Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wanneer 'n kindjie sterf voordat hy of sy Christus se verbondsteken van die doop ontvang het, hoef gelowige ouers nie daaroor te bekommer nie omdat die kindjie daardeur 'n verbondskind was en reeds gered is.
LIEFDE VAN DIE MEESTE VERKOEL
Die media ís toenemend ernstig om die mens te waarsku teen lugbesoedeling en osoonlaagskade, teen waterbesoedeling, seebesoedeling, ekologiese versteurings en besoedelings en allerlei detail wat bydra tot aardverwarming. Die gevolge van gevorderde aardverwarming soos die styging van die see, weens die pole en ysberge wat smelt, die weersverandering en klimaatverandering en so meer bedreig selfs die bestaan van diere-, plante- en menselewens.
LAAT ONS SKYN VIR JESUS (2)
... MET VREES EN BEWING
PINKSTER 2013
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Pinksterreeks 2013
“Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing” - Filippense 2:12
Om vir Jesus in ’n donker wêreld te skyn, is daaglikse selfondersoek nodig. Elke gelowige moet homself die vraag afvra: “Leef ek reg in God se oë?” Dis wat Paulus in vers 12 met die woorde:”…werk julle eie heil uit…” bedoel. Dit beteken egter nie dat jy jou saligheid kan verdien nie. Dit beteken dat jy nie ledig op die akker van heiligmaking durf stilstaan nie. Daar is werk om te doen! Gelowiges moet ’n Christusgesinde karakter en Christusgesinde diensbaarheid openbaar. Niks begin voordat daar ’n begin gemaak word nie.
Maar waar begin ’n mens?
VOLKSVERRAAD... WAAROM? (3)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
DIE ANGLO-AMERIKAANSE NETWERK
Daar bestaan ’n Anglo-Amerikaanse netwerk wat hierdie nuwe wêreldbedeling as ideaal nastrewe. Die Anglo-Amerikaanse netwerk het uit die Royal Empire Society ontstaan. Die Royal Empire Society is in 1868 as die Royal Colonial Society gestig. Die Royal Colonial Society spruit weer op sy beurt voort uit die Royal Society (ook bekend vandag as die Komitee van 1 000) wat in Julie 1662 gestig is. Die Royal Society het uit ’n sogenaamde “Invisible College” totstand gekom om die publikasie The New Atlantis van Sir Francis Bacon [1627] te implimenteer.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (73)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 2
DANIëL BEPROEF
DAN 4-6
1. Nebukadneser se droom van die groot boom
In hierdie geskiedenis is Nebukadneser self aan die woord en vertel watter tekens en wonders God aan hom gedoen het. Hy het ‘n droom gehad van ‘n groot boom vol vrugte wat die mensdom voed en skaduplek vir diere het. Toe het ‘n hemelse bode beveel dat dit afgekap moet word sodat net die penwortel oorbly. Daniël het vir hom die droom verklaar:
Die boom is die koning onder wie se heerskappy almal gestaan het. Die boom wat omgekap word, is die koning wat verwerp sal word en as strafmaatreël van God saam met die diere in die veld wees. Daar is egter een ligpunt: Die penwortel sal bewaar word – die koningshuis sal voortgaan.
Nebukadneser het geen dank teenoor Daniël uitgespreek soos tydens die vorige uitleg nie.
LAAT ONS SKYN VIR JESUS (1)
...DEUR SELFONDERSOEK
PINKSTER 2013
Ds AE van den Berg
>> >>
Lees reeks by Pinksterreeks 2013
“Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing” - Filippense 2:12
Hoe vinnig verander die wêreld darem nie! Ongelukkig nie ten goede nie, maar ten kwade! Ons leef in ’n verworde samelewing wat met sy Handves van Menseregte en mense-verering niks van God of sy Gebod wil weet nie. Die meeste mense aanvaar nie meer die standaarde wat jare lank gehuldig is nie. Daar is vir eeue lank in God geglo, die Bybel as sy onfeilbare Woord aanvaar en in Jesus geglo. Vandag nie meer nie. Ja, alles het verander. Wie vandag nog die eertydse grondliggende Bybelbeginsels huldig, word as uit pas met die tyd geëtiketteer – oudtyds en bleeksielig!
Ons leef in ’n na-Christelike era. Dit raak nie net die gemeenskapslewe nie, maar het ook ’n negatiewe invloed op die kerklike lewe in Suid-Afrika. Daarom verander dinge gedurig op kerklike gebied. Vrouens beklee kerkampte, moffies word op kansels toegelaat en verdraagsaamheid word jeens afgodsdiens gepredik. Saambly en homoseksualiteit word deur groot kerke as alternatiewe leefwyses aanvaar.
VOLKSVERRAAD... WAAROM? (2)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
NI het vals vlag vir baie spioene gewaai
Die spioenasieskrywer John le Carre se boek Little Drummer Girl is glad nie so ver verwyderd van die werklikheid nie. Die boek en 1984-rolprent is selfs deur die destydse Veiligheidspolisie as opleidingsmateriaal gebruik. Dit handel oor die sogenaamde 'vals vlag'-werwing van ’n Amerikaanse aktrise deur Israel om op die Palestyne te spioeneer, terwyl sy dink sy werk vir die Palestynse saak.
Gerugte dat senior ANC-lede deur middel van hierdie metode gewerf is as agente vir die apartheidsbestel, is glad nie vergesog nie, het ’n senior offisier in die destydse Veiligheidspolisie genoem. “Dit was maar een van die werwingsmetodes. Die blote aanbod van geld het dikwels die wenslike uitwerking gehad. Die ‘vals vlag’-metode behels die werwing van ’n persoon deur ’n intelligensie-agentskap onder die naam van ’n ander organisasie of moondheid om inligting in te samel vir eersgenoemde. Die agent is onder die indruk dat die inligting wat ingesamel word eintlik ’n ander, selfs regverdigbare doel dien."
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (72)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
die boek DANIëL
LES 1
DANIëL IN BABEL
DAN 1-2
1. Daniël aan die koninklike hof
Daniël is gedurende die regering van Jojakim saam met ʼn aantal jong seuns van edele afkoms na Babel weggevoer (2 Kron.36:5,6). Nebukadneser het ʼn paar van hulle as paleisdienaars laat oplei onder wie Daniël, Hananja, Misael en Asarja was. Hy het hulle name laat verander en aangesê om van sy kos en drank te gebruik. Hierdie opdrag het die vier jongmans teen die bors gestuit omdat hulle gelowiges was en die voedsel en drank aan afgode gewy is.
Daniël en sy vriende het hulle voorgeneem om nie daarvan te nuttig nie en trou aan God te bly. Al was die dinge waaraan hulle getrou was aan die uitwendige kant van die godsdiens, het hul weiering om aan afgodiese voedsel en drank deel te hê, hul geestelik versterk en tot besondere godsvrug gelei.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (25)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Jan en Maria van Riebeeck-standbeelde
Ligging: Op 'n verkeerseiland in die middel van Adderleystraat, noordoos van kruising met Hans Strijdomstraat (naby die Dias-standbeeld), Kaapstad.
Toegang: Die standbeelde is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Geen by die standbeelde nie, maar geriewe soos toilette en winkels in die nabyheid.
Beeldhouer: Jan van Riebeeck: John Tweed van Skotland.
Maria van Riebeeck: Dirk Wolbers van Nederland.
Onthul: Jan van Riebeeck: In 1899 deur die burgemeester van Kaapstad, raadslid T. Ball.
Maria van Riebeeck: In 1954 deur prins Bernard van die Nederlande in die Kompanjiestuine. In 1969 is die beeld na die Adderleystraat verskuif waar dit steeds langs die beeld van Jan van Riebeeck staan.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
MAAK DAN VAN HOM 'N HELD!
Julius Malema het vasgestel dat sy groot voorvader, Ceasar Malema, gedurende 1889 te Pretoria Sentraal Gevangenis gehang was vir treinroof en perdediefstal. Malema het ‘n foto van Ceasar gehad wat by die galgtou staan. Agterop die foto was geskrywe: Ceasar Malema – Perdedief en Rower. Gevang 1883. Ontsnap 1887. Roof De Beers trein ses keer. Deur ZARP’s gevang. Tereggestel 1889.
Ou Mac Mahrahj en sy span spindokters het hierdie ontdekking onder oë geneem en ‘n paar stappe geneem om te verseker dat Julius se aantog as nuwe president nie skade ly nie. Eers het hulle die galggedeelte weggesny, ‘n vergroting van sy bolyf geskandeer en gemanupileer met beeldsuiweringssagteware sodat slegs ‘n foto van sy gesig oorgebly het. Tesame met die foto het hulle ook ‘n biografiese skets aan die pers bekendgemaak wat lees:
VOLKSVERRAAD... WAAROM? (1)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
Waarom Volksverraad?
PERSPEKTIEF
INTELLIGENSIEWESE AS VREEMDE WETENSKAP
Toe Regter Ben van der Heever tydens my siviele saak teen die Nasionale Intelligensie in Maart 1998 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling van die Hoogsgeregshof in Pretoria benadruk het dat hy my nie verstaan wanneer ek vir hom sê dat ek nie eendag teen ’n muur wil staan met die beskuldiging dat ek ’n BOEREVERRAAIER is nie, was dit duidelik dat ek my doel met Volksverraad nog nie bereik het nie. Ons het (net soos die Boere ná die Tweede Vryheidsoorlog) ons land verloor; ons het ons onafhanklikheid verloor en nou verloën sommiges ons VOLKSKULTUUR! Wat het van ons geword? Besef hierdie mense nie dat ons nou deur Pax Americana ingesluk is en dat hierdie Amerikaanse Establishment ons vyand is nie? Hierdie Establishment is niks minder nie as ’n swart okkultiese teokrasie nie en hul God “Baphomet” is die God van die wêreld, naamlik SATAN. Is ons nie besig om ons self te verloen nie?
In werklikheid is hierdie swart okkultiese teokrasie ’n drogbeeld-illusie wat deur die hedendaagse tegnostrukture en die moderne rekenaarwetenskap bevorder word om ’n valse versekering van vrede en stabiliteit aan ons voor te hou. Ongelukkig kan ons hierdie waarheid nie sonder behoorlike kennis begryp nie. Ons moet dit vir onsself in ons geestesoog sien. Vir ons as Christenvolk gaan dit tog vir ’n iedere en elk om ’n plekkie in die hemel! Is ons dan nie SOLDATE VAN GOD nie? Gaan dit nie oor die tekens van die tye en die feit dat die einde naby is nie? Nuuskierigheid om antwoorde op die geheimenisse van die werklikheid te vind, dryf ons om ondersoek in te stel. Die antwoorde is daar en u sal dit vind as u uself toelaat.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (71)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
die boeke PSALMS EN ESéGIëL
DIE BALLINGSKAP
LES 1
KRYGSGEVANGENESKAP
PS 137, ESEG 2-4
- 1. Die lewe van die Jode tydens die ballingskap
Die getal Jode wat na Babilon weggevoer was, was eintlik nie baie groot nie. Tydens die eerste wegvoering onder koning Jojagin is 10,000-18000 weggevoer (2 Kon 24:14,16). Vir die ander wegvoerings word ʼn getal van 4,600 aangegee (Jer.52:28-30). Na berekening is nie meer as 50,000 Jode in die geheel weggevoer nie; hoofsaaklik net die vernaamstes en aansienlikes.
ʼn Deel van hulle het in Tel-Abib by die Kebarivier, suid van die hoofstad Babel, gaan woon waar hulle ʼn georganiseerde leefwyse gehandhaaf het. Esegiël het selfs ʼn huis gehad waar hy die oudstes ontvang het (Eseg.8:1). Van die ander ballinge het huise en tuine gehad omdat hulle besef het dat hulle lank daar sou bly nadat Jeremia aan hulle geskryf het (Jer.29:5). Van die ballinge het selfs die handelswêreld betree.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Gatiep innie skool.
Juffrou vra vir Gatiep: "Jou ma het 4 aartappels, julle is 9 kinders, hoeveel aartappels gaan elkeen kry?"
Gatiep: "My ma's nie stupid nie, sy maak mash!"
IS DAAR SPOKE?
Ds AE van den Berg
Efes.6:10-20
Is daar werklik so ’n iets soos spoke? Die antwoord hierop hang alles af van wat presies met spoke bedoel word? Indien dit geestelike wesens (sonder ’n liggaam) is, is die antwoord ’n baie besliste ja. Indien dit die geeste van afgestorwenes beteken, is die antwoord ’n baie besliste nee.
Die Bybel sê baie duidelik dat daar geestelike wesens bestaan – goeies en slegtes, maar wys die idee van geeste wat ontslape mense wat op aarde agterbly om mense vrees aan te jaag, beslis af.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dominee is besig om die Tien Gebooie met die Sondagskoolklas te behandel en spesifiek die gebod:
"Jy mag nie steel nie".
Hy vra toe vir die klas:
"Wat sou die koekblik in die spens vir julle sê as dit kon praat?"
Pietie steek sy hand op en sê:
"Laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie!"
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (70)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 1
PROFETE TYDENS DIE LAASTE JARE VAN DIE RYK VAN JUDA (2)
SEFANJA 1, OBADJA 1, NAHUM 1
1. Sefanja
Sefanja was ʼn tydgenoot van Jeremia en het ook onder koning Josia begin profeteer. Hy het sterk teen die Baäldiens asook die verering van hemelliggame geprofeteer. Sefanja het dus alreeds voor die groot hervorming van Josia begin optree. Sefanja se voorsate word tot in die vierde geslag genoem. Sy pa was Kusi, sy oupa Gedalja, sy oupagrootjie Amarja en sy oorgrootjie Hiskia. Daar word nie koning Hiskia gesê nie. Hierdie Hiskia was dus nie die goeie koning van Juda nie, maar ʼn ander een. Sefanja was nie van koninklike afkoms nie, maar het met groot vrymoedigheid teen konings en prinse gepreek (Sef.1:8,3:3).
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NET DIE TANDE IS VAN JOHANNESBURG...
Die Regter kyk vir Gatiep in die oog en sê:
"Dis nou die 6e jaar na mekaar dat jy in my hof in die beskuldigdebank staan.
''Djou honour," sê Gatiep, "moenie vir my blame omlat jy nie promotion kan kry nie."
Regter: "Hoe kan jy onskuldig pleit as vyf mense jou sien steel het?"
Gatiep: "Djou Honour, ek kan thousands bring wat my nie gesien het nie!"
Regter: "Waar is jy gebore?"
Gatiep: "Djou Honour, ek is gebore innie Kaap!"
Regter: "Watter deel?"
Gatiep: "My hele lyf is daar gebore, djou Honour, net die tanne is van Joburg af!"
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (69)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
die boek JEREMIA
LES 1
PROFETE TYDENS DIE LAASTE JARE VAN DIE RYK VAN JUDA (1)
JEREMIA 1
- 1. Die vernaamste profeet
Jeremia was die vernaamste profeet in die laaste jare van Juda. In sy boek is daar geskiedkundige feite wat nie in Konings of Kronieke vermeld word nie. Sy pa, Hilkia, was ʼn priester in Anatot waar hy ook grond besit het. Jeremia is in die dae van Josia tot profeet geroep en was ʼn oujongkêrel (Jer. 16:2). Hy was so besorg oor die afvalligheid van sy volk dat hy by geleentheid soos ʼn Job van ouds sy geboortedag verwens het (Jer.20:14-18). Hy wou egter nie aan God ongehoorsaam wees nie (Jer.20:9).
In die dae van Josia het Jeremia teen die afgodery van sy tyd gepreek.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (68)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 17
DIE EINDE VAN JUDA
II KON 23-25
1. Joahas koning van Juda
Josia het vier seuns gehad. Alhoewel Sallum nie die oudste was nie, het hy koning word en die troonnaam Joahas aangeneem. Hierdie naam kom ook by Israel se konings voor. Die volk het hom koning gemaak omdat hy die anti-Egiptiese politiek van Josia sou laat voortduur. Nego het nie daarvan gehou nie en Joahas laat vang en hom na sy hoofkwartier in Ribla, tussen Hamat en Damaskus, gebring.
Daarna het Nego vir Aljakim, ‘n ouer broer van Joahas, koning van Juda gemaak. Nego het die mag gehad om die koningskap van Joahas ter syde kon stel en ‘n ander man koning te maak. Daarna het hy Juda ‘n swaar boete opgelê. Alhoewel Joahas maar kort regeer het, word daar gesê dat hy goddeloos was.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (67)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 16
MANASSE, AMON EN JOSIA KONINGS VAN JUDA
II KON 21-22
- 1. Manasse
Manasse en Amon was goddeloos. Manasse het byvoorbeeld die godsdienshervorming wat Hiskia geloods het, ongedaan gemaak en die Baäldiens heringestel. So ook heilige boomstamme en hoogtes. Manasse het selfs Agab in goddeloosheid oortref (1 Kon.16:31-33). Hy het hom voor die son, maan en sterre neergebuig en hulle aanbid. Uit 2 Kon.23 kan afgelei word dat Agas alreeds daarmee begin het. Dit kom oorspronklik uit Babel en is astraalgodsdiens genoem. God het dit streng verbied (Deut.4:19; 17:3).
Manasse het altare vir die verering van die hemelliggame gebou en in die voorhowe van die tempel geplaas. Daarbenewens het hy sy eie seun vir Molog geoffer soos Agas ook gedoen het (2 Kron.28:3).
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (28)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die sewe plae van Engeland – wat nog in vervulling moet gaan
Een van Siener van Rensburg se mees ontstellende gesigte is ongetwyfeld die een i.v.m. "Die sewe plae wat God vir Engeland beskik het". In die bronne beskikbaar is daar meer as 20 direkte verwysings na hierdie vreemde en skrikwekkende gebeurtenis wat, volgens die Boereprofeet, vroeër of later nog Engeland se lot gaan wees.
Daar was by oom Nieklas nooit enige twyfel dat Engeland se finale ondergang die gevolg sal wees van die misdade wat hy destyds in die Boereoorlog teen Afrikanervroue en -kinders gepleeg is nie. "Kyk," het hy een keer aan 'n vriend gesê: "elke maal as daar 'n groot wêreldgebeurtenis kom, dan word kinders en vroue vermoor en dan volg die straf gewis. Het Farao dan nie ook die vroedvroue opdrag gegee om al die manlike kinders by geboorte dood te maak nie? En die straf was dat Farao met al sy ruiters in die Roode See begrawe is ..."