Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Het u al opgemerk hoeveel wysheid kom outomaties van mense wat 'n vaste geloof in God koester? En hoe dieper daar in die werking van die menslike verstand gedelf word, hoe meer tekens vind ons van die wysheid van Hom wat dit geskep het. Dan word dit 'n lewenswyse om verstandig te wees en uiteindelik is gesonde verstand om dinge te sien soos hulle werklik is en dinge te doen soos hulle gedoen behoort te word.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (74)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
die boek esra
DIE TERUGKEER UIT BALLINGSKAP
LES 1
Kores
ESRA 1, 2:68-3:13
1. Die edik van Kores
Esra begin waar Kronieke eindig en melding maak van die edik van Kores wat die Jode in Babilon en Assirië toegelaat het om na hul land terug te keer. Die 70 jaar wat God die Babiloniese ryk toegelaat het om wêreldheerser te wees, was verby en die Perse baie anders as die vorige twee wêreldheersers.
God het aan Kores groot oorwinnings gegee om die stigter van die Persiese ryk te word. Dit was alles ter wille van Israel (Jes.45:1-8). Kores het dan ook erken dat God al die koninkryke van die aarde aan hom gegee het en die opdrag om vir Hom ʼn huis in Jerusalem te bou. Ná die wrede regering van die vorige twee wêreldryke het God van Kores ʼn vredevors en herder gemaak (Jes.44:28). Dit sê egter nie dat hy ʼn gelowige was nie. Wat hy vir die Jode gedoen het, het hy ook vir Babel gedoen deur hul afgodsdiens te herstel. Sy seun het weer die Egiptiese godsdiens en ʼn tempel herstel. Kores wou seker maak dat die gode van die onderskeie lande hom goedgesind was.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (6)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Alle kerkgenootskappe word vervolg
Die sluiting van kerke, die gevangeneming van Christene, die wegneem van kinders - dit alles blyk ontoereikend te wees vir die Kommuniste. ’n Ondergrondse dokument deel ons mee hoe die bejaarde Ortodokse nonne, Morozova, Cherasimbhuk en Korolenko, verkrag is by die klooster van Pochaev. Tomakova is verkrag en om die lewe gebring. Die skrywer, Galanski, wat hierdie nuus in sy geheime tydskrif, Phoenix (’n mitologiese voël wat weer opstaan uit sy as, wat as simbool van die Saligmaker in die katakombes gebruik is), geplaas het, het hiervoor tronk toe gegaan.
Die Moskouse Uitgewersmaatskappy het ’n boek, Psigo- sd en Godsdiens, uitgegee. Hulle sê dat alle pogings om Christene met argumente te oortuig, misluk het. Christene moet as geestelik siek beskou word en in sielsieke inrigtings opgeneem word.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE (5)
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
DIE ROOIBOKKIE
Namate die dag ouer word, soek troppe antelope en gasèlle stadigaan hulle pad na die skaduwee van die bome toe. Wei-wei kom ’n trop van veertig sebras oor die vlaktetjie, en ’n twaalftal rooibokke met ’n bejaarde ram vooraan, volg dig opmekaar kort agter hulle. Met die neus na die grond gerig, stap die sebras ongeërg aan, met die uitsondering van twee wat op ’n klein afstand tred hou met die tropwagte, altyd op die uitkyk na gevaar. Maar die rooibokke neem self geen voorsorgmaatreëls nie; hulle maak staat op die groter trop om hulle te waarsku. En hoewel hulle ywerig wei, is hulle opgeruimd en vrolik, speel onder mekaar en kom spring- spring, vooruit en agteruit, aan.
Die jongste lid van die trop is nog maar ’n paar weke oud en sy is uitermate sierlik, met haar slank bene en nekkie, ligte kleur, dun, breë ore en fyngespitste koppie. So jonk is sy nog dat sy maar gister vir die eerste maal met gevaar kennis gemaak het toe sy, saam met ander van haar trop, op die sandbank vertoef het om water te drink en, skielik haar kop opgelig en oor die kuil gekyk het. Uit die water was ’n vreemde dier aan die opstyg. Dit het meedoënloos nader gekom met klein, glurende ogies wat boosaardig en afskuwelik gelyk het. Benoud van angs, het sy weggespring, die ander rooibokke kort op haar hakke.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (27)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Gideon Scheepers-monument: naby Arnot-kragstasie
Ligging: Hierdie gedenknaald staan in die familiekerkhof op die plaas Roodepoort. Dit is moeilik om te bereik.
Aanwysings: Draai noordwaarts uit die N4 by afrit nommer 153 na die Arnot-spoorwegstasie se kant toe. Draai regs na Wonderfontein by die T-aansluiting. Ry verby die Mafube myn. Draai links op 'n grondpad by die Arnot-stasie/Uitkyk afrit. Draai links by 'n watertenk wat met Ndebelekuns versier is, duskant die spoorlyn en ry weswaarts al langs die treinspoor af. Gaan oor die spoor en ry steeds langs die spoorlyn, maar nou in 'n ooswaartse rigting verby die stasie. Volg die grondpad tot by 'n grondpad (die D1048) wat regs afdraai. Dit is 6,2 kilometer van waar mens die spoorlyn kruis tot hier. Die bordjie lees Wapadrand. Draai regs (ooswaarts) en volg die pad vir 1,4 kilometer. Draai dan regs in (suidwaarts) op 'n plaaspad waar die naambordjie lees Oosthuizen (BNB1). Ry vir 900 meter aan op hierdie plaaspad verby die opstalle en die voerkrale. Die begraafplaas is aan die linkerkant langs die voerkrale. Daar is 'n muur random die begraafplaas gebou maar die gedenknaald steek bo dit uit. Sophie en Geelbooi Sindane versorg die begraafplaas van die Scheeperse en sal moontlik opdaag en 'n fooitjie vra.
GPS-koordinate: S25"44.390, E28°48.669.
VOLKSVERRAAD... WAAROM? (5)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
"Wat Diana nooit voor haar dood geweet het nie, was dat twee mans met oorfone in die kelderverdieping van die Amerikaanse Central Intelligence Agency (CIA) se kantoor in Washington gesit en na elke woord van haar geluister het. Hulle het ook elke ander oproep van haar afgeluister."
SKAKELING TUSSEN GEHEIME DIENSTE EN DIE INTERNASIONALE VEILIGHEIDSGEMEENSKAP
Intelligensiedienste maak periodiek met mekaar kontak om bepaalde inligting uit te ruil en kruisbeïnvloeding vind plaas rakende hulle onderskeie verwysingsraamwerke rakende die veiligheidstand van wêreldstreke en die Nuwe Wêreldorde. Die RSA het in 1993/94 die leiding geneem om ’n streeksveiligheidsgemeenskap totstand te bring (Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Namibië, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe). Dit vorm deel van pogings van die Suid-Afrikaanse burokrasie om ’n Suidelike Afrika Veiligheidsgemeenskap daar te stel.
TOPPUNT VAN OPTIMISME...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Wat is 'n agtergeblewene?
Iemand wat tevergeefs by die bushalte staan en wag vir die bus wat hy gister aan die brand gesteek het...
DIE WONDERBOME IN ONS LEWE
DANKBAARHEID VIR GOD SE GOEDHEID
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Jona 4:1 – 11
Vers 2: “Toe bid hy tot die Here en sê: Ag, Here, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U ‘n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.”
Jona wil in hierdie gedeelte vir God daarop wys dat die rede vir sy ongehoorsaamheid (deur na Tarsis te vlug nadat God hom na Ninevè gestuur het), is dat hy geweet het God ‘n barmhartige God is en uiteindelik nie die stad sal verwoes nie. Hy kan egter nie verstaan waarom God hom dan nou sou stuur om te gaan voorspel en hulle te waarsku dat Hy die stad gaan verwoes as Hy dit dan nie gaan deurvoer nie (en sodoende Jona se kosbare tyd mors?) Met ander woorde, Jona probeer hier vir God voorskryf hoe Hy moet optree – ek was mos nou gehoorsaam om na Ninevè te gaan, nou móét U die stad verwoes soos U gewaarsku het. Die wonderbare feit dat ‘n hele stad met ongeveer 120 000 siele hulle tot God bekeer en hul ongeregtighede bely het, gaan ongesiens by Jona verby.
NIKS ONTBREEK NIE
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
“Die Here is my Herder, niks al my ontbreek nie” (Ps.23:1)
In die Louvre kunsmuseum in Parys was daar tot onlangs toe ‘n skildery getiteld Skaakmat. Dit het Satan uitgebeeld wat selfvoldaan bo sy opponent uittroon omdat hy sy siel met ‘n skaakspel gewen het. Laasgenoemde is as ‘n jongman, uitgebeeld met ‘n kop wat hang; verneder en verslae. Satan, daarenteen, het smalend gelag. Alhoewel daar nog paar skaakstukke op skaakbord oor was, was die spel verby. Die jongman kon nie verder beweeg nie. Dit was skaakmat!
By geleentheid het ‘n ou man die skildery aandagtig bekyk en skielik uitgeroep: “Dis ‘n leuen!” Toe die besoekers nader staan, het die kurator kom verneem wat die fout is. Die ou man was ‘n skaakkampioen en kon aan die oorblywende skaakstukke sien dat die spel, alhoewel dit op die oog af so gelyk het, in werklikheid nie oor was nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIS GROOT WERK!
Die gereelde kliënt kom in die kannibaalrestaurant ingestap en sien die spyskaart het hierdie drie nuwe geregte op: 'Gekookte Sendeling $12.00; Geroosterde Leeujagter $14.00; Gestoomde Politikus $198.50'
Die kliënt vra vir die eienaar: "Hoekom is die gestoomde politikus soveel duurder as die ander twee?"
Eienaar: "Het jy al ooit probeer om een skoon te krap?"
LAAT ONS SKYN VIR JESUS (6)
... DEUR AAN DIE WOORD VAN DIE LEWE VAS TE HOU
PINKSTER 2013
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pinksterreeks 2013
“...deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie” Filippense 2:16.
Om vir Jesus se skyn deur selfondersoek (1), met vrees en bewing (2), deur God in ons toe te laat (3), sonder teëstribbeling (4) en soos kinders sonder gebrek te wees (5) is iets baie belangrik nodig, iets waarsonder ons lig nie kan skyn nie; die woord van die lewe. Soos wat ’n lamp nie sonder olie kan skyn, kan ons lig nie sonder die olie van die Woord van die Here skyn nie. Soos olie vir die lamp, is die Woord van God vir getuienis!
LAAT ONS SKYN VIR JESUS (5)
... SOOS KINDERS SONDER GEBREK
PINKSTER 2013
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pinksterreeks 2013
“...sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte” Filippense 2:15.
Om vir Jesus te skyn, gee Paulus vir gelowiges nie net rigting en hoop nie, maar ook ’n waarskuwing. Rigting deur selfondersoek, hoop deur ons daaraan te herinner dat God ons die nodige krag gee en ’n waarskuwing om nie te kla nie. Maar, waarom al hierdie voorskrifte? Sodat ons soos dit kinders van God betaam, onberispelik en opreg in ’n verworde wêreld kan leef.
Ons moet anders as die wêreld wees, omdat die wêreld nie onberispelik en opreg is nie. Kinders van God bevind hul onder ’n krom en verdraaide geslag. Mense wat anders leef, het ’n positiewe invloed op hul gemeenskap.
Wat beteken dit om sonder gebrek te wees?
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(4)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
"Die Round Table is in 1891 gestig om Pax Britannica [wêreldvrede onder die Britse vlag] te bevorder. Genl. Jan Smuts, wat ook lid van die binnekring van hierdie geheime organisasie was, was ’n selferkende Britse Israeliet... Die Joodse Illuminati volg sedert die begin van die twintigste eeu ’n program om rassevermenging te bevorder. Dit is een van hulle hoofdoelstellings om die blankeras deur verbastering te vemietig."
Satan is die God van die Vrymesselary
Albert Pike het die werklike natuur van die Orde van die Vrymesselary aan die topvlakke van die Organisasie onthul. Sy doelwit was dat die vlakke onder die 30e vlak, net moes dien as ’n opleidingskool om sodoende die massa te kondisioneer en voor te berei vir die finale aanvaarding van die Luciferiese inlywing.
Die sukses van enige sameswering is om die waarheid weg te steek vir die laer vlakke waarvan die hierargie die kandidate keur om die hoogste geheimhouding van die Orde te verseker.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Regering is soos 'n baba met 'n gesonde aptyt aan sy een kant, en geen verantwoordelikheid aan sy ander kant... – Ronald Reagan
LAAT ONS SKYN VIR JESUS (4)
... SONDER TEENSPRAAK
PINKSTER 2013
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pinksterreeks 2013
“Doen alles sonder murmurering en teëspraak” Filippense 2:14
Jesus wil dat ons vir Hom soos ’n lig in ’n donker wêreld met sy krom en verdraaide mense skyn. Ons het in die voorafgaande aflewerings gesien hoe dit gedoen moet word – deur selfondersoek, met vrees en bewing en deur ’n rein kanaal te wees waardeur God kan werk. Die gelese gedeelte het ’n bedekte waarskuwing in vers 14: “Doen alles sonder murmurering en teëspraak”
Wanneer murmureer ’n mens? As hy mompelend kla. Nadat Israel uit Egipte verlos is, het hulle baie gekla en selfs na die slawerny in Egipte terugverlang. Dit het God so kwaad gemaak dat Hy ’n hele geslag in die woestyn laat sterf het. Gelowiges moet nooit oor dit wat God op hul pad bring, kla nie. Dit maak Hom kwaad. “En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie en hulle het deur die verderwer omgekom, maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons …” (1 Kor.10:10,11).
LEER JOU VRESE HANTEER (SLOT)
Adam
Lees volledig by Leer jou vrese hanteer
Kom ons stel liefde en vrees teenoor mekaar:
Liefde soek na geleenthede om te gee; dit vra: "Wat kan ek vir iemand anders doen?"
Vrees is bang vir die moontlike gevolge wat betrokkenheid by ander mense kan meebring en daarom vra dit: "Wat sal hy aan my doen?"
Liefde dink nie kwaad nie, terwyl vrees omtrent net kwaad bedink.
Die liefde 'glo alles';
vrees is altyd agterdogtig.
Die liefde is so besig met vandag se take dat dit nie tyd het om oor môre te kwel nie.
Omdat vrees op môre konsentreer, versuim dit om vandag se verantwoordelikhede na te kom.
Liefde lei na groter liefde – om verpligtinge na te kom bring vrede, vreugde en bevrediging en groter liefde en toewyding.
Vrees veroorsaak meer vrees, want deur te versuim om verantwoordelikhede na te kom, word ekstra vrees veroorsaak oor die gevolge van onverantwoordelike optrede.
LEER JOU VRESE HANTEER
Lees volledig by Leer jou vrese hanteer
Die vrese waaroor hier gepraat word is die onredelike soort wat kom en gaan, en ook die soort vrees wat heeltemal rasioneel op sigself is maar wat ons lewens oorheers. Ons kan dikwels nie van so 'n vrees ontslae raak nie en soms vind ons dat ons as gevolg daarvan allerlei dingedoen wat ons nie wil doen nie. Vrees kan so 'n sterk houvas op ons kry dat dit soms voel asof 'n krag van buite ons gevange geneem het . As gevolg van vrees verander mense werk, trek hulle van een stad na 'n ander, sluit hulle hulself toe in hul huise, word hulle moordenaars of raak emosioneel siek. Weens mense se vrees vir katte of brûe of hysers of ander mense, ontwikkel hulle 'n vreemde en onproduktiewe lewenstyl. Dit is hierdie soort vrees wat buite alle beheer geraak het – of eerder in volle beheer van jou lewe is – wat jy moet leer hanteer.
Weet verseker dat daar vir jou hoop is.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (26)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Tweede Vryheidsoorlog Burgermonument - Ermelo
Ligging: Langs Joubertstraat (tussen Jan van Riebeeck- en Kerkstraat), voor die NederduitseGereformeerde Kerk. GPS-koordinate: S26°31.263, E29°59.062.
Toegang: Die monument is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Toilette en winkels in die nabyheid.
Onthul: Op 31 Mei 1935 deur die Adjunk Eerste Minister, Jan Smuts.
Die Tweede Vryheidsoorlog het aan die burgers van die Boererepublieke asook aan die Kaapse rebelle en buitelandse vrywilligers wat by hulle aangesluit het, groot roem as gedugte krygsmanne ingeoes. Dit is inderdaad so dat hulle vir die grootste deel van die oorlog hulle vryheid teen 'n geweldige oormag van uiteindelik meer as tien Britse soldate teen een burger moes verdedig.
LAAT ONS SKYN VIR JESUS (3)
... DEUR GOD IN ONS TE LAAT WERK
PINKSTER 2013
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pinksterreeks 2013
“...want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” Filippense 2:13
Om vir Jesus te skyn, is ’n moeilike taak. Baie mense gee sommer voor die tyd boedel oor want hulle sê dat hulle nie die krag daarvoor het nie. Nee, dis geestelik papbroekig! Om vir Jesus te skyn, rym nie met moedeloosheid nie. Vers 13 van ons gelese gedeelte sê iets baie belangrik en gee ons hoop. ¨...want dit is God wat in julle werk….” . Ons kan net met die krag van God vir Jesus skyn. Let wel: God se krag en nie ons eie nie! “…Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, sal dit voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (Fil.1:6). “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee” (Fil.4:13). Wat ’n troos en bemoediging: God gee ons die nodige krag om vir Jesus te skyn!
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (5)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Rusland se Golgota
" As u volgende Sondag gemaklik in u kerkbank sit, onthou dat die Russiese kerke in winkels, museums, fabrieke en dansklubs verander is."
Syfers toon dat meer Christene al tydens die Kommunistiese tydperk vervolging verduur het as in enige ander tyd in die geskiedenis. Hulle wat al die langste die kruispad in die Rooi Kamp bewandel, is God se kinders in die Sowjet-Unie.
Die toets van die geloofwaardigheid van enige berig oor die stand van godsdiens in daardie land, is of die hedendaagse martelare gemeld word.
Toe Eban, die Israelse minister van buitelandse sake na Wes-Duitsland gegaan het, was sy eerste besoek aan Dachau, die plek waar sy mede-landgenote en mede-geloofsgenote uitgewis is. Behoort Christene nie van Jode te leer wat hulle gedrag moet wees nie?
AFRIKANER EN SY PROPAGANDA- STRYD
Alpegro
Die Nasionale Woordeboek (De Villiers, Smuts, Eksteen en Gouws) verklaar die woord propaganda as ″werksaamheid om bepaalde denkbeelde, oortuigings te versprei″.
Dwarsdeur sy geskiedenis was die Afrikanervolk aan die ontvangkant van vyandige propaganda. Ten spyte van die gruwels en volksmoord wat deur die Britte tydens die ABO (Tweede Vryheidsoorlog) gepleeg is, het die magtige propagandamasjienerie van die Britse ryk, asook 'n vyandige Engelstalige Suid-Afrikaanse pers en ook elemente van die buitelandse pers steeds onversteurd en deurlopend voortgegaan om 'n stroom disinformasie en beswaddering teen Afrikaners die wêreld in te stuur.
Sekere van die hardnekkige propagandaleuens wat die Britte tydens die ABO verkondig het oorleef tot vandag, meer as ′n eeu later, nog. As voorbeeld kan hier verwys word na ′n leuen – ′n mite – wat die Britte gefabriseer het om hulleself van die enorme sterftesyfer in die Britse konsentrasiekampe te verontskuldig.