Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om iemand te troos is een van die belangrikste maniere van omgee. Die Christen hoef nooit sonder troos te lewe nie want God is altyd daar vir ons. Selfs te midde van ons grootste krisisse vertroos Hy ons deur sy Gees en deur die beloftes in sy Woord. Daarom is mense wat self swaargekry het, soveel beter toegerus om ander mense raak te sien wat troos nodig het. En as daar niemand is om jou te troos nie, onthou daar is heeltyd Iemand wat presies weet hoe om dit te doen.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (4)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Ervarings van Mevr. P.B. Wolvaardt (Wolmaransstad)
In Januarie 1901 was ek verplig van my plaas te vlug. Vir sewe maande het ons as vreemdelinge rondgeswerf tot ons in Augustus deur die vyand na Brandfortmoordkamp gevange geneem is. Op pad daarheen is my jongste kind dood en die hartverskeurendste was dat geen blanke persoon dog twee swartes haar moes begrawe.
Op 9 Augustus 1901 het ons by die kamp aangekom. Dog, daar vermoed werd dat die gestorwe kind witseerkeel had, werd ek met my dogters afgesonder. Daar het nog twee kinders (’n seun en ’n dogter) van my siek geword aan masels. Alle kos, behalwe blikkiesmelk, word hulle belet. Na enige dae is een dood met die woorde, ‘Ma, gaan tog by Jesus vir my kos vra.’ Ek met drie kinders werd ook siek na die hospitaal vervoer. Kort hierna is my dogter van 16 jaar dood; ook na baie gesoebat om voedsel, en na nog ’n dag my kind van ses jaar.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (9)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
In die koelte van die rose
Die verhaal is destyds vertel van die student wat reeds al sy eksamens agter die rug gehad het, behalwe sy mondeling in Hebreeus. En dié het onder andere ’n vreeslike stuk geskiedenis oor die oudheid en ’n breë algemene kennis van Palestina ingesluit.
Teen die tyd dat die mondeling sou plaasvind, moes die student al baie moeg gewees het, en waarskynlik moedeloos ook. Want as een ding nou waar is, dan is dit dat so ’n mondeling op die stert van ’n eksamen ’n beproewing is waaraan net die sterkes en die baie moediges onderwerp word. Want die ander het dan al lankal tou opgegooi.
Maar die kêrel — wat ook lankal nie meer daar moes gewees het nie, en ook nie sou gewees het as dit nie was dat sy vrees vir sy pa hom tot in ’n leeuhok sou laat spring het nie - het geen keuse gehad nie. Hy moes dit gevolglik maar waag met die mondeling, en verder op ’n wonderwerk hoop.
AS DIE DONKER OOR ONS SLUIER
Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons hulp en krag.
As die nag se kleed ons sluier, bly ons steeds u heil verwag.
Ons Bevryder, ons Bevryder, U, die God van ons behoud -
U, die God van ons behoud.
Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons sorg en stut.
As die toekoms ons bekommer, sal U, HERE, ons beskut.
Ons Beskermer, ons Beskermer, U, die God wat ons behoed -
U, die God wat ons behoed.
Lei ons HERE, groot en magtig, U alleen ons borg en steun.
As die donker ons laat steier, vind ons rus by U alleen.
Ons Bewaker, Ons Bewaker, U, die God wat ons bewaar -
U, die God wat ons bewaar.
Die pragtige woorde van Gesang 105 in die APK se Psalms & Gesange
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BESIGHEID IS BESIGHEID!
Moishe sê vir sy seun: "Ek wil hê jy moet met die meisie van my keuse trou, ek het die regte een vir jou gekry."Die seun antwoord: "Dankie, maar nee dankie, ek sal my eie bruid kies."
Moishe sê: "Maar die meisie is Bill Gates se dogter man, jy kan nie so kans laat verby gaan nie!"
Die seun is nou opgewonde: "Wel, in daardie geval, ja pa, OK!"
Moishe besoek net hierna Bill Gates en sê: "Ek het net die regte man vir jou dogter."
Bill Gates antwoord verbaas: "Maar my dogter kan self haar eggenoot kies!"
Moishe sê: "Ja, maar hierdie jongman is 'n visepresident van die Wêreldbank."
Bill Gates nou opgewonde: "A-ha, in daardie geval, ja, natuurlik!"
Hierna gaan Moishe om die president van die Wêreldbank te sien.
Moishe sê aan hom: Luister, ek het 'n jongman om aan te beveel as visepresident van jou bank, hy is 'n uitstekende keuse."
Die president antwoord: "Maar ek het alreeds genoeg visepresidente, en daar is nog lang waglyste."
Moishe sê: "Goed en wel, maar hierdie jongman is Bill Gates se skoonseun."
Die president nou ook opgewonde: "A-ha, in daardie geval, ja, hoe dan anders!"
En dit is hoe Jode besigheid doen...
ELKEEN HET 'N TAAK
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
" Elke gelowige sal verantwoording van hul gawes doen. Die Gelykenis van die Talente spel dit duidelik uit... Moet nooit bang wees om in die geloof te onderneem nie. Doen, waag en verwag! Petrus sou nooit op die water kon loop indien hy dit nie buite die boot gewaag het nie! Sommige gelowiges is so bang om foute te maak, dat hulle niks doen nie en hul talente begrawe."
"Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God. As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen” - 1 Pet.4:10-11
Jy gaan net een maal op die aarde leef. Gevolglik het jy net een kans om iets daarvan te maak. Hoe lyk jou lewe vandag: bestaan jy of leef jy? Maak jou lewe enige sin? ʼn Sinvolle lewe is beter as rykdom en wie sinvol leef, sterf gelukkig. Die sin van die lewe hang alles af van waaraan jy dit wy.
Wie hom in dinge groter as hyself verdiep, vind groter sin in die lewe. En wat kan groter wees as om in diens van God te staan? Nou praat ek nie van predikante nie, maar van die amp van die gelowige.
Om in diens van God te staan, kan nie sonder die bystand van die Heilige Gees geskied nie. Die Gees doen twee dinge met gelowiges. Eerstens sonder Hy hulle af en tweedens rus hy hulle toe om God se werk te doen. Die klem val op die toerusting wat die gawes van die Heilige Gees genoem word.
SA NOU MEER VERNIEL AS IN AARDSKUDDING!
'N GRATIS MOET-LEES BOEK VIR ELKE VOLKSGENOOT:
NO SHIPS IN THE HARBOUR by die skakel No Ships in the Harbour
Hierdie boek handel oor die haglike toestand waarin Suid-Afrika verkeer, veral nadat dit deur die verraderlikheid van voormalige NP-leiers aan 'n onbevoegde, godlose swart regime in 1994 oorhandig is. Andrè van den Berg het dit in 2004 geskryf om die buiteland oor die werklike stand van ons land in te lig. Natuurlik het dit daar op dowe ore geval aangesien die inhoud reguit op die man af is oor die moord, korrupsie, verkragting en geweld in Suid-Afrika. Nie in Amerika of in Engeland is die boek toegelaat nie want dit sou die finale oorname van Suid-Afrika deur die Wêreldgeldmag verder bemoeilik indien hierdie feite toe internasionaal bekend sou word.
Die skrywer slaag uitstekend daarin om die onversoenbaarheid van die liberalisme met die nasionalisme, die Christendom met die heidendom, en die onwerkbaarheid van rasse-integrasie in Suid-Afrika uit te lig. Die leuens oor apartheid, wat dit werklik beteken en meebring, die gebrek aan leierskap, en talle kommerwekkende kwessies word sonder omhaal maar met insig bespreek.
Die verval sedert die ANC probeer om 'n eens vooruitstrewende Eerste Wêreldland te 'regeer', word aan die kaak gestel: swak mediese dienste, patetiese onderwys, die totale kriminele staat waarin die land verkeer, dit alles word met reg bestempel as 'n meer vernietigende verloop as wat selfs 'n ernstige aardskudding teweeg sou bring.
In die slothoofstuk bespreek die skrywer die enigste uitweg uit die vernietigende proses van rasse-integrasie en die dringende her-instel van afsonderlike ontwikkeling vir die voortbestaan van ons volk.
Hierdie boek behoort deur elkeen wat oor ons volk se oorlewing bekommerd is, gelees te word. Laai dit af by die skakel No Ships in the Harbour , ook regs op hierdie webblad onder GRATIS E-BOEKE.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (8)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Die uitklophou
Ek gaan kuier eenkeer by ’n vriend van my op hulle plaas en een môre ry ons in dorp toe vir ’n bietjie besigheid. En daar loop ons in die straat vir oom Kootjie Krimp en nog ’n paar ander kêrels raak, en hulle staan en praat oor iemand wat ’n paar dae tevore ’n ander ou ’n behoorlike opstopper gegee het.
Maar dit was na oom Kootjie se smaak nie so ’n wafferse hou nie.
“Nee-wat, kêrels, as julle wil hoor van ’n goeie hou, kan ek julle daarvan vertel,” sê hy.
Hier volg dan nou my gebrekkige navertel van sy storie.
Innie depressiejare werk ek saam met ’n klomp anner man met die pik en die graaf op die spoorweë. En ons bou die spoorlyn Rustenburg toe. Daar was ’n ou soort van spoortjie, maar om daar toe so baie los hande was, steek hulle ons daar in om ’n behoorlike ding te maak.
En alles het vir maande in die kamp baie goed gegaan.
ONS STRYD VOOR DIE DEUR...
... OPREGTE VRIENDE BEMOEDIG JOU IN NOOD
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Die Boerevolk gaan sy vryheid binnekort herwin, maar nie sonder stryd nie. Dit gaan donker word en ons gaan mekaar nodig hê. Vriendskap gaan goud werd wees... Ons volk is verdeeld en daar is oorlog in die lug. Daar is twee groepe: enersyds volksgenote met sterk konserwatiewe lewensbeginsels wat aan geen volksvyandige kerk of kultuurorganisasie behoort nie..."
“Daarop het Jonathan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God…” 1 Sam.23:16
Oorlog, opstand en stakings het huishoudelike woorde geword. Let op die plaaslike en internasionale nuusberigte – toenemende anargie; een van die kenmerkende eindtekens van die naderende wederkoms van Jesus Christus. “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie….Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander…En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel…” (Mt.24:6,7 en 12).
Aan die einde van die tyd sal nog ’n vorm van oorlogvoering uitbreek: die lelikste burgeroorlog, wanneer volksgenote die wapen teen mekaar opneem!
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (7)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Geluk verby
Maans Maanse vertel:
Vroeër dae, voor ek hier in die Kalhari ingetrek het, toe sukkel ek en die vrou dour onner innie Boesmanland aan. En daar kan dit drô word. As die bankrotwind die jaar sy waai vat, dan hou hy nie op nie. En dan sien jy nie eens ’n wolk nie, wat nog ’n reëndruppel.
En toe’s dit een jaar weer so drô op Bloedvannerwalt. As ons moet slag, kyk ek die ou troppie deur en dan vang ek die een wat nog lyk of daar iets orie ribbebene is; maak nie saak wat se soorte nie: jonk, groot, ooi. Maar dit help nie - vir maande kry ons toe al nie meer iets met ’n bont vleisie geslag nie.
En die vrou is nukkerig en mismoedig want sy’t nie suffel van ’n sagtevetjie om ’n pan mee te smeer nie.
En ek het gedink en gedink en gewonner wat vir plan ek dan tog moet maak om net iets innie hanne te kry lat sy ’n slag kan vet uitbraai.
OPPAD NA KANAÄN?
Ds AE van den Berg
“….En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon”.
Daar is min dinge in die lewe so droewig as drome wat versaak word; dinge wat gesterf het omdat dit net by drome gebly het. Drome is spotgoedkoop maar mense wat werk daarvan maak, is egter baie skaars. Die meeste mense het ideale en drome maar doen niks daaraan nie; veral nie geestelike drome nie.
Daar is niks so treurig as mense wat lewenslank droom, maar niks daaraan doen nie. Tera, die vader van Abraham is ’n waarskuwing hiervan. Satan weet van al die moontlikhede wat gelowiges het om iets vir die koninkryk van God te beteken. Daarom wil hy ons ideale met ’n sekere plofstof saboteer - versuim. Versuim is een van die sterkste plofstowwe waarmee Satan lewens skaad.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (6)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Mis-gissing
Vroeër dae het dit baie gebeur dat ’n motorkar vir sy baas weghol.
Die rede vir hierdie skielike op die vlug slaan is te vind in die wyse waarop die meeste van die ou karre gewerk het. Party het byvoorbeeld net twee ratte vir vorentoe gehad: as jy die koppelaar intrap, is hy in eerste rat en as jy die koppelaar los, wikkel die tjorrie in hoogste versnelling. Vir tru het hy ’n aparte hefboompie gehad. Brandstoftoevoer is met die hand gestel. Aan die stuurwiel was twee armpies, een aan die linker- en een aan die regterkant, en die het jy met jou middelvingers verstel vir vonktyd en petrol. Jy kon nie sommer meer brandstof gee sonder om ook die tyd aan te stoot nie, want dan het jy die kar gesmoor. En gee jy “te veel” vonk, dan “backfire” die spulletjie — of soos ons behoort te sê: dan plof hy terug. (Ek wens ons kon ’n lekkerder woord vir “backfire” kry . . . )
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(13) SLOT
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek
VOLKSBEDREIGING:
WORD WAKKER MY VOLK, DIE TYD RAAK KORT!
"Ons is by een van die grootste en felste oorloë ingetrek, waarvan ons nie eens die reëls verstaan nie: 'n geestelike oorlog wat van die vroegste eeue reeds tussen die magte van die Lig en die Duisternis aan die gang is. ...Die waarheid is dat ons slawe van 'n stelsel van vrede en stabiliteit geword het wat tronke van ons verstand maak. In die stelsel is die koningskap van Satan weggesteek om ons te beheer en te verander in willose robotmasjiene in 'n geslaglose en goddelose werklikheid."
NI het sy magsposisie in die geheim van Militêre Inligting 'gesteel'. Die Kommuniste was in die PW Botha-era immers buitekant die politieke orde-stelsel. NI het die kaarte verhang deurdat hy die Kommunis (Antichris) deel van die politieke arena gemaak het. Die tradisionele vyand was nou binne die orde-stelsel toegelaat. Suid-Afrika word toe 'n Pax Americana-kolonie. Die tradisionele vyand word die landsleiers. Die bestaande orde-stelsel het een van wanorde geword. Byna al die strukture wat die blankes tydens die Apartheidsera daargestel het, is vinnig besig om in duie te stort. Paaie versleg, die rand verloor koopkrag, poskantore word gesluit, onderwysstandaarde word verlaag, munisipaliteite speel bankrot, gewapende roof en moorde op boere is 'n algemene verskynsel, staatsfondse word wanbestuur, korrupsie is aan die orde van die dag, besture van skoolrade, koöperasies en maatskappye is besig om ineen te stort.
Die Super-Afrikaner met sy formaliteite is besig om te verdwyn.
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(12)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
Die boek Volksverraad het stelselmatig vorm begin aanneem. Adriaan Snyman het my op 'n keer oor voorbeelde van verraad genader. Ek het aan hom 'n uittreksel van my werk gegee. Hy was so erg geskok dat hy my drie dae later geskakel het en dadelik voorgestel het dat ons dit publiseer. Ek het op daardie stadium nie eens daaraan gedink om Volksverraad te publiseer nie. Adriaan het vir my gesê dat hierdie skokkende waarheid gepubliseer moet word omdat die volk die reg het om daarvan te weet. Dit was op geen stadium my bedoeling om mense te belaster nie. Mense wat hulle eie belange dien en baie gehad het om te verloor, het die boek egter as 'n ernstige bedreiging gesien. Die skryf van Volksverraad het my gelei tot een gevolgtrekking: ONS LEWE IN 'N LEUEN.
Kort na die verskyning van Volksverraad is 'n felle aanslag teen die publikasie geloods. Eers het dr Ferdi Hartzenberg, Daan du Plessis en Casper Uys 'n lastersaak teen my en Libanon Uitgewers aanhangig gemaak. Ds Mossie van den Berg van Radio Pretoria het selfs beweer dat ek vir Nasionale Intelligensie werk en poog om 'n verdeling in Afrikaner-geledere te bewerkstellig.
MANDELA – RIGTER OF ONTWRIGTER?
Ds. André van den Berg
Vyftig jaar gelede het ‘n sekere swart argitek sy stempel op ’n stad probeer afdruk omdat hy geglo het dat die bestaande geboue ondoeltreffend was. Hy wou dit sloop en met sy eie ontwerpe vervang.
Toe die stadsbestuur hom verhoed het, het hy ’n klompie bouers wat hul ambag in die buiteland geleer het, die stad met plofstof probeer vernietig. Hulle plan het nie gewerk nie. Hulle is gevang en verban.
Die argitek het egter baie simpatiseerders gehad wat geen steen onaangeroer gelaat het om hom vrygelaat te kry nie. Hulle het na verloop van tyd daarin geslaag. Onverskillige kerklui het hulle gehelp om die teenstanders se geesteskrag af te water.
Diegene wat hul nie laat mislei het nie, het mense gewaarsku om nie aan mense verantwoordelikhede te gee waarvoor hulle nie bevoeg is nie. Dit sou tot onreg en ellende lei.Kort na die argitek se vrylating het hy as vergoeding burgemeester geword en van die ou geboue gesloop en met sy eie ontwerpe vervang. Daarmee wou hy sy eie weergawe van hemel op aarde op die stad afdwing.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (3)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
W.J.D. MURRAY, supt. per J.G.
Kampstempel: Burger Kamp 1 Aug., 1900, Belfast
Daar was altoos gewapende khakies sodat hulle ingeval ons te ver loop, op ons kon skiet. Ons was maar bang om te ver te loop. Dalk skiet hulle regtig.
As ons smôrens gaan water put, is alles vasgeys en alles wit geryp. Dan dink ons aan ons eie huise. Ons had nie genoeg emmers of goed om vir water tot die anderdagmôre te sorg nie. Ons goed was mos gevat en verbrand. Die vleis, wat ons kry, was vreeslik maer. Ons kon dit nie kook om te eet nie. As dit gekook word, word dit slym. Ons het dit in die vuur gebrand om te eet. Ek het dit self gedoen.
Ek het gesien, as die wa kom met die skape, wat hulle vir ons uitdeel, dat ’n jonge van omtrent 14 jaar oud in elke hand twee skape of lammers dra en in die huis bring. Môre kry ons daarvan om te eet. Ek het ook gesien dat ’n bees aangestoot word na die slagpale. Dit het gelyk of die dier siek was, en in alle waarskynlikheid het ek ook daarvan geëet. Die sprake was dat dit longsiekte was wat die bees aan gely het. Ons het ook vleis ontvang van die rib naby die longe, wat so iets soos sug aan was. Dit was hard om so iets te eet, maar wat kon ons doen?
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (5)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Engel met ’n Ford
’n Mens sou miskien dink snaaksigheid is afhanklik van lewe — van mense, varke, donkies en sulke goed. Maar dit is nie so nie. Dis net van die mens afhanklik, want as dié nie daar was om dit waar te neem nie, sou dit so goed as nooit gebeur het nie. Die mens moet by wees of niks is snaaks, mooi, lelik, goed of sleg nie. En daarom het daar al tussen die mens en die motorkar net soveel interessantheid afgespeel as wanneer die mens en die donkie mekaar misverstaan.
Daar in Barkly-Oos se omgewing kan dit vreeslik koud word. En een wintermôre toe dit juis so bitter snerpend is, kom twee kêrels met hulle motors in die dorp aan en hulle maak ’n draai by die kroeg vir ’n warmmakertjie of twee.
En dit was die fout van die dag.
VN SE "VREDES- OPERASIE" NA MANDELA SE DOOD
"Nadat Mandela begrawe is, sal daar tydelik kalmte wees totdat die “eregaste” wat gekom het vir sy begrafnis weer vertrek het en eers dan kan die langverwagte landswye geweld en chaos verwag word. En glo dit maar, die VN is nie hier om die orde te herstel soos wat voorgegee word nie!"
Daar is lank gelede besluit dat die publiek nie onmiddellik van Mandela se dood in kennis gestel sou word nie totdat alle reëlings in plek is. Daar is rede om te glo dat Mandela reeds dood is, heelwat insidentjies het die afgelope dae plaasgevind wat hierdie feit wil konstateer. Selfs Wits Universteit het reeds Donderdag 'n doodsverklaring laat uitglip waarvoor hulle verskoning moes vra.
Die vermoede bestaan dat daar teen komende Vrydag in die media verklaar sal word dat Mandela dood is. Dis waarskynlik dat hy dan vir 'n week in staatsie sal lê terwyl duisende roubeklaers van oor die wêreld hom eer sal kom betoon. Daarna sal die begrafnis volg waarheen Obama reeds oppad is. Vir hierdie tydperk sal daar vermoedelik nog geen grootskaalse geweld onder die swartes uitbreek nie maar 'n landswye staking kan plaasvind. Daar is ook talle dreigemente onder swart groepe dat hulle sal wag tot die begrafnisgangers huiswaarts keer voordat hulle begin om die Zimbabwiers uit te moor, en daarna die blankes. Ons is bewus van 'n aantal huishoudings waar die betrokke swart werknemers hierdie nuus aan die huisbewoners oorgedra het.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (2)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Kampverklaring: T. Joubert, C. Joubert, Z. Joubert, S. Joubert, M. Joubert
Vroeg een môre in die begin van Mei 1901, het ek en ’n paar van my skoonsusters gaan loop op ons plaas. Ons sien toe 'n Engelse Kommando aankom en draai toe dadelik huistoe. Ons ou skoonvader het toe gaan wegkruip langs die rivier en ons het gou vir ons gaan warm aantrek, meer dan een rok opmekaar, en van ons nodigste goed het ons begin inpak ingeval hulle ons sou wegneem kamp toe. Ons was klaar met ontbyt en ons middagete was op die vuur toe die Engelse daar aankom. Ons was 36 persone, vroue en kinders bymekaar; ook een neef van my, een goeie bekende; die ander was my skoonsuster met hulle kinders. Die offisiere het ons net 5 minute tyd gegee om uit die huis te wees. Hulle neem toe die stoele en tafels en slaan dit aan stukke, gooi lampolie op en steek dit aan brand in die eetkamer en sitkamer; dinge wat ons graag wou red, ook matrasse, het hulle weer afgeneem en in die brandende huis gegooi.
WAAGHALSIGE AVONTURE (2)
Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog
KOELBLOEDIGE PERDEBUITERY
Hierdie verhaal kom uit die boek Oorlogsavonture van genl. Wynand Malan, deur H.J.C. Pieterse.
Genl. De Wet se hooflaer het 'n paar dae by Schoemansdrif aan die Vaalrivier vertoef. Van hier uit het ons, d.w.s. sommige van Theron se verkenners, enkele hoogs avontuurlike uitstappies gedoen. Die eerste het so gekom.
In die buurt van Parys lê daar 'n rant, en die Engelse, wat aan die een kant van die rant gekampeer het, skiet sommer daar dwarsoor heen met hul kanonne. Dit was in daardie dae toe hul vernielsug en brandlus geen perk of paal geken het nie. Dis te begryp dat so 'n blinde bombardeerdery op die ou einde nie goed sou afloop nie. Toevallig is 'n huis getref. Die bom bars in die eetkamer en 'n twaalfjarige dogtertjie verloor die lewe.
Die burgers was diep geskok. Ons verontwaardiging was groot. Sulke laakbare strydmetodes moes 'n einde kry. Die Engelse generaal, of wie ook al verantwoordelik was vir hierdie gruweldaad, moes gestraf word.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (4)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Sy is dalk hy en nie hy nie
’n Kennis van my wil my eenkeer met alle geweld aan kennisse van hom voorstel, want — dit kan nou nie hoër of laer nie — by die mense moet ek uitkom omdat hulle dan nou hulle is.
En al wat ek na ’n keer of twee se kuiertjie kan sê, is dat alle mense nie vir alle ander mense ewe interessant is nie, en dat ons almal nie ewe veel van dieselfde soort geselskap hou nie.
Want die man en vrou het met my wat hulle gas was, oor net mooi niks anders as oor katte gepraat nie, twee aande oor net bloot katte. Elke gesprek in hulle huis is een lang miaau.
Toe ons mekaar die eerste keer ontmoet, het ons sterre nog kwalik stoel gekry, toe vra die man: “Is dit nie twee pragtige katjies dié, wat ons te koop gekry het nie?”
En voor ek nog kon agterkom of die goed hoegenaamd na katte lyk, val die man daar weg om uiting te gee aan sy bekatte gemoed: