Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"...gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie." – Spreuke 30:8-9
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (38)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 9
BATSEBA
2 Sam 11; 12:1-25; 13
1. Dawid bly in Jerusalem
Alhoewel Dawid ʼn man van God was, was daar ook donker tye in sy lewe. By geleentheid was daar oorlog, maar Dawid het nie soos gebruiklik saamgegaan nie. Ná ʼn middagslaap het hy op die paleis se dak koelte gaan soek en vandaar ʼn jongvrou gewaar wat in die nabye omgewing besig was om te bad. Dat sy nie op ʼn meer afgesonderde plek gebad het nie, wys heelwaarskynlik daarop dat sy nie oor preutsheid gepla was nie. Sy was mooi en jonk en die dogter van Eliam, een van Dawid se dapperste helde. Haar oupa, Agitofel, was ook een van Dawid se raadsmanne.
Batseba was in ʼn lewenslustige stemming
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (11)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Met Kemp se kommando
In briewe aan mnre. Cornelius Borman van Kimberley en oom Joos Haasbroek van Potchefstroom, asook in 'n artikel uit 'n ou maandblad, Mense, (Jan. 1956) gee mnr. Boy Mussmann 'n breedvoerige en baie interessante beskrywing van sy wedervaringe saam met oom Nieklas in genl. Kemp se kommando tydens die Rebellie toe hulle die moeilike tog van 600 myI (1 000 kilometer) deur die Namibwoestyn aangepak het. Ek maak ook gebruik van inligting wat mnr. D.J. Esterhuizen van Upington gestuur het.
(Ter wille van groter duidelikheid is die styl en spelling plek-plek aangepas en verander):
Mnr. D.l. Esterhuizen van Upington:
Hy vertel dat sy vader en oom Nieklas van Rensburg in die loop van die Rebellie goed bevriend geraak het. Tydens hulle tog na Duitswes is hulle een aand in 'n geveg met regeringsmagte betrokke en is die groepie Rebelle kort voor donker omsingel.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (37)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 8
DAWID IN JERUSALEM
2 Sam 5-7; 9
1. Die sentrum
Jerusalem was die hoofstad van Dawid se ryk. Hy het dit laat versterk en vir hom ʼn paleis daarin laat bou. Die materiaal en ambagslui (klipkappers en skrynwerkers) het hy spesiaal uit Fenisië (Libanon) laat kom. Die Fenisiërs was handeldrywers en het goeie verhoudinge met Israel gehad. Nadat die paleis voltooi is, het Dawid met sy ses vroue en seuns uit Hebron daarheen getrek waarna hy nog vroue en byvroue geneem het. Hy wou die Oosterse konings beïndruk. Dit was egter nie God se wil nie (Deut.17:17).
VOLKSVERRAAD (30)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
Die Nasionale Party het ook van een probleem na die volgende rondgestrompel. Inderwaarheid het die Nasionale Party beheer oor die bestuur van die land verloor en was die werklike mag agter die skerms in die hande van die Regering se Staatsveiligheidsraad. Die Staatsveiligheidsraad, waarin Pik Botha die sterkste hand gehad het, het selfs die sakelys vir die kabinet bepaal. Daar was 'n aantal ministers op hierdie raad verteenwoordig, waaronder Pik Botha, Magnus Malan en Adriaan Vlok. Inderdaad was dit die Verligte Aksie-beweging wat in hierdie tyd die pad oopgehou het vir onderhandeling met die verbanne ANC en sy leiers wat nog in aanhouding of buite die landsgrense was.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (10)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die Rebellie
Nieklas van Rensburg se patriotisme en onwrikbare vertroue in God se liefde en beskerming is so diepgewortel in die harte van sy voorsate dat hulle selfs God se leidende hand gesien het in die hele verloop van die Groot Trek en die twee Vryheidsoorloë. Dit was Hy wat hulle gehelp het om die bitter pioniersjare en die lyding van veral die Tweede Vryheidsoorlog te trotseer. Omdat Hy hulle gelei het om lig in die donkerte van Afrika te bring, sou sy seënende Hand oor hulle wees en sou Hy hulle nooit verlaat nie.
Die rustige gang van sake in sy gemeente te Wolmaranstad is in 1914 onderbreek deur die Eerste Wêreldoorlog en Rebellie.
Met die Nagmaal in Juliemaand 1914, het oom Nieklas nie kerk toe gekom nie. Sy seun verduidelik toe wat die rede is: "My Pa sê ons gaan uitmekaargejaag word." Daardie selfde middag nog is die burgers opgekommandeer en was dit die begin van die Rebellie.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (10)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
STRIJDOM-STANDBEELD - NYLSTROOM
Ligging: Aan die oostekant langs die R101, wat noord- suid deur die dorp loop, skuins oorkant die Beyers-monument.
GPS-koordinate: S24°42.152, E28°24.173.
Toegang: Die monument staan agter 'n tralieheining maar is duidelik sigbaar. Daar is geen toegangsbeheer nie en oorgenoeg parkeerplek.
Geriewe: Daar is geen geriewe by die beeld nie, maarvoldoende in die nabye omgewing.
Beeldhouer: A. de Jager.
Onthul: 1972, deur mev. Susan Strijdom.
Hierdie monument bring hulde aan J.G. Strijdom, wat as eerste minister van 1954 tot 1958 aan die hoof van die Suid-Afrikaanse regering gestaan het.
Johannes Gerhardus (Hans) Strijdom (1893-1958) het op 'n plaas naby WiIlowmore in die Ooskaap opgegroei. Hy het na-skools by die Victoria-kollege (wat later die Universiteit van Stellen-bosch geword het) asook by die Universiteit van Pretoria in die regte studeer.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (36)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 7
DIE BEGIN VAN DAWID
2 Sam 2; 3:6-39; 4; 5:1-9
1. Dawid word koning
Saul se dood was ʼn keerpunt in Dawid se lewe. Wat moes hy doen? Nadat God hom deur Abjatar geantwoord het, is hy na Hebron. Dit was ʼn baie ou stad waar Abraham by geleentheid vertoef het. Josua het Hebron tydens die intog in Kanaän verower en aan Kaleb gegee. Dawid het hom hier onder stamgenote bevind met wie hy altyd goed oor die weg gekom het. Hulle het hom as koning oor die huis van Juda gesalf. Die nuus dat hy jare tevore deur Samuel tot koning gesalf is, het nie geheim gebly nie. ʼn Paar mense, insluitende Abigail, het daarvan geweet (1 Sam.25:30).
Alhoewel Dawid voorlopig net koning van Juda was, wou hy graag die res van die volk onder hom verenig.
VOLKSVERRAAD (29)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
REORGANISERING VAN DIE CIA POLITIEKE HOOFSTROOM BINNE DIE AFRIKANERPOLITIEK: TIENIE GROENEWALD WORD DIE HOOF VAN DIE VERIGTE AKSIE-BEWEGING
Tienie Groenewald het lid geword van die Verligte Aksie-beweging gedurende Augustus 1977. Groenewald is in Junie 1978 tot hoof van Kom. Ops. bevorder. Hy het toe die rang van kolonel beklee. Hy is in 1979 tot brigadier bevorder en in 1983 tot generaal.
Die CIA het in Mei 1980 'n teikenontleding op Tienie Groenewald gedoen met die oog om hom by hulle spioenasienetwerk in te trek. Groenewald word in 1982 as informant en in Februarie 1983 as spioen by die CIA spoenasie-netwerk ingetrek.
Groenewald het in 1986 die Amerikaanse mormoonse geloof aangeneem en Amerikaanse burgerskap (dit is onduidelik onder welke naam en van) verkry. Sover vasgestel kon word, sit die CIA agter sy burgerskap.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (9)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Lanferdoek oor Lichtenburg
Op Saterdag 11 Julie 1914 - skaars drie weke voor die uitbreek van die oorlog - daag die Siener onverwags by genl. De la Rey se plaas Elandsfontein naby Lichtenburg op. Dit was die eerste en enigste keer in die 15 jaar van hulle vriendskap dat oom Nieklas die sowat 90 kilometer afgelê het om die Generaal op sy plaas drie kilometer buite Lichtenburg te besoek. Hy het geweet hy is die draer van slegte nuus wat die lewe van sy geliefde vriend en volksman raak, en die tyding wou hy self oordra.
Die plaas Elandsfontein was 'n gewilde kuierplek. Van Boere-generaals en Britse staatsmanne tot dorpsmense en burgers het dikwels daar aangedoen. So ook mense op soek na staaltjies en die humor van die roemryke Generaal Koos de la Rey en die gasvryheid van tant Nonnie, sy vrou. 'n Gesellige atmosfeer het deurentyd op die plaas geheers, totdat die ou Siener op daardie dag daar aangekom het...
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (13)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
"Wat was die motief?"
Die meeste professore aan ons universiteite is pragtige en waardevolle mense. Ek is bevoorreg om 'n klompie van hulle te ken - dit is nou uit daardie groep wat nie skeefgetrek het en dink dat hulle roeping in die lewe is om so vinnig moontlik te help om die Boerevolk aan die kommuniste uit te verkoop nie.
Sonder die eerste groep sou ons 'n brandarm volk gewees het. Sonder die tweede groep sou lewe hier te lande 'n groter vreugde gewees het. Sommige van hierdie professore raak soms so verdiep in hulle spesialiteitsgebiede, dat hulle "'n bietjie snaaks" word, sonder om skadelik te wees. Ander word eers skadelik en dan snaaks.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (9)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
C F BEYERS-MONUMENT - NYLSTROOM
Ligging: By ingang van die konsentrasiekamp-begraafplaas aan die westekant langs die R101, wat noord-suid deur die dorp loop.
GPS-Koordinate: S24"42.161, E28°24.164.
Toegang: Daar is geen toegangsbeheer nie en oorgenoeg parkeerplek.
Geriewe: Daar is geen geriewe by die monument nie, maar voldoende in die nabye omgewing.
Onthul: 1987, deur luitenant-generaal P.W. van der Westhuizen.
Christiaan Frederik Beyers is in 1869 in die distrik Stellenbosch gebore en was 'n student by die Victoria-kollege in daardie dorp waar hy 'n tydgenoot van Jan Smuts was.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (35)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 6
SAUL STERF
1 Sam 27-29; 31; 2 Sam 1
1. Alweer Filistyne!
Toe die Filistyne teen Israel optrek, het Agis geglo dat Dawid hom as gevolg van die vete met Saul sou help. Agis het vir Dawid en sy 600 manskappe selfs ʼn eie stad (Siklag) gegee vanwaar hulle strooptogte teen die Amalekiete en Gesuriete onderneem het. Dawid het hom slegs by die Filistyne aangesluit omdat Agis vir hom goed was. Net toe Dawid teen Israel wou veg, het die Amalekiete ʼn wraakaanval op Siklag geloods en moes hy onmiddellik daarheen vertrek.
Die Filistynse vorste het Dawid egter gewantrou. Hulle het geglo dat hy in die hitte van die stryd teen hulle sou draai net om Saul te beïndruk.
WAT HET VAN MANLIKHEID GEWORD?
KRIEWELKOP
"Manlikheid is om in te staan vir … Wanneer ‘n jongman ’n meisie uitneem, behels dit om vir haar in te staan en ongeskonde terug te besorg, en in die huwelik en gesin geld dié instaan al die pad."
Kyk rondom jou in hierdie moderne era en vra jouself af: wat het van manlikheid geword? ‘n Mens behoort die vraag “wat het van vroulikheid geword?” ook dadelik daarmee saam ondersoek, want daar bestaan ‘n wisselwerking tussen manlikheid en vroulikheid. Die een werk nie sonder die ander nie en hulle beïnvloed mekaar grondliggend.
Maar watter man sou dit nou wou waag om te beskryf wat vroulikheid is en wat daarvan geword het? Dalk is daar 'n paar dapperes... Miskien moet die dames maar van hulle laat hoor – en dalk sommer ook vir ons sê wat hulle onder “manlikheid” verstaan. As ons deeglik hieroor dink kan dit dalk help om onsself én ons wedersydse verhoudinge te begryp.
VOLKSVERRAAD (28)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
AFRIKANER BROEDERBOND EN DIE ONDERHANDELINGSPOLITIEK
Die onderhandelings-konsepdokument waarna Pik Botha verwys, is 'n werksdokument van die Afrikaner Broederbond van 1986. Hierdie dokument is dan ook die bewys dat die Broederbond uiteindelik 'n volslae instrument van die liberalisme geword het. In die Broederbond-dokument, wat 'n navolging is van die Rockefeller-aksieplan van 1981, word die aanvaarding van 'n Swart meerderheidsregering [paragrawe 3.3 en 3.9 op bladsye 5 en 6] en 'n Swart staatspresident [paragraaf 3.7 op bladsy 5] verkondig. In die dokument wat as 'n 'werksdokument' beskryf is, en 'streng vertroulik' gemerk is, is die planne om die Afrikaner se magsbasis in die politiek permanent tot 'n einde te bring, volledig uitgespel.
As uitgangspunt aanvaar dit dan ook die grondliggende gedagte van 'nie-groepsoorheersing '. Daar word ook aanvaar dat Christelike norme nie vir alle mense geld nie.
JESUS SE MOEDER, MARIA
Opvattings oor Maria
Prof. FAH van Staden
Die leer van die Rooms-Katolieke Kerk (RK) oor Maria, die Mariologie, bestaan hoofsaaklik uit ‘n aantal dogmas wat elke pous periodiek “ex cathedra” oor haar persoon en lewe vir dié Kerk geproklameer het. Dit is nie gegrond op die Skrif nie, maar is menslike standpunte wat deel vorm van hul tradisie, wat gelyk geag word aan die Skrif en selfs bo die Skrif.
DIE MAAGDELIKE GEBOORTE
Die getuienis van die Skrif aangaande die maagdelike geboorte is dié van ‘n ongekompliseerde, sobere geboorteverhaal. Dit begin met die Godsbesluit en handeling: Die geboorte van Jesus Christus was dan so:
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (8)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
PIET POTGIETER-MONUMENT
Ligging: Op Piet Potgieterplein voor die stadshuis, aan die westekant van Ruiterstraat, tussen Retief- en Van Riebeeckstraat, Potgietersrus.
GPS-koordinate: S24*11.022, E29°00.634.
Toegang: Die monument is binne 'n omheinde gebied wat bedags oop is. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Genoeg parkeerplek. Geen geriewe, maar voldoende in die nabye omgewing.
Inwyding: 1964.
Hierdie monument bring hulde aan Pieter Johannes (Piet) Potgieter, die tweede oudste seun van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Piet Potgieter is in 1822 in die Ooskaap gebore.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (34)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 5
SAUL EN DAWID
1 Sam 16; 17: 1-11,32-51; 18: 1-20; 22: 6-23; 23: 1-13, 16-25; 24; 26: 1-5,12-25.
1. Dawid word gesalf
Dawid was die man na God se hart waarvan Samuel gepraat het. Hy is lank voor sy troonopvolging in die geheim tot koning gesalf. Dis onder die dekmantel van ʼn offermaaltyd gedoen sodat Saul nie daarvan te hore moes kom nie. God is reg in al sy werke, al is dit ook in die geheim! God het Saul twee maal op die proef gestel en klaaglik misluk. Daarna het God hom laat weet dat Hy sy koningskap sou verloor. God het Samuel na ʼn plaas in Betlehem gestuur waar hy Dawid as Saul se opvolger gesalf het. God het met Saul se salwing sy hart verander sodat die Gees van God by geleenthede oor hom vaardig kon word. Met Dawid was dit baie anders want die Gees het gedurig in hom gewoon!
VOLKSVERRAAD (27)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
WIE WAS JOHAN HEYNS?
Om die aanslag teen die behoudende Afrikaner in sy kerk te kan begryp, moet 'n mens Johan Heyns onder die soeklig plaas.
In sy boek, MY LEWE EN STREWE deur MANIE MARITZ, waarsku Maritz teen die toendertydse moderator van die NG Kerk, naamlik dr. Wim Nicol. Nicol was 'n Jood en Manie Maritz sê oor hom: '"n Jood bly 'n Jood!" bedoelende dat hy sy eie geloof nooit ter syde sal stel nie.
Toe twee joernaliste, een van Rapport en een van Beeld, Johan Heyns genader en gevra het hoekom hulle die familienaam Heinsowitz verander het na Heyns, wou hy hulle nie antwoord nie.
Later het een van Heyns se seuns in Laudium, Pretoria — 'n bekende Indiër-woonbuurt — gesê hy vind dit goed dat ons nou al die gelowe van die wêreld in Suid-Afrika aanbid. Dit verruim glo 'n mens se gedagte.
WEES NET JOUSELF
GOEIE VERHOUDINGS IS BELANGRIK
Die Boodskapper
Menseverhoudinge speel ‘n baie belangrike rol in ons lewe. Dit vul die meeste van ons tyd elke dag. Dit beïnvloed ons houdings en gesindhede. Dit kan jou selfs dodelik siek maak as dit daar sleg gaan – so het navorsing al oor en oor bewys. Maar dit kan jou ook stralend gelukkig maak en motiveer as dit goed gaan.
Maar daar is ‘n basis in dié verhoudinge wat nóg belangriker is.
MY SELF VOOR GOD
Jare gelede het ‘n boekie van Lloyd H Ahlem verskyn, Do I have to be Me? wat ‘n mens laat besef het hoe belangrik jou selfbelewenis in al jou ander verhoudinge is.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
REGERINGS
Will Rogers: Ek het nie nodig om grappies uit te dink nie. Ek hou net die regering dop en vertel dit dan oor.