Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Dit wat op Kersdag gebeur het, was nie maar net ’n mooi gebaar van God nie, maar om die puin van sonde in ons lewens op te ruim sodat ons waarlik vry kan wees. “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh.8:36). ’n Mens is of vry of gebind. Is daar iets wat jou bind?
WAAR IS JY, MY KIND?
Hannes Ollewagen
Gen. 3:1 – 24
In vers 1 van die gelese gedeelte is dit die eerste keer dat ons met die duiwel in die Woord kennis maak. Ons sien hoedat sy taktiek nog nooit verander het nie. Net soos in ons hedendaagse bestaan, verdraai die duiwel die waarheid sodat dit hom pas en wek hy twyfel en agterdog by die mens. Hy weet dat die mens bewus is van die waarheid, maar nou het dit reggekry dat die mens aan hom aandag gee en sy versoeking deurdink.
Wanneer die sonde eers in oorweging gebring word, hou hy dit as iets mooi en skadeloos voor en sodoende word die mens in die versoeking gebring om tog maar self te beproef dít waarteen sy Skepper hom gewaarsku het. Nooit is dit ook anders nie, dat die satan dan ewe skielik verdwyn (wel, so dink ons), maar dan kan ons sy gevolge duidelik in ons lewens sien - waar dit hartseer en verwoesting saai.
PRESIDENT M.T. STEYN (6)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Onzerust
"Daar het dus twee kampe ontstaan: die Steyn-Hertzog- groep en die Botha-Smuts-groep. Die gevoel tussen hulle kon dalk verdwyn het, maar groot dinge was in die buitewêreld aan die broei. Tussen Engeland en Duitsland het daar ’n oorlog gedreig wat op ’n wêreldoorlog sou uitloop."
Onzerust was reeds sedert 1897 Steyn se toevlugsoord. Hy en Tibbie het altyd die plaas se naam as een woord geskryf. In hul afwesigheid is die huis deur vriende vergroot en verbeter. Aangesien die Steyns nie gedurende die oorlog daar gebly het nie, het die Engelse die plek in vrede gelaat. Dit was een van die min Vrystaatse plase wat nie verwoes is nie. Al teleurstelling was dat ’n sterk fontein opgedroog het. Op Steyn se versoek is armblankes gebruik vir die werk aan die huis. Vir Tibbie was dit ’n vreugde om weer ’n eie huis te hê.
Steyn se geliefkoosde vertrek was sy studeerkamer. Aan die mure het hy portrette van die lede van sy gesin en van sy vriende en kollegas gehang.
ONS BEWAARDER SLAAP NIE!
Ds AE van den Berg
“My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het” - Ps.121:2
Ps.121 is ’n Bedevaartslied, ’n lied wat pelgrims op pad na die groot Joodse feeste in Jerusalem gesing het. Die Psalm vertel van die gevare op pad. Ja, daar was destyds ook rowers. Die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan vertel van ’n Jood wat na ’n rooftog vir dood agtergelaat is.
Vers 1 is nie ’n belydenis van geloof nie, maar eerder ’n uitroep van wanhoop; ’n man wat bang is om op pad te wees. Hy vertel van die gevaar wat in die heuwels skuil en rowers wat wag om moeë reisigers te beroof omdat die booswigte geweet het dat hulle geld by hulle gehad het. As so ’n reisiger aangeval is, waar sou hy hulp vandaan kry? Beroofde mense is dikwels aan hul eie lot oorgelaat. Mense wou, soos die priester en die Leviet, nie betrokke raak nie. Die Psalmdigter beantwoord sy eie vraag. Sy hulp kom van God. Ook ons s’n.
VRYHEIDSUG
Johan Botha
O, dat die nagtegaal weer eens
Suid-Afrika, jou velde sal besing;
'n Luide jubeltoon weer opstyg tot jou lof,
'n Ryker glans van liefde jou omring!
Mag uit die puinhoop van vernieling weer
Besieling vir jou dapp're stryders straal;
O, dat heldemoed en durf weer seëvier,
jou liefde weer my volk se arm staal!
'N KLAAGSANG
Johan Botha
Daar rys 'n weeklag in die nag
van mensekinders wat in onreg ly;
En uitdaend, spottend klink daarby.
'n tergend, honend Satans-lag.
Wil U hierdie lot versag,
en ons van Satans-hand bevry!
Want, o Heer, as ons moet stry
verdwyn die lig, en word dit nag.
VERLOS SUID-AFRIKA!
Pieter Botha
Daar's 'n nasie deur verdrukking
tot 'n bedelras verlaag.
Vaag sy skoonste vergesigte
deur die honger in sy maag.
Om hom lê die rykste velde,
bo hom is sy hemel ruim.
Knegte juig nou oor sy erfnis,
vloek die volk vir "Blanke Skuim".
Dis mý volk wat deur uitbuiting
wankel-val van hongersnood.
Driemaal honderdduisend, sugtend,
bedel-snak om liggaamsbrood,
maak Suid-Afrika se paaie...
dis ons roeping, dis ons lot...
Veilig oor ons sweet en weedom
ry die Weelde met genot.
Dis my nasie, hoor, my nasie.
Dis 'n grap, 'n lawwe grap!
"Knegte heers oor hierdie nasie?"
Knégte gee hom mieliepap.
Soet gedoog ons nog die lyding,
kinders wat die folt'ring dra.
God, gee ons 'n hoër lewe,
O, verlos Suid-Afrika!
PRESIDENT M.T. STEYN (5)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Die Oorlog is Verby
Die eerste nag op Krugersdorp kon Steyn nie slaap nie. Cornelis du Preez was by hom en kon ook nie slaap nie. Cornelis staan toe op en trek sy broek onder sy naghemp aan. Toe Steyn hom vra wat hy doen, se Cornelis dat hy sy broek aantrek. "Ag, ou seun,” sê Steyn toe, "trek myne tog ook vir my aan, asseblief.” Op kommando het hulle so gewoond geraak daaraan om met hul broeke aan te slaap in geval van ’n skielike aanval dat hulle daarsonder nie meer gemaklik was nie. So het hulle toe aan die slaap geraak.
Jack Brebner het vir Steyn kom vertel dat vrede gesluit is. Hy het sy kop na die muur gedraai. Buiten sy verdriet was daar ook ’n sterk verlange na sy vrou en kinders. Tibbie het niks van haar man se siekte geweet nie. Nadat daar so lank geen korrespondensie tussen hulle moontlik was nie, het Tibbie nou weer gereeld geskryf. Maar Steyn kon nie meer ’n pen hanteer nie.
NIKS IS NUUT NIE (10) (SLOT)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE VERNIETIGING VAN APARTHEID
" Die Britse pers het hierdie beleid egter aangeval en selfs die Afrikaanse woord daarvoor in hulle smeerveldtogte gebruik omdat dit op die oor af soos 'apart hate' geklink het. In werklikheid was dit niks anders as 'separation' of 'separatism' nie."
Met die ontwikkeling van die mynbou in die geroofde Boererepublieke het duisende swartes na die stede gestroom ten einde met die blankes om werksgeleenthede mee te ding. Ironies genoeg het die Britse mynbase wat voorgegee het om die belange van die swart mynwerkers op die hart te dra, hulle minder as die blanke werkers betaal. Die skynbaar besorgde buitelanders het eerder in eiebelange as in goeie menseverhoudinge belanggestel en oral dinge wat nie aan hulle behoort het nie vir hulself toegeëien.
- Die volksvyand probeer swartes nog al die jare wys maak dat hul armlastige bestaan aan die Boerevolk se uitbuitery te wyte is. Oor die Britte wat met behulp van goedkoop swart arbeid baie vergaar het, word gerieflikheidshalwe geswyg. Vandag word die Boerevolk wat ook slagoffers van buitelandse onderdrukking was, gedwing om dit wat hulle eerlik en opreg vergaar het met luiaards te deel! Die internasionale geldmag het van meet af aan 'n bedekte rol in die ondermyning van die Boerevolk gespeel.
PRESIDENT M.T. STEYN (4)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
President Steyn vertel hoe hy ontsnap het
Een van die joiners het 'n Britse kolonne vroeg die more van 10 Julie 1901 na die Noord-Vrystaatse dorp Reitz gelei om byna al die lede van die Vrystaatse regering te vang. Omdat pres. Steyn "die siel van die oorlog" was, soos genl. Louis Botha dit uitgedruk het, sou sy gevangeneming 'n nekslag vir die stryd gewees het.
Die lede van sy staf en kommando het allyd die grootste respek en liefde vir Steyn gehad. Meer as een maal het van hulle gesê dat die wyse waarop hy die agting van almal behou en die onderlinge vrede bewaar het, 'n wonderwerk was. Daar was soms meningsverskille tussen sy manne, maar Steyn kon met 'n paar woorde die eensgesindheid herstel. Sy kalm, deurdringende aanblik kon niemand weerstaan nie. "As President liewers wil raas of die sambok gebruik, dan kon ek my man beter staan," het een van sy vernaamste amptenare eendag gesê, maar daardie kyk!"
NIKS IS NUUT NIE (9)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
"Indiërs het baie jare later 'n beduidende rol in die beplanning van Marxistiese terreur in Suid-Afrika gespeel, iets wat veral met die opspraakwekkende Rivoniaverhoor aan die lig gekom het."
Die Britse owerheid se openlike vyandiggesindheid jeens die Boerevolk was al te duidelik in die aanloop tot die Tweede Vryheidsoorlog te bespeur. Nadat goud in die ZAR (
Toe Chamberlain verneem dat buitelanders dit vir president Paul Kruger moeilik gemaak het om wet en orde te handhaaf, het hy met voorbedagte rade in die sake van die ZAR-regering begin inmeng. Chamberlain het eerstens teen die aanname van die Uitsettingswet beswaar aangeteken, ‘n wet waarmee hy van ongewensde immigrante ontslae geraak het. Brittanje kon laasgenoemdes natuurlik baie handig teen Kruger gebruik!
NIKS IS NUUT NIE (8)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
MOEILIKHEID IN DIE BOEREPUBLIEKE
"
Die Transvaalse swartes was uitsonderlik wreed. In 1854 is Hermanus Potgieter, broer van Andries Potgieter byvoorbeeld op die grond met penne vasgespyker en onder barbaarse toejuiging lewendig afgeslag! Die strafkommando wat daarna uitgestuur is, het by die een kraal uitgebraaide mensvet en by ‘n ander op mensehande wat oor 'n spit gebraai is, afgekom."
Die burgers van die Oranje Vrystaat (OVS) het gereeld onder die Basoetoes se stroop- en plundertogte deurgeloop. Nadat die OVS in 1854 selfbestuur verkry het, het opperhoof Mosjesj sy onderdane aangehits om die grense oor te steek en op die Boere se grond aanspraak te maak. Dit het Sir George Grey genoodsaak om met die swart rusverstoorder 'n vredesverdrag te sluit ten einde oorlog te voorkom.
Die Basoetoes het hulle egter nie aan hieraan gesteur nie en hul rooftogte op blanke eiendom hervat. Duisende swartes het oor die grens gestroom en alles in hul pad geplunder en vernietig. Talle Boerewonings is in die proses afgebrand en landerye verwoes. Dit het die OVS geen ander keuse gelaat as om oorlog teen die swart booswigte te verklaar nie.
PRESIDENT M.T. STEYN (3)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Die Presidentskap
Tydens ’n buitengewone sitting van die Volksraad op 11 Desember 1895 het pres. Reitz sy bedanking ingedien. Dit was nadat hy met die toestemming van die Volksraad vir mediese behandeling na Europa gegaan het. Aangesien daar geen beterskap was nie, het Reitz dit sy plig geag om te bedank. Met al die woelinge in die land was dit noodsaaklik dat ’n man wie se gesondheid niks te wense oorlaat nie, aan bewind sou wees. Die staatsekretaris, Pieter Jeremias Blignaut - hy was met Steyn se oudste suster getroud - het intussen as president waargeneem. Die verkiesing sou op 19 Februarie 1896 plaasvind.
Die kandidate vir die presidentskap was sir John Fraser, ds. G. W. A. van der Lingen, en tot sommige se verrassing, Marthinus Theunis Steyn. Hy is deur J. A. Venter as kandidaat genomineer en gesekondeer deur Christiaan Rudolf de Wet. In die begin was Fraser se kanse baie goed. Hy was voorsitter van die Volksraad en alom bekend en gerespekteer. Ander kandidate wat voorgestel is, het vroeg uit die stryd getree. Die keuse het gevolglik tussen Fraser en Steyn gelê. Fraser kon dalk gewen het, maar toe vind die Jameson-inval plaas. Die doel daarvan was om die Suid-Afrikaanse Republiek te annekseer. Die inval het misluk, en ’n sterk anti-Britse gevoel het ontstaan.
NIKS IS NUUT NIE (7)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
OWERHEIDSFLATERS
"Die Britse owerheid het hul fout te laat agtergekom - moet nooit swartes bewapen nie. Vroeër of later draai hulle teen hul leermeesters!"
Die Britse owerheid was van meet af aan daarop ingestel om die Boerevolk te vernietig. Hulle het die staat, kerk en skool vir hul bose doel aangewend. Hierdie drie instansies is jare later vir ‘n tweede keer teen die Boerevolk ingespan om hom van sy vryheid te beroof. Die Britte het die Boerevolk eers deur middel van massa-immigrasie probeer toeploeg. Toe hierdie pogings misluk, het hulle alles in hulle vermoë gedoen om rassespanning aan te wakker ten einde die Boere se rasseverhoudinge te vertroebel.
NOGSTEEDS DIESELFDE GOD
Hannes Ollewagen
Psalm 44
Vers 2 – 4: “O God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: ‘n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd. U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit. Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ‘n welbehae in hulle gehad het.”
Hierdie gedeelte was vir die kinders van Korag waar, duisende jare gelede. Dieselfde woorde was waar vir ons voorouers toe hulle hulself aan die suidpunt van Afrika kom vestig het. Hierdie woorde was ook waar vir die Voortrekkers wat gedurig teen inheemse stamme oorlog moes voer om hul lewens te beskerm. Hierdie woorde was ook waar vir ons voorouers wat ons land teen Britse oorheersing verdedig het. Hierdie woorde is egter nog nie bewaarheid vir diegene wat met hart en siel gestry het om ‘n magsoorname deur ‘n swart meerderheidsregering te probeer stuit nie.
NIKS IS NUUT NIE (6)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE GROOT TREK
"Telkens nadat ek weer deur harde werk op die been gekom het, het die swartes gekom en my van alles beroof. Wat het derhalwe van my oorgebly na vele jare van swoeg en arbei? Letterlik niks nie!"
Met hul kerk as ’n pion op die skaakbord van die vyand, was die skrif vir die Boerevolk aan die muur. Van owerheidsweë sou daar geen ommekeer van sake kom nie. Daarvoor was die owerheid te eerloos, lamsakkig en bevooroordeeld. Gevolglik was daar vir baie volksgenote geen ander uitweg as om hul vryheid elders in ‘n noordwaartse rigting te gaan soek nie.
In sy geskiedkundige manifes het Piet Retief die vier hoofoorsake vir die Groot Trek as die Hottentotkwessie, probleme met Xhosa-invalle, die slawekwessie en die probleme met sendelinge aangeteken. Die probleme met die Hottentotte het by buitelandse kerklui begin wat dertig sendingstasies kom oprig het. In plaas van die evangelie van Christus, is Rosseau se mensverheerlikende filosofie aan die swart heidene verkondig. Dit het die klem op die broederskap van mense in plaas van die verlossing in Jesus laat val en die Christendom aan die suidpunt van Afrika enorme skade aangedoen.
Sendelinge se tere besorgdheid oor die 'edele barbare' het geen perke geken nie.
PRESIDENT M.T. STEYN (2)
Lees reeks by President M.T. Steyn
Johannes Meintjies
Van Student tot Regter
Theunis Steyn en Paul Kruger het mekaar in Tafelbaai vir die eerste keer ontmoet. Theunis het geweet dat Kruger op pad was na Engeland om te protesteer teen die anneksasie van Transvaal op 12 April 1877. Hulle het egter nie veel met mekaar gesels nie, want Theunis was maar negentien en die krygsman-politikus reeds een-en-vyftig. Theunis het wel baie met die Frasers gesels. Hulle was afkomstig van Philippolis, waar Harry Vels hulle leer ken het. Theunis is bekoor deur Rachel (of Tibbie soos almal haar genoem het), want sy was mooi en lewendig en fyn opgevoed. Die Frasers was op pad Skotland toe, en Tibbie was die ene opgewondenheid.
Dit is bekend dat Paul Kruger gedurende die seereis net een keer vir Theunis gevra het om iets op Engels aan die kaptein van die skip oor te dra. Theunis kon vlot Engels praat, maar Kruger was die taal nie magtig nie, hoewel hy dit blykbaar kon volg.
NIKS IS NUUT NIE (5)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
DIE KERK IN DIENS VAN DIE VYAND
" Dit was vir die Boerevolk ‘n wrede ontnugtering toe die NG Kerk sy lidmaatskap vir anders-kleuriges oopgestel het. Die kerkleiding wou die volksvyand ter wille wees al sou dit ook ‘n vervreemding van sy eie mense beteken. Geen prys was te hoog nie! Meer as 'n eeu later het die NG Kerk weereens in die hand van die volksvyand gespeel toe hy sy lidmaatskap vir alle rasse oopgestel het. Daarmee het hy hom so laat kompromiteer, dat hy geen vinger kon verroer ten einde te keer dat Suid-Afrika se Christelike Grondwet met 'n heidense een vervang word nie. Gevolglik is die NG Kerk instrumenteel daarin dat die staatsgesag in die hande van rassehaters beland het wat geen geheim van hul kommunistiese ideale gemaak het nie! "
Met die koms van die Britse setlaars (1820) was die Zoeloes besig om opgang onder die bloeddorstige Tsjaka te maak. Dit het vir blankes en ander swart rasse niks goeds voorspel nie. Brittanje se onversadigbare drang na gebiedsuitbreiding het in 1836 die Cape of Good Hope Punishment Bill die lig laat sien wat bepaal het dat alle blankes suid van die 25 grade breedtegraadlyn aan die plaaslike Britse gesag onderhorig was. Dit het swartes in staat gestel om Boere vir vermeende wandade voor die geregshowe te daag.
Die Boerevolk was in ‘n onbenydenswaardige situasie.
NIKS IS NUUT NIE (4)
Caledon se proklamasie was die eerste teken van 'n nuwe politieke begrip - 'n heterogene eenheidstaat waarin onderhorige volke se nasionale strewes ondermyn is. Dit het in wese nie van Brittanje se latere verdeel- en heersbeleid verskil nie. Eintlik was dit 'n doelmatige manier om die plaaslike Britse owerheid se magsposisie te verskans. Hierdie proklamasie het alle etniese groeperinge aan die suidpunt van Afrika in een staatsbestel saamgetrek waarna daar met voorbedagte rade begin is om hulle teen mekaar op te sweep.
NIKS IS NUUT NIE (3)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks Is Nuut Nie
BLANKE WEERSTAND
" Enige beleid wat doelbewus vernietig word, moet uiteraard tot niet gaan. Kyk maar net wat met apartheid gebeur het. Dit het geensins misluk nie, maar is doelbewus deur die volksvyand nek omgedraai!"
Die patriotte was vir die eerste kentering in die plaaslike politiek verantwoordelik. Hierdie groep wetsgehoorsame burgers het die Kaapse owerheid nie verder met hul toekoms vertrou nie en hul lot in hul eie hande geneem. Die owerheid het die volksvyand bevoordeel deur sy eie burgers te benadeel, ‘n patroon wat hom dikwels in die toekoms sou herhaal.
Die owerheid se optrede was vir die patriotte niks anders as verraad nie en het as gesagsliggaam geen verdere bestaansreg in hulle oë gehad nie.Die owerheid se verraderlike grenspolitiek asook verhoogde belasting het die wetsgehoorsames kriewelrig gemaak. Die verhoogde belasting was deels aan die lamsakkige owerheid se geldvermorsing met hul sinnelose Xhosa-onderhandelings te wyte.
NAVO IN OEKRAÏENE ONTPLOOI
Die Afrikaner
Eierdans oor Oekraïene gevoer
Een van die voormalige state van die Sowjetunie, die Oekraïne, wat gebuk gegaan het onder Westers-geinspireerde destabilisasie, is die afgelope weke in die nuus.
Sentraal in die krisis staan Russiese gas wat deur die Oekraïene na die Weste toe vloei en nuwe gasvelde wat deur middel van hidrobreking in die VSA ontdek is.
Die krisis word gesien as die nuwe vorm van energiediplomasie van die VSA wat poog om die Russiese invloed in die Oekraïene te verminder.
Strategiese vloot-, weermag- en missielbasisse van Rusland is in die Oekraïene geleë. Verder het die Oekraïene bykans 50% Russies sprekende burgers. Europa poog op sy beurt om die Oekraïene in te trek in die invloedsfeer van die Europese Unie en die Internasionale Monetêre Fonds, terwyl Rusland teen die stap gekant is. In ‘n revolusie wat klaarblyklik deur George Soros se Open Foundation Society geborg was, is daar toe ‘n gewelddadige verandering van regering in die Oekraïene bewerkstellig wat nie deur Rusland erken word nie.