Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As dit toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute – Prediker 10
DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES
Ds AE van den Berg
Hand.2:1-13
Oral waar die tempel van Christus verrys, rig Satan sy kapel van misleiding op. Jesus berispe die kerklui van Sy tyd: “….Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie” (Mt.22:29). Dwaalleer is die gevolg van ’n gebrekkige kennis van die Bybel. Dis ook die tweelingbroer van ongeloof. Dwaalleer en ongeloof is soos twee kouse wat van dieselfde materiaal gemaak is.
Dwaalleer versprei tans soos ’n Middeleeuse plaag deur Protestantse kerke en vervreem mense van die waarheid. As ’n kerk die waarheid nie meer beskerm nie, het dit geen bestaansreg nie, want die kerk is waar die Woord van God suiwer verkondig word.
Dis moeilik om te sê watter dwaalleer die kerk die grootste skade aanrig omdat die leuen altyd skade veroorsaak.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (10)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies.)
ROL VAN DIE FREEDOM CHARTER
IN DIE REVOLUSIONÊRE AANSLAG VAN DIE ANC/SAKP-ALIANSIE
"Selfs die kerke is nie gevrywaar teen die opportunistiese pogings van die kommunistiese partye om beheer daarvan oor te neem nie. Die gedagte vind aansluiting by die bolsjevistiese oogmerk dat soveel as moontlik “frontorganisasies” tot stand gebring moet word, sonder dat al die lede van hierdie organisasies noodwendig kommuniste is."
In ’n uitgawe van Umsebenzi (vol.3,1987, p.4), mondstuk van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), verklaar die SAKP dat hy sy ongekwalifiseerde steun aan die Freedom Charter toesê. In geen onduidelike taal nie, verklaar die SAKP dat die verwesenliking van die doelstellings van die Freedom Charter die dringendste en onmiddellike behoeftes van die Suid-Afrikaanse bevolking sal bevredig en die grondslag vir die voortgang van Suid-Afrika, langs nie-kapitalistiese weë, na ’n kommunistiese en sosialistiese toekoms, sal lê.
DIT IS DIE WEG, WANDEL DAAROP
Hannes Ollewagen
Jesaja 30:1 – 26
Wanneer ek besig is met ware Godsdiens en my Vader aanbid en liefhet soos wat Hy vir my voorskryf in sy Woord, sal ek daarna uitsien en verlang om op ‘n gereelde grondslag stil te word voor my God.
Die grootste probleem met kommunikasie tussen partye, is seersekerlik die feit dat die boodskap verkeerd oorgedra of verstaan word. Die hoofredes vir die foutiewe oordrag en vertolking van inligting kan aan die volgende faktore toegeskryf word:
- Geraas
- Haastigheid
- Ongeduld
Wanneer daar ‘n onaardige geraas rondom my woed terwyl ek met iemand anders probeer kommunikeer, vind ek dit moeilik om die boodskap korrek te vertolk. Dalk is ek die oorsaak van die geraas omdat ek nie wil stilraak om te luister nie. . .
RASSEBELEID EN SKRIF
Prof. dr. J. D. du TOIT (TOTIUS) en prof dr. S. du TOIT
Lees reeks by Rassebeleid en Skrif
" ...maar vandag nog wil die liberaliste ons vertel hoedanig ons as volk moet wees en hoedanig ons moet optree, en dit terwyl ons vaders altyd besig was en ons, na ek hoop, besig wil wees om die bestel van die hoë God uit te lewe!"
Die rassevraagstuk is vandag meer aktueel as ooit. Trouens dit het tans ’n ernstige twispunt tussen Nasionale Afrikaners geword. Wat meer is, albei kante probeer om hulle standpunt vanuit die Bybel te regverdig. Die wyse waarop met Bybeltekste gewerk word — meesal uit verband geruk — is met een woord skokkend.
Tydens die onthulling van die Totiusmonument in Februarie 1977 is die volgende gesê: "Totius was die verpersoonliking van sy mense deur sy geloof in God en in die roeping van die Afrikaner en hy het by elke geleentheid vir die Afrikaner in die bres getree. Daarom het in sy tyd die stem van Potchefstroom die stem van die Afrikaner geword. Daarom is dit goed dat juis in hierdie jaar fees gevier word waarin hierdie sake betwyfel word. As die Afrikaner in S.A. val, val almal met hom saam. Om bogenoemde redes kon sy stem die stem van S.A. word."
Die sienswyses hierin vervat sal heelwaarskynlik deur sommige as verouderd afgemaak word. Die antwoord daarop sou wees dat die Bybel dan ook verouderd is.
HISTORIESE DVD'S
ERFENISPROJEK VERDER UITGEBOU
Frikkie Strauss
Dit is vir ons by Suidland Media 'n voorreg om inligting te verstrek aangaande die verdere uitbouing van ons historiese erfenisprojek in die vorm van die toevoeging van 'n reeks van tien nuwe DVD’s tot ons versameling. Dit bring ons totale aantal titels nou op 100 te staan. Ingeslote die volledige lys.
Sommige van die nuwe toevoegings is heeltemal onbekend aan die publiek en slegs enkele individue weet van die bestaan daarvan. Dit dek persone en gebeurtenisse waarvan baie hedendaagse Afrikaners nog net gehoor het en vul op dié wyse belangrike leemtes in ons historiese kennis aan. Hieronder volg die besonderhede:
- Die Geskiedenis van Pretoria
Pretoria, eers hoofstad van die ZAR en later van die RSA, was die stille getuie van groot gebeurtenisse in ons geskiedenis.
DIE DUISENDJARIGE VREDERYK FEIT OF FABEL?
Ds Andrè van den Berg
Openb.20
In Openbaring gaan dit oor twee basiese waarhede - God se oordeel oor die goddelose en sy bewaring en latere verhoging van sy getroue gelowiges. God straf, maar bewaar ook; ’n tema wat soos ’n hoogspanningsdraad dwarsdeur Openbaring loop. God se oordeel begin, soos Petrus skryf, by die kerk: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…” (1 Pet.4:7). Daarom loop Jesus in hoofstuk een tussen sewe kandelaars (:13) terwyl ’n skerp tweesnydende swaard uit sy mond gaan (:16).
Die sewe kandelare het die Christelike kerk van daardie tyd voorgestel. Hoofstukke 4-5 vertel van Christus wat koninklik in die hemel heers en hoofstukke 6-11 van sy eerste oordele wanneer die sewe seëls oopgemaak word.
DIE EENHEID VAN GOD
Ben Biggs
Lees reeks by Lig vir die regverdige
Die dissipels van Jesus (wie se verstand geopen is om die skrifte te verstaan (Lukas24,45); wie verstand gegee is om die ware God te ken (1 Johannes 5,20); wie met die Heilige Gees gedoop is, van die Eenheid van God die Vader, Seun, en Heilige Gees, kry opdrag van Jesus soos aangeteken in Matthéüs 28,19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Handelinge 2,38: En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle, (kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (9)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies.)
DIE KONSTITUSIONELE RIGLYNE VAN DIE ANC
UITVLOEISEL VAN ’N NUWE OPPORTUNISME?
"Die ANC het toenemend besef dat die verwesenliking van sy einddoel in Suid-Afrika, naamlik die vestiging van ’n Marxisties-sosialistiese gemeenskapsorde, nie deur middel van gewapende geweld alleen bewerkstellig kan word nie. Gevolglik probeer die ANC die beeld van groter “inskiklikheid” en “openheid” skep ten einde steun vir sy konstitusionele oogmerke te verkry, sonder om sy langtermyn Marxistiese doelstellings te laat vaar."
Die “nuwe konstitusionele riglyne van die ANC vir ’n demokratiese Suid-Afrika” het in die laat tagtigs reeds die lig gesien. Hierdie riglyne maak onder andere voorsiening vir:
’n onafhanklike, demokratiese en nie-rassige eenheidstaat in Suid-Afrika (klousule 1);
soewereiniteit behoort aan die bevolking as geheel en sal uitgeoefen word deur een sentrale wetgewende en uitvoerende administrasie (klousule 2);
alle regeringsorgane insluitend justisie, veiligheid en die gewapende magte sal verteenwoordigend van die hele bevolking wees, demokraties wat hulle struktuur betref, en funksioneel vir en opgedra aan die verdediging van die beginsels van die konstitusie (klousule 4);
STIL TOT GOD
Hannes Ollewagen
Psalm 62
Vers 2: “Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.”
Wanneer laas het ek my siel waarlik laat stil word voor God? Is my lewe dalk so gejaagd en vol spanning, werk, verantwoordelikhede en probleme dat die beste wat ek kan doen is om gou in die oggend ‘n paar Bybelversies deur te jaag en ‘n gebed af te rammel om so gou moontlik met my druk skedule te kan begin?
Dalk het ek soveel verantwoordelikhede, probleme en hartseer in my lewe dat AL my “stiltetyd” daaraan bestee word om God om hulp te smeek en my klagtes voor Hom uit te stort. Natuurlik mag ek my probleme na God neem, maar is daar darem ook tyd om voor Hom stil te wees sodat Hy met my kan praat en ek na Hom kan luister? Hoe kan ons raad en leiding van ons Vader verwag as ons nie stil word voor Hom om sodoende sy Stem te hoor nie? Ons moet altyd in gedagte hou dat ons veronderstel is om besig te wees met Godsdiens, m.a.w. dat ons vir God dien en nie Hy vir ons nie.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (8)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
"Dat die ANC nie ’n ware regstaatmodel in gedagte het nie, maar ’n magstaat in stand sal hou, blyk uit die wye reeks vae misdrywe waarvoor in die Kode voorsiening gemaak word... Dat die reg en regsnorme vir die ANC bloot ’n noodsaaklike euwel is, waarmee by die eerste beste geleentheid weggedoen moet word, kom ook na vore... ... Die beheer en kontrole van die ANC se gesagsliggame oor die regbank, in die lig van die geweldoogmerke van hierdie organisasie, behoort enige staatsonderdaan wat nie aan die kommunistiese party behoort nie, met skok en afkeer te vervul."
DIE KRIMINELE EN SIVIELE KODE VAN DIE ANC: ’N AANSLAG OP DIE REGBANK
Sedert 1984 het die ANC ’n heftige aanval op die Suid-Afrikaanse regbank geloods. Aldus verklaar die ANC (Februarie 1985, Sechaba, pp.l, 2) dat die Suid-Afrikaanse regbank ’n onderdrukkende instrument te midde van ’n beleid van “hervorming” geword het. In ’n volgende Sechaba (Maart 1985, pp. 19-20) verklaar die ANC dat die howe deel van die terrein van revolusionêre stryd (fields of struggle) geword het.
SUID-AFRIKA SE STRYD
FLUWEELGORDYN VAN NASIONALISME
Kriewelkop
"Hierdie stryd is nie meer ver nie. Dit sal 'n stryd wees waarin Suid-Afrika geïsoleerd van die buitewêreld staan; eerstens 'n stryd tussen klasse wat bewusmaking deur forsering beleef het, maar 'n stryd wat eindelik weer die skeidslyn sal trek tussen volkere; 'n stryd wat die fluweelgordyn van nasionalisme tussen rasse weer sal toetrek; 'n stryd van etniese suiwering wat talle slagoffers van dood, verminking en ontheemding sal oplewer. Maar uiteindelik 'n stryd wat weer vrede en harmonie sal bring in 'n land waar God weer gedien en geëer sal word."
Dalk was die sluipende prof Samuel Huntington wel in die kol met sy teorie om internasionale konflik in die toekomstige Nuwe Wêreld te verklaar. Sy basiese uitgangspunt lui dat die grootste oorsaak van konflik nie eerstens ideologiese of ekonomiese oorsake gaan hê nie, maar die rede vir die ergste konflik sal wees: die verskille tussen kultuurgroepe . Huntington meen dat dinge soos taal, geskiedenis, geloofsoortuiginge ensomeer, in die toekoms baie swaarder gaan weeg vir politieke- en geo-veranderinge dwarsdeur die wêreld, as enige ander invloed – anders as wat die Kommuniste glo.
Soos met talle ander sake is die Kommuniste weer verkeerd met die leer wat hulle verkondig dat klas die allerbelangrikste is, en nie die volk nie – dat dit glo die natuurlike skeiding in die samelewing sal vorm. Die Marxisme-Leninisme erken wel die bestaan van nasionalisme en etniese trots as sodanig, maar hulle glo dat dit vanself sal verdwyn namate die belangrikheid van klas op die voorgrond forseer word. Maar etniese gevoelens verdwyn nêrens in die wêreld nie; dit kan ten beste slegs tydelik onderdruk word. Wanneer Kommunisme in 'n land in duie stort, borrel nasionalisme weer in dubbele mate na bo.
BEPROEF DINGE
Andrè van den Berg
“Beproef alle dinge; behou die goeie” - 1 Thess.5:21
" Elke oortreding van die waarheid is’n dolksteek in die siel van ons volk. Stel alles op die proef, onderskei tussen waarheid en leuen en hou aan die waarheid vas al is dit ook hoe ongewild. "
Die OuTestament leer ons dat God reguit houe met krom stokke slaan. Die Nuwe Testament leer ons dat God gelowiges help om reguit tree op krom paaie te gee. Sodra ’n mens tot bekering kom, wil jy geestelik groei, die Bybel leer ken en diensbaar in God se koninkryk wees – en daarvoor moet jou geestelike vuur hoog brand.
Geloof is nie soos ’n voorafvervaardigde huis wat in ’n kits staangemaak word nie, maar ’n lang groeiproses - soos ’n baba wat gebore word, groei en groot word. Ongelukkig kwyn baie se geestelike vuur na ’n tyd en begin ander dinge hul belangstelling prikkel. En dis hier waar dwaalleraars hul voet in die deur kry en geestelike weerlose mense mislei!
Hoe kan ons misleiding voorkom? Paulus gee ons twee riglyne:
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (7)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
DIE FREEDOM CHARTER - GRONDSLAG VAN DIE REVOLUSIE
" Volgens die ANC moet alle besit genasionaliseer word... Hierdie uitgangspunt vind ook sy neerslag in die opvatting van die ANC dat die herverdeling van grond in Suid-Afrika nie sal geskied aan individue nie, maar dat die grond sodanig verdeel sal word dat kollektiewe plase naas staatsbeheerde plase sal bestaan."
In De Kat van 26 November 1986 skryf prof. J. van der Westhuizen oor die Freedom Charter dat dit ’n dokument is wat deur die ANC opgestel is en dat dit eerder anti-kapitalisties is as wat dit pro-sosialisties is.Hieraan voeg hy toe dat die stryd wat die ANC met hierdie dokument wil voer eerstens een vir bevryding en nie vir ’n bepaalde ekonomiese filosofie is nie. Ook verklaar hy dat die Freedom Charter as ’n basis vir onderhandeling en as ’n nuttige bron by die opstel van ’n menseregtehandves kan dien.
(3 - SLOT) BEGRAFNIS OF...
...LIGGAAMSVERBRANDING?
Ds Hendrik Hefer
Lees reeks by Begrafnis of liggaamsverbranding?
BEGRAFNIS IN DIE LIG VAN DIE SKRIF
"Ons behoort nie aan onsself nie - daarom kan ons nie met ons liggame doen wat ons wil nie. Ons behoort aan die Here. Hy is ons Skepper."
Die voorbeeld van die volk van God
In die lig van die Bybelse gegewens oor "nie-begrawe" en liggaamsverbranding is dit nie vreemd dat die volk van God in die Ou-Testamentiese bedeling hul ontslapenes begrawe het nie. Lees ons die geskiedenis van die aartsvaders is dit opmerklik dat hulle hul geliefdes begrawe het. Abraham koop eiendom by die Hettiete en begrawe sy vrou, Sara, met groot sorg. Toe Abraham sterf begrawe sy seuns, Isak en Ismael, hom by sy vrou in die Makpelatgrot. In Genesis 35 lees ons dat Debora, Ragel en Isak na hul afsterwe begrawe is. Hoofstuk 47 vertel hoe Jakob vir Josef beveel om hom nie in Egipte nie, maar by sy voorvaders te begrawe en in hoofstuk 50 lees ons dat Josef sy broers opdrag gee om sy liggaam saam te neem wanneer God hulle uit Egipte verlos. Uiteindelik is Josef in Sigem begrawe.
ANC- AANSLAG OP DIE KERK (6)
Prof AWG Raath
Lees reeks by Kerk as instrument van ANC-revolusie
(Let daarop dat hierdie reeks oorspronklik in 1989 geskryf is, vandaar verwysings na later-veranderde situasies oa ANC-SAKP-alliansie ens.)
GLASNOST, KAIROS EN DIE ANC
Die Kerk en die KPSU
Deur die jare was die Kommunistiese Party van die Sowjet-Unie (KPSU) berug vanweë sy skerp aanslag op die godsdiens en die kerk. Hierdie aanslag het gespruit uit die opvattings van die klassieke Marxisme in hierdie verband. Van die godsdiens verklaar Marx en Engels (Works, vol. 1, p.385) byvoorbeeld:
“Religion is the sigh of the oppressed creature, the soul of a heartless world, the spirit of sculless stagnation. It is the opium of the people”.
Op sy beurt verklaar Lenin dat die godsdiens alles wat laag is verteenwoordig.
OM U WIL TE DOEN, O GOD
Hannes Ollewagen
Hebreërs 10:1-18
“Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – om U wil te doen, o God.” (Vers 7).
Is hierdie nie die gesindheid wat in elkeen van ons as kinders van God moet heers nie? Dieselfde gesindheid wat in ons Meester, Jesus Christus, se lewe geheers het met sy koms na die aarde om ons een maal te heilig en van ons sondes vry te koop! Nie om Homself te verheerlik nie, nie om iets daardeur van die Vader te ontvang nie, maar juis omdat Hy berus het by die wil van ons Almagtige Vader en na die aarde gekom het om Homself te offer om sodoende die wil van God te doen.
Jesus het nie alleen vir ons sondes aan die kruis gesterf en daardeur ons ewige saligheid verseker nie, Hy het ook vir ons kom dien as Rolmodel en voorbeeld van hoe ons as God se kinders moet leef – soos wat God se eniggebore Seun op aarde geleef het. Hy het vir ons kom wys dat daar in ons lewens versoekings sal wees, aangesien Hy self versoek is.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (28)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Durban: Vasco da Gama-gedenkteken
Ligging: Reg langs die hawe van Durban, teenoor die klein-vaartuie-hawe, langs Margaret Mncabilaan.
Toegang: Die monument is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Geen by die standbeeld nie, maar wel in die nabyheid.
Onthul: 1897, tydens die 400-jarige herdenking van Da Gama se naamgewing aan Natal op Kersdag 1497.
Hierdie gietysterfontein gedenk Vasco da Gama, die eerste Europese skeepskaptein wat langs die kus van Natal verby gevaar het. Dit is gepas dat Vasco da Gama met 'n monument in Durban gehuldig word, want hy was vir die benaming Natal en die eerste vermelding van hierdie gebied op wereldkaarte verantwoordelik.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
By die Ierse huweliksonthaal (dit kon net sowel 'n groot Afrikaanse bruilof wees...) was dit tyd vir familiefotos en het die fotograaf hard uitgeroep: 'Sal al die getroude mans asseblief by die een persoon wat jou lewe die moeite werd maak gaan staan.' Die kroegman is byna doodgetrap...
(2) BEGRAFNIS OF...
...LIGGAAMSVERBRANDING?
Ds Hendrik Hefer
Lees reeks by Begrafnis of liggaamsverbranding?
ARGUMENTE TEN GUNSTE VAN LIGGAAMSVERBRANDING
"Genesis 38:24 is hieroor duidelik: 'Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery!' En Juda sê: 'Bring haar uit, dat sy verbrand kan word.' Die seun van Jerobeam is nog 'n voorbeeld. Terwyl sy hele familie die voorreg om begrawe te word deur hul ongehoorsaamheid verbeur het, is hy begrawe omdat die Here iets goeds in hom gevind het. Dat God mense ook deur vuur gestraf het, word bevestig in die wet wat die Here deur Moses aan sy volk gegee het. Daar staan onder andere geskrywe: En as ‘n man 'n vrou en haar moeder neem, is dit 'n skandelike daad; hulle moet hom en die twee met vuur verbrand: daar mag geen bloedskande onder julle wees nie.
En as die dogter van ‘n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word".
Baie argumente is deur loop van die eeue ten gunste van liggaamsverbranding aangevoer. Dit is - so word beweer - meer higiënies, meer ekonomies, meer esteties, meer medemenslik, gemakliker en veiliger.
(1) BEGRAFNIS OF...
...LIGGAAMSVERBRANDING?
Lees reeks by Begrafnis of liggaamsverbranding?
"Burial of the dead had become so part of the Christian heritage that when the barbarian peoples were converted to Christianity they were required to give up the practice of cremation in favour of the Christian custom of burial" – MacDonald.
"In beginsel staan die Christendom, die Christelike tradisie en die praktyke van die Christelike kerk en samelewing regteenoor 'n gestorwe heidendom.Teen hierdie agtergrond is dit kommerwekkend dat die praktyk van liggaamsverbranding so maklik 'n vastrapplek in ons volkslewe gekry het en dat die Afrikaanse kerke met 'n gereformeerde belydenisgrondslag dit so gelate aanvaar het... Verder word lidmate indirek aangemoedig om hul liggame te laat verbrand deur die versekering dat begrafnis net 'n 'tradisie' is en dat daar geen Bybelse of teologiese beswaar teen liggaamsverbranding is nie!" – Lategan.
Jy staan voor 'n keuse:
- begrafnis: wat in die Heilige Skrif met die seën van God verbind word;
- of liggaamsverbranding: wat in die Heilige Skrif 'n teken van die oordeel van God is.
Christene behoort hulle in hul besluitneming uitsluitlik te laat lei deur die vraag: "Wat leer die Skrif?" Voordat jy hierdie belangrike besluit neem is dit jou Christelike verantwoordelikheid om al die inligting tot jou beskikking te beoordeel.