Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
In die Bybel word reg soos ons vandag in menseregte verstaan nooit as ’n hefboom gebruik om mag te verkry of ongeoorloofde beheer oor mense uit te oefen nie. Dit het altyd met goddelike opdragte te doen. Die mensdom moet voordeel uit die verpligtinge wat God se Woord hulle oplê, laat put. Anders gestel: gehoorsaamheid aan God se Woord moet vir almal wat rustig wil leef, voordelig wees.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (22)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
JAN MARAIS-STANDBEELD - STELLENBOSCH
Ligging: Op die Jan Marais-plein in die middel van die kampus van die Universiteit van Stellenbosch, bokant die biblioteek.
Toegang: Dit word deur die Universiteit van Stellenbosch beheer. Geen toegangsfooi nie.
Geriewe: Toilette en kafeterias op die Universiteitskampus.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Onthul: In 1950, deur sy eggenote, mev. E.J.H. Marais.
Op die voetstuk van hierdie monument; standbeeld staan die volgende opskrif: "J.H. Marais. Ons weldoener." Johannes Henoch (Jan) Marais was 'n Stellenboscher in murg en been. Hy is in 1851 op die plaas Coetzenburg in Stellenbosch gebore en het sy opleiding aan die Stellenbosch-Gimnasium ontvang.
GOD HEERS OOR ALLES
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pitkos vir die siel
" Watter boodskap het Jes.7:18 vir die Boerevolk? Dat ons die vyand van God nie durf vrees nie. Hulle het, soos Babel, slegs politieke mag en nie almag nie."
“En in dié dag sal die Here vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is...” (Jes.7:18)
Wat ‘n eienaardige vers! ‘n Mens kan amper nie glo dat daar so iets in die Bybel staan nie! Ons lees gereeld dat God praat of roep, maar nooit dat Hy fluit nie. Slegs in Jes.7:18. Hierdie teks beklemtoon ‘n baie groot waarheid - alles is aan God onderworpe hetsy goed of sleg. Hy stel selfs aan Satan perke. Luister hoe sidder die bose geeste voor Christus: “En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie” (Luk.8:31). God beheer alles, goed en sleg.
In die gelese gedeelte bevind Juda hulle op die vooraand van ‘n nasionale ramp – ballingskap.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (55)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 4
NAäMAN WORD GENEES
2 Kon 5
1. ʼn Klein getuie in ʼn groot huis
Israel het nooit goeie verhoudinge met Aram gehad nie al het hulle soms teen vyande saamgespan.
Ná Agab se dood het Hahadeser, die koning van Aram, Israel nie aangeval nie omdat hy hulle in sy stryd teen die Assiriërs nodig gehad het. Tydens ʼn strooptog het van die Arameërs wel ʼn Joodse dogtertjie weggevoer en haar aan Naäman as slavin gegee. Hy was ʼn gesiene man wat na ʼn skitterende oorwinning oor die Assiriërs naam gemaak het.
God het nie net oor Israel se toekoms gewaak nie, maar ook ander volke se lotgevalle bestuur.
VANWAAR KOM DIE REVOLUSIE?
Deur Gawie
Idealiste glo dat ‘n revolusie ontstaan as gevolg van die massas se ontevredenheid met ‘n sekere regeringsvorm. So glo baie steeds dat die revolusie in Rusland ontstaan het weens die ontevredenheid met die outokratiese regering van die tsaars.
Dit was eers later dat ingesien is dat die revolusie na Rusland “ingevoer” is. Wladimir Lenin het hierdie revolusie van buite gestook en die massas onder die indruk gebring het dat hulle toestande verbeter sou word. Karel Marx se sosialisme is gebruik om die Russe en al die volkere rondom Rusland te verkneg, terwyl mense vas geglo het dat hulle die ideale wêreld sou betree. Min het hierdie niksvermoedende volke geweet dat hierdie revolusie bekook is deur die geldmagte.
Die vraag wat gevra moet word, is waar hierdie linkses, waaronder kommuniste, multikulturaliste en sosialiste, die fondse gekry het, want daarvan was daar deurentyd oorgenoeg. Hulle het altyd fondse tot hulle beskikking gehad, maar was self nie in die vermoë om dit te voorsien nie.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (54)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
ELIA EN ELISA
2 Kon 2; 4:1-37
1. Elia word in die hemel opgeneem
Elia het Elisa op God se bevel as sy opvolger aangewys. Alhoewel Elisa sy dienaar was, het Elia grotendeels alleen opgetree. Op pad na Gilgal was hulle vir die eerste en laaste keer saam. Hierdie Gilgal was nie die stad by die Jordaan nie, maar een noord van Bet-el, naby Silo. God het die doel van hul reis nie vooraf bekend gemaak nie. Dit was te groot. Elia sou ten hemele vaar!
Elia wou aanvanklik alleen gaan en Elisa gevra om te bly. Elisa het egter gesweer om hom hierdie keer nie te verlaat nie. Elia het daarin berus. Gevolglik het hulle saam in Bet-el aangekom en profeteseuns teëgekom wat deur God oor die komende gebeure ingelig was. Elisa het hulle egter gevra om eers daaroor te swyg.
NIE TOT DIE DOOD NIE...
TOT VERHEERLIKING VAN GOD SE NAAM
Hannes Ollewagen
Joh. 11:4: “En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word.”
Onmiddellik bely Jesus dat hierdie probleem waarmee die mense na Hom toe kom, nie eintlik ‘n “probleem” is nie, maar veel eerder ‘n geleentheid waardeur God se Naam verheerlik kan word.
Ek kan nie anders as om dadelik te dink aan ons volkslewe en die “siekte” wat ons volk tans het, nl. om ons harte aanhoudend teenoor God te verhard en te weier om ons van ons verkeerde weë te bekeer en nie voor Hom te wil verootmoedig nie – ten spyte van al die swaarkry en hartseer wat oor ons kom – ook nie tot die dood is nie, maar tot die heerlikheid van God. Net soos wat die Bloedrivier, die Majuba, ens. nie siektes/probleme tot die dood toe was nie, maar veel eerder tot die heerlikheid van God.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (19)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die brakdakhuisie
Oom Nieklas se kleindogter, Ria James en mnr. Boy Mussmann skets die omstandighede en leefwyse van die Van Rensburg-gesin na afloop van die Eerste Wêreldoorlog:
"Op Rietkuil, distrik Wolmaransstad, in 'n vaal brakdakhuisie met plankvensters (en kleimure), het Nicolaas Petrus Janse van Rensburg 'n eenvoudige bestaan gemaak. Agter die eenvoudige ou huisie was 'n rantjie en as 'n mens op die rantjie gestaan het, kon jy die gras plek-plek op die brakdak sien groei. Dit was op hierdie einste rantjie dat Siener in sy laaste dae vele ure met sy Bybel deurgebring het.
"Op 'n skaapvelletjie langs 'n riempiesmat-voustoeltjie voor die huisie, omring van sy skoenmakergereedskap, was oom Nieklas se geliefkoosde sitplek. Daar het hy hom besig gehou met die herstel van sy eie en die kinders se skoene; daar het hy aan sy baie besoekers - sommige wat honderde my le ver gekom het, van sy gesigte vertel."
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (21)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
HUGENOTE-MONUMENT - FRANSCHHOEK
Ligging: Oorkant die suidoostelike punt van Hugenootstraat, langs Lambrechtstraat.
Toegang: Daar is toegangsbeheer by die monument, 'n toegangsfooi is betaalbaar.
Geriewe: Daar is geriewe soos toilette by die monument.
Beeldhouer: Coert Steynberg (met die argitek J.C. Jongens as mede-ontwerper).
Inwyding: 17 April 1948.
In Frankryk was die Rooms-Katolieke Kerk in die sewentiende eeu die oorheersende kerk en is Franse Protestante (wat Hugenote genoem is) op allerhande wyses benadeel, al was daar amptelik godsdiensvryheid.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (18)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
In die gevangenis
Na die mislukte Rebellie van 1914 beland Siener van Rensburg as selmaat saam met die joernalis, Harm Oost, in die tronk op Boksburg, en sy eerste woorde aan die koerantman was: "Ek het geweet ons sal mekaar sien." Toe kyk hy op en voeg by: "Ek kon dit nie verstaan nie. Daar het 'n swart muil aan my mou gelek, en ek moes deur 'n digte doringbos gaan. Maar ek het anderkant uitgekom ..." Die 'swart muil' was die tronkowerheid en die 'digte doringbos' die smaad en lyding wat hy moes deurmaak.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (53)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
JORAM KONING VAN JUDA
2 Kon 8:16-29; 2 Kron 21,22
1. Twee swaers
Daar was nie net een Joram nie, maar twee; een in Israel en die ander in Juda. Toe Ahasia, die seun van Agab, sonder ʼn seun sterf, het sy broer Joram koning van Israel geword. Ná Josafat se dood het sy seun, ook ʼn Joram, koning van Juda geword. Hy was goddeloos en het die Baäldienste in Juda hervestig. Sy naamgenoot in Israel het weer die Baäldienste afgeskaf.
Die skrywer van Kronieke teken afgodsdiens as geestelike hoerery aan. Dit herinner sterk aan die prostitusie wat in die Baäldiens bedryf is. Die agtergrond van hierdie uitdrukking is interessant. Die verhouding tussen God en sy volk is telkens met die verhouding tussen ʼn huwelikspaar vergelyk (Eseg.16:8). Dit kom veral in die boek Hosea sterk na vore. Wanneer Israel ander gode gedien het, was sy soos ʼn losbandige vrou.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (17)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
KREFIES LOOP REGUIT...
Toe sing die sangeres, Ronel Erasmus, dit hard en duidelik oor die SAUKtelevisie:
"Krefies loop reguit en krappies loop skeef. Daarom mag jy nie met haar trou."
Hard en duidelik vir elkeen om te hoor.
Ek wonder wat die sogenaamde "Raad" van die SAUK van hierdie "oorskryding" van alle perke van misleiding te sê gehad het, of het hulle dit nie eers opgemerk nie. Miskien was hulle te besig om te dink waar hulle die Boerevolk en sy taal nog verder kan probeer verneder.
Soos krefies en krappies nie trou nie, trou die leeus nie met die tiers in die wildtuin nie, trou die olifante nie met die kameelperde nie en trou die rooibokke nie met die bosbokke nie.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (20)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
AFRIKAANSE TAALMONUMENT - PAARL
Ligging: Op die Paarlberg, by die bopunt van die Gabbema Doordriftpad.
Toegang: Die monument staan in omheinde gebied en is net bedags oop. 'n Toegangsfooi is betaalbaar.
Geriewe: Daar is geriewe soos toilette by die monument.
Ontwerper: Die argitek Jan van Wijk.
Onthul: 10 Oktober 1975 deur die Eerste Minister, BJ. Vorster.
Monumente om spesifieke tale te huldig is geen algemene internasionale verskynsel nie. Tog is daar in Suid-Afrika minstens 30 gedenktekens om die ontstaan en vestiging van die Afrikaanse taal te gedenk. Die mees sigbare en indrukwekkende daarvan is ongetwyfeld die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg in die Kaap. Dit is opgerig om aan die behoefte te voldoen om 'n waardige monument vir die ontwikkeling van Afrikaans tot skryftaal en die vertaling van die Bybel in Afrikaans in herinnering te roep.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (52)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
11 KONINGS
LES 1
AHASIA EN JORAM KONINGS VAN ISRAEL
2 Kon 1 en 3
1. Ahasia ʼn bose koning
Ná Agab se dood het sy seun Ahasia, wat net twee jaar regeer het, koning geword. Hy was goddeloos en het die Baäl- en kalwerdiens bevorder. Die meeste stede het hul eie Baäl gehad, elkeen met ʼn eienaam gehad. Ahasia het dienaars na Ekron, ʼn Filistynse stad, gestuur om ʼn godspraak (orakel) te verkry. Hierdie stads-Baäl is Baäl-Sebub (ook Sebul) genoem; die Beëlsebul van die NT (Mt.12:24).
Ahasia het ernstig seer gekry toe hy deur die venster van sy bokamer geval het. ʼn Bokamer was gewoonlik op die plat dak waarvandaan ʼn goeie uitsig verkry kon word en koelte verskaf het. Die val het gesondheidsprobleme veroorsaak waarteen die medici nie opgewasse was nie. Daarom het Ahasia dienaars na Baäl-Sebub vir raad gestuur. Sebub beteken steekvlieë. Hy is as ʼn natuurgod met mag oor insekte vereer.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SO WERK DIT
Normaalweg stenig ons die minder ernstige misdadigers summier en plaas die grootstes in staatsdepartemente... - Aesop
BOEREFORTE IN PRETORIA
Die Transvaalsche Rijdende Artillerie het reeds sedert 1888 'n paar mobiele staalfortjies gehad wat hulle rondgery het en telkens by ’n nuwe staanplek herdoop het. Ná die Jameson-inval van 1895 het dit duidelik geword dat ’n konfrontasie met Brittanje onafwendbaar was, en die regering het begin luister na die waarskuwings en raad van L. Grünberg, wat reeds sedert 1895 in die ZAR besig was met die oprigting van myn-masjinerie. Hy was ook die plaaslike verteenwoordiger van die wapentuig-vervaardigers Schneider en Kie van Le Creusot, wat die swaar Long Toms gemaak het.
VOLKSVERRAAD (39)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
AFRIKANER BROEDERBOND EN DIE OPOFFERING VAN DIE AFRIKANER
Die Afrikaner Broederbond se omsendskrywe, gedateer April 1991 (vir behandeling en oorweging, vernietig teen 30 September) word in ‘n scenario-oorsig 'n "demokratiese oplossing" deur onderhandelde-een-mens-een-stem-kiesreg, 'n verskanste grondwet, proporsionele verteenwoordiging, een of ander vir die meerderheid aanvaarbare beskerming van minderhede en konsensusbesluitneming bepleit. Dit was die scenario wat hy verkies, waarin die Broederbond ewe gelate waarsku dat die Nuwe Suid-Afrika wat hyself as die vernaamste inisiëerder besig is om in die lewe te bring, dalk tot chaos, bloedvergieting en anargie kan lei.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (19)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
VLOEDMONUMENT - LAINGSBURG
Ligging: Voor die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Laingsburg, langs die Nl.
GPS-koordinate: S33°19.648, E2CT85.853.
Toegang: Die monument staan op die kerkterrein en is permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Toilette en winkels in die nabyheid.
Die bewoording op hierdie monument lui: "Ter gedagtenis aan lidmate van hierdie gemeente wat saam met hul leraar ds Malan Jacobs in die vloedramp van 25 Jan 1981 verdrink het. Openbaring 22 vers 1: 'n Rivier uit die troon van God."
Dit was op 'n Sondag, naastenby die normale middagetenstyd,
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Na baie jare van ervaring het ek tot die gevolgtrekking gekom dat daardie enkele onkapabele mens wat jy op jou pad teëkom, 'n abolute skande is; twee van hulle 'n regsfirma is; en drie en meer van hulle 'n regering... - John Adams
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (51)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 11
JOSAFAT
1 Kon 22:41-54; 2 Kron 17;19:4-11; 20
1. Ingrypende hervormings
Josafat was ʼn gelowige. Nogtans het hy nie die hoogtes waar daar geoffer is, afgeskaf nie. Daar was twee soorte hoogtes – dié van die Kanaäniete en dié van Israel. 2 Kron.17:6 meld dat Josafat die hoogtes en heilige boomstamme laat verwyder het omdat Baäl daar aanbid is. Israel se hoogtes is selfs voor die bou van die tempel gebruik (1 Kon.3:2). Samuel was veral bedag daarop dat geen heidense gebruike by hierdie hoogte-offers ingesluip het nie (1 Sam.9:13,19,25). Ná die tempelbou het Israel egter aangehou om op die hoogtes te offer. Ten spyte van die gevaar dat dit met heidense elemente vermeng kon raak, het Josafat dit laat voortgaan.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Al wat ons kort om die Nuwe Suid-Afrika van sy werkloosheid te red is 'n groot klomp werklose politici...