Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daarom gaan ons met die oë gevestig op God die donker toekoms sonder vrees tegemoet. Al weet ons nie wat die toekoms inhou nie, weet ons vir seker in Wie se hand dit is. Die toekoms is so helder soos God se beloftes want die toekoms behoort aan Hom. En waar ons gaan, is Hy by sy kinders: “En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei).
NA DIE DUIWEL MET HOM!
Uit ons kerklike lewe het daar al baie staaltjies te voorskyn gekom, meesal waar, maar dalk met 'n kinkel - geniet hierdie een maar tong in die kies...
Op ’n dorpie met die naam Vredesfontein het die gemeente jare lank in die skoolsaal diens gehou. En almal het pragtig saamgewerk en geld ingesamel vir die bou van hulle droomkerk.
Maar kerkbou is nie sommerso 'n ding nie; jy moet vir hom rus-rus pak, soos die gemeentetjie ook gedoen het. Eers het hulle vir ’n behoorlike neseier gesorg en daarmee ’n stuk grond gekoop. En toe moes hulle van vooraf wegspring en elke jaar die boufonds met ’n stewige stoot laat klim, want dis ’n lang leer voor jy by die balansstaat se weerhaan kom.
Maar hulle werk, en uiteindelik is die boufonds so sterk dat hulle die gebou kan oprig sonder om ’n enkele sent te leen. En dit sê veel, want kontant by die troffel vind ’n mens in ons tyd nie meer so dikwels nie.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (8)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
DIE SAMESWEERDERS AAN DIE WOORD
"Nelson Mandela, die beskuldigde nommer een, is die eerste verdedigingsgetuie. Hy lewer sy getuienis nie onder eed af nie (en daarom kan hy nie op grond van daardie getuienis gekruisvra word nie) en het sy getikte toespraak van sestig folio’s byderhand toe hy in die getuiebank kom. Mandela erken dat hy sabotasie beplan het en dat Umkhonto We Sizwe inderdaad verantwoordelik is vir ’n aantal sabotasiedade soos in die klagstaat aangevoer. Vier vorms van geweld is moontlik: sabotasie, guerrilla-oorlog, terrorisme en openlike revolusie. Daar is besluit dat sabotasie as eerste stap aanvaar word in die nuwe veldtog. Voorbereidings het egter voorsiening gemaak vir en rekening gehou met guerrilla- oorlog. Later sou dit blyk dat Mandela se hofverklaring vroegtydig deur die gewone linkse kanale versprei is om daardeur ’n publisiteitstorm ten gunste van die beskuldigdes in die saak, en guns in die oë van die wêreld, te verwerf."
DIP opsienbarende Rivoniaverhoor loop van 1963 na die nuwe jaar toe oor. Die Staat se saak, gehanteer deur dr. Percy Yutar en sy kollegas, word op 4 Maart 1964 afgesluit. Daar kom nou ’n verposing van ’n rapsie meer as ’n maand om die beskuldigdes se advokate die geleentheid te gee om die verdediging voor te berei.
Die verposing word egter langer gerek nadat die verdediging twee keer van die hof uitstel vra en dit verkry. Maar op 21 April 1964 word die verhoor voortgesit, en hierdie keer word die soeklig gerig op die beskuldigdes self.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (16)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Alias alias alias
My weg kruis nou annerdag met mense wat ek nie geken het nie s’n, en hulle nooi my uit om later by hulle te kom inloer, en die kansie doen hom toe voor en ek begeef my sountoe en ek klop. Maar dis stil, en ek klop weer, en toe kom daar sommer oormaat lewe binnekant.
“Lovie, jy speel weer met my,” skree die vrou. “Die deur is nie gesluit nie, my Ding.”
Ek stap toe maar in, en ek het kwalik my sit gekry, toe loer die vrou om die deur om te sien of dit rerig Lovie is wat ingekom het. En toe sy my sien, was dit of sy so ’n effense kleurtjie kry en sy slaan met haar hand op haar kastige gaap.
“Ek skaam my dood,” sê sy. “Ek dag dis Pieta; hy het net gou ’n brood gaan koop.”
Ek sê: “Nee, ek het aangeneem jy dink dis Piet, maar ek wou nie aanhou klop solat jy dalk dink dis hy en hy probeer tempteer jou nie. Toe kom sit ek maar.”
Sy wou nog iets sê, maar hier kom Piet met ’n koerant en nog alles behalwe ’n brood.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (7)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
HANDSKRIFTE VERKLIK:
DIE SOGENAAMDE VREDES-IKOON, MANDELA: 'N BOMPLANTER EN GUERRILLA-TERRORIS
MANDELA: "Daar is niks heiligs of inherent superieur omtrent nie-gewelddadige strydmetodes nie... ...Treffende kenmerk is wydverspreide anti-blanke gevoel en heftige teenkanting teen enigiets wat ruik na die begrip van vennootskap tussen swart en wit." En die 'wonderlike' reënboognasie dan, Mandela!?...
Dr. Yutar dien meer as tien dokumente in Mandela se handskrif in. Een daarvan bevat aantekeninge oor basiese en gevorderde militêre opleiding en oorlogvoering en is vryelik geïllustreer met diagramme en sketse van verskeie militêre posisies. ’n Dokument van 26 bladsye handel oor guerrilla-oorlog en die Chinese kenmerke van ’n guerrilla-oorlog.
"Die hoofladings van ons plofstowwe was dinamiet of geligniet . . . Ons het ook ’n lont gebruik . . . wat teen ’n koers van 40 sekondes per voet brand. Ons het dit alles verkry deur strooptogte op myne of kwarriemagasyne of dit van werkers daar gekoop.”
"Dit is absoluut belangrik dat die persoon wat die revolusie beplan, onbekend moet wees,” teken Mandela aan. "Vir die mense en die wêreld moet die opstand voorkom as ’n populêre revolusionêre beweging. Vir die vyand moet dit voorkom as ’n opstand deur slegs enkelinge."
"ONDER ’n Kommuniste-regering sal Suid-Afrika ’n land van melk en heuning word ... In ons land word die stryd van die onderdrukte mense gelei deur die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty en geïnspireer deur sy beleid.”
So lui uittreksels uit die dokumente in Nelson Mandela se handskrif wat dr. Yutar by die hof indien. Dit is slegs ’n paar van die tussen 200 en 250 dokumente wat in die loop van die saak as bewysstukke dien.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (13)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
TWEE KAALKOPPE EET TESAME... OF NIE
Ai-ai, ek moes vandag weer glimlag
Vir die sogenaamde nuus van die dag
Joernaliste berig nou vir dae aaneen
Oor die Tibettaanse visum-probleem
Aartsbiskop gaan sy tagtigste lewensjaar vier
En begin om uitnodigings die wêreld in te stuur
Noord, Suid, Oos en Wes, vlieg koeverte vinnig weg
En kort voor lank laat al wat gas is, weet hul’s reg
VERSTOMMENDE VOLKSLOGIKA...
...OF BEPLANDE VOLKSVERRAAD?
Kriewelkop
Vanoggend tydens ontbytsake bespreek die omroeper by Radio Pretoria (die "volk se stasie"...) en die stasie se politieke ontleder die huidige stand van swart politiek vanuit 'n realistiese en wakker oogpunt. Diegene wat hierna geluister het sou heelhartig met die stasiepersoneel se sieninge oor die gekleurde probleme in die land saamstem.
Net hierná tree die omroeper telefonies in gesprek met 'n woordvoerder van ABBA-Aannemings, 'n organisasie wat hom beywer vir die aanneem van weeskinders in Suid-Afrika. In hierdie gesprek word opsigtelik geen melding van kleur gemaak nie en daar word met groot deernis gepraat oor die tragiek van die eskalerende aantal weeskinders (glo goed oppad na die vyf miljoen indien daar nie nou iets drasties gebeur nie).
Die tragiek is glo die feit dat ouers deesdae nie meer so geredelik kinders aanneem nie, lui die gesprek. Maar dit is hier waar die kriewelrigheid begin.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (15)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Die dinges is ’n watsem
Ek en my vrou ry eenkeer by mense aan by wie ons vir jare nie ’n draai kon maak nie. En ons kom so teen skemeraand daar aan. En na ons die tante gegroet en vir haar gesê het ons vertoef so ’n bietjie om darem weer ’n slag ’n paar murgbene saam uit te stamp, toe het sy eers ’n rukkie nodig gehad om tot verhaal te kom van die blydskap. Want die mense het gewoonlik ook maar net mekaar se geselskap gehad en nie dikwels besoek ontvang nie.
En na sy eers so ’n rukkie geweifel het voor sy ons die huis innooi, miskien om sy gewonner het oor hoe sy die kuier moet aanvoor lat hy sy loop lekker kan neem, toe sê sy: “Nou maar kom, dan wys ek net vir julle waar die dinges is, lat julle kan watsem as julle wil. Ek het mos nou ’n dinges innie huis.” En sy wys ons die badkamer. Ek sê: “Dankie Tannie. Dit sal darem lekker wees om ’n slag die stof van ’n mens se gesig af te spoel.”
KIÉS JOU BESKUTTING
DIE WAPENRUSTING VAN GOD
Hannes Ollewagen
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Efesiërs 6:10-20
In hierdie gedeelte beveel God ons (soos Paulus die Efesiërs van ouds) om die VOLLE wapenrusting van God aan te trek. Hieruit weet ons dat ons voorbereid moet wees vir ‘n volskaalse stryd waarin ons menige en ook felle aanslae van die vyand te wagte kan wees.
In teenstelling met dwaalleraars wat verkondig dat ons alles en almal moet liefhê en in vrede en harmonie moet saamleef, leer God se Woord ons om nugter te bly en betyds gereed te maak om die bose te beveg. Ons word in vers 11 gewaarsku dat ons aangeval sal gaan word en dat ons gereed moet wees teen hierdie aanslae van die vyand sodat ons die aanval kan afweer om staande te bly.
VOLKSHOOP (14)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Die opkoms van ’n Boere Empire (Ryk) in politieke verband
Die Boererepubliek sal nie staties wees nie maar een wat geskoei is op ’n visie wat berus op die opkoms van die Boer as die wêreldleier van die 21e eeu. Derhalwe moet besef word dat die Boer die leiding in terme van die politiek wat Afrika betref, sal neem. Die Boer sal ’n ordestelsel in die lewe moet roep wat sal tred hou met ’n gepaardgaande Boere-imperalisme.
Uit die aard van die saak moet ons ook die implikasies daarvan verreken. Die eise wat hierdie eiesoortige imperialisme aan ons Boere gaan stel, is feitelik soortgelyk aan die imperialisme wat die historici uitwys gedurende die Negentiende-eeuse Wêreldorde (1770/1815-1914). Hierdie imperialistiese visie moet gepaard gaan met ’n sterk Boerevolksgevoel en goed geïntegreerde Boerevolkstaat. Boere met hulle eie Moses se teokrasie sal geld.
Met ander woorde dit sal ’n direkte imperialisme wees waarin ons Volk die bordjies gaan verhang. Dit sal ’n Ryk of Empire wees waarin die Skrif die oorheersende rol sal speel in die formulering van die grondwet wat neergelê sal word. Dit sal nie aan ons voorgeskryf word deur Volksvreemdes soos wat ons sedert die einde van die Anglo-Boere oorlog in 1902 aan gewoond geraak het nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
TIK-TOK...
'n Man sterf en kom by die hemelpoorte waar 'n engel by 'n ontelbare klomp muurhorlosies staan. Die man vra aan die engel waarvoor die baie verskillende horlosies gebruik word. Die engel verduidelik aan hom dat dit as leuenverklikkers dien. Elkeen op aarde het so 'n horlosie wat aandui hoeveel leuens hy tydens sy lewe vertel. Met elke leuen stap die wysers 'n kerfie aan.
Die man sien 'n horlosie wat heelwat kerwe gevorder het en vra wie s'n dit is. Die engel sê dit is Paulus s'n maar het op die pad na Damaskus tot stilstand gekom.
Die man sien 'n ander horlosie wat slegs vier kerwe aangestap het en wil weet wie s'n dit is. Die engel sê dit is Petrus s'n.
'n Entjie verder is daar 'n groot klomp waaiers wat teen so spoed waai dat niemand dit naby waag nie. Die man wil weet waarvoor die waaiers nodig is. Die engel sê: "Dis nie waaiers nie, dis Suid-Afrika se kabinetshorlosies".
VLUG, VREK OF VEG...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
MIER EN SPRINKAAN
Die meeste mense wat nog weet hoé om te lees het seker al die ou weergawe van Mier en Sprinkaan gelees - dis nie heeltemal soos Jakkals en Wolf nie, ook nie soos Hasie en Skilpad nie; dis bietjie anders.
Onthou nog hoe Mier altyd getrou besig was om huis in stand te hou en in warm somers voedsel bymekaar te maak vir die lang koue winters? In hierdie ouer storie het Sprinkaan mos gedink dis gekheid dat Mier so hard werk terwyl hyself met 'n deel van Mier se geld een woeste wuif-en-lê-partytjie ná die ander hou, tot op 'n dag toe die winter in alle felheid toeslaan met geen kos en skuiling vir hom oor nie. Maar genadiglik vrek die ou lui, ewig vretende alles-verterende Sprinkaan in hierdie storie reeds hier.
Die nuwe weergawe lui egter so: Mier werk nog getrou aan behuising, voedsel en alles wat nodig is om selfonderhoudend te wees en hy gee steeds 'n groot deel aan Sprinkaan terwyl ou lui Sprinkaan steeds alles verteer wat hy kan tot hy naderhand niks meer oor het nie.
Maar toe belê Sprinkaan 'n aanklagkonferensie omdat hy haweloos en honger die winter moet verduur terwyl Mier geborge en versorg is.
HOMO- SEKSUALISME
Ds AE van den Berg
“En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het, soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle al twee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word” - Lev.18:22 en 20:13
Min sondes plaas ’n groter skandvlek op volke as homoseksualisme. ”Geregtigheid verhoog ‘n volk, maar die sonde is ‘n skandvlek vir die nasies” (Spr.14:34). Waar homoseksualisme eers geheim gehou is, word dit deesdae skaamteloos op die voorgrond gedryf. Daar is gereeld homoseksuele saamtrekke en selfs huwelike. Die koningin van Engeland het onlangs goedkeuring aan sulke huwelike in Brittanje verleen.
Waar homoseksualisme eers as ‘n skandvlek op ‘n gesin gesien is, word dit vandag as ‘n wisselvorm van seksualiteit aangebied. Elke samelewingsfeer van die kerk tot die openbare media en van die onderwys tot by die regbank word in die stryd om die aanvaarding van homoseksualiteit betrek. Die Bybelse maatstaf is met ‘n eietydse kultuurmaatstaf vervang. Wat God sê, tel nie meer nie; alleenlik die mens!
Homoseksualisme is so oud soos die mensdom en ’n gruwel in die oë van God.
ENGEL VAN DIE LIG
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Hierdie volk nader My met hulle mond en eer my met hulle lippe, maar hulle hart is vêr van My af” (Mt.15:7,8)."
“Want sulke mens is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want Satan self verander hom in ’n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie, maar hulle einde sal wees volgens hulle werke”- 2 Kor.11:13 -15
Tweedrag is ’n skadelike element in enige gemeente en het al talle gemeentes laat ontbind. Tweedrag is so oud soos die Christelike kerk self en ’n kragtige wapen waarmee Satan die kerk seermaak. Toe Paulus die tweede brief aan die Korintiërs geskryf het, was daar twee botsende geeste in hierdie gemeente werksaam.
Baie van die kerklui was vol van hulself en het met hulle misleidende vertoon gekyk hoeveel geld hulle uit die gemeente kon kry. Hulle het die gemeente vir eie gewin gemanipuleer. Paulus was die teenoorgestelde en geensins deur geld aangevuur nie. Al wat hom aangevuur het, was die liefde van Christus en ’n opregte besorgdheid oor verlore siele.
Die tweedrag in die gemeente in Korinte het ’n gees van wedywering geskep wat foutvindery, kleinlikheid en gespanne verhoudings veroorsaak het. Dit het die gemeente lamgelê.
CHRISTEN-TEOKRATIESE SEPARATISME
Laai die hele boek gratis af by hierdie skakel Christen-Teokratiese Separatisme of regs op hierdie blad onder GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS
GEE U MENING HIEROOR EN SKRYF AAN Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
“En Ek het vir julle gesê…..Ek is die Here julle God wat julle van die volke afgesonder het” (Lev.20:24).
Abraham Lincoln: “Ek is en was nog nooit ten gunste van die maatskaplike en politieke gelykskakeling van die blanke en swart rasse nie. Ek is en sal ook nooit ten gunste daarvan wees om Negers stemgeregtigdes of jurielede te maak of met blankes te laat ondertrou nie. In hierdie opsig is die verskil tussen blankes en swartes net te groot om gelykheid en saamwonery toe te laat”. (Vry vertaal uit The Collected Works of Abraham Lincoln deur Roy Basler).
Die reënboognasie se “potjiekosbeleid” is ’n onsmaaklike konkoksie wat nog nêrens ter wêreld geslaag het nie. In plaas van vrede en aanvaarding het dit ’n rassehaat (polarisasie) veroorsaak soos nog nooit tevore nie, ’n duidelike bewys van God se afkeur in die kunsmatige sameflansing van mense.
VOLKSHOOP (13)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
" Die volksvreemde elemente wat in die verlede die Boer nie goedgesind was nie, sal nou in hulle nood hulle toevlug soek in ’n staat wat hulle beskerming kan bied. Derhalwe moet ons waak teen diesulkes wat weereens Vrymesselary, liberalisme en Sionisme in die geheim kan laat herleef. Dit was immers immigrante wat die idees van Kommunisme, vakbondbewegings en liberalisme na hierdie land gebring het. Dis ook deels om hierdie rede dat ’n teokrasie die enigste veilige regeringsvorm sal wees."
Die voorspel tot die Boere se teokrasie: die Gelofte van Lichtenburg en die wedergeboorte van die Boerevolk
Die moontlikheid is groot dat daar op 'n 16 Desember as gevolg van die gesiglose Boereherlewingsaksie, die grootste moontlik byeenkoms van die Boerevolk noord van Lichtenburg kan plaasvind wat by wyse van ’n nuwe verbond (gelofte) met God die wedergeboorte van die Boerevolk tot gevolg sal hê.
Die vyand is aan die opmars en die laer van die Volk is nog nie gereed nie. Voordat die geweld en anargie finaal losbars, is daar nog een kans om laer te trek en ’n nuwe gelofte aan God te maak.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (6)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
DIE STAAT ROEP MNR. X
"Terwyl ons van die vakbonde geleer is, U Edele, is aan ons verduidelik dat die blanke hierheen gekom het, dat hulle ons land op ’n skelm manier weggeneem het, en ook die rykdom van die land, en dat dit die rede is waarom ons in moeilikhede verkeer. Ons is meegedeel dat ons die Kapitalistiese Regering deur oorlog moet uitwis ... ... dat sabotasie op 16 Desemher 1961 deur die hele land moet begin."
Ons keer terug na die getuies wat die Staat in die Rivoniaverhoor in ’n amper eindelose prosessie na die getuiebank roep.
’n Tagtigjarige blanke, Yaleloo Percival Jelliman, gee oumenstree na die bank waar hy as getuie ingesweer word.
Hy was lid van die "Friends of the Soviet Union”. Op vergaderings van die vereniging het hy Michael Harmel, Lionel Bernstein, adv. Slovo en eerw. Trevor Huddleston leer ken.
Jelliman getuig dat hy die kommunistiese beleid ken.
Hy is teen die einde van 1961 aangestel as opsigter van die plaas Lilliesleaf. Hy is Februarie 1963 weg. Op die plaas het Jelliman onder meer vir Bernstein gesien en het Nelson Mandela, onder die naam David, ’n tyd lank vir hom as kok opgetree.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (14)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Nasmaak van ’n lang draai
’n Kêrel wat op die spoorweë ’n swaarvragmotorbestuurder was, vertel my dat hy en ’n paar van sy makkers enkele jare gelede ’n stuk of twee klipmeule van ’n fabriek in Johannesburg af tot anderkant Silva Porto, dis glo ’n ent by Nova Lisboa verby, in Angola moes neem waar die vergruisers by ’n brugbouery benodig is.
En die firma wat die goed gelewer het en die Angolese paaiedepartement en alle ander instansies wat by die saak betrokke was, het glo alles gereël. En toe val die manne hier in die pad. Vier bestuurders, hulle assistent en ’n verkeersman met ’n begeleidingsvoertuig. By Upington om, deur Suidwes op boontoe.
Tsumeb is die laaste plek waar die voertuie gediens kon word en die manne kos vir die lang pad verder in die hande kon kry. En om hulle totaal onbekend was met die geriewe in Angola, het hulle heelwat proviand opgelaai en vir die wis en die onwis sommer nog ag dromme brandstof ook.
Op ’n Donderdag spring hulle toe daar weg en kom die namiddag laat by die grenspos op Osjikango aan die noordgrens van Owamboland aan. Dit was toe reeds te laat om oor die grens te kom en daarom slaap hulle toe maar die nag daar.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (12)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
‘N VERSKRIKLIKE SONDE
So lees ek nou die dag van ‘n naam-noemery deur ‘n vrou
Wat tien duisend Rand moes offer as berou
Met hierdie boete het die hof haar aangespreek
Haar gebruik van die k-woord, het ‘n hart gebreek.
Nou loop ek en tob, al etlike dae lank
En wonder oor die alfabet se elfde klank
“K,K,K”, …wat vir ‘n woord kan dít tog wees
Wat die gebruiker daarvan so laat vrees?
'N GEBALSEMDE MANDELA: LOGIKA, REALITEIT...
...MAAR VERAL GELOOF
DIE NASIONALE DEMOKRATIESE REVOLUSIE IS GEEN GEHEIM
Kriewelkop
Daar is tans doodse stilte in die media oor Mandela se "toestand". Mens sou dink dat so "belangrike persoon" elke dag die nuus sal haal. Maar interessant tog dat die hospitaal nie meer stormgeloop word deur besoekers en word-gesond-kransleggings nie. Net so interessant dat daar soveel weerspraak in die media plaasgevind het. Een oggend sou jy oppad kerktoe Rapport se opskrifte in die strate sien : CNN het die uitsendingsregte vir Mandela se begrafnis gekoop; die volgende dag sou jy in die media hoor dat dit van alle waarheid ontbloot is. Dan is Mandela weer kritiek-siek aan 'n masjien gekoppel en kan nie daarsonder leef nie; die volgende oomblik is hy glo onder operasie en gaan dit nou weer wonderbaarlik goed met hom – asof 'n kritieke siek mens 'n operasie kan deurstaan! So is daar daagliks leuens deur die media versprei terwyl niemand weet waar elke teenstellende berig vandaan kom nie. Dan word die vorige leuen sou gou as moontlik in die kiem gesmoor, en 'n volgende leuen uitgedink om die vorige te verdoesel. Maar bly die media se oorspronklikheid in gebreke om op so 'n groot skaal vir die wêreld te lieg dan swyg hulle weer vir lang tye – die fase waarin ons nou weer is. Intussen lê Mandela goed en ten duurste gebalsem, gereed en gemaklik vir enige tydsduur waarin nuwe leuens vir die land opgedis gaan word totdat die tyd ryp is vir die Kommuniste se voorgenome Nasionale Demokratiese Revolusie wat vir Suid-Afrika beplan word.
EVANGELIES GEREFORMEERDE KERK...
...EVANGELIE OF DWAALLEER?
Ds AE van den Berg
“….Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie…” (Mt 22:29)
"Dis goed dat ons lidmate van die EGK as broers en susters in Christus aanvaar. Ons moet egter besef dat dit wesentlik ’n Pinksterkerk is met ’n Gereformeerde baadjie aan wat nie lekker pas nie. Daarom sal ons geestelike vriendskap nooit diepte verkry nie."
Omdat daar ’n goeie verhouding tussen lidmate van die AP Kerk en die Evangelies Gereformeerde Kerk (EGK) is, het baie mense aanvaar dat daar nie juis verskille tussen die twee kerke is nie. In werklikheid verskil die AP Kerk en EGK ingrypend van mekaar!
Die EGK is aanvanklik die Nuwe Protestantse Kerk genoem en het in 1944 ontstaan toe ’n klomp lidmate weens besware teen die Belydenisskrifte uit die NG Kerk bedank het. Daarna het hulle hul eie kerk gestig met ’n eie belydenis-skrif - die Evangeliese Belydenis. In 1985 is die kerk se naam na Evangelies Gereformeerde Kerk verander. Hierdie naam is vêr van die waarheid want hulle is nòg Evangelies nòg Gereformeerd!