Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geloof is geen opium wat jou verblind en verdoof nie – geloof is harde werk. Dis om te dóén in plaas van net te sê. Dis om jouself prys te gee soos Christus gedoen het – maar dit maak jou gelukkig!
TAAKSPAN KAN KEER AS WÊRELD VERGAAN...
Hierdie berig van Nuus24 (m.news24.com) was wel reeds 'n paar dae gelede maar sekere dinge behou hul komiesheid; geniet dit:
Hoofregter Mogoeng Mogoeng het gister ’n “uiters dringende aansoek” ontvang vir ’n bevel deur die konstitusionele hof om ’n “ondersoekende taakspan” aan te stel na die bewering dat die wêreld op 21 Desember gaan vergaan.
Daar is ook “’n dringende behoefte” dat ’n nuwe staatsdepartement gevestig word om voorbereidings vir volgende Vrydag te tref.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (2)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
VEGKOP
Ligging: Langs die R725-pad 24 kilometer suid van Heilbron.
Toegang: Die terrein waarop die monument staan is omhein en daar is toegangbeheer.
Geriewe: Daar is geriewe soos toilette op die terrein.
Beeldhouer van die Voortrekker en die ses reliëfbeelde: Coert Steynberg
Inwyding: 1984
Verskeie monumente is in die loop van jare by Vegkop opgerig. Eerstens is daar in 1883 'n monument bo-op die kruin van die rant opgerig. Dit is in 1912 verskuif en herbou op die plek waar dit vandag nog staan, wat naastenby in die middel van die slagveld was.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (1)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
BLOEDRIVIER
Waar ons tans drie dae voor 16 Desember weer voorberei vir die herdenking van die Slag van Bloedrivier, sekerlik die bekendste en mees bepalende veldslag in ons volksgeskiedenis, begin ons met 'n reeks oor die monumente van Suid-Afrika – die meeste daarvan nie meer onder ons jongmense bekende bakens nie. Daarby is sommige van hierdie geskiedkundige monumente reeds geskend in die Nuwe Suid-Afrika onder 'n swart kommunistiese owerheid wat hul beywer om die Afrikaner se geskiedenis uit te wis. Daarom is dit belangrik om te bewaar en te onthou wat ons kan, want wanneer ons volk weer vry is, sal ons hierdie monumente herstel net soos dit was.
Die volgende inligting oor die Bloedriviermonument is beskikbaar: 
Ligging: Naby Dundee
GPS-koördinate: S28"06 13.77 E30"32 02.45
Toegang: Die monument staan op 'n beheerde terrein. 'n Toegangsfooi is betaalbaar.
Geriewe: Toilette, 'n restaurant asook oornaggeriewe op die terrein.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Inwyding: 1947.
Die Zoeloevolk se mag is finaal by Bloedrivier gebreek, en die grondslag vir die sukses van die Groot Trek as volksonderneming is daar gelê. Dit is dan ook geen wonder dat daar 'n aantal gedenktekens op die terrein opgerig is nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
LAATNAG LESING
Die dominee stap laat een aand na huisbesoek terug huis toe hy een van sy lidmate slingerend in die straat sien stap.
“En waarheen is jy so laat op pad” wil hy weet.
“Na ’n lesing” antwoord die dronkie.
“Waaroor?” vra die dominee verbaas.
“Oor die nadelige gevolge van drankmisbruik op ’n huwelik, en oor hoe sleg rook en laatnagte uitbly is” antwoord die dronkie.
“En wie bied dit so laat aan?” vra die dominee.
“My vrou, dominee!”
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (3)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Aansluitend by Meintjes se siening van oom Nieklas as 'n tweede Johannes, is dit heel interessant om 'n paar van die simbole wat deur Johannes in Openbaring gebruik word, te vergelyk met dié wat die Boereprofeet in sy visioene oor die Boerevolk gesien het. ( Dis ook opvallend dat baie van die simbole uit hul alledaagse lewe gekom het: die plante- en diereryk, die hemelruim, gewone gebruiksartikels en hulle ervaringswêreld):
Johannes: Die son word swart soos 'n harige sak en die maan word soos bloed. Hy sien engele wat die vier winde van die aarde vashou; hy sien 'n wierookbak waaruit daar stemme, donderslae, weerligte en aardbewings gegooi word. Dan verskyn daar sprinkane met die voorkoms van perde en die gesigte van mense; daar is perde met leeukoppe en uit hul bekke spuug vuur en rook en swael. Later gewaar hy 'n vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings; 'n slang uit wie se bek water soos'n rivierstroom, en 'n vrou wat met die vlerke van 'n arend vir die draak wegvlieg.
NUTTELOSE INLIGTING...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
HOE NAAR!
Die Verbondsonderrig-onderwyseres vertel aan haar klassie die verhaal van die Barmhartige Samaritaan. “Wat sal jy doen as jy die pad afloop en ’n man sien lê wat aangerand en bebloed is?” vra sy. “Ek sal opgooi!” antwoord Elsie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (12)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 12
JAKOB EN ESAU VERSOEN
Gen 32-34; 38
1. Jakob by Pniël
Ná die verdrag met Laban het Jakob verder gereis en, soos aan die begin van sy selfopgelegde ballingskap, weereens engele teëgekom. Jakob het bitter swaar tye geken. God het dit egter bestem dat engele hom altyd beskerm het (Ps.34:8; Mt.18:10; Hebr.1:14).
Op pad na sy ouerhuis het ʼn nuwe moeilikheid opgeduik - hy moes Esau ontmoet! Jakob het sy broer 20 jaar tevore verkul en het derhalwe nie geweet wat op hom gewag het nie. God het hom egter aangesê om na sy geboortegrond terug te keer. Dis was al wat getel het. Jakob het destyds gevlug omdat Esau hom wou doodmaak. Hoe sou Esau na 20 jaar voel? Jakob het voortgegaan en maar net op God vertrou wat hom bo Esau vir die eergeboorteseën uitverkies het (Mal.1:2).
DIE PAARDEKRAAL- GELOFTE
Hierdie Gelofte is net so bindend as die Bloedriviergelofte, maar ook hier het die vyand daarin geslaag om om volk se kennis en geheue van hom weg te neem. Daarom dat die HERE ons volk sal aanhou straf totdat ons ons Geloftes aan Hom nakom.
Lees meer oor die aanloop en die redes tot hierdie Gelofte en die latere geskiedenis daarvan:
Op 12 April 1877 annekseer Sir Shepstone die ZAR, sonder dat 'n skoot geskiet is, namens Engeland. Die anneksasie was 'n direkte gevolg van die ontdekking van goud in die ZAR, goud wat Engeland vir haarself wou hê. Die gebeure is gevolg deur 'n periode van lydelike verset deur die burgers van die ZAR en ook is daar verskeie deputasies na Engeland gestuur.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (11)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 11
JAKOB VLUG NA LABAN
Gen 27:41- 31:55
1. Jakob maak spore
Esau het die saak nie daar gelaat nie en besluit om sy broer ná die dood van sy vader om die lewe te bring. Toe Rebekka van sy plan te hore kom, het sy Jakob gewaarsku waarna hy na haar broer Laban gevlug het. Sy sou Esau dophou en hom laat weet as dit veilig was om terug te keer. Rebekka het Jakob egter versoek om nie met ʼn Kanaänitiese vrou te trou nie, maar een uit haar familie – die Arameërs. Esau daarenteen het vir hom heidense vroue geneem (Gen.26:34,35).
Op pad na Haran het Jakob een nag van ʼn verkeer tussen hemel en aarde gedroom waarna God hom bystand beloof het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KINDERS SE SÊGOED
GEEN BABA-OPPASSER NIE
Die Verbondsonderrig-onderwyseres vra haar klas waarom Maria en Josef vir Jesus Jerusalem toe gevat het? “Omdat hulle nie ’n baba-oppasser kon kry nie” antwoord Ina.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (2)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
"God het met geen ander volk, behalwe Israel, 'n Verbond gesluit nie, en daar is ook geen ander volk, behalwe die Boerenasie, wat aan God 'n Gelofte gedoen het nie. Is dit dan nou toevallig dat juis die Israeliete en Boere die twee mees gehate volke ter wêreld is?"
Die skrywer/skilder, Johannes Meintjes, het weer 'n ander interessante siening van oom Nieklas en die mense van sy tyd gehad: Die Boere van die ou Republieke was vir hom tipiese Bybelkarakters — nie net in hul stoere, bebaarde, Ou-Testamentiese voorkoms nie, maar ook in hul ganse bestaan wat streng volgens die wil van God ingerig is. Net soos vir die aartsvaders was alle ander dinge ondergeskik hieraan.
Wat Siener betref, het Meintjes ook 'n sterk ooreenkoms gesien in die poëtiese taal waarin die Bybel geskryf is en die taal waarin die Boereprofeet sy visioene bekend gemaak het.
KERSFEES, EN WOOLWORTHS...
Ockie Oosthuizen Snr. - Voorsitter Vaandel Uitgewers
R50.6 milj se aandele is op een dag alleen verkoop in 902 000 transaksies. En die media swyg in meeste tale...
Kyk net wat kan gedoen word as daar weerstand is. Dis nou amper Kerstyd en ons kan Woorworths nog lekker bykom...
Hulle aandele het met 9% geval in 2 dae. Baie mense het vinnig hulle aandele verkoop en daarmee Woolworths se probleem net groter gemaak. Dit beteken ook dat Woolworths se gekapitaliseerde waarde met 9% verminder het. Aandeelhouers voel dit ook en verkoop aandele dat dit gons.
Dit lyk werklik asof hierdie saak opslae maak – weliswaar nie in die koerante nie.
In die noorde van Pretoria is daar groot woelinge en verlede week het studente en ander personeel en vriende van Aros die WW-winkels in die omgewing toegesak en elkeen het afsonderlik die winkels binnegegaan, ‘n trollie vol allerlei goed gelaai, met hulle “bondgenote” ‘n argument ten aanhore van almal aan die gang gesit, wat daarop uitgeloop het dat hulle kliphard vir almal om te hoor, verklaar het dat hulle nooit weer by WW gaan koop nie. Een van die takke moes hulle deure sluit soveel trollies vol kos en klere en allerlei ander goedere het by die kasregisters gestaan, almal tot oorlopens toe vol.
WIE IS NKOSI?
God of ’n bose gees?
Andrè van den Berg
Lees meer van hierdie skrywer by Andrè van den Berg
Shakespeare vra: “Wat is daar in ’n naam?” Steek daar iets in ’n naam? Vir seker! ’n Goeie naam word maklik verkry, maar ʼn slegte een moeilik om van ontslae te raak. ’n Naam sê vir jou iets van ’n persoon, veral as dit die lewende God is.
Moslems sê dat Christene in der waarheid dieselfde God as hulle aanbid. Hulle (Moslems) noem Hom net Allah. Is dit waar? Alles behalwe! “Hoor, Israel, die Here onse God is ’n enige Here” (Deut.6:4). Allah kan nie God wees nie omdat Allah van sy volgelinge verwag om hulle seun te stuur om vir hom te sterf - die berugte heilige oorlog (jihad). Die ware God sê: "Ek het my Seun gestuur om vir jou te sterf " (Joh.3:16). Daarbenewens het die Moslems se afgod nie ’n seun nie, maar die lewende God wel!
M O S E S... (10)
...vriend van God, wat Israel van Egipte tot by Kanaän gelei het
Dr JP Botha
Lees reeks by MOSES
DIE GOUE KALF
Toe die volk nie meer vir Moses sien nie en nie weet wat van hom geword het nie, gaan hulle na Aäron en sê vir hom: “Ons weet nie wat van die man Moses geword het wat ons uit Egipte weggelei het nie. Maak vir ons ‘n god wat ons kan lei.”
Aäron het dit gedoen. Hy het hulle goue ringe en versiersels gebruik en ‘n goue kalf vervaardig. Die volk sê toe: “Israel, hier is jou god wat jou uit Egipte bevry het!” Hulle het hom aanbid en vir hom geoffer, want Aäron het ook nog ‘n altaar voor die kalf gebou en aangekondig: “Ons hou môre ‘n fees vir die Here!” Israel het toe brandoffers en feesoffers vir hulle afgod begin aandra. Die feesviering het skoon handuit geruk.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (1)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Oom Nieklas van Rensburg se besondere karakter, persoon en gesigte het verskeie beroemde persoonlikhede geïnteresseer. So was daar die digter, C. Louis Leipoldt. Sy benadering tot die Boereprofeet was egter meer wetenskaplik en objektief. Hy was van mening dat al was die ou Siener 'n byna ongeletterde man en sonder enige kulturele agtergrond, het hy beskik oor 'n ingebore gevoel vir die skone, en ook dat hy (Nieklas) die lewe betrag het met die versiende oë van 'n digter. Sy rapsodieë (vertellinge) het gespruit uit 'n diepe gevoelswêreld, al kon hy hom weens 'n beperkte woordeskat nie behoorlik uitdruk nie.
‘N WARE VERHAAL...
...16 DESEMBER 1838
"Op die 16de Desember hierdie jaar sal dit 174 jaar gelede wees dat daardie gelowige Voortrekkers die Zoeloes met die hulp van die Almagtige God oortuigend verslaan het... Die huidige Zoeloekoning het so onlangs as 'n twee weke gelede tydens 'n seëndans aan sy voorvadergeeste belowe om wraak te neem op die blankes in Suid-Afrika vir die gebeure van daardie 16 Desember..."
Daar was eendag ‘n koning wat al sy onderdane wie nie deel van sy kerk wou wees nie, wreed vervolg het. Op brandstapels en met valbyle en met die skerpte van die swaard het sy soldate die andersdenkendes voor die voet by die miljoene uitgeroei en tot oorgawe gedwing. Gelukkig het ‘n paar dit reggekry om te ontvlug en hul in die vriendelike buurlande gevestig.
Maar daar was nie genoeg ruimte in daardie lande vir hulle nie en hulle het toe in ‘n vreemde land oor ‘n baie ver oseaan ‘n nuwe heenkome gevind.
INBORS... OF YDELHEID?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg
"Ons staan aan die einde van ’n jaar wat vinnig verby is. Dis nou ’n goeie tyd om ’n geestelike voorraadopname te maak en onsself die vraag afvra: Wat het ek hierdie jaar in belang van God se koninkryk, ook in die plaaslike koninkryk, gedoen? Was ek eerbaar?"
“En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie; ’n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad…”
Wat ’n getuigskrif komende van God self! Is dit nie wonderlik as God dit van ’n sondaarmens dink nie! Wat het Job so uitsonderlik gemaak? Hy het iets gehad waaraan nie net die wêreld nie, maar ook die kerk vandag mank gaan: inbors. Daarsonder is gelowiges se getuienis min werd: “Maar laat julle woord wees: Ja, ja, nee nee. Wat meer is, is uit die bose” (Mt.5:37).
Waarom was God vir Job lief? Omdat Job vroom was; hy het inbors gehad. Wat is inbors?
VOLKSVERRAAD (14)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
BURO VIR STAATSVEILIGHEID WERK SAAM MET DIE CIA OM FRELIMO VAN HULP TE VOORSIEN TENEINDE TE HELP DAT PORTUGAL IN KOMMUNISTIESE HANDE BELAND
Die Caetano-bewind in Portugal is in April 1974 deur 'n Anglo-Amerikaanse geborgde staatsgreep omvergewerp. "Om Suider-Afrika op te breek, sou Amerika en Rusland 'n rewolusie in Portugal moes bewerkstellig. Die Portugese Kommunistiese Party was egter 'n klein, niksbeduidende partytjie waarvan die leiers al vir jare uit Portugal gevlug het as gevolg van president Salazar se streng optrede teen alle kommuniste. Daarom was dit noodsaaklik om Portugal te verswak deur onrus in Portugal en tegelyk in Mosambiek en Angola te stook. Dit kon gedoen word deur aanhoudende terroriste-aanslae op Mosambiek en Angola. Portugal sou daardeur gedwing word om jare lank groot en duur leërs daar op die been te hou, wat die Portugese ekonomie sou uitput en die volk sou demoraliseer en uiteindelik vir rewolusie sou vatbaar maak. Dit was die strategie van beide Amerika en Rusland.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (10)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 10
SEUN VAN DIE BELOFTE
Gen 25:19-27
1. Isak in Gerar
Hongersnood was destyds ʼn baie algemeen ding. Hongersnood het Abraham selfs na Egipte laat verhuis (Gen.12:10). Isak het na sy vader se dood na Gerar vertrek waar Abimeleg die koning was. God het aan hom soortgelyke beloftes as aan sy vader gegee en dieselfde gehoorsaamheid van hom verwag. Toe Rebekka die aandag van die manne van Gerar getrek het, het Isak gesê dat Rebekka sy suster was. By sy pa was dit ʼn halwe waarheid, maar by hom ʼn volle lieg!