Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Só lief het God ons dat Hy ons na sý beeld geskape het en ons daardeur 'n vennoot van liefde gemaak het, 'n wese met wie Hy praat, wat Hy soos 'n kind liefhet en wat Hom kan antwoord en as ons Vader kan liefhê.
POLITIEK 'N HEILIGE SAAK
Ds AE van den Berg
“Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel diè aan oor hulle...” - Ex.18:21
Het die kerk 'n sê oor politiek of moet sy haar liefs daar uithou? Die algemene gevoel by die meeste mense is dat sy haar uit die politiek moet hou. Dis die verkeerde ding om te doen; die kerk is dan God se spreekbuis! Is daar dan iewers ʼn lewensterrein waar God niks te sê het nie? Swyg die Bybel miskien oor politieke sake? Allermins! Die Bybel praat verrassend baie oor politiek en gee ook baie duidelike aanwysings oor hoe dit gedoen moet word. Die Bybel slaan geen lewensterrein oor nie, ook nie die politiek nie!
Politiek is nie ʼn vuil ding soos mense beweer nie, maar ʼn heilige saak. Dis die sinvolle ordening van ʼn gemeenskap ten einde mense in vrede en geregtigheid te laat woon en werk. “Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:40).
GEWETTIGDE ROOF
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Die roofkultuur
Swartes het ‘n roofkultuur. En dis geen haatlike opmerking nie, maar ‘n duidelik waarneembare verskynsel wat blankes wêreldwyd ervaar en in baie gevalle selfs moet ontgeld. Let maar net op hoe deurspek is die ANC-regering se optredes van hierdie kultuur teen ons Boerevolk! Wat is dit anders as roof wanneer my volk deur middel van swart ekonomiese bemagtiging doelbewus verarm word? Swart bemagtiging is eintlik niks anders as gewettigde roof nie; dit verskil in beginsel niks van transito-roof nie.
Dit pla die swart kultuur skynbaar nie dat een stam geweld gebruik ten einde ‘n ander stam se besittings te bekom nie. Dis, om die waarheid te sê, een van die hoofredes waarom Afrika gedurig geweld en stamoorloë die hoof moes bied. Swartes glo dat jy jou rykdom alleenlik kan vermeerder deur jou buurman se veekrale te beroof. Ons Westerlinge glo weer dat rykdom deur verstandelike vermoëns en harde werk verkry word.
AFRIKA SE WIT REUS (12)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Misleiding van die Volkere (vervolg)
Wie in Suid-Afrika woon en die totale aanval op hierdie land meemaak, gewaar hier waarskynlik duideliker as op enige ander plek in die wêreld die gekoördineerde aanslag van die geheime magte van duskant en van anderkant die ystergordyn. Dit mag wees dat hulle hier minder moeite doen om die samewerking tussen Oos en Wes geheim te hou omdat Suid-Afrika se mond propagandisties so gesnoer is dat die land - in elk geval van amptelike kant - byna nie effektief kan terugslaan nie. Of dit mag ook wees dat die toenadering of sogenaamde "glasnost"- politiek ("propaganda") van die Sowjetunie met die Verenigde State intussen al so ver gevorder het dat hulle die wêreldbevolking so stadigaan wil voorberei vir die beplande samesmelting tot 'n eenwêreldregering.
BUITELANDSE BELEGGINGS
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Geen litte roer nie
Die Wêreldbank dring al vir etlike jare by Afrika aan om hom deur ekonomiese ywer van sy ellende-bestaan te bevry. Westerse lande is meer as gewillig om hom daarmee te help. Afrika se reaksie op hierdie oproep om vir ‘n slag self hand aan die ploeg te begin slaan, is egter 'n oplaaiende kreet dat al sy skuld as 'n tipe van boetedoening vir sg. onregte van die verlede afgeskryf moet word. Afrika wil doodeenvoudig nie litte roer nie. Bakhand staan, is baie minder moeite!
Al wat werklik in Afrika floreer, is geweld, getalle en ellende. En hierdie dinge skrik buitelandse beleggers af. Geen nugterdenkende instansie sal in ‘n geweldgeteisterde, onstabiele land belê nie. Dis net te riskant. Buitelandse beleggers verlang eerder veiligheidswaarborge en sal hulle derhalwe na meer stabiele regerings wend.
DIE AARD VAN ONS GELOOF
Hannes Ollewagen
Hebreërs 11:1-40
Hoe lyk my en u geloof vandag? Is dit ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop en dan ook ‘n bewys van wat ons nie sien nie? (Vers 1). Glo ek wat ek glo omdat ek myself probeer bevoordeel of glo ek wat ek glo omdat ek dit uit God se suiwer Woord geleer het - soos goud wat sewe maal in ‘n smeltkroes gelouter is? Is my geloof ‘n bewys van dit wat ek nie kan sien nie?
SKEIDING BRING VREDE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Vrede verdwyn
Swart Afrika se onverskillige sug na onafhanklikheid het hom nie net van sy eertydse koloniale bewind bevry nie, maar ook van vrede. Nadat die koloniste uit Afrika verdryf is, het burgeroorlog in die meeste lande uitgebreek en miljoene lewens geëis. Tot vandag toe nog ervaar min swart lande vrede. Vrede is net so skaars in Afrika as Nazi-sentimente in Jerusalem!
Suid-Afrika is ‘n sprekende voorbeeld hiervan. Die misdaadsyfer het in die eerste vyf jaar van swart bewind met 770 % gestyg! Dis alles te wyte aan die gewese Nasionale Party en huidige NG Kerk se aandrang om die ANC en sy onheilige bedmaats in 1990 te ontban. Dit was die begin van die einde van vrede vir ons!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Kliënt vra: "In watter gang kan ek die bloubulwors kry?"
Die jong winkelassistent vra: "Is Oom 'n Bloubulondersteuner?"
Die kliënt, duidelik gebelgd, antwoord: "Ja ek is, maar laat ek jou iets vra: As ek gevra het vir Italiaanse worsies, sou jy my gevra het of ek Italiaans is? Of as ek gevra het vir Duitse bratwurst, sou jy my gevra het of ek Duits is? Of as ek sou vra vir 'n kosher warmbrak, sou jy my gevra het of ek Joods is?"
Die winkelsassistent sê: "Nee oom, ek sou waarskynlik nie."
Die kliënt sê: "Nou ja seun, omdat ek vra vir bloubulwors, waarom vra jy of ek 'n bloubulondersteuner is?"
Die winkelassistent antwoord: "Omdat oom in Builders Warehouse is."
HET JY 'N BRUILOFSKLEED AAN?
SOEK DIE HERE TERWYL HY NOG TE VINDE IS
Ds AE van den Berg
“En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande” Mt 22:12,13
As die mensdom net besef hoe vernietigend sonde is, sal geen mens die bekering as ‘n opsie oorweeg nie maar as ‘n vereiste beskou! Sonde verteer die mens soos ‘n kanker van binne: Luister wat sê Dawid daaroor: “Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer .... want u hand was dag en nag swaar op my....” (Ps.32:3,4). “Want my dae verdwyn soos rook en my gebeente gloei soos ‘n vuurherd” (Ps.102:4).
Wanneer ‘n dokter jou meedeel dat jy kanker het, het jy net een hartsbegeerte - om daarvan ontslae te raak voordat dit jou lewe eis. ‘n Mens sal enigiets doen om die lewe te behou. Wat ‘n heuglike dag as jy na deeglike behandeling die goeie nuus ontvang dat jy gesond is! Maar wat maak ons met sonde, daardie kanker wat ons siel aanval? Dis veel erger as fisiese kanker. Waarom? Omdat die liggaam sterf, maar die siel leef voort – of in die hemel of in die hel!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die probleme met rugbyskeidsregters kom nie van vandag af nie. Dit bly maar 'n netelige saak wanneer 'n skeidsregter nie die opponente se foute wil raaksien nie. Met die All Blacks se toer in 1970 hier in Suid-Afrika het daar ook so 'n insident plaasgevind.
Die Springbokspeler kon dit nie meer hou nie en sê vir sy spanmaats:
"Kêrels, hierdie skeidsregter is blind!"
"Wat sê jy daar?" kom dit van die gebelgde skeidsregter.
Speler: "O magtig, hy's nog doof ook!"
AFRIKA EN DEMOKRASIE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Die poeierkwas
In die buiteland word daar bykans geen woord oor Suid-Afrika gerep sonder om die poeierkwas van demokrasie kwistig aan te wend nie. Buitelanders glo dat dinge hier aan die suidpunt van Afrika klopdisselboom gaan omdat demokrasie hier geseëvier het. Een-mens-een-stem was die towerstaf wat alles wat in ons land verkeerd was, reggemaak het. Maar het dit?
Die blink muntstuk het ook 'n dowwe keersy. Sedert die ANC aan bewind is, vrees blankes soos nog nooit tevore vir hulle veiligheid. Daarbenewens verarm hulle teen ‘n ontstellende tempo soos wat kundiges stelselmatig uit staatsdiens- en aanverwante poste gerangeer en deur onbevoegde swartes vervang word. Hierdie verfynde roof en nog talle ander onregte vind in die naam van demokrasie plaas!
AFRIKA SE WIT REUS (11)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Misleiding van die Volkere
"Die kragte van die wêreldrewolusie werk vandag van albei kante van die ystergordyn af en dit is wat hulle werk so gevaarlik en suksesvol maak. Dit is die rede waarom die barbaarsheid van die brandende "nek- band", wat deur die ANC teen onskuldige swartes in Suid-Afrika gebruik word, die leidende koerante in die hele westerse wêreld nie verhinder het om Winnie Mandela as 'n heldin op te hemel nie alhoewel sy hierdie onvoorstelbaar wrede massamoord openlik met geesdrif goedgekeur het. ('Met ons vuurhoutjiedosies en ons halsbande sal ons hierdie land bevry!' – onthou u?)"
"Vandag is die wêreldverhoog in gereedheid gebring vir die derde bedryf (die Derde Wêreldoorlog) wat die doel het om die proses te voltooi. Die geldmag en die rewolusionêre mag is formeel gevestig en wel in duidelik afgebakende kampe ('Kapitalisme' of 'Kommuriisme') en in presies gedefineerde vestings ('Amerika' - 'Rusland'). Dieprentjie wat vir die massas gewys word om genoeg onrus by hulle te verwek, is dié van 'n vyandige en wanhopige konfrontasie. Dit is die spektakel wat openlik vir die mense as wêreldtoneel voorgehou word. Maar wat daarvan as manne van dieselfde gesindheid, met dieselfde geheime doel voor oë in albei kampe baas is en hulle doelwitte probeer bereik deur die botsing van die massas?"- Douglas Reed in "Behind the Scene".
In hierdie boek is daar nou al baie oor die agtergrond van die huidige onverklaarde oorlog teen Suid-Afrika geskryf. Die leser word versoek om, op grond van die beskrewe werklikhede, die gebeurtenisse en veral die toekomstige verwikkelinge, vas te stel of die insigte in hierdie boek strook met die waarheid. Vir miljoene mense lê hierdie waarheid nog altyd verborge in die donker van vyandelike propaganda, wat Peter Simple van die Londonse "Daily Telegraph" as " 'n wêreld vol leuens" beskryf het.
Die tragiek van hierdie aanslag op Suid-Afrika is nie soseer geleë in die feit dat so baie goedgelowige mense (Christelike organisasies, predikante, studente, professore en welmenende huisvrouverenigings deur protesaksies, boikot-oproepe en massademonstrasies, sonder dat hulle dit weet of wil, die vuil werk van 'n internasionale samesweerderskliek ondersteun (en so van hulself die "nuttige idiote" maak volgens Lenin se uitspraak), maar dis eerder daarin geleë dat hul ywerig help om die tak af te saag waarop hulle self sit.
ONS IS BOERE !
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1.1 ‘n Gawe van God
In Gen.25 lees ons hoe Esau sy eersgeboortereg verag en sy nageslag in onbeduidenheid laat verval het. God het lank voor ons geboorte bepaal dat ons aan ‘n spesifieke volk sou behoort. Derhalwe is volkwees kosbaar en mag ons nie ons erfenis versmaai nie - dis 'n gawe van God. Esau se nageslag het die gevolge van sy onverskilligheid gedra en 'n veragte volk geword wat gereeld goed op hul baadjie gekry het.
Verraderlike politici, ontspoorde kerke en ander volksvyandige instellings dring al jare lank daarop aan dat ons ons erfenis vir die verfoeilike lensiesop van internasionale erkenning verruil. Nee, ons sal eerder dit wat ons uit die hand van God ontvang het, bewaar omdat ons eendag ook daarvan rekenskap sal moet gee.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SLAAN HOM, PHIL!
Phil Mostert, beroemde Springbokvoorryman, was so sterk soos 'n os, maar hy kon, gelukkig vir sy teenstanders, altyd sy humeur beteuel. Daardie dae, so vertel dok Craven, was rugby 'n baie harder en ruwer spel as vandag.
Phil het gereeld onder die vuiste van sy teenstanders deurgeloop omdat hy so hard en meedoënloos gespeel het. In Nieu-Seeland het hy op 'n dag weer erg deurgeloop. Danie Craven kon dit nie begryp dat ou Phil so baie kan ontvang en niks self uitdeel nie.
"Ou Phil," vra hy hom toe, "hoekom foeter jy nie daardie man wat jou so slaan nie, man?"
"Ou Danie, ek gaan hom nie slaan nie, maar ek wag my kans af; ek gaan hom met hierdie groot hande van my vermorsel. Sy nek sal soos my ma se beskuitdeeg tussen my vingers uitpeul!"
Nodeloos om te sê dat Phil nie sy kans benut het nie...
WAAR KOM DIE BYBEL VANDAAN?
2 Pet.1:16-21
Is die Bybel soos ons dit ken werklik die Bybel soos wat God dit wou hê? Is daar nie miskien boeke weggelaat wat wel in die Bybel moes gewees het of Bybelboeke wat nooit daarin moes gewees het nie? Hoe seker kan ons wees dat die Bybel wat ons lees eg is?
Daar was nooit ’n kerklike liggaam soos ’n Sinode wat besluit het watter boeke moet in- en watter moet uit die Bybel gelaat word nie! Bybelse geskrifte is deur die eeue deur gelowiges ontvang en as geïnspireerde boeke herken. In die tyd van Christus se aardse bediening was dit wat ons vandag as die Ou Testament (OT) ken alreeds bekend; al 39 boeke. Israel het nooit êrens vergader om oor die inhoud van die OT te besluit nie. God het die Bybel gewil!
Minstens 90% van die NT is ten spyte van baie mondelinge tradisies onmiddellik deur gelowiges as die Woord van God erken. Oor boeke soos Jakobus en Hebreërs was daar aanvanklik ’n bietjie twyfel aangesien die naam van die skrywer by Hebreërs ontbreek en Jakobus met sy klem op goeie werke oënskynlik Paulus se klem op genade weerspreek.
SOUT VAN DIE AARDE
Hannes Ollewagen
Matt. 5:13-16
Vers 13: “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word?...” Ons lees hierdie verse só dikwels, maar omdat dit so ‘n kort gedeelte is wat hoofsaaklik uit beeldspraak bestaan, neem ons dit dalk nie ernstig of letterlik genoeg op nie.
Christus sê vir ons in hierdie gedeelte dat óns, wat sy kinders is, die sout van die aarde is! Ons is dus veronderstel om dinge rondom ons en in ons gemeenskap 'beter' te maak. Anders gestel, ons moet ander mense met ons lewenswandel oortuig dat dit wél reg en belangrik is om God lief te hê en te dien. Ons is veronderstel om op so ‘n wyse te leef dat selfs heidene op ons lewenswandel ag gee en daardeur geraak sal word.
SIENER VAN RENSBURG
Ds AE van den Berg
1. AGTERGROND.
(i) Wie was Siener van Rensburg?
Nicolaas Pieter Janse van Rensburg beter bekend as "Siener" van Rensburg is op 30 Aug 1864 op plaas Rietkuil naby Wolmaransstad gebore en in Maart 1926 in die ouderdom van 61 jaar oorlede. Hy was een van die merkwaardigste figure in ons volksgeskiedenis.
(ii) Ongeletterd.
Behalwe dat Siener kon lees en skryf, was hy verder ongeletterd. Hy het slegs 20 dae skoolgegaan. Nogtans het bekendes soos genl. Koos de la Rey en Christiaan de Wet hom dikwels geraadpleeg.
Siener het reeds op 20 begin grys word soos een wat geen jeugjare gehad het nie. Hy het gelyk soos een wat oud gebore is. Desondanks het mense hom as 'n gestuurde van God gerespekteer. Wat my in my navorsing oor Siener die meeste getref het, was sy nederigheid, liefde vir sy volk en onwrikbare geloof in God.
(iii) Sy gesigte.
Oom Niklaas, soos hy onder sy mense alom bekend was, het sy eerste gesig op 'n ouderdom van 7 jaar gehad en daarna meer as 700 tot en met sy dood.
JESUS GAAN VERBY
Ds AE van den Berg
"Polities gesproke gaan ons ’n onseker toekoms tegemoet – 2014 gaan myns insiens ’n waterskeiding, ’n maak-of-breek jaar wees. Doemprofete voorspel aaklige dinge vir die Boerevolk. Moenie ontsteld word nie; laat Christus toe om die drogbeelde van moontlike onheil te verwilder... In ’n krisis sien ons net donkerte en jaag ons graag selfvervaardigde gedrogte op. Jou keel trek toe en jou hart is onstuimig, ja, jy raak so bang vir die toekoms, dat jy nie geleef kry nie! Daarvoor is daar net een medisyne – om in jou nood Jesus opnuut te ontdek. Hy is ook daar waar jy Hom nie verwag nie!"
“…..Toe spreek Hy dadelik met hulle: Hou goeie moed, dit is Ek; moenie vrees nie” - Mark.6:50
Baie mense presteer slegs as hulle toegejuig word. Jesus was weer op sy beste as Hy alleen was. Hy was nie kollig behep nie, maar wel van die onderskraging van sy Hemelse Vader afhanklik. Daarom het Hy hom telkens afgesonder om alleen in gebed met sy Vader te verkeer en van ’n diepe afhanklikheid van God getuig. En dis die agtergrond van ons gelese gedeelte.
Jesus is gereeld deur skares omring en het by twee geleenthede op wonderbaarlike wyse hulle van voedsel voorsien. Die skare wat Jesus in Jerigo ingewag het, was so groot dat die arme Saggeüs in ’n boom moes klim om Hom te kon sien. Dink ook aan die vrou wat aan bloedvloeiing gely het wat net aan Jesus se mantel se soom kon raak. In Mt.21 lees ons van ’n groot skare wat Hom met sy intog in Jerusalem met hosannas toegejuig het. Mense het Jesus bewonder!
WÁT, NADAT JY STERF? (5)
Lees reeks by WÁT, NADAT JY STERF?
Weet jy wat ná jou dood gebeur? Is die dood vir jou die einde van jou lewe; of die begin van 'n nuwe?
In hierdie reeks getuig dr Maurice Rawlings, M.D., 'n Amerikaanse kardioloog wie se werk dit is om mense uit die dood te probeer terugbring, van ervaringe waartydens hy resussitasie (dit is die proses van 'terugbring' wanneer die hart ophou klop het) op pasiënte toegepas het.
MENSLIKE HEMELVAART
Ervarings in die hiernamaals word gewoonlik beskryf as hemels, aangenaam, verfrissend of onbeskryflik. Die meeste van hierdie beskrywings kom natuurlik voor in onderhoude wat 'n paar dae ná die resussitasie op 'n ander plek gevoer word. Baie van diegene wat hierdie soort ervarings gehad het, is oortuig daarvan dat hulle bestem is vir 'n heerlike lewe in die hiernamaals. Vir sommiges is dit miskien waar, maar ander kan onder 'n wanindruk verkeer. Diegene wat slegte of onaangename ervarings gehad het, kan gewoonlik nie onthou as hulle weggeneem is van die plek waar die resussitasie plaasgevind het nie. Dit word bewys deur verslae wat tot dusver gepubliseer is. Ons sal later gesels oor die onaangename ervarings – laat ons nou eers na die aangenames kyk.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SNELSTRIKDRAMA
In Januarie 1982 was Gert Pogtieter en ek, Hannes Botha, eendag op reis in Gert se blou bakkie naby Bloemfontein. Die bakkie se snelheidsmeter het 115 kilometer per uur geregistreer en ons twee was in druk gesprek. Gelukkig kom 'n bedagsame motoris van voor af en met flikkerende ligte waarsku hy ons dat 'n snelstrik op ons wag. Gert trap die remme en skaars het ons teen 95km per uur gery of daar voor ons is die verkeersmense in 'n groot groep besig om ons in te wag. Toe ons oor die rubberpypies ry, was ons veilig binne die snelheidsgrens.
Skielik verskyn 'n konstabel voor ons in die pad en met 'n aggressiewe gebaar beduie hy aan Gert om stil te hou. Toe die bakkie tot stilstand kom, neem hy reg voor die bakkie posisie in, trap tartend met die een voet op die buffer en skreeu vir Gert:
AFRIKA SE WIT REUS (10)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Die geheime heersers
Die “Protokolle" druk dit ewe beskeie so uit: "Die bestuurders, wat ons uit die volk sal kies, onder streng inagneming van hulle gewilligheid tot onderdanige gehoorsaamheid, sal geen persone wees wat geoefen is in die kuns van regeer nie. Hulle sal derhalwe net skaakfigure van ons spel wees, wat gehanteer word deur manne met gees en genialiteit, wat hulle raadgewers is - spesialiste wat vanaf hulle prille -jeug voorberei is vir hulle taak, om die lotgevalle van die hele wêreld te bepaal."
"Die wêreld word deur heeltemal ander vooraanstaande mense regeer as wat 'n mens dink, as jy nie agter die skerms kan inkyk nie." - Benjamin Disraeli, Britse staatsman (1804—1881)
Ongeveer 200 jaar gelede het die politieke strukture van die Westerse beskawing onder die invloed van liberale kragte begin vloeibaar raak en toe verander. Die resultaat van hierdie verandering was die sogenaamde demokratiese regeringsvorms, waarin (minstens teoreties) die mag moes uitgaan "van die volk."
'n Mens kan natuurlik oor die voor- en nadele van demokratiese regeringsvorms verskillende opinies daarop nahou, maar wat in elk geval vasstaan, is dat onvoorspelbare moontlikhede daardeur geskep is om draers van politieke beslissings, wat dikwels net enkele jare die mag in hande het, te beïnvloed en te kontroleer. Die deure is wyd oopgemaak vir die moontlikheid van korrupsie, afpersing, baantjies vir boeties en magsgierigheid.