Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Jesus is altyd by jou. Om só 'n Vriend te hê wat so naby jou is, gee jou rede om elke dag met 'n dankbare lag te takel.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
VERSIGTIG TRAP!
Die Engelspratery het maar altyd in die 'warm' oomblikke van rugby 'n kleitrappery gebly. As 'n man se humeur ontvalm het hy nie nog tyd om die regte woorde te soek nie. Daan Swiegers vertel dat hy en Kaspaas van Schalwyk by geleentheid vir die Maties teen die Ikeys tydens intervarsity gespeel het. In 'n woeste losskrum beland Kaspaas op die grond met 'n spul Ikeys al trappende bo-op hom. Benoud skreeu hy op die Ikeys:
"Don't tramp on my breast!"
CHRISTELIKE LEWENSWANDEL
Hannes Ollewagen
Efesiërs 4:17-32
God het ons uit genade vrygekoop van die slawerny van sonde, daarom moet ons nie langer diensknegte van sonde wees nie, want die prys wat betaal is vir ons vryheid was ongelooflik duur.
Ons, as God se kinders, is vrygekoop van die sonde. Dit bring egter die verantwoordelikheid mee dat ons lewens moet getuig van mense wat vrygekoop is van die sonde, maar ook die verantwoordelikheid om te stry daarteen om nie weer deur sonde verkneg te word nie. Hierdie is die rede waarom ons gemaan word om daarna te streef om ‘n heilige lewe te lei, aangesien die duiwel uitgeslape is en stadig maar seker klein dingetjies in ons lewens gebruik om ons van voor af te verkneg. Die satan sal bv. ‘n slegte gewoonte van jou vir homself omskep in ‘n geleentheid wat kan lei tot verslawing en wat dan in ‘n reuse stryd kan ontaard vir enige gelowige om weer daarvan ontslae te raak. Dit is waarom Paulus ons maan in die gelese gedeelte om vir die duiwel geen plek te gee in ons lewens nie.
EMILY HOBHOUSE... (2)
...heldin uit die Vreemde
Rykie van Heerden
Lees reeks by Emily Hobhouse
Honderd jaar ná Emily se geboorte kon ’n mens nog in sy donker huisie met die oop vuurherd op St. Ive ou Tom Barrett raakloop, ’n reus van ’n ou strooikop-Cornishman met ’n groot twak-bruin snor en ’n baie-blou blou oog onder ruie blonde wenkbroue. Hy is ’n afgetrede konstabel wat vir Miss Emily en haar familie geken het of hy hulle gemaak het. Sy oudste suster was wasvrou daar by die pastorie. Selfs op agt-en-tagtig jaar het die galante ou rakker nog iets van die sjarme wat daardie broer John van hom moet gehad het oor wie die hoë Miss Emily self eentyd glo erg was - al was hy maar ’n mynwerker en boonop jare jonger as sy.
As die predikant weg is wat die besoekers uit Suid-Afrika na hom gebring het, vat ou Tom hulle eenkant tuin toe na sy stookketeltjie. Hy tap vir hom en vir elke besoeker ’n bekwame dop, en as hy ’n slukkie weg het, raak sy tong los.
"The trouble with Miss Emily,” sê hy vir hulle onder daardie woeste wenkbroue deur, "the trouble with Miss Emily: she went and nursed, not like that lady Nightingale, our wounded soldiers, she went and tend’ the blinkin’ Boers! And that was that! ” snuif hy ergerlik en slaan op die knie van sy verbleikte blou broek.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'N VRIENDELIKE VERSOEK
Prof Daan Swiegers se betrokkenheid by Noord-Transvaalse en Suid-Afrikaanse rugby het hom periodiek die skyf van menige kritikus se aanvalle gemaak. So het dit dikwels met keurders van sportsoorte gegaan.
Ná afloop van 'n westryd waarin Noord-Transvaal die middag op Loftus Versveld baie swak vertoon het, lui die telefoon in Daan se huis.
"Swiegers hier," antwoord Daan.
"Is dit professor Swiegers van die rugby?" vra die man aan die ander kant.
"Ja", sê Daan.
"Professor, wil nie jy Noord-Transvaal se rugby 'n vreeslik groot guns doen nie?"
"Meneer, ja natuurlik sal ek Noord-Transvaal se rugby enige guns wil bewys. Wat reken u is die guns ek die Bloues kan bewys?"
"Professor, voertsek uit Pretoria!"
En kaplaks smyt die 'adviseur' die foon neer.
EMILY HOBHOUSE... (1)
...heldin uit die Vreemde
Rykie van Heerden
Lees reeks by Emily Hobhouse
Op Woensdagoggend 27 Oktober 1926, halfnege die oggend al, is die bekende ou Tweetoringkerk van Bloemfontein prop-, stamp-, hoek tot kant vol. Voor in die kerk, op ’n baar oorgetrek met ’n diep pers fluweelkleed met ’n silwer rand, staan ’n klein vierkantige kissie van donker eikehout op ’n pers fluweelkussing..
Dit bevat die as van ’n Engelse vrou wat vier maande tevore in Londen oorlede is en omdat sy op ’n besondere manier hier hoort, nou duisende myle ver van haar eie mense in Suid-Afrika begrawe word. En van oor die hele land kom mense om hierdie herbegrafnis by te woon. Die Vrystaatse vroue onder leiding van mev. pres. Steyn reël dit.
As? Vir daardie dae is dit nog iets vreemds. Mej. Maynie Fleck, sekretaresse van die herbegrafniskomitee, het, toe dit aankom, die kissie geskud. "Klink nes gruis,” het sy verwonderd gesê.
2e GROOT TREK (7)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
WÊRELDHOF SE UITSPRAAK HET GEEN WAARDE
SUIDWES-AFRIKA
" Sou ons politici dan nie baie deeglik besef het dat deur met die VVO te onderhandel, met Satan sélf onderhandel word nie? Andermaal is dit weer 'n geval waar 'n korrupte stelsel jou verhinder om aan die leiding van gesonde verstand gehoor te gee. Jy voer maar net die voorskrifte uit van die internasionale geldmagte wat oor die rykdomme van jou land heerskappy voer... Suid-Afrika produseer driekwart van die wêreld se goud ('n kommiditeit waarsonder olieproduksie onmoontlik behoort te wees) maar die Goudbeurs setel in Londen, nie in Johannesburg nie!"
Toe die Nasionale Party met 'n skrale meerderheid ná 1948 se verkiesing regeer, is Suidwes-Afrika (SWA) spoedig betrek om nog 'n kwota parlementariërs vir die NP te lewer. Hierdie manne uit Suidwes het ook handig te pas gekom toe die referendum oor die "republiek" uitgeskryf is. Hulle het ook 'n deurslaggewende bydrae tot "republiekwording" gelewer.
Hierdie land, ryk aan minderale, koper en diameante, was sedert die ontstaan van die Sionistiese VVO 'n twisappel. Uiteindelik het die Wêreldhof beslis dat Suid-Afrika onbetwisbaar alleenreg oor die administrasie van SWA het. Toe 'n groep uit die VVO in 'n stadium nog dink hulle kom nogtans inmeng, het die Regering van dr Verwoerd hulle vliegtuig netjies onderskep en gedwing om in Botswana te land. "Hande af!", was die duidelike boodskap.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
UIT DIE MOND VAN DIE SUIGELING...
Die destydse Eerste Minister John Vorster is by geleentheid deur 'n seuntjie versoek om sy handtekening sewe keer te herhaal. Vorster het nogal gewonder waarom die kind sewe handtekeninge wil hê en vra toe daaroor uit.
Die kind het onbeskroomd en eerlik geantwoord: "Oom, as ek gelukkig is, sal ek dit geruil kry vir een handtekening van Mannetjies Roux!"
KERSFEES OF NIE?
Ds AE van den Berg
“En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar”;
Is 25 Desember werklik die geboortedag van Jesus of kom dit uit die heidendom soos sommige kritici beweer? Die antwoord op beide die vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie. Dit kom egter nie uit die heidendom nie. Wat wel waar is, is dat 25 Desember sedert die vierde eeu n.C. die Christelike kerk se feesdag is waarop Jesus se geboorte gevier word. Let wel: sy geboorte en nie sy geboortedag nie!
Koningin Elizabeth het ’n amptelike verjaarsdag met ’n nasionale fees wat nie op haar werklike verjaarsdag gevier word nie. Met Kersfees is dit pressies dieselfde; dis nie ’n geboortedag-herdenking nie, maar ’n herdenking van Jesus se geboorte – dis twee verskillende dinge.
DIE VUUROOND VAN JOU LEWE
Ds AE van den Berg
“…laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie” - Dan 3:18
Die Bybel is vol verhale van gelowiges wat in moeilike omstandighede beland en deur die ingrype van God behoue daaruit gekom het. Dis alles lesse vir die lewe. Die verhaal van Daniel se drie vriende is een van die aangrypendste; drie jongelinge wie se beproewing en onwrikbare geloof in God van hulle geestelike oorwinnaars gemaak het.
God waarborg gelowiges geen maklike lewe en ’n vrywaring van die vuuroonde van die lewe nie. “….In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Joh.16:33). In tye van beproewing vra ons dikwels: Ek is dan God se kind, waarom gebeur sulke dinge met my? Geloof in Christus is nie ’n ongeluk-vrywaringspolis nie. Paulus het sy lewe lank ’n doring in die vlees gehad wat God nie verwyder het nie!
God beloon ’n skoon en rein lewe nie met ’n sorgelose bestaan nie.
ANC “STRUGGLE” NOU TEEN IMPERIALISTE
Dr PE vd Dussen
Die hoof van ‘n skool in Boksburg word aangekla van diskriminasie teen die swart leerlinge wat hulle eie swart tale gedurende skoolure praat. Dit het gebeur nadat sy ‘n brief aan die ouers geskryf het om toe te sien dat die kinders vandat hulle op die skoolterrein arriveer tot huistoegaantyd, slegs Engels sal praat. Haar motivering hiervoor is glo om die swart leerlinge te help om Engels beter magtig te word. Die ouers het egter hierdie saak na die Menseregte Kommissie geneem. Kyk gerus na die video by hierdie skakel.www.eNCA.com: Boksburg principal says no more black languages.
Dit laat mens terugdink aan ‘n eeu terug toe Afrikanerkinders nie Engels kon en wou praat nie en verplig is om ‘n bordjie om die nek te dra waarop staan I Am a Donkey. Met die digter C P Hoogenhout van destyds kan ons vandag weer sê: Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor! In ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor! Afrikaans het die aanslag oorleef en sal dit blý oorleef.
ANC SKOLE: HOE OM TE VERKRAG
Mediaverklaring
Eksamenvraag in drama is satanies
Herstigte Nasionale Party
Die verpligte vraag waarin matrikulante in die drama-eksamen moes beskryf hoe hulle ’n verkragtingsdaad sou laat uitvoer om die aakligheid aan die gehoor oor te dra, is skokkend en onaanvaarbaar.
Die vraag was verpligtend en kinders wat sou weier om dit te beantwoord, het die risiko geloop om nie hulle eksamen te slaag nie.
Om kinders in ‘n eksamen te dwing om sulke banale voorstellings te maak, is satanies. Dit bevestig andermaal die totale onbevoegdheid van die ANC se onderwysdepartement om betrokke te wees by die opvoeding van die Afrikanervolk se kinders.
Dit beklemtoon die noodsaak van ’n eie onderwysdepartement vir die Afrikanervolk waar ons kinders deur ons eie mense volgens ons waardes en opvattings in die Christelik- Nasionale lewensbeskouing opgevoed en onderrig kan word.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
ORTOPEDIESE UITDAGING
'n Groot voorspeler van Noord-Transvaal word beseer in 'n harde wedstryd. Hy word dadelik hospitaaltoe geneem met sy ontwrigte skouer. Die medikus besluit om die bo-arm sonder narkosetoediening terug te druk in die skouerpotjie – 'n pynlike prosedure natuurlik!
Terwyl die dokter hiermee besig is, kla die voorspeler steen en been van die pyn. Toe die dokter begin moeg word van die klaery, sê hy:
"Man, jy is so 'n groot, fris man en jy kla so aanhoudend. Hou tog bietjie uit! Hier langsaan in die kamer het 'n vrou 'n paar minute gelede die lewe geskenk aan 'n babaseun, en jy het haar nie eers gehoor nie!"
Die voorspeler vererg hom en sê: " Probeer hom terugsit, dan kyk ons weer!"
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BID TOG MAAR VIR HOM
Darius Botha 'n gewese Springbokvleuel, het bekend gestaan as 'n fyn sportman met 'n kalmerende invloed op enige span waarin hy hom bevind het. As predikant was hy natuurlik goed daarvoor toegerus.
Ná 'n harde wedstryd teen die Vrystaat waartydens 'n Vrystater goed met die vuiste ingeklim het, het een van die Noord-Transvaalse slagoffers sy lot by Darius bekla. Darius het geweet dat daar nie veel salf aan hierdie Vrystater te smeer is nie. Getrou aan sy roeping maar ook deeglik bewus van die "onbekeerbaarheid" van die man, antwoord Darius:
"Ou maat, ek sal aan hom dink in my gebede, maar ek dink nie hy het veel van 'n kans nie!"
GOD IS WAARHEID
Hannes Ollewagen
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Psalm 12:1-9
Reeds in die opskrif van hierdie gedeelte sien ons geskryf staan dat leuens onder die mense heers, terwyl God waarheid is. M.a.w. die leuen (en Satan wat die vader is daarvan) heers in die meerderheid mense, hoewel hulle dalk skynheilig kan voorgee dat hulle God liefhet en Hom dien. As die mensdom God waarlik liefgehad het, sou hulle sy Wil gedoen het en sou hulle ook die waarheid liefgehad het, want God IS waarheid.
Dit voel vir ons as Godvresende mense dat die goddeloosheid en leuens daagliks vermeerder en dat dit ondraaglik vir ons raak om daarmee saam te leef. Wanneer ons doodeerlik met onsself moet wees, voel dit vir ons onregverdig dat ons geslag só erg gebuk moet gaan onder ‘n samelewing wat floreer op leuens en bedrog, maar dan sien ons dat dit in die Ou Testamentiese tye vir Godsvresende mense alreeds so gevoel het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n VET AANBOD
Moaner van Heerden was 'n bekende Springbokslot wat in 1977 op die kruin van sy rugbyloopbaan was.
Leon Schuster met sy gekskeerdery bel een aand om elfuur vir Moaner, kort voor die amptelike ingebruikneming van Loftus Versveld. Leon maak asof hy 'n invloedryke Amerikaanse sportpromotor is wat talentvolle rugbyspelers na die VSA lok.
Leon oor die telefoon in 'n sterk Amerikaanse aksent:
"Good evening Mr Van Heerden, I'm from Texas, United States of America. I'm here to recruit outstanding rugby players in South Africa for our Rugby Academy in Tecas. The idea is to promote the game in Texas. We are willing to pay you very well if you are interested to come to Texas and coach some of our teams down there."
Moaner wat aanvanklik nie geesdriftig was nie: "Yes, but what about my job and everything?"
Leon: "Well, we're willing to pay you a salary of 200 000 dollar per year. We give you a beautiful home in a very smart suburb and you will get a Cadillac free of charge for private use."
2e GROOT TREK (6)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
"VERNUWING" EN DIE KERK
"Nee, die politiek is nie die Kerk se werk nie maar wanneer die duiwel in die politiek die septer begin swaai, het die Kerk 'n plig. Wat nodig was, is dat die Kerk aan die hand van die Bybel self die waarheid deur sy preke moes bring, die kennis moes versamel om hierdie listige rol van die magte van die duisternis aan die lidmate oor te dra. 'n Christenmens sou dan toegerus wees om sy oordeel oor 'n regering uit te spreek."
Nog voor die oorname van Uniewinkels deur die volksvreemde geldmagte in 1976 het die Afrikaner se aandeel in die handel reeds weer gedaal tot die peil van 1939. Word die volk by implikasie wysgemaak dat hy in sy "nuwe-nasie"-wording 'n erfreg sal kan bekom in die vreemdes se geldbelange wat Suid-Afrika se ekonomie in groter mate as in 1939 in die holte van sy hand hou? Intussen aanskou ons hoe "Afrikaner"-beroepspolitici met verhoging op verhoging in vettigheid en weelde lewe op 'n Progbeleid. Die ergste was die saamjuigery van die Afrikaanse Handelsinstituut met alles waarvoor die Association of Chambers of Commerce voorheen gestaan het, terwyl die redakteur van Volkshandel skel op die "dromers" van 1939. Ja, Vader Kestell, 'n A.J. van der Merwe en andere, hulle was dan die "dromers".
Andermaal word langs hierdie weg te kenne gegee dat ons voorsate geen ideale met die Groot Trek gehad het, waardig en suiwer genoeg vir hulle nasate om in ere te hou nie.
SONDE VEREIS 'N HEL
Ds AE van den Berg
“Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid....aan skandelike hartstogte....” (Rom1:24,26).
Sonde maak God kwaad. Dit word toorn genoem, ‘n Hollandse woord wat in ons taal gevestig geraak het - wrath of God in Engels. Dis ‘n baie ernstige saak wat, elkeen wat God se redding in Christus verwerp, se ewige eindbestemming raak. “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Joh.3:36).
Om God se toorn te verstaan, moet ons sy geregtigheid verstaan. Hy is volmaak en heilig. Ons is en bly sondig ongeag hoe hard ons probeer om reg te leef. “...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom.3:23). Wie oortree, word gestraf. Hy het die volste reg en gesag om sy skepping te oordeel!
God het in Christus Jesus ‘n reddingsboei na die mens uitgegooi. Wie dit nie vasgryp nie, maak Hom kwaad en word veroordeel.
2e GROOT TREK (5)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
DIE SOSIO-EKONOMIESE POGING
In die naam van "samewerking"...
" Die strydrosse wat die ou NP gedra het, het in die stof gebyt ten gunste van hierdie liberaliste. In hierdie klimaat het van ons voorste sakemanne slagoffers geword van die kompromie, en weldra het 'n aandeel-uitruilery begin. Rembrandt het bv in hierdie proses 'n vennoot onder die Rockefellers gevind; Federale Volksbelegging 'n vennoot onder die Oppenheimers; Sanlam by Schlesinger, ens... Aangesien hierdie vennote by uitnemendheid uit die geledere van die internasionale Sionistiesegeldmagte afkomstig is, deurtrapte sakemanne is wat hulle oor eeue heen vir geslagte reeds verbind het tot die internasionale wêreldstaat van die Antichris en slegs veragting koester vir enige volk wat sy identiteit binne die raamwerk van Christelik-nasionalisme of Nasionaal-sosialisme probeer handhaaf, sakemanne wat agter elke wêreldoorlog gesit het spesifiek met die doel om sulke volke uit te wis, en nie nagelaat het om ook die Boerevolk te probeer uitwis met die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë nie, sou noodwendig hulle materiële belange in die vennootskap deeglik verskans."
Ná die depressie van die vroeë dertigerjare en uit nood daartoe gedryf, het die verarmde Afrikaner besef dat hy homself sal moet red. Oral vind ons dan die spore van Landbou-koöperasietjies wat ontstaan en spoedig verdwyn het – enersyds vanweë gebrek aan sake-ervaring van sy stigters, andersyds bloot omdat die boer 'n onverwaterde kapitalis is en dus nie deel kon word van die sosialistiese inslag van die stelsel nie. Die oogmerk met hierdie stigtings was om die uitbuiting deur die volksvreemde agente in 'n onontwikkelde ekonomie die hoof te bied.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GOUE OUES
Die miere is moeg vir die renoster wat hulle huise stukkend skoffel. Hy doen ook ander dinge wat hulle vies maak goed soos om op sy rug in hulle bos te lê en dan die voëltjies wat laag vlieg te pootjie... Die hele bos se inwoners is al moeg vir die lastige renoster.
Toe hou die miere vergadering en besluit dat Willie, die sterkste mier, iets aan die saak moet doen.
Willie skuil agter 'n bos en wag die renoster in. Toe die renoster regoor die bos is, hardloop Willie op sy vinnigste teen die renoster se poot op en op en op...
Toe hy uiteindelik by die renoster se nek kom, skree sy makkers van daar ver op die grond: "Wurg hom, Willie! Wurg hom!!"
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GOUE OUES
Die goggas speel teen die veldmuise rugby. Toe die goggas opdraf is daar net veertien spelers. Hulle kon toe daaraan niks doen nie en begin speel. Die veldmuise speel so goed dat die goggas wil huil.
Met halftyd kom hulle agter dis duisendpoot wat nie daar is nie. Net toe hulle na hom begin soek kom duisendpoot daar aangestap.
Na halftyd gaan dit goed. Hulle skrum, die goggas kry die bal en gee uit na duisendpoot. Hy hardloop langs die kantlyn af en gaan druk 'n drie. Die gebeur nog 'n hele paar keer en die goggas wen ver. Almal is baie bly.
Na die wedstryd vra hulle vir duisendpoot waar hy dan die eerste helfte was.
"Ek was besig om my skoene vas te maak", antwoord hy.