swart volke hul ideaal van 'n Swart Republiek kan bereik. Maar wat sê die Psalmdigter verder van hierdie mense? Hy wil dat ons hulle "bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!"
1994: ONS VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (1)
Die "Slag van Meintjeskop"
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Die Boerevolk het vele veldslae geveg. Hy het roemryke oorwinnings behaal by Bloedrivier, Colenso, Majuba en vele ander. Hy het ook veldslae verloor, neerlae wat hom in 1902 tydelik sy vryheid gekos het. Maar nooit in sy geskiedenis het die Boerevolk so eerloos verloor soos met die Slag van Meintjeskop"nie!
Dit is die begin van 1994. Die emosies loop hoog. Die hoop staan hoog. Ons het politieke en militêre leiers wat die moreel op die oog af hoog hou. Nooit sal die Boerevolk sy vryheid prysgee nie! Hy is gereed om selfs die wapen daarvoor op te neem!
Die skougrondreis: "Nee, nee!" Die Boerevolk se boodskap is hard en duidelik. Die Skilpadsaalvergadering kom en gaan.
Kerkplein, 29 Januarie 1994. Ons brand iets wat bedoel is om 'n vlag te wees.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (7)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 7
DIE VERBOND MET ABRAM
Gen 15-17
1. Die sluiting
Nadat God vir ʼn derde keer aan Abram verskyn het, is die geloofsverhouding tussen hulle in ʼn verbond vasgelê. God het Abram aangesê om nie te vrees nie omdat Hy ʼn skild en ʼn beskerming vir hom sou wees (Ps.18:3, Ps.33:20). Abram se loon sou groot wees omdat hy homself verloën en gehoorsaam was (Ps.19:12; Mt.5:12).
Tot op daardie tydstip het Abram met geloofsdade op God se beloftes geantwoord. Daarna het hy oor die belofte van ʼn nageslag begin nadink want hy was kinderloos. Abram het by geleentheid selfs gewonder of sy aangenome seun Eliëser nie dalk die erfgenaam moes wees nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
SJUUT!
Die Verbondsonderrig-onderwyseres vra haar klas waarom ’n mens in die kerk moet stilsit en nie praat nie? “Omdat mense slaap” antwoord Jannie.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Jasmyn
{Jasminum - Fam. Oleaceae)
'n Katdoringkrans,
Met die klein, wit sterre van wilde-jasmyn daarin - vyfpuntige sterre vergeur met die ruik van die vlei,
Met die lewe wat sonskyn gee en die krag wat die lewe win,
Gevleg in 'n krans albei.
Grysgroen katdoring,
En waswit, wyd-ope blomme van wildejasmyn; en die son, wat vir altwee gegee het sy groen en sy wit,
Val op die grys in die doodkis wat nou al verdwyn.
En die groen wat die dood besit.
(C Louis Leipoldt)
M O S E S... (9)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
8. DIE VERBONDSLUITING BY SINAÏ
Daarna het ons Israeliete weer verder suidwaarts die wildernis van die skiereiland binnegetrek en die berg Sinaï bereik, ongeveer twee maande nadat ons Egipte verlaat het. Ons het daar in die woestyn kamp opgeslaan, reg teenoor die berg.
Op en by hierdie berg het nou ‘n tydperk gevolg waarin die Here ons geleer het dat ons nie meer ‘n groepie vlugtende slawe is nie, en dat Hy ons nie net uit Egipte gelei het om ons volslae ondergang te verhoed nie, maar dat Hy in dié wordingsproses besig was om ons op nasionale gebied saam te snoer tot die geloftevolk Israel, wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob belowe het, voordat Hy ons in die land van belofte inlei.
ZUMA SE ANGSRIEL... EN SLUIT JOU DEURE
KORTNUUS
Zuma het die afgelope naweek busse vol familie en vriende – dit sluit geen ANC-leier in nie... - aangery na sy kasteel in Nkandla waar hy hulle op 12 geslagte beeste en tonne 'tradisionele' bier onthaal het. Nie dat die rumoer hier begin het nie maar het hier geëindig in 'n groot makietie met die Angsriel tot die voorvadergeeste (of was dit nou die Dronkriel, daar is tog soveel danse) wat vir Zuma moet beveilig teen sy eie kollegas in die ANC en ander opponente wat hom wil onttroon in die volgende presidensiële verkiesingsirkus. Maar dit klink nie of die klomp aanbidders veel geloof in hulle gode het nie want die spies is seremonieel aan hom oorhandig met die opdrag om eiehandig sy ANC-opponente mee dood te maak. Hou gerus die verloop van die ANC-vergadering Desember in Bloemfontein dop. En sluit jou deure. En jou vensters...
VOLKSVERRAAD (11)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE OPPOSISIE REORGANISEER
Die Verenigde Party het steeds weinige vordering getoon om die Nasionale Party by die stembus te verslaan. Hoewel daar nie te veel oor hierdie geskiedenis uitgebrei word nie, is dit wel van belang om daarop te let dat die Verenigde Party in Junie 1977 ontbind het en in drie groepe versplinter het; die Suid-Afrikaanse Party met Myburgh Streicher as leier; die Nuwe Republiek Party met Sir De Villiers Graaff as tussentydse leier; en die Basson-groep wat met Colin Eglin se Progressiewe Reformisteparty saamgesmelt het om die Progressiewe Federale Party te vorm.
ISOLASIE VAN SUID-AFRIKA DEUR DIE INTER-NASIONALE GEMEENSKAP
In Februarie 1967 het 'n Amerikaanse vliegdekskip, die Franklin D. Roosevelt, Kaapstad aangedoen. Hy was op pad van Vietnam na die VSA en het voorrade kom inneem. Die Amerikaanse regering het die bemannings belet om in Kaapstad aan wal te gaan. Hierdie optrede was gemik as 'n belediging van die Suid-Afrikaanse regering en sy beleid van Afsonderlike Ontwikkeling.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
NATUURLIK!
Die Verbondsonderrig-onderwyseres vra haar klas wat die Israeliete gedoen het nadat hulle deur die Skelfsee getrek het? “Hulle het seker maar hulself eers drooggemaak” kom dit van Gertjie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (6)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 6
ABRAHAM
Gen 12-14
1. Die roeping van Abram
Tera, die vader van Abram, was uit die nageslag van Sem en het in Ur gebly waar die Eufraatrivier in die Persiese Golf uitmond. Hy het drie seuns gehad t.w. Abram, Nahor en Haran. Haran is betreklik jonk oorlede en het drie kinders nagelaat t.w. Lot, Milka en Jiska. Abram was met sy halfsuster Sara (Gen.20:12) en Nahor met Milka, sy oorlede broer se dogter getroud. Alhoewel daar genoeg ander vrouens in Ur was, het hulle met familielede getrou. Daarna het hulle om een of ander rede verhuis. Miskien weens die verstikkende afgodery van die stad (Jos.24:2).
Op ʼn stadium het Tera na Kanaän verhuis en by Haran aangekom. Dit was ʼn belangrike stad links van die Eufraat en ʼn kruispunt van handelspaaie.
M O S E S... (8)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
MANNA EN KWARTELS
Uitendelik moes ons van Elim af deur die Sinwoestyn trek oppad na die Sinaïberg. Dit was alreeds ‘n maand nadat ons uit Egipte weg is. Daar in die woestyn het almal skielik teen Moses en Aäron begin uitvaar: “Die Here kon ons liewer in Egipte laat bly het. Daar was ten minste genoeg om te eet. Nou het julle ons na hierdie woestyn toe gebring sodat almal hier van honger kan doodgaan.”
Die Here praat toe met Moses en sê vir hom: “Ek gaan vir julle kos uit die hemel laat reën. Die volk kan elke dag uitgaan en genoeg kos vir die dag bymekaar maak. Ek gaan hulle toets om te kyk of hulle na My wil luister of nie. Op die sesde dag moet hulle twee keer soveel as gewoonlik bymekaar maak.”
SWART GEWELD EN GRONDGRYP
DIE ANC se nasionale beleidskonferensie begin op 16 Desember in Bloemfontein en by daardie geleentheid word ‘n nuwe leier aangewys. Dit is ‘n datum én ‘n plek gelaai met geskiedenis - dit was vanjaar presies ‘n eeu gelede dat die ANC in Bloemfontein gestig is “om swart Afrikane te verenig in die stryd vir fundamentele politieke, maatskaplike en ekonomiese verandering".
In ‘n toespraak wat Emily Hobhouse geskryf het vir die bekendstelling van die Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 1913 het sy o.a. gesê: “Die Griekse wysgere het gesê totdat ‘n man nie mag verkry nie, weet hy nie wat in hom steek nie.” Vandag weet ons almal dat Zuma en sy ANC vir ons nog net perdekuttels voorgesit het. Vier jaar gelede het hy ook op 16 Desember in Diepsloot gesê hy gaan nog die slagting van 1838 by Bloedrivier wreek.